16
Verspreidingsgebied: Kuruman, Kathu, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop 25 JULIE 2013 WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA GRATIS Tel. 053-712-1472 Kuruman Sport Van Druten: Eindstryd ’n sukses bl. 16 Nuus Verhoor duur voort bl. 3 Gemeenskap Só vier dorp Mandeladag bl. 10 Joanie Bergh GENOEG is genoeg. Só het lede van AfriForum op Ku- ruman en die Ga-Segonyana-munisi- paliteit gesê nadat die dorp elke aand besaai is met plakkate en pamflette wat onder meer aborsies, tower- spreuke en beloftes om manlike ge- slagsorgane te vergroot, as onder- werp het. Dié twee instansies het onlangs kragte saamgesnoer om deur ’n skoonmaakveldtog alle onwettige kennisgewings te verwyder. Ondanks die pogings is soortgely- ke plakkate egter weer in die midder- nagtelike ure op lamppale aange- bring. Nico Erasmus, AfriForum-voorsit- ter op Kuruman, het egter verseker private veiligheidswagte sal aange- stel word om die gebied te patrolleer om die sondaars se aktiwiteite aan bande te lê. “Kinders loop verby die kennisge- wings en vra wat dit beteken,” sê hy. “Dit is onwettig en skep ’n swak beeld van ons dorp.” Vir Erasmus, wat die omgewing al langer as 45 jaar ken, is die algemene toestand van Kuruman kommerwek- kend. “Ons kon altyd in die parkie in Hoofstraat gaan piekniek hou. Nou sal geen mens dit daar waag nie.” En Erasmus het reg. Die rommel lê gesaai rondom vullisdromme en by die hoofingange van die dorp. Riool loop vrylik in die strate van Kuru- man en omliggende gebiede. Die groef waarin Kuruman geval het, pla mense van alle rasse, meen Erasmus. Martin Tsatsimpe, munisipale be- stuurder van die Ga-Segonyana-mu- nisipaliteit, sê dit is ’n voorkeursaak van die munisipaliteit om met die ge- meenskap saam te werk om toe te sien dat die dorp se beeld verbeter. “Ons het verskeie munisipale wet- te in werking gestel waarin dit duide- lik is geen kennisgewings mag in die openbaar aangebring word sonder die nodige toestemming van die mu- nisipaliteit nie,” sê hy. “Ons haal die plakkate af en maak die dorp skoon.” Hy het die versekering gegee die- gene wat hulle aan die onwettige aan- bring van kennisgewings skuldig maak, sal vervolg word. LEDE van die Ga-Segonyana-munisipaliteit en AfriForum het ’n skoonmaak- veldtog begin om onwettige kennisgewings te verwyder. Wat sê jy? Gaan lug jou mening by www.kalaharibulletin.co.za. Dis genóég

Kuruman bulletin 25 julie 2013

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Kuruman bulletin 25 julie 2013

Citation preview

Page 1: Kuruman bulletin 25 julie 2013

Verspreidingsgebied: Kuruman, Kathu, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

25 JULIE 2013 WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA GRATIS Tel. 053-712-1472

Kuruman

Sport

Van Druten:Eindstryd ’nsukses

bl. 16

Nuus

Verhoorduurvoort

bl. 3

Gemeenskap

Só vierdorpMandeladag

bl. 10

Joanie Bergh

GENOEG is genoeg.Só het lede van AfriForum op Ku-

ruman en die Ga-Segonyana-munisi-paliteit gesê nadat die dorp elke aandbesaai is met plakkate en pamflettewat onder meer aborsies, tower-spreuke en beloftes om manlike ge-slagsorgane te vergroot, as onder-werp het.Dié twee instansies het onlangs

kragte saamgesnoer om deur ’n

skoonmaakveldtog alle onwettigekennisgewings te verwyder.Ondanks die pogings is soortgely-

ke plakkate egterweer in diemidder-nagtelike ure op lamppale aange-bring.NicoErasmus,AfriForum-voorsit-

ter op Kuruman, het egter versekerprivate veiligheidswagte sal aange-stel word om die gebied te patrolleerom die sondaars se aktiwiteite aanbande te lê.“Kinders loop verby die kennisge-

wings en vra wat dit beteken,” sê hy.“Dit is onwettig en skep ’n swak

beeld van ons dorp.”Vir Erasmus, wat die omgewing al

langer as 45 jaar ken, is die algemenetoestand vanKurumankommerwek-kend.“Ons kon altyd in die parkie in

Hoofstraat gaan piekniek hou. Nousal geen mens dit daar waag nie.”EnErasmus het reg. Die rommel lê

gesaai rondom vullisdromme en bydie hoofingange van die dorp. Rioolloop vrylik in die strate van Kuru-man en omliggende gebiede.Die groef waarin Kuruman geval

het, pla mense van alle rasse, meenErasmus.Martin Tsatsimpe, munisipale be-

stuurder van die Ga-Segonyana-mu-nisipaliteit, sê dit is ’n voorkeursaakvan diemunisipaliteit ommet die ge-meenskap saam te werk om toe tesien dat die dorp se beeld verbeter.“Ons het verskeie munisipale wet-

te inwerking gestelwaarindit duide-lik is geen kennisgewings mag in dieopenbaar aangebring word sonderdie nodige toestemming van die mu-nisipaliteit nie,” sê hy.“Ons haal die plakkate af en maak

die dorp skoon.”Hy het die versekering gegee die-

genewathulle aandie onwettige aan-bring van kennisgewings skuldigmaak, sal vervolg word.

LEDE van die Ga­Segonyana­munisipaliteit en AfriForum het ’n skoonmaak­veldtog begin om onwettige kennisgewings te verwyder.

Wat sê jy? Gaan lug jou mening bywww.kalaharibulletin.co.za.

Dis genóég

Page 2: Kuruman bulletin 25 julie 2013

2 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013

) 27 Julie: Die vleisfees vind van11:00 af op die Kuruman-skouter-rein plaas. Bel Gerda by 082-747-2332 of Carien by 083-325-4826.)14 Augustus: Die ATKV bied ’ntaalaand op Kuruman aan. Dit vindby die Laerskool Seodin plaas. ’nSkryfkursus word van 14:00 tot17:00 deur prof. Hans du Plessisaangebied. Dit kos R50 en die geldsal vir boekpryse aan skole ge-bruik word. Vir bespreking vanplekke bel Susan Joubert, voorsit-ter van die Kuruman–tak, by 082-832-7226.) 16 Augustus: Die ACVV op Da-niëlskuil se vrouedag word om18:00 by die Hoërskool Daniëlskuilgehou. Susan Coetzer is die gas-spreker. ’n Ligte ete is by die R100-kaartjie ingesluit. Bel Suzette by082-351-9923 of die ACVV-kantoorby 053-384-1554.) 16Augustus:Die Hoërskool Ka-lahari bied ’n skouspel aan. Vir na-vrae skakel 053–712–1841.) 5 September: Kuruman-skou.Kontak Vonnie by 073-223-6879,Marnus by 079-492-3589, Anne-Ma-rie by 082-856-9103, Kobus by 082-554-7866, Lizette by 082-791-5457 ofMarietha by 082-863-2244 vir meerinligting.

Ilse Watson

THE Kathu Village Mall, solely ow-ned by the JSE-listed Resilient Pro-perty Income Fund, will soon seemuch more retail added to this al-ready thriving mall.

The mall opened in late Novem-ber 2008 and has since become thefavourite shopping destination forlocal residents.

The mall is currently anchored

by Super Spar and Edgars and alsohouses an array of national retail-ers such as Truworths, Foschiniand the Mr Price Group amongstmany others.

The extension of the Kathu Villa-ge Mall, anchored by Game, will in-crease the size of the mall by7 500 m², bringing the total size toapproximately 25 900 m². This willcomprise a total retail componentof close to 80 stores.

Other tenancies will include thatof Foschini @Home, Sportscene,Trappers, Studio88, Skipper Bar,Fragrance Boutique, NWJ, AfricanBank, Discount Fashion, Nedbank,Vodacom, Verimark, Franco Cecat-to, Eyecatchers and Mr Price Ho-me, to mention but a few.

Additional parking will be cate-red for and access and egress willbe facilitated from the Deben Roadto ensure the easy flow of traffic.

Building on its trading success,the mall expansion aims to meet re-tail demand and add value to thecustomer experience.

Riekie Terblanche, centre mana-ger of the Kathu Village Mall, con-firmed that the opening of phasetwo is scheduled for 26 Septemberand that the Kathu Village Mallwill be offering its shoppers the ve-ry best in retail and the ultimate inconvenience.

Kathu’small to be extendedAN aerial view of the Kathu Village Mall. Photo: Supplied

Page 3: Kuruman bulletin 25 julie 2013

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013 3

Joanie Bergh

“EK het die man nié geken nie. Hy het my opdie bed vasgedruk, my klere uitgetrek en myverkrag.”So het ’n 15-jarige meisie in die streekhof

op Kuruman in camera getuig.Obakeng Mothupi (29), ’n taxi-bestuurder,

staan tereg op ’n aanklag van verkragting opdié minderjarige in 2010.Mothupi het vroeër voor streeklanddros

BaileyMbalu skuldopdieaanklagontken.Hyhouvolhyendiemeisiewas in ’nverhouding.Volgens die meisie, wat toe net 13 jaar oud

was, het Mothupi haar die aand omstreeks19:30 in die straat inBatlaros, ’n informele ne-dersetting buite Kuruman, voorgekeer.Dit was die eerste keer dat hulle ontmoet

het. Hy het haar aan die hand gevat en na syhuis geneem.Sy het getuig in die huis het hy ’n kondoom

gebruik en haar verkrag, ondanks verskeiepogings van haar om hom weg te druk.Sy is omstreeks 22:00 daardie nag terug

huis toe en was te bang om haar ma van dievoorval te vertel. Sy het getuig haar ma hethaar met ’n lyfband oor die lyf geslaan omdatsy laat by die huis gekom het.Sy het kneusplekke opgedoen.Ná die loesing het sy haar ma van die ver-

kragting vertel. Hulle het onmiddellik die po-lisie gebel en hospitaal toe gehaas.Rudzani Tshamano, vir die verdediging,

het gesê volgens Mothupi het die meisie totseks ingestem. Die meisie het die aantygingontken.“Daarom het jy nie vir jou ma gesê nie,

want jy het geweet sy sou kwaad wees as syweet jy het daartoe ingestem,” het Tshamano

gesê.Mothupi het getuig dat hy en die meisie vir

ongeveer twee tot drie maande in ’n verhou-ding was. Hulle het daardie aand vooraf ge-reël om mekaar op ’n spesifieke plek te kry.Syhet virhomgesê sywas 15 jaar oud, beweerhy.Nadat hulle gemeenskap gehad het, het hy

saam met haar halfpad huis toe geloop. Diepolisie het hom enkele ure later in hegtenisgeneem.“Ek het haar nie gedwing nie. Sy het saam

met my gekom. Ek het haar nooit geforseernie,” het hy gesê. Die verhoor word vandaghervat.

Taxi-bestuurder ontkenverkragting in hof

OBAKENG MOTHUPI (29) staan tereg op ’naanklag van die verkragting van ’n minderjari­ge. Foto: Joanie Bergh

DIE berig “Eienaars spring in”wat in die Kalahari Bulletin van18 Julie verskyn het, het betrek-king.Na aanleiding van die berig

word erfeienaars oor wie seeiendom ’n watervoor loop, gevraom hul voor skoon te maak sodatdie probleem van die toevoerstel-sel wat buite werking is, opgeloskan word.Hier is van ons lesers se

kommentaar:) Baie goeie voorstel. Dieondernemings moet dit ook weerbegin doen soos vroeër. Elkeen isverantwoordelik om voor sy eieonderneming skoon te hou, dansal Kuruman baie beter en meerooglik lyk. – Zelda van Vuuren) Ek dink nie om net die voorskoon te hou gaan help nie.Ek het ’n paar jaar gelede al

vir die Bulletin geskryf oor mybuurman wat sy plot gekoop hetjuis met die vooruitsig van wateruit die voor. Nou sit ons al jaresonder water weens ryk maplot-ters wat die vore oopbreek enwater vat soos hulle wil.Munisipale wette het leibeurte,

maar daaraan word nie gesteurnie. Ons het seker tien jaar laas’n druppeltjie water in die voorgesien.

Só sê dielesers

DIE ATKV-Kalahari-tak op Ku-ruman bied elke jaar ’n Taal-aand vir die gemeenskap aan.Vanjaar vind dit op 14 Augus-tus om 18:00 by die LaerskoolSeodin, Kuruman, plaas.Die aand behels onder meer

opvoerings, sang, musiek, or-kes, voorlesings, kooroptredesen voordragte. Verder word opdieselfde dag van 14:00 tot 17:00’n skryfskool vir slegs 15mensedeur prof. Hans du Plessis aan-gebied.Daar is nog net plek vir vyf

mense. Die koste is R50 per per-soon en sal gebruik word omboekpryse aan te koop vir dieomliggende skole.Verder nooi die ATKV alle

skole omhom te kontak omhul-le by te staan met die voorsie-ning van Afrikaans Eerste enTweede Taal-sertifikate vir huljaarlikse prysuitdelingsge-leenthede, veral skole van Da-niëlskuil, Die Kuil, Hotazel,Bankgara en Wrenchville.Die Kalahari-tak is in Augus-

tus 1999 net nádieKathu-tak ge-stig en word deur ’n klein, ak-tiewe groep mense bedryf watprobeer om godsdiens, taal enkultuur onder alle bevolkings-groepe aan temoedig omdat die

ATKV se vooruitgang is om sondergrense te opereer.Die tak vergader elke maand vir

geselsies, vleisbraaiery, musiek ensop-en-storie-vertel, asook om reë-lings vir die jaarlikse projekte te trefen om by bestaande projekte in diegemeenskap betrokke te raak.Belangstellendes in die skryfskool

(net 15 plekke) of mense wat hulle bydie tak wil aansluit, kan Susan Jou-bert (voorsitter vandieKalahari-tak)by 082-832-7226 ná 16:00 of FranciscaEinkamerer, ondervoorsitter, by 082-573-2670 bel.

Taalaand op pad

’n SKYFSKOOLword deur prof. Hansdu Plessis aangebied.

SUSAN COETZER is die gas­spreker op vanjaar se Vroue­dag­geleentheid wat deur dieACVV op Daniëlskuil aange­bied word. Dit vind op 16 Au­gustus om 18:00 by die Hoër­skool Daniëlskuil plaas. ’n Lig­te ete is by die R100­kaartjieingesluit. Bel Suzette by 082­351­9923 of die ACVV­kantoorby 053­384­1554 vir kaartjiesof meer inligting.

Page 4: Kuruman bulletin 25 julie 2013

4 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013

Is dit nodig omouwonde oop tekrap?HANSIE CRONJÉ is nou 11 jaar násy dood weer van wedstrydknoeieryin Indië aangekla.

In 2000 het die wedstrydknoeierydie krieketwêreld geskud nadat ditaan die lug gekom het dat krieket-spelers geld ontvang het van be-roepswedders om wedstryde in ’nsekere rigting te stuur.

In daardie stadium was HansieCronjé die krieketheld van talleSuid-Afrikaanse krieketliefhebbersen veral ook van ’n magdom jongkrieketspelers wat na dié held opge-kyk het.

Die King-kommissie het gewysdié held het egter voete van klei.

Sy dood in 2002 het sy beeld in ’nmate herstel, soveel so dat mense ge-rieflikheidshalwe vandag terugkyk

en hom steeds kan prys oor sy voor-treflikekrieket terwylhulle syrol indie wedstrydknoeiery doelbewusmiskyk.

Nou kan gevra word hoekom ditnodig is om ná 13 jaar weer die won-de oop te maak en ou koeie uit diesloot te skop.

Daar kan egter met reg gesê worddat die gevoel is dat die volle waar-heid nie met die King-kommissieuitgekom het nie.

Daar is nie volle rekenskap oor aldie geld en al die betrokkenheid ge-gee nie. Is dit nodig om ná 13 jaar diegoeie herinneringe wat nog aanHansie kleef te verswart. Wat sê jy?Gaan lewer kommentaar oor die nu-we aanklag teen Hansie bywww.facebook.com/kbulletin.

Ware liefde gaan oordade aanmedemens

André de Villiers

LIEFDE is ’n werkwoord. – Lukas10:25-37

Om vir ander mense lief te weesblyk een van die moeilikste opdrag-te op aarde te wees.

Ons kan vir ons familie lief wees(ook nie eens altyd nie), ons kan virons kinders lief wees (die naastewat ons waarskynlik aan opoffe-rende liefde kom), maar om virmense lief te wees wat baie andersas ons is, is bykans onmoontlik. Ditwas van die vroegste tye af so.

Miskien daarom dat God so baieklem daarop gelê het in sy reëlingswat Hy met die volk Israel (en onsdaarna) getref het.

In die verhaal vra ’n wetsgeleer-de, wat veronderstel was om dieantwoord te ken, vir Jesus hoe hydie ewige, ware, volle lewe kan ver-kry. Jesus het hom daarop gewysdat hy gewoon moet lees wat diewet voorskryf (as wetsgeleerde souhy dié antwoord uit sy kop ken).Met sy hele wese vir God en synaaste liefmoetwees. So eenvoudigsoos dit. Die probleem word danduidelik: Hy wéét wat om te doen,maar is nie gereed om tot die daadoor te gaan nie. Hy probeer nog uit-kom deur te kyk of hy nie die naastekan definieer nie. Dalk net is daar“kategorieë” van mense by wie hynie betrokke hoef te raak nie. Dankom die gelykenis waarin Jesusduidelik maak dat dit glad nie kangebeur nie. Die voorbeelde wat Je-sus in die gelykenis gebruik, is soosvolg:

Die Leviet en priester was “kerk-mense” wie ons sou verwag dat hul-le sou help. Tog doen hulle dit nie,moontlik met goeie redes wat hullebetref. Die priester kon bv. onreinword as hy aan ’n (moontlik) dooiemens raak en dan kon hy volgenswet nie die gemeente gaan bedien

nie. Dan kom die Samaritaan, dieeen van wie ons die minste sou ver-wag om te help. Die twee volksgroe-pe het mekaar nie in die oë gekyknie. Tog stop hy, help hy en doenselfs meer: Hy laat die man verderversorg word en betaal vir sy reke-ning, beloof om nog uitgawes te be-taal indien dit nodig sou wees. Hyloop die ekstra myl, hy gee die on-derkleed as die persoon die bokleedvra. Met die voorbeeld sou die wet-geleerde hom kon verbind. Hy soudie gelykenis nie kon misverstaannie.

Maar dan kom die verrassendeteenvraag: Wie het ’n naaste ge-word van die man wat beseer was?(Nie: “Wie is my naaste?” nie,maar: “Vir wie kan ek ’n naastewees?”.) Die wetgeleerde moet kiesom ’n naaste te word en meelewendte raak.

Ware liefde vir God gaan oor da-de van liefde teenoor ons mede-mens. Ons “sien”, maar ons kry niemeer innig jammer nie. Dit roer nieons hart nie. Die Samaritaan krydit reg om sy vooroordele te laatstaan. Hy suspendeer al sy oortui-gings oor hoe die verhouding tus-sen Jode en Samaritane behoort tewerk, hy skuif dit uit die pad, igno-reer dit, gaan daarby verby enword ’n medemens en help ’n mede-mens. Hier is selfs ’n waarskuwing:As jy nie oorgaan tot dade nie, saljy die wonderlike lewe nie kry (er-vaar) nie. Ons probleem is dikwelsdat ons nie die nood raaksien nie,of dat die omvang van die nood onsoorweldig. Begin klein, doen net ditwat jy kan.

) Ds. André de Villiers is ’n le-raar aan die NG kerk op Kathu.

Onsigbare dade en stories se fluisterstem die soetste’n PAAR jaar gelede terwyl ek mygraad aan ’n (nie-so-goedkoop)universiteit voltooi het, het ek ont-dek dat my ma se maandelikse sa-laris direk in ’n afsonderlike reke-ning gedeponeer word.

Hierdie rekening was net geskepom vir my onderrig te betaal, virniks anders nie.

Die vier jaar dat ek op universi-teit was, was ek egter salig onbe-wus hiervan.

Ek het nooit daarvan geweet nie,want ek het met behulp van ’n stu-dielening gestudeer en die aan-vanklike plan was om dié groot be-drag terug te betaal die oomblikdat die dekaan my met daardiestokkie op die skouer geslaan heten ek my graad in die hand het.

Op daardie dag, in my finalejaar, het dit vir my gevoel asof die

wind uit my seile was. Die dag toeek moes hoor dié enorme rekeningis reeds vereffen.

Vir ’n oomblik het ek eers on-waardig gevoel dat so ’n groot ge-skenk aan my gegee is en daarnawas ek so verstom dat dit so stille-tjies gedoen is.

Geen trompette het geblaas nie.Geen bohaai is daaroor gemaak

nie.Geen kyk-watter-goeie-ma-is-ek-

soeke vir erkenning nie.Net my ma wat elke dag by die

werk opdaag sodat ek universiteittoe kon gaan.

En toe ek haar daaroor uitvra,antwoord sy: “Dit is wat ma’s virhul kinders doen.”

Net dit. Terwyl sy in die kom-buis staan en kosmaak.

Ek kon nog nooit ophou dink aan

hierdie ongelooflike daad nie, enveral – dat dit so ongesiens en stil-letjies aan my gegee is.

Ek het nog nie kinders nie, maarek kan met alle eerlikheid sê datek nog nooit iets so onselfsugtigsvir iemand gedoen het nie.

Gewoonlik wanneer ’n mens ietsdoen, soek ’n mens erkenningdaarvoor.

Ek, soos baie ander mense, isbang om onsigbaar te wees.

Dit is snaaks hoe ’n mens so aanjou grootste vrese vasklou dat jydit begin uitleef en jy jou eie werk-likheid skep.

Daar is oomblikke dat ek versig-tig met mense omgaan, konflik tenalle koste vermy net sodat ek opniemand se tone trap nie, sodat eknooit in die kollig beland en te veelruimte inneem nie.

En dan is daar oomblikke, se-ker wanneer ek te moeg is omso stil te wees, dat ek luidrugtigwíl wees, net sodat iemand myhoor.

Ons almal het ’n storie.Om eerlik te wees, ek wou nog

altyd hê my storie moet ’n bietjieraserig wees. Dat dit nie te stil enongesiens verbygaan nie.

Maar as ek dink aan my ma enhonderde ander se stil, mooi, een-voudige en onsigbare stories kanek nie anders as om te besef nie:’n Stil storie is nie ’n slegte storienie.

Trouens, dit mag net dalk diebeste storie in die boek wees.

Daar is mense wat nooit virerkenning vra nie, wat nooit hulnaam in neonligte wil sien flikkerof in hoofopskrifte wil raakleesnie.

Hulle daag net elke dag op omhul individuele stories te skep endoen wat reg is – dade van moeden liefde, sigbaar of nie.

Daar is helde in my storie, heldein hul eie storie en helde in die gro-ter Storie wat geskryf word, al kykniemand.

Dan begin jy kyk vir daardiemense wat ’n stil lewe lei terwylhulle pragtige stories skryf.

En dan gebeur die vreemde dingas ’n mens hulle begin raaksien: Jyis nie meer bang om self onsigbaarte wees nie.

Dankie virgoeie diensPIETER VAN ZYL, Kuruman:

IN ’n tyd van swak diensleweringwil ek die werkers van die Ga-Sego-nyana-munisipaliteit, wat ná urenoodherstelwerk aan kragdradegedoen het, bedank. Wanneer onskla dat ons in die donker moet sit,moet julle die koue trotseer en reëldat daar weer lig in ons lewe is.Dankie dat julle dit so vinnig doen.

TARTENDE hoë wit duine wat wag om uitgeklim te word. Só lyk dit in die Witsand­natuurreservaat, ’nmooi kuierplek met baie fotogeleenthede. Foto: Ilse Watson

Malema andMugabe alikeVINCENT WARD, Kuruman:

JULIUS MALEMA born, trained,used in the ANC and now sponso-red by the ANC in his new politicaldebacle.

How does the ANC sponsor thechief in command as Julius callshimself now?

The language that he is using andthe ridiculous political ideas we allhave heard long time ago, are thewords of Robert Mugabe.

Mugabe is his political fatherand mentor in how to become a dic-tator and claiming the land foryourself.

Not so long ago the ANC wrote ofalmost R600 million on fuel deliver-ed to Robert Mugabe that he could

Briewe mag nie langer as 400 woorde wees nie. Voorkeur word aan kort briewe gegee waarinstandpunte bondig gestel word. Laster en beledigings is nie aanvaarbaar nie. Briewe moet dieskrywer se naam, van en adres bevat asook ’n telefoonnommer waar die briefskrywer bedags

gekontak kan word. Dit geld selfs al skryf u onder ’n skuilnaam. As die brief na ’n berig verwyswat verskyn het, verskaf asseblief die opskrif van die berig asook die datum waarop dit verskyn

het. Die Bulletin behou hom die reg voor om briewe te keur, te verkort of te redigeer virpublikasie. Briewe wat per e-pos ontvang word, sal voorkeur geniet.

not pay. So far the ANC govern-ment is donating millions and mil-lions to Mugabe for every electionthat is taking place even if Mugabeis the only party taking part in theelection.

Recently R1 milliard was dona-ted to Robert Mugabe for the up-co-ming elections that will take place.

Now the question is: Where doyou think Julius Malema is goingto get sponsors from to helphim?

The answer is right in front ofour eyes. Robert Mugabe is goingto sponsor him, because the twoshare the same ideas and politicalviews.

Who is looking like a bunch offools? Our own ANC government.

They have created their own ene-my in Julius Malema and they can-not see that by donating to RobertMugabe.

They are creating a political en-vironment for Julius Malema to gi-ve them a run for their money inthe up-coming elections.

MEESTER: ’n Strokiesprent deur Danie Cronjé.

Page 5: Kuruman bulletin 25 julie 2013

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013 5

DIE Hoërskool Upington se twee dra-maproduksies van 2013, Grens enKliek, het hul debuut op die Reza deWet-tienertoneelfees op die Vryfeesin Bloemfontein gemaak.Dié tienertoneelfees is die eerste

dramafees waaraan Upington van-jaar deelgeneem het.Sowel Grens as Kliek het goeie re-

pliek van die beoordelaars ontvang.Grens het tweede geëindig en Reu-

benMurphy is as die belowendste ak-teur op die fees vir sy vertolking vandie karakter Samuel aangewys.SZ Minnaar is as die beste akteur

op die fees vir sy rol as David aange-wys. Albei leerlinge speel in die pro-duksie Grens.Kliek gee ’n deurdringende kykie

na die digitale wêreld waarin vandagse tieners hulle bevind. ’nWreed ont-nugterende stuk wat demonstreer

hoe maklik dinge kan verkeerd loop.Grens is die verhaal van David en

Samuel, twee seuns wat aan verskil-lende kante van die apartheidsre-gime grootword. Hartverskeurende,intieme teater op sy beste.albei dié dramas sal weer aan die

Upington-gemeenskap vertoonword.Hou Upington se Facebook-blad, dieKalahari Bulletin en reklamebordevir dié vertonings dop.

Vertonings vaar goed op fees

DIE dramaleerlinge wat aandie Reza de Wet­tienertoneel­fees in Bloemfontein deelge­neem het, is van links ZaskiaPain, Dennis Hoft, SamanthaJansen, Reuben Murphy, SZMinnaar, Jana Lategan enSue­Ellen Pretorius.

Foto: Verskaf

Page 6: Kuruman bulletin 25 julie 2013

6 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013

Page 7: Kuruman bulletin 25 julie 2013

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013 7

LecreciaPrinsINWONERS vandie provinsie kryvanjaar weer gratistoegang tot al dienasionale parke in dieomgewing.Die Suid-Afrikaanse NasionaleParke (SANParke) sekulturele dag wordvanjaar op 18September in die Ai-Ais-Richtersveld-oorgrensparkgevier.NasionaleParkeweek word ookdaar gevier. Dié week,vir die ariede strekevan SANParke, wordvan 9 tot 13September insamewerking met diedepartement vanfinansies, ekonomieseontwikkeling entoerisme gehou.SANParke se ariedestreek bestaan uit vyfnasionale parke,insluitend dieKgalagadi-oorgrenspark,Augrabieswaterval-Nasionale Park,Namakwa- NasionalePark, Richtersveld-oorgrenspark enMokala- NasionalePark.Volgens GabrielleVenter, woordvoerdervan SANParke, is diefokus op gratistoegang tot die parkevir almal.“SANParkese visie, om met diesamelewing teverbind, is dieruggraat van diekulturele dag. Dit geedie verskeie ariedestreke ’n geleentheidom nie net hulkultuurten toon te stelnie, maar ook huluniekheid enooreenkomste tebeklemtoon.“Kultureleaktiwiteite soos sang,dans enstorievertelling gaandeel daarvan uitmaak.“Die dag sal mense instaat stel om die geesvan respek teherontdek en anderinheemse kulture teverstaan.”

Gratis toegang tot parke

GEDURENDE die nasionale parkeweek vanSANParke se ariede parke kan inwoners vandie provinsie dié parke gratis besoek. Dit is ’ngulde geleentheid om van 9 tot 13 Septemberdie verligte valle by die Augrabieswaterval-Nasionale Park te besoek. Foto: Anena Burger

OUMA MAGRIETLUBBE is dieOranjehof-tehuis virbejaardes se oudsteinwoner. Sy is 101jaar oud en gaan inSeptember haar102de verjaardagvier. Hier is sy saammet Rina Liebenbergvan die ACVV.Foto: Lizette Slabber

Oudste inwoneramper102 jaar

Page 8: Kuruman bulletin 25 julie 2013

8 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013

NUUS van die ACVV opKuruman:) OpMandeladag het dieACVV in samewerkingmet die SAPD hul 67minute vir liefdadigheidgedoen deur sop en broodaan die straatkinders opKuruman uit te deel.) DieACVV-Kuruman bied ’nwinterdansparty op 3Augustus by die LaerskoolSeodin aan. Diegaskunstenaar is Rikus endie aand belowe om ’naangename kuiertjie metvriende te wees. Kaartjiesis by die ACVV-kantorebeskikbaar teen R100 perpersoon en R20 virkinders. Skakel 053–712–1862 vir meerinligting.) Op die KLK-vendusie elke tweedeDonderdag sal jy ook dievroue van die ACVV indie kafeteria vind. Van dievroue is al vir meer as 30jaar by hierdie kafeteriabetrokke. Hier kan jylekker pannekoek, kerrie-en-rys, sop of ’n steak-etevan ’n uitstekende gehaltekoop.Van vandag afhanteer die ACVV ook ’nsopkombuis insamewerking met ’n borg.

ACVV hou dansparty opKuruman

GEE jou kosgeld vir’n honger kind –staak saam metHelpende Hand.Metnet R2 kanSolidariteit HelpendeHand ’n honger kindten minste eenvoedsame ete gee. Ditis weer tyd virHelpende Hand sejaarlikse eetstaking.

As deel van dieeetstaking op 30 Julieword menseaangemoedig om diegeld wat daardie dagaan kos bestee souword vir die nasionalekosblikkieprojek teskenk. Diekosblikkieprojekbehels ’nvoedingprojek wat in

samewerking metPOWERfoods bedryfword. Vanjaar neem66 kleuterskole metaltesaam 5 146kleuters aan dievoedingsprojek deel.Hoewel kleuterskolenie van dievoedselhulp hoefgebruik te maak nie,omdat hulle reedsandervoedselskenkingsontvang, het al diedeelnemendekleuterskole in dieWes-Kaap, Gauteng-Noord, Oos-Kaap,Suid-Kaap enMpumalanga wel virvoedselhulp gevra.“Die eetstaking helpons om met kleutersse nood te identifiseeren die geld wat jy opkos vir daardie dagsou bestee, word dangeskenk vir dieoplossing:voedingsprojekte inbehoeftige Afrikaansekleuterskole,” sêChristine Breet,adjunkhoof vanSolidariteit HelpendeHand. “Die eerstebestelling byPOWERfoods is vir5 250 kg se kos. Ditkom neer op ongeveer1 kg per kind, watverdeel kan word in20 etes van 50 g elkper kind. Dit werk uitop ongeveer R1,99per kind.“Om vir5 146 kleuters vir ’ndag teen R2 elk koste gee, kosR10 000.Verskeiebekendes, onder wieJoe Niemand, RianaNel, Bobby vanJaarsveld, HettieBrittz, Liesel Krause-Wiid en Gretha Wiid,gaan op 30 Julie asdeel van dieeetstaking hongerbly.Helpende Handdaag mense oor diehele land uit om aandie projek deel teneem en te help omaan honger kinders ’nvoedsame ete te gee.Om ’n bydrae vir diekosblikkieprojek temaak SMS die woord“kosblik” na 34388en ’n agent sal jouskakel om te hoorhoeveel jy wil bydra.(’n SMS kos R2.)

Eetstaking help kinders

IN Junie is ’nblikkieskosprojek deur dieACVV-Kuruman by skolein die omliggendewerksgebied begin.Leerlinge is gevra om enigeblikkieskos skool toe teneem. Elke leerling wat vyfof meer blikkies ingegeehet, het ’n kans gestaan om’n vliegtuigrit – geborgdeur dr. Siebert Wiid – tewen. Hierdie gelukkigeleerlinge is op Saterdag 20Julie in ’n vliegtuig oorKuruman geneem vir ’nasemrowende uitsig. Hulleis Anastacia Kgosinyane enMaleho Flagg van dieChristian Academy, AndréHanekom en LebogangMolaolwa van dieLaerskool Seodin, BevanCloete van die LaerskoolKuruman en DanélSwanepoel van dieLaerskool Black Rock. DieACVV wil ook graag al diedeelnemende skole bedank.Aan die leerlinge is gevrawat hul wens vir Suid-Afrika is. Hul antwoordewas rykdom vir die land envrede tussen alle mense.

Kinders vlieg hoog

VAN links is, voor: André Hanekom, LebogangMolaolwa, Danél Swanepoel, AnastaciaKgosinyane, Maleho Flagg en Bevan Cloete; agter:Annelize van Wyk, Susan van der Merwe, ErikaEkkerd en dr. Siebert Wiid.

Page 9: Kuruman bulletin 25 julie 2013

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013 9

DIE Kuruman-skouis om die draai enNoord–Kapenaarsstaan reg om diemakietie van diejaar by tewoon.Vanjaar vinddie skou van 5 tot 7September soosgewoonlik op dieskouterrein plaas enbeloof om hopevermaak enaangename kuiers teverskaf.Vanjaar treegroot kunstenaarssoos Romanz enJakkie Louw op.Riaan van Renburgkom doen sy BlouShow, Saartjie, DJOssewa en velemeer kom wys ookhul slag.Kaartjiessal by die hekke tekoop wees. Vir dieprogram en meerinligting oor dieskou besoek gerusKalahari Bulletin seFacebook-blad byKuruman-skou.

Skou bied iets vir oud en jonk

ROMANZ

BESIT jy ’n 4x4-voertuig? Dan is dieKuruman-skou 2013die plek vir jou omte wees. Vanjaar houdie Kuruman-skousy heel eerste 4x4-vasbytkompetisie. Jykan jou en jou 4x4-voertuig sevaardigheid komtoets op die nuutgeboude baan op dieopwindendste skouin Suid-Afrika endalk ook wegstap asKuruman se bobaas-4x4-bestuurder. Seskaraktervolleplatforms sal aanelke deelnemeraangebied wordwaar jy jou 4x4-vernuf kan deel metdie toeskouers vanKuruman.Belangstellendes moet kyk indie volgende paaruitgawes van dieKalahari Bulletin virinskrywingsvormsen meer inligting oordie kompetisie. Virmeer inligting kanMarnus Byleveld [email protected] gekontakword of houKalahari Bulletin seFacebook–blad byKuruman-skou virmeer inligtingdop.Vir die motor-enmotorfietsgeesdriftige word daar ook in2013 iets spesiaalsop die programaangebied. Voertuievan oertyd tot nou.Die uitstalling sluitin:) 10 plaaslikeuitstallers) 20streekuitstallers) 100 verskeiemotorfietse vanverskillendegroottes.Dit sal dieeerste keer op dieKuruman-skou tesien wees. Kompraat met dieeienaar, vind uit watis onder die kapweggesteek, hoorhoe klink van hulle,kyk na die goeievakmanskap enharde werk watingesit is. Indien jynie aan ’n klubbehoort nie en ookjou meesterstuk wilkom tentoonstel is jyook welkom. Daarsal ook groot pryseweggegee word.

Toets jou4x4-vernuf opskou

DJ OSSEWA is ookop die Kuruman-skou te sien.

Page 10: Kuruman bulletin 25 julie 2013

10 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013

Department of economic Development, environment, conservation anD tourism

Bid InvitationThe Department of Economic Development, Environment, Conservation and Tourism invites suitable, competent and experienced service providerswho have rendered services in similar fields to deal with the following projects:

Bid No Description Evaluation Criteria Compulsory BriefingSession

Closing Date Enquiries

NWDEDECT1/13/14

Security Services atTaung Skull WorldHeritage Site

90/1090-Price only10-B-BBEE status level ofcontributionFunctionality will be used toprequalify bidders

A compulsory briefingsession will be held on1 August 2013 at 10:00at Taung Heritage SkullSite

27 August 2013 Technical information:Mr Swayi Mokoena, tel.(018) 387-7877Bid documents (SCM):Happy Mokone, tel.(018) 387-7790/808/704

NWDEDECT2/13/14

Security Services at:• Rustenburg

Regional Offices• Lotlamoreng Dam• Industrial Site,

Mafikeng• NWDC building at

Head Office

90/1090-Price only10-B-BBEE status level ofcontributionFunctionality will be used toprequalify bidders

A compulsory briefingsession will be held on2 August 2013 at 10:00,at Head Office, NWDCBuilding, cnr UniversityDrive and ProvidentStreet, Mmabatho

27 August 2013 Technical information:Mr Swayi Mokoena, tel.(018) 387-7877Bid documents (SCM):Happy Mokone, tel.(018) 387-7790/808/704

NWDEDECT3/13/14

Supply and Deliveryof Furniture

80/2080-Price only20-B-BBEE status level ofcontributionFunctionality will be used toprequalify bidders

A compulsory briefingsession will be held on2 August 2013 at 12:00,at Head Office, NWDCBuilding, cnr UniversityDrive and ProvidentStreet, Mmabatho

28 August 2013 Technical Information:Bid documents (SCM):Happy Mokone, tel.(018) 387-7790/808/704

NWDEDECT4/13/14

Integrated WasteManagement Plans forVredefort Dome WorldHeritage Site

80/2080-Price only20-B-BBEE status level ofcontributionFunctionality will be used toprequalify bidders

A compulsory briefingsession will be held on6 August 2013 at 12:00,at Vredefort Dome,Potchefstroom

29 August 2013 Technical information:Ms Lebo Diale, tel.(018) 389-5751Bid documents (SCM):Happy Mokone, tel.(018) 387-7790/808/704

NWDEDECT5/13/14

Maintenance and DataManagement of SevenProvincial Air QualityMonitoring Stations

90/1090-Price only10-B-BBEE status level ofcontributionFunctionality will be used toprequalify bidders

A compulsory briefingsession will be held on2 August 2013 at 14:00,at Head Office, NWDCBuilding, cnr UniversityDrive and ProvidentStreet, Mmabatho

28 August 2013 Technical Information:Ms Thokozile Ramoroa,tel. (018) 389-5952Bid documents (SCM):Happy Mokone, tel.(018) 387-7790/808/704

NWDEDECT6/13/14

Impact HeritageAssessment for TaungWorld Heritage Site

80/2080-Price only20-B-BBEE status level ofcontributionFunctionality will be used toprequalify bidders

A compulsory briefingsession will be held on1 August 2013 at 14:00at Taung Heritage SkullSite

29 August 2013 Technical information:Ms Lebo Diale, tel.(018) 389-5751Bid documents (SCM):Happy Mokone, tel.(018) 387-7790/808/704

The Department of Economic Development, Environment, Conservation and Tourism and its clients or stakeholders donot bind themselves to accept the lowest or any other bid in whole or in part.Bid documents are available at the Department of Economic Development, Environment, Conservation and Tourism, OfficeNumbers 273 and 265 at the NWDC Building, cnr University Drive and Provident Street, Mmabatho from 08:00 to 16:30from Monday to Friday before the closing date and time, at a non-refundable deposit of R100.00 per bidding document.Important Notice: Should the original Tax Clearance Certificate bearing the legal trading name of the bidding companynot be attached by the closing date of the bid, the bid will be declared invalid.

LEERLINGE van dieLaerskool Vanzylsrus hetook aan die landwyeMandeladagvieringdeelgeneem. Die skool het’n program van 67 minutegevolg waartydens eer aanoudpresident NelsonMandela gebring is. Dieboodskap wat met dieverrigtinge oorgedra is,het dit duidelik gemaakdat die man met sybesonderse manier vandinge doen en wat geliefdonder alle landgenote is,vir die meeste bevrydinggebring het – onder meerdie bevryding vanapartheid, onderwerpingen armoede. Die leerlingese ouers het gehelp om dieskoolterrein skoon temaak. Hulle het ook dieverrigtinge bygewoon enis daarna met vetkoeke virhul positiewe bydrae totdie opruiming eninstandhouding van dieskool se terrein beloon.Ná skool het diepersoneellede ’nwildbesigtigingstoeronderneem. Hulle isdaarna op braaivleis enroosterkoek getrakteer.Ook die boeregemeenskaphet op die besondersemanier hul deel vangemeenskapsdiens aan dieplaaslike skool gelewer.

Skool, ouers, kinders vat hande

DIE personeellede van die Laerskool Vanzylsrus.

} JoanieBerghSOUTHAFRICANSrecentlycelebratedMandela Day.ThegovernmentencouragedSouth Africansto give 67minues oftheir time to

help changetheircommunitiesand the countryfor the better.That is exactlywhat residentsof Kurumandid.On 18 July theKurumanHospitalbecame themain focus fordifferent bodiesto dosomethinggood forhumanity andto give back tothe community.Members ofthe SouthAfricanNationalDefence Force(SANDF), theDemocra-ticNursingOrganisation ofSouth Africa(Denosa), theDepartment ofHealth, thelocalmunicipalitiesand theKuruman FETCollege joinedtogether toclean up thepremises ofwhat isreferred to asthe “dirtiesthospital in theNorthernCape”.ThandekaMsibi, seconddeputypresident ofDenosa, saidthe KurumanHospital was ina bad statebecause ofgovernmentpolicies notbeingimplementedcorrectly andnot enoughresources andmanpowerbeing availableto the hospital.“We decided toclean up thehospital afterwe saw theneed here andthe health riskit holds,” shesaid.“This is onlyone of manycommunityprojectsDenosa,together withthe SANDF,has launched.“This is not aone-dayproject. Ourcommitmenttowards thecommunitydoes not stopon 18 July.”More than 100members tookthe hospital’spremises bystorm, armedwith gloves,black plasticbags and rakesas they cleanedthe groundsand washed thehospital’swindows.Evendignitariesfrom both theGa-Segonyanaand the JohnTaoloMunicipalitiesgot their handsdirty, all in thespirit ofcelebrating andhonouring thelegacy offormerpresidentNelsonMandela.

Kuruman honoursMadiba’s legacy

MEMBERS of Denosa, the SANDF and theKuruman FET College took hands to clean upthe premises of the Kuruman Hospital forMandela Day. From the left are Thandeka Msibi(second deputy president, Denosa), SergantSnage Mkhulise (SANDF) and Henry September(Kuruman FET College). Photo: Joanie Bergh

Page 11: Kuruman bulletin 25 julie 2013

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013 11

MEVMARIOLIVIER

(LOCKE), skakelassebliefvirBarbaraBouwerby 011825 3655/6/7/8i.v.m.CarelMarais.

2013-SPILPUNT-mielierestebale,plusminus180 kg.R160 perbaal. Met

netomhulsel.Bloemfontein-omgewing. SkakelFourie083 309 3008.AANDAG: ALLEGROOTMANS!Grootnommersin

winkelbeskikbaar.Kontantafslaggewaarborg.Specialsvir dieweek!Uitgesoekvir diesomer.Kortmouhemde -R100Kortbroeke - R150The Nu-Shop,PalmGate-sentrum,Hoofstraat, Kuru-man.Tel.053 712 1264.

Page 12: Kuruman bulletin 25 julie 2013

12 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013

MIS TEKOOP:KurumanSkouterrein. Agterkleinvee-krale.R15/sakof R150/bakkievrag. SkakelAlbie083 440 1355.

OPREGTELABRADOR-hondjieste koop.8 wekeoud eningeënt.R990 elk.

Skakel084 651 3000.YORKIE-REUNTJIES tekoop.KanKUSAregistreer.

Skakel082 819 0767.

CO

LU

MB

IA-9

-10

-08-K

B-L

H

ColumbiaCarpets/Blinds

053 712 1961

053 712 2068

ELEKTRIESEHEININGSBeveiligueiendom.Vir pro-

fessionelegeakrediteerde in-stallasies.SkakelFrancois072 156 4035.HEKMOTORHERSTELENINSTALLASIES.Geakrediteerdeinstalleerders.SkakelOkker082 829 0292.

AUBREY'SINDUST

RIALSERVICE&PROJECTSCCYourhome-maintenanceproblemssolved.Specialising in:Newbuildings,renovations,painting,paving,tiling,plastering, roofingandceilings.FREEQUOTATIONAubrey071 926 5455 or082 063 0281.Joseph071 094 8677. 3242SecondStreet,Sisheng,Kathu.

Die gebruik van die letter

, leestekens soos

of of die gebruik van

syfers met die doel om dieadvertensie na die bopuntvan die klassifikasie-lys teskuif, is streng verbode.

"A" "!"

"*"

SMALLS NOTICE

AANDAGALLE

ADVERTEERDERS

Page 13: Kuruman bulletin 25 julie 2013

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013 13

KENNIS VAN OMGEWINGSGOEDKEURING

ARRIESFONTEIN GEKONSENTREERDESONTERMIESE KRAG AANLEG.

DOS-VERW.: 12/12/20/2646

Kennis word hiermee gegee kragtens die Omgewingsimpakbepaling (OIB) Regulasies wat verskynin Regeringskennisgewings Nr. R543 tot 546 (2010), afgekondig ingevolge Artikel 24(5) van die Wet opNasionale Omgewingsbestuur (Wet Nr. 107 van 1998) en die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Afval(Wet Nr. 59 van 2008) van die goedkeuring van die bogenoemde projek.

Na aanleiding van die hersienning van die Omgewingsimpakbepalingsverslag vir die projek het dieDepartement van Omgewingsake (DOS), ‘n Omgewingsgoedkeuring uitgereik gedateer 14 Julie 2013. ‘nKopie van die Omgewingsgoedkeuring, met die redes vir die goedkeuring asook die projek voorwaardes, isverkrygbaar by die WorleyParsons veteenwoordiger by die kontak besonderhede hieronder.

Persone wat will appeleer teen die goedkeuring van die projek, kan so doen in terme van die voorsieningsvan Hoofstuk 7 van OIB R 543. Die voorneme om te appelleer mag geplaas word by die Minister binne20 dae (3 Augustus 2013) vanaf die datum van die uitreiking van die goedkeuring deur enige van dieonderstaande metodes:

Faks: 012 320 7561;

Pos: Privaatsak X447, Pretoria, 0001; of

Afgelewer: 2de Vloer, Fedsure Gebou, North tower, Hoek van. Lillian Ngoyi (Van der Walt) and PretoriusStrate, Pretoria

Kontak WorleyParsons gerus indien u enige navrae sou he oor die goedkeuring van die projek.

WorleyParsons RSAMr. Francois Humphries

Posbus 22Menlyn, 0063Telefoon: 012 745 2090Faks: 012 745 2001E-pos: [email protected]

Die gebruik van die letter

, leestekens soos

of of die gebruik van

syfers met die doel om dieadvertensie na die bopuntvan die klassifikasie-lys teskuif, is streng verbode.

"A" "!"

"*"

SMALLS NOTICE

AANDAGALLE

ADVERTEERDERS

Page 14: Kuruman bulletin 25 julie 2013

14 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013

Page 15: Kuruman bulletin 25 julie 2013

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013 15

DIT is die eerstekeer in diegeskiedenis dat ’nnetbalspan van dieNoord–Kaap onderdie topdrienetbalspanne in dieland in die Suid-Afrikanseskolenetbaltoernooieindig en boonop’n silwermedaljehuis toe bring. Diespan het ondermeer vir Lynx(Vrystaat), Impala(Noordwes),Namibia en Inyathi(Oos-Kaap)geklop.Wat dieprestasie nogmerkwaardigermaak, is dat agtvan die meisies uitdie ou VanDrutenstreek,naamlik Seodin,Kathu,Postmasburg enLime Acres,kom.KarenByleveld is dieafrigter van Seodinse eerstenetbalspan.

Span maakgeskiedenis

CHANÉWILLIAMS is eenvan die LaerskoolSeodin se o.12-spelers.

DRIE leerlinge van dieLaerskool Seodin isingesluit in die Suid-Afrikaanse o.12- en o.13-skolenetbalspanne.VirChané Williams (o.12),Lounari Lamprecht enBianca Brits (o.13) was dit’n besonderse ervaring.Die toernooi het in dieJunie-skoolvakansie opMargate plaasgevind. Diespanne het baie goedgevaar. Die o.12- Robyne-span het tweedegeëindig.Karen Lamprechthet as skeidsregtersaamgegaan en is daargegradeer. Sy het haarSuid-Afrikaanse C+-gradering behaal.

Drie deel vanSAspanne

KAREN LAMPRECHT

DIE o.12A-netbalspan van die Laerskool Seodin hettweede in die uitdaag-toernooi geëindig waaraan diestreek se eerste- en tweedeligawenners deelneem. Diespan gaan van Donderdag tot Saterdag aan die Suid-Afrikaanse skolekampioenskappe in Boksburgdeelneem. Die spelers is van links, voor: DaniellePieterse, Annarene Smit, Karen Lamprecht(hulpafrigter), Sonique Markram (afrigter), Juné Ellisen Chané Williams; agter: Madri Niewoudt, MarelieHanekom, Olorato Molaolwa, Jané van Rensburg enCara le Roux.

Page 16: Kuruman bulletin 25 julie 2013

16 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 25 JULIE 2013

DIE LaerskoolSeodin het onlangsdie jaarlikse VanDruten- rugby- en-netbaleindstrydeop Seodinparkaangebied.Altesaam 18rugby- en 20netbalspanne vanoor die streek heenhet aan dieeindstrydedeelgeneem. Al diespelers het hultalent ten toongestel en rugby ennetbal vanhoogstaande

gehalte is gespeel.Dié dag was ’nreuse-sukses.Elkespeler het ná elkewedstryd ’nmedalje ontvangen die wenspanhet ’n skildgekry. LivingBall, ’n organisasiewat die Woordonder sportmanneen -vroue versprei,het ekstra kleuraan die eindrondesgegee.Daar is ookin die eindstrydegeskiedenisgemaak. Die eerstekeer in VanDruten-laerskole segeskiedenis het ’nlaerskole-meisiehokkiewedstryd plaasgevind.Die eerste spannevan Seodin enKathu het teenmekaar kragtegemeet en Seodinhet diégeskiedkundigewedstryd met 2-1gewen. Ná diewedstryd het dieLaerskool Seodin,namens Suid-Afrikaanse hokkie,’n sak methokkietoerustingaan die LaerskoolKathu oorhandig.Ná die dag sewedstryde het dieeregaste enbeamptes saam indie skoolsaalgekuier.Hier volgdie dag seuitslae:Rugby: A-liga:o.9: Seodin 7– Kathu 0o.11:Seodin 20 – Kathu5o.13: Seodin 10 –Kathu 5Netbal: A-liga:o.9: Seodin 8– Posmansburg4o.10: Seodin 1 –Kathu 0 (SuddenDeath)o.11: Seodin10 – Kathu 0o.12:Kathu 12 – Seodin11o.13: Kathu 13 –Seodin 11Rugby:B-liga:o.9: LimeAcres/Daniëlskuil15 – Hotrock7o.11: Kuruman 29– Kathu 0o.13:Kathu 7 – LimeAcres/Daniëlskuil5 Netbal: B-liga:o.9: LimeAcres 4 – Kathu3o.10: Danielskuil9 – Seodin 4o.11:Sishen 7 – LimeAcres 4o.12:Danielskuil 8 –Kathu 5o.13:Sishen 6 – LimeAcres 4Rugby:Plaateindstryde:o.9B: Sishen 12 –Kathu 7o.11B: –Sishen 10 – Seodin0o.13B: – Seodin20 – Kathu 0

Sportfees gesien in eindstryde

DIE eerste netbalspanne van dieLaerskole Seodin en Kathu het ’nspanningsvolle wedstryd opgelewer.Foto’s: Joanie Bergh

HIER speel die LaerskoleSeodin en Kathu se eersterugbyspanne teen mekaar.

DIE Laerskool Seodin klop die LaerskoolKathu met 10-5.