Upload
others
View
3
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
STELLENBERG
“ Trying to please everybody
is a great formula for failure. ”
Ms. Flavia Buttner
In This Issue
ATKV-Applouskompetisie
Uitslae van Tygerberg Eisteddfod
Sport results
Netball: SA Top Schools
Juniorbal
Mnr & Mej Stellenberg
Flashback to 2012
FIRE value: Excellence “We are what we repeatedly do. Excellence, then,
is not an act, but a habit.” - Aristotle
Therefore, practice regularly and be excellent.
Suzanne de Waal: School Management
Stellenberg High School Newsletter 5/2016 August 2016
En so kry André van der Merwe en sy hoërskoolkore dit wéér reg!
Ten spyte van ‘n terugslag vir André toe hy gedurende Mei ‘n dubbele hartaanval gehad het,
asook kernlede van die Meisieskoor wat as gevolg van sportverpligtinge nie aan die kompetisie
kon deelneem nie, seëvier beide SMK en SSK in hul onderskeie kategorieë. SMK word ook as
die Algehele Wenner in die Meer Ervare Hoërskool-kategorie aangewys.
Die uitslag vir SMK is soos volg:
Beste uitvoering van 'n Voorgeskrewe Lied (Meer Ervare Hoërskole)
Beste Meer Ervare Hoërskool Meisieskoor (94,37%)
Algehele wenner Beste Meer Ervare Hoërskoolkoor
SSK is in 2015 gestig. Na slegs een jaar en na landwye uitdunrondtes is hul een van die nege
hoërskoolkore wat aangewys is om in die Nasionale ATKV-Applouskompetisie in die kategorie
Meer Ervare Hoërskole mee te ding.
Hulle word as die Beste Seunskoor (87,29%) aangewys.
Nie net voer André gedurende ‘n moeilike en veeleisende 2016 sy hoërskoolkore tot hierdie
hoogtes nie, maar hy slaag ook daarin om tydens die Wêreldkoorspele in Sochi, Rusland, met
die USK (Universiteit Stellenbosch Koor) wêreldwyd die eerste plek vir kore te behaal.
André van der Merwe
Dit is September-eksamentyd! Met sport-, kultuur- en sosiale aktiwiteite wat volstoom
aan die gang is, wink die September-eksamen vir die
gr. 12’s.
Sterkte aan elke Stellie wat hard besig is om voor te
berei vir die eksamen.
Werk hard, leer hard en jy sal die vrugte pluk.
Alles van die beste.
Y. Havinga en personeel.
Click here to see the term 3 test timetable.
Click here to see the grade 12 term 3 exam timetable.
Thomas en Jaime Fowler was die kategorie
wenners van die senior klavierduetafdeling by
die Stellenbosch Kunswedstryd.
Hulle het die Bessie van Brakel-wisselbeker
vir die hoogste senior prestasie in die
klavierduet tydens die pryswennerskonsert in
ontvangs geneem.
Baie geluk!
Thomas Fowler en Jaime Fowler
Lisa Britz het die Stellenbosch Kunswedstrydbeker ontvang
vir die hoogste senior prestasie in harp.
Sy het ook 19 Augustus tydens die Western Cape Youth
Music Festival in Artscape opgetree. By hierdie geleentheid
het sy 'n harpkomposisie saam met die orkes gespeel wat
spesiaal vir haar gekomponeer is deur die bekende SA
komponis Alan Stephenson.
Baie geluk, Lisa!
Whiren van Niekerk and Firdous Trevor, both grade 12 singing pupils, entered the Divas Unite 2016 competition.
They passed the first round of auditions and participated in the second round of the competition, held at the V&A Waterfront. Whiren went through to the semi-finals and ended in the top 10 of the competition.
Due to the high standard of the participants, the top 10 were invited to perform at the Gala Concert at the Grand West Arena that took place on Woman’s Day.
Whiren described the experience as a definite highlight and one that she will never forget!
Whiren van Niekerk, Mrs. Wright and Firdous Trevor
Our Tygerberg Eisteddfod creative writing entrants did exceptionally well, and we are very
proud of them. The markers’ comments were flattering and made us aware that our learners
are talented and able to use language to evoke emotions in the reader.
The entrants are as follows:
Creative writing: poetry
Flavia Davids 92%
Marghiét Stassen 91%
Cameron Kurt 90%
Creative writing: essays
Cameron Kurt 90%
Amelia Kopper 90%
Tanika Engelbrecht 88%
Flavia Davids 87%
Skeppende skryfwerk: gedigte
Kyle Teixeira 90%
Flavia Davids 88%
Esté Swanepoel 85%
Skeppende skryfwerk: opstelle
Esté Swanepoel 76%
Tanika Engelbrecht 72%
Amelia Kopper, Flavia Davids, Cameron Kurt, Tanika Engelbrecht, Este Swanepoel, Marghiét Stassen. Afwesig: Kyle Teixeira
Ons het vanjaar altesaam 88 leerders gehad
wat vir die eksamen ingeskryf het. Baie geluk
aan die volgende presteerders:
Mieneke Dempers – 4de posisie in die Junior
Afdeling
Ingrid Barnard – 19de posisie in die Junior
Afdeling
Anita van Niekerk – 20ste posisie in die Junior
Afdeling
Deur Anandi de Witt
"Hierdie is nie 'n kamp nie. Hierdie is 'n beraad: 'n samekoms vir potensiële verskilmakers en
mense wat gemaklik sal raak daarmee om broodnodige, ongemaklike gesprekke te hê."
Hierdie woorde van Nicolaas van der Walt, seremoniemeester van die ATKV-Jeugberaad te
Goudini, eggo steeds in ons gedagtes, want 'n kamp was hierdie week beslis nie.
Ons het met vooropgestelde idees die oord binnegery, oor dinge wat ons dalk vir die
honderdste keer sal hoor oor leierskap en positiwiteit en passie en oor mense waarmee ons
liewer nie wil meng nie, presies soos enige buitelugondervinding wat ons al meegemaak het -
net om as veranderde, stomgeslaande mense met tientalle nuwe vriende, tonne herinneringe
en 'n nuwe uitkyk op soveel dinge weg te ry.
Die ATKV bied jaarliks hierdie jeugberade tydens die Junie-/Julie-skoolvakansie aan by hul
verskillende oorde. Hier word gr.11-leerders blootgestel aan 'n magdom verskillende,
kontroversiële gesprekke oor onderwerpe wesenlik tot hul menswees, die ontwikkeling van
leierskap in die betrokke skole en uiteindelik die vooruitgang van die land.
Skole van regoor die land - Kakemas, Swellendam, Stellenbosch, Worcester, Stellenberg,
noem maar op - kon saamkom en die kwessies wat elke skool in die gesig staar, bespreek .
Die hoë kwaliteit van die sprekers oor die verskillende uitdagings het die nodige lig op die
probleme gewerp en
praktiese wenke verskaf om
die probleme aan te spreek.
Daar was natuurlik baie
pret, ook! Ons het die
beraad se temalied en -dans
aangeleer, die berg tot by
die "Goudini Spa"-teken
geklim, 'volleyball' gespeel
en die voorreg gehad om na
'n optrede van "Saartjie
Band" te kyk.
Hierdie nie-kamp was beslis
'n eens-in-'n-leeftyd
belewenis en ons sien uit
om dit wat ons geleer het,
uit te oefen en om in die
toekoms terug te keer as
leiers by die jeugberaad.
Amy Brooks en Anandi de Witt, beide in gr.11, het die ATKV-Jeugberaad bygewoon.
Cross was weer deel van die jaarlikse One to One Day. Dis n dag vol speletjies en pret vir
gestremdes.
Ons het 21 Augustus 'n stalletjie gehad by die Bellville Velodrome. Dis goed om terug te gee
aan die gemeenskap en om te besef ons het soveel om voor dankbaar te wees. 25 van ons
leerders was vriende vir die gaste vir die dag.
Baie dankie vir die Crossleiers wat die stalletjie beman het en aan elke Stellie wat ‘n vriend
was!
Die Afrikaanse toneelgroep het gedurende die laaste naweek in Julie na Springbok vertrek om
deel te neem aan die Namakwaland Toneelfees. Hulle puik spel het tot uitstekende prestasies
gelei asook kommentaar dat die spelers uit die hart gespeel het en dat dit een van Petro van
den Heever se beste regiewerke nog is.
Die toneelgroep:
Regie: Petro Van den Heever
Vervaardiger, hulpregisseur: Joan-Marié Theart
Verhoogbestuurder: Simone Strümpfer
Klank: Philna Beetge
Beligting: Gavin Bosch
Spelers en prestasies by Namakwalandfees:
Liam Verreynne: Goud
Juli Vercuiel: Goud
Brendan Janse van Rensburg: Silwer
Andrea Ohlms: Silwer
Tammy Nel: Silwer
Lian Smit: Brons
Lafras Uys: Brons
Christiaan de Beer: Brons
Die tweede optrede was op 11 Augustus (Die Klein Libertas Tienertoneelfees) in Stellenbosch.
Die toneelgroep het hier net so goed gevaar en die talent en passie van die leerders kon
duidelik gesien word. Dit is ook hier waar Liam Verreynne die uitstaande toekenning as beste
algehele akteur ontvang het.
Ander toekennings:
Juli Vercuiel: Silwer
Liam Verreynne: Goud
Andrea Ohlms: Silwer
Tammy Nel: Brons
Op 17 Augustus het die jaarlikse Juniorbal - vir gr. 8 en 9-Stellies - in die aktiwiteitsentrum
plaasgevind. Die glansgeleentheid word jaarliks deur die Studenteraad georganiseer Hierdie
jaar was ‘n gr.10-leerder, Christiaan de Beer, in beheer van die projek.
Our guests of honour - the Juniors - were greeted with balloons, giant lollipops, a gumball
machine and a sign that read, "Welcome to Candyland!" There was also a photo booth with
various emoticon faces as props.
Die tafels was versier met kleurvolle heliumballonne en flessies vol lekkergoed om aan te
peusel. Elke stoel is oorgetrek met swart en wit lap en kleurvolle linte om aan te sluit by die
“lekkergoed” tema. Reuse lekkers het van die dak af gehang, en daar was selfs eetbare
springmielie-stringe teen die mure.
Tickets were sold out, and a total number of 335 Stellies - dressed beautifully in their finest suits
and cocktail dresses - attended this glamorous event. They were treated with sweets, pizza, ice
cream and quality music - of course!
Dit was 'n aand vol pret en plesier, en die
leerders het hul gô uit gedans! (‘n Bewys
hiervan is die groot aantal verlepte graad 8’s en
9’s wat die volgende dag in die klasse gesit
het.)
Baie dankie aan Christiaan de Beer en die
graad 9 VRL-lede - Nicola Ammon, Nicola
Hanekom en Skyla Field - vir hul harde werk.
Hulle het hulself sowaar goed van hul taak
gekwyt.
“Dazzling, extravagant, surprising, exquisite, entertaining…”
These are but a few words used by learners to describe the evening of Mr and Ms Stellenberg
2016 which was held on Tuesday 16 August.
The evening was hosted by the drama teachers, Mr Maree and Ms van den Heever, who
delighted us with their eccentric stage presence. The finalists (13 boys and 13 girls) walked the
ramp 3 times, each time portraying various themes, namely: Old School Vintage, New Age Tech
and evening Wear. Their outfits were “creative, fun and on point” as stated by one of the judges.
In their final walk, the couples wore Ilze Roux’s wedding dresses and Euro Suits’s tuxedos.
The judges for the evening were Jaco Marais (Runner up at Mr and Mrs Fitness SA 2009), Lizette
Groenewald (1st Princess at Mrs Cape Town 2016) and Ingrid Burger (founder and CEO of Acting
Hope).
Despite the results being exceptionally close, the winners for Mr and Ms Stellenberg 2016 are as
follows:
2nd Prince: Justin Fouché
2nd Princess: Liné Martin
1st Prince: Robey de Klerk
1st Princess: Kirsten Goosen
Mr Stellenberg 2016: Ntando Lurwengu
Ms Stellenberg 2016: Esmari Wessels
Twee van Stellenberg se netbalspanne het gekwalifiseer om vanjaar vanaf 4 - 7 Augustus by
Topskole te gaan deelneem. By hierdie geleentheid neem 22 van die beste skole in elke
ouderdomsgroep van regoor die land teen mekaar deel.
Ons o.14-span het met elke wedstryd hul bes gegee, en die ervaring wat daar opgedoen is, is
ongelooflik. Ons is baie trots om te kan sê dat hulle die 18de beste span in die land is.
Ons o.19-span het ongelukkig ʼn week voor die toernooi ʼn terugslag beleef toe hul kaptein en
senterbaanspeler, Zeandré Nel, haar knie beseer het. Desnieteenstaande het die span goed
aangepas en pragtige netbal gespeel. Hulle kan baie trots wees op hulself en hul koppe hoog
hou. Dit is ‘n veeleisende toernooi waar daar 8 wedstryde oor 2 dae gespeel word.
Die span het wonderlike karakter getoon en hulle het 6de in die land geëindig.
Ons is vreeslik trots op hulle en ook die afrigters en bestuur betrokke by elke span.
Baie geluk!
Die eerste Netbalspan in Boksburg
Vs Paarl Gimnasium o.14 A 25 - 11
o.14 B 14 - 15
o.14 C 19 - 7
o.14 D 15 - 2
o.14 E 10 - 2
o.15 A 18 - 27
o.15 B 13 - 14
o.15 C 13 - 18
o.15 D 8 - 18
o.15 E 39 - 2
o.16 A 21 - 13
o.16 B 10 - 13
o.16 C 22 - 17
o.16 D 30 - 8
o.17 A 27 - 19
o.17 C 31 - 3
o.19 A 28 - 23
o.19 B 23 - 15
o.19 C 6 - 24
o.19 D 6 - 44
Vs HS Brackenfell o.14 A 19 - 11
o.14 B 18 - 16
o.14 C 29 - 6
o.14 D 14 - 3
o.15 A 26 - 16
o.15 B 20 - 13
o.15 C 29 - 6
o.15 D 29 - 10
o.15 E
o.16 A 20 - 18
o.16 B 16 - 19
o.16 C
o.16 D
o.17 A 32 - 17
o.17 B 15 - 12
o.17 C 14 - 4
o.19 A 41 - 19
o.19 B 22 - 10
o.19 C 27 - 18
o.19 D 18 - 16
Vs HS De Kuilen o.17 A 31 - 12
o.19 A 21 - 18
Corporate Netball
Fun Day
Stellenberg High successfully
held their first corporate netball
tournament on Saturday, 13
August. This tournament allowed
companies to challenge one
another on the netball court. 22
teams, consisting of 10 players
each, men and women, took up
this challenge. Even the parents
grabbed the opportunity to
participate in this fun event.
Companies that took part were
Sanlam, Trees-SA, PKF,
Alexander Forbes Health, Dole
South Africa, Alternative
Concrete, Genis Distributors,
Faircape, Verso Financial
Services, C2M Chartered
Accountants Inc., R&B
Psychologists, Q20 and Pragma.
Prizes were awarded to each
pool winner as well as spot
prizes for the best dressed team,
most spirited team, player with
the most ‘Glitz and Glam’, most
exhausted team, most promising
shooter and the most promising
defender.
The day ended with a ‘bring and
braai’ and a well-deserved cold
beverage.
Thank you to everyone who
made this tournament a success.
We look forward to our 2017
CNFD tournament!
Girls Prem 1 vs Paarl Gim 0 - 2 vs DF Malan 2 - 1 vs Herschel 3 - 8
u.19 A vs Paarl Gim 0 - 4 vs DF Malan 0 - 1 vs Herschel 0 - 3
u.19 B vs Paarl Gim 0 - 5 vs DF Malan 0 - 2 vs Herschel 0 - 4
u.19 C vs Paarl Gim 0 - 4 vs Durbanville 0 - 9 vs Herschel 1 - 1
u.16 A vs Paarl Gim 0 - 4 vs DF Malan 3 - 2 vs Herschel 0 - 13
u.16 B vs Paarl Gim 1 - 3 vs DF Malan 2 - 0 vs Herschel 0 - 0
u.16 C vs Paarl Gim 0 - 3 vs DF Malan 0 - 4 vs Herschel 0 - 5
u.14 A vs Paarl Gim 2 - 2 vs DF Malan 1 - 0 vs Herschel 0 - 6
u.14 B vs Paarl Gim 3 - 0 vs DF Malan 0 - 0 vs Herschel 0 - 4
u.14 C vs DF Malan 5 - 0 vs Herschel 1 - 5
Boys Prem vs Fairbairn 3 - 3 vs Reddam 3 - 0 vs Paarl Gim 4 - 3
u.19 A vs Fairbairn 3 - 1 vs Reddam 4 - 1
u.16 A vs Fairbairn 1 - 0 vs Reddam 0 - 2 vs Protea Heights 5 - 0
u.14 A vs Fairbairn 1 - 0 vs Reddam 1 - 3 vs Protea Heights 9 - 0
u.14 B vs Fairbairn 0 - 0 vs Reddam 1 - 1
WP Stoei-
kampioenskappe
Charl Venter, ‘n gr. 9-
leerder, het Saterdag, 13
Augustus aan die WP
Stoeikampioenskappe
deelgeneem.
Hy het silwer medaljes vir
die o.17-Greco-Roman
styl behaal sowel as vir
die o.15-vrye styl.
Baie geluk, Charl.
Charl Venter
Natacha Kroon, gr. 10
learner, will be
representing South Africa
at the International Field
Archery Associations’
World Field Archery
Championships over the
period 23 to 30 September
in Wagga Wagga, New
South Wales, Australia.
We wish her the best of
luck for the
Championships!
Natacha Kroon
Armand Schutzler, gr. 10
learner, also qualified to
represent Western Cape at
the South African Fitness
and Hip Hop
Championships that were
held in Cape Town from 24
–26 June 2016.
His team, Exalt, ended
third at the SA
Championships in the 13 -
17 yr age group and
qualified for SA colours.
Well done, Armand! Armand Schutzler
Vs Paarl Gimnasium o.19 A 17 - 47
o.19 B 7 - 41
o.19 C 10 - 19
o.19 D 0 - 25
o.16 A 0 - 9
o.16 B 10 - 35
o.16 C 17 - 30
o.15 A 5 - 5
o.15 B 12 - 5
o.15 C 7 - 10
o.14 A 5 - 31
o.14 B 0 - 29
o.14 C 7 - 10
Vs HS Tygerberg o.14 B 41 - 5
o.14 A 26 - 8
o.15 B 69 - 0
o.15 A 75 - 0
o.16 B 29 - 10
o.16 A 77 - 0
o.19 D 35 - 5
o.19 C 43 - 6
o.19 B 53 - 8
o.19 A 68 - 5
Vs Hoër Jongenskool o.14 C 0 - 30
Klik hier om die sportprogram te besigtig.
Werner Botha, gr.11, het die afgelope vakansie aan
verskeie tennistoernooie deelgeneem in Durban, Benoni,
Gauteng en Pretoria.
Hy het aan vyf toernooie deelgeneem in ses weke en sy
posisie op die nasionale ranglys in die mans ope-afdeling
van 105 na 69 verbeter.
Van sy hoogtepunte was om 'n speler van Groot Brittanje
en Botswana uit te skakel .
Baie geluk, Werner.
Baie geluk aan Ryno Marais, gr .11-leerder van
Stellenberg, wat gekies is vir die o.23-SA "Indoor”-
krieketspan.
Ryno het die o.23-Bolandspan verteenwoordig tydens hul
toernooi in Middelburg. Die Bolandspan het goud verwerf
in die toernooi.
Baie geluk aan die Tweede gholfspan wat eerste geëindig het in die Noordelik Voorstede se
liga.
Ons wil vir hulle voorspoed toewens, want hulle moet spoedig teen die wenners van die
Suidelike Voorstede meeding om die algehele wenners te bepaal.
Gedurende die afgelope paar naweke het kompetisies
plaasgevind waar distrikspanne gekies is wat op 26-27
Augustus aan die Wes-Kaap kampioenskappe in Kaapstad
sal deelneem. Gimnaste sal dan poog om te kwalifiseer om
in Oktober aan die SA Kampioenskappe deel te neem.
Toekennings is aan gimnaste oorhandig volgens die posisies
wat hulle op elke apparaat behaal het. Annamarie Lategan,
gr.8A4, het die volgende uitslae behaal:
Artisties
Annamarie het goud vir Spronge gekry. Ongelukkig was haar
totale punt nie genoeg om vir die span gekies te word nie.
Trampolien
Annamarie het op beide die Groot Trampolien sowel as die
Dubbel-Mini-Trampolien goue medaljes verower en is in die
Kaapstad Distrik- (voorheen WP) span vir Trampolien
opgeneem.
Regstelling Nadia van Wyk, gr.8A1, het aan die SA-
gimnastiekbyeenkoms deelgeneem .
Sy het 'n eerste plek in Balk en Brug behaal en
ook weggestap as die algehele wenner van
haar kategorie. Haar harde werk en
deursettingsvermoë het haar groot hoogtes laat
bereik. Baie geluk, Nadia.
Annamarie Lategan
Enige persoon of maatskappy wat ‘n
bladsy vir R200 in die 30 jaar-vieringe
jaarblad wil borg , kan ‘n e-pos rig aan
When our matrics were in grade 8... 8E2
Courtleigh Behr Megan Bruiners Alrecha Collins Herschelle Cornelissen
Mohamed de Jongh Eugene de Villiers Janina Fuchsloch Dirk Gerntholtz
Dane Hoffmann Ashley Idas Gabriella Links Angel-leigh Mahlombe
Larissa Nel Emma Poole Tori Rogers Athi Rubela
8E3
Firdous Sulaiman Siphesihle Tshabalala Cara van Aswegen Mené van Eeden
Whiren van Niekerk Johann Visser Chaz Willemse Drew Wright
Sioned Booysen Courtney Britz Caitlyn Butler Calyn Butler
Amara de Abreu Justin Downey Jarrett Erasmus Matthew Fincham
Casey Greenwood Tristan Holloway Shaun Kinnear Joshua Lotz
Devereaux Manuel Manku Masemola Eva-Lily McGuigan Joshua Meisinger
Monya Miller Chantelle Robeck Dominique Segers Matthew Smith
Bronwyn Thomas Jason Tomlinson Chad Wessels
8E4
Stefan Arendse Tasneem Booth Joshua Brand Robyn Brown
Carla de Sousa Louis de Waal Jessica Deyzel Joshua Erasmus
Micah Felix Abigail Fisher Ashlin Hendricks Tenielle Isaacs
Andile Makhoba Heather Meyer Raheez Morta Tiffany Moses
Tammy Mostert Daniel Ponto Logan Smith Shané Spolander
Ruan van Zyl Ché Whitaker Lexie Willemse Cher-Vonne Wyngaard
Klik
hie
r o
m d
ie r
es v
an
die
ja
ar
se
ka
lend
er
te b
esig
tig
.
SchoolMAGIC
Bly op hoogte van jou kind se gedragspunte,
teenwoordigheid en loer na sy/haar rapportpunte.
Registreer by SchoolMAGIC deur hier te klik.
Communicator
Dit is belangrik dat al ons
ouers die Communicator op
hul selfone of rekenaars laai.
Dit is ons primêre
kommunikasiemedium aan
ouers.
Wat u hier kan verwag:
Opgedateerde
kalender
Wedstrydbepalings
Verskuiwing of
kansellasie van
wedstryde
Sportuitslae
Eksamenroosters
Belangrike briewe
Opedaebriewe vanaf
universiteite
Dans- en
matriekafskeidreëlings
Laai die communicator af
deur hier te klik.
Ons amptelike Facebook-bladsy
Hoërskool Stellenberg het 'n amptelike
Facebook-bladsy. Dit word deur personeel
onderhou en opdateer. Hiermee poog ons om 'n wye
verskeidenheid nuus en inligting met die gemeenskap
te deel.
“Like” ons bladsy hier.
MySchool
Ondersteun ons skool deur aansoek te doen vir ‘n
“MySchool Card” by Woolworths. Link your card to
Stellenberg High School. With every purchase at
Woolworths, Stellenberg High will benefit.
Click here for more information.
Neem asseblief kennis
Ons e-brief word maandeliks aan ouers gestuur om hulle op hoogte te hou van ons leerders
se aktiwiteite, prestasies en sportuitslae.
Stuur gerus besondere prestasies (en bewyse daarvan) na [email protected]
aangaande die leerders se buitemuurse aktiwiteite sodat dit gepubliseer kan word.
Contact Us
Give us a call for more
information about our
school.
Stellenberg High School
Mountain View Drive
Stellenryk
Cape Town
7550
(021) 9191029
Visit us on the web at
www.stellenberg.org.za
To advertise in this
newsletter, contact Tineke
at:
Interskole-uitslae
Musiekkonsert
Sportafsluitings
SR-nuus
Personeel, ouers en oud-Stellies U word hartlik uitgenooi om Vrydae, vanaf 16:00 (16:30) in die funksielokaal te kom ontspan. Kom drink koffie, koeldrank of ‘n drankie saam met ouers en oud-leerders.
Wees trots om ‘n Stellie te wees!
Stellenberg High School — Vivat Scientia
DISCLAIMER
Articles submitted for publication in this newsletter are the responsibility of individuals heading
up their specific sport or department. All articles received by the deadline date for copy are included in the publication.