23
www.cvoplatina.co.za 1 Geagte Ouers/Voogde en belangstellendes Baie dankie vir u navraag i.v.m. die moontlike toelating tot Christelike Volkseie Onderrig skool Platina. Ons vertrou dat u uit hierdie prospektus genoegsame inligting sal bekom om die regte keuse t.o.v. u kind se verdere skoolloopbaan te maak. Ons is dankbaar om te kan sê dat die skool oor doeltreffende onderwys-, kultuur- en sportgeriewe beskik. Die vakkeuses van die skool is van so ‘n aard dat elke leerling Gr 12 met universiteit vrystelling kan slaag. Die vakkeuses is gerig op die ekonomiese en humanitêre gebiede van verdere opleiding, hoewel dit nie ‘n tegniese loopbaan benadeel nie. Uitstekend gekwalifiseerde personeel met die vermoë om die nuutste onderwys kundighede en -tegnieke toe te pas, is slegs twee kenmerke van die personeel. Die geleenthede vir u kind om te groei en ontwikkel tot 'n afgeronde, gedissiplineerde en selfstandige persoon, met sterk Christelike waardes is op 'n besondere wyse beskikbaar by CVO Platina. In gevalle waar leerlinge toelating verlang vanaf die begin van 2019, is die sluitingsdatum 26 Oktober 2018. Volledig voltooide aansoeke kan so gou moontlik ingedien word. Indien u kind aanvaar word, sal u van meer spesifieke inligting t.o.v. skoolgeld, hand- en skryfboeke en skooltye, ens. voorsien word. Om ons in staat te stel om u aansoek vir die toelating tot die skool te oorweeg, word die volgende benodig: 1. Voltooide aansoekvorm - deur beide ouers / wettige voogde ingevul word. 2. Afskrifte van die nuutste rapport of verslag moet aangeheg word. 3. ‘n Kleurfoto van al die gesinslede moet vir rekord- en sekuriteitsredes aangeheg word. 4. Afskrif van leerlinge se geboortesertifikate moet aangeheg word. 5. Afskrif van immunisasiekaart van Gr R tot 3 leerlinge moet aangeheg word. 6. Let asseblief daarop dat jaarliks heraansoek gedoen moet word en dat toelating nie outomaties plaasvind nie. 7. Afskrif van munisipale rekening of ander rekening, jonger as drie maande, om adres te bevestig. Ons sien daarna uit om u aansoek te ontvang. Aansoeke mag per e-pos gestuur word . Ontvangs sal per e-pos erken word vir alle aansoeke wat ons ontvang. Indien u nie ’n ontvangserkenning ontvang nie, het ons nie u aansoek ontvang nie. Doen asseblief so gou moontlik navraag. CVO Groete M van der Merwe

is van so ‘n - cvoplatina.co.zacvoplatina.co.za/doc/Prospektus_2019.pdf · 1.4 ʼn Opvoeder van die skool sal oor dieselfde regte as ʼn ouer beskik wat betref die beheer en dissipline

  • Upload
    others

  • View
    12

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: is van so ‘n - cvoplatina.co.zacvoplatina.co.za/doc/Prospektus_2019.pdf · 1.4 ʼn Opvoeder van die skool sal oor dieselfde regte as ʼn ouer beskik wat betref die beheer en dissipline

www.cvoplatina.co.za

1

Geagte Ouers/Voogde en belangstellendes

Baie dankie vir u navraag i.v.m. die moontlike toelating tot Christelike Volkseie Onderrig skool

Platina. Ons vertrou dat u uit hierdie prospektus genoegsame inligting sal bekom om die regte keuse

t.o.v. u kind se verdere skoolloopbaan te maak. Ons is dankbaar om te kan sê dat die skool oor

doeltreffende onderwys-, kultuur- en sportgeriewe beskik. Die vakkeuses van die skool is van so ‘n

aard dat elke leerling Gr 12 met universiteit vrystelling kan slaag. Die vakkeuses is gerig op die

ekonomiese en humanitêre gebiede van verdere opleiding, hoewel dit nie ‘n tegniese loopbaan

benadeel nie. Uitstekend gekwalifiseerde personeel met die vermoë om die nuutste onderwys

kundighede en -tegnieke toe te pas, is slegs twee kenmerke van die personeel.

Die geleenthede vir u kind om te groei en ontwikkel tot 'n afgeronde, gedissiplineerde en selfstandige

persoon, met sterk Christelike waardes is op 'n besondere wyse beskikbaar by CVO Platina. In gevalle

waar leerlinge toelating verlang vanaf die begin van 2019, is die sluitingsdatum 26 Oktober 2018.

Volledig voltooide aansoeke kan so gou moontlik ingedien word. Indien u kind aanvaar word, sal u

van meer spesifieke inligting t.o.v. skoolgeld, hand- en skryfboeke en skooltye, ens. voorsien word.

Om ons in staat te stel om u aansoek vir die toelating tot die skool te oorweeg, word die volgende

benodig:

1. Voltooide aansoekvorm - deur beide ouers / wettige voogde ingevul word.

2. Afskrifte van die nuutste rapport of verslag moet aangeheg word.

3. ‘n Kleurfoto van al die gesinslede moet vir rekord- en sekuriteitsredes aangeheg word.

4. Afskrif van leerlinge se geboortesertifikate moet aangeheg word.

5. Afskrif van immunisasiekaart van Gr R tot 3 leerlinge moet aangeheg word.

6. Let asseblief daarop dat jaarliks heraansoek gedoen moet word en dat toelating nie

outomaties plaasvind nie.

7. Afskrif van munisipale rekening of ander rekening, jonger as drie maande, om adres te

bevestig.

Ons sien daarna uit om u aansoek te ontvang. Aansoeke mag per e-pos gestuur word . Ontvangs sal

per e-pos erken word vir alle aansoeke wat ons ontvang. Indien u nie ’n ontvangserkenning ontvang

nie, het ons nie u aansoek ontvang nie. Doen asseblief so gou moontlik navraag.

CVO Groete

M van der Merwe

Page 2: is van so ‘n - cvoplatina.co.zacvoplatina.co.za/doc/Prospektus_2019.pdf · 1.4 ʼn Opvoeder van die skool sal oor dieselfde regte as ʼn ouer beskik wat betref die beheer en dissipline

www.cvoplatina.co.za

2

Prospektus

1. Doelstellings

2. Skoollied

3. Beknopte geskiedenis

4. Sport en Kultuur

5. Akademie en Fasiliteite

6. Skoolreëls/Gedragskode

7. Skooldrag

8. Kwartaal en Jaarprogram

Page 3: is van so ‘n - cvoplatina.co.zacvoplatina.co.za/doc/Prospektus_2019.pdf · 1.4 ʼn Opvoeder van die skool sal oor dieselfde regte as ʼn ouer beskik wat betref die beheer en dissipline

www.cvoplatina.co.za

3

1

DOELSTELLINGS VAN CVO PLATINA

1.CVO PLATINA onderskryf Christelike opvoedings beginsels, met die eerbiediging van elke

ouer en kind se geloofsoortuigings.

2. Die primêre doelstelling van die skool is om die kinders op planmatige wyse te help om

kennis en vaardighede te verwerf en om hulle vermoë tot selfstandige denke te ontwikkel.

3. Die kind word as 'n eenheid gesien en daarom word dit ten doel gestel om hom in sy totaliteit

op te voed deur vir sy verstandelike, sedelike, estetiese, liggaamlike, sosiale en godsdienstige

ontwikkeling voorsiening te maak.

4. Die sukses van die opvoedingstaak van die skool is in 'n hoë mate afhanklik van die

fondament wat deur die opvoeding tuis gelê word.

Daarom is dit die skool se doelstelling:

4.1 dat die onderwys en opvoeding van ons kinders in ooreenstemming sal wees met

die redelike wense en begeertes van hul ouers;

4.2 om aan die ouers medeseggenskap en medeverantwoordelikheid in die onderwys

van hulle kinders te gee;

4.3 om die ouer in sy/haar opvoedingstaak by te staan en aan te vul.

5. CVO Platina is onlosmaaklik verbonde aan die gemeenskap van Rustenburg. Daarom stel

die skool dit as doelstelling:

5.1 om die gemeenskap van dit wat die skool bied, bewus te maak;

5.2 om saam te werk om van die bestaande kundighede en vaardighede in die

gemeenskap gebruik te maak;

5.3 om die kinders tot gemeenskapsdiens op te voed.

6. Om aan elke kind 'n gebalanseerde opvoeding te bied, is kwaliteitsonderrig van kardinale

belang. Daarom is ook die volgende doelstellings van belang:

6.1 die aanstelling en behoud van effektiewe onderwyser-opvoeders;

6.2 die aanmoediging van die onderwysers tot vernuwing, selfstudie en

selfontwikkeling;

6.3 die aanmoediging van onderwysers om elke moontlike opvoedingsgeleentheid

maksimaal te benut om sodoende die kinders te begelei tot ewewigtige en waardige burgers

van hul land.

Page 4: is van so ‘n - cvoplatina.co.zacvoplatina.co.za/doc/Prospektus_2019.pdf · 1.4 ʼn Opvoeder van die skool sal oor dieselfde regte as ʼn ouer beskik wat betref die beheer en dissipline

www.cvoplatina.co.za

4

Missie van ons skool

Die missie van die skool is die verskaffing van gebalanseerde Christelike onderwys en

opvoeding aan al die leerlinge:

❖ Afrikaanse moedertaal onderrig

❖ Met hoë onderwysstandaarde, waar die Nasionale erkende Kurrikulum as riglyn

dien vir onderrig wat plaasvind.

❖ Bybelonderrig ook as ‘n erkende eksamen vak.

❖ ‘n Kurrikulum waarin Christelike normes en waardes sterk na vore kom.

Menslikheid, waardigheid en respek vir hulself en hul medemens ingeskerp word

sonder die aftakeling van enige ander kultuur of geloof.

❖ Om aan die gesondheids en veiligheids standaarde, soos voorgelê deur die

plaaslike Munisipaliteit, Departement van Sosiale Gesondheid en Welsyn en die

Onderwys Departement te voldoen.

❖ Dat die kultuurgeskiedenis van die Afrikaner as taal- en kultuurgroep gedenk en

eerbieding moet word

Visie

Die toekoms visie is daarop gerig om kinders so toe te rus dat hulle as volwassenes

verantwoordelike landsburgers kan wees en goeie Christelike waardes kan uitleef.

Dat Christelike Volkseie Onderrig elke ouer en leerling die grondbeginsel van die Verbond

wat die Here met Abraham gesluit het, soos in Gen. 15, sal uitleef en glo.

Respek sal toon vir hul medemens, hul eie waardes en kultuur.

Dat hulle sal baat by onderrig in ‘n leeromgewing waarin hulle tuis en gemaklik voel.

Dat die leerders se skool loopbaan vir hulle ‘n aangename herinnering sal wees en so van

hulle lewenslange leerders sal maak.

Om die leuse van die skool uit te leef!

GELOOF OORWIN ALLES.

Page 5: is van so ‘n - cvoplatina.co.zacvoplatina.co.za/doc/Prospektus_2019.pdf · 1.4 ʼn Opvoeder van die skool sal oor dieselfde regte as ʼn ouer beskik wat betref die beheer en dissipline

www.cvoplatina.co.za

5

2

Skoollied

Op U almag vas vertrouend

het ons vadere gebou:

Skenk ook ons die krag, o Here!

Om te handhaaf en te hou.

Dat die erwe van ons Vadere

vir ons kinders erwe bly,

Knegte van die Allerhoogste:

Teen die hele wêreld vry.

Soos ons vadere vertrou het,

leer ook ons, vertrou o Heer:

met ons land en met ons nasie

Sal dit wel wees, God regeer.

Die Stem deur CJ Langenhoven Vers 4

Page 6: is van so ‘n - cvoplatina.co.zacvoplatina.co.za/doc/Prospektus_2019.pdf · 1.4 ʼn Opvoeder van die skool sal oor dieselfde regte as ʼn ouer beskik wat betref die beheer en dissipline

www.cvoplatina.co.za

6

3

DIE GESKIEDENIS VAN CVO PLATINA

‘n Onafhanklike leersentrum is reeds in 1999 gevestig.

Die snelle groei en behoefte na kwaliteit onderrig wat goeie morele waardes handhaaf het

die bestuur gelei na die BCVO.

Ons verbintenis met die BCVO strek van 2005 af en die skool groei net van krag tot krag.

Hoewel die etos van so aard is dat dit nooit ‘n massa skool sal wees nie.

Mev. M van der Merwe is die stigter van die skool en dien ook as algemene hoof van die

skool.

Hoofde

Laerskool -Mev. H. du Preez

Hoërskool – Mev. R. Duffield

Die skool word deur ‘n beheerraad bestuur.

Page 7: is van so ‘n - cvoplatina.co.zacvoplatina.co.za/doc/Prospektus_2019.pdf · 1.4 ʼn Opvoeder van die skool sal oor dieselfde regte as ʼn ouer beskik wat betref die beheer en dissipline

www.cvoplatina.co.za

7

4

A. BUITEMUURSE BEDRYWIGHEDE

Sport

Die volgende sportsoorte word beoefen:

Somer:

Atletiek

Winter:

Rugby

Netbal

Leerlinge kan o.a. ook aan die volgende aktiwiteite deelneem:

Redenaarsvereniging

Kultuurfeeste

GELDE BETAALBAAR VIR 2019

1. Intree fooi wat wissel per fase R 500 tot R1000 afhangende van die graad van u kind.

Jaarlikse skoolfonds tussen R16300 tot R21000 per jaar afhangend van die huidige

graad.

Vanaf graad 4, word boeke, skrifte en skryfbehoeftes word deur die ouer self

aangekoop.

Page 8: is van so ‘n - cvoplatina.co.zacvoplatina.co.za/doc/Prospektus_2019.pdf · 1.4 ʼn Opvoeder van die skool sal oor dieselfde regte as ʼn ouer beskik wat betref die beheer en dissipline

www.cvoplatina.co.za

8

5

AKADEMIE EN FASILITEITE

AKADEMIES

Toegeruste onderriglokale

Mediasentrum

Die voorgeskrewe kurrikulum KABV soos voorgelê deur die Departement van

onderwys vorm die basis van die kurrikulum van die CVO skole.

Vakke is soos voorgeskryf deur die Onderwysdepartement in al die fases. Die skool

bied egter Bybel as ‘n ekstra vak aan.

Gr 10 tot 12 werk volgens die Vak Assesserings Riglyne van IEB. Een van die beste

eksamen owerhede wêreld wyd.

CVO Platina spog met 100% slaagsyfer vir die matrikulante van 2015/16 en 17.

Die BCVO groep het in 2017 ook ‘n 100% slaagsyfer land wyd gehad.

Vakkeuses vir VVO (gr 10-12)

Verpligte vakke:

Afrikaans huistaal

Engels eerste addisionele taal

Christelike Lewensoriëntering

Kies een

Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid

Kies drie

Verbruikerstudies, Besigheidstudies, Toerisme of Rekenaar Toepassings Tegnologie

Page 9: is van so ‘n - cvoplatina.co.zacvoplatina.co.za/doc/Prospektus_2019.pdf · 1.4 ʼn Opvoeder van die skool sal oor dieselfde regte as ʼn ouer beskik wat betref die beheer en dissipline

www.cvoplatina.co.za

9

SPORT

Ons maak gebruik van die Munisipale sportterrein oorkant die akademiese perseel.

1. Rugbyveld

2. Netbalbane

ALGEMEEN

Snoepwinkel

Page 10: is van so ‘n - cvoplatina.co.zacvoplatina.co.za/doc/Prospektus_2019.pdf · 1.4 ʼn Opvoeder van die skool sal oor dieselfde regte as ʼn ouer beskik wat betref die beheer en dissipline

www.cvoplatina.co.za

10

EREKODE

Ek verklaar ek dat ek die edel waardes en tradisies van CVO PLATINA sal

eer.

Ek is trots op my skool en my voorkoms, ek respekteer ander en tree op soos

‘n ware beelddraer van God.

Ek eer onvoorwaardelik my ouers, onderwysers en ander gesagsfigure sodat

ek kan groei in gehoorsaamheid.

Verhoudings is vir my belangrik en ek voeg waarde toe deur ander te

bemoedig met die wete dat ek daagliks deel vorm van die CVO Kultuur.

Ek lewe met passie, integriteit en nederigheid.

Ek verwerp passiwiteit, gemiddeldheid en selfgesentreerdheid en streef

daarna om verantwoordelikheid en lojaliteit uit te leef in alles wat ek doen.

Ek kies om te doen wat reg is en ek streef na uitnemendheid en vertroue in

God op alle gebiede…ten einde ons leuse “GELOOF OORWIN ALLES”

waardig te wees.

Page 11: is van so ‘n - cvoplatina.co.zacvoplatina.co.za/doc/Prospektus_2019.pdf · 1.4 ʼn Opvoeder van die skool sal oor dieselfde regte as ʼn ouer beskik wat betref die beheer en dissipline

www.cvoplatina.co.za

11

6

1.ALGEMENE REËLS

1.Leerlinge sal hulle te alle tye as goeie ambassadeurs van die skool en ooreenkomstig die

etiese kode van die skool gedra.

1.1 Terwyl leerlinge in skooldrag of enige gedeelte daarvan geklee is wat voldoende is om

hulle in die oë van die publiek met die skool te verbind, of terwyl leerlinge die skool

verteenwoordig, hetsy direk of indirek, hetsy as deelnemers, ondersteuners, helpers,

toeskouers of andersins, sal hulle hulself van enige gedrag weerhou wat die skool, personeel

of hul medeleerders in ʼn slegte lig kan stel. Indien daar ‘n verbintenis met die skool via

sosiale media (Facebook, Twitter, Instagram), direk of indirek is as deelnemers,

ondersteuners, hulp, toeskouers of iets dergeliks, sal leerlinge hulle weerhou van enige

gedrag wat die skool, die personeel en mede-leerlinge se goeie naam in gedrang kan bring.

1.2 In hul wisselwerking met die skoolhoof, adjunkskoolhoof, opvoeders en ander

skoolpersoneel, moet leerlinge te alle tye die nodige hoflikheid en respek betoon en hulle

weerhou van optrede wat op oneerbiedigheid of opstandigheid neerkom.

1.3 In hul wisselwerking met mekaar, moet leerlinge sovêr moontlik selfbeheersing aan die

dag lê en wedersydse respek en verdraagsaamheid betoon. In die besonder moet leerlinge

hulle weerhou van enige gedrag wat daarop gemik is om die fisiese, geestelike en morele

welstand van enige ander leerlinge te skend, of wat daartoe kan aanleiding gee. Enige

seksuele of onbehoorlike fisiese kontak tussen leerders op die skoolterrein of enige ander

plek waar hulle as leerlinge van die skool uitgeken kan word, is streng verbode.

1.4 ʼn Opvoeder van die skool sal oor dieselfde regte as ʼn ouer beskik wat betref die beheer

en dissipline van die leerling volgens die gedragskode, sowel gedurende die leerder se

skoolbywoning as gedurende enige skoolaktiwiteit.

1.5 Leerders mag nie in die klaskamer, saal of mediasentrum eet of drink nie. Die kou van

kougom gedurende skoolaktiwiteite is verbode. ‘n Onderwyser mag ‘n leerder toestemming

gee om water te drink indien nodig

1.6 Selfoongebruik gedurende skoolaktiwiteite is streng verbode. Die selfoonbeleid word

streng toegepas.

1.7 Die rook, besit en/of gebruik van tabakmiddels, e-sigaret, drank, ander alkoholiese

middels of dwelmmiddels gedurende enige skoolaktiwiteit of wanneer leerlinge in skooldrag

geklee is, is verbode. Die skoolterrein is ‘n drank-, dwelm- en vuurwapenvrye area. Tydens

funksie sal daar vir ouers wat rook ‘n afgebakende area wees waar u mag rook. Geen ouer

of onderwyser mag alkol op die skoolterrein gebruik nie.

1.8 In geval van ʼn redelike vermoede dat leerlinge hulself aan ʼn oortreding van hierdie

gedragskode of die landswette skuldig gemaak het, het die skoolhoof of ʼn opvoeder die reg

om sodanige leerlinge en/of die eiendom in hul besit vir enige gevaarlike wapens, gewere,

dwelms of ander skadelike en gevaarlike middels, gesteelde goedere of pornografiese

materiaal te deursoek wat die leerling moontlik op die skoolterrein kon bring. Sodanige

leerling se menswaardigheid sal deurentyd gerespekteer word, en dus sal die deursoeking

Page 12: is van so ‘n - cvoplatina.co.zacvoplatina.co.za/doc/Prospektus_2019.pdf · 1.4 ʼn Opvoeder van die skool sal oor dieselfde regte as ʼn ouer beskik wat betref die beheer en dissipline

www.cvoplatina.co.za

12

privaat, deur persone van dieselfde geslag, en in die teenwoordigheid van nóg ʼn persoon

geskied. Die deursoekingsproses en -uitkoms moet dan opgeteken word.

1.9 Enige optrede wat die administrasie, dissipline of doeltreffendheid van die skool onbillik

benadeel, sal as ʼn oortreding van hierdie gedragskode beskou word.

1.10 Skuldigbevinding deur ʼn hof aan ʼn strafregtelike oortreding sal as ʼn oortreding van

hierdie gedragskode beskou word.

1.11. Oortredings wat tot skorsing en/of uitsetting kan lei, sluit in, maar is nie beperk nie tot:

• optrede wat ander se veiligheid bedreig en wat die regte van ander skend;

• die besit, dreigement of gebruik van gevaarlike wapens;

• die besit, gebruik, verhandeling of sigbare bewys van narkotiese of

ongemagtigde dwelms, alkohol en bedwelmende middels van enige aard;

• bakleiery, aanranding of mishandeling;

• onsedelike gedrag of ʼn gevloek;

• die aanneem of voorhou van ʼn vals identiteit;

• enige vorm van haatspraak, seksisme, rassisme of ander antisosiale gedrag;

• diefstal of die besit van gesteelde goedere, wat die diefstal of besit van toets- of

eksamenvraestelle voor sodanige toets of eksamen insluit;

• onregmatige optrede teenoor en/of vandalisme, die vernietiging of beskadiging

van skooleiendom wat die aanbring van graffiti op mure en meubels insluit;

• oneerbiedigheid, aanstootlike gedrag en verbale mishandeling gerig teen

opvoeders of ander skoolpersoneel of -leerders;

• herhaalde oortredings van skoolreëls of hierdie gedragskode;

• strafregtelike en onderdrukkende gedrag, soos verkragting en

geslagsgebaseerde teistering;

• viktimisasie, afknouery en intimidasie van ander leerders;

• die oortreding van eksamenreëls;

• opsetlike en bewuste verstrekking van vals inligting, of die vervalsing van

dokumente, ten einde onbehoorlike voordeel te bekom.

2. KLASREËLS

2.1 Die klasonderwyser moet, ná oorleg met die leerlinge sowel as hul ouers, klasreëls

opstel wanneer hierdie gedragskode aanvaar word, en aan die begin van elke

daaropvolgende skooljaar.

2.2 Die klasreëls moet skriftelik opgestel word.

2.2.1 Dit moet onmiddellik by die skoolhoof en die skoolbeheerliggaam ingedien word;

2.2.2 In duidelik leesbare skrif op ʼn prominente plek in die klaskamer aangebring word;

2.2.3 Aan alle leerlinge en hul ouers beskikbaar gestel word.

Page 13: is van so ‘n - cvoplatina.co.zacvoplatina.co.za/doc/Prospektus_2019.pdf · 1.4 ʼn Opvoeder van die skool sal oor dieselfde regte as ʼn ouer beskik wat betref die beheer en dissipline

www.cvoplatina.co.za

13

2.3 Leerlinge moet stiptelik en volledig voldoen aan die klasreëls sowel as enige mondelinge

opdragte wat die klasonderwyser of enige personeellid gee, en wat redelikerwys noodsaaklik

is om hierdie gedragskode uit te voer en om die skool behoorlik en professioneel te bestuur.

2.4 Enige oortreding van die klasreëls sal as ʼn oortreding van hierdie gedragskode en

skoolreëls beskou word.

3. REËLS MET BETREKKING TOT VOORKOMS

Seuns -

3.1 Wanneer die bolyf en kop regop gehou word, mag die laagste punt van die hare nie aan

die kraag raak nie.

3.2 Van die nek af boontoe moet die hare geleidelik dikker word. Die hare mag nie in die

sogenaamde “mushroom-, mullet-, of mohawk-styl” gesny wees nie. Daar mag geen

ingesnyde lyne in die hare wees nie. Die mat van die hare moet dus die natuurlike kurwe

van die kop volg. Die hare langs en agter die kop moet dieselfde lengte gesny wees.

3.3 As die hare aan die kant van die kop reguit gekam word, mag dit nie aan die ore raak nie.

3.4 Bakkebaard mag nie laer as die onderste punt van die gaatjie in die oorskulp strek nie.

3.5 Indien die kuif vorentoe gekam word, mag dit nie aan die wenkbroue raak nie.

3.6 Geen verkleuring van die hare word toegelaat nie. “Gel en mousse” mag gebruik word

om weerbarstige hare te beheer.

3.7 Indien die hare kort geskeer word, geld die volgende as die minimum vereistes: nr. 1-

kammetjie vir matrieks en nr. 2-kammetjie vir die res van die skool.

3.8 Geen vlegsels word in hare toegelaat nie.

3.9 Die algemene indruk moet netjies wees en die haarstyl moet nie onnodige aandag trek

nie.

Dogters –

3.10 Lang hare moet netjies vas wees sonder enige slierte wat buite die rekkies hang.

3.11 Hare mag gevleg en in bollas gedra word, haarversierings, linte, rekkies mag net in die

skoolkleure gedra word.

3.12 “bob”- haarstyle moet met knippies uit die gesig weggesteek word.

3.13 Hare wat oor die bloes kraag hang moet vasgemaak word.

3.14 Geen verkleuring van die hare word toegelaat nie. Geen strepe of “dreadlocks” word

toegelaat nie. Gel en mousse en haarsproei mag gebruik word om weerbarstige hare te

beheer.

3.15 Die algemene indruk wanneer mens na ‘n dogter in skooldrag kyk moet netheid wees.

Page 14: is van so ‘n - cvoplatina.co.zacvoplatina.co.za/doc/Prospektus_2019.pdf · 1.4 ʼn Opvoeder van die skool sal oor dieselfde regte as ʼn ouer beskik wat betref die beheer en dissipline

www.cvoplatina.co.za

14

3.16 Geen naellak mag gedra word nie, kleurlose naellak is aanvaarbaar maar geen

valspunte en kuns naels nie.

Juwele en tatoeëer merke

3.17 Geen oog/neus /lip en tongringe word toegelaat nie. Seuns mag nie oorbelle dra nie.

Geen nekhangers of armbande nie.

3.18 Geen sigbare tatoeëring is aanvaarbaar vir skoolgaande kinders nie. Indien u kind wel

reeds getatoër is moet dit ten alle tye by die skool en tydens sportbyeenkomste bedek wees.

4. SPORT EN BUITEMUURSE AKTIWITEITE

4.1 Die skool se amptelike sportbeleid word beskou as 'n byvoegsel tot hierdie reëls.

4.1.1 Leerlinge wat gekies word om die skool te verteenwoordig as deelnemers in enige

sportaktiwiteite of namens hulle interne spanne, moet geklee wees in die amptelike

sportdrag, tydens en na deelname in sodanige aktiwiteit.

4.1.2 Van alle leerlinge wat deelneem aan gemelde sport-aktiwiteite word lojaliteit teenoor

die skool en mede-deelnemers verwag. In besonder word van deelnemers verwag om

betyds en stiptelik aan te meld by die plek waar die aktiwiteit plaasvind of vanwaar die

deelnemers vertrek na die betrokke plek van deelname.

4.1.3 Dit word van deelnemers aan gemelde sportaktiwiteite namens die skool verwag om

ten alle tye hoflik op te tree teenoor en om te voldoen aan die beslissings, voorskrifte en

opdragte van

4.1.3.1 die sporthoof en die opvoeder betrokke by die spesifieke sport;

4.1.3.2 die skeidsregter of beoordelaar ten aansien van die betrokke aktiwiteit;

4.1.3.3 die spankaptein.

4.1.4 Alhoewel dit aanvaar word dat leerlinge wat aan sportaktiwiteite deelneem dit met

oorgawe en met volle inspanning doen, word van sodanige leerlinge verwag om

selfbeheersing en dissipline toe te pas.

4.2 Leerlinge wat enige skoolaktiwiteit bywoon sal hulle onderwerp aan en gehoorsaamheid

openbaar teenoor enige opdragte en aanwysings aan hulle gegee voor, tydens en na afloop

van die betrokke aktiwiteit deur die hoof, enige onderwyser, lid van die leerlingraad /

verteenwoordigende raad van leerlinge of ‘n ouer deur die hoof/ beheerraad aangestel is om

te help met die vervoer, toesig of kontrole van leerders wat vervoer word na of van die

betrokke aktiwiteit of dit bywoon

5. SKOOLEIENDOM

5.1 “Skooleiendom” sluit die volgende in:

Page 15: is van so ‘n - cvoplatina.co.zacvoplatina.co.za/doc/Prospektus_2019.pdf · 1.4 ʼn Opvoeder van die skool sal oor dieselfde regte as ʼn ouer beskik wat betref die beheer en dissipline

www.cvoplatina.co.za

15

5.1.1 die grond en geboue deur die skool beset en enige permanente aanhegting aan

sodanige grond en geboue;

5.1.2 alle ander eiendom, insluitende toerusting, boeke, voorraad, motorvoertuie en dies

meer, wat die skool as eiendom besit of as huurder besit of stoor, of ten opsigte waarvan die

skool vir die beskadiging of verlies daarvan wetlik aanspreeklik gehou kan word.

5.2 Aangesien die skool ontwikkel en opgerig is vir gebruik deur alle leerlinge wat daar

skoolgaan, is alle leerlinge verplig om alles in hul vermoë te doen om die skool se eiendom

te bewaar, sodat dit tot voordeel van alle huidige en toekomstige leerlinge van die skool

gebruik kan word.

5.3 Geen leerling mag enige skooleiendom van die skoolperseel verwyder sonder die vooraf

toestemming van die skoolhoof of ʼn onderwyser van die skool nie.

5.4 Leerlinge mag nie enige eiendom van die personeel van die skool, medeleerders,

besoekers aan die skool, of lede van die publiek hanteer, beskadig, merk, skend of vernietig

nie. Hierdie reël geld eiendom op die skoolterrein, in die onmiddellike omgewing van die

skool, by of naby die plek van enige skoolaktiwiteit, sowel as enige voertuig waarmee

leerlinge vervoer word en die eiendom daarop.

5.5 Leerders mag nie enige skooleiendom beskadig, skend of vernietig nie. Enige leerder

wat enige skooleiendom opsetlik misbruik, beskadig of verniel, moet dit vervang of daarvoor

betaal.

6. VERTEENWOORDIGENDE RAAD VAN LEERLINGE

6.1 Die VRL en skoolleiers is saam met die personeel van die skool verantwoordelik vir

algemene skooldissipline.

6.2 VRL-lede en ander skoolleiers moet leerlinge wat oortree na die personeel van die skool

bring, waarna die nodige diisplinêre stappe gevolg sal word.

6.3 Alle leerlinge moet enige redelike voorskrif van ʼn lid van die VRL of ʼn ander skoolleier

gehoorsaam, en moet die VRL en ander skoolleiers ondersteun en samewerking verleen in

die behoorlike uitvoering van hul pligte.

7.SKOOLKENNISGEWINGS

Elke leerder is verplig om alle kennisgewings aan die ouers van die skool wat vir daardie

doel deur die beheerliggaam, rektor of ’n opvoeder van die skool aan hom gegee is, aan sy

ouers te oorhandig, en om stiptelik enige ontvangserkenning wat die ouers moet voltooi, aan

die klasonderwyser terug te besorg.

Page 16: is van so ‘n - cvoplatina.co.zacvoplatina.co.za/doc/Prospektus_2019.pdf · 1.4 ʼn Opvoeder van die skool sal oor dieselfde regte as ʼn ouer beskik wat betref die beheer en dissipline

www.cvoplatina.co.za

16

8.SKOOLWERK EN HUISWERK

8.1 Daar sal te alle tye 'n ordelike atmosfeer in die klaskamer heers. Leerders mag nie

onderrig versteur of verhinder nie.

8.2 Leerlinge moet klasopdragte stiptelik nakom.

8.3 Alle leerlinge sal 'n huiswerkboek/elektronies ingevolge die skoolhoof of klasonderwyser

se voorskrifte hou en bywerk.

8.4 Leerlinge moet die voorgeskrewe huiswerk doen en dit stiptelik teen die bepaalde

spertyd by die betrokke onderwyser indien. Versuim om aan hierdie reël te voldoen kan slegs

verskoon word indien die leerling op die dag waarop die huiswerk voltooi moes gewees het,

'n skriftelike nota van sy ouers met 'n aanvaarbare verduideliking vir die versuim aan die

opvoeder oorhandig.

8.5 Alle leerlinge moet hul voorgeskrewe skoolwerk met ywer, pligsgetrouheid en toewyding

doen om sodoende 'n deurlopende werksetiek te ontwikkel. Versuim om aan hierdie reël te

voldoen, sal as 'n oortreding van hierdie reël beskou word.

8.6 Leerlinge is verplig om enige werk wat hulle misgeloop het, so spoedig moontlik in te

haal. Inligting oor huiswerk moet by hul klasmaats bekom word.

8.7 Leerlinge beweeg vinnig en flink van die een klas na die volgende. Indien jy die

badkamer besoek tussen periodes, mag jy nie laat by die volgende klas opdaag nie.

9. TOETSE EN EKSAMENS

9.1 Leerlinge is verplig om hulle aan die toetse en eksamens wat deur die onderwysers aan

hulle opgedra word, te onderwerp. Versuim om aan hierdie reël te voldoen sal slegs in

uitsonderlike gevalle verskoon word, mits die ouers van die betrokke leerling op die vroegste

moontlike geleentheid ʼn volledige en aanvaarbare skriftelike verduideliking aan die skoolhoof

oorhandig.

9.2 Leerlinge moet hulle met die afneem van toetse of eksamens van enige vorm van

oneerlikheid weerhou.

9.3 Leerlinge wat vir toetse en of eksamens afwesig is, moet 'n geldige mediese sertifikaat

aan die onderwyser oorhandig, ouers moet op die dag van die toets of eksamen die skool

telefonies in kennis stel van die afwesigheid en rede waarom die vraestel nie geskryf kam

word nie. Versuim om 'n mediese sertifikaat in te handig sal beskou word as afwesig sonder

geldige verskoning en geen punte sal vir sodanige toets in berekening gebring word nie.

Toetse word nie op latere stadium oorgeskryf nie.

10. MOTORVOERTUIE EN MOTORFIETSE

10.1 Geen leerling mag ’n motorvoertuig of motorfiets op die eiendom wat deur die skool

bring nie, tensy hy vooraf skriftelike toestemming van die hoof verkry het nie.

10.2 Die bestuur van ’n motorvoertuig of motorfiets deur ’n leerling op so ’n wyse dat dit ’n

risiko of moontlike nadeel inhou vir ander leerlinge of lede van die publiek in die onmiddellike

omgewing van die skoolterrein, word ten strengste verbied.

Page 17: is van so ‘n - cvoplatina.co.zacvoplatina.co.za/doc/Prospektus_2019.pdf · 1.4 ʼn Opvoeder van die skool sal oor dieselfde regte as ʼn ouer beskik wat betref die beheer en dissipline

www.cvoplatina.co.za

17

10.3 Leerlinge sal te alle tye die verkeersreëls op en om die skoolterrein nakom.

10.4 Alle motorvoertuie, motorfietse en fietse word op eie risiko op en om die skoolterrein

parkeer. Toestemming aan matriekleerlinge sal gegee word vanaf die begin van Junie, hulle

mag sleg op die sypaadjie oorkant die skool parkeer.

12. STIPTELIKHEID

Leerlinge sal op die bestemde tyd aan die begin van die skooldag en met die aanvang van

enige ander skoolaktiwiteit opdaag. Wanneer leerlinge laat kom, moet hulle ʼn skriftelike

verskoning van hul ouers verskaf. Leerders wat laat opdaag, moet eers by die kantoor

aanmeld voordat hulle na hul betrokke klas gaan waar hulle eers ‘n laat aanmeld register

teken.

13. WEIDING

Weiding vind daagliks plaas en geen leerling sal sonder ‘n geldige en aanvaarbare rede

daarvan verskoon word nie.

14. AFWESIGHEID VAN SKOOL

14.1 Leerlinge mag slegs in uitsonderlike gevalle afwesig wees van die skool, en dan slegs

met die skriftelike toestemming van die hoof of sy verteenwoordiger indien hy nie beskikbaar

is nie.

14.2 Enige leerling wat sonder ’n aanvaarbare verskoning van die skool afwesig is word

geag as afwesig sonder verlof, wat streng verbode is.

14.3 ’n Leerlinge wat van die skool afwesig was moet by terugkeer skool toe ’n skriftelike

verduideliking van sy ouers voorlê. Afwesigheid vir meer as 3 (drie) agtereenvolgende dae

sal slegs gekondoneer word indien ’n sertifikaat deur ’n geldige mediese praktisyn voorgelê

word. In die geval van dood of trauma in die leerling se huisgesin of ’n ander rede moet dit

met die begrafnisbrief of ‘n brief van die ouers verduidelik word.

15. OMGEWING

15.1 Leerlinge het die reg tot ‘n veilige omgewing en skool wat opvoeding bevorder.

15.2 Leerlinge mag nie die skoolgronde of -geboue bemors nie.

15.3 Leerlinge wat toeskouers of ondersteuners by enige skoolaktiwiteit is moet die terrein

deur hulle beset netjies en skoon agterlaat, en moet seker maak dat alle rommel opgeruim

en in vullishouers geplaas word.

15.4 Leerlinge moet toilette skoon agterlaat.

15.5 Enige optrede of versuim van leerders wat ’n gesondheidsrisiko vir ander leerders

veroorsaak of moontlik kan veroorsaak moet vermy word.

15.6 Dit is verbode om slagspreuke (“graffiti”), plakkers, plakkate en dergelike meer op enige

oppervlakte by die skool aan te bring, sonder die toestemming van die hoof.

Page 18: is van so ‘n - cvoplatina.co.zacvoplatina.co.za/doc/Prospektus_2019.pdf · 1.4 ʼn Opvoeder van die skool sal oor dieselfde regte as ʼn ouer beskik wat betref die beheer en dissipline

www.cvoplatina.co.za

18

15.7 Leerlinge moet gehoor gee aan die redelike opdragte van die hoof, enige opvoeder of

lid van die leerlingraad met betrekking tot die handhawing van ’n skoon en higiëniese

skoolomgewing.

15.8 Leerlinge mag nie in besit wees van enige vorm van vuurwerke in 'n skoolgebou of op

die skoolterrein nie

16. SELFONE

Die bring van selfone skool toe word ten sterkste ontmoedig.

16.1 Selfone/elektroniese apparaat moet soggens voor skool vir bewaring by die kantoor

ingehandig word.

16.2 Indien die leerder ‘n selfoon gebruik sonder die onderwyser se toestemming, sal die

selfoon (handstuk en simkaart) afgeneem word vir ’n tydperk van EEN week en in veilige

bewaring toegesluit, waarna die leerder dit kan afhaal. ’n Dokument sal as bewys aan hom

uitgereik word.

16.3 Selfone moet op geluidloos wees gedurende skoolure.

16.4 Geen korrespondensie of gesprekke sal met leerlinge of ouers in hierdie verband

gevoer word nie.

16.5 Geen selfoon diefstal sal deur die skool ondersoek word nie.

16.6 Geen leerling mag tydens ’n eksamen of ’n toets-sessie ’n selfoon in sy besit hê nie, dit

mag nie as ‘n plaasvervanger vir ‘n sakrekenaar dien nie. Dit sal as ’n eksamen-

onreëlmatigheid hanteer word en kan ook soms as ’n eksamen-oneerlikheid beskou word.

.

17. BOELIE

17.1 Die skool se amptelike boeliebeleid word beskou as ’n byvoegsel tot hierdie dissiplinêre

beleid.

17.2 Leerlinge mag nie ander leerlinge, opvoeders of lede van die skoolgemeenskap

seksueel of op enige ander wyse teister, dreig, afknou, met hulle baklei, intimideer of op

enige materiële, fisiese, emosionele wyse of op die kuberruim te na kom of benadeel nie.

18. ROOK EN DWELMBELEID

Die skool se amptelike dwelmbeleid word beskou as ’n byvoegsel tot hierdie dissiplinêre

beleid.

Rook en die besit van sigarette vir onder 18jariges is ‘n oortreding van die SA wetgewing oor

die gebruik van tabak. Daarom tree ons baie streng op. As ons en die ouer dit toelaat

oortree ons ‘n wet en kan daarvoor met tot R100 000 beboet word.

Page 19: is van so ‘n - cvoplatina.co.zacvoplatina.co.za/doc/Prospektus_2019.pdf · 1.4 ʼn Opvoeder van die skool sal oor dieselfde regte as ʼn ouer beskik wat betref die beheer en dissipline

www.cvoplatina.co.za

19

19. AANVULLINGS EN SUPPLEMENTE

Die skool se amptelike beleid oor aanvullings en supplemente word beskou as ’n byvoegsel

tot hierdie dissiplinêre beleid.

20. SPORTBELEID

Die skool se amptelike sportbeleid word beskou as ’n byvoegsel tot hierdie dissiplinêre

beleid.

21. VRYSTELLING VAN BEPALINGS VAN DIE GEDRAGSKODE

21.1 Leerlinge kan op mediese gronde skriftelik by die beheerliggaam aansoek doen om

algehele of gedeeltelike vrystelling van een of meer van die items wat in die gedragskode

vervat is.

21.2 Sodanige aansoek moet volledige redes én stawende bewyse insluit. Die bewyslas rus

dus op die leerling om die aansoek om vrystelling te staaf.

21.3 Aansoeke om vrystelling sal slegs aan die begin van elke skooljaar oorweeg word,

tensy dringendheid of veranderende omstandighede aangevoer kan word.

21.4 In die oorweging van ʼn aansoek om vrystelling sal die beheerliggaam geregtig wees om

enige inligting in te win wat hy vir ʼn regverdige beoordeling van die aansoek kan nodig ag.

21.5 Die beheerliggaam sal die aansoek om vrystelling met die nodige erns en

verantwoordelikheid, en binne die raamwerk van die Grondwet en hofuitsprake oorweeg, en

die leerder skriftelik van sy besluit inlig.

Page 20: is van so ‘n - cvoplatina.co.zacvoplatina.co.za/doc/Prospektus_2019.pdf · 1.4 ʼn Opvoeder van die skool sal oor dieselfde regte as ʼn ouer beskik wat betref die beheer en dissipline

www.cvoplatina.co.za

20

7

SKOOLDRAG: VOORSKRIFTE

1. AMPTELIKE SKOOLDRAG

Die onderstaande riglyne word aan leerlinge voorgeskryf vir saalbyeenkomste, amptelike

verteenwoordiging van die skool tydens uitstappies, sportbyeenkomste of soos deur die hoof

bepaal.

Dogters:

1.1 Swart Skort vir Gr 1-7. Klasieke snit swart langbroek vir Gr 8-12. Geen kous broeke of

noupypbroeke mag aangetrek word nie.

1.2 Kortmou, toeknoop geruite bloes.

1.3 Swart trui of oortrektrui met die skoolwapen op.

1.4 Slegs swart skoolskoene met swart kouse. (Geen stewels of die halfstewel tipe skoen is

toelaatbaar nie.)

1.5 Die amptelike serp.

1.6 Op Vrydag mag die leerlinge Provinsiale sport sweetpakke aantrek.

1.7 Somersdrag word gedra vanaf Januarie tot 15 Mei elke jaar. Wintersdrag word tot gedra

tot die 31ste Augustus van elke jaar.

1.8 Wintersdrag is ‘n blou skoolsweetpak met die geruite hemp onder aan. Skooltruie mag

onder die sweetpak baadjie gedra word. Swart skoolskoene en kouse.

1.9 Haartooisels. Slegs koningsblou, geel en swart rekkies, kopbande en knippies mag

gedra word.

2. Seuns:

2.1 Swart kortbroek vir Gr 1-7. Klasieke snit swart langbroek vir Gr 8-12. Geen

noupypbroeke mag aangetrek word nie.

2.2 Blou en geel golfhemp.

2.3 Swart trui of oortrektrui met die skoolwapen op.

2.4 Slegs swart skoolskoene met swart kouse. (Geen stewels of die halfstewel tipe skoen is

toelaatbaar nie.)

2.5 Die amptelike serp.

2.6 Op Vrydag mag die leerlinge Provinsiale sport sweetpakke aantrek.

2.7 Somersdrag word gedra vanaf Januarie tot 15 Mei elke jaar. Wintersdrag word tot gedra

tot die 31ste Augustus van elke jaar.

2.8 Wintersdrag is ‘n blou skoolsweetpak met die golfhemp onder aan. Skooltruie mag

onder die sweetpak baadjie gedra word. Swart skoolskoene en kouse.

3. ALGEMENE VOORSKRIFTE

3.1 Skooltasse moet stewig wees.

3.2 Slegs die leerder se naam, graad en skoolnaam mag op die tas geskryf word.

Page 21: is van so ‘n - cvoplatina.co.zacvoplatina.co.za/doc/Prospektus_2019.pdf · 1.4 ʼn Opvoeder van die skool sal oor dieselfde regte as ʼn ouer beskik wat betref die beheer en dissipline

www.cvoplatina.co.za

21

8

Skooltye en kwartale

Skooltye

Gr 1-3 * 7h15 tot 13h15.

Gr. 4-9 * 7h15 tot 14h00.

Gr. 10-12 *7h15 tot 14h00.

Vrydae Gr 1-12 * 14h00.

Naskool geriewe is tot 17h15 beskikbaar teen addisionele kostes.

Indien u nie u kind kan kom haal wanneer die skool uitkom nie moet u hom/haar as naskool

inskryf. Leerders kan nie op die sypaadjie en in die skoolterrein rondsit nie.

2019 Jaarprogram (voorlopig - datums kan verander)

SKOOLKALENDER VIR 2019

Kwartaal Begin Eindig Aantal skooldae

1 (8)*9 Januarie 15 Maart** 47

2 2 April 14 Junie*** 49

3 9 Julie 20 September 53

4 30 September 6 Desember 50

Page 22: is van so ‘n - cvoplatina.co.zacvoplatina.co.za/doc/Prospektus_2019.pdf · 1.4 ʼn Opvoeder van die skool sal oor dieselfde regte as ʼn ouer beskik wat betref die beheer en dissipline

www.cvoplatina.co.za

22

Jaarprogram Datum

Interhuis atletiek 19 Januarie

Ouer inligting aand 29 Januarie

Koekverkoping (Gr 10-12 (voorsien die koek en lekkernye

vir die verkoping))

1 Februarie

Paardekraal atletiek 9 Februarie

1ste Bybel rondte 12 Februarie

Veld Fliek 15 Februarie

Streek atletiek 16 Februarie

Herdenking van Slag Majuba 22-24 Februarie

Toetsreeks Begin 1 Maart

Koekverkoping (Gr 7-9 (voorsien die koek en lekkernye vir

die verkoping))

1 Maart

Bosveld atletiek Potgietersrus 2 Maart

SA Atletiek 15-16 Maart

Koekverkoping (Gr 4-6 (voorsien die koek en lekkernye vir

die verkoping))

5 April

7’s rugby Lichtenburg 6 April

2de Bybel rondte 9 April

Koekverkoping (Gr 1-3 (voorsien die koek en lekkernye vir

die verkoping))

3 Mei

Bondedag 17-18 Mei

Skool kultuurfees (drama, musiek) 23 Mei

Junie eksamen begin 27 Mei

Koekverkoping deur die Kleuterskool (voorsien die koek

en lekkernye vir die verkoping)

31 Mei

Winterspele 13-15 Junie

Bokkie week 24-28 Junie

Streek skaak 13 Julie

Skool intern redenaars 16-17 Julie

Redenaars en Streek kultuurfees 20 Julie

BCVO Krieket 8-10 Augustus

Toets reeds begin 12 Augustus

Nasionale Redenaars 16 Augustus

Nasionale Kultuurfees 17 Augustus

BCVO skaak en landloop 30-31 Augustus

Entrepreneursdag 6 September

BCVO Tennis 20-21 September

Bokkie somerweek Vereeniging 25-28 September

Koekverkoping (Gr 8-12 (voorsien die koek en lekkernye

vir die verkoping))

4 Oktober

Koekverkoping ( Gr 1-7 (voorsien die koek en lekkernye

vir die verkoping))

1 November

Standaardisering eksamen begin 11 November

Prysuitdeling 28 November

Rapporte word uitgedeel / skole sluit 6 Desember

Page 23: is van so ‘n - cvoplatina.co.zacvoplatina.co.za/doc/Prospektus_2019.pdf · 1.4 ʼn Opvoeder van die skool sal oor dieselfde regte as ʼn ouer beskik wat betref die beheer en dissipline

www.cvoplatina.co.za

23

Vakansie/Herdenkingsdag Datum

Nuwejaarsdag 1 Januarie

Openbare vakansiedag - Menseregtedag 21 Maart

Herdenking Goeie Vrydag 19 April

Gesinsdag 22 April

Openbare vakansiedag - Vryheidsdag 27 April

Openbare Vakansiedag - Werkersdag 1 Mei

Herdenking Hemelvaart 30 Mei

Openbare vakansiedag – Jeugdag 16 Junie

Openbare vakansiedag 17 Junie

Openbare vakansiedag - 9 Augustus

Openbare vakansiedag - 24 September

Herdenking Geloftedag 16 Desember

Herdenking Christusfees 25 Desember

Openbare vakansiedag 26 Desember