26
CFPA Canning Fruit Producers' Assoc. Submit to: Wiehahn Victor PO Box426 Paarl, 7620 Tel: +27(0)21 872 1501 [email protected] DFPT Deciduous Fruit Producers' Trust Submit to: Louise Liebenberg Suite 275, PostnetX5061 Stellenbosch, 7599 Tel: +27 (0)21 882 8470/1 [email protected] DFTS Dried Fruit Technical Services Submit to: Dappie Smit PO Box 426 Paarl, 7620 Tel:+27 (0)21 872 1501 [email protected] Winetech Submit to: Jan Booysen PO Box 825 Paarl, 7624 Tel: +27 (0)21 807 3324 [email protected] Indicate (X) client(s) to whom this final report is submitted. Replace any of these with other relevant clients if required. FINAL REPORT FOR 2004/05 PROGRAMME & PROJECT LEADER INFORMATION Title, initials, surname Present position Address Tel. /Cell no. Fax E-mail Programme leader Dr. J. Steenkamp Bestuurder: Wingerdkunde Privaatsak X5026 Stellenbosch 7599 (021)809 3200 (021) 809 3002 steenkampj@)arc.agric.za Project leader Mnr. C. G. Volschenk Navorser: Wingerdkunde Privaatsak X5026 Stellenbosch 7599 (021) 809 3166 (021)809 3002 volschenkn(2)arc.aqric.za PROJECT INFORMATION Project number WW 12/13 Project title Ondersoek na terugsterwing van jong wingerde langs die Benede- Oranjerivier soos geassosieer met vertraagde bot en/of groei. Industry programme CFPA DFPT DFTS Winetech Other X X X Fruit kind(s) Druiwe Start date (dd/mm/yyyy) 01/04/1997 End date (dd/mm/yyyy) 31/07/2005

FINAL REPORT - SAWIS library · dormante siklus van die wingerdstok deur eksteme faktore belemmer word, kan dit tot die ... treatments, experimental layout and statistical detail,

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: FINAL REPORT - SAWIS library · dormante siklus van die wingerdstok deur eksteme faktore belemmer word, kan dit tot die ... treatments, experimental layout and statistical detail,

CFPACanning Fruit Producers' Assoc.

Submit to:

Wiehahn VictorPO Box 426Paarl, 7620

Tel: +27(0)21 872 1501

[email protected]

DFPTDeciduous Fruit Producers' Trust

Submit to:

Louise LiebenbergSuite 275, PostnetX5061

Stellenbosch, 7599Tel: +27 (0)21 882 8470/1

[email protected]

DFTSDried Fruit Technical Services

Submit to:

Dappie SmitPO Box 426Paarl, 7620

Tel:+27 (0)21 872 1501

[email protected]

Winetech

Submit to:

Jan BooysenPO Box 825Paarl, 7624

Tel: +27 (0)21 807 3324

[email protected]

Indicate (X) client(s) to whom this final report is submitted.Replace any of these with other relevant clients if required.

FINAL REPORTFOR 2004/05

PROGRAMME & PROJECT LEADER INFORMATION

Title, initials, surnamePresent positionAddress

Tel. /Cell no.FaxE-mail

Programme leaderDr. J. SteenkampBestuurder: WingerdkundePrivaatsak X5026Stellenbosch 7599(021)809 3200(021) 809 3002steenkampj@)arc.agric.za

Project leaderMnr. C. G. VolschenkNavorser: WingerdkundePrivaatsak X5026Stellenbosch 7599(021) 809 3166(021)809 3002volschenkn(2)arc.aqric.za

PROJECT INFORMATION

Project number WW 12/13

Project title Ondersoek na terugsterwing van jong wingerde langs die Benede-Oranjerivier soos geassosieer met vertraagde bot en/of groei.

Industryprogramme

CFPADFPTDFTSWinetechOther

XXX

Fruit kind(s) Druiwe

Start date (dd/mm/yyyy) 01/04/1997 End date (dd/mm/yyyy) 31/07/2005

Page 2: FINAL REPORT - SAWIS library · dormante siklus van die wingerdstok deur eksteme faktore belemmer word, kan dit tot die ... treatments, experimental layout and statistical detail,

FINAL SUMMARY OF RESEARCH PROJECT

PROGRAMME & PROJECT LEADER INFORMATION

Title, initials, surnameInstitutionTel./Cell no.E-mail

Programme leaderDr. J. SteenkampARC Infruitec-Nietvoorbij(021)809 [email protected]

Project leaderMr. C. G. VolschenkARC Infruitec-Nietvoorbij(021)809 [email protected]

PROJECT INFORMATION

Project number | WW 12/13

Project title Investigation of dying back of young vines along the Lower OrangeRiver Area as associated with delayed budding and/or growth.

Fruit kind(s) Grapes

Start date (dd/mm/yyyy) 01/04/1997 End date (dd/mm/yyyy) | 31/07/2005

The dying back of young vines, delayed budding and retarded growth of young and full-bearing vines is a common phenomenon in the Lower Orange River Area which has hugefinancial implications. Green house studies were conducted in order to understand thephenomenon better. A good relation between root development and vegetative growth wasfound for vines cultivated in nutrient solutions at different temperatures. High temperaturesincreased root development and growth which, in turn resulted in higher vegetative growth,while low temperatures prevented or reduced root development and growth resulting in poorvegetative growth. It seems that a minimum temperature of 15°C is required at which rootdevelopment and growth, although slowly, occurs to prevent retarded vegetative growth.The average soil temperature on the experiment farm during budding is also about 15°C anda decrease in soil temperature due to a decrease in air temperature and irrigation, couldprevent root development and growth and therefore increase the risk of growth arrestmentphemonenon (GAP). During the first four weeks the starch content of the scion androotstock of vines cultivated at higher nutrient solution temperatures was reduced by ±50%,being utilized for budding, vegetative growth and root formation. Low carbohydrate reservesin vines could also reduce budding, vegetative growth and root formation and result in GAP.

Luxurious nitrogen fertilization of 300 kgN/ha/year initially, and 500 kgN/ha/year later duringthe investigation, increased the nitrate content for the soil, the nitrogen content of the canes,leaf blades and petioles and it increased vegetative growth. This did not increase theoccurrence of GAPin this specific vineyard. An investigation of another vineyard, however,revealed that luxurious nitrogen fertilization could increase GAP. Climatological studiesindicated that, during years in which severe frost occurred during autumn, GAP is likely tooccur during spring as a result of insufficient carbohydrate accumulation.

GAP is a common phenomenon in the Lower Orange River Area and producers must acceptthat it will occur sporadically. There is no quick cure for this problem, but vineyard selection,careful nitrogen fertilization, reduction in vegetative growth during autumn and frost controlcould reduce the risk of GAP.

Page 3: FINAL REPORT - SAWIS library · dormante siklus van die wingerdstok deur eksteme faktore belemmer word, kan dit tot die ... treatments, experimental layout and statistical detail,

Final report 3

FINAL REPORT(Relevant publications may replace the final report)

1. Problem identification and objectivesState the problem being addressed and the ultimate aim of the project.

Die terugsterwing van Jong wingerdstokkies en die groeistilstandverskynsel (GSV), ookbekend as groeistilstandsiekte, kom algemeen in die Benede-Oranjeriviergebied voor.Sedert die eerste aanplanting van Sultanina op die laagliggende binne gronde van diestreek, kom die verskynsel sporadies voor en is daar reeds vanaf die vyftigerjare baie oor dieverskynsel gerapporteer. Die verskynsel is nie uniek aan die Benede-Oranjeriviergebied nie,maar kom ook voor in die VSA (Kalifornie) waar dit as "Spring fever", asook in Australie waardit as "Restricted Spring Growth" bekend staan. Die GSV in die Benede-Oranjeriviergebiedhet groot oesverliese, van tot 80% tot gevolg gehad. Aanvanklik het die GSV net op diebinne gronde voorgekom, maar met die groot wingerduitbreiding in die streek en tesame metverbouingspraktyke, kom dit ook op die buite gronde voor. Alle kultivars en onderstokkeword deur GSV beinvloed, maar dit biyk dat die gebruik van 143B Mgt as onderstok die GSVtot 'n mate kan beperk. Dit blyk dat die GSV drie uit tien jaar met emstige gevolge in diestreek kan voorkom.

Die verskynsel manifesteer in verskillende simptome. By jong stokkies kom terugsterwingmeestal binne drie tot vier jaar na plant gedurende die laat winter voor. Die terugsterwingvind plaas in 'n afwaartse rigting vanaf die vleglote tot bokant die grondoppervlakte.Gedurende die lente groei 'n aantal sterk lote weer onderkant die dooie stam uit. In emstigegevalle kan die hele stok vrek.

Gedurende die lente kan ogies op 'n loot onegalig uitbot en a.g.v. baie dooie of onuitgebotteogies daarop 'n wit voorkoms aan die loot gee (Witlootverskynsel). Lote kan ook meereweredig uitbot, maar voor of tydens blom kom lootgroei tot stilstand (Groeistilstand). Blarevan aangetaste stokke is donkerder van kleur en soms vervorm, terwyl die lootjies verkorteintemodiums het en sonder 'n aktiefgroeiende groeipunt is. Gedurende die periode kandonker nekrotiese sones op die blomtrosse ontwikkel en die blomtrosse gedeeltelik beskadigof veroorsaak dat dit heeltemal verdroog en afval (Swarttrossimptoom). Indien GSV in 'nvroee stadium van lootgroei voorkom, kan die groeipunt van die loot doodgaan en kan dieblomtrossie ook heeltemal verdroog en afval (Vaaltrossie-simptoom). Die GSV kan ook opoenskynlike normaal groeiende lote voorkom deurdat blomtrosse swart word en/of afspeentot net die blomtrosstingel oorbly. Ouer blare van aangetaste stokke vertoon ook meestalolie-agtige blink vlekke op die boonste oppervlak en tesame met blare wat na bo krul dui ditop oormatige geil groeitoestande.

Verskeie faktore, of 'n kombinasie daarvan, speel 'n rol in die voorkoms van die GSV. Dieklimaat van die Benede-Oranjeriviergebied is waarskynlik een van die belangrikste faktore.In vergelyking met Stellenbosch, is die groot temperatuurverskille tussen die somer enwinter, asook die tempo van daling vanaf die somer na winter opvallend. Hoe temperature indie herfs veroorsaak dat wingerde tot laat in die herfs steeds aktief groei en beperkte tyd laatvir die opbou van koolhidraatreserwes. Die voorkoms van die eerste ryp kan hierdie opbouvan reserwes ernstig benadeel, veral indien dit baie vroeg in die herfs voorkom. Hoedagtemperature aan die begin van die lente veroorsaak dat stokke bot en begin groei, maardie lae nagtemperature veroorsaak dat grondtemperature laag bly wat wortelaktiwiteit beperkwat sodoende nie volgehoue groei kan ondersteun nie.

'n Tekort aan kalium is ook met GSV geassosieer, maar dit blyk egter dat dit nie 'n direkteoorsaak is nie, maar die gevolg van oormatige stikstofopname vanuit die vrugbareslikgronde. Gedurende die na-oes periode bevorder luukse stikstofopname oormatigevegetatiewe groei wat die opbou en die mobilisering van koolhidraatreserwes vertraag. Die

Page 4: FINAL REPORT - SAWIS library · dormante siklus van die wingerdstok deur eksteme faktore belemmer word, kan dit tot die ... treatments, experimental layout and statistical detail,

Final report 4

opbou en die mobilisering van koolhidraatreserwes kan ook beperk word deur strestoestandewat ontstaan a.g.v. die voorkoms van siektes in die na-oes periode en swakbesproeiingskedulering gedurende die herfs en winter.

Die bogenoemde faktore het egter 'n invloed op die wingerdstok se fisiologiese prosesse enhierdie prosesse sal uiteindelik bepaal of die GSV sal voorkom of nie. Voldoende stikstof- enkoolhidraatreserwes in die lote, stam en wortels van 'n wingerdstok word benodig vir normalewinterrus, bot en aanvanklike vegetatiewe - en reproduktiewe groei, asook vir wortelgroeivan die stok. Gedurende die eerste vier weke vanaf bot word ±50% van die stok sestyselreserwes verbruik. Vir die eerste vier tot ses weke na bot, vind groei slegs op reserwesplaas totdat voldoende blare en wortels gevorm het om aan die stok se voedingsbehoeftes tevoorsien. Onder normale toestande behoort 'n stok vir tien weke op reserwes te kan groei.Gedurende die warm groeiseisoen beweeg voedingstowwe hoofsaaklik opwaarts na diegroeipunte wat vegetatiewe groei ondersteun, maar onder normale kouer na-oes toestandebehoort voedingstowwe afwaarts na die stamme en wortels te beweeg vir reserweakkumulasie. Hierdie proses vind egter nie normaal in die Benede-Oranjeriviergebied plaasnie deurdat stokke aktief groei tot laat in die warm herfs.

Gedurende die winter verkeer wingerdstokke in dormansie, 'n rustoestand om koue periodeste oorleef. Dormansie begin reeds met blaarveroudering in die laat somer of herfs.Houtrypwording vind reeds vanaf Desember/Januarie plaas deurdat lote vanaf hulle basissebegin rypword en verkleur. In die Benede-Oranjeriviergebied vind aktiewe lootgroei tot laatin die herfs plaas en is in direkte kompetisie met die akkumulasie van reserwes in die ouerdele van die lote, stamme en wortels. Met die aanvang van die winter word onoplosbarestysel wat in die stokke geakkumuleer het, na oplosbare suikers omgeskakel. Hierdie hoesuikerkonsentrasie beskerm weefsel teen vriesskade. 'n Stok waarvan die hout goed rypgemaak is, d.w.s. met voldoende reserwes en waar die omsetting van stysel na suiker reedsplaasgevind het, kan temperature van tot -15°C sonder beskadiging verduur. Aan die eindevan die winter vind die teenoorgestelde koolhidraatomsetting plaas, m.a.w.. suikers wordweer na stysel terug omgeskakel. Hierdie stysel wat in die na-oes periode gesintetiseerword, is dan ook die eerste koolhidrate wat verbruik word met die aanvang van die nuwegroeiseisoen vir bot en aanvanklike vegetatiewe groei. Indien die normale groei - endormante siklus van die wingerdstok deur eksteme faktore belemmer word, kan dit tot diefisiologiese abnormaliteit wat as GSV bekend staan, aanleiding gee.

Terugsterwing van jong wingerdstokke asook vertraagde bot en/of groei wat sporadies in dieBenede-Oranjerivier voorkom lei jaarliks tot groot finansiele verliese. Wingerde moet ook dusmeer gereeld hervestig word. Die doel van die ondersoek was om van die faktore betrokke byterugsterwing en vertraagde bot en/of groei van wingerde langs die Benede-Oranjerivier verderte ondersoek en om bestuurspraktyke te vestig waardeur die verskynsel beperk kan word.

2. Workplan (materials & methods)List trial sites, treatments, experimental layout and statistical detail, sampling detail, cold storage andexamination stages and parameters.

Die ondersoek is in die volgende drie dele uitgevoer:

1. GlashuisstudieWingerdstokkies van Sultanina/143B Mgt, Colombar/101-14 Mgt en Colombar/99 Richter is in'n glashuis in 50 L Hoagland voedingsoplossing met temperature van 5, 10, 15, 20 en 25°Conderskeidelik gekweek, asook in 'n oplossing waarvan die temperatuur nie beheer is nie.Elke behandeling is vyf maal herhaal en twaalf stokke van elke entkombinasie is vir elkeherhaling gebruik. Voedingsoplossings is weekliks vervang, daagliks tot volume aangevul, endeurgaans belug. Slegs twee lote per stokkie is ontwikkel en vertikaal opgelei.Lugtemperatuur in die glashuis is gereguleer om temperature van die Benede-Oranjeriviergebied tydens bot te simuleer. Styselinhoud van stokkies is voor plant bepaal.

Page 5: FINAL REPORT - SAWIS library · dormante siklus van die wingerdstok deur eksteme faktore belemmer word, kan dit tot die ... treatments, experimental layout and statistical detail,

Final report 5

Vegetatiewe - en wortelgroei is deurlopend gemonitor deurdat twee stokkies per herhaling elketwee weke destruktief gemonster is. Styselinhoud van die entjies en onderstokke is ook ophierdie stokkies bepaal. Die ondersoek is twee keer herhaal.

2. VeldproefEksperimentele wingerde van Sultanina/143B Mgt en Colombar/101-14 Mgt met plantafstandevan 3 x 2 m en 3 x 1.5 m, onderskeidelik, is op die Eiland-proefplaas te Upington gevestig.Grondvoorbereiding is volgens Nietvoorbij-aanbevelings toegepas. Sultanina-stokke is op 'ngewelstelsel opgelei, terwyl die Colombar-stokke op 'n T-stelsel opgelei is. Voor die aanvangvan die tweede groeiseisoen is die volgende drie besproeiingsbehandelings op persele vanvier rye met 14 stokke per ry (56 stokke per perseel) uitgevoer: 11: Besproei ses weke voorbot en twee weke na bot - lae grondwaterinhoud (GWI) tydens bot. 12: Besproei volgensgewasfaktore. 13: Besproei twee weke voor bot, tydens bot en twee weke na bot - hoe GWItydens bot. Gedurende die res van die jaar is die wingerde volgens gewasfaktore besproei.Binne elke besproeiingsbehandelingsperseel is die volgende twee bemestingsbehandelings op'n perseel van tien stokke toegepas: F1: Geen N-bemesting, en F2: Dien 150 kg N/ha aandie begin van die groeiseisoen en 150 kg N/ha in die na-oesperiode toe. Vanaf die 2001-groeiseisoen is die totale bemestingsbehandeling van 300 kg N/ha/jaar tot 500 kg N/ha/jaarverhoog. Stikstof is in die vorm van kalksteen-ammoniumnitraat (28%) (KAN) in driepaaiemente gedurende Maart tot April en ook in drie paaiemente gedurende Oktober totDesember toegedien. Elke behandelingskombinasie is vyf maal herhaal. Gedurende snoei enoes is die anorganiese stikstofinhoud van die grand in elke perseel bepaal. Klimatologiesedata is versamel en grondvog en -temperatuur op dieptes van 300, 600, 900 en 1200 mmgemeet. Vegetatiewe groei is deur die seisoen geevalueer terwyl oes- en lootmassas tydensrypheid en snoei bepaal is.

3. VeldopnameVerskeie wingerde in die Benede-Oranjeriviergebied waar terugsterwing en vrektes vanstokke en groeistilstand (GS) by stokke voorgekom het, is besoek om meer inligting t.o.v. dieoorsake van die probleem te bekom. Wingerde waar terugsterwing, vrektes en GS moontlikkon voorkom is vervolgens geldentifiseer en vleglote is tydens die winter uit vier perselebinne die wingerde versamel en vir styseiinhoud ontleed. Groei van stokke en die voorkomsvan terugsterwing, vrektes en GS van stokke in die persele is in die daaropvolgendegroeiseisoen gemonitor om 'n verband tussen die styselinhoud van die stokke en dievoorkoms van GS te bepaal.

3. Results and discussionState results obtained and list any benefits to the industry. Include a short discussion if applicable to your results.This final discussion must cover ALL accumulated results from the start of the project, but please limit it to essentialinformation.

1. Glashuisstudie'n Gunstige glashuistemperatuur van 28CC bedags het veroorsaak dat meesteSultanina/143B Mgt-stokkies, ongeag die temperatuur van die voedingsoplossings, binne tiendae na plant reeds uitgebot het. Dit dui daarop dat die genetiese seisoenale groeipatroon 'noorheersende invloed op die botproses het. Hierdie verskynsel kan ook onder veldtoestande,onafhanklik van grondtemperatuur, plaasvind. Volgehoue vegetatiewe groei na bot is egterdeur die temperature van die verskillende voedingsoplossings bepaal. Geringe verskille t.o.v.vegetatiewe groei het reeds twee weke na vestiging voorgekom, terwyl hoogs betekenisvolleverskille aan die einde van die groeiperiode tussen behandelings voorgekom het (Fig. 1-3).

Page 6: FINAL REPORT - SAWIS library · dormante siklus van die wingerdstok deur eksteme faktore belemmer word, kan dit tot die ... treatments, experimental layout and statistical detail,

Final report 6

Hoewel duidelike visuele verskille voorgekom het, het die totale varsmassa van nuwevegetatiewe groei (varsmassa van nuut gevormde hoof- en sylote, blaarskywe, blaarstele enrankies) twee weke na vestiging min tussen die behandelings verskil (Fig. 1). Hierna hetbeperkte vegetatiewe groei by die stokkies van die 5°C- en 10°C-behandelings voorgekom.Die nuwe blaartjies en lootjies wat by hierdie twee behandelings ontwikkel het, het na tweeweke nie verder ontwikkel nie en dit het tot aan die einde van die groeiperiode die verdwergdevoorkoms behou. Aan die einde van die groeiperiode was sommige van hierdie blaartjiesheeltemal verdroog. 'n Geringe toename in nuwe vegetatiewe groei het gedurende diegroeiperiode by die 15°C-behandeling voorgekom. Groter toenames in die varsmassa vannuwe vegetatiewe groei het egter by die kontrole en die 20°C-behandeling as by die 15°C-behandeling voorgekom. Aanvanklik was die toename hoer by die kontrole, maar aan dieeinde van die groeiperiode was dit hoer by die 20°C-behandeling. Dit is moontlik veroorsaakdeur die temperatuur van die voedingsoplossing van die kontrole wat tussen 17°C snags en23°C bedags gewissel het, en wat 'n negatiewe effek op vegetatiewe groei aan die einde vandie groeiperiode tot gevolg kon he. Beide die kontrole en die 20cC-behandeling was na agt entien weke betekenisvol hoer as die 5°C-, 10°C- en 15°C-behandelings, maar dit het ook aandie einde van die groeiperiode betekenisvol van mekaar verskil. Stokkies van die 25°C-behandeling het die grootste toename in varsmassa van nuwe vegetatiewe groei getoon enaan die einde van die groeiperiode was dit meer as dubbeld die by die 20°C-behandeling.

Die duidelike visuele verskille tussen behandelings wat reeds na twee weke voorgekom het,word verklaar deur die verskille (nie-betekenisvol) in die aantal blare wat na twee wekevoorgekom het (Fig. 2). Die totale aantal blare gedurende die groeiperiode vertoon 'nsoortgelyke patroon as by die varsmassa van nuwe vegetatiewe groei. Dit blyk egter dat dieaantal blare by die 5°C- en 10°C-behandelings 'n geringe toename tot week ses toon endaarna 'n afname tot aan die einde van die groeiperiode. Dit is waarskynlik veroorsaakdeurdat van die blaartjies verdroog en afgeval het. Die grootste aantal blare het reeds vanafweek twee by stokke van die 25°C-behandeling voorgekom, maar dit was eers na agt wekebetekenisvol hoer as by die 20°C-behandeling. Die kontrole en die 20°C-behandeling het minvanaf week twee tot week agt verskil, maar die aantal blare het wel op week tien betekenisvolverskil.

Soortgelyke groeipatrone is ook vir ander groeiparameters soos totale lootlengte (Fig. 3), dietotale oppervlakte van nuut gevormde blare en die varsmassa van die blare gevind (data nieaangetoon, 2000/2001 -Navorsingsverslag).

Die gunstige glashuistemperature het wel al die stokkies laat uitbot, maar die temperature vandie voedingsoplossing het egter wortelontwikkeling beheer (Fig. 4). Geen wortelontwikkelinghet gedurende die groeiperiode by die 5°C- en 10°C-behandelings voorgekom nie. Kort, dik,vlesige worteltjies het eers na vier weke by stokke van die 15°C-behandeling ontwikkel en dithet daarna 'n betekenisvolle toename in die varsmassa van nuut gevormde wortels t.o.v. die5°C- en 10°C-behandelings by week agt en tien getoon. Geen betekenisvolle verskille hettussen die kontrole en die 20°C-behandeling voorgekom nie, maar beide was betekenisvolhoer as by die 15°C-behandeling by week agt en tien. Wortelontwikkeling is deur die hoevoedingsoplossingtemperatuur bevoordeel en die meeste wortels het dehalwe by die 25°C-behandeling voorgekom. Ses weke na plant was die varsmassa van nuut gevormde wortelsvan stokke by die 25°C-behandeling betekenisvol hoer as by die 5°C-, 10°C- en 15°C-behandelings en na agt en tien weke ook betekenisvol hoer as by die kontrole en die 20°C-behandeling.

Dit is duidelik dat volgehoue vegetatiewe groei deur die temperatuur van dievoedingsoplossings beheer is. Hoogs betekenisvolle liniere verbande tussen die varsmassavan nuut gevormde wortels en die varsmassa van nuwe vegetatiewe groei en die totaleblaaroppervlakte respektiewelik, is gevind (Fig. 5 & 6). Die varsmassa van nuut gevormde

Page 7: FINAL REPORT - SAWIS library · dormante siklus van die wingerdstok deur eksteme faktore belemmer word, kan dit tot die ... treatments, experimental layout and statistical detail,

Final report 7

wortels het ook baie goed gekorreleer met die aantal blare, blaarmassa en lootlengterespektiewelik (data nie aangetoon, 2000/2001-Navorsingsverslag)

Groot hoeveelhede koolhidraatreserwes word benodig vir bot, aanvanklike vegetatiewe groeien wortelontwikkeling. Die styselinhoud van die entjies by die kontrole, 20°C- en 25°C-behandelings het met meer as 50% afgeneem gedurende die eerste vier weke na plant, maardie afname daarna was baie minder en het dit 'n toename by week tien getoon (Fig. 7). Dieafname in styseiinhoud van die entjies van die 5°C-, 10°C- en 15°C-behandelings was effensminder en meer geleidelik, en is eers na week ses of agt met 50% verlaag. Dit blyk egter asofdaar ook 'n verhoging in die styselinhoud van die entjies by die 15°C-behandeling na week agtvoorgekom het, terwyl dit redelik konstant gebly het by die 5°C- en 10°C-behandelings.Hoewel beperkte vegetatiewe groei by die 5°C- en 10°C-behandelings voorgekom het, blyk ditdat die stokkies gedurende die hele groeiperiode van styselreserwes afhanklik was om diegroei te ondersteun.

Die styselinhoud van die onderstokke van die kontrole, 20cC- en 25°C-behandelings het ook 'nskerp afname gedurende die eerste vier weke getoon. Die styselreserwes van die kontrole endie 20°C-behandeling het met meer as 50% afgeneem, terwyl die van die 25°C-behandelingmet ongeveer 70% afgeneem het (Fig. 8). Die afname was egter minder vanaf week vier totagt en oor die algemeen blyk dit ook dat die styselinhoud van die onderstokke 'n toename naweek agt getoon het. Hoewel geen nuwe wortels by die 5°C- en 10°C-behandelingsgedurende die hele groeiperiode gevorm het nie, het die styselinhoud van die onderstokke ookmet ongeveer 30% afgeneem. 'n Groter afname van ongeveer 45% het by die 15°C-behandeling tot week agt voorgekom, waarna 'n toename in die styselinhoud ook voorgekomhet.

Die grootste afname in die styselinhoud van beide die entjies en onderstokke het by die 25°C-behandeling voorgekom en dit is waarskynlik veroorsaak deur die sterker vegetatiewe groei enwortelontwikkeling wat by hierdie stokke voorgekom het (Fig. 1 - 4, 7 & 8). 'n Groothoeveelheid stysel is aan die begin van die groeiperiode vir aanvanklike vegetatiewe groei enwortelontwikkeling verbruik. Dit wil voorkom asof koolhidraatproduksie in die blare na sesweke voldoende was om in die plant se behoefte te voorsien en ook om 'n bydrae tot dieaanvulling van die styselpoel in die bo- en onderstok te kan maak.

Groeipatrone vir Colombar/101-14 Mgt en Colombar/99 Richter in die glashuisstudie wassoortgelyk aan die van Sultanina/143B Mgt en die data word dus nie hier weergegee nie(1999/2000-Navorsingsverslag, 2001/2002-Navorsingsverslag).

2. VeldproefDie eksperimentele Sultanina/143B Mgt-wingerd is in 1997 gevestig, terwyl die Colombar/101-14 Mgt-wingerd, weens 'n algemene tekort aan stokkies, eers in 1998 op die Eiland-proefplaaste Upington gevestig is. Die anorganiese stikstofinhoud van die grond (nitraat en ammonium)van die Sultanina-winderd gedurende die winters van 1999, 2000 en 2003 en tydens oestyd2000, 2001 en 2004 word in Tabelle 1 tot 6 aangegee. Hoewel 150 kg N/ha in Oktober 1998en weer in Maart 1999 toegedien is, was daar geen noemenswaardige verskille tussen dietwee bemestingsbehandelings gedurende Julie 1999 nie (Tabel 1). Die toegediende stikstofkon moontlik uitgeloog het a.g.v. die groot hoeveelhede water wat gelyktydig deurvloedbesproeiing toegedien is. Dit blyk dat die installering van 'n mikrospuit-besproeiingstelselvoor die 1999-groeiseisoen die probleem voorkom het deurdat betekenisvolle verskille tussendie twee bemestingsbehandelings voorgekom het nadat slegs 150 kg N/ha vanaf Julie1999 totFebruarie 2000 toegedien is (Tabel 2). Oor die algemeen het die nitraatinhoud van die F1-behandeling 'n groot toename oor die tydperk getoon, terwyl die ammoniuminhoud by beide F1en F2 'n afname getoon het. Hoewel 150 kg N/ha na Februarie 2000 toegedien is, het diegemiddelde nitraatinhoud baie min tot Junie 2000 toegeneem (Tabel 3). In teenstelling

Page 8: FINAL REPORT - SAWIS library · dormante siklus van die wingerdstok deur eksteme faktore belemmer word, kan dit tot die ... treatments, experimental layout and statistical detail,

Final report 8

hiermee het die anorganiese stikstofinhoud 'n drastiese afname vanaf Julie 2000 tot Januarie2001 getoon, ten spyte daarvan dat 150 kg N/ha in Oktober 2000 toegedien is (Tabel 4).

Vegetatiewe groei is min deur die 300 kg N/ha/jaar-bemestingsbehandeling verhoog endaarom is die F2-behandeling gedurende Oktober 2001 tot 500 kg N/ha/jaar verhoog. Grootverskille t.o.v. die nitraatinhoud van die grand het gedurende Julie 2003 en Februarie 2004tussen die twee bemestingsbehandelings voorgekom (Tabel 5 & 6). Aangesien die ondersoekin 'n somerreenvalstreek uitgevoer is, kan die toename van die anorganiese stikstofinhoud vandie grand by die F1-behandeling vanaf die winter tot oestyd waarskynlik deurdonderweeraktiwiteite gedurende oestyd veroorsaak geword het. Gedurende die ondersoekwas dit duidelik dat daar groot variasie in die data t.o.v. die anorganiese stikstofinhoud van diegrand was, wat moontlik die rede was vir die verskille tussen die besproeiingsbehandelings.Oor die algemeen is verwag dat die besproeiingsbehandelings nie die anorganiesestikstofinhoud van die grand baie sou beinvloed nie aangesien die totale hoeveelheid waterwat besproei is, nie baie tussen die behandelings verskil het nie.

Die effek van die bemestingsbehandelings op die winterlootmassa, stysel- en stikstofinhoudvan die lote, en die oesmassa en vry-ammino-stikstofinhoud (VAN) van die druiwe en diestikstofinhoud van die blaarskywe en blaarstele gedurende oestyd van die Sultanina-wingerdword in Tabel 7 aangegee. Ten spyte daarvan dat 300 kg N/ha/jaar tot aan die einde van die2000-seisoen en 500 kg N/ha/jaar vanaf die 2001-seisoen toegedien is, het vegetatiewe groeinie soos verwag, 'n groot toename getoon nie. Lootmassa was wel elke seisoen hoer, maarwas slegs in 2002 betekenisvol hoer by die F2-behandeling. Buiten die winter van 2003, wasdie styselinhoud van die lote hoer by die F1-behandeling en selfs betekenisvol hoer in 2000.Dit blyk tog dat die verhoogde vegetatiewe groei tot verlaagde styselinhoud van die winterloteaanleiding gee. In vergelyking met ander jare, was die styselinhoud van lote in 2001 vangesonde stokke en die wat GS-simptome in 2000 vertoon het, relatief hoog. Die stikstofinhoudvan die lote het net soos die styselinhoud daarvan baie tussen jare verskil. Dit het egter mintussen die twee bemestingsbehandelings verskil en was slegs in 2002 betekenisvol hoer bydie F2-behandeling. Soos verwag is, het die oormatige N-bemesting 'n verlaging in opbrengsveroorsaak, behalwe in die 2000/2001-seisoen waartydens ernstige GS 'n baie lae opbrengsveroorsaak het. Die volgende seisoen, 2001/2002, was die opbrengs baie goed. Hoewel niebetekenisvol nie, het die N-bemesting 'n duidelike verhoging in die VAN-inhoud van die druiweveroorsaak. Aan die begin van die ondersoek het N-bemesting min/geen effek op diestikstofinhoud van die blaarskywe en blaarstele gehad, maar in die 2002/2003- en 2003/2004-seisoene is die stikstofinhoud van die blaarskywe en blaarstele betekenis van verhoog deur dieoormatige N-bemesting. Dit stem ook ooreen met die verhoogde vegetatiewe groei wat tydensdie twee seisoene voorgekom het.

Gedurende die hele ondersoek het terugsterwing en GS slegs in 2000 in die tweeeksperimentele wingerde voorgekom. In Oktober 2000 het GS by ongeveer 45% van dieSultanina-stokke voorgekom, terwyl terugsterwing en GS by ongeveer 55% van die Colombar-stokke voorgekom het. Verder het ook meer as 15% van die Colombar-stokke heeltemalgevrek. Die voorkoms van terugsterwing en GS het egter nie soos verwag, tussen diebemestingsbehandelings verskil nie. Oor die algemeen is verwag dat bemesting van 300 kgN/ha/jaar, wat reeds as 'n groot oormaat beskou word, 'n baie groter reaksie op die groei vandie stokke sou he en moontlik terugsterwing en GS kon induseer, maar dit is duidelik uit dieparameters dat dit nie die geval was nie en dat die voorkoms van terugsterwing en GS, soos in2000, nie deur bemesting alleen beinvloed is nie. Bemesting van 500 kg N/ha/jaar het ook nietot die indusering van terugsterwing en GS gelei nie. Dit is duidelik dat die voorkoms van GSeerder aan klimaat gekoppel is.

Anorganiese stikstofinhoud van grand van die Colombar-wingerd is ook gedurende dieondersoek bepaal, asook die lootmassa, oesmassas, styselinhoud van winterlote en mineralesamestelling van winterlote, blaarskywe en blaarstele. Aangesien soortgelyke tendense by die

Page 9: FINAL REPORT - SAWIS library · dormante siklus van die wingerdstok deur eksteme faktore belemmer word, kan dit tot die ... treatments, experimental layout and statistical detail,

Final report 9

Colombar-wingerd as by die Sultanina-wingerd aangetref is en 'n groot aantal stokkegedurende 2000 gevrek net en stokke wat teruggesterf en GS-simptome vertoon het na tweejaar nog nie heeltemal herstel het nie, word die data van die Colombar-wingerd nie aangetoonnie (1999/2000- tot 2003/2004-Vorderingsverslae).

Grondtemperature speel 'n belangrike rol by wortelontwikkeling en is noodsaaklik vir volgehouevegetatiewe groei na bot (Fig. 1 - 8). Die gemiddelde daaglikse grondtemperatuur vir elkebesproeiingsbehandeling gedurende 2000 en 2001 op dieptes van 30 cm, 60 cm, 90 cm en120 cm word in Fig. 9 en Fig. 10 onderskeidelik aangegee. Omgewingstemperatuur het 'nduidelike effek op grondtemperatuur en was verantwoordelik vir die groot daaglikse wisselingin grondtemperatuur wat op die 30 cm diepte voorgekom het, terwyl verandering dieper in diegrond meer egalig was. Op 15 Julie 2000 (dag 197) het 'n skerp daling inomgewingstemperatuur voorgekom en tesame met die besproeiing op 20 Julie (dag 201) hetdie grondtemperatuur by al drie besproeiingsbehandelings op 30cm diepte met ongeveer 4°Cgedaal (Fig. 9). 'n Soortgelyke daling in grondtemperatuur van meer as 4°C het ook na 'nskerp afname in omgewingstemperatuur op 11 September (dag 254) en die besproeiing van14 September (dag 257) voorgekom. Die gesamentlike effek van 'n afname inomgewingstemperatuur en besproeiing is ook weerspieel op 60cm, 90cm en 120cmgronddieptes, maar die verlaging in die grondtemperatuur was meer egalig. Op 4 Augustus(dag 216) het die omgewingstemperatuur weer afgeneem en die grondtemperatuur op 30 cmdiepte het met slegs 2CC gedaal. Hierdie daling was ook duidelik in slegs die 60 cm diepte.Besproeiing alleen het egter 'n baie kleiner effek op die grondtemperatuur. Gedurende 2001het soortgelyke afnames op 9 Augustus (dag 221) en 10 September (dag 253) in dieomgewingstemperature voorgekom wat redelike dalings in grondtemperatuur veroorsaak het(Fig. 10). Tesame met die effek van die besproeiing het die temperatuur met 5°C vanaf 6Augustus (dag 218) op 30 cm diepte voorgekom. Hierdie afname was ook duidelik op 60 cmdiepte, maar in die dieper gronde was die effek baie minder. In die algemeen blyk dit dat diegrondtemperatuur gedurende 2000 baie meer verander het as gedurende 2001, veral in dievlakker dieptes (Fig. 9 & 10). In beide jare was die grondtemperature tydens bot ongeveer15°C, maar het daarna toegeneem en moes dus nie wortelontwikkeling ernstig benadeel hetnie (Fig 1 - 8). Dit blyk egter dat die gemiddelde grondtemperature oor al die dieptes tydensbot 1 tot 1.5°C hoer in 2000 as in 2001 was. Dit is interessant dat terugsterwing en GS slegsin 2000 in die wingerde voorgekom het.

Die daaglikse minimum temperature soos gemeet op die Eiland-proefplaas te Upington vanaf1 April tot 31 Oktober vir 1996 en 2000 tot 2004 word in Figuur 11 aangegee. Gedurende1996 en 2001 is bo-gemiddelde oeste behaal (A), terwyl GS algemeen in 2000 en 2002 (B),en lenteryp in 2003 en 2004 voorgekom het (C). Gedurende 1996 het die minimumtemperature eers in die middel van Junie die eerste keer tot onder vriespunt gedaal, maar dithet nooit gedurende die hele winter laer as -2.5°C gedaal nie. GS was gedurende hierdie tweejare baie beperk en produksie was ook besonder goed. Gedurende 2000 het die eerste rypreeds op 4 en 5 Mei voorgekom en die minimum temperatuur was vanaf 24 Mei tot 4 Juniedaagliks onder vriespunt. Gedurende die res van Junie en Julie was die temperatuur gereeldlaer as vriespunt, tot -7°C, en dit kan as 'n baie vroee en koue winter beskou word. GS heternstige produksieverliese in 2000 tot gevolg gehad. Gedurende 2002 het ryp ook vroeg inMei voorgekom, maar dit blyk dat dat die res van die herfs en winter nie so koud soos in 2000was nie. GS het ook in 2002 voorgekom, maar die graad daarvan was nie so ernstig soos in2000 nie. Gedurende 2003 het 'n "normale herfs" voorgekom met die eerste ligte ryp wat eersop 27 Mei voorgekom het. Indien net na die minimum temperature gekyk word, blyk dit datstokke reeds in rustoestand kon gewees het en nie deur die ligte eerste ryp op 27 Meibeskadig sou kon word nie. Die res van die winter was ook redelik matig. Die bogenoemdeinligting het daarop gedui dat GS beperk gedurende die 2003-seisoen sou voorkom, maar op 6September en op 22 September het die minimum temperatuur in die streek tot onder vriespuntgedaal. Ernstige simptome van rypskade het ook in die Sultanina-wingerd op die Eiland-proefplaas voorgekom en 'n drastiese daling in produksie veroorsaak. 'n Soortgelyke herfs- en

Page 10: FINAL REPORT - SAWIS library · dormante siklus van die wingerdstok deur eksteme faktore belemmer word, kan dit tot die ... treatments, experimental layout and statistical detail,

Final report 10

winter-patroon het gedurende 2004 voogekom. Op 8 en 9 September het die minimumtemperatuur tot -1.3°C en -0.4°C onderskeidelik gedaal wat ook tot die laer produksies konaanleiding gegee het, veral tafeldruif-wingerde wat op daardie stadium reeds almal uitgebothet. Hoewel geen simptome van rypskade by die Sultanina-wingerd op die Eiland-proefplaasvoorgekom het nie, was dit net voor bot en kon die trossies in die ontluikende ogies welbeskadig geword het.

Weerstasies in die Benede-Oranjeriviergebied is redelik ver uit mekaar gelee (±40 km) en dieweerdate verskaf nie noodwendig 'n getroue weergawe van die klimaat in die streek nie,aangesien groot klimaatsverskille binne 'n radius van 5 km kan voorkom. Verskille kan selfstussen naby gelee wingerdblokke voorkom. Verbouingspraktyke kan ook 'n groot rol speel,veral ten opsigte van die mikrokilmaat binne verskillende wingerdlowers. Temperatuurdata van'n aantal mini-weerstasies geplaas binne in die lowers wan verskeie wingerde vanaf Upingtontot Augrabies word in Tabel 8 aangegee. Groot verskille in temperatuur het tussen diewingerdlowers voorgekom. Gedurende Mei was die temperatuur in die lower van dieSultanina-wingerd op die Eiland-proefplaas [Upington (789m)] elf uur benede vriespunt, maardit is nie deur die weerstasie op die proefplaas wat 150 m vanaf die wingerd is en wat 1.5 mhoer as die wingerd is, geregistreer nie (Fig. 11). Die totale graadure waarby die temperatuurhoer as vriespunt was, was by Upington (789m) heelwat hoer as by Louisvale (774m),Kanoneiland (758m) en Keimoes (729m). Die temperatuur was by Ig. drie persele egter nooithoer as 40°C nie. By Keimoes (729m) was die totale graadure waarby die temperatuur hoeras vriespunt en hoer as 40°C was baie hoer by Keimoes (738m), al is die twee wingerde slegs800 m vanaf mekaar gelee. Die laerliggende Keimoes (729m)-perseel is op binne grondegelee, terwyl die hoerliggende Keimoes (738m)-perseel op buite gronde met 'n noordelikehelling gelee is.

In vergelyking met die Louisvale (774m)-perseel, was die Louisvale (782m)-perseel heelwatwarmer, veral gedurende Oktober en November, wat die perseel meer geskik maak virtafeldruifproduksie (Tabel 8). Die voorkoms van ryp aan die begin van die seisoen was ookbaie minder by die Louisvale (782m)-perseel. Die twee SMB-persele het dieselfde helling,maar is ongeveer 800 m vanaf mekaar en verskil met 22 m in hoogte bo seevlak. Redelikeverskille in temperature het voorgekom. Baie groot verskille het tussen die twee Augrabies-persele voorgekom. Soos verwag, was Julie die koudste maand, maar by Augrabies (665m)het die temperatuur gedurende Julie nooit onder vriespunt gedaal nie, terwyl dit wel in Junie enAugustus tot onder vriespunt gedaal het. Hoewel Januarie die warmste maand by al diepersele was, was die temperatuur by Augrabies (623m) agt uur lank in Maart hoer as 40°C en34 uur in Februarie by Augrabies (665m). Dit is duidelik dat groot mikro-klimaatsverskilletussen streke voorkom, maar ook tussen wingerde binne dieselfde streek.

3. VeldopnameWingerde langs die Benede Oranjerivier waarin 'n groot aantal stokke teruggesterf het en/ofwaar baie stokke GS-simptome vertoon het, is besoek om moontlike oorsake te vind. Daar salkortliks na drie wingerde verwys word.

a) Weens 'n tekort aan plantmateriaal is Colombar-stokke, geent op 99 Richter, 110 Richter en1103 Paulsen gebruik vir die vestiging van een blok wingerd in Louisvale. Gedurende dieeerste seisoen het stokke baie sterk gegroei en kon vier langdraers gedurende die winter op 'ngewel-prieelstelsel gevleg word. GS-simptome het gedurende die volgende seisoen byongeveer 50 % van Colombar-stokke met 99 Richter en 110 Richter as onderstok voorgekom,terwyl GS-simptome slegs by 5 % van die stokke met 1103 Paulsen as onderstok voorgekomhet. Bestudering van die wortelstelsels d.m.v. profielgate het getoon dat die wortelontwikkelingby 99 Richter en 110 Richter baie sterker as by 1103 Paulsen was.

Page 11: FINAL REPORT - SAWIS library · dormante siklus van die wingerdstok deur eksteme faktore belemmer word, kan dit tot die ... treatments, experimental layout and statistical detail,

Final report 11

b) Weereens a.g.v. 'n tekort aan plantmateriaal, is Sultanina geënt op 99 Richter in eengedeelte van 'n wingerblok geplant en Sultanina-plantlote (cuttings) in die res van die blok.Gedurende die eerste groeiseisoen het die ongewortelde stokke effens swakker as die geëntestokke gegroei. Aan die begin van die volgende seisoen het ongeveer 30 % van die geëntestokke tot bokant die entlas teruggevrek, by 20% het die hele stok gevrek, terwyl enkele stokkein die ongeënte deel GS-simptome vertoon het. Bestudering van die wortelstelsels m.b.v.profielgate het duidelik getoon dat wortelontwikkeling by die makstokke swakker as by diegeënte stokke was.

c) Stikstofbemesting, in die vorm van KAN, is aan die einde van die eerste groeiseisoenfoutiewelik slegs in 'n gedeelte van 'n wingerd toegedien en aangesien te veel in daardiegedeelte toegedien is, was nie meer KAN beskikbaar om in die res van die wingerd toe te diennie. In die gedeelte van die wingerd waar 'n oormatige hoeveelheid KAN wel toegedien is, hetterugsterwing by ongeveer 40% van die stokke voorgekom teenoor slegs 5% by die stokke watgeen KAN-bemesting ontvang het nie.

In die algemeen blyk dit dat die vegetatiewe groei van jong stokkies gedurende die eerstegroeiseisoen te lank voortgaan (ook in Wes-Kaap) en dat stokkies nie 'n voldoenderustoestand in die herfs bereik nie. Dit word veroorsaak deur goeie grondvoorbereiding, goeiekwaliteit plantmateriaal, en soms ook deur produsente wat stokkies so gou moontlik wil opleideur onoordeelkundige verbouingspraktyke, soos oormatige stikstofbemesting, toe te pas.Volgens hierdie drie ondersoeke blyk dit dat die voorkoms van terugsterwing, vrektes en GSverhoog is deur sterk vegetatiewe groei van jong stokkies gedurende die eerste groeiseisoen,veral in die herfs. Dit blyk noodsaaklik dat die oormatige vegetatiewe groei van stokkiesgedurende die eerste jaar beperk moet word, veral gedurende die herfs.

Drie wingerde wat gedurende 1999 gevestig is, is op die plase van mnre. D. Malan, C. Burgeren J.H. Brink tussen Keimoes en Upington geselekteer. Gedurende Julie 2000 is lote van 100gemerkte stokke in die wingerde ingesamel en vir stysel ontleed. Die groeitoestand van stokkeis gedurende Oktober van die betrokke jaar geëvalueer. Die groeitoestand van stokke met dieooreenstemmende styselinhoud van die lote vanaf 2000 tot 2003 word in Tabel 9 aangegee.

Die groei van die stokke by D. Malan was gedurende die 1999/2000-seisoen goed en meestestokke kon in Julie 2000 met twee tot vier langdraers op die prieelstelsel (meganiese oes)opgelei word. Slegs 35% van die stokke in die perseel het gedurende die 2000-groeiseisoennormaal gegroei, terwyl net soveel stokke heeltemal gevrek het. Die res van die stokke hetduidelike vertraagde bof en GS-simptome vertoon. Die styselinhoud van die lote het mintussen die drie groeitoestande verskil. Die styselinhoud van lote was gedurende 2001 heelwathoër as in 2000 en geen GS het by stokke in die wingerd voorgekom nie. Gedurende diéseisoen het geen groeiverskille ook tussen stokke wat in 2000 normaal gegroei het en stokkewat GS-simptome vertoon het, voorgekom nie. Sterk hergroei het in Maart tot Mei 2002 in diewingerd voorgekom en dit is moontlik deur blaarverwydering veroorsaak wat a.g.v. onbeheerdesiektes ontstaan het. Hoewel die styselinhoud van die lote effens laer was as in 2001, hetvertraagde bot en GS in die hele wingerd gedurende die 2002-seisoen voorgekom.Gedurende 2003 was die styselinhoud baie hoër as in al die ander jare en geen GS simptomehet gedurende die 2003-seisoen voorgekom nie. Dit kan waarskynlik toegeskryf word aan die"normale herfs" van 2003. Die lenteryp op 22 September het produksie aansienlik verlaag.

Die groei van stokke by mnr. Burger gedurende die 1999/2000-seisoen was swakker as byMalan en die meerderheid van stokke kon na die seisoen slegs tot by die eerste draad opgeleiword (knopkierrie), terwyl die res (35%) met twee langdraers op die gewelstelsel opgelei konword. Gedurende die 2000-seisoen het geen stokke gevrek nie en slegs 5% van die stokkehet GS-simptome vertoon. Die styselinhoud van stokke met GS-simptome was effens hoër asby die gesonde stokke. Geen GS-simptome het in 2001 in die wingerd voorgekom nie, terwyldit by slegs by 'n paar stokke in 2002 voorgekom het. Die styselinhoud van die GS-stokke was

Page 12: FINAL REPORT - SAWIS library · dormante siklus van die wingerdstok deur eksteme faktore belemmer word, kan dit tot die ... treatments, experimental layout and statistical detail,

Final report 12

±20% laer as by gesonde stokke. Gedurende 2003 het geen GS-simptome in die wingerdvoorgekom nie en die styselinhoud was soortgelyk aan dié van gesonde stokke in 2002.

Die groei van die stokke by J.H. Brink gedurende die 1999/2000-seisoen was baie swakker enmin stokke kon tot by die eerste draad van 'n V-prieelstelsel opgelei word. Ongeveer 8% vandie stokke het in die 2000-seisoen heeltemal gevrek en die styselinhoud van lote van hierdiestokke was ±20% laer as by die van gesonde stokke. Geen stokke het in 2001 gevrek of GS-simptome vertoon nie en die styselinhoud van stokke was drie maal hoër as in 2000.Gedurende 2002 het GS-simptome by 'n paar stokke voorgekom, maar die styselinhoud vanlote van hierdie stokke was hoër as die van gesonde stokke. Die hoogste styselinhoud vanlote van al die persele en oor al die jare het gedurende 2003 by die stokke in die wingerdvoorgekom en geen GS-simptome het ook in die wingerd voorgekom nie. Produksie is egterdeur díe ryp op 22 September verlaag.

Styselreserwes is noodsaaklik vir bot en aanvanklike vegetatiewe groei en dit is duidelik datwingerdstokke gedurende die eerste groeiseisoen koolhidrate produseer en die meerderheiddaarvan weer aanwend vir aktiewe vegetatiewe groei wat soms tot laat in die herfs plaasvind.Koolhidraatreserwes vorm deel van die beskermingsmeganisme om stokke gedurende diewinter teen beskadiging te beskerm. Gedurende 2000 was die styselreserwes van die lotebaie laag en het 'n groot aantal stokke gevrek of GS-simptome vertoon (Tabel 9). Oor al diejare en by al die persele was daar nooit 'n duidelike ooreenkoms tussen die styselinhoud vanlote en die groeipotensiaal van die stokke nie. Dit blyk dat ander koolhidrate (suikers) en dieomsettings tussen verskillende koolhidrate ook 'n groot rol speel in diebeskermingsmeganisme van wingerdstokke gedurende die dormante periode.

ALGEMENE GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

'n Duidelike verband tussen wortelontwikkeling en volgehoue vegetatiewe groei het by stokkieswat by verskillende worteltemperature in die glashuis gekweek is, voorgekom. Hoërtemperature van die wortelmedium het groei bevoordeel, terwyl lae temperature groeivoorkom/beperk het. Hoewel swak, het wortelontwikkeling wel by 15°C voorgekom envegetatiewe groei ondersteun. Die gemiddelde grondtemperatuur gedurende bot op dieEilandproefplaas is ook ongeveer 15°C, maar 'n skerp daling in omgewingstemperatuur,tesame met onoordeelkundige besproeiing, kan die grondtemperatuur laat daal en sodoendewortelontwikkeling benadeel. Gedurende die eerste vier weke na plant het bot en aanvanklikevegetatiewe groei, asook wortelgroei, 'n algemene afname van ±50% in die styselinhoud vanbeide die entjies en onderstokke veroorsaak. By die hoër wortelmedium temperature wasvegetatiewe groei sterker en het dit na ses weke waarskynlik meer koolhidrate geproduseer asverbruik, wat veroorsaak het dat die styselinhoud van die entjies en onderstokke minder gedaalhet en selfs toegeneem het tot aan die einde van die groeiperiode.

Oorbemesting, deur die toediening van stikstof teen 300 kg N/ha/jaar, en later teen 500 kgN/ha/jaar, het die nitraatinhoud van die grond drasties verhoog. Hoewel die stikstofinhoud vandie lote, blaarskywe en blaarstele verhoog is, en ook die vegetatiewe groei, het die luuksestikstofbemesting die voorkoms van die GSV in die wingerde verhoog nie. Tydens 'nplaasbesoek was dit baie duidelik dat oormatige stikstofbemesting tóg die voorkoms van dieGSV kan verhoog. In 2000 het die GSV, met ernstige gevolge, in die wingerde op dieproefplaas voorgekom, maar in 2001 het geen GSV voorgekom nie en was produksiebesonder goed. 'n Klimaatstudie het getoon dat vroeë ryp gedurende 2000 voorgekom het endat die winter besonder koud was, terwyl dit nie in 2001 die geval was nie. Stokke is moontlikin 2000 beskadig voordat voldoende koolhidraatreserwes opgebou is en die omsetting vanstysel na suikers volledig plaasgevind het. Stokke was dus meer vatbaar vir die GSV.

Page 13: FINAL REPORT - SAWIS library · dormante siklus van die wingerdstok deur eksteme faktore belemmer word, kan dit tot die ... treatments, experimental layout and statistical detail,

Final report 13

Die voorkoms van GSV in die Benede-Oranjeriviergebied is 'n gegewe en produsente salhulle moet vereenselwig dat die verskynsel periodiek en sporadies sal voorkom. Dieintensiteit van die verskynsel kan egter tussen seisoene verskil. Geen volkome kitsoplossing bestaan egter vir die probleem nie, maar 'n paar maatreëls kan moontlik dievoorkoms daarvan beperk. Die vestiging van wingerde op laagliggende, koue en stikstofrykegronde moet beperk word, veral op ou lusernlande waar graan sonder stikstofbemesting virten minste een seisoen verbou moet word, voor die vestiging van die wingerd. Geen stikstofbemesting moet gedurende die eerste jaar na vestiging op die stikstofryke slikgrondetoegedien word nie, veral nie in die na-oes periode nie. Besproeiing moet oordeelkundigtoegepas word sodat die gronde gedurende die herfs nie te nat is nie en gedurende diewinter nie te droog is nie. Pas doeltreffende siektebeheer toe, veral na-oes, wantblaarverlies kan tot hergroei lei en reserwes verder uitput. Indien moontlik, kan die effek vanryp deur oorhoofse besproeiing, waaiers of rook gedurende die na-oesperiode verminderword.

Page 14: FINAL REPORT - SAWIS library · dormante siklus van die wingerdstok deur eksteme faktore belemmer word, kan dit tot die ... treatments, experimental layout and statistical detail,

Final report 14

Tabel 1. Effek van besproeiing en bemesting op die anorganiese stikstofinhoudSultanina/143B Mgt-wingerd in blok L16 te Upington proefplaas, Julie 1999.

Stikstofverbinding

Nitraat

Ammonium

Stikstofverbinding

Nitraat

Ammonium

Diepte

0-15 cm

15-30 cm

30-60 cm

0-15 cm

15-30 cm

30-60 cm

Diepte

0-15 cm

15-30 cm

30-60 cm

0-15 cm

15-30 cm

30-60 cm

Lae GWI tydens

3.57a*

3.98a

2.38a

4.41 a

4.25a

4.21 a

Geen N

bot(I1)

bemestinc

3.45a

3.38a

2.40a

4.37a

4.17a

3.87a

Besproeiingsbehandeling

Volgens gewasfaktore (I2)

3.62a

2.43b

2.65a

4.17a

4.37a

4.28a

Bemestingsbehandeling

!(F1) 300

mg/kg) van grond uit die

Hoë GWI tydens bot (I3)

4

3

2

4

4

3

kg N/ha/jaar

4.04a

3.22a

2.64a

4.27a

4.28a

4.14a

04a

51a

55a

38a

05a

53a

(F2)

'Waardes gevolg deur dieselfde letters in dieselfde ry verskil nie betekenisvol nie (p<0.05).

Tabel 2. Effek van besproeiing en bemesting op die anorganiese stikstofinhoud (mg/kg) van grond uit dieSultanina/143B Mgt-wingerd in blok L16 te Upington proefplaas, Februarie 2000.

Stikstofverbinding

Nitraat

Ammonium

Stikstofverbinding

Nitraat

Ammonium

Diepte

0-15 cm

15-30 cm

30-60 cm

0-15 cm

15-30 cm

30-60 cm

Diepte

0-15 cm

15-30 cm

30-60 cm

0-15 cm

15-30 cm

30-60 cm

Besproeiingsbehandeling

Lae GWI tydens bot (I1)

15.28a*

19.48a

19.18a

2.94a

2.27ab

2.15a

Volgens gewasfaktore (I2)

15.58a

12.25ab

12.71a

4.13a

2.68a

2.28a

Hoë GWI tydens bot (I3)

17.20a

9.80b

10.73a

3.28a

2.17b

2.02a

Bemestingsbehandelings

Geen N bemesting (F1)

6.83b

8.29b

7.41 b

2.43b

2.24a

2.19a

300 kg N/ha/jaar (F2)

25.22a

19.40a

21.01a

4.54a

2.50a

2.11a

*Waardes gevolg deur dieselfde letters in dieselfde ry verskil nie betekenisvol nie (p<0.05).

Page 15: FINAL REPORT - SAWIS library · dormante siklus van die wingerdstok deur eksteme faktore belemmer word, kan dit tot die ... treatments, experimental layout and statistical detail,

Final report 15

Tabel 3. Effek van besproeiing en bemesting op die anorganiese stikstofinhoudSultanina/143B Mgt-wingerd in blok L16 te Upington proefplaas, Julie 2000.

Stikstofverbinding

Nitraat

Ammonium

Stikstofverbinding

Nitraat

Ammonium

Diepte

0-15 cm

15-30cm

30-60 cm

0-15 cm

15-30 cm

30-60 cm

Diepte

0-15 cm

15-30 cm

30-60 cm

0-15 cm

15-30 cm

30-60 cm

rng/kg) van grond uit die

Besproeiingsbehandeling

Lae GWI tydens bot (I1)

16.77a*

18.19a

25.55a

6.74a

3.29a

5.51a

Volgens gewasfaktore (I2)

16.41a

18.20a

22.62a

5.35a

3.30a

5.93a

Hoë GWI tydens bot (I3)

12.75a

13.26a

20.06a

6.36a

3.24a

5.74a

Bemestingsbehandeling

Geen N bemesting (F1)

13.59a

11.49b

16.74b

6.36a

3.32a

3.04a

300 kg N/ha/jaar (F2)

17.04a

21.61a

28.75a

5.75a

3.23a

8.56a

*Waardes gevolg deur dieselfde letters in dieselfde ry verskil nie betekenisvol nie (p<0.05).

Tabel 4. Effek van besproeiing en bemesting op die anorganiese stikstofinhoud (mg/kg) van grond uit dieSultanina/143B Mgt-wingerd in blok L16 te Upington proefplaas, Januarie 2001.

Stikstofverbinding

Nitraat

Ammonium

Stikstofverbinding

Nitraat

Ammonium

Diepte

0-15 cm

15-30 cm

30-60 cm

0-15 cm

15-30 cm

30-60 cm

Diepte

0-15 cm

15-30 cm

30-60 cm

0-15 cm

15-30 cm

30-60 cm

Besproeiingsbehandeling

Lae GWI tydens bot (I1)

10.39a*

1.51a

15.28a

8.57a

4.35a

7.11a

Volgens gewasfaktore (I2)

14.79a

2.02a

10.93a

9.38a

3.51a

8.92a

Hoë GWI tydens bot (I3)

6.28a

2.44a

9.09a

6.74a

6.70a

8.44a

Bemestingsbehandelings

Geen N bemesting (F1)

9.41 a

1.17a

12.79a

7.78a

5.43a

9.17a

300 kg N/ha/jaar (F2)

11.56a

2.79a

10.01a

8.68a

4.28a

7.18a

*Waardes gevolg deur dieselfde letiers in dieselfde ry verskil nie betekenisvol nie (p<0.05).

Page 16: FINAL REPORT - SAWIS library · dormante siklus van die wingerdstok deur eksteme faktore belemmer word, kan dit tot die ... treatments, experimental layout and statistical detail,

Final report 16

Tabel 5. Effek van besproeiing en bemesting op die anorganiese stikstofinhoud (mg/kg) van grond uit dieSultanina/143B Mgt-wingerd in blok L16 te Upington proefplaas, Julie 2003.

Stikstofverbinding

Nitraat

Ammonium

Nitraat

Ammonium

Diepte

0-15 cm

15-30 cm

30-60 cm

0-15 cm

15-30 cm

30-60 cm

0-15 cm

15-30cm

30-60 cm

0-15 cm

15-30 cm

30-60 cm

Besproeiingsbehandeling

Lae GWI tydens bot (I1)

17.77a*

14.10a

17.24a

4.25a

4.33a

3.57b

Volgens gewasfaktore (I2)

30.31a

20.72a

11.82a

5.80a

5.51 a

4.22ab

Hoë GWI tydens bot (I3)

41.65a

28.44a

23.44a

5.13a

5.47a

5.02a

Bemestingsbehandeling

Geen N bemesting (F1)

7.64b

3.83b

4.26b

4.42b

4.54a

4.01a

500 kg N/ha/jaar (F2)

52.19a

38.34a

30.74a

5.71a

5.66a

4.53a

"Waardes gevolg deur dieselfde letters in dieselfde ry verskil nie betekenisvol nie (ps0.05).

Tabel 6. Effek van besproeiing en bemesting op die anorganiese stikstofinhoud (mg/kg) van grond uit dieSultanina/143B Mgt-wingerd in blok L16 te Upington proefplaas, Februarie 2004.

Stikstofverbinding

Nitraat

Ammonium

Nitraat

Ammonium

Diepte

0-15 cm

15-30 cm

30-60 cm

0-15 cm

15-30 cm

30-60 cm

0-15 cm

15-30 cm

30-60 cm

0-15 cm

15-30 cm

30-60 cm

Besproeiingsbehandeling

Lae GWI tydens bot (I1)

21.91a*

28.43a

37.35a

7.58a

7.02a

7.27a

Volgens gewasfaktore (I2)

41.47a

26.91a

27.66a

6.52a

6.59a

6.34a

Hoë GWI tydens bot (I3)

29.91a

21.87a

28.00a

6.84a

6.42a

6.40a

Bemestingsbehandelings

Geen N bemesting (F1)

13.25a

13.92b

12.98b

6.56b

6.48a

6.59a

500 kg N/ha/jaar (F2)

48.94a

37.55a

49.02a

7.40a

6.88a

6.75a

*Waardes gevolg deur dieselfde letters in dieselfde ry verskil nie betekenisvol nie (p<0.05).

Page 17: FINAL REPORT - SAWIS library · dormante siklus van die wingerdstok deur eksteme faktore belemmer word, kan dit tot die ... treatments, experimental layout and statistical detail,

Final report 17

Tabel 7. Effek van bemesting op die lootmassa, stysel- en stikstofinhoud van dié lote tydens die winter, en dieoesmassa, vry-ammino-stikstofinhoud (VAN) van die druiwe en die stikstofinhoud van die blaarskywe enblaarstele die daaropvolgende seisoen van die Sultanina/143B Mgt-wingerd.

Seisoen

1999/2000

2000/2001

2001/2002

2002/2003

2003/2004

Parameter

Lootmassa (kg/stok)

Styselinhoud van lote (mg/g)

Stikstofinhoud van lote (%)

Oesmassa (kg/stok)

Stikstofinhoud van blaarskywe (%)

Stikstofinhoud van blaarstele (%)

Lootmassa (kg/stok)

Styselinhoud van lote (mg/g)

Stikstofinhoud van lote (%)

Oesmassa (kg/stok)

Stikstofinhoud van

blaarskywe (%)

Stikstofinhoud van

blaarstele (%)

Lootmassa

(kg/stok)

Styselinhoud van

lote (mg/g)

Stikstofinhoud van

lote (%)

Stokke gesond in 2000

Stokke met GS-simptome

Stokke gesond in 2000

Stokke met GS-simptome

Stokke gesond in 2000

Stokke met GS-simptome

Stokke gesond in 2000

Stokke met GS-simptome

Stokke gesond in 2000

Stokke met GS-simptome

Oesmassa (kg/stok)

Stikstofinhoud van blaarskywe (%)

Stikstofinhoud van blaarstele (%)

Lootmassa (kg/stok)

Styselinhoud van lote (mg/g)

Stikstofinhoud van lote (%)

Oesmassa (kg/stok)

VAN (mg/L)

Stikstofinhoud van blaarskywe (%)

Stikstofinhoud van blaarstele (%)

Lootmassa (kg/stok)

Styselinhoud van lote (mg/g)

Stikstofinhoud van lote (%)

Oesmassa (kg/stok)

VAN (mg/L)

Stikstofinhoud van blaarskywe (%)

Stikstofinhoud van blaarstele (%)

Bemestingsbehandelings

Geen N bemesting (F1)

1.90a*

45.86a

1.03a

13.66a

2.49a

1.21a

1.23a

35.05a

0.99a

10.1a

2.43a

2.70a

0.64a

0.69a

1.60a

1.29a

61.07a

58.75a

1.14a

1.03a

23.38a

2.03a

1.03a

1.93b

57.48a

0.89b

17.45a

146.19a

1.88b

1.02b

1.66a

27.56a

0.61a

17.07a

130.6a

1.82b

0.93b

300/500 kg N/ha/jaar (F2)**

2.08a

44.09a

1.03a

12.59a

2.47a

1.25a

1.37a

32.49b

0.98a

10.3a

2.41a

2.69a

0.64a

0.67a

1.65a

1.56a

56.96a

55.71a

1.14a

1.02a

22.33a

2.04a

1.12a

2.04a

51.41a

0.91a

17.28a

156.02a

1.95a

1.12a

1.85a

31.44a

0.62a

16.49a

148.7a

1.93a

1.17a

'Waardes gevolg deur dieselfde letters in dieselfde ry verskil nie betekenisvol nie (p<0.05).

**Vanaf die 2001-groeiseisoen is 500 kg N/ha/jaar toegedien.

Page 18: FINAL REPORT - SAWIS library · dormante siklus van die wingerdstok deur eksteme faktore belemmer word, kan dit tot die ... treatments, experimental layout and statistical detail,

Final report 18

Tabel 8. Die totale maandelikse graadure benede vriespunt, vanaf vriespunt tot 40°C, en hoër as 40°C vanaf Mei 2004 tot Maart 2005 in dielowers van verskillende wyndruif- of droogdruifwingerde (A:) en tafeldruifwingerde (B:) langs die Benede-Oranjerivier.A:

Maand

Mei 2004Junie2004Julie2004Augustus 2004September 2004Oktober 2004November 2004Desember 2004Januarie 2005Februarie 2005Maart 2005Totaal

Upington (789m)*

<0°C1112721516810000000531

0 tot 40°C12457820868111004111911157081800619010194631695317227155795

>40°C00000006925839001612335

Louisvale (774m)

<0°C2424029324915000000821

0 tot 40°C1169176016639971911501152011687317564177841619616888147657

>40°C000000000000

Kanoneiland (758m)

<o°c3834638325729000000

1053

0 tot 40°C1142574166394931111044142961641517086183011614216587144417

>40°C000000000000

Keimoes (729m)

<0°C4329245340978000000

1275

0 tot 40°C1184178996521973411175148041746018310188131685016895150302

>40°C000000000000

Keimoes (738m)

<0°C0151125000000051

0 tot 40°C14054960784951133113134167231928320111206641780017321168523

>40°C00000016212236615366112797

B:

MaandMei 2004Junie 2004Julie 2004Augustus 2004September 2004Oktober 2004November 2004Desember 2004Januarie 2005Februarie 2005Maart 2005Totaal

Louisvale (782m)

<0°C07213000000022

0 tot 40°C14157954886671156313304161641831719857200851794017533167135

>40°C000000016120600367

SMB** (747m)

<o°c06530000000041

0 tot 40°C12368903782881101012385152621732617899190131692517222156735

>40°C000000000000

SMB (769m)

<o°c000100000001

0 tot 40°C144871012093331182013341163751855919289201201845417749169647

>40°C000000820808041283

Augrabies (623m)

<0°C03152230000000106

0 tot 40°C12393793674951060312329159941823718777195721701017354157700

>40°C0000000000324324

Augrabies (665m)

<0°C020400000006

0 tot 40°C149871007091451182613580172612001720360209091836917741174265

>40°C00000020356973913945713476

Hoogte bo seevlak in meter.*Tussen Keimoes en Kakamas

Page 19: FINAL REPORT - SAWIS library · dormante siklus van die wingerdstok deur eksteme faktore belemmer word, kan dit tot die ... treatments, experimental layout and statistical detail,

Final report 19

Tabel 9. Die groeitoestand van stokke en die styselinhoud van winter vleglote vanaf verskillende persele in die Benede-Oranjerivier.

Produsent

D. Malan

C. Burger

J.H. Brink

Kultivar/onderstok

Colombar/

99 Richter

Sultanina/

Ramsey

Colombar/

101-14 Mgt

Groeitoestand van

stokke in Oktober

Normaal

GS-simptome

Hele stok vrek

Normaal

GS-simptome

Normaal

GS-simptome

Vrek terug

2000

Styselinhoud

(mg/g d.m.)

25.14

26.23

24.75

16.91

18.06

17.06

13.84

2001

Styselinhoud

(mg/g d.m.)

42.85

37.23

47.62

2002

Styselinhoud

(mg/g d.m.)

36.68

55.27

43.50

32.26

39.31

2003

Styselinhoud

(mg/g d.m.)

56.42

54.83

62.40

Page 20: FINAL REPORT - SAWIS library · dormante siklus van die wingerdstok deur eksteme faktore belemmer word, kan dit tot die ... treatments, experimental layout and statistical detail,

Final report 20

i .

/

/

/

2 4 6 8 10

Weke na plant

Fjg. 1. Invloed van wortetmedium tennperatuur op die totale varsmassa van nuwe vegetatiewe groei vanSultanina/143B Mgt-stokke gedurende die tien weke groeiperiode in die glashuis.

2 4 6 8 10

Weke na plant

Fig. 3. Invloed van wortelmedium temperatuur op die totale lootlengte van Sultanina/143B Mgt-stokkegedurende die tien weke groeiperiode in die glashuis.

trole |

Weke na plant

Fig. 2. Invloed van wortelmedium temperatuur op die totale aantal nuut gevormde blare van Sultanina/143BMgt-stokke gedurende die tien weke groeiperiode in die glashuis.

T KBV(p| =33.6

5°C -

=0.05)

- 25°C - - Kontrole/

/

s

4 6 8 10

Weke na plant

Fig. 4. Invloed van wortelmedium temperatuur op die varsmassa van nuut gevormde wortels vanSultanina/143B Mgt-stokke gedurende die tien weke groeiperiode in die glashuis.

Page 21: FINAL REPORT - SAWIS library · dormante siklus van die wingerdstok deur eksteme faktore belemmer word, kan dit tot die ... treatments, experimental layout and statistical detail,

Final report 21

6C0

roE 100

•• •

Varsmassa van nuut gevormde wortels (g)

100

Fig. 5. Liniêre verband tussen varsmassa van nuut gevormde wortels en vegetatiewe groei van Sultanina/143BMgt-stokke gedurende die tien weke groeiperiode in die glashuis.

Varsmassa van nuut gevormde wortels (g)

Fíg. 6. Liniêre verband tussen varsmassa van nuut gevormde wortels en totale blaaroppervlakte van Sultanina/143B Mgt-stokke gedurende die tien weke groeiperiode in die glashuis.

10

Weke na plant

Fig. 7. Invloed van wortelmedium temperatuur op die styselinhoud van entjies van Sultanina/143B Mgt-stokkegedurende die tien weke groeiperiode in die glashuis.

KBV(p=0.05)=9.3

^ >

— 5°C

\\

s

\\

\\

\\

\

°C — -

\ N

\

\

\

— 15°C - • - Kontrole

8 100 2 4 6

Weke na plant

Fig. 8. Invloed van wortelmedium temperatuur op die styselinhoud van onderstokke van Sultanina/143B Mgt-stokke gedurende die tien weke groeiperiode in die glashuís.

Page 22: FINAL REPORT - SAWIS library · dormante siklus van die wingerdstok deur eksteme faktore belemmer word, kan dit tot die ... treatments, experimental layout and statistical detail,

Final report 22

182 192 202 212 222 232 242 252 262 272 182 192 202 212 222 232

Dag van jaar

242 252 262 272

182 192 202 212 222 232

Dag van jaar

242 252 262 272 182 192 202 212 222 232 242 252 262 272

Fig. 9. Effek van besproeiing op grondtemperatuur aan die begin van die 2000-groeiseisoen. I1: Lae GWI tydens bot. I2: Besproei volgensgewasfaktore. I3: Hoë GWI tydens bot. Pyle dui besproeiing aan.

Page 23: FINAL REPORT - SAWIS library · dormante siklus van die wingerdstok deur eksteme faktore belemmer word, kan dit tot die ... treatments, experimental layout and statistical detail,

200

Diepte: 60 cm Bot

210 220 230 240

Dag van jaar

250 260 270

Diepte: 90 cmBot

200 210 220 250 260 270230 240 250 260 270 200 210 220 230 240

Dag van jaar Dag van jaar

Fig. 10. Effek van besproeiing op grondtemperatuur aan die begin van die 2001-groeiseisoen. I1: Lae GWI tydens bot. I2: Besproei volgensgewasfaktore. I3: Hoë GWI tydens bot. Pyle dui besproeiing aan.

Page 24: FINAL REPORT - SAWIS library · dormante siklus van die wingerdstok deur eksteme faktore belemmer word, kan dit tot die ... treatments, experimental layout and statistical detail,

Final report 24

1 Apr 1 Mei 1 Jun 30 Jun 30 Jul

Datum

29 Aug 28 Sepl 28 Okt

1 Apr 1 Mei 1 Jun 30 Jun 30 Jul

Datum

29 Aug 28 Sept 28 Okt

1 Apr 1 Mei 1 Jun 30 Jun 30 Jul

Datum

29 Aug 28 Sept 28 Okt

Fig. 11. Daaglikse minimum temperature vir die Eiland-proefplaas te Upington vanaf 1 April tot 31Oktober vir 1996 en 2000 tot 2004. A: Jare waartydens bo-gemiddelde oeste behaal is. B: Jarewaartydens GS algemeen voorgekom het. C: Jare waartydens lenteryp voorgekom het.

Page 25: FINAL REPORT - SAWIS library · dormante siklus van die wingerdstok deur eksteme faktore belemmer word, kan dit tot die ... treatments, experimental layout and statistical detail,

Final report 25

4. Accumulated outputsList ALL the outputs from the start of the project.The year of each output must also be indicated.

Technology developed

Human resources developed/trained

Patents

Publications (popular, press releases, semi-scientific, scientific)Volschenk, C.G. and Hunter, J.J., 2000. Effect of root temperature on growth of younggrapevines. Vlth Intemational Symposium on Grapevine Physiology and Biotechnology. 11 -16 June 2000, Heraklion, Greece. (Poster)

Volschenk, C.G. and Hunter, J.J., 2000. Effect of root temperature on growth of younggrapevines. 2nd International Vitivulture & Enology SASEV Congress. 8 - 1 0 November2000, Cape Town, South Africa. (Poster)

Van der Westhuizen, J.H., Saayman, D., Knight, F., Myburg, P.A., Volschenk, C.G., Malan,D., Burnett, J. & Steenkamp, J., 2001. Groeistilstandverskynsel en terugsterwing vanwingerde in die Benede Oranjeriviergebied. Wynboer 146, 8-10.

Van der Westhuizen, J.H., Saayman, D., Knight, F., Myburg, P.A., Volschenk, C.G., Malan,D., Burnett, J. & Steenkamp, J., 2001. Oorsake van en strategie vir die beheer van diegroeistilstandverskynsel en terugsterwing van wingerde in die Benede Oranjeriviergebied.Sagtevrugteboer51 (5), 22-25.

Volschenk, C.G., 2002. Voorbereiding van stokkies tydens die vestiging van 'n wingerd.Wynboer 154, 6.

Presentations/papers delivered

Volschenk, C.G. Ondersoek na terugsterwing van jong wingerde langs die Benede-Oranjerivier soos geassosieer met vertraagde bot en/of groei. Terugvoervergadering, 11 Mei1999. Upington.

Volschenk C.G. Groeistilstandverskynsel - Internasionale vergelyking deur literatuurstudie.Inligtingsdag, 8 Mei 2001, Upington.

Volschenk, C.G. en Malan, D. Ondersoek na terugsterwing van jong wingerde langs dieBenede-Oranjerivier soos geassosieer met vertraagde bot en/of groei. Boeredag, Junie 2003,Upington.

Volschenk, C.G. Terugsterwing van jong wingerde langs die Benede-Oranjerivier soosgeassosieer met vertraagde bot en/of groei. Boeredag, 13 November 2003, Eksteenskuil.

Page 26: FINAL REPORT - SAWIS library · dormante siklus van die wingerdstok deur eksteme faktore belemmer word, kan dit tot die ... treatments, experimental layout and statistical detail,

Final report 26

4. Total cost summary of project

Total cost in real terms for year 1

Total cost in real terms for year 2

Total cost in real terms for year 3

Total cost in real terms for year 4

Total cost in real terms for year 5

Year

2000/2001

2001/2002

2002/2003

2003/2004

2004/2005

TOTAL

CFPA DFPT

35 251

57 260

67 638

71 020

71 019

302 188

DFTS

35 251

57 260

67 638

71 020

71 019

302 188

Winetech

35 251

57 260

67 638

71 020

71 019

302 188

THRIP l TOTAL105 753

171 780

202 914

213 060

213 057