8
June 2014 147 BRAUNVIEH Braunvieh bl. ?? - ?? The N-Series truck has an awesome cost-friendly option. For a limited time you will get a preferential deal on your purchase. Contact Auas Motors and find out how you can take advantage of this fantastic deal. It’s not around forever, so get cracking and come see us. * Offer is available on the NPR 300, NPR 400 and NPR 400 AMT | Image may differ from models on offer. Valid until 30 June 2014, while stocks last. A GREAT DEAL ON GREAT TRUCKS Contact Auas Motors Buy the N-Series and join the drive to cost savings Die Braunhvieh is nie ’n kruisras of ’n nuwe ras wat uit twee of meer rasse ontwikkel is nie. Trouens, die Braunvieh is waarskynlik die oudste suiwer ras op aarde met rekords wat terugstrek tot 800 jaar vC. Argeoloë het onlangs op ou beesbene in die antieke meregebied van Switserland afgekom wat ooreenstem met dié van vandag se Braunvieh. Dit kom daarop neer dat hierdie ras kan teruggaan tot by die Bronstydperk. Braunvieh het alles in een: moedereienskappe, bespiering, marmering en prestasie. Interesting facts: Die Braunvieh het besondere eienskappe wat die ras uiters geskik maak vir kruis- teeldoeleindes. Die Braunvieh het ’n onmiddellike positiewe impak op enige kommersiële bees- ras waarmee dit gekruis word. Geen wonder nie dat daar in meer as 60 lande in die wêreld suksesvol met die Braunvieh gekruis word. Die eerste kruiskoeie het baie meer melk, goeie uiers en spene en ’n verbeterde bouvorm en konstitusie, en speenkalwers met ’n hoër gewig as die norm. Braunvieh-kalwers beskik oor goeie vleiseienskappe, groei vinnig en het ’n goeie voeromsetverhouding (wenners in die voerkraal). Die Braunvieh maak enige beesras rustiger, verhoog die groeitempo en plaas meer geld op speenouderdom in die boer se sak. Braunvieh-kalwers en -kruiskalwers bereik speengewig vir die speenkalfmark reeds op die ouderdom van tussen 4 en 6 maande. Kalwers kan dus gouer gespeen word en geld is gouer in die boer se sak. Braunvieh are found in over 60 countries ex- tending from the Arctic Circle to the tropics at altitudes varying between 0 and 12 500 feet. The world population of Braunvieh is over 7 million head. Herdbooks are kept by breed- ers associations in 42 countries. The Braunvieh is a well-muscled animal with correct feet and legs, due to generations of natural selection in the Swiss Alps. Bobaas in kruisteling

Bobaas in kruisteling...Jun 30, 2014  · sprong vir goeie groei te gee. En dit het die Braunvieh.” ... vieh nooit pigment-probleme nie en is die een - vormigheid mooi op die oog,

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

  • June 2014 June 2014146 147

    BRAUNVIEH

    Braunviehbl. ?? - ??

    The N-Series truck has an awesome cost-friendly option. For a limited time you will get a preferential deal on your purchase. Contact Auas Motors and find out how you can take advantage of this fantastic deal. It’s not around forever, so get cracking and come see us.

    * Offer is available on the NPR 300, NPR 400 and NPR 400 AMT | Image may differ from models on offer.Valid until 30 June 2014, while stocks last.

    A GREAT DEAL ON GREAT TRUCKS

    Contact Auas Motors

    Buy the N-Series and join the drive to cost savings

    C

    M

    Y

    CM

    MY

    CY

    CMY

    K

    Auas Motors.pdf 1 2014/04/15 3:33 PM

    Die Braunhvieh is nie ’n kruisras of ’n nuwe ras wat uit twee of meer rasse ontwikkel is nie. Trouens, die Braunvieh is waarskynlik die oudste suiwer ras op aarde met rekords wat terugstrek tot 800 jaar vC. Argeo loë

    het onlangs op ou beesbene in die antieke meregebied van Switserland afgekom wat ooreenstem met dié van vandag se Braunvieh. Dit kom daarop neer dat hierdie ras kan teruggaan tot by die Bronstydperk.

    Braunvieh het alles in een: moedereienskappe, bespie ring, marmering en prestasie.

    Interesting facts:

    Die Braunvieh het besondere eienskappe wat die ras uiters geskik maak vir kruis-teeldoeleindes.• Die Braunvieh het ’n onmiddellike positiewe impak op enige kommersiële bees-

    ras waarmee dit gekruis word. Geen wonder nie dat daar in meer as 60 lande in die wêreld suksesvol met die Braunvieh gekruis word.

    • Die eerste kruiskoeie het baie meer melk, goeie uiers en spene en ’n verbeterde bouvorm en konstitusie, en speenkalwers met ’n hoër gewig as die norm.

    • Braunvieh-kalwers beskik oor goeie vleiseienskappe, groei vinnig en het ’n goeie voeromsetverhouding (wenners in die voerkraal).

    • Die Braunvieh maak enige beesras rustiger, verhoog die groeitempo en plaas meer geld op speenouderdom in die boer se sak.

    • Braunvieh-kalwers en -kruiskalwers bereik speengewig vir die speenkalfmark reeds op die ouderdom van tussen 4 en 6 maande. Kalwers kan dus gouer gespeen word en geld is gouer in die boer se sak.

    • Braunvieh are found in over 60 countries ex-tending from the Arctic Circle to the tropics at altitudes varying between 0 and 12 500 feet. The world population of Braunvieh is over 7 million head. Herdbooks are kept by breed-ers associations in 42 countries.

    • The Braunvieh is a well-muscled animal with correct feet and legs, due to generations of natural selection in the Swiss Alps.

    Bobaas in kruisteling

  • June 2014 June 2014148 149

    BRAUNVIEH BRAUNVIEH

    “’n Ma moet genoeg melk vir haar kalwers hê om hulle daardie voor-sprong vir goeie groei te gee. En dit het die Braunvieh.”

    Só gesels osprodusent Abrie van Wyk wat sedert 2005 kruisteling met die Braunvieh en die Brahman op sy plaas noord van Okahandja doen. “Hierdie basterkrag gee goeie kwaliteit osse – ’n wenkombinasie met die Braunvieh se goeie melk- en vleiseienskappe en die Brahman wat uitstekend aangepas is vir ons droë, ekstensiewe boerderyomstandighede.”

    Volgens Abrie lewer die F1-kruisings ook baie goeie moeders. Hy vertel dat die AB-graad osse wat hy aan Meatco lewer gemiddeld 300

    kg uitslag en die B-grade rondom 340 kg en selfs meer. “Ek gebruik ’n Braunvieh-bul op die meer Brahman-tipe koeie en ’n Brahman-bul op die meer Braunvieh-tipe koeie. Vir die oopmaak van verse gebruik ek Brahman op Brahman en Braunvieh op Braunvieh en begin dan met kruisteling. In die geval van F1-kruisings kyk ek die koeie deur en sit ’n Brahmanbul op die Braunvieh-tipes of andersom. Aanvanklik het ek net Brahman-tipe koeie gehad, maar nou is ek al op die punt dat Braunvieh-koeie weer Brahman-bloed moet kry. In die begin was my kudde rooierig, maar deesdae gebruik ek net Wit Brahman-bulle omdat hulle meer geredelik beskikbaar is.”

    Daar uit die droër noordweste gesels Louis Kruger oor veertien jaar se mooi ervaringe met die Braunvieh. Dit gaan vir hom oor daardie ekstra kilogramme wat meer gate toestop in sy kruisteel-boerdery. Daarby het die Braun-vieh nooit pigment-probleme nie en is die een-vormigheid mooi op die oog, vertel hy.

    Louis sê sy pa het hom op ’n dag aangepraat om te besluit waarmee hy nou eintlik wil boer toe hy al by die vyfde ras in sy kruisteelprogram trek. Hy het toe in 2000 sy eerste Braunvieh-bul gekoop en so die grondslag gelê vir vandag se sukses-volle kruisteling met Brahmane. “Die Braunvieh het die melk en vleis, die Brahman weer goeie groei op die veld en aanpasbaarheid. Saam sorg die twee rasse vir ’n uitstekende eindresultaat. Sedert ek die Braunvieh ingebring het, het ek my osslaggewigte met tussen 40 en 50 kg gelig.” Louis lewer B-graad osse, wat gemiddeld sowat 330 kg uitslag, aan die Brakwater Abattoir. Die suiwerder Braunvieh-osse het al die skaal op ’n stewige 390 kg, maar hierdie diere het meer sorg en liefde nodig, sê Louis.

    Abrie van Wyk en sy twee spruite, AJ (op die heup) en Chris Mari, aan die boer tussen hul Braunvieh- en Brahman-kruisings.

    Die os van Abrie van Wyk op die voorgrond het B-graad uitgeslag en die skaal op ’n stewige 380 kg getrek.

    Louis Kruger hier op sy plaas in die Omaruru-omge wing tus-sen sy krui-sings beeste (Braunvieh x Brahman) wat volgens hom kwaliteit osse lewer.

    Dit is die melk wat tel

    “Ek bemark net van die veld af sonder voer waar die Brahman sy kant bring,” vertel Louis. Hy gebruik net volbloed Braunvieh- en Brah-man-bulle op sy kruisingkoeie en kruis weer-skante toe. Op die F1-kruising sit hy altyd Braun-vieh-bulle om die osse gouer vet te kry. Op die driekwart Brahman-kruisings bring hy weer die Braunvieh-bulle in. “Ek streef daarna om altyd meer Brahman-bloed in my kuddes te hê vir vin-

    niger afronding op die veld.”Volgens Louis is die kruisingverse baie gesog,

    veral vanweë die Braunvieh se goeie melk, en betaal kopers daardie ekstra paar dollars.

    Louis boer in die Omaruru-omgewing, maar het ook grond by Grootfontein waar hy poog om ook op die ou end sy beproefde kruisteel-program met die Braunvieh en die Brahman vir gehalte-osse te vestig.

    Ekstra kilogramme die grootste bate

  • June 2014 June 2014150 151

    BRAUNVIEH BRAUNVIEH

    Dr Stephen B Blezinger US nutrition and management consultant

    Braunvieh has the potential of making a vari-ety of positive contributions to the beef in-dustry. Hopefully the next few paragraphs will shed some light on the value this breed can potentially bring to the beef industry.

    Definition of value The beef industry defines value in a number of different ways. A truly useful animal or breed pro-vides a combination of these attributes. Starting with the cow/calf phase the industry is looking for a cow that can produce a calf within a year-ly breeding schedule, i.e. she delivers a calf once per year on a regular basis. She needs to do this economically meaning that she efficiently con-verts nutrients obtained largely from forage with a minimal amount of supplementation. She pro-vides for her calf effectively providing appropri-ate amounts of milk that will grow the calf to its genetic potential and that it will be weaned at an efficient age and weight relative to the cow’s size.

    The cow needs to be healthy, having an inher-ently strong immune system. She needs to be tol-erant of weather conditions including cold, heat, rain, etc. Not a small task that we’re asking of this animal. The calf needs to be born strong and vigorous (often related to the cow’s nutrition). It

    Opportunities to add exceptional value to your herd needs to grow rapidly and efficiently. Bull calves should soon exhibit the thickness and growthi-

    ness expected, heifers should show good struc-ture and musculature while exhibiting the appro-priate degree of femininity. Once weaned, bulls and heifers should continue to grow and devel-op rapidly, heifers should begin cycling by about 14 to 15 months so that she will breed and pro-duce her first calve at around 24 months of age. Bulls should grow rapidly and efficiently, especial-ly on forage so that by an age of 18 months they can begin breeding activities at least on a limit-ed scale. They should show the libido and fertili-ty necessary so that by two to three years of age they can effectively service a normal number of cows in a breeding season. In the cases of both males and females, longevity is a valuable trait. Both bulls and cows should be able to remain productive in the herd as long as possible. Re-member the key word is productive. For cattle destined to the feed yard and the food supply, they need to grow and gain efficiently and pro-duce a carcass that fits today’s meat trade speci-fications at the upper end of the scale where the greatest value is and the most revenue is gener-ated for the producer.

    Again, this is a substantial list of requirements for any breed to live up to. Interestingly, Braun-vieh cattle do an admirable job on all of these. But let’s focus on just a couple of these, starting with efficiency. Production efficiency for a cow-calf enterprise can be defined in terms of the suc-cess of conversion of food energy resources to calf

    weight at weaning. Since variation in biological efficiency exists among breeds and breed cross-es this subsequently affects the genetic poten-tial for production and related efficiency. Com-parison of lactation response at similar energy intakes provides a useful indicator of breed or breed combination production efficiency (Jen-kins and Ferrell, 1992). Braunvieh was exhibited significantly higher total milk production com-pared to the eight other breeds in the study. This milk production level is also reflected in data pro-vided in the most recent version of the Beef NRC (last updated 2000).

    Braunvieh feedlot and carcass performance has also been impressive. In a variety of gain, feed ef-ficiency and carcass competitions, Braunvieh or Braunvieh sired calves won or were in the top 5 or 10 of animals competing in various categories for years running. A recent example was at the Great Western Beef Expo where Braunvieh sired calves won the feed efficiency category with a 6.90 lbs of feed per lb of gain.

    Conclusions These are only a few examples of exceptional value shown by this breed of cattle. Again, this is not an endorsement of this particular breed but a snapshot of what a specific breed of cattle can contribute to the genetic base of any herd. As a producer moves forward with his programme it is important that he carefully research the op-tions and opportunities to improve his herd and subsequent performance.

  • June 2014 June 2014152 153

    BRAUNVIEH BRAUNVIEH

    Leslie Bergh, LNR Diereproduksie Instituut, Irene

    Hoekstene van reproduksiebestuurReproduksie is die basis van die produksieketting en die enkele aspek wat die grootste invloed het op die winsgewendheid van ’n vleisbeesboer-dery. Reproduksiebestuur rus op vier bene – voeding, kuddegesond-heid, seleksie vir vrugbaarheid en paringsbestuur. Hoewel dit as van-selfsprekend aanvaar word dat goeie rekordhouding die basis is vir die effektiewe bestuur van elk van bogenoemde aspekte, is dit skokkend om te sien hoeveel vleisbeesboere baie min, indien enige, reproduksie- en produksierekords van hul diere hou.

    Invloed op seleksiedrukTabel 1 illustreer die invloed van kalfpersentasie op selek-siedruk. Die aannames is dat dit ’n teelkuddevan 100 koeie is, mortaliteite 3% tot 5% per jaar is, alle nie-dragtige koeie verkoop word nadat dragtigheidsondersoeke gedoen is en ’n verdere 10% van die koeie jaarliks uitgeskot word weens ouderdom, swak prestasie, ensovoorts.

    Die ideaal is om so gou moontlik ná die dekseisoen nie-

    dragtige koeie te verkoop en te vervang met dragtige verse. Tabel 1 toon dat, indien die kalfpersentasie onder 80% daal, dit nie moontlik is nie, omdat koeie en/of verse wat nie dragtig is nie, in die kudde gehou

    Reproduksie se invloed op seleksie en wins

    Kalf-persen-tasie

    Vrektes (3 - 5%)

    Beskik-bare verse

    Dragtige verse

    Uitskot – nie gekalf

    Uitskot – oud en ander

    Totale uitskot

    Surplus of tekort

    95 3 46 44 5 10 15 +2985 3 41 35 15 10 25 +1080 3 39 31 20 10 30 +175 3 36 27 25 10 35 -865 3 31 20 35 10 45 -2555 3 26 14 45 10 55 -41

    moet word om getalle te handhaaf. Doeltreffende seleksie vir vrugbaar-heid vereis dus ’n kalfpersentasie van minstens 80%.

    Invloed op winsNavorsing het gewys dat ’n 10% verbetering in reproduksietempo ’n kud-de se netto inkomste met 8% verhoog.

    Tabel 2 illustreer die uitwerking van kalfpersentasie op die jaarlikse

    bruto inkomste in ’n kudde waar 20% koeie jaarliks uitgeskot word. Die aannames is dat dit ’n teelkudde van 100 koeie is, die speengewig van bulkalwers 230 kg en dié van verskalwers 210 kg is en die gewig van uit-skotkoeie 500 kg is. Die uitslagpersentasie van uitskotkoeie is 50%. Die speenkalwers word teen N$12.50 per kg lewende gewig en uitskotkoeie teen N$17.30 per kg karkasgewig verkoop.

    Die berekening toon dat indien die kalfpersentasie van 55% tot 95% verhoog word, die bruto inkomste per jaar met N$110 000 (62%) in ’n koeikudde van 100 diere sal styg. Anders gestel, as die kudde se kalf-persentasie 55% is, verloor die boer N$110 000 van sy potensiële bruto inkomste per jaar.

    Dit laat jou dink, nè? (Braunvieh Joernaal, Suid-Afrika)

    Kalfpersen-tasie

    Vrektes (3-5%)

    Verkoop-bare kal wers (bulle+verse)

    Uitskot-koeie

    Inkomste: kal wers (N$)

    Inkomste:uitskotkoeie (N$)

    Totale inkomste (N$)

    95 3 46 + 26 20 200 500 86 500 287 000

    85 3 41 + 21 20 173 000 86 500 259 500

    75 3 36 + 16 20 145 500 86 500 232 000

    65 3 31 + 11 20 118 000 86 500 204 500

    55 3 26 + 6 20 90 500 86 500 177 000

    Tabel 1: Die invloed van kalfpersentasie op seleksiedruk.

    Tabel 2: Die invloed van kalfpersentasie op die jaarlikse bruto inkomste van ’n vleis-beeskudde.

  • June 2014 June 2014154 155

    BRAUNVIEH BRAUNVIEH

    Suksesvolle deelname aan ’n slagoskom-petisie begin by die keuse van ’n voerkalf. ’n Voerkalf sal óf ’n suiwer geteelde vleisbees óf ’n baster van twee of meer bees-rasse wees. Die ideale gewig van die kalf voor die begin van die voerproses is tussen 200 en 220 kg op die ouderdom van sowat 9 maande. Die kalf moet onthoring wees en kan gekastreer wees en nog nie permanente tande gesny het nie.

    Die kalf behoort goed bespier te wees. Daar moet min “duiwelsgreep” (geknyp agter die skouerblaaie) wees, die bors moet nie oorontwikkel wees nie en hoofsaaklik uit vel bestaan. Die rug, vanaf agter die skouer tot die heupe, moet breed en goed bespier wees. Eienskappe van ’n goeie voerkalf is goeie sprong van rib, maar nie boepens nie, ’n breë agter kwart met goeie bespiering en ontwikkeling in die binne- en buite-dye, asook goeie lengte tussen die heupe en sitbene.

    ’n Rustige geaardheid is verder ’n belangrike punt: beeste wat baklei en maklik skrik, se gewigstoename is swakker, en dié tipe bees is geneig om die hele kraal aan te steek wat betref swak temperament.

    Beoordeling van die gevoerde slagbees Vir beoordeling op die hoef geld meestal subjektiewe metodes wat

    hoofsaaklik gegrond is op beoorde-laarsondervinding. Aan die haak word gradering deur middel van objektiewe wetenskaplike metodes gedoen. Die karkas word geplaas op grond van ’n puntestelsel. Sekere kriteria word ge-bruik om punte toe te ken. Karkasgewig is een maatstaf: die lewende bees slag tussen 57% en 62% uit, dus behoort die ideale slagbees tussen 320 en 450 kilo-gram op die hoef te weeg om maksi-

    Dié kort opsomming van Jan de Jong oor die beoordeling van slagbeeste sal hopelik vrae uit die weg ruim en duidelikheid bring. Jan is ’n senior interrasbeoordelaar van dubbeldoel- en vleisbeeste asook ’n bekwame beoordelaar van slagosse en slagska-pe. Hy het al op verskillende landbouskoue opgetree om wenners op die hoef te plaas.

    Die keuse van ’n voerkalf vir ’n slagoskompetisie

    mum punte te behaal. Maksimum punte vir gewig word behaal vir karkasse tussen 190 en

    280 kg warm gewig, soos aangedui in die bostaande tabel. Punte word afgetrek vir afwykings.

    Vetbedekking is ook belangrik en die kar-kas behaal maksimum punte as dit tussen 2+ en 3- uitslag. Afwykin-gs van die vetkodes kry minder punte.

    Boudgedeelte (5), Voorkwartgedeelte (5), Ruggedeelte (5)

    Bouvorm van die kar-kas is natuurlik belangrik

    en tot 15 punte word daarvoor toegeken. Op die hoef is bouvorm en afronding die twee be langrikste kriteria waarna gekyk word en daar word sterk teen afwykings gediskrimineer.

    Verder word beeste in gewigsgroepe verdeel, asook volgens ’n aan-tal norme wat nie wetenskaplik met aan-die-haak beoordeling saam-loop nie. Ná die plasing van ’n klas beeste word van die beoordelaars verwag om redes vir hul plasings te gee. Dit is juis dié redes wat die pro-ses vir die toeskouer interessant en leersaam maak.

    ’n Oorontwikkelde bors wat swaar en prominent vertoon, dui op oor-voeding omdat die bors hoofsaaklik uit vet bestaan. Baie plooie in die voorkwart is een van die eienskappe wat ’n lae uitslagpersentasie aandui.

    Agter die blaaie moet “duiwelsgreep” nie voorkom nie, terwyl die voorarm prominent moet uitstaan. Die voorarm is ’n plek wat bespiering toon. Omdat vleis uit spiere bestaan, is dié eienskap een van die belang-rikstes by op-die-hoef beoordeling.

    Daar behoort ’n redelike vetverspreiding oor die skouerblaaie (met ander woorde die voorkwart) te wees, maar ’n konsentrasie van vet oor die skouer (of ’n tekort) sal duidelik op die karkas opgemerk word. ’n Te dun vetverspreiding word as “kaal” beskryf. So ’n karkas vertoon “blou” aan die haak. Oor die ribbes moet vet ook egalig vertoon. Kolle vet word maklik raakgesien.

    Vanaf die skof tot die heupe moet die rug breed en platterig wees. Dié gedeelte bestaan uit die belangrike oogspiere. Vanaf die heupe tot die sitbene is afstand belangrik en hoe minder “dakkigheid” vanaf die stertwortel tot die buitedye, hoe beter.

    Die buitedye moet prominent wees en so laag as moontlik strek. Die binnedye behoort ook goed gevul te wees, met die vleis so laag moont-lik gedra. Die gesegde “vol in die broek” beskryf die ideaal. Die boude moet ook goed gevul wees, met bespiering tot laag gedra. Lang spiere tot na aan die hakke dra meer vleis as ’n kort maar oorontwikkelde ronde spier wat soos ’n vark se boud lyk.

    Omdat bespiering die beste aanduiding is van potensiële vleisop-brengs, word goed gelet op tekens daarvan by die bees se voorarm, oor die rug en in die boud. Goeie lengte tussen heup en sitbene in ver-houding tot die totale beeslengte, dui op ’n hoë uitslagpersentasie. Ver-der moet die bees as geheel goeie balans toon. ’n Bees met lang bene, groot bors, groot pens, swak ontwikkelde agterkwart en swak bespiering is ’n “wasty” met ’n swak uitslagpersentasie.

    Tekens van oormatige vetheid word oor die ribbes gesien. Die lies moet gevul word sonder om ’n knop te vorm as die bees stap. Vetaanpaksels langs die stertwortel en kolle vet oor die buiteboud is ook onwenslik.

    Die duurste snitte van die bees vorm ’n “pistool” – van die middel-punt van die rug agtertoe, en vanaf die heupe vertikaal af tot die hakke. Hierdie gedeelte bestaan uit van die beste (en duurste snitte) vleis en daar word redelik klem op dié gedeelte van die karkas gelê. (Braunvieh Joernaal, Suid-Afrika)

    Vetkode Boud en voorkwart Ruggedeelte

    1+ 1 2

    2- 2 3

    2 3 4

    2+ 5 5

    3- 5 5

    3 3 4

    3+ 2 3

    4- 1 2

    Karkasmassa (kg) Punte

    < 170,0 0

    170,1 - 180,0 2

    180,1 - 190,0 6

    190,1 - 280,0 10

    280,1 - 290,0 6

    290,1 – 300 2

    >300,0 0

  • June 2014 June 2014156 157

    BRAUNVIEH BRAUNVIEH

    Flip du Plessis

    Op die plaas Airlie van Danie Delport en die aangrensende grond wat sy drie seuns hoofsaaklik bestuur, gebeur daar baie ... Braunvieh-teling, kommersiële beesboerdery, trofeejag, mielie-verbouing en die sny van hooi vir die maerder jare. Die Suksesver-haalspan, Marietjie van Staden (Agriforum) en Flip du Plessis (Feedmaster), het ’n dag saam met hierdie gesoute teler en nasionale oskarkaskampioenteler van weleer deurgebring en sommer baie meer boerdery-slim huis toe gegaan. Op 67 jaar begin hy nou afskaal om, volgens plan, oor drie jaar die leisels aan die seuns oor te gee. Lees onder meer van sy duurste les en sy beste besluit in sy boerdery-loopbaan, sy ervarings met kunsmatige inseminasie en sy goeie hart vir sy drie seuns in die fami-lie boerdery, sy plaaswerkers en sy diere.

    Teling kom vir Danie Delport uit sy hart

    Nog ’n suksesverhaal...

    Boere deel ervaring met Feedmaster-produkteDanie Delport

    “Teling is soos om Sun City toe te gaan. Jy weet nie wat jy gaan kry nie.” Só ge-sels Danie Delport, Braunviehteler en nasionale oskarkaskampioenteler van weleer. Vir hom is Braunvieh-teling meer van ’n hart-saak as ’n syfersaak. “Ek doen wel prestasie-toetsing, al sedert die sewentigerjare, om die beste groeiers uit te wys, maar die hart en die oog bly speel ’n baie belangrike rol.”

    Die mooi Braunviehs op sy plaas Airlie in die Witvlei-omgewing kom ’n ver pad – uit die tyd toe melk en room boere in die land se geld sakke gevul het. “In daardie jare het die buurman, oom Karl Kessler, baie meer room van minder Braunvieh-koeie gekry as my pa met sy Afrika-ner- en Korthoring-kruisings. Ons eerste Braun-vieh-bul het ons by hom gekoop, hom op die Afrikaner-kruiskoeie gesit en sommer gou was die roomtjek heelwat groter.” In die vyftiger- en sestigerjare het boere van dwarsoor die land room gelewer en was daar heelwat botter- en kaasfabrieke in die land. In ’n stadium was die botterfabriek op Gobabis die grootste in Afrika.

    “My pa Daniël het in die middel sestigerjare toe nog drie Braunvieh-bulle en ’n paar koeie by ’n bekende Transvaalse teler gekoop. In 1966 het ons met stoetteling begin en het die Delkoms Braunvieh Stoet die lig gesien, vandag een van die oudste stoeterye in die land. Ná my

    pa se aftrede het ek en my broer Jan die stoet saam bedryf en in 1972 het ek oorgeneem.” Danie vertel dit was moeilike jare. “Die grade-ringstelsel het teen Europese rasse gediskrimi-neer. Karkasse moes toe nog vet wees en dub-beldoelrasse soos die Braunvieh word nie gou vet nie. Ons het gesukkel om bulle te verkoop en die pryse was swak. Aan die einde van die sewentigerjare het ek byna die stoet tot niet gemaak. Braunvieh-legende wyle Ryne Vers-feld van Gobabis het my moed ingepraat. Ek het toe weer ernstig begin teel en sedert dien gaan dit goed. Dit was ook oom Ryne wat in 1975 in Switserland vir my die bul uitgesoek het wat ek ingevoer het.”

    Uit ’n gesoute telersmond“My motto is om vleisbeeste met baie melk te teel. En hulle moet mediumraam diere wees,

    want ons kan nie groot gaan in ons woestyn-land nie,” sê Danie wat juis ter wille van goeie melk gereeld semen uit Switserland ingevoer het en nog baie daarvan in flesse bewaar. Hy ken die slag van kunsmatige inseminasie (KI) en het een jaar ook sy hele kommersiële koeikud-de ge-KI. “Dit was goeie oefening, maar vrees-lik baie werk. Ná die tyd het ons die bulle by die koeie gesit ter wille van die beste moont-like besettingsyfer.”

    Voordele van KI waarop Danie wys, is be-proefde teelmateriaal, die feit dat dit die oordra van geslagsiektes uitskakel en dit die gene-poel in ’n stoetkudde geweldig verbreed deur verskillende bloedlyne in te bring sonder die gevaar van inteling. “So kan die semen van vyf bulle vinniger vordering in ’n stoetkudde be-werkstellig omdat seleksie verbreed. Deesdae doen ek net KI op byvoorbeeld geselekteerde bulmoeders.”

    Sy KI-konsepsiesyfer staan op sowat 60%. “Ek het een jaar dieselfde sukses met sinchro-nisasie behaal, maar verkies dat koeie natuur-lik op hitte kom.” Hy vertel sy eerste KI-erva ring was taamlik rof. “Dit was erge donderweer. Ek het so gekoes vir die weerlig dat ek wonder of die koei ooit gevat het.” Nog ’n beginner-er-varing was dat hy ’n beter konsepsiesyfer met volmaan behaal het. Volgens hom is KI moei-liker op verse. “Die instrument gaan wel mak-lik deur die serviks, maar die wand van die ser-viks is baie dun wat die proses moeiliker maak.”

    As hy ’n stoetbul koop, wat hy selde doen, wil hy die bul se ma, en indien moontlik van haar dogters, sien. “Ek het ’n taamlik geslote kud-de vanweë KI. Ek het sedert die tagtigerjare ’n bul in Suid-Afrika en weer twee bulle by die De Rante Braunvieh Stoet gekoop en toe eers weer in 2013 vir Namdollar uit die Le Granges se Auro ra Braunvieh Stoet – ’n bul wat goed doen by my en al mooi kalwers gegee het.”

    Danie volg ’n enkelbulpaarstelsel in sy stoet-kudde van 100 koeie – een bul by sowat dertig koeie. Die dekseisoene is van 1 Januarie tot 1 April in die somer en net van 1 tot 30 Augus-tus in die winter om daardie vers of jong koei wat nie beset geraak het nie, nog ’n kans te gee.

    “My visie is om goeie Braunvieh-teelmateri-aal aan die kommersiële mark te lewer sodat die kopers van my bulle vir hulleself goeie, ge-harde moederdiere kan teel wat skaars is om in die hande te kry.” Danie verkoop sy diere op saamtrek-veilings, maar verkies uit-die-hand verkope. “Ek geniet daardie noue kontak met kliënte in die kraal en het dan ook sommer die geleentheid om oor die Braunvieh-ras te gesels.”

    In sy kommersiële beesboerdery word veel-bulparing toegepas en hier glo hy daaraan om ’n ongelyke getal bulle by ’n koeitrop te sit. “Ondervinding het my geleer dat twee bulle oor ’n koei baklei en die derde een haar dek. Ek sit altyd ’n jong bul, wat nog nie so ervare is nie, saam met twee ouer bulle by ’n koeitrop.” Hy gebruik ’n Swart Angusbul om die verse oop te maak, maar in die geval van sy Braunvieh-verse gebruik hy ’n suiwer Braunvieh-bul. Die Angus-bul gee sulke goeie kalwers dat hy hulle nie laat slag nie en ’n Brahman-bul op hulle sit. In die koeikuddes word Braunvieh-bulle op Brahman-tipe koeie en Brahman-bulle weer op Braunvieh-tipe koeie gebruik. As ’n ospro-dusent van Meatco, al van Damara Meat Pack-ers se dae af, streef hy na ’n karkasgewig van 280 kg vir osse van twee en ’n half jaar oud. En dit is van die veld af.

    Danie voeg by dat die Angus-tipes goeie kwaliteit vleis het waarvoor produsente in Na-mibië, soos in Suid-Afrika en oorsee, ’n premie-prys behoort te verdien. Hy voorsien dat dit in die toekoms sal gebeur. Die Angus het ook die poenskop-voordeel waaroor telers van dié ras sê: “Buy an Angus bull and and we dehorn the calves in the cow.”Hy vertel van die wonderlike Angus-koei wat met elke KI gevat het, maar wat hy per onge-luk doodgery het. “Ek het toe maar weer ’n vers uit ’n bekende Suid-Afrikaanse stoet gekoop.” Hy gebruik twee Angus-bulle in sy kommer-siële verskuddes.

    Baie prestasies op die kerfstokAs die nasionale slagoskampioenteler van die Windhoek Skou vir drie agtereenvolgende jaar en die teler van die tweede swaarste os wat nog in die land geslag is, vertel Danie dat rond-spelery tussen rasse hom op die ou end by die wenkombinasie van Swart Angus- en Braun-vieh-kruisings uitgebring het. Die Angus het verreweg die beste marmering van alle rasse en kry premiepryse in Suid-Afrika en elders. “Selfs

    die luiperds weet Angus-vleis is prima. Hulle sal eerder ’n Angus-kalf as ’n Braunvieh-kalf vang.”

    Oor sy laaste slagoskampioen vertel Danie: “Die os van tien jaar en elf maande het 1 410 kg op die hoef geweeg en 899 kg aan die haak. Sy vel alleen het 100 kg geweeg. Die T-beenskywe was 2,5 kg per stuk. Ek het twee daarvan vir die snaaksigheid gekoop en dit het goed gesmaak.”

    Kom dit by ander prestasies, kyk Danie met trots terug na Otto, een van die laaste diere wat ’n Fase C-toets by die Omatjenne Navorsing-stasie ondergaan het. “Dié bul het die tweede beste voeromsetverhouding gehad – ’n gewigs-toename van 1 kg vir elke 4,37 kg voer wat hy gevreet het. Normaalweg lê hierdie verhou ding by 5 kg en meer voer vir 1 kg vleis. “Ek het nog twee dogters van Otto in my kudde en het ook nog semen van hom. Ek het baie goeie bulle van hom verkoop. Dr. Stephanie van der Walt het Otto later by my gekoop en sy was net so suksesvol met hom.” Otto was die seun van Boxer, een van die twee bulle wat Danie uit die De Rante Braunvieh Stoet gekoop het.

    Dan was daar ook die uitsonderlike koei, Ute,

    158

    Hoe lyk die toekoms?As ’n positiewe mens glo Danie Delport dat daar ’n goeie toekoms in landbou lê vanweë be-volkingsgroei en ’n verhoogde vraag na voedsel. “Een van die groot uitdagings is om orga-niese voedsel te produseer omdat dit die voorkeur van al meer verbruikers word. Ons sal ons nismarkte moet behou en uitbrei as ons wil oorleef.”

    Vir die stoetteelbedryf sien hy ’n ewe goeie toekoms. “Stoettelers sal altyd daar wees ter wille van voedselsekerheid. Kommersiële boere moet elke paar jaar bulle vervang en hulle sal dit nie sonder die stoetbedryf kan doen nie.”

    Sy raad aan jong boere is om die beste bulle te koop wat hulle kan bekostig. Volgens hom was sy beste boerderybesluit om grond by te koop en te huur en sy kuddes te vergroot. “Dit het my baie gehelp om meer ekonomies te boer.”

    Die drie spog-bulle waarop Danie Delport baie trots is. Van links is Alfie, ’n jong bul wat groot belofte inhou, die selfgeteelde Bertie wat sy kant vol-uit bring en Namdollar uit die Aurora Braunvieh Stoet wat al mooi kalwers gegee het in die meer as ’n jaar sedert Danie hom gekoop het.

    Dié besondere koei se spene wys dit dalk nie, maar sy lewer 18 liter melk op ’n dag van die veld af. As die kalf sy tien liter per dag in het, bly daar nog ’n hele klomp liter oor vir huisgebruik.’n Trop Braunvieh-stoetkoeie.

    Die Swart Angus lê vir Danie Delport na aan die hart. Hy gebruik die Angus om sy kommersiële verse oop te maak. Dit is juis ’n Swart Angus- en Braunvieh-kruising wat aan hom die prestasie van ’n driekuns vir nasionale karkaskampioene besorg het – onder meer die tweede grootste os wat nog in die land geslag is.

  • June 2014 June 2014158 159

    BRAUNVIEH BRAUNVIEH

    wat vir twee agtereenvolgende skoujare as die dubbeldoel-interraskoei in Windhoek aange wys is. Sy was ook die trotse wenner van die gesogte Queen Elizabeth-beker vir uitsonderlike vrug-baarheid vir koeie met sewe en meer kalwers. Ute het 12 kalwers in haar leeftyd van 17 jaar gegee en haar TKP was gemiddeld 369 dae.

    In sy jarelange skoudeelname sedert 1974 het hy verskeie reserwe- en raskampioene opgele-wer. “Toe die jonger telers begin inkom, het hulle my ’n bietjie uitgedruk. Maar ek is bly daaroor, want dit wys die ras gaan vorentoe.” Op van-jaar se Windhoek Skou sal van sy mooi Braun-viehs weer in die beoordelaarsring te sien wees.

    Duurste droogte-les nog“As dit droogte is, gee eerder jou koeie verniet weg, maar moenie met hulle trek nie, behalwe as dit na ’n plaas by jou is.” Danie vertel hy het sy duurste les nog geleer toe hy in die vroeë negentigerjare met sy kudde na die rand van die Namib in Usakos se wêreld getrek het. “Ek het die helfte van my koeie verloor weens ni-traat-vergiftiging en ’n klomp kalwers wat lui-perds teen die Kahn-rivier gevang het. Weiding-huur het toe ook van tussen N$15 en N$16 per kop opgeskiet na N$40 per kop. Ek het ’n lelike knock gevat.”

    Juis daarom het Danie met die afgelope droogte sy diere betyds verkoop. “My kommer-siële koeikudde het tot sowat 200 gekrimp.”

    Weiding en voeding lyk sóOp Airlie met sy sanderige, leemgrond en vlak kalk is natuurlike savanna met soetveld en ka-meeldoringbome die prentjiemooi gesig en ’n boer se droom. Gras is hoofsaaklik van die Uniplumus-spesie en struike en bosse is in die minderheid. Indringerbosse is daar omtrent nie, want die meeste swarthaak het in 2012 se koue winter doodgeryp. Volgens Danie het die bosse toe nog baie vog in hul stamme ge-had van 2011-2012 se rekord-reënseisoen wat meegebring het dat hulle soveel te meer kwes-baar was vir ryp.

    Hy volg ’n vierkampstelsel en pas wisselwei-ding toe – gereeld in die somer en minder ge-reeld in die winter. Die kampe se groottes wissel tussen 200 ha en 800 ha. Bestokking vir vroulike diere is 1 op 15 ha en vir jong diere 1 op 10 ha.

    Teling kom vir Danie Delport uit sy hart157

    Breek die herfs aan, word daar hooi gesny. “Ek poog om tussen 200 groot ronde bale en 2 000 klein vierkantbale per seisoen af te haal – in die padgordels en op die vlaktes.”

    Kuilvoer word ook gemaak en niks kan ’n mielie hier klop nie, sê Danie. “As die mielies nie goed vaar nie, gebruik ons voersorghum (Sugar Grey en Honey Green) wat ons self aanplant.”

    Danie vertel sy seuns het vanjaar groot in-geklim met die mielies. Die oes op die landerye van 200 ha word op ’n stewige 4 ton per ha geskat. Die groot koppe is mooi uitgeswel en vol van die pitte. Op die 6 ha onder drupbesproei-ing is die oesverwagting 10 ton en meer per ha. Besproeiing volg egter eers as die mielies goed gevestig het onder droëlandtoestande. “Die meeste van die mielies sal ons vir die maer jare bêre. ’n Mens weet nooit wat voorlê nie.”

    As ’n Feedmaster-kliënt is sy somerlek Fut-terfos 14 en sout en in die winter kom melasse, ureum en mieliemeel by. Hy rond sy osse af op die wintermengsel met ’n bietjie meer meel vir energie. Vir afronding vir skoue en veilings

    gebruik hy Beefpro 14. Hy maak met sy voer-menger ook ’n volvoer-dieet van HPK 30, hooi, mielieblare en -meel.

    Danie vertel ’n keurder het gereeld ’n paar bulle uit die groep afgekeur. “Toe hy die vol-gende keer weer kom, het ek 1 kg Veldafrond-korrels vir die 25 bulle ná die eerste ryp tot in September gegee om hulle deur die winter te help. Hy wou toe weet of ek die swak bulle klaar uitgehaal het. Vanjaar gaan ek dit weer doen, maar met minder hooi by en meer van ’n voer-mengsel omdat verlede jaar se droogte met die bulle (en ander diere) gemors het.”

    Die beginjare op Airlie“As ’n boorman wat die land deurkruis het, het my pa Airlie in 1947 by die oujongkêrel James Abbott vir net meer as 2 000 pond gekoop, wat volgens die omgewing se mense baie duur was. Die plaas het die naam van ’n Skotse dorpie – só gedoop deur die Skotse landmeter wat plase in die omgewing opgemeet het,” vertel Danie. Sy oupa, Jan, wat by Dordabis geboer het, is

    jonk oorlede – skynbaar deur gas oor-val weens houtskooldampe in die en-jinkamer tydens die depressiejare. Sy pa, die oudste van agt kinders, moes toe uit-spring en gaan werk – eers as stoker op die smalspoor tussen Otavi en Tsumeb en later as ’n boorman. “My pa het vir hom ’n boormasjien in Suid-Afrika ge-koop. Dertig donkies het die boormas-jien getrek. Met ons aankoms op Air-lie was daar een boorgat wat my pa, ’n goeie waterwyser, mettertyd tot vyf uitgebrei het waarvan twee voldoende water in dié waterarm area gehad het.”

    Hoe sake nou staan“Die agt kampe in my pa se tyd het uit-

    So ’n yskas sal elke plaasvrou graag wil hê. Dié gerief is ’n produk van die verkoe-lingsonderne-ming Inde-pendent Refrigera-tion Supplies in Windhoek van twee van Danie Delport se seuns, Fran-cois en Niel.

    Die onthaal- en ontspanningsaal vir oorsese trofeejag-ters met sy prag-trofeë en hier en daar ’n rare een soos ’n koedoebul met ’n skewe horing en ’n ou elandbul met een horing.

    Hooi maak en voer meng is ’n groot bedryf op Airlie. Die voer silo is onlangs opgerig en kan 145 ton stoor. Van links is Danie Delport, Flip du Plessis van Feedmaster, Mar-cus Tjombe, Dankie Thlekwane en Willem Amseb. Regs steek ’n stukkie uit van die ou kuilvoer-toring wat deesdae as ’n mie-lie silo gebruik word. “Ons maak nou sommer op ’n seil op die grond kuilvoer wat makliker is vir die vasstamp en die gebruik daarvan. Die kuilvoer word ook met ’n seil toegemaak.

    Pa en seuns het vanjaar op groot skaal mielies aangeplant – droëland op 200 ha en onder drupbesproeiing op 6 ha nadat die mielies op droëland gevestig het. Op die inlasfoto wys Danie Delport hoe mooi en vol die koppe is.

    Eintracht is die jagplaas waar Danie Delport se seun, Pieter, sy beroep en passie as professionele jagter uitleef.

    Brahman- en Braun-vieh-tipe koeie, wat deesdae baie ge-sog is.

    gebrei tot 25 kampe op Airlie terwyl ’n 24 km lange pypleiding aangelê is om oral water op die plaas te hê.” Danie vertel sy pa het 1 000 beeste op die grond aangehou waar hy nou net 390 beeste het. “Intussen is ons besig om al die windpompe met sonkrag-pompe te vervang. Die ystervarke gee net las omdat hulle die plastiek om die kabels wat in die grond gaan, afvreet.”

    Dan is daar by elke waterpunt ook ’n kort drukgang vir net twee beeste wat goed werk vir siektebehandelings. Op die ander plaas, Eintracht, wat Danie in 1981 gekoop het, is ’n 12 km lange pypleiding aangelê. Die huurplaas Goldene Aue het vyf jaar ge-lede bygekom vir die groter familieboerdery van pa en seuns.

    Dieregesondheid is vir Danie net so be-

    langrik soos goeie infrastruktuur. “Ek spuit jaarliks my diere teen milt-, lam- en spons-siekte. In goeie reënjare is galsiekte weer ’n groot probleem. Inenting teen honds-dolheid gebeur net wanneer daar ’n uit-breking is. Met die Europese rasse moet ’n mens versigtiger wees. Hulle het nie soveel natuur like weerstand teen siektes soos die Indicus-tipes nie.”

    Oor roofdiere wat soms pla, sê Danie: “Ek hou nie daarvan om hulle dood te maak as hulle nie ’n bedreiging inhou nie. Ek verloor meer beeste weens diefstal met een van die plase wat teen die teerpad lê as wat die roofdiere vang. Omdat ons baie wild het, is daar genoeg natuurlike kos vir die roofdiere. Die luiperds vang gemiddeld ’n kalf per jaar.

    160

  • June 2014 June 2014160 161

    BRAUNVIEH

    Dr. Hannes Dreyer, VBRSA, Vrede en Rodney Neu-man, Drakensberger-stoetteler.

    Die Drakensberger is een van die min in-heemse beesrasse in Suider-Afrika. In die litera tuur bestaan daar bewyse dat heelwat swart beeste in die 15de en 16de eeu in Suider-Afrika voorgekom het. Die Drakensberger is sekerlik die beesras wat onder die moeilikste omstandighede denkbaar (Groot Trek, runderpes, oorlog, vee-verbeteringswet) ontwikkel het tot ’n tropies- en subtropies-aangepaste vleisbees. Vanaf 1497, toe die eerste swart beeste in die Kaap voorgekom het, het die ras oor die hele Suid-Afrika versprei. Dié ras het oor meer as vyf eeue ontwikkel van ’n trekos tot ’n ras met goeie vrugbaarheid, melkproduksie en groei.

    Die Drakensberger maak 2,7% uit van die nasio-nale stoetkudde (Neser et al, 2013). Die swart kleur wat dominant is, dra by tot die mees eenvormige kuddes en as daar gekruis moet word, gee die do minante swart kleur die mees eenvormige nageslag. Rooi en vaal kleure kom in die resessiewe vorm in die ras voor en teel suiwer as rooi met rooi en vaal met vaal ge-paar word. Uiteraard beskik die ras dan ook oor uitstekende pigment en swart kloue.

    Die Drakensberger is ’n aangepaste beesras wat in al die verskillende gebiede van Suid-Afrika goed presteer. Dit is ’n mediumraam ras wat dieselfde doeltreffendheid kan handhaaf as kleinraam vroegryp tipes en baie naby dieselfde groeitempo het as baie grootraam laatryp rasse.

    Die eerste plaastoets van Drakensberger-bulle, volgens die riglyne van VBRSA (Veldbul/Ram Suid-Afrika), het in die 2006-2007 seisoen plaasgevind toe bulle van die Neuman-broers getoets is. Sedertdien het veldtoetse onder Drakensberger-telers al verder uitgebrei. Tydens die 2013-2014 sei-soen was ongeveer 18% van die 4 000 bulle wat deur VBRSA getoets is,

    Drakensberger: Die ras vir die toekoms

    Drakensbergers. Omdat dit ’n mediumraam tipe is, is dit moontlik om AB-graad vleis van die veld af met relatief lae koste te produseer. Groeipres-tasies op die veld toon dat die Drakensberger by uitstek ’n veldbees is.

    Verder bied die Drakensberger die volgende: Uitstaande moeder-eienskappe met feitlik geen kalfprobleme nie, geen kenmerkende oorerf-bare gebreke nie, uitstekende vleisbeeste en speenkalwers. Speenmassas van 250 kg plus word dikwels, selfs onder suurveldtoestande, behaal. Ver-der het die ras ’n goeie inherente weerstand teen siektes en uitwendige parasiete en kan dit beskou word as die “easy care” bees van die toekoms.

    ’n Onlangse studie het getoon dat Drakensbergers uitstekend doen in voerkrale en dat hul mortaliteit- of morbiditeit-syfers dieselfde of beter is as dié van vergelykbare rasse. Drakensbergers produseer ook baie goeie kwaliteit vleis soos getoon met ’n uitstekende 4de plek in die 2012 “Ultimate Beef Challenge”.

    Bruin hiënas kan ook ’n las wees, veral as hulle eers bees vleis ge-woond geraak het. Ek het een jaar 12 kalwers verloor, maar was toe darem gelukkig om hom in sy roofspoor te stuit.”

    Arbeidsake baie gesondDanie teel nie net met sy hart nie, hy het ook ’n groot hart vir sy plaaswerkers. En net soos Danie is, sagmoedig en vredig, so is sy aanslag met sy werkers. Sy voor-man, Emil Nanub, is al sedert 1974 in sy diens. Markus Tjombe, wat op die plaas grootgeword het en na die beeste omsien, het in 1996 ingeval. Oor hom vertel Danie ’n mooi storie. “Hy was nog puur kind en wou net die skoulorrie klim. Ek het hom verbied, maar toe ons by die skou afklim, kruip hy tussen die hooibale uit. Metter-tyd het Markus ook ’n knap han-teerder van skoudiere geword.”

    Dit is juis Markus wat die Feed-master-Suksesverhaalspan vertel het van plaaswerk op Airlie. “Ons bly almal lekker hier. Ons kry alles wat ons nodig het en meer. Ook lekker vis van Swakopmund af.” Danie is dees-dae op 67 jaar semi-afgetree en bly hoofsaak-lik op Swakopmund saam met sy vrou, Susie. Maar kort-kort roep die plaas en pendel hy so tussen die twee al pla die hooikoors erg, ook een van die redes wat hom see se kant toe ge-dwing het. Daar hou hy hom besig met hengel, die inlê van die heerlikste olywe en, soos nou, om ’n vragmotor van hom weer aan die loop te kry. Rondsit en niks doen is nie in sy aard nie.

    Vergoeding vir sy werkers is heelwat bo-kant die vereistes van minimum lone, terwyl ’n dertiende tjek deel uitmaak van die vergoe-dings pakket. Skoupryse se kontant druk Danie ook nie in sy sak nie. “Dit kom my werkers toe.”

    Die voorvat-voorman op Air-lie, Emil Nanub, maak in sy vrye tyd dié interessante voëlbakke.

    Die drie Delport-seuns wat saam met pa Danie boer is van links (oudste na jongste) Francois, Pieter en Niel.

    Danie Delport en sy vrou, Susie, twee jaar ge-lede in Switserland, waar hulle die Braunvieh Wêreldkongres bygewoon het, ’n paar tel-ers besoek het en “vrek koud gekry het”, soos Danie vertel. Medetelers Lourens en Henriette Le Grange van Namibië was ook saam.

    Die woonhuis op Airlie.

    Die baie familiefoto’s in die plaashuis vertel van die hegte bande in die Delport-familie.

    In die skadu van dié palm met die interessante gesig teen sy stam word daar lekker teen die swem-bad gekuier op Airlie.

    Teling kom vir Danie Delport uit sy hart

    159

    Op Airlie is daar sewe permanente werkers en twee elk op die twee plase.

    Familie staan saamIn die beginjare was dit Danie se vrou, Susie, wat nou betrokke was by die boerdery saam met hom. Sy het veral ’n slag gehad om siek die re reg te diagnoseer. Met die gevaarlike kant van boerdery het sy ook kennis gemaak toe sy eendag met ’n beeswerkery deur die lug ge-trek het nadat ’n Brahman-vers die hek waar sy gestaan het, getref het.

    ’n Paar jaar gelede het sy drie seuns, Francois, Pieter en Niel, hul toetrede tot die boerdery gemaak aan wie hy oor sowat drie jaar die lei-

    sels wil oorgee. Die oud-ste en die jongste, Francois en Neil, is die beesboere oor naweke en in die week bedryf hulle die verkoeling-

    sonderneming Independent Refrigeration Sup-plies in Windhoek. Pieter, die middelste seun, is die professionele jagter wat jaarliks verskeie buitelandse trofeejagters ontvang. “Ek is lief vir jag en het die seuns op ’n jong ou der dom leer skiet. Pieter was toe die een wat ’n passie vir jag ontwikkel het en die jagvelde van vele oorsese lande al verken het.”

    Sy liefde vir die Braunvieh het hy aan al drie seuns oorgedra. “Hulle het ook stoetdiere en ek is nogal nuuskierig om te sien of hulle die Delkoms Braunvieh Stoet vorentoe sal vat. Ek het nog weinig seuns gesien wat dieselfde liefde en passie vir stoetteling as hul pa’s het.”

    Danie en Susie se oudste kind was ’n dogter, Cornelia, wat vier jaar gelede op Kersdag aan kanker oorlede is. Die kleinkinders staan op nege en soveel omgee is daar vir hulle dat ’n groot speelpark op Airlie se plaaswerf ingerig is vir wanneer hulle kom kuier.

    _GoBack