Upload
others
View
0
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
Liewe Graad 5 Kuilies,Ons is so opgewonde om julle amper weer te sien.
Afrikaans FAL
4 Mei – 15 Mei
Dear Parents and learners if you are unsure about any of the work you can email me and I will
help you.
The following link include the lesson plan with the work that is set out underneath. Parents
can use this link or email address if there are any uncertainties about the work.
https://sites.google.com/wced.info/cwed-learnerresources/ > Primary Schools > InterSen
Phase (Gr 4-7) > Afrikaans Eerste Additionele Taal > Graad 5 > Aktiwiteit 1 & Aktiwiteit 2
5 Mei
Dinsdag (Boek 1)
Opskrif (Please write the heading in your “boek 1” and also complete the answers in
your “boek 1”)
Luister en praat
a. Leerders lees die volgende kort storie hardop.
b. Onderstreep moeilike woorde.
c. Gebruik ‘n woordeboek om die woorde te ontleed.
CHINESE NUWE JAAR
Wat is Chinese Nuwe Jaar?
Chinese nuwe jaar word elke jaar deur miljoene Chinese mense gevier en is die langste en
belangrikste vakansie vir Asiatiese lande, soos Sjina, die Filippyne, Singapoer en Maleisië.
Dit het ook ‘n baie gewilde viering vir mense regoor die wêreld geword met baie wat hul
plaaslike ‘Chinatown’ besoek om aan die feestelikhede deel te neem.
Chinese Nuwe Jaar gebeur nie op dieselfde dag as wat jy nuwe jaar (Januarie 1ste) ken nie.
Dit val gewoonlik iewers tussen 21ste Januarie en die 19de Februarie.
Vieringe
Daar is sekere tradisies wat baie waarskynlik tydens ‘n Chinese Nuwe Jaar viering sal
voorkom. Hier is net ‘n paar: Rooi Koevert: Die kleur rooi is vir die Chinese baie gelukkig
omdat dit vir fortuin, goeie geluk en vreugde staan.
Mense gee mekaar geld in klein, versierde rooi koeverte. Dit is gewoonlik ouer mense wat
dit vir jonger mense in ewe getal hoeveelhedes gee.
Vuurwerke:
Klappers word gewoonlik van baie rooi papierrolle, wat saamgespan is, gemaak. Wanneer dit
aangesteek word ontplof hulle baie vinnig, een na die ander en maak harde plof geluide,
asook ‘n wolk van rooi stukkies papier in die lug. Hulle is egter baie gevaarlik en is in baie
lande, behalwe vir ‘n paar dorpe in China, verban.
Leeu en Draak Danse:
Hierdie danse word dikwels deur professionele akrobate onder die leeu- en draak-kostuums
uitgevoer. Harde musiek, bestaande uit tromme en simbale, word ook gespeel om die bose
geeste en ongeluk weg te jaag. Die draak dans is dikwels die hoogtepunt van ‘n parade in ‘n
‘Chinatown’ en mense kom van ver om die manjifieke toneel te sien!
Skoonmaak en Betaal Skuld:
Daar word geglo dat huis skoon maak die slegte ongeluk van die ou jaar weg sal vee en enige
geld moet terug betaal word aan enigiemand aan wie dit verskuldig is.
Kos en Familie:
Kos is hierdie tyd van die jaar baie belangrik. Hoender en garnale verteenwoordig geluk,
terwyl noedels lang lewe verteenwoordig. Kluitjies word ook geëet. Soos met Kersfees kom
vriende en familie almal bymekaar om saam te eet en mekaar se geselskap te geniet.
Vrae
1.Bespreek die titel van die kort storie?.
2. Deur hoeveel mense word die Chinese nuwejaar gevier?.
3. Noem een van die tradisies wat plaasvind tydens die Chinese viering?.
4.Wat word verban in ander lande behalwe in China?.
5.Wat verteenwoordig die hoender en garnale wat hul eet?
6.Toe jy die titel van die storie hoor, waaroor het jy gedink sal die storie gaan?
7.Gebruik 3 woorde van jou eie om Nuwejaars vieringe in jou kultuur te beskryf.
8. Skryf twee van jou eie vrae neer oor die storie.
Woensdag
6 Mei (Algemene boek)
Opskrif (Please write the heading in your”Algemene boek”)
Lees en kyk
Kort storie en paragrawe
Kies twee paragrawe uit die storie “Chinese Nuwejaar” en maak ‘n kort opsomming
van die twee paragrawe in een paragraaf.
Onthou jy moet seker maak dat die lees (,?!.) en skryftekens (Hoofletters) in jou
paragraaf voorkom.
Donderdag
7 Mei (Boek 1)
Opskrif (Please write this heading in your “Boek 1”)
Taalstrukture en konvensies
Skryf die volgende 5 woorde in jou boek neer en rangskik dit in alfabetiese
volgorde:
• Melktert
• Speel
• Appels
• Bokke
• Koekies
(Write the following down in your “boek 1”)
Homonieme:Woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word maar die woorde
het verskillende betekenisse bv.
Leer
Die seun klim by die leer op
Ek leer elke dag nuwe werk by die skool
Lig
Die veertjie is baie lig
Sit asseblief die lig aan die kamer is baie donker
Homofone: Woorde wat die selfde klink maar anders gespel word bv.
Rys/Reis
Ons maak rys en vleis.
Ons reis die hele wêreld vol.
Hard/Hart
Die rots is baie hard.
My hart is baie seer.
Sinonieme: Woorde met dieselfde betekenins bv.
Praat - Gesels
Meisie - Dogter
Gou - Vinnig
Familie - Gesin
Antonieme: Woorde wat verskillende betekenisse het bv.
Alles - Niks
Skerp - Stomp
Soet - Stout
Vas - Los
Aktiwiteit (Write the answer in your “boek 1”)
Kies die regte sinoniem uit die woordbank vir elke woord.
Alleen Gratis Bang Duur Gelukkig
1.Eensaam:
2.Verniet:
3.Bevrees:
Kies die regte Antoniem uit die woordbank vir elke woord.
Begin Swart Onbekende Finaal lig
1. Einde:
2. Bekende:
3. Donker:
Maak ‘n sin met die volgende homofone om die betekenis te wys
Klere:
Kleure:
Hael:
Haal:
Maak ‘n sin met die volgende homonieme om die betekenis te wys
Ken:
Ken:
By:
By:
Vrydag
8 Mei (Algemene boek)
Opskrif (Please write the heading in your “Algemene boek”)
Skryf en aanbied
Skryf instruksies (Emoji’s)
Skryf ‘n kort storie oor enige onderwerp. Jy moet emoji’s in jou storie gebruik,jy kan die
emoji’s teken in plaas daarvan om die woord te gebruik van die emoji’s bv, ‘n gesiggie is
dieselfde as die woord “opgewonde”
Byvoorbeeld:
Vanoggend toe ek opstaan het ek baie (laf) gevoel.Ek het besluit ek gaan vir my ‘n paar
(oulike brille) maak.Ek was baie (opgewonde) toe ek klaar my brille gemaak het.Toe my
boetie my brill sien toe maak hy sy oë in die vorm van hartjies .
Jou storie moet twee paragrawe lank wees.Jy kan lekker kreatief wees met al die emoji’s.
Maandag
1 Mei (Algemene boek)
Opskrif (Please write the heading in your “Algemene boek”)
Lees en kyk
Lees die storie en beantwoord die vrae.
Die leeu en die apie
Eendag wou Oupa vir ons ʼn les leer oor vertroue en dankbaarheid, en toe vertel hy
vir ons die storie van die leeu en die apie …
Die leeu en die apie het in ʼn digte oerwoud saam met baie ander diere gewoon. Die
leeu het op die grond rondgeloop, en die apie het in die boomtoppe geswaai. Die apie
het soms afgekom grond toe om kos te soek, of wanneer hy tussen bome wat ver
uitmekaar was, moes loop.
Eendag sien die leeu ʼn stuk vleis op ʼn breë piesangblaar op die oerwoudvloer. “Hier
is ʼn gratis en maklike maaltyd vir my,” dink hy. “Dit gaan heerlik smaak!”
Die leeu stap na die middel van die piesangblaar om by die watertandlekker vleis uit
te kom, maar net toe hy sy tande in die vleis slaan, gee die grond onder hom pad.
Hy val saam met die vleis en die piesangblaar in ʼn diep put. “Hoe moes die leeu weet
dat ʼn gratis maaltyd nie altyd gratis is nie; dat ʼn maklike maaltyd nie altyd so
maklik is soos dit lyk nie?” sê Oupa. “Hoe moes Odum, die koning van die oerwoud,
geweet het die vleis is die aas van ʼn geslepe jagter? Die jagter het ʼn diep put
gegrawe en dit met ʼn piesangblaar bedek. Toe het hy die vleis in die middel van die
blaar neergesit en die blaar met sand bedek om die aas weg te steek. Hoe moes die
trotse leeu geweet het iemand sou hom in sy eie oerwoud so ʼn nare streep trek?”
vra Oupa.
Toe sing Oupa vir ons ʼn liedjie:
“Mgbe iche na obu n’efu,
Lezie anya!
Lezie anya ma obu n’efu,
Lezie anya!”
En dit beteken:
“Wanneer jy dink iets is gratis,
wees versigtig!
Maak baie seker dit is regtig gratis,
Wees versigtig!”
Die put was so nou dat die leeu net op sy agterbene kon regop staan – ʼn baie
ongemaklike posisie vir ʼn leeu. Hy kyk om hom rond en sien die rooi grond bo sy kop.
Dit lyk soos ʼn gladde, ronde ringmuur.
Die leeu probeer alles om uit die diep put te klim, maar elke keer verkrummel die
rooi grond onder sy kloue, en hy val terug na die bodem van die put.Teen skemer is
die leeu steeds in die diep put. Hy is so moeg dat hy nie eens genoeg krag het om
die vleis te eet nie.
Toe sien hy skielik ʼn stert verbyswiep. Die stert behoort aan Enwe, die apie. Hy het
oor die put gespring. Die leeu roep desperaat om hulp. Enwe is baie verbaas oor wat
hy sien toe hy in die diep put afkyk!
“Wat doen die koning van die oerwoud in so ʼn diep, donker put?” vra hy vir die leeu.
“Ek het ingeval,” sê die leeu met ʼn moeë stem. “Ek is al van vanoggend af hier. Nou
is die son besig om onder te gaan. Ek wil nie hier doodgaan nie. Help my asseblief.”
Die apie huiwer en begin wegstap, maar die leeu smeek al hoe harder. Toe sê die
apie vir die leeu: “Ek hoor dat nie een van die diere wat al vir jou ʼn klip uit die pad
gerol het, geleef het om die storie te vertel nie.”
“Ek weet my vriende is te slim om hierdie leuens te glo wat my vyande vertel,” sê
die leeu, “en ek beskou jou as een van my vriende. Help my asseblief.”
Op die ou end kry die apie die leeu jammer en hy laat sy stert soos ʼn tou in die diep
put afsak. Die leeu hou aan die apie se stert vas en klim boontoe. Maar toe hy uit
die put is, wil die leeu nie die apie se stert laat los nie….
Vrae
1. Skryf in twee sinne wat het eerste gebeur.
2. Wat het toe tweede gebeur.
3. Wat het op die einde gebeur.
4. Waarom wou leeu nie apie se stert los nie?.
5. Wat sou jy gedoen het as jy in apie se skoene was?.
Dinsdag
12 Mei (Algemene boek)
Opskrif (Please write the heading in your “Algemene boek”)
Lees en kyk
Lees die storie (die leeu en die apie)
Lees die storie weer van die leeu en die apie.Skryf een paragraaf oor die
hoogtepunte (highlights) van die storie.Onthou om seker te maak dat die lees en
skryftekens in die paragraaf voorkom.
Woensdag
13 Mei “Algemene boek”
Opskrif (Please write the heading in your “Algemene boek”)
Lees en Kyk
Lees instruksies
1. Lees die onderstaande paragraaf noukeurig deur
2. Teken dan ‘n prentjie van wat jy gelees het in jou boek.Jou prentjie kan ‘n halwe
A4 bl groot wees.
Die leeu en die apie het in ʼn digte oerwoud saam met baie ander diere gewoon. Die
leeu het op die grond rondgeloop, en die apie het in die boomtoppe geswaai. Die apie
het soms afgekom grond toe om kos te soek, of wanneer hy tussen bome wat ver
uitmekaar was, moes loop.
Donderdag
14 Mei (Boek 1)
Opskrif (Write the heading in your “Boek 1”)
Taalstrukture en konvensie
Lees deur die tabel hieronder:
Skryf nou TWEE woorde uit die leesstuk uit om elk van die volgende woordsoorte
te verduidelik:
Woordsoort
bv.Voorstesel
Voorbeeld 1
Bo-op
Voorbeeld 2
Onder
Werkwoord
Selfstandige naamwoord
Bywoord
Vrydag
15 Mei (Algemene boek)
Opskrif (Please write the heading down in your “Algemene boek”)
Skryf en aanbied
Dagboek inskrywings
‘n Dagboek inskrywing is ‘n inskrywing wat verduidelik wat elke dag in jou lewe
gebeur.
Jy gaan een dagboek inskrywing neerskryf in jou algemene boek.
Jou dagboek inskrywing hoef net een paragraaf lank te wees.Jy kan die raamwerk
hieronder volg om jou dagboek inskrywing neer te skryf.
Liewe Dagboek.
______________________________________________________________
______________________________________________________________
______________________________________________________________
______________________________________________________________
______________________________________________________________
______________________________________________________________