28
56 Geloof in die Woord A35 Forgiveness & Healing A38 Fellowship with Christ in Com- munion—Tape 1 A39 Fellowship with Christ in Com- munion—Tape 2 A40 Tsunami & the rapture A42 Simplicity of the Gospel A43 The Password to heaven A44 God’s Greatest Gift and Expectation A45 Love the Truth Tapes-Various Speakers D1 The Catholic Church-Dr. Wilson D7 The Accuracy of the Quran? D28 Smokescreens D32 God’s Promise -Restoration (D.Gericke) D35 Overcoming Fear - Meg van Zyl D36 Freed from Fear - Meg van Zyl D38 The Presence of God – DGericke D39 Promise Keepers D46 Be strong and courageous - D. Gericke D47 Your Foundation—D. Gericke HOW TO PLACE AN ORDER: Please indicate the books you require by marking the block next to the title. Then either deposit the amount direct- ly into the banking account (and fax deposit slip and order), or send a crossed cheque or postal order togeth- er with your order to us. NB: PLEASE INDICATE YOUR INITIAL, SURNAME AND TOWN IN THE “REFERENCE” SECTION ON THE DEPOSIT SLIP Banking details: Stanger Christian Centre First National Bank Acc: 53730091667 Branch Code: 220129, Branch: Stanger Fax: (032) 5525411 GELOOF IN DIE WOORD Posbus 232, Ballito, 4420 (032) 551 1836 / 551 2419 ISBN 0-947033-56-4 Saamgestel deur Dr James van Zyl Herdruk 2008 GETUIENISSE Volume Een Boek no. 38

SECTION ON THE DEPOSIT GETUIENISSE Branch Code: …stangerchristiancentre.co.za/wp-content/uploads/2016/10/38... · M50 Charismatic Witchcraft M52 The laughing spirit explained M53

  • Upload
    dangque

  • View
    419

  • Download
    68

Embed Size (px)

Citation preview

56

Geloof in die Woord

A35 Forgiveness & Healing

A38 Fellowship with Christ in Com-

munion—Tape 1

A39 Fellowship with Christ in Com-

munion—Tape 2

A40 Tsunami & the rapture

A42 Simplicity of the Gospel

A43 The Password to heaven

A44 God’s Greatest Gift and

Expectation

A45 Love the Truth

Tapes-Various Speakers

D1 The Catholic Church-Dr. Wilson

D7 The Accuracy of the Quran?

D28 Smokescreens

D32 God’s Promise -Restoration

(D.Gericke)

D35 Overcoming Fear - Meg van

Zyl

D36 Freed from Fear - Meg van Zyl

D38 The Presence of God –

DGericke

D39 Promise Keepers

D46 Be strong and courageous - D.

Gericke

D47 Your Foundation—D. Gericke

HOW TO PLACE AN ORDER:

Please indicate the books you require

by marking the block next to the title.

Then either deposit the amount direct-

ly into the banking account (and fax

deposit slip and order), or send a

crossed cheque or postal order togeth-

er with your order to us.

NB: PLEASE INDICATE YOUR

INITIAL, SURNAME AND

TOWN IN THE “REFERENCE”

SECTION ON THE DEPOSIT

SLIP

Banking details:

Stanger Christian Centre

First National Bank

Acc: 53730091667

Branch Code: 220129, Branch: Stanger

Fax: (032) 5525411

GELOOF IN DIE WOORD Posbus 232, Ballito, 4420

(032) 551 1836 / 551 2419 ISBN 0-947033-56-4

Saamgestel deur Dr James van Zyl

Herdruk 2008

GETUIENISSE Volume Een

Boek no. 38

D r Jacobus Johannes van Zyl is op 24 Desember 1929 op Tarkastad gebore. Hy het op Cradock skool-gegaan en in 1958 aan die Univer-

siteit van Pretoria gekwalifiseer as mediese dokter. Hy trou in 1959 met Meg Goslett, ‘n gekwalifiseerde apteker en lidmaat van die Presbiteriaanse Kerk. Hulle het vier kinders, en dr James soos hy alom bekend is, stel baie belang in sport. Vanaf 1949 tot 1954 was hy die Suid-Afrikaanse Universiteit se lig-swaargewig boks kampioen, hengel graag in die diep see en het hom ook toegelê op die kweek van anthiriums en orgideë en later, die kweek van palm bome. Vir 20 jaar praktiseer hy op Stanger in Natal as mediese dokter waartydens hy ook die poste van Distriksgeneesheer, mediese Gesondheids Beampte en Spoorweg Mediese Beampte beklee het. In Desember 1980 verkoop hy sy praktyk om voltyds sy aandag te bestee aan sy genesings bediening vanuit die Christelike Sentrum op Stanger. Hy was 5 jaar lank burgermeester van Stanger maar mense eer en sosiale status het vir hom en sy gesin kleurloos geword in die Lig van God se Ge-nade toe hulle Jesus Christus aangeneem het as hulle Verlosser en Heer.

Dr. James was lidmaat van die NG Kerk, maar het in 1981 bedank, aangesien die bediening vanuit die Christelike Sentrum, wat ook landwye literatuur verspreiding insluit, plaasvind op ‘n interkerklike grondslag want dr. James besef dat die gawes van God se Heilige Gees aan die mens toevertrou word om die hele Liggaam van Christus hier op aarde te bedien, volgens Mark 16:15 tot 18.

55

Getuienisse—Volume 1

Faks: (032) 5525411

English books

16 God’s will for the Healing

30 Restoration of Praise

31 Experience the Holy Spirit

32 Lord’s Table and Healing

33 Baptism and Tradition

34 God desires to Heal you

35 Free from fear

37 The Church en route to perfec-

tion

40 Know your enemy

41 Testimonies – Vol. One

43 A Successful Marriage

58 Jesus shows the way to Heaven

61 What does God demand

62 How to bury the past

64 The Christian and Job

English Books

46 The Accuracy of the Quran?

55 Christianity or Islam:You decide

M17 What on earth is this Kingdom

Theology

M18 Who is part of the Anti-Christ?

M22 Is it right to Judge?

M24 What’s the world coming to?

M28 How should a Christian Pray?

M31 Deception in the Name of the

Holy Spirit

M32 From the Garden to the Cross

M37 The Dangers of Martial Art

M40 Jesus was not in hell

M44 Prayer and Fasting

M47 The Name of our God

M50 Charismatic Witchcraft

M52 The laughing spirit explained

M53 The Real Christian Church and

the Misled Christian Church

M56 Victory over the devils attacks

M57 Healing and the Occult

M58 Why must I be Born Again

M59 Is Divine Healing For All

M60 How Great is your God

M61 Faith as a Mustardseed

M62 What does God expect of the

family

M63 What does the Bible say about

Baptism

M65 The Power of Forgiveness

M68 A future for “gays”?

M70 The Trinity of God

Tapes & CD’s -Dr JJ van Zyl—

A6 So send I you

A7 Knowing the Will of God

A8 How to receive your Healing

A11 Healed by the Stripes of Jesus

A12 Ministering to the Sick

A13 Only Believe

A15 The Lord’s Table and Healing

A16 How to Pray to get results

A18 Beware of Job-comforters

A19 Testimony of Dr. van Zyl

A20 Biblical Faith

A22 The Power of God

A25 The Faithfulness of the Father

A28 He is Risen

A30 Healing through the Cross

A33 Holy Cows of religion

A34 The Unlimited power of God’s

Word

54

Geloof in die Woord

aan?

M27-Die Drie-Enigheid van God

M29-Wat is die ware Bybelse geloof?

M33-Besluite

M34-Van Edentuin tot by die Kruis

M38-Laat God siekte toe?

M39-Krag van God:Jesus Christus

Gekruisig

M40-Jesus was nie in die hel nie!

M41-Hoe belangrik is die Ou en

Nuwe Testament vir die gelowige van

vandag?

M46-Die Naam van ons God

M48-Die Egte en Misleide

Christelike Kerk

M49-Wat is die Islam Geloof?

M51-Waarvandaan kom Die-lag-in-

die-Gees?

M54-Die Bybel en Siektes

M55 -Vas en Gebed

M64-Die Krag van Vergifnis

M67-’n Toekoms vir “gays”?

Bande en CD’s deur Dr James- A1-

Die gesag van die gelowige

A2-Ontdek God se Wil

A3-Oorsprong van Christelike

Kerke

A4/5– Die Doop ( 1 en 2)

A9-God die Heilige Gees

A14-Nagmaal en Genesing

A17-Genesingsdiens by die Sentrum

A21-Getuienis van Dr. van Zyl

A23-Die Eenvoud van die Bybel

A26-Struikelblokke (Nr 1 en 2)

A27-Waarom is daar geen

oorwinning nie?

A29-Paulus se Doring in die vlees

A31-Die Antwoord vir ons

Hoekoms en Waaroms

A32-Die waarheid sal jou vrymaak

A37—God Reageer op Kinderlike

Geloof

A41—Die Krag van die Waarheid

A43—Wat gaan met hierdie wêreld

aan (gelees deur Dina Vierbergen)

Bande en CD’s—ander sprekers-

D3-Die Doop van ’n Bekeerde

Dominee

D19-Genesingsgetuienis van ‘n

Mediese Egpaar

D27 -Rookskerms

D31-Toronto Blessing – Waar of

Vals

D37-Toronto Beroering in die kerk

– Pst Horak

HOE OM TE BESTEL:

Dui asseblief aan die hoeveelheid boe-

kies wat u graag wil bestel in die blok-

kies langs die titel. Deponeer die be-

drag in ons bankrekening en faks/pos

die strokie saam met die lys van u

bestelling—of stuur ‘n gekruiste tjek of

poswissel aan ons.

LW: DUI ASSEBLIEF U VOOR-

LETTERS, VAN EN DORP/

V O O R S T A D I N D I E

“VERWYSINGS” SPASIE OP DIE

DEPOSITO STROKIE

Bank besonderhede:

Stanger Christelike Sentrum

Eerste Nasionale Bank

Rek: 53730091667

Tak kode: 220129, Tak: Stanger

3

Getuienisse—Volume 1

Inleiding

En hulle het hom (die duiwel) oorwin deur die bloed van die Lam en deur die WOORD VAN HULLE GETUIENIS, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie (Openb. 12:11).

In hierdie boekie gaan dit oor diegene wat deur die WOORD VAN HULLE GETUIENIS Satan oorwin het en ons dank die Here dat Hy ons die voorreg gegee het om, sedert ons vir die behoeftes van Sy Kinders, veral die siekes, begin bid het in 1979, duisende sulke getuienisbriewe ontvang het. Nog ʼn voorreg was om hierdie briewe in ons nuusbrief te kon opneem, maand na maand, sedert 1980 en só kon duisende lesers van hierdie nuusbrief bemoedig word om self in die geloof vas te staan, totdat hulle gebedsversoeke ook gemanifesteer het. Alle eer aan ons Getroue Hemelse Vader!

Ek wil graag ook daarop wys dat ons met baie van diegene wat genesing ontvang het, al die afgelope nege jaar kontak hou, en ons weet hulle lewe in liggaamlike gesondheid en oorwinning. Maar daar mag wel van diegene wees wie se briewe ons in ons Getuienis boekies plaas ( waarvan ons hoop om nog minstens twee binne hierdie jaar, en daarna elke jaar ten minste een saam te stel) wat lankal weer in siekte verval het en hulle genesing verloor het. Nou is die situasie soos volg: wanneer die Here ons aanraak, en bonatuurlik genees, is dit wonderlik, maar as ons nie ʼn toegewyde lewe aan die Here lei nie, en ons verval in allerhande sonde en onvergewensgesindheid, óf ongehoorsaam bly aan Sy opdragte (o.a. die in Markus 16:15 – 18) maak ons, ons lewens (en liggame) wawyd oop vir Satan en kan hy ons aanval, o.a. ook met siekte. Só verloor ons die genesing. Ons gebed tot die Here is dat hierdie boekies vol getuienisse ELKE leser ryklik sal seën en hulle oë opnuut sal plaas op die GROOT GENEESHEER, JESUS CHRISTUS. Hou maar ons nuusbrief dop om te sien wanneer die volgende volumes van getuienisse beskikbaar is. U kan inteken op ons gratis maandelikse nuusbrief deur u naam en posadres te stuur aan: Die Christelike Sentrum, Posbus 232, Ballito, 4420.

Ons verwelkom ook enige korrespondensie oor geestelike behoeftes, en bid graag saam met u daaroor. Liewe dr. James,

Goddelike genesing is vir my ʼn baie persoonlike en besondere belewenis en ondervinding.

In 1973 het ek met ernstige probleme te kampe begin kry en my gesondheid het ernstig begin ly.

Artritis van ʼn paar nekwerwels, baie hoog op in die nek, het nie alleen kwaai hoofpyne veroorsaak nie dog ook bewegings van my kop baie bemoeilik en gestrem, sodat die bloedtoevoer na die brein belemmer is. Verskeie

4

Geloof in die Woord

spesialiste het hierdie diagnose bevestig en manipulasie en operasie as gevaarlik bevind, omdat die letsel te na aan die breinwortel was en enige radikale ingryping groot skade kon veroorsaak. Konserwatiewe behandeling is voorgeskryf wat sou beteken dat ek moes aanleer om my kopbewegings saam met my skouers en bolyf te beheer wanneer ek in enige rigting moes draai.

Die alternatief was die dra van ʼn permanente nekstut om sodoende te verhoed dat die bloedtoevoer na die brein skielik afgesluit word deur ʼn vinnige beweging van die nek, wat dan weer ʼn momentele duiseligheid en dronkheid vir etlike sekondes, of selfs minute veroorsaak. Tydens hierdie voorvalle het ek dan alle kontrole oor my balans verloor en het maklik geval en kon gevaarlik wees wanneer in ʼn regop of lopende posisie – bv. op straat tussen verkeer. By verskeie geleenthede het ek dan ook die motor wat ek bestuur op hierdie wyse erg beskadig. Die toestand van die nek en rugwerwels het versleg en die Artritis het ook na die lae-rug en heup-gewrig versprei en my sit en loop is in 1977 deur ʼn kunsheup vervang en na vier maande, moes die tweede heup vervang word.

Intussen het gevorderde maagsere geperforeer en moes met ʼn noodoperasie drie-kwart van die maag verwyder word. Soos te verstane , op hierdie stadium, was my kragte baie afgetakel en moes die tweede heupoperasie vir ʼn verdere tydperk uitgestel word, sodat beweging daar weinig, of geensins meer moontlik was nie. X-straal foto’s het getoon dat totale verval ingetree het.

Teen die tyd dat die tweede heupoperasie gedoen is, het ek letterlik, liggaam, siel en gees saam met die Psalmdigter gesê: “Ek smag na die hulp van die Here om my uit die put van die slymerige modder op te trek en my op ʼn rots te laat staan.” (Ps. 40:3). Uiters moeilike beweging met twee krukke, geen kommunikasie met die buite wêreld, het eensame afsondering en swaarmoedigheid tot gevolg gehad.

Maar juis in hierdie donker tyd het die Genadige God van die Psalmdigter Hom na my afgebuig, om Hom in Sy Goddelike en onbeperkte Krag aan my te openbaar.

In hierdie donker tyd het ʼn dierbare ou vriend vir my ʼn boekie gegee deur Dr James van Zyl. Ek het die boekie gelees en Dr James in my verswakte toestand op krukke, in Stanger gaan besoek.

Op sy kalm, sobere, gelowige manier, het hy baie Skrif vir ʼn volle uur lank gegee, vanaf Genesis tot Openbaring, voordat hy sy hand op my kop gelê het, en verder het hy vir my gesê: “God manifesteer Homself op SY eie wyse en tyd aan elke kind van Hom. Die grootste en belangrikste saak nou, is dat u eers sal seker maak waar u staan in verhouding tot hierdie Grote en Almagtige God. Is u waar Hy u wil hê?”

Loop, kon ek nie sonder krukke nie – die operasie ten spyt. Die heup- en beenspiere, was só verswak en verval ná die lang tyd van onbruik. Ek moes na een of twee maande volgens die Ortopedis se uitspraak, normaal kon loop, maar die tyd het verby gegaan (1 jaar 9 maande) sedert die eerste heupvervanging en my vermoë om te loop sonder krukke, was nul. Motorbestuur was heeltemal onmoontlik, my nek en kop simptome was erger as ooit tevore en my algemene fisieke toestand verswak. Ek het my geestelik begin voorberei vir ʼn rolstoel lewe! Maar in die tydperk van 28 Maart tot 2 April 1981 het God diep in my siel en gees met my gedeel.

ʼn Rustige slaap het my oorval en toe ek die môre van 2 April wakker

53

Getuienisse—Volume 1

Afrikaans Boeke

3-God wil jou genees

5-Die Tweesnydende Swaard

6-Oorwinnaarstaal

7-Ken jou vyand

8-Innerlike Genesing

9-Bybelse antwoorde oor Genesing

10-Ondervind die Heilige Gees

11-God se Wil oor siekte

12-Die Christen en Job

13-God eis ‘n Heilige Lewe

17-Geloofsbrood vir die Somer

18-Geloofsbrood vir die Herfs

20-Geloofsbrood vir die Winter

21-Geloofsbrood vir die Lente

22-Soldaat wees vir Jesus

23-Laat die Woord lewe

(Bybelstudie)

24-Slaankrag in Lofprysinge

25-Kerk oppad na Volmaaktheid

26-Die Nagmaal en Genesing

27-Die Doop en Tradisie

29-Wat moet ons doen Broeders

36-’n Suksesvolle Huwelik

38-Getuinesse – Vol Een

39-Getuinesse – Vol twee

42-Getuinesse – Vol Drie

65-Getuinesse—Vol Vier

44-Die Karakter van God

45-Die Groot Verleier

47-WaaromBybel- Enigste Woord

51-Die Feestye van die Here

52-Die Wederkoms van Christus in

Daniel

57-Jesus Wys die Pad na die Hemel

59-God se Ewige Plan vir Israel

60-Misleiding in die Naam van die

Heilige Gees

63-Die verbondsteologie in die regte

perspektief (Dr Martin Gunther)

Mosterdsaad Boekies

2-Geloof soos ‘n Mosterdsaad

4-Paulus se doring in die Vlees

M1-Waarom moet ek Weergebore

Word?

M2-Is Goddelike Genesing vir almal?

M4-Wat verwag God van die

Huisgesin?

M5-Kan woorde jou lewe regeer?

M6-Wat sê die Woord van God oor

die doop

M7-Hoe kan ek verlos word van

vrees?

M8-Is daar krag in die doop in die

Heilige Gees

M9-Hoe moet ek bid?

M10-Hoe kan ek die duiwel se

aanvalle oorwin?

M11-Hoe kan ek my erfenis in besit

neem?

M12-Wat is die Verbond?

M13-Wat is die New Age?

M14-Hoe Groot is jou God?

M15-Wie veroorsaak rampe en

siektes?

M16-Wat is die gevare van Karate?

M21-Mag ‘n Christen Oordeel?

M23-Genesing en die Okkult

M26-Wat gaan met hierdie wêreld

VIR JOU GEESTELIKE GROEI

52

Geloof in die Woord

5

Getuienisse—Volume 1

skrik, het die bediendetjie die koffie ingebring. Ek neem die een koppie om dit vir my man langs my aan te gee – en

toe gebeur dit: Altyd moes ek my hele bolyf draai in die proses, maar nou; ʼn gevoel van verslapping agter in my nek, gee my die gevoel asof my nek uitrek en my kop rol gemaklik na links. Ek is verbaas – wat gebeur? Toe my man die koppie gevat het, draai ek vinnig my kop na regs, toe gooi ek my kop vêr agteroor en weer vêr vooroor sodat my ken op my bors raak: ʼn Wonderwerk! “Sien jy”, sê ek vir my man. “My kop beweeg vry en los. Bewegings wat ek vir jare nooit meer kon uitvoer nie!” Toe ek opstaan en na die badkamer gaan, beweeg ek nog swaar en pynlik in my bene en rug – maar my nek – dis wonderlik.

Ek bad stadig en moeisaam en klee myself moeilik soos gewoonlik die laaste tyd. Maar toe begin ek aanstap met die gang af na die kombuis, my man agter my – en skielik gebeur dit weer! ʼn Gevoel hier bo in die heupgewrig en been – Asof dit uitrek, die spiere losmaak – my voet voel of hy vêr voor my uitstrek – ek kyk, maar nee, ek sit hom op die regte plek voor my neer – en dan die ander been ook. Dit gebeur alles binne ʼn paar oomblikke en ek roep in ekstase uit: “Skat, sien jy ek loop reg!” Die Goddelike Genesing het gemanifesteer! Dr Anna Cronjé Witbank

* * *

Drie jaar gelede moes ek die skokkende nuus verneem dat ek verspreide borskanker gehad het wat toe reeds my gesig, regteroog, bekkenbene asook my tong en smaak aangetas het. Die chemoterapie het my by die dood laat omdraai. My hare het uitgeval, ek was ontsettend bleek en my gesig was onherkenbaar geswel. Kanker-uitsaaiings in my beenmurg het enige bloedvorming verhoed en ek was te moeg om asem te haal.

Menslik gesproke was daar nie hoop nie, maar ek het aan u geskryf om tog asb. vir my te bid en die dag toe ek ʼn brief terug van u ontvang het, het my genesing begin.

Vir die eerste keer het dit vir my so duidelik geword dat dit nie die Wil van God is dat ek só siek moes wees nie. ʼn Groot vrede het in my gemoed neergedaal, ek het die Here begin loof en prys en geweet dat Hy my volkome genees het.

Op 11 April 1980 was ek op Stanger. Nadat u vir my gebid en die hande opgelê het, het ek geweet dat my genesing geestelik sowel as liggaamlik voltooi was.

X-strale en bloedtoetse wat vroeg in Mei gedoen is, het dit bevestig maar die spesialis het my meegedeel dat ek ʼn ongeneeslike soort kanker het en dat ek binne drie maande weer net so siek sou wees as hulle die behandeling sou staak.

“Die Here het my gesond gemaak en ek weier enige inspuiting of tablette,” het ek volgehou.

Verdere toetse en X-strale wat 3 maande daarná geneem is, het geen abnormaliteite getoon nie.

6

Geloof in die Woord

Volgende maand sal dit ʼn jaar wees wat ek laas enige behandeling ontvang het.

Ek is gesond, vol energie, het weer ʼn digte bos hare en elke oggend as ek my oë oopmaak sê ek net “ Dankie Here” en besef opnuut die wonder van Sy liefde. Nela Lourens, Standerton. (gewese mediese suster)

* * *

Dr Van Zyl het vir my op Aliwal-Noord gebid en in een oogwenk het

daardie helse brandende pyn in my rug wat my al 12 jaar pynig, verdwyn. LOOF DIE HERE!

Here U is groot, U is fantasties groot en dan is daar nog mense wat twyfel aan die LEWENDE GOD. Die Satan het my 12 jaar in gevangenskap gehou. Hy het my gepynig, en my liggaam stuk vir stuk gebreek en vermink, hy het my besteel: hy is ʼn dief en ʼn moordenaar.

Mense, het u al gehoor dat ʼn man 23 cm (9dm) korter geword het? Het u al gehoor van ʼn mens wat net hoes dan breek sy ribbebene? Het u al gehoor van ʼn mens wie se ribbebene gesak het tot op sy heupbene? Het u al gehoor van ʼn mens wat in sy slaap omdraai dan breek twee of drie ribbebene; omtrent al my ribbebene was al af.

Het u al gehoor van ʼn mens wat struikel en val en altwee sy arms is af? Het u al gehoor van ʼn mens wat in 12 jaar se tyd vyf rugwerwels gebreek het? Die linker arm sewe frakture en die regter vyf frakture, die borsbeen middeldeur en altwee die bladbene ook gebreek; ek sê u ek was binne- in die hel, want dit het gebrand soos vuur en die pyn was ondraaglik.

Dink u ek was goddeloos, dink u ek het nie aan die Here geglo nie? Ek het duisende male gebid, ek het gereeld kerk toe gegaan; ek het my bes gedoen om elke nagmaal by te woon.

Ek daag enigeen uit om die telefoon op te tel en enige nommer in Springfontein te bel en te vra hoe het hierdie man gelewe, want almal ken my. Ek kan u verwys na verskillende mense en selfs predikante wat op Springfontein was, en weet u wat het sommige predikante vir my gesê, “Broer, die Here wil ʼn beter mens van jou maak en só moet jy dit aanvaar en jy is nou ʼn spieël vir ander mense om in te kyk.”

Dit kon ek nooit aanvaar nie, want hoe kan ʼn regverdige God só iets doen en hoe kan die Here my só vermink, wanneer ek in die spieël kyk dan breek daar iets in my en die hel is los in my, want die duiwel het my liggaamlik en sielkundig getreiter en ek het nie geweet hoe om daar uit te kom nie.

Ek was by baie spesialiste, interniste en professore in Bloemfontein. Hulle het my reekse inspuitings gegee en hope toetse gedoen, maar niemand kon my help nie. Ek was in die hospitaal in die Kaap vir drie maande by die beste Prof. in die land met been-siektes. Die mediese wetenskap kon my nie help nie. Waar nou heen?

Die koste aan dokters, spesialiste, interniste en ortopediese chirurge, professore en hospitale het omtrent R30,000 gekos en ander instansies omtrent R10,000, die duiwel het my besteel, die dief. Ek het hulp gesoek en as ek van iemand hoor, dan gaan ek, ek het hierdie liggaam 12 uur per dag hard

51

Getuienisse—Volume 1

9. BID: God is nou jou Hemelse Vader: praat elke dag met Hom. Bely jou sondes, loof Hom en prys Hom omdat Hy jou vry gemaak het, vertel Hom van jou behoeftes, en dank Hom dat Hy in al jou behoeftes voorsien: liggaamlik, finansieel en emosioneel (Fil. 4:19) Hier volg ‘n gebed wat jy kan as ‘n riglyn kan gebruik om te bid. ”Hemelse Vader, ek erken dat ek ‘n verlore son-daar is. Ek dank U dat Jesus vir my sondes gesterf het. Ek vra U om my sondes te vergewe. Ek maak nou die deur van my hart en lewe vir U oop. Kom asseblief binne en reinig my. Neem die leisels van my lewe: Ek wil deur U Heilige Gees gelei word. Vader, ek dank U dat Jesus Christus nou my Verlosser en Heer is en dat ek U kind is. Amen.” 10. LAAT U DOOP: U is nou ‘n kind van God, ‘n gelowige in die Here Jesus Christus. Die volgende stap is om gedoop te word (onderdompel). Mark 16:16 sê Jesus hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word. Onthou nou dat u ‘n kind van God is. U naam is in die boek van die Lam geskryf, omdat u gehoorsaam was aan God se in-struksies. Almal in die Nuwe Testament was gedoop NADAT hulle geglo het. Nadat Paulus ’n ontmoeting met Jesus gehad het op die pad na Damaskus, was hy gedoop. Daarna het hy twee derdes van die Nuwe Testament geskryf. Die klein doop of “besprinkeling” is totaal onbybels. Nêrens in die Bybel was babas gedoop nie, want jy moet eers glo voordat jy gedoop word. 11. WEES GEVUL MET DIE HEILIGE GEES: Volgens God se beloftes in Hand 2:38 en 39. Die gawes wat met die doop in die Heilige Gees gepaard gaan is noodsaaklik om oorwinnaars in die Here te wees. 12. GEMEENSKAP: Kry ‘n groep Wedergebore, gelowige Christene en hou samesyn op ‘n gereelde basis. Hou altyd die prentjie in gedagte van die kooltjie wat in die vuur is aan gloei terwyl dit in kontak met die vuur is, maar wat koud en dood gaan as dit te lank uit die vuur is. 13. SKRYF AAN ONS: Ons sal graag van hulp wil wees in jou geestelike groei en sal enige vrae oor hierdie onderwerp beantwoord. Skryf net aan ons by Stanger Christelike Sentrum, Posbus 232, Ballito, 4420.

50

Geloof in die Woord

Hoe om weergebore te word 1. ERKEN: Want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God (Rom 3:23) o God, wees my, sondaar, genadig! Lukas 18:13) In die lig van God se Woord moet jy erken dat jy ‘n sondaar is. 2. BEKEER: Nee, sê Ek (Jesus) vir julle; maar as julle jul nie bekeer nie, sal julle almal net so omkom. (Lukas 13:3) Kom dan tot inkeer en bekeer julle, sodat julle sondes uitgewis kan … (Handelinge 3:19) Kom tot die besef hoe afskuwelik sonde is en draai weg daarvan. 3. BELY: As ons ons sonde bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig. (1 Johan-nes 1:9) Want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding. (Rom 10:10) Bely jou sondes voor God 4. VERLAAT: Laat die goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy gedagtes, en laat hy hom tot die Here bekeer … want Hy vergeef menigvuldiglik. (Jesaja 55:7) Net om jammer te wees oor jou sonde is nie genoeg nie. Ons moet begeer om die vir ewig te verlaat. 5. GLO: Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy Sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. (Johannes 3:16) As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; (Rom 10:9) Glo dat Jesus Christus jou geheel en al verlos het by die Kruis. 6. ONTVANG: Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie. Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo; (Johannes 1:11 en 12) Jy moet glo, deur geloof, ontvang nou vir Jesus Christus in jou hart sodat jy die ondervinding van die wedergeboorte van hê. 7. SKRYF NEER: Vandag se datum, op die binneblad van jou Bybel of lang ‘n Skrif gedeelte of vers wat vir jou spesiale betekenis het. Laat dit altyd vir jou ‘n bevestiging wees dat jy jou hart en lewe aan die Lewende God toegewy het, en dat Hy jou in Sy Liefde ontvang het. Weerstaan satan deur aan hom hierdie spesifieke vers uit te wys wanneer jy jou aanval met onsekerheid en verward-heid. 8. LEES: Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die Woord van God. (Romeine 10:17) Begin om elke dag ‘n hoofstuk uit die bybel te lees en pas God se instruksies in jou daaglikse wandel met Hom toe.

7

Getuienisse—Volume 1

gewerk en hierdie koste betaal, want ek het geen mediese fonds nie. Daardie bordjie wat in my eetkamer hang Fil. 4:13: “Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee,” het my aan die lewe gehou.

Toe kom ek by dr. van Zyl en hy het vir my gebid en ek is genees! LOOF DIE HERE, PRYS DIE HERE.

Die belangrikste: hy het iets in my wakker gemaak, iets wat ek nie kan beskryf nie. Dit borrel en bruis en kook oor en ek het ʼn drang om meer van Gods Woord te weet; ek lees dr van Zyl se boekies en kan nie ophou nie. Ek leer daardie Bybelversies uit my kop wanneer ek werk toe ry. Hy het vir my wapens teen die duiwel gegee. P.J. Marx Springfontein

* * * Ek het ʼn baie godvresende moeder gehad, en ek glo in my jongmans

jare, toe musiek-instrumente my afgod was, en ek selfs my eie god was as gevolg van menseverering, was dit my moeder se gebed tot God wat my van absolute vernietiging gered het. Ek was eintlik heeltemal heidens, en alhoewel ek geglo het in God, was ek in opstand teen Hom en het Hom beskuldig en blameer vir alles.

Toe in 1981 het ek ʼn baie ernstig hartaanval gehad – eintlik 3 aanvalle in 2 ure se tyd. Ek het geveg om my bewussyn te behou want ek wou nie toe al sterwe nie, want ek het nog te veel afgode in my lewe gehad wat ek aanbid het. Tog het ek stadig beter geword uit hierdie byna dooie toestand. Ek was 12 dae in die intensiewesorg eenheid van die hospitaal en vir alle praktiese redes het ek vir 2 maande lank glad nie meer geleef nie. Op 7 Sept. was ek weer by die dokter wat vir my duidelik laat verstaan het dat daar net een uitweg was en dit was ʼn hartoperasie. Ek kon werklik toe nie meer omgee of ek lewe of nie.

Op 10 Sept. laat my gelowige suster my weet dat die volgende oggend tussen 7 en 8 uur sal dr. James van Zyl van Stanger vir my bid. Dit het nie vir my veel beteken nie en daardie nag het dit weer so sleg met my gegaan dat my vrou nie eers eenmaal haar nagklere aangetrek het nie. Toe, die volgende oggend om 7:30 sit ek al regop, en daar is verwagting in my gemoed: 8:30 toe roep ek uit: die pyn is weg! Die drukking is weg! Iets wonderliks het gebeur – ek voel ʼn nuwe mens! Ek het in die motor geklim en weg na my garage besigheid toe – ek het gesond gevoel, eintlik splinternuut.

Daardie middag het ek ʼn afspraak met die internis en ek het die 3 stelle trappe op gehardloop na sy kamers toe en was nie eers uitasem nie. Daar doen hy ʼn EKG op my, laat my klein trappies op en af hardloop, seker meer as 20 keer en verklaar verbaas: DAAR IS NIKS MET JOU VERKEERD NIE! Wat ʼn wonderlike Vrydag!

Maar Saterdag voel ek nie lekker nie, en Sondag nog slegter, en Maandag, 14 Sept. is ek weer plat in die bed, net so hopeloos soos voorheen.

God het egter steeds Sy Hand op my gehad en ʼn vriend van my wys my daarop dat God wel dr. James van Zyl se gebed verhoor het, maar ek het GEEN GELOOF GEHAD OM DIE GENESING TE BEHOU NIE!

Ek besluit toe dat al uitweg wat daar oorbly was om ʼn afspraak te reël om dr. van Zyl persoonlik te sien, wat ek toe doen vir Maandag 21 Sept.:

8

Geloof in die Woord

Onderandere doen God ook reeds daar vir my ʼn wonderwerk toe ek nie ʼn brandstofpermit kon kry om die Sondag te ry nie. En toe ek tog maar besluit om sonder die permit te ry, neem God my via Durban tot Stanger sonder enige te kort!

Daardie Maandag oggend lyk die ou dorpie Stanger vir my na ʼn ellendige plekkie, maar ek kry dr. van Zyl se werksplek. Só eenvoudig, en tog hier kon ek die absolute teenwoordigheid van God voel. ʼn Kamertjie met omgeveer 45 mense daarin, ʼn eenvoudige hout preekstoeltjie. God doen WONDERWERKE! Ek ʼn mensekind, staan verstom. Dr van Zyl lê hande op my en bid vir my en tot vandag is ek geheel en al genees. Dirk Laas Welkom

* * * Ek wil graag getuig wat die Here vir my gedoen het. Ek was op ʼn BKJA

toer in die Kaap, toe ek op die eerste dag ʼn besering opgedoen het. My rugsak was ongebalanseerd gepak en het my linkerarm, rug en senuwee doodgedruk. Die besering word genoem “Nero praksis bragiaal plecsis”. Spanlede het my rugsak die volgende dae help dra. Nadat die staproete voltooi is, is ons na die dokter onderkant Prins Albert wat my arm in ʼn slingerverband geplaas het. Op Gordonsbaai is ek weer na ʼn dokter wat my dadelik na ʼn spesialis in die Kaap verwys het. Ek het die volgende oggend by die Panorama Mediese-kliniek aangemeld. Die dokters het toetse op my linkerarm, nek en blad gedoen, maar daar was geen lewe nie. Hulle het my meegedeel dat hulle niks vir my kan doen nie, dat dit ongeveer twee jaar sal neem om te genees. ʼn Moderne slingerverband is aan my vasgegespe wat my arm baie meer gestut het en wat ook baie gemakliker was. Ek was ook aangesê om so gou moontlik terug te keer Rustenburg toe. Daar het my dokter my ook weer ondersoek en ook na ʼn ortopeed op Rustenburg verwys. Sy mening was dieselfde as die ortopeed in die Kaap. Die skade was te groot en dit sou ʼn geruime tyd neem voordat daar verbetering sou intree. Ook hy het vir my ʼn baie moderne verband gegee wat my arm nog meer ondersteun het. Maar nog het die arm nie verbeter nie. Ek is na ʼn Fisioterapeut verwys waar ek terapie ontvang het, maar my arm het van my skouer begin wegtrek. Dit het krampe gevorm wat ek nie kon voel nie, en dan het die arm uit sy potjie uit getrek. Maar nog steeds geen pyn of geen gevoel. Net ʼn lewelose ledemaat. Nà twee maande kom ons te hore dat Dr James van Zyl wat ons ʼn geruime tyd al ken, Orkney toe kom vir ʼn genesingsdiens. Net daar en dan besluit ons om die dag deur te ry. Op Orkney aangekom was die arm vêr uit die potjie uit, van die rit. Dr. James het sy hand op my skouer geplaas, my ander hand in sy hand en toe begin bid. Ek kon voel hoe my arm se lewe terugkeer. Ek kon voel hoe my arm terugskuif in die potjie in. Daar was ewe skielike 'n steekpyn in my skouer en toe is die arm terug in posisie. Ek het my verband van my skouer en arm verwyder en dadelik kon ek my arm swaai en beweeg, iets wat ek twee maande laas kon doen. Ek wil net sê: “die Here leef en Hy genees.” As ons net op Hom vertrou. Marinda Leslie Rustenburg

* * * ʼn Paar maande gelede het ek aan u geskryf om vir my te bid dat die

Here ons moet help om ʼn kindjie van ons eie te hê. My nonna het die brief aan

49

Getuienisse—Volume 1

48

Geloof in die Woord

9

Getuienisse—Volume 1

u gestuur. Die Here het na u gebede geluister en ek stuur aan u die foto van ʼn

pragtige seun wat na 9 jaar van sukkel en dokters behandelinge, gebore is. God is groot en Sy liefde aan ons sien ons elke dag in ons lewe. Ons dank die Hemelse Vader vir ʼn man so sterk in sy geloof soos u wat ons ook op die regte pad van geloof gebring het. God seën u en u werke.

Daarom sê ons ook Sy genade is vir ons genoeg. En ons sal ons seun so groot maak. Daarom is ons seun se naam, “Simphiwe Nkosi” wat beteken “Gegee deur God”. Eugina Buthelezi Dundee

* * *

Ons loof en prys ons Heer nog steeds met dankbaarheid wat onbeperk is, na die genesing van ons seun Cedric nadat u vir hom gebid het. Sy oog is gesond en hy sien pragtig en sy ander oog is ook beter. Die Heer het ons na u geneem om die wonder van Sy groot werke te aanskou en te beleef in die paar uur van my lewe op Stanger wat ek nooit sal wou mis nie – daar het die wonderlikste ding in my binneste gebeur! Tertia Davenport Jeffreysbaai

* * * Ek het u byeenkoms te Rustenburg bygewoon. Daar het ek die

ervaring van God se Genesende krag ondervind. U mag dalk onthou: die man met die halfsydige blindheid. Ek wil u verseker dat ek God nog steeds loof en prys vir die genesing. My linkeroog het meer en vinniger as die regter herstel en is nou al seker 80 persent herstel. Ek glo die genesing gaan voort en dat dit binnekort volkome sal wees. C J du Plessis, Marikana

* *

Ek wil u net weereens bedank vir die wonderlike werke wat ons liefdevolle Here Jesus deur u doen. Ek was is my linker oor heeltemal doof, en het vir Mastoïdeoperasie gegaan en daarna moes hulle my weer opereer. Toe het die spesialis die orige oordrom wat daar was

verwyder. Hy kon nie eens vir my ʼn plastiese oordrom insit nie. Ek het aan u geskryf en op 7 Okt. ‘81 toe u op Vryburg was, was ons

ook daar. U het vir ons wat doof is in die een oor gebid, en nou kan ek hoor! Prys die Here. Ek kan selfs iemand duidelik oor die foon hoor praat as ek met die oor luister.

Dan wil ek u ook hierdie staaltjie vertel. Ek was die 24 ste Aug. ’81 vir ʼn groot mantel- vliesbreukoperasie en moes die spesialis weer oor drie weke gaan sien het, wat ek toe wel gedoen het. Ek het toe op daardie tydstip baie pyn gehad en het ook baie vooroor geloop. Dit was die Woensdag wat ek toe gaan, die spesialis het my meegedeel dat die wonde binne nog baie hard is, want hulle het ʼn gaas in gesit en dat ek nog 2 maande só pyn sal hê.

Ek het by die huis gekom en die aand op my knieë gegaan en vir God gevra om my te genees. Wel die Donderdaagoggend toe ek opstaan het ek nie meer pyn gehad nie en ek het regop geloop en het selfs in my tuin gewerk en so voel ek vandag nog.

Ek loof en prys die Heer en ek voel elke dag gelukkig, want Satan het

10

Geloof in die Woord

nie meer deel in my lewe nie. Dr James, u het my so mooi leer bid in die boekie “Die Tweesnydende Swaard.” Nogmaals prys ek die Here. Mev S Koekemoer Beestekraal

* * * Die Here het vir my ook groot dinge gedoen. Nou laas toe u hier in

Rustenburg was, het die Here my verlos van suikersiekte. Ek loof Sy Grote Naam.

Mev J Kriel Rustenburg

* * * My vrou en ek is so bly dat ons ʼn besoek aan Stanger gebring het,

want daar by die Sentrum het ons, ons Heiland weer ontmoet en is ons oë geopen. Dank God daarvoor!

Aanvanklik het ons nie geweet wat ons daar gaan maak nie en toe die dame by die toonbank vra of sy ons kan help het ons nie geweet wat om te sê nie, maar ons maak toe ʼn afspraak. Daarvandaan het die Heilige Gees begin werk en ons is fisies en geestelik hernu. Dankie Jesus dat u sondaars liefhet! Mnr D Marais Sasolburg

* * * My vader het ʼn afskuwelike gewas aan sy neus gehad, amper so groot

soos my duim se kop. Hy wou nie dokter toe gaan nie, omdat hy bang was dat dit kwaadaardig sou wees. Die vrat het al hoe groter en vetter geword. Ek het vir u geskryf en ek glo u het vir hom gebid. Die vrat het skielik begin uitdroog en het nou heeltemal verdwyn sonder dat my vader enige salf daaraan gesmeer het. My vader het ook saam gebid. Ons loof en prys die Here vir sy goedheid. Mev C Ungerer Epping

* * * Ek groet u in die lieflike Naam van ons Here Jesus Christus wat vir ons

met Sy kosbare bloed gekoop het. O, my hart juig in die Here vir Sy onuitspreeklike genade en liefde. Ek

wil vir u baie, baie dankie sê vir die pragtige kaartjie met die briefie daarin, die bemoedigende woorde en ook baie dankie vir die pragtige boekies, ek waardeer dit baie, want vir my beteken dit só baie.

Dis vir my so heerlik om die boekies te lees, en te bestudeer as ek so eensaam voel en veral in my stiltetyd. Die eensaamheid wil my somtyds oorweldig, maar dan besef ek weer ek is nie alleen nie. Die allerbeste Vriend is by my wat my lief het en versorg. Baie dankie dr. dat u vir my gebid het. My hart juig in die Here, want ek glo die Here het my senuwees genees.

Ek weet nie wanneer ek laas ʼn senuweepilletjie gedrink het nie. Ek is eensaam, maar baie gelukkig. My hart loop oor van dankbaarheid. Ek was ʼn senuwee wrak van my kinderdae af en het gedurig medisyne en kalmeerpilletjies gedrink, nou weet ek nie wanneer laas ek ʼn pil gedrink het nie. Prys Sy Naam! Mev J Myburgh Schweizer Reneke

* * *

47

Getuienisse—Volume 1

46

Geloof in die Woord

11

Getuienisse—Volume 1

Ek loof Hom dat Hy na julle gebede geluister het; dit het wonderbaarlik met my tande gegaan. Ek het vanoggend vir my tandarts gesê die Here het ʼn wonderwerk in my mond laat plaasvind. Toe sê hy ook dit is byna onmoontlik dat die mond so gesond kan wees. Hy sê hy kan nie glo dat hy gister die kakebeen so moes versnipper om die vier oogtande (wat almal gebreek het) uit te grawe nie. Voorwaar net ons Here se werk. Ons loof Hom! G du Toit Rustenburg

* * * Nooit kan ons Jesus genoeg bedank vir Sy liefde vir die mens en hoe

dankbaar om te weet dat ons Verlosser in ons twintigste eeu nog dieselfde Christus is as 2000 jaar gelede.

Na wat gebed aan my gedoen het – “Goddelike Genesing.” Dr van Zyl het op twee verskillende tye vir my gebid. Eerstens was ek by hom met ʼn groot knop, rond en groot soos ʼn gholfbal aan my linkerbeen, die bloedare oor my knie en onder in die waai van dieselfde been was so dik soos my kleinvingertjie. Ek het gereeld saans krampe in die bed gekry, só erg dat ek van die bed afgeval het. My dokter hier het voorgestel dat hy die knop aan my been verwyder. Nie gedoen nie. Ek het Durban besoek en ook vir Stanger. Ek het ʼn afspraak met u gemaak. Jesus het vir my groot dinge aan my liggaam en siel gedoen. Ek is volkome genees sonder ʼn operasie en terselfdertyd het my klein geloof sterker en sterker geword. Ek het nog nooit weer ʼn kramp gekry nie en die knop aan my been is dadelik weg, en die bloedare is normaal. Jesus leef en sal vir altyd daar wees.

Ek gaan die Ewigheid saam met Hom, my Heiland deurbring. Ek sing tot eer van my God, loof die Here o my siel. Verder, dan het ek laas jaar iets snaaks aan my hart bespeur, as ek laag buk dan kry ek pyn in my bors. Ek was by verskeie geneeshere en na ondersoeke was sy woorde: “Oom jou hart skuur.” Kort daarna was ek weer by u op Stanger. U het weer vir my gebid en ek het my dokter gaan besoek en hy het niks gesê nie. Ek vra hom toe “Dr hoe gaan dit met my hart?” en wat was sy antwoord: “Ek vind niks met jou hart verkeerd nie.” Hart pille wat ek gebruik het, het ek daarna weggesit en tot nou toe het ek nog nie weer van dit gebruik nie. Ek doen my tuinwerk self (2 erwe) en boonop stoot ek nog die grassnymasjien. Kan ek my Verlosser ooit genoeg dank bring en bewys.

“O Heer my God! As ek met eerbied wonder, en na die werke van u Hande staar. Die sterre sien en hoor die ver gedonder, U mag in die heelal nog steeds geopenbaar. Dan juig my siel, O Redder God voor U en dan buig my siel, Verlosser, God voor U, hoe groot is U, hoe groot is U.”

Besoek die Christelike Sentrum en u sal verbaas staan om al die wonderwerke van God te aanskou. Glo my, trane van blydskap val daar. Jesus is bekommerd oor die siele waarvoor Hy alreeds aan die kruis betaal het. Hy leef en nooi ons nog gedurig uit om na Hom te kom en kennis te maak. Hy wil hê ons moet gebruik maak van Hom en in Sy liefde deel, want Hy is LIEFDE. Sal ons die vriendelike uitnodiging dan bedank – nee terwille van ons kostelike siele.

Die Ewigheid, ja die Ewigheid, waar bring ons die Ewigheid deur? Oom Frans Kruger Heidelberg

12

Geloof in die Woord

* * *

Ek moet net eenvoudig eers vir julle kom vertel van Saterdagaand! Nadat ek met julle gepraat het, het ek die hele tyd opgewonde gevoel en tog ook ʼn bietjie huiwerig oor die “opdrag” wat Hy my gegee het om te doen só asof dit te groot was vir my en toe onthou ek dat julle reeds klaar vir Jesus gevra het. Ek moes net my ou klein deeltjie bydra, maar tog, vir my iets heeltemal nuut en vreemd. Ek het wel toe ek by die huis kom gemaak soos julle vir my gevra het en onmiddellik het Jafel se neus opgehou met bloei, sodat hy daarná ʼn bak vol melk opgedrink het sonder een druppeltjie bloed in die melk! Wat ʼn ondervinding, weereens! Ai, ek het só klein voor God gevoel! Baie dankie weereens vir julle hulp en voorbeeld om ons te wys hoe naby en goed ons Hemelse Vader werklik is BB Douglas (Die ondervinding wat hier oor vertel word gaan oor ʼn hondjie, Jafel en die wonderwerk van genesing wat God ook in sy liggaam gedoen het toe mense God net in geloof aangegryp het. Die diere vorm ook deel van Sy skepping!)

* * * Ek wil graag vir u vertel hoe goed onse Hemelse Vader ook vir my was,

toe u vir my kind Zelda (toe 21 jaar oud) gebid het in Stanger. Sy het ʼn groeisel in die oor gehad wat net elke jaar dieper gegaan het en na baie operasies geen sukses gehad nie. Na dringende gebed en vertroue op God het dit vir my duidelik geword om u te gaan opsoek; u het vir haar gebid en sy is genees deur die genade van Jesus. Voordat ons Stanger toe gegaan het, was ons reeds verwys na ʼn breinspesialis en was daar reeds ʼn “breinscan” geneem en wou hulle opereer. Nadat ons terug gekom het van Stanger is sy opgeneem in die hospitaal vir die breinoperasie, maar die volgende dag weer ontslaan, want hulle kon nie ʼn gesonde kind se kop oopmaak en haar siek maak nie. Halleluja prys Sy Grote Naam! Mev M Swanepoel Randburg

* * *

Wat kortliks gebeur het met my dogter Wilma is soos volg: Wilma het siek geword, ek het haar na die huisdokter geneem en hy het bevind dat sy aan ʼn seldsame siekte ly. Hy het bloed getrek en weggestuur en die Patologiese toetse het gewys dat sy aan die siekte ly soos hy vermoed het naamlik “sistemies lopes entermatoses.” Hy het my na ʼn spesialis verwys. Hierdie man het my bewus gemaak van die omstandighede van die siekte. Hy het my meegedeel dat net Cortozon tablette gebruik kan word en dat daar vir volkome genesing geen hoop is nie. Dit wil sê medies. Ek het van kennisse verneem van dr. James. Hy was op Kemptonpark en ons het Wilma daarheen geneem. Hy het die aand net haar hoof aangeraak en gebid. Sy het my meegedeel dat die pyn wat sy, soos sy gewoonlik, op haar maag gehad het, weg is. Ons het haar weer vir bloed-toetse Johannesburg toe gestuur en die bevinding was negatief. Ons het egter die einde van ’81 haar weer geneem vir bloed toetse en weer was die resultate negatief. My kind is gesond, sy lei ʼn

45

Getuienisse—Volume 1

44

Geloof in die Woord

13

Getuienisse—Volume 1

normale lewe en met vreugde in die Here. Ons loof en prys God vir haar genesing!! Mev M Oosthuizen Fochville

* * * Ek wil ook net dankie sê omdat u vir my gebid het die aand op

Stanger, die 22ste Mei. Ek het gevra om vir my te bid vir longkanker en die 29ste Mei toe ek gegaan het vir my behandeling het die dr. gesê dis nie meer nodig nie en u weet ek is nou volkome gesond en het weer begin werk. Ek is God baie dank verskuldig, want ek voel of daar nog nooit iets met my verkeerd was nie. Ek bid elke dag dat God my geloof moet versterk en my en my gesin naby Hom moet hou, want God is liefde, ons moet net glo. Mev G Booysen Johannesburg

* * *

My vriend is volkome genees van kanker. O, kom ons prys God weereens vir Sy groot genade en Sy Wonders. U weet Charles is nou werksaam in Bloemfontein en dit gaan baie goed met hom. Dankie dr James vir u getroue, opregte gebede. Lanie Visagie Germiston Suid

* * * Dit is met ʼn hart vol dankbaarheid dat ek vandag aan u skryf. Ek wil

vir u dankie sê vir die voorbidding wat u vir my en my broer gedoen het toe ons Jan. 82 by u was. Ja, die Here het ons albei genees en ek kan Hom nie genoeg dank en prys nie. Vir jare het ek vreeslike hoofpyne gekry, asook pyne in my nek, arms en bene. Vir die afgelope jaar was ek so gesond soos in geen jare nie, ek ken geen pyn nie en is vol lewenslus en my werk is weer ʼn plesier. Prys die Here. My broer het ʼn arm gehad wat hy nie kon gebruik nie en nadat u vir hom gebid het, het hy dit tot bo sy kop gelig, die arm is nou heeltemal gesond en hy kan weer sy werk hervat. Nogmaals wil ons net ons Hemelse Vader daarvoor dank. Mej. O Meyer Welkom

* * *

Nog voordat ons hierdie nuusbrief ontvang het, het ons besluit om ons te laat afwas en doop in die Naam van Jesus Christus, afgesien van die gevolge. Die rede vir hierdie besluit is nie om teen ons kerk te diskrimineer nie, maar omdat ons gehoorsaam aan Gods Woord is! Ons kerk is absoluut dood en sonder gees en nou weet ons wat die oorsaak daarvan is. Prys die Here!

Ons bid u sterkte in u werk toe en weet dat u nog baie teëstand sal kry, want die kinders van God moet vir Hom ly. Ons staan ook voor die keuse van óf die Kerk óf Jesus Christus en eintlik is dit vir ons geen keuse nie, want ons weet ons kies Jesus.

Ons wil graag getuig van hoe ons eintlike lewe begin het, want ons lewe het eers begin toe Jesus in ons lewe gekom het. Loof Hom! Ons het ʼn vertraagde dogter gehad en die medici het haar opgegee en sy was vry van

14

Geloof in die Woord

skoolplig. Wat ons op die stadium nie besef het nie was dat daar Een is wat haar kon genees! Ons is deur ʼn ou Tannie aangesê om na Stanger te gaan. Op daardie stadium het ek nie geld gehad om petrol in te gooi tot op Stanger nie, maar ons het op ons Standard kaart gery.

Daar in die klein saaltjie het Jesus voor ons kom staan en ʼn streep oor ons lewens getrek, en ons laat omdraai, want Hy het nie net ons dogter genees nie maar ook vir ons innerlik. O, nou is die pad na Jesus. Ons het ongekende voorspoed, gesondheid, vrede, vreugde en Jesus sorg nou vir alles. Ons lewens behoort aan Hom en ons kind het al só ver herstel dat sy al kan leer. Sy is nou 9 jaar oud en ons loof net ons God daarvoor. Nooit weer in my lewe sal ek rook of drink soos ek gedoen het nie, want ook daarvan het Hy ons volkome genees en verlos.

Nou kan u sien waarom hierdie besluit vir ons so maklik is, want al die eer, die aanbidding, die vreugde en dankbaarheid van ons harte kom ons Meester en Verlosser, Jesus Christus toe! Op die pad wat ons loop kyk ons nooit weer om nie! Ons vertrou ons Here in alles wat ons dink en doen. Mnr en Mev vd Merwe Murraysburg

* * *

Hier is my groot dank. Die Here het my kind se oë genees, en ʼn week voor u my kon antwoord, het die Here my geloof so versterk. Dank die grote Dokter Jesus wat kan gesond maak wat die wêreldse dokters nie kan doen nie. Ek is so bly vir Agnes se oë. Ek sal in lengte van dae in die huis van die Here bly. Ek dank God vir sy wonderwerk. God gooi die salf van die hemel. Baie, baie dankie dr James. H Sikhungwini Fauresmith

* * * In Desember 1980 was ek saam met my skoonseun Ferreira van

Humansdorp by u. Hy het kanker in ʼn long gehad en die hart was ook reeds aangetas. Hy is volkome genees. Prys die Here!! W A Nel Jeffreysbaai

* * * Ja dr James, ek kan ook sê u kan die getuienis plaas, want al die eer

en glorie kom onse God en Vader toe dat Hy my ook genees het. Ja, voor ek aan julle geskryf het was ek baie sieklik, ek het van ʼn perd

af geval, dit was ongeveer 13 jaar gelede, en van toe af het ek gely en het baie pyn gehad. Ek het naderhand my regter voet gesleep, want ek het rug moeilikheid gehad, toe kom ander kwale soos: Arteritis, dikderm moeilikheid, niere wou ingee, die oë gee in deur die niere. Rug verkalk, ag en vele meer. Toe, na my seun se dood wou my senuwees in gee, dit was in 1980. Ná julle vir my gebid het, het ek geleidelik genees en ek het niks meer pyn in my rug nie, ek loop weer normaal. Ek kan selfs op my hurke sit, waar dit altyd gevoel het of my rugstring te kort is, is dit nou alles reg. Baie dankie aan almal daar by die Christelike Sentrum vir die voorbidding wat julle vir my gedoen het. Prys die Heer, want Sy goedertierenheid duur tot in Ewigheid. Mev M Harmse, Maanhaarrand

43

Getuienisse—Volume 1

42

Geloof in die Woord

15

Getuienisse—Volume 1

* * *

Eers wil ek u hartlik bedank vir u voorbidding wat u vir ons gedoen het, asook die Skrifture wat u vir ons aangestuur het na my verdwaalde ou briefie wat ek ʼn paar maande gelede omtrent my baba seun, Henrich Oosthuizen in die H F Verwoerd Hospitaal se intensiewe sorg geskryf het. Ek wil net vir u sê, nadat ek die briefie uit desperaatheid geskryf het, het my baba skielik begin gesond word. Sy longe het gebars en sy hart het gaan staan, en hy was baie swak. Net ná sy geboorte het al die probleme begin. Hy was 2 maande in Pretoria nadat hy so te sê dood was. My kind is volmaak gesond vandag, ons kan die Here nie genoeg bedank nie. Selfs die plate wat nou die dag geneem is toon skaars tekens van enige skade aan sy longe of aan sy hart. Hy is nou 8 maande oud en is groter en gesonder as baie van sy maatjies wat saam met hom gebore is. Hy het die skerpste waarnemingsvermoë wat ek nog in ʼn baba van sy ouderdom gesien het. Ons wil u en u mense wat hierdie liefdesdiens lewer, net baie hartlik bedank. Mnr S Cronjé Klerksdorp

* * * ʼn Baie groot dankie vir die heerlike belewenis in die Rustenburg

Stadsaal. ʼn Lieflike les van dr James oor hoe om te bid. My innige dank vir die praktiese toepassing van wat u ons meegedeel het. Vir baie jare (25 jaar) kry ek gereeld pyne in my rug wanneer ek die dag vir ʼn paar minute hoëhak skoene gedra het. Ek het vir die duur van die byeenkoms in die stadsaal langs die muur gestaan weens gebrek aan sitplek, en toe u bid vir rugprobleme (ek het gevoel myne is toe nie so erg dat ek spesiaal daarvoor gegaan het nie) het ek tog ook die Vader gevra om my te help met die lastige probleempie. Loof Hom, Ek loop nou sommer vir dae lank op baie hoë- hakke! Ek is toe ook genees van ʼn allergie wat my altyd hewig hooikoors laat kry het. Nogmaals dankie vir een van die mooiste aande wat ek al beleef het. Al die lof en eer kom Jesus toe!! Mev H Visser Rustenburg

* * * My seun Jacobus het groot probleme met sy hart gehad. In sy

skooljare het dit hom nie baie gepla nie, maar op Universiteit het dit hom meer dikwels gepla. Verlede jaar nadat hy afgestudeer het, het die probleem drasties toegeneem. Die spesialis het gevind dat hy ʼn ekstra kanaal in die hart het, om dit plein te stel. Hulle het eers beplan om hom te opereer, die koste sou volgens hulle R15000,00 wees. Namate meer inligting ingewin is omtrent die werklike aard van die hartsiekte het hulle die gedagte om te opereer laat vaar. In werklikheid het ons baie oor die saak gebid en gevra dat die Here die gedagte moet afkeer. Daarná het hulle te kenne gegee dat hulle in werklikheid nie sal kan opereer nie, want soortgelyke operasies was nog nooit gedoen nie. Dr. die aand wat u hier in Vanderbijlpark u genesingsdiens gehou het, het hy ook opgestaan toe u ʼn beroep op al die hartlyers doen om op te staan en sy getuienis was daarna dat terwyl u gebid het, het hy gevoel hoe geweldig sy polsslag verhoog, maar dadelik het dit tot normaal terug-gekeer en halleluja, prys die Here, sedert dit is hy volmaak genees. Ek moet net meld dat onder

16

Geloof in die Woord

normale omstandighede was sy pols altyd 120. Dit was wat ons onder sy omstandighede as normaal vir hom beskou het. Maar sedert sy genesing is dit tussen 70 en 80 J. Gagiano Vanderbijlpark

Ek weet nie hoe om vir u te sê hoe ek voel nie. Ek was die 3de Feb. op Klerksdorp, ek, my man en my dogter. Ek was in ʼn toestand van wanhoop: terneergedruk, moedeloos, want dis jare dat ek rugprobleme gehad het. Daar was tye dat dit so erg was dat ek myself nie kon om-draai in die bed nie. Ek het gedurig baie pyn, toe het die dr. plate laat neem: dit wys dat die rug ontkalk. My dogter Alta skakel my en sê dat sy my Klerksdorp toe neem na u diens. Ek was só van die pyn dat ek vir haar gesê het ek wil graag gaan, maar hoe kom ek daar, want ons is amper 100 myl van Olifantshoek ons naaste dorpie. Sy sê toe net “Mamma, menslik kan niemand iets doen nie, maar God kan.” Ek dank God u gebede is verhoor: ek is verlos van die pyn. Deur Sy Wonde is ek genees. Daar was op daardie oomblik trane, maar dit was trane van dankbaarheid. Dit was vir ons ʼn wonderlike ervaring. My man het die volgende dag vir my omtrent 10 maal voor mense laat buk en gesê: “Kyk wat kan God doen!” As ek nou pyn voel kom weier ek om dit te aanvaar en sê net, “deur Sy wonde is ek genees.” Die pyn is weg en al die eer kom Jesus toe! E S Maritz Olifantshoek.

* * * I want to thank you for the help you gave to me on Sunday at your

service in Uvongo. You reminded me of the right way and the rest is up to me with God’s help. I also want to thank you for the help given to my son who had migraine so badly – he has been healed. I praise God! May Crckway Umtentweni

* * * Ons het u by die Sentrum besoek aan die begin van Julie 1981

waartydens u vir ons gebid het vir ʼn kindjie. Ons was reeds nege jaar getroud en het vele ginekoloë besoek sonder enige sukses. Ons het ʼn paar maande gelede aan u geskryf om die groot nuus dat daar ʼn baba oppad was te vertel. Die grootste dag in ons lewe het aangebreek en op 9 April het die Here aan ons ʼn pragtige ou dogtertjie geskenk. Sy is volmaak in elke opsig en ons dank die Here elke dag vir haar. Ons wil baie graag hê dat u almal saam met ons die Here moet dank dat Hy u en ons gebede verhoor het. Bid ook asb. vir ons vir wysheid en insig om haar in Sy vrese te kan groot maak. Mnr en Mev Boshoff Reitz

* * * Ek en my man kom albei uit Christelike huise waar ons geleer is om die

Here lief te hê en Hom te dien. Ons het gereeld ons Bybel gelees, maar só baie dinge daarin kon ons nooit verstaan nie. Verskeie van ons dierbares is dood na bittere lydings en ons kon geen antwoord kry op ons waarom vrae nie. Ons is geleer dat siektes van die Here kom. ʼn Aantal jare gelede het ons begin soek

41

Getuienisse—Volume 1

Doctors and specialists who treated Kathleen for leukaemia over four years were speechless when her most recent tests in May, proved negative. “There was not the slightest trace of leukaemia and she has never been so fit and healthy,” said the ecstatic mother. “What medicine could not do, faith has done. I firmly believe Kathleen was cured and the tests have confirmed this,” Mrs Davel said. More than 10 kg. heavier, Kathleen is just one of the many hundreds of people in South Africa who have been touched divinely by our Lord Jesus after the believer Dr James van Zyl of Stanger had prayed for her. “Since Dr van Zyl prayed for her over the telephone six months ago, Kathleen has got progressively better and her only health complaint was a slight attack of German measles a month ago.” She said. Her hair fell out, her weight plummeted and her conscious hours were fewer. Death was never discussed but the doctors assured us there was noth-ing more they could do. “A friend telephoned the Stanger doctor and since then we have never looked back”. “Although I am still paying of medical debts and have lost my car and most of my furniture to pay off the bills, I still have Kathleen and count my blessings daily.” Mrs Davel said. Daily News 1979 Durban

40

Geloof in die Woord

Vrou baie maerder ná dokter se gebed

Brakpan – ʼn Vrou wat so vet was dat sy uit skaamte in haar huis weggekruip het, sê daar het letterlik kilogramme verdwyn sedert dr. James, die biddend dokter van Stanger, op 27 Mei in Benoni se stadsaal vir haar gebid het. Dr van Zyl het vertel: “Ek is al 22 jaar ʼn dokter. Een aand het daar op ʼn byeenkoms ʼn vreemde jong vrou naby my gesit. Langs haar het ʼn gehoorbuis gelê. Sy was haar lewe lank doof.

Skaam “Meteens het ʼn innerlike stem gesê ek moet my hande op die vrou se

skouers sit sodat die Here haar kan genees. Ek was skaam om dit te doen, omdat ek ʼn belangrike posisie beklee het. Toe die stem die tweede keer praat, het ek my hande op haar skouers gesit en gesê die Here gaan haar gesond maak. “Die volgende oggend het my vrou my gebel en vertel dat die vrou, wat van haar geboorte af doof was, besig was om haar gehoor terug te kry. Binne twee dae was haar gehoor heeltemal normaal.”

“Die Brakpanse vrou wat DIE VADERLAND van haar oorgewigprobleem vertel het, is mev Gertie van Staden, 53 jarige ma van vyf kinders. “Die afgelope twee jaar het ek heeltemal moedeloos geraak. Ek was só moeg en oorspanne van die oorgewig dat ek nie meer my huiswerk kon doen nie”. “Ek het alle belangstelling in die lewe verloor. Net twee keer per maand het ek uit die huis gegaan om kruideniersware te gaan koop. Ek was te skaam om in die openbaar gesien te word. My een dogter mev Anne Scharneck, woon langs my en ek was ʼn maand gelede by haar. Met die diens in Benoni se stadsaal was daar soveel mense dat die dokter nie sy hande op almal kon lê nie. Hy het gesê elkeen van ons moet ons hande op ons bors sit en agter hom aan sê dat ons glo dat die Here Jesus ons sal genees. Sedert die dokter van Natal vir my gebid het, verdrink ek omtrent in my rokke – só verloor ek kilo’s,” wys mev van Staden. DIE VADERLAND

Faith, Hope and a Stanger doctor brings little girl back to life

Six months ago doctors gave Kathleen Davel (11) just two weeks to live. She weighed less than 19kg had had a kidney removed, could not exer-cise or walk for long and slept for 20 hours a day. Within a fortnight cancer cells which riddled her bloodstream were ex-pected to take their toll. Today the cancer has gone and Kathleen laughs and jokes like all healthy schoolchildren. She plays as many sports at school as possible and is due to start ballet and gym classes soon. In fact her mother, Mrs Martha Davel, said: “Kathleen has so much ener-gy I just don’t know how to cope with it.”

17

Getuienisse—Volume 1

op geestelike vlak na iets wat onsself nie kon verklaar nie. As ons gehoor het van ʼn leraar wat kragtige boodskappe lewer het ons daarheen gery om sielsvoedsel te kry. Vir jare het ons so gesoek. In Julie 1980 lei die Here my na twee bejaardes in ʼn oue tehuis waar ek twee nuusbriewe van dr van Zyl van Stanger kry, getiteld, “Dis jou keuse: gebedsverhoring en gebed word verhoor in Jesus se Naam.” Met ʼn skok het ons besef dat ons nog nooit reg gebid het nie.

Ons teken toe in op die nuusbriewe en elke brief wat ons ontvang, het meer kennis en waarheid van God se Woord aan ons oorgedra. Ons het ons Bybel begin bestudeer en die boekies, soos dr James dit klaar geskryf het, bestel en gelees. Ons Bybel was nou vir ons ʼn bron van inspirasie en kennis.

Vir die eerste keer het ons ontdek dat siekte van Satan af kom. Luk 13:16, Hand. 10:38. Dat ons alreeds genees is deur Jesus se wonde aan die kruis, dat ons alreeds verlos is van sondes deur Sy Bloed wat vir ons gestort is Jes. 53:4 en 5 as ons dit aanvaar en glo en die voorwaardes in die Bybel nakom. Ons het gesien dat ons tot bekering moet kom, anders kan ons nooit in die hemel kom nie, Joh. 3:3. Dat ons tot bekering moet kom om genees te word Mat. 13:15 en ook dat ons tot bekering moet kom om verlos te word van sonde en die mag van die duiwel Ef. 4:22 – 32 sodat Jesus in ons liggaam, dis Sy tempel, kan inwoon. Ons het geleer dat geloof is om eers te glo ons het alreeds gekry waarvoor ons gebid het nog voordat ons dit kan sien, Heb. 11:1, 2 Kor. 5:7. Ons het ondervind dat ons kry wat ons met ons mond spreek, daarom moet ons net geloof spreek, Mark. 11:23 (laaste gedeelte) en die tekste van genesing en beloftes omdat God se woorde in die Bybel genesing is vir ons hele liggaam (Spr. 4:20 en 22, Ps. 107:20). Ons het geleer om die wapens van die geloof te gebruik( Ef. 6:11-17). Ons het voorwaardes van die Here nagekom, die Here toegelaat om ons lewens te bestuur en ons Hemelse Vader het Sy beloftes nagekom, Ps. 89:35. Hy het ons beloon met vrede, en vreugde en sielerus. Hy het ons geseën met wonderlike genesings. Ek self is genees van jare lange rugpyn, brongitis aanvalle, hoë bloeddruk, aandoenings van die skildklier, aandoenings van die byniere en ʼn mantelvliesbreuk. My man is genees van ʼn allergiese toestand en van pyne in sy gewrigte, en daagliks ontvang ons baie seëninge om op te noem, hoe groot is ons Drie Enige God! Ons loof en prys Hom, want Sy goedertierenheid en trou duur tot in ewigheid! Hy’s wonderlik, Almagtig en goed, en ons is so ʼn groot liefde nie waardig nie, Joh. 3:16. Ons voel so klein en nietig as ons Sy wonderdade aanskou. Mnr en Mev Clarence Kraaifontein

* * *

Nadat u vir ons gebid het is my vrou genees van arteritis en my hart waaraan ek jare gely het, is ook genees. Maar wat belangriker is, ons geestelike lewe het baie verbeter en ons geloof in God is groot. Baie dankie vir u blaadjie wat ons gereeld ontvang: dit is vir ons van baie groot waarde. Mnr en Mev Goussard Fraserburg

* * * I wrote to you some months ago requesting prayer for my children

Fiona and Brian, who both had repatitis. God has graciously answered prayer

18

Geloof in die Woord

for them both, for they recovered completely, and have done very well at school. All praise to Jesus! Pixie Buchler Northcliff

* * * Ek wil u graag bedank vir die gebed wat u vir my ma, mev

Labuschagne gedoen het toe sy kanker gehad het. Ek wil u ook graag meedeel dat die wonderwerk baie mense in ons dorp laat besef het dat ons lewe in ons Skepper se hande is, en Sy Wil is genesing. Mev B Wadsworth Dundee

* * * Thank you for your prayers. God really answered as I am healed from

my nerves. Praise God, and my husband is healed form his drinking problem after 19 years and he is serving God with me. We do serve a great God! YW Virginia

* * * Ons bly in ʼn platdakhuisie, my man is ʼn pensioenaris, maar ek is

skatryk aan ontelbare seëninge, loof die Here! Vandat ek elke maand vir u iets stuur vir die uitbreiding van Sy Koninkryk stroom die geld in van die mees onverwagte oorde. Hoe meer ek weggee, hoe meer ontvang ek. My 4 kinders het almal tot bekering gekom, ek is genees van verkalkte rugwerwels, ʼn maagseer en ʼn blaas kwaal. Hoe groot is Hy, hoe Wonderbaar! SVR Augrabies

* * * Eers wil ek graag vertel dat my seun wat u ongeveer ʼn jaar gelede

voor gebid het, toe hy op sy laaste was met kanker, is gesond en studeer in Pretoria. Ek dank die Vader nog elke dag en vra Hom om ons almal gesond te hou. Mev S vd Merwe Windhoek

* * * Wanneer ons met vakansie gaan wil ek graag self by die Christelike

Sentrum aangaan, dan kan ek self gaan getuig van my oor wat nie ʼn oordrom gehad het nie en na u vir my op Vryburg gebid het, het ek weer my gehoor teruggekry. Loof God!! Mev C Koekemoer Piet Plessis

* * * Graag wil ek ook vertel wat die Here vir my gedoen het vanaf Okt.

39

Getuienisse—Volume 1

Vrou se gangreen per brief gesond gebid George: “Ek kan my oë nie glo nie. Daar het ʼn wonderwerk gebeur.” Só het ʼn George geneesheer sy reaksie aan HSW beskryf nadat hy die bonatuurlike genesing van ʼn gangreen-wond aan mev Kate Botha, van Rondevlei, aanskou het. Gangreen, of kouevuur, is ʼn siektetoestand. In mev Botha se geval sou sy haar been verloor het omdat daar nie voldoende bloed-sirkulasie na haar voet was nie. Sy het teenoor HSW erken dat sy ʼn groot vrees vir chirurgie het. Sy was vir een volle jaar bedlêend. Gedurende haar vyf jaar lange stryd teen gangreen het sy gemiddeld weekliks R30 aan geneesmiddels gespandeer en was allergies teen medikasie. Sy was reeds ʼn senuweewrak weens knaende pyn. Sedert haar wonderbaarlike herstel moes sy weer leer hoe om te loop nadat sy vir vyf jaar nie kon nie. Toe haar huisdokter by haar aandring op ʼn operasie om die sirkulasie na haar voet deur ʼn aar oorplanting in haar been te verbeter, het sy aanhou verskonings vind en skerm teen chirurgie. Kort tevore het sy en haar man na ʼn programreeks oor die pasiënte wat deur ʼn Stanger geneesheer gesond gebid is, geluister. “As daardie dokter al daardie mense gesond kon bid, gaan ek hom vra om vir die genesing van my voet ook te bid,” het sy vir die huis-dokter gesê. “Die gangreen was aan die versprei. Sy het gevaar geloop om haar been te verloor. Hoewel ek self ʼn gelowige is, was ek miskien effe skepties en het ek met ʼn halwe oor geluister toe sy dit vir my gesê het,” het die huisdokter vir HSW vertel. Die vrou en haar man, mnr Attie Botha het intussen deur die plaaslike telefoonsentrale die Stanger biddende dokter se nommer opgespoor. “Die nommer was egter voortdurend beset en uiteindelik, het ek vir hom geskryf,” het sy vertel. “Tien dae later het ek ʼn brief in sy eie handskrif ontvang waarin hy my bedank het vir die vertroue in hom, en gevra het ek moet by my dokter se voorskrifte hou terwyl ek saam met hom moet bid en vertrou. Ek het dit gedoen en my been het begin herstel. Ek drink nou geen enkele pil nie en gebruik geen salf of pleister nie – nie eens ʼn ontsmetmiddel nie. In my gees en liggaam het ek in geen jare so goed gevoel nie.” ʼn Verpleegsuster, mev Joy Purchase, van George, wat gedurende die vyf jaar wat mev Botha siek was naby haar gewoon en gereeld gehelp het met die verpleging van die wond, het teenoor mev Botha erken dat sy self in een stadium wanhopig was en self by die biddende dokter om hulp aangeklop het. Die George huisdokter se vrou was so ontroer deur die hele gebeurtenis dat sy die adres van die biddende dokter aan ʼn vriend in Alberton, wat aan leukemie ly, verstrek het. Die biddende dokter is dr James van Zyl wie se geloof in die Here Jesus Christus só sterk is dat hy al honderde mense gesond gebid het. Hy vra geen geld vir hierdie liefdesdiens nie. Hy vra net dat die pasiënt moet glo, bely, saam bid, en terug rapporteer. George 1980

38

Geloof in die Woord

hoewel hy verligting gekry het en die pyn die afgelope tyd draaglik was, het hy nog steeds las daarvan gehad. Hy het egter na dr. Van Zyl gegaan in verband met sy oë wat baie verswak het. Hy was vir ʼn volle jaar onder ʼn bekende oogarts van Bethlehem se behandeling vir die verswakking van sy oë.

Hy kon byna nie meer sien nie; met groot moeite het hy nog met ʼn vergrootglas die Bybel in grootdruk kon lees. Hy kon dit ook nie waag om sy motor te bestuur nie.

Die oogarts het vasgestel dat daar op albei oë ʼn katarak groei en dat daar ook ʼn mate van verkalking was. Die volgende afspraak was om vas te stel wanneer die operasie gedoen moes word. Intussen het hy verneem van die medikus wat vir siekes hande oplê en bid. Hy is toe soontoe. ʼn Groep van sowat 30 mense was in die gebedskamer langs sy spreekkamer. Dr. van Zyl het ingekom en onder andere gesê dat hy nie mense gesond kan maak nie en maar ʼn swakke instrument in die hand van die Here is. Almal sal ook nie gesond word nie. Dit hang van baie faktore af, hoofsaaklik van hoe sterk die persoon se geloof in Jesus Christus is en of daar niks staan tussen hom en sy medemens nie, het die dokter gesê. Dr van Zyl het toe allereers gevra wie van die groep rugprobleme het. Mnr De Beer het vertel van sy rugprobleem. Dr van Zyl het voor hom gekniel en mnr. De Beer se twee voete op sy hande geneem en gevra of mnr De Beer bewus was dat een been korter is as die ander. Mnr De Beer was nie daarvan bewus nie hoewel hy effens mank geloop het. Dr van Zyl het toe die Here gedank vir die genesing van die rugbesering. Mnr De Beer het opgestaan en die rugpyn was weg en hy het ook glad nie meer mank geloop nie. Toe sê mnr De Beer dat hy eintlik gekom het vir sy oë. Dr van Zyl het sy hande op die oë gelê en ʼn gebed gedoen waarin hy die Here weer gedank het vir genesing. Toe hy klaar gebid het, kon mnr De Beer die letters op die oogtoetskaart dofweg lees. Hy het toe weer die hande op sy oë gelê en weer die Here gedank. Daarna kon hy die letters baie duideliker sien en lees. Met groot dankbaarheid is hy terug na die oogarts op Bethlehem wat sy oë ondersoek en sy verbasing uitgespreek het oor die groot verbetering wat ingetree het. Hy het te kenne gegee dat ʼn operasie nie meer nodig sou wees nie aangesien die katarakte verdwyn het. Dit was die pille wat hy voorgeskryf het wat die werk gedoen het, het hy gesê. Mnr De Beer sê toe vir die oogarts, “As die Here nie die pille geseën het nie, kon dit nie gebeur het nie.” Net voor hy wou loop, vertel hy toe van wat werklik gebeur het. Hierop het die gelowige oogarts op sy knieë geval en die Here gedank vir die wonderbaarlike genesing. Die besoek aan dr James van Zyl was ruim ses maande gelede en mnr. De Beer is volkome genees van sy rugprobleem en ook van die swak oë. Hy lees nou sy gewone Bybel sonder vergrootglas. Hy sê hy dank die Here vir soveel genade en hy wil graag getuig van wat die Here vir hom gedoen het. Noord Vrystaat Herald. Vrydag 16 Mei 1980

19

Getuienisse—Volume 1

1981 toe ontdek is dat kanker na my werwelkolom, ribbes en skedel versprei het. Ek was baie siek, het só gewig verloor dat ander organe alhoewel nie aangetas was nie, nie meer reg kon funksioneer nie. Ek moes toe ook ʼn operasie ondergaan en was so swak dat ek skaars kon loop. My man en buurvrou het u geskakel en gevra u moet vir my bid. Ek het ook aan u geskryf, en u het aan my leesstof gestuur wat ontsettend baie vir my gees, siel en liggaam beteken het. Ek het ontdek dat Jesus deur Sy Versoeningsdaad op Golgota die Verlosser van my siel sowel as my liggaam geword het. Ek het Hom opnuut as my Saligmaker aangeneem en dank en loof Hom dat Hy gewillig was om die volle prys vir my te betaal. God se Woord het nou vir my oopgegaan en Hy spreek tot my elke keer as ek Sy Woord lees en bestudeer.

Ek het die afgelope jaar ʼn baie strawwe behandeling ondergaan. Die Here het dit wonderlik geseën en my gedra. Ek kry nou baie ligter behandeling en ek loof, prys en dank die Here dat Hy my elke dag genees en baie krag en sterkte gee. My mosterdsaadjie geloof het gegroei tot ʼn boom. Soos die digter van Ps. 107 wil ek die Here loof om Sy goedertierenheid en Sy wonderdade aan my! Mev B Pienaar Kuilsrivier

* * * Ek wil u vertel hoe wonderbaarlik my dogter gesond geword het nadat

u vir haar gebid het toe ek vir u geskryf het. Dit was in 1980 – haar naam is Lizette van Wyk. Sy het leukemie in ʼn ernstige graad gehad en sy het heeltemal herstel. God is so wonderlik! Mev H v Wyk, Oshakati

* * * My ou moeder het aan u geskryf i.v.m. my bors wat deur die gasse

van Sasol Twee verbrand is. Op 7 Junie ’82 het ek nie gedink dat ek die son sou sien opkom nie. Ek het letterlik versmoor. Toe val my oog op die gebed wat my moeder stil-stil op die tafeltjie voor my bed neergesit het. Ek het dit opgetel en die hele artikel “Die Kanaal vir u Goddelike Wonderwerk” in u nuusbrief gelees, en my met volle oorgawe en ondersoek daarin gewerp. Ek kon nie ʼn geluid uit kry nie, maar het met geloof die gebed herhaaldelik gelees, gebid en geglo. My bors het oopgegaan. Ek het vir 3 en ʼn half jaar twee asma pompe per week gebruik, en van 7 Junie af het ek nog nie weer my pomp gebruik nie. Susan Viljoen Charl Cilliers

* * * My verstandtand wat dwars in die kakebeen gelê het kon nie verwyder

word nie. Die tandarts het ʼn deel uitgebrand om die drukking op die groot senuwee te probeer verlig. Met rukke was ek doof in die oor. Na ʼn lyding van 20 jaar het ek onder u gebede genesing ontvang; drie jaar gelede in Durban. Onder u gebed het ek reeds die wonderlike gevoel in my kakebeen ervaar en daar is ek genees – nooit weer ʼn verdowingspil gebruik nie. Plate is geneem en die tandarts is verstom om te sien dat die tand met wortel en al, is alles weg na 20 jaar. Naomi Ackerman

20

Geloof in die Woord

Port Elizabeth

* * * Vyf maande gelede was ek in Groblersdal by u diens en het ek my

gehoor teruggekry. Dit is asof ek u nog hoor sê: “Glo jy dat daar spaarparte in Jesus se skatkamers is, ook vir ʼn defekte oordrom?” Wat u nie weet nie, is dat ek eers my grootste vyand moes vergewe. Eers daarná kon ek die verhoog opklim na u en Jesus. Ek loof God vir my genesing!! Mev R Boshoff Marble Hall

You said I could write to you telling you what the dear Lord has already done for me. As I mentioned in my request for your prayers that besides many other complaints I have irons on both legs. My shoes have built in irons with straps that hold the leg irons in place. Well, it has always been usual for my, when I lay awake during the night or early hours, to pray to God for my children and I always asked – “Please God let me walk better – don’t let me fall.” On the 20th or earlty 21st Nov, I was praying as usual and the thought came quite clearly – “take the irons off” and I said – “yes, I will.” So when I got up I did not put them on. I only wear these shoes and fasten the straps around my ankles. I am sure God has heard your prayers on my behalf – so He has given me the courage to remove the irons. Today is the 16th day that I am walking without irons only the straps around my ankles – Thank God from whom all blessings flow. Mrs Redelinghuys Three Anchor Bay

* * *

Ek het u boekie “Innerlike Genesing” by ʼn vriend geleen om te lees. Dit is ʼn wonderlike boek en ek het dit baie geniet. Omdat ek alles só goed begryp het. Ek het ook jare met angs in my siel geloop en Satan het my aanhoudend aangeval en gesê daar is vir my nie hoop nie. Ek was in ʼn uiters diep depressie. My dae en nagte was net trane. My siel was stukkend. En waarlik, die Here het my innerlike genees. Ek het ook net op ʼn stadium geweet dat geen depressiepilletjie enige verligting bring nie. Ek het ook geweet my kwaal is nie liggaamlik nie, maar geestelik. Op die end wou ek nie meer lewe nie. Waarlik, daardie stukkende plek binne is genees. En die swart wolk van vrees, is weg, my depressie is weg. Ek geniet weer dinge wat ek nooit meer kon geniet nie. Vrees het my so gebonde gehou dat ek nie eers kon lag nie. Ek kon niks geniet nie. En nou, elke keer as ek ontspanne lag of ʼn kinderverhaal op televisie geniet, dan besef ek net weer wat ʼn wonder God vir my gedoen het.

Ek is in my veertigerjare. Ek noem dit dat u kan sien ek geniet nou selfs ʼn kinderverhaal. Mev M Marx Umzinto

* * * Ek was April maand daar by u op Stanger, ongered, ouderling van my

Kerk, en het nie te goddeloos geleef nie, want ek hou dan biduur, gaan kerk

37

Getuienisse—Volume 1

net begin vertrou en Hy het vir my ʼn wonderlike vriend gegee, en het my ook hiernatoe gelei, waar ek hom ontmoet het.

Ons beplan om binne die volgende jaar te trou. Mej. A Swart Ladybrand

* * * Dis met ʼn gemoed vol vreugde en onuitspreeklike dank jeens my Skepper, en u dat ek hierdie getuienis vir u stuur. My seuntjie Stefan de Wet, is op 3 Des. 82 in die H. F. Verwoerd Hospitaal opgeneem. Die diagnose was neuroblastoom, stadium vier met veelvoudige uitsaaiings in die beenmurg. Die gewas kon nie opgespoor word nie, en daar is met chemoterapie begin. Ons ou seuntjie het egter swakker en swakker geword, kon nie voedsel inhou nie, en a.g.v. verlaagde immuniteit het hy allerlei infeksies ontwikkel. Die pyn was so erg dat hy vier-uurliks morfien moes kry. Ons het werklik min hoop gehad. Ek was so moedeloos en het gevoel dat my gebede sonder krag was. Ek het die Sentrum op Stanger geskakel en daar is aan my gesê dat u die volgende oggend sewe uur vir hom sou bid. Hy het plus minus 7vm wakker geword, was pyn vry en het ʼn bord pap geëet, waarna hy ʼn eier wou eet en daarna nog een! Sedertdien het sy toestand net verbeter. Die bloedtoetse twee weke later was normaal, (ses weke nadat die diagnose gemaak is) en daarvolgens het dit vir sy dokter gelyk of die beenmurg infiltrasie opgehef was. Daar is volgehou met die chemoterapie en ons kind het steeds verbeter en van 8 kg na 13 kg gewig aangesit. Op die 13de Junie is die gewas uiteindelik met behulp van die cat-scan masjien opgespoor. Dit was ʼn antwoord op ons gebede. Dit het egter gelyk asof dit chirurgies onverwyderbaar was, maar daar is toe besluit om tog die buik oop te maak en daarna te kyk. Die gewas het in die regterbynier begin, in die nier geïnfiltreer en vandaar verby die werwelkolom oppad na die linkernier beweeg. Op Dinsdag 26 Julie is hy geopereer en die hele gewas is maklik verwyder. Die wonderwerk lê daarin dat die hele gewas reeds dood was, besig om te verkalk! Die patoloë het die gewas blokkie vir blokkie ontleed en kon geen enkele lewende kankersel vind nie! Ons was so dankbaar en ek het opnuut die Almag van God besef. Hierdeur het hy sovele mense bereik en van Sy bestaan en werke bewus gemaak. Sowaar, die gebed van ʼn regverdige het groot krag! Prys die Here!! Mev A de Wet Potchefstroom

KOERANT BERIGTE Loop en sien ná gebed

Op Parys woon ʼn persoon wat op wonderbaarlike wyse Goddelike genesing ontvang het deur bemiddeling van die bekende dr. James van Zyl van Stanger, Natal. Hy is mnr. Fanie de Beer wat eersdaags 73 word en in Najaarsrus woon. Hy is die ywerige NG ouderling van Najaarsrus. Hy het oor die naweek aan die Herald vertel dat hy 50 jaar gelede van ʼn perd geval en sy rug beseer het. Hy was by talle dokters en spesialiste maar

36

Geloof in die Woord

daarvan. My skoondogter was ontsteld omdat dit so ʼn duur proses is. Ek het nog vir haar gesê: “Toemaar die Here ken julle geldelike situasie.” Sy was ook nie bewus van die feit dat ek gevra het vir voorbidding nie. Die professor was hoogs ontsteld toe hy die oggend met die behandeling wou begin en vind dat die kind perfek byt. Hy het die gipsafdruk gaan haal as bewys hoe groot die verskil was. Toe my dogter hier by my aankom en vertel wat gebeur het, het ek vir haar gesê dat u die vorige middag op Uvongo gebid het. Dr. dit was ʼn gejuig en gejubel. Ons loof die Here vir die groot dinge wat Hy in ons familie tot stand gebring het. Mev M de Klerk Port Edward

* * * Graag wil ek u hartlik bedank vir een van u boekies wat ek gelees het:

“God wil jou Genees.” In Des 81 het ek baie siek geword, lewerkanker. Die spesialis het gesê

dat hulle nie veel kan doen nie, net inspuitings dat dit nie verder gaan nie. Dit kon nooit genees nie. Baie mense het vir my gebid. In daardie tyd het iemand ook u boekie vir my gegee, wat my geloof oneindig versterk het.

Nou in April 83 sê die spesialis, na baie intensiewe toetse: “Mevrou, ons vind niks verkeerd nie, die toetse wys alles skoon”. Ek kan maar net sê: Loof die Here. Sy genade is groot. Mev H G vd Merwe Bonnievale

* * * Ek het eendag op die radio geluister na ʼn bediende wat getuig het. Sy

en haar werkgewers was in Durban. Sy het deur u voorbidding en geloof gesien hoe iemand genees word en toe vra sy of u ook vir haar ou vader sal bid. Hy kon nie loop nie. Sy was so verbaas toe sy by die huis kom en sien dat haar ou vader loop. Sy het hom ook meegedeel dat sy u gevra het om vir hom te bid. Dieselfde dag wat u vir hom gebid het, het hy weer begin loop. Ons prys die Here vir die wonderlike genesing. Mev W Bekker Arcadia

* * * My man wat vir drie maande behandeling gekry het vir velkanker is

nou ook weer heeltemal gesond. Prys Sy Naam! Die Here is vir ons baie goed. U het vir my gebid in Okt.’79 vir kanker in die bors, en die Here het u

verhoor en my heeltemal genees. Prys Sy Naam. J W Saaiman De Brug

* * * Hiermee maak ek sommer van die geleentheid gebruik om te vertel

hoe my lewe verander het, vandat ek u nuusblaaie en boeke begin lees het, en wat u daarin skryf, begin toepas het in my lewe.

Ek het die Here lank gevra om vir my ʼn lewensmaat te gee, en ek het

21

Getuienisse—Volume 1

toe, drink en rook matig, hout gerus, ek is reg! Tot die Here my uit genade gered het en die Heilige Gees in my lewe gekom het, toe het ek eers besef dat die Here vir my ʼn werklikheid geword het. Ek het toe eers besef hoe ongered en verlore ek werklik is, en hoe ver van die hemel ek is, maar 5 Sept.82 sal ek nooit vergeet nie, toe is ek geestelik weer gebore, en ek prys die Here vir Sy wonderlike liefde en die baie seëninge wat ek ontvang het, dit was net vir ons te wonderlik, dat die duiwel ons ook aangeval het, mense ons ook vermy het, eertydse vriende ons vra of ons siek is omdat ek nie meer drink nie, mense gestuur word om versoekings in ons pad te kom lê, maar baie dankie vir Sy wonderlike Woord wat Hy vir ons gegee het, om al die vurige pyle van die bose te kan blus. Ons Dank die Here vir Sy liefde en genade dat ons ook hier vir Hom ons Hemelse Vader kan getuig, werk en vertel van die wonderlike God wat ek dien, en dat Hy ons ook gesond gemaak het. Ek, as boer, moet ook net so dankbaar wees vir die pragtige koring oes wat die Here my gegee het om dit ook so aan te wend soos Hy my nog sal lei, om ook nog aan u en ander te kan gee vir die uitbreiding van die Here se Koninkryk. Hennie de Vries Excelsior

* * * U het in Aug. maand vir my gebid. Ek was heeltemal verlam in my

onderlyf van my middel af. Ek sê vir u baie dankie daarvoor. Ons liewe Heer het my aangeraak en genees. Nou kan ek weer loop! Ek dank die Here elke dag daarvoor! Mev A Grobbelaar Welkom

* * * Meer as 2 jaar gelede het ek skielik ʼn effense swel plekkie aan die

onderkant van my regterbors ontdek. Anders was ek gesond en lewenskragtig. Ná die doktersondersoek, sy woorde soos ʼn vuishou: “Daar is ʼn klein knoppie, ons sal sommer die hele bors verwyder.” Daar was verbystering en donker dae. In daardie grys newels van pyn het ek geweet: “Vlug na Jesus Hy kan genees!” Ek is geopereer maar die eerste dag toe ek met die hyser kon ry het ek my brief aan dr James gaan pos. Ek onthou ek het in die brief gevra vir algehele genesing en geen bestraling nie.

Nadat ek tuis aangesterk het, moes ek terug vir behandeling na die saal wat deur pasiënte gevrees word. Ek moes wag vir die dokter – sy woorde was: “Bestraling is nie nodig nie.” Dit was asof Jesus self langs my staan en vir my sê: “Sien jy nou, my kind!”

Elke 6 weke was daar ʼn deeglike ondersoek. En toe uit die bloute moes ek gaan vir ʼn lewer flikkergram, radio-aktiewestof in die aar gespuit, skelet x-strale., borskas x-strale. Die klein boekie van dr van Zyl “God se Skeppende Krag is tot Jou Beskikking” was altyd in my handsak. Ek het bly lees en bid – dis al wat my deur al die toetse gedra het. Toe die uitslag: “Volkome gesond.”

Ek moes nogtans wag dat 2 jaar verby moes gaan vir die finale toetse. Dis in Okt. gedoen – God het dit gedoen! Hy het my geheel en al genees in Jesus se Naam. Daarvoor dank ek God en bring Hom al die lof en eer!! Mev N Joubert

22

Geloof in die Woord

Hertzogville

* * * Ek het vandag ʼn behoefte om aan u te skryf. Kortliks net my

geskiedenis. Okt. 81 was ek by u op Stanger. U het vir my hande opgelê vir verspreide kanker o.a. in die longe en rug. Loof die Here ek is volkome genees van kanker. Onder u leiding het ek my God weer leer ken, en al die wondere en vreugde om die Here so te leer ken. Met die hulp van u boekies en bandjies leer ek ook die Woord ken en gaan so van krag tot krag. Mev S Vermaak Odendaalsrus

* * * Eerstens het my man volkome genesing ontvang en ons dank en loof

die Here daarvoor. Ons was op ʼn Woensdagoggend by u. Vir my het daar net wonderwerke plaasgevind deur alles wat ek gesien en gehoor het en het ek self volkome genesing gevind vir al my vrese. Ons loof die Here daarvoor! Ek was so vol vrees vir alles, en meeste van alles vir my moeilike eksamens wat voor die deur was. In so ʼn mate dat ek heeltemal ingegee het en afhanklik van pille was. Nadat ek u besoek het, het my hele lewe verander en is ek ʼn nuwe mens! Dankie vir u wonderlike voorbidding.

Ek het so pas my eksamenuitslae ontvang en het in al drie afdelings met onderskeiding geslaag! Dwarsdeur die eksamen tyd kon ek die kalmte en krag wat ons Vader my gegee het aanvoel. Ek wil dit net aan almal vertel en getuig ook net waar ek kans kry! Mev E Ferreira Empangeni

* * * Ons loof en prys weer die Here toe dr James hier op Kimberley was en

hande op ons seun gelê het wat epileptiese aanvalle gekry het. Vanaf daardie datum het hy geen medikasie meer gebruik nie en hy is volkome genees. Waarlik die Here het voorsien. Grove gesin Kimberley

* * *

Ons het albei in Christelike huise opgegroei en het altyd gedink dat dit genoeg is as ons Bybel lees en bid, en so af en toe kerk toe gaan. Ons wou nooit te groot Christene word nie, want ons was te bang die Here sal ons te veel smarte en siekte oplê vir al die sondes wat ons reeds gedoen het, want dit is tog wat die predikante vir ʼn mens wysmaak! Toe kom ʼn vriend van Dawid eendag by hom by die werk, en gee hom ʼn Nuusbrief en band wat hy by u gekry het. Ek wou eers nie na die band “Ontdek God se Wil” luister nie, maar eindelik het ons. Prys die Here, Sy Heilige Gees het dit so mooi aan ons geopenbaar dat daar vrede in ons harte gekom het. Die volgende dag het ek toe die Nuusbrief begin lees en kon nie ophou voordat ek elke woord gelees het nie. Dank God vir openbaring van die Heilige Gees deur mense soos u aan ons mense, sodat ons ook kan leer dat ons nie ʼn God aanbid wat ons straf met

35

Getuienisse—Volume 1

Ek dank die Here en prys Hom vir Sy wonderwerk in die Naam van Jesus. Baie dankie vir die verrykende nuusbriewe wat ek elke maand ontvang. Die pitkos daarin is sielevoedsel.

Ek dank my Hemelse Vader vir u Sentrum waaruit die waarheid aan ons oorgedra kan word. Ek prys die Here se Naam!! Mev C Botes Vlottenburg

* * * Ek het ʼn tyd gelede aan u geskryf en voorbidding gevra. Ek was baie

siek gewees en moes plate laat neem van my galblaas, dikderm en maag. Die dokters het my verseker dat ek galstene het, en ʼn operasie sal moet ondergaan. Ek het elke dag dokter toe gegaan, en ek het geweldig baie gewig verloor. Hulle kon my nie help nie, en ek het alle moed verloor.

Ek het aan u geskryf voor ek plate laat neem het. Toe ek twee weke later gaan, was die dokter verstom dat hy geen fout met my kon vind nie. Ek is heeltemal gesond en glo dat die Here u gebede verhoor het. Ek is Hom, en u baie dankbaar. Die aand op Vanderbijlpark by u diens, het u hande opgelê vir my hoë bloeddruk. Dit het geleidelik beter geword en ek drink nou baie selde ʼn pil. Ook daar het Hy verhoor. Ek is baie dankbaar en het dit aan al my vriende vertel. God is goed. Mev M Ludick Dale Side

* * * Deur u gebede is ek al so baie gehelp. Die Here het my gespaar van ʼn

heupoperasie toe ek in Kuruman was. Ek het geskryf en voorbidding gevra vir ʼn klein meisietjie wat ver agter was met die verstand. Sy is nou volkome genees, ʼn seën en plesier in die huis en vir haar mense. Ek glo en is verseker dat u gebede haar aangeraak het. Ons is ons Here Jesus innig dankbaar vir u wat Hy uitgestuur het om menige mense tot seën en hulp te wees.

Ek is geestelik ook wonderlik versterk en dit groei nog daagliks wat ek met oortuiging kan voel. Ek het ʼn God en Vader by wie ek skuil sonder twyfel, Hy red my keer op keer en ek bid baie vir u werk in Jesus Christus.

Drie jaar gelede het ek oor ʼn sakdoekie laat bid vir ʼn dogter wat aan neusbloeding gely het en dit het my te bowe gegaan dat dit gestop het. Ons het ʼn magtige en wonderlike God wat in Jesus Naam alles kan doen wat ons vra. Prys Sy Naam!! S Geldenhuys Vryburg

* * * Ons loof die Here vir die Koninkrykswerk wat deur u en u personeel

gedoen word. Verlede jaar Julie, toe u hier op Uvongo was het ek ʼn paar name op ʼn papiertjie geskryf, waaronder ook my kleinkind se naam was. U en ʼn paar ander pastore het toe hande op die talle briefies gelê en gebid. Die Maandag oggend het my skoondogter hom teruggeneem tandarts toe en daar is bevind dat sy tande en kakebeen perfek byt. Ek wil net noem dat sy boonste kakebeen korter was as die onderste, en die tandarts het gips afdrukke gemaak om presies te sien hoe hy tewerk moet gaan vir die behandeling

34

Geloof in die Woord

ons moet bid. Ek het aan Ischemiese hartsiekte in ʼn gevorderde stadium gely – so erg dat die internis dit oorweeg het om ʼn omlyningsoperasie te laat uitvoer. My man het weer aan geweldige hoë bloeddruk gely. Intussen het die Here my volkome genees. Weet u dis só wonderlik, want ek kon nie meer soggens die gordyne ooptrek sonder om ʼn ruk deur die hart te voel en ʼn gesnak na asem nie. Nou doen ek alles wat ʼn normale mens doen en nog veel meer. Loof die Here.

My man se bloeddruk het ook heeltemal gestabiliseer. Sommige mense kan dit net nie glo nie! Naas ons Hemelse Vader sê ons aan u, dr James baie dankie vir die gebede. Mnr en Mev Joubert Vereeniging

* * *

I must write and tell you of the improvement in my son Andrew. A few weeks ago I wrote and asked for prayers for healing and the right decision because I was to take him to the H F Verwoerd hospital because the doctors thought they might have to operate.

Praise Jesus! There is to be no operation. The improvement is too great! At the end of February when they x-rayed Andrew’s back the compacted vertebrae had caused a 30 degree curvature of the spine which the doctors said was permanent unless they operated. The curvature has to the amazement of the doctor decreased by 12 degrees and is now only 18 degrees. That compacted vertebrae that showed signs of collapsing is showing definite signs of healing. To make sure the doctors consulted with their seniors who confirmed the diagnoses and want the x-rays to study.

No human dr. could do what has happened to my child’s damaged spine. It is all praise to blessed Jesus – Oh I want to cry with sheer happiness when I think of it. It is the power of Jesus through the Holy Spirit, and I praise and thank Him with all my heart. Mrs M Lawrence Durban

* * * My hart juig en ek kan die Here nie genoeg dank nie. Ek het

gordelroos gekry en wat ʼn pynlike siekte. Ek was baie siek. Woensdag die 6de het my skoondogter die Sentrum geskakel en gevra of u nie vir my kan bid nie. Die aand tussen sewe en agt uur het julle vir my gebid. Wat ʼn vreugde toe ek net na agt my lig aanskakel en ek voel geen pyn en seer in my arm en bors nie. Trane van vreugde het vrylik gevloei. Ons dank en prys God vir Sy goedheid. Mev A de Klerk Keetmanshoop

* * * My hart borrel oor van vreugde en ek moet hierdie blye nuus aan u

meedeel. Ek het aan u geskrywe en voorbidding gevra vir ons huwelik wat besig was om uitmekaar te spat. Baie dankie dat u saam met my en twee goeie vriendinne gebid het.

23

Getuienisse—Volume 1

siekte en smarte nie, maar dat Hy ʼn God is van liefde. Ek is wedergebore en kort daarna my man. Van toe af het ons lewens heeltemal verander – dis onbeskryflik wonderlik om te weet jy behoort nou aan Jesus. So het ons as gesin ook al genesing ontvang nadat ons God se voorwaardes van vergifnis nagekom het – ons bid en lê vir mekaar hande op en God genees. Ons is verlos, gedoop en geseën en getuig van ʼn gelukkige en voorspoedige lewe saam met Jesus. Westerman gesin Rietspruit

* * *

Ons kleindogter het bloedkanker gehad en nadat u vir haar gebid het is sy volkome genees en ons loof ons Here daarvoor. Sy het ʼn nr. 44 gedra omdat sy so opgeswel was van die Kortisone, nou is sy volkome gesond en dra ʼn nr. 36 rok. Sy is vol lewe soos enige gesonde meisie van haar ouderdom. Mev Weber Warrenton

* * * Hierdie is net ʼn briefie van ʼn baie dankbare egpaar omdat ons

uiteindelik ook die Blye Boodskap ontvang het. Alles was vir ons so donker en onverstaanbaar. Loof die Here, daar het toe vir ons ook ʼn lig opgegaan. Uiteindelik het ons die God van liefde leer ken en verstaan ons die betekenis van die woord “Almagtig”. Ons het ons lewens volkome in Sy Hande oorgegee en Hom die Here van ons lewens gemaak. Sedertdien kan ons skaars bybly om te onthou hoe al ons gebede verhoor word.

Vanoggend is die huis stil. Martiensie is kleuterskool toe vir die eerste keer. Ja Martiensie wat 5 jaar oud is en wat aan “Marmerbeensiekte” gely het. ʼn Siekte wat medies gedefinieer word as ʼn genetiese ongeneeslike siekte en wat oneindig baie probleme meebring vir ʼn lyer daaraan. Loof die Here! Dit gaan so goed met my kind. Toe ons in Aug. 82 op Stanger was om vir hom te laat bid het hy pas ʼn baie groot operasie gehad na ʼn gesigsverlamming en sy gehoor was maar swak – die “lot” van hierdie lyers. Ek en my man het breekpunt bereik, en kon net nie verstaan hoe kan God homself volmaakte liefde noem en dan sulke dinge met onskuldige kindertjies laat gebeur nie.

Deur die Heilige Gees van God is ons egter na Stanger gebring en gedryf; ons het dit as ʼn laaste strooi aangegryp. En hoe wonderlik was die ervaring nie. Ons het besef dat dit in die eerste plek ons oplossing moes gewees het en dat dit nie vir ons en ons kind nodig was om al die angs, pyn en lyding deur te maak nie. Jesus Christus het dit alles klaar vir ons gely en ons mag en moet vat wat Hy vir ons nagelaat het anders het Hy mos tevergeefs alles deurgemaak.

Martiens is vandag ʼn pragtige kind. Sy gesigsverlamming het byna volkome genees en sy gehoor het so verbeter dat ek dit as normaal kan beskryf. Ek weet net dit – ons het uiteindelik besef wat beteken “Almagtige” en ons glo God se beloftes onvoorwaardelik en maak dit ons eie.

Ek weet nie of u sal onthou van ons dogtertjie Karlien nie. Ook vir haar het u gebid. Sy is ʼn pragtige kind – welgeskape, gesond en vry gebore van hierdie oorerflike siekte! Prys Sy Grote Naam! Daar was egter een ding –

24

Geloof in die Woord

haar hele linkerbeentjie was bedek met ʼn ontsierende rooi vlek – ʼn hemangioom noem die dokters dit en soos u weet is daar medies gesproke geen manier om so iets te verwyder nie. Dr James het vir haar gebid en weet u – ʼn wonderwerk is besig om te gebeur. Stadig maar seker is die vlek besig om op te los en ons weet dat ons een oggend by haar gaan kom en dat daar geen vlek meer gaan wees nie. Mense sal dink ons is naïef, maar ná wat met ons gebeur het, ook geestelik, het ons besef dat ons as mense geen, maar geen beperking op God se Almag moet of mag plaas nie en dat ons Hom letterlik enige iets mag vra, en dat Hy ons verseker sal verhoor, mits ons onvoorwaardelik glo nog voordat ons gesien het. Mnr en Mev de Jager Warden

* * * Vir vyftien jaar het ons as huisgesin gebuk gegaan onder die vloek van

Satan se leuens direk uit die hel. Naamlik dat ons dogter en seun betrokke was by homoseksualiteit.

As pinkstergelowiges het ons in desperate wanhoop by verskillende pinkster kerkgroepe gaan aanklop vir hulp. Nêrens kon ons bevredigende hulp kry nie. Van die pastore en pastorale werkers kon homoseksualiteit nie behartig nie. Dit is asof hulle wegskram van hierdie sonde toestand.

ʼn Jaar en ʼn half gelede het ek u Sentrum geskakel as ʼn laaste desperate uitweg. Lokkie Wium het oor die foon vir my ʼn ene Johan Smith se foonnommer verskaf, en aan my gesê dat hy evangelie werk doen onder homoseksuele mense, en dat hy sy bediening “Love unlimited” noem.

Ons het kontak met hierdie lieflike kind van die Here gemaak en op sy aanbeveling, dit onder ons kinders se aandag gebring, dat daar weer verlossing deur die bloed en genade van Jesus is. Hy het ook verskeie kassette aan ons gepos, en omtrent twee maande na ons hom gekontak het, het ons kinders ingestem om Johan te gaan spreek. Vir ons was dit die eerste antwoord op gebed, want teen daardie tyd wou die twee kinders van God en Sy gebod niks weet nie. Die dag toe hulle weg is om Johan te gaan sien het ek en my man ons afgesonder en die hele tyd gebid.

Wel, die liefde van Jesus wat uit hierdie jongman straal het ons kinders oorreed om hulle lewe aan Christus toe te wy. Binne ʼn jaar het ons kinders so geweldig gegroei in hulle geestelike lewe dat ek en my man jaloers begin raak het. Ons het ook begin om by hulle byeenkomste aan te sluit, en die afgelope twee maande het ons soveel nuwe dinge geleer. Waarlik, hierdie jongman het Christus in sy lewe op elke vlak en area. As dit is soos ʼn Christen moet lewe en wandel dan wil ek dit graag wees. Nederig, vurig met die liefde van Christus in hom. Voorwaar ʼn groot seën vir almal wat hom teëkom.

Tydens ʼn jeugsaamtrek verlede naweek was dit my voorreg om na my seun se getuienis te luister. ʼn Getuienis wat diep tref, geloof opbou, en diegene wat gelowig is, inspireer om ʼn dieper lewe in Christus te heroorweeg.

My opregte dank aan u en u Sentrum wat ons by hierdie diep kind van die Here uit gebring het. Ons sal die Here altyd dankbaar bly vir u groot en liefdevolle aandeel in die redding van albei ons kinders se kosbare siele. Hulle is volkome verlos van homoseksualiteit. Prys die Here!! Mev M E Floridapark

33

Getuienisse—Volume 1

meer bewus begin word wat die wil van God is. Ek het Sy Woord begin bestudeer, begin mediteer daarop en op ʼn spesifieke dag het Joh. 14:12 vir my oopgegaan en ek het my ook beskikbaar gestel aan God dat die werke wat Jesus gedoen het, ek ook wou doen!. Ek sal dit doen totdat Jesus kom, want Hy het ons belowe en Hy kan nie lieg nie, net deur die krag van die Heilige Gees. Op `n bonatuurlike wonderlike manier het ek saam met ʼn vriendin van my op die 4de Sept. 81, u Sentrum besoek en ek het ook gegaan vir gebed om genesing. Daar het soveel dinge vir my meer duidelik geword en ek kon vir die eerste keer werklik glo vir my genesing.

Daarna is weer bloed van my geneem en weggestuur en al die toetse was negatief. Ek loof en prys die Here daarvoor, want Hy het my volkome genees van ʼn ongeneeslike siekte. Ria Pretorius Ficksburg

* * * Op versoek van my ouers het u gebid vir ons finansiële probleme. Nou

kan ek net sê: “Watter finansiële probleme?” Jesus is groot en goed en liefdevol. My huwelik is ʼn genot, my man en kind is kosbare geskenke van God en my ouers en skoonouers is spesiaal deur God uitgesoek! Dankie dr James vir u voorbidding. Wees verseker dat ons ook vir u, u gesin en personeel bid. Marietjie Bartholomew Welkom

* * * Ek het kanker aan die keel gekry, ʼn klein uitgroeisel en my stembande

was heeltemal aangetas. Maar ek kan nie die Here genoeg dank vir die gebede wat u vir my gedoen het. Loof God ek is volkome gesond. Mev E van Rooyen Otjiwarongo

* * * Baie dankie Vader, dat U vir Andries 5 jaar volkome genees het. Daar,

terwyl dr James vir hom gebid het, dat u Woord waar is vandag nog, soos geskrywe staan Mark 16:18 “ ………. Op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word.” Andries is verlos van 4 jaar van hewige sinus, prys die Here. My Here, ek loof en prys U Naam, U het Douw, 3 jaar volkome genees en 2 en ʼn half jaar van kroniese sinus, die dokters het later gesê dit was kroniese ontsteking. Douwtjie het U genees, die 15de April 83 terwyl dr James vir hom gebid het. Dankie Vader dat my kinders volkome genees is en ʼn getuienis dat U lewe, dat U Woord die waarheid is. Baie dankie My Vader dat U vir Douw weereens aangeraak het en dat die koors onder die bloed van Jesus weg is. Dankie my Here en my God vir U genade en U liefde en dat U vandag nog volkome genees. Julie maand is dit 1 jaar sedert die Here Douw volkome genees het van bloedkanker. Prys Sy Heilig Naam! Erna Coetzee Welverdiend

* * *

In ʼn briefie aan u het my man aan u geskryf en gevra dat u asb. vir

32

Geloof in die Woord

Mev le Roux Pretoria

* * * Dion (15 jaar oud) het Aug. siek geword en al sieker tot Nov. Die

spesialis in Bloemfontein het uitgevind dat hy kanker in die beenmurg gehad het en dat dit oral in sy liggaam was. Hy het hom 3 maande gegee om te leef. Die hele gemeente het gebid en gevas. Ek het u geskakel en voorbidding gevra. U het die Dinsdagoggend vir hom gebid. Ons het nuwe toetse aangevra en God het hom volkome genees van kanker. Almal moes verstom staan voor die Almag van God. Dit was 1980. Dion is terug skool toe en is groot en gesond. Prys Sy Naam! Mev M Cilliers Odendaalsrus

* * *

In Jan. het u ook vir my suster gebid. Sy is genees van leukemie! Haar dokter by die kankerkliniek is dronkgeslaan, maar ons glo dat Jesus haar genees het. Makkie Cronjé Kenmare

* * * Ek kan net meld dat dr van Zyl vir my gebid het in Junie 81. Ek was

met opgetrekte bene (arteritis) in ʼn rolstoel. Prys die Here ek loop weer! Kotie Joubert Warmbad

* * * Dit is vir my ʼn groot vreugde om te getuig van magtige wonderwerke

wat die Here in my liggaam gedoen het. Ek was ongeveer 10 jaar lank siek en dokters kon vir my absoluut niks doen nie. Die simptome was ʼn gedurige moegheid en my hemoglobien wou nie hoër as 10 opgaan nie. Aangesien ek ʼn baie bedrywige lewe as boervrou gehad het, met 5 kinders, het hierdie siektetoestand my so geaffekteer dat ek later nie meer normaal kon voortgaan met my leefwyse nie. Met tye was ek so moeg dat ek in die bed moes bly weens kragteloosheid.

In die begin van 1980, nadat bloed van my weggestuur is vir toetse, is vasgestel dat ek Bruccelose het. Baie mense het my egter verseker dat dit ongeneeslik is en dat ek dit sal moet aanvaar. Hoewel ek glo aan goddelike genesing, het ek medikasie daarvoor gekry. Dit het egter nie beter met my gegaan nie, maar eerder slegter want die pille het my baie geaffekteer.

Loof God, Hy het my nie verlaat nie, maar het werklik in my lewe op ʼn wonderlike wyse gewerk. Ek het nie woorde om te beskryf hoe ek soms die donkerste dieptes deurgegaan het nie. Ek wou altyd graag die beste vrou vir my man wees en ook die beste moeder vir my kinders, maar ek het geen liggaamlike krag gehad nie. Om sake te vererger het ek in 1981 een griep aanval na die ander gekry vir maande aaneen, dit het my liggaam nog meer verswak.

Soos ek reeds gemeld het, het die Here op ʼn wonderlike wyse met my begin werk en ek kon net nader en nader aan Hom beweeg en toe het ek ook

25

Getuienisse—Volume 1

* * *

Ook ons kan nie swyg oor die wonderwerke wat ons van ons Hemelse Vader aanskou het nie. Aan Hom al die eer! Halleluja. Dankie dat Hy die skille van ons oë en ons verstand weggeneem het, sodat ons in Sy waarheid mag leef. Dankie dat ons die werke van Satan kan sien en in Jesus se Naam van ons af kan verdryf. Dankie dat Hy u gebruik en seën in SY diens. Mag Sy seën mildelik op al SY kinders rus. Ons kleinkind, Riaan was vanaf sy geboorte allergies vir alle soorte voedings, selfs vir rooibostee. Behalwe vir baie slap mieliepap met sout alleen en water. Al die mediese toetse kon hom nie help nie. Vandat hy ʼn jaar oud was het sy handjies en voetjies vol blase en sere uitgekom. Ons het hom in geloof Potgietersrus toe geneem toe ons Heer u daarheen laat gaan het. Hy het op ʼn kussing in my arm geslaap terwyl u vir almal met allergiese probleme gebid het. Terwyl u die naam allergie in u gebed gebruik het, het sy liggaampie elke keer geruk. Ons het gesien dat God hom aangeraak het. Tuis het sy ma alle medisyne vernietig. Na drie dae het die laaste rofies van sy sere afgeval. Vandag kan hy alles eet, selfs piesangs, alle kos wat ʼn kind voor lief is. Dank ons Hemelse Vader. Ook my spatare wat my 38 jaar geteister het, rugprobleme, maagseer, vroulike kwale, my twyfel en wanhoop het in die niet verdwyn. God het in Jesus se dierbare Naam oorgeneem. Ook my man se been is genees. Prys God! Mev L Grobler Pietersburg

* * * Ek wil weer net baie dankie sê vir u voorbidding en ek loof die Heer

elke dag daarvoor. Ek is nou meer as twee jaar genees van arteritis in my regterarm en hand. Dit was so erg dat ek nie meer kon leef van pyn nie, maar na u vir my op Stanger gebid het is my arm volkome genees. Ek was toe weer die einde van 1981 by u Sentrum en u het vir my been met ʼn spataarseer, wat nie wou genees nie, gebid en kort daarna is dit heeltemal genees. My lewe het heeltemal verander. Baie dankie vir die wonderlike leesstof. Lenie Sonnekus Glencoe.

* * * Eerstens wil ek vir die Here en vir u baie dankie sê. Toe ek vir u

geskryf het was ek nog ʼn kind van die duiwel. Maar toe ek u nuusbrief ontvang het kon ek nie help om my hart vir die Here te gee nie en vir die Here te lewe nie. Nadat ek 3 jaar aan jig en rumatiek gely het, en die dokters vir my hoop opgegee het, het ek aan u geskryf, en terwyl my brief weg was oppad na u toe, het die siekte skielik net verdwyn. Ek het vergeet dat ek aan u geskryf het, en daar kry ek die brief waarin u sê, u het vir my gebid en skielik dink ek, maar dan is dit Jesus wat my gesond gemaak het! En Jesus het nie net my liggaam gesond gemaak nie, maar ook my siel. Mev M Booysen Stamford

* * *

Ek sal ons Hemelse Vader altyd loof en prys vir die wonderlike

26

Geloof in die Woord

genesing wat ek ontvang het van suikersiekte asook asma. Dit is meer as ʼn jaar dat ek laas aanvalle gehad het. Loof die Here, want Hy is goed! Vandat u vir my en my gesin gebid het gaan dit nog altyd beter. Ons het ook ons Heer gevind en sal Hom altyd prys. Mev S Coetzee Brakpan

* * * Aan Liewe Jesus alle eer, want Hy is groot en magtig. Ek het u gevra

om vir my seuntjie wat geweldig baie vratte gehad het, te bid. O, hoe wonderlik is dit net nie om te kan vertel dat al sy vratte binne 8 dae weg is nie. Jesus is wonderlik. Dit maak nie saak hoe groot of hoe klein dit is nie. Aan Jesus al die eer. Ek het ook aan u geskryf en voorbidding vir my man gevra, wat baie probleme het met sy spysvertering. Jesus het hom ook aangeraak. Dit is wonderlik om ons Hemelse Vader te kan dien. Mev M Pienaar Lichtenburg

* * * Ek lees so graag in u nuusbrief van die wonderlike genesings wat die

Here doen en dit vul my met dankbaarheid dat ek wil vertel wat die Here vir my gedoen het. Eintlik wil ek spog met wat die Here in my lewe gedoen het, want ons kan met Hom spog!

Ek is ʼn marathon hardloper, (Comrades 1965 gehardloop) van Julie 1965 af het ek arteritis gehad, dit het só erg geword dat ek later opgehou het met hardloop, nadat ek by omtrent 49 dokters en spesialiste was. ʼn Paar jaar gelede het ek aan u geskryf om vir my te bid. Op 12 Sept. ’81 toe ek die Stellenbosch Game Marathon gehardloop het, het ek ʼn geweldige pyn in my rug gekry, sodat ek byna nie die wedren voltooi het nie. X-strale het getoon dat ek osteoporose van die rugwerwels het, een werwel (T8) het inmekaar gesak, ek was belet om te hardloop. My arteritis is weg en verlede jaar op 11 Sept. het ek op Springbok ʼn marathon (42.2 km) gehardloop en gewen en die Here geprys!

Op my gevorderde ouderdom van 54 moet ek nou weer ʼn studiekursus doen en was baie bekommerd omdat ek nie meer so goed kan onthou nie. Ek het die Here vertrou dat Hy my sal bystaan, en Hy het! In 5 toetse en 6 eksamens het ek ʼn gemiddelde persentasie van 65,5 persent behaal, dit het ek net aan Sy bystand te danke. Ek loof en prys Hom daarvoor, want Hy sal geen mens wat op Hom vertrou teleurstel nie! Prys Sy Naam!! Willie de Beer Springbok

* * * ʼn Eenvoudige kaartjie met ʼn paar woorde, net om dankie te sê vir u

voorbidding vir my seun se hereksamens. Hy is ʼn meganiese ingenieurstudent aan die Universiteit. Hy moes Januarie twee vakke her. Hy het albei geslaag. Loof, prys en dank God! Ek het 3 weke gelede vir u geskryf dat my man gesê het dat ons liewer moet skei na 22 jaar. Ek het my goed toe gepak en na my ouers gegaan. Ek was 5 weke daar – my man het my kom haal. Hy het met die hulp van God herken wat sy fout was. Hy het om verskoning gevra en gesê hy

31

Getuienisse—Volume 1

radio en ek weet dit is die antwoord op my gebed. Maar Vorstershoop is 1200 kilo’s van Stanger af, hoe sal ek tog daar kom? Jesus berei self die weg deurdat ons met verlof Amanzimtoti toe gegaan het. Satan gryp weer in, ek was ʼn halwe uur laat vir my afspraak. Paniek pak my beet en met trane pleit ek vir ʼn kans en dit word my gegun. Ek gaan die gebedskamer in en wat sal ek aanskou! Ek sit sprakeloos by die aanskoue van soveel wonders, net soos met Jesus se wandelinge op aarde. Blindes sien, dowes hoor, bene groei en kreupeles loop. Wat ʼn grote God het ons nie, ja Hy is gister en vandag dieselfde tot in alle ewigheid!

Eindelik staan ek voor dr James: “Ja, wat kan Jesus vir jou doen?” “Bid dat Jesus asb. my nek sal heel.” Hy het die operasie gekanselleer! Meteens ruk ʼn geweldige krag (die Heilige Gees) en bevry my ook van senuwees, artritis, in my hande en knieë en siedaar die vreeslike pyn en geswel was onmiddellik weg uit my nek, want deur Sy wonde het daar vir my genesing gekom.

Nou slaap ek heerlik sonder ʼn enkele pil. Nekstut is af en ek kan my nek alle kante draai sonder enige pyn. Ek was ʼn jaar ná my genesing in ʼn motor wat 3 maal gerol het en het niks oorgekom nie, nie eens pyn in my nek nie. Ek is ʼn nuwe mens. Jesus het my volkome genees! Ek wil die Here loof, want Hy is onuitspreeklik goed! Aan Hom al die lof en aanbidding van my hart!! Marie Gouws Vorstershoop

* * * Ek voel so bly dat ek nie weet wat om eerste te skryf nie. My dogter

wat Bells Palsy gehad het en vir wie u hande opgelê en gebid het toe u in Kemptonpark was, se gesig is heeltemal gesond. Loof en prys die Heer vir sulke wonderwerke wat vandag nog moontlik is! U sal weet wat daardie siekte aan ʼn mens se gesig doen as dit aan albei kante ondervind word. Sy het geweet en sy is seker dat u gebede by die Vader verhoor is. Toe sy my hier by die werk besoek en met my praat, val ek haar net daar in die rede en sê: “My kind, maar jou gesig is dan heeltemal gesond.” Prys die Here! Mev Abbott Kemptonpark

* * * Ek wil net vir u dankie sê vir u gebed die aand van 22 Aug. 82 by die

Christelike Sentrum, toe ek genees is van groeisels in die keel en pyn in die kliere van my nek. Die groeisels was so erg dat ek moeilik kon sluk en praat. Dit was toe u vir mense in hul sitplekke gebid het. Die pyn was onmiddellik weg en die volgende oggend was die groeisels weg asof dit met ʼn mes verwyder is. Loof die Heer. Prys Sy Naam!! Mev J Vosloo Springs

* * * Ek wil net dankie sê dat u ʼn wonderwerk in my lewe laat gebeur het.

Vir ses jaar het ek ʼn redelike ernstige hart probleem gehad. Gedurende verlede jaar het ek ʼn besoek aan u Sentrum gebring waar u vir my gebid het. Twee dokters het onlangs verklaar dat my hart klinies normaal is! Nogmaals hartlik dank en beste wense vir die goeie werk wat u verrig. Alle eer aan Jesus!

30

Geloof in die Woord

Here vir Sy groot genade. Anna Fourie Oos Londen

* * * Byna twee jaar gelede het u saam met ons gebid vir die genesing van

klein Dirkie Wolfaardt wie se niertjies verwyder moes word weens kanker. Graag wil ek vir u vertel dat die Hemelse Vader ons kleinseun aan ons teruggeskenk het en hy is ʼn normale gesonde seun wat vanjaar skool toe is. O, ons dank die Heer elke dag vir die wonderwerk wat Hy aan ons bewys het. Verlede week was sy ouers weer met hom na die H F Verwoerd Hospitaal vir ʼn roetine ondersoek, maar die dokters vind niks van die gevreesde siekte nie en Dirkie kan ʼn normale lewe lei soos enige ander seun. Mev M Wolfaardt Robertson

* * * Vir 35 jaar het hewige hoof, nek en rugpyne my lewe byna ondraaglik

gemaak. Ek was gedurig gewapen met sakke pynstillers, kalmeer en slaap kapsules. Ja, soos ʼn drankverslaafde het ek van pyn en kalmeerpille geleef. Van die een na die ander dokter was ek voortgedryf deur pyn wat nou ook in my geswelde knieë intrek geneem het. Só erg dat ek tot 3 maal per nag opgestaan het om warm sakke te maak om die pyn mee dood te brand. ʼn Homopaat het selfs my knieë met die Chinese-naalde geprik, sonder sukses. Toe beweer ʼn Chiropraktisyn dat hy my rug sal genees. Vir 8 maande het hy my byna gek geruk en pluk en meer skade berokken. Ek het louter hel verduur en staak sy behandeling. Moes selfs op ʼn aparte bed slaap omdat ek op ʼn senuineenstorting afgestuur het. Ek kom toe uiteindelik by ʼn ortopediese chirurg uit. Na menige x-straal plate bevind hy dat ek gebore is met die 2de en 3de nekwerwel sonder ʼn kussinkie vas aan mekaar, vandaar die geweldige drukking op die senuwees. Hierna volg smartvolle toetse, oefeninge, staalkorset en nek in traksie vir 6 maande. Dog tevergeefs! Die uiteinde was ʼn nekoperasie waarby been uit die heup geneem word om die 3de en 4de nekwerwel te heg, sodat die drukking verlig kan word op die ander werwels. Op 22 Mei ’78 breek die vreeslike dag aan! Vir 5 weke was ek aan die bed vasgekluister met ʼn nekstut plat op my rug, met my kop gestut met sandsakke sodat die nek nie mag roer nie. Wat ʼn smartvolle tyd. Die chirurg beweer dat die pyn sal verminder en na 8 maande verdwyn. Maar helaas, die pyn word al feller en ek dwaal van pyn tot 5 uur soggens. My huisgesin begin moeg word vir my gedurige traan en pyn oortrekte gesig. Ek was ook baie humeurig vanweë die pyn en min rus. Ons gaan spreek weer die chirurg! (wat nie kon glo dat ek nog pyn verduur). Die x-straal plate bewys egter dat die volgende werwel besig is om te verbrokkel en beveel ʼn 2de nekoperasie aan. Die skok was vir my te veel en ek beland met ʼn bloeiende maagseer in die hospitaal. Ek kon nie my nek draai nie, maar moes my hele lyf draai indien ek agter toe wou kyk. Die tyd van die 2de nek operasie breek aan, maar ek weier om te gaan en bid dat die liewe Heer my liewer moet wegneem, want as ek bid voel dit asof Hy nie hoor nie, maar ek kom tot die oortuiging dat die Groot Geneesheer my kan genees! Te wonderlik, dieselfde aand lewer dr James sy getuienis oor die

27

Getuienisse—Volume 1

kan nooit sonder my lewe nie. Hy is wonderlik vir my! Ek sê dankie vir al u gebede wat verhoor is. Die Here was nog altyd baie goed en ek loof Hom daarvoor. Mev T L Virginia

* * * Baie dankie vir die verrykende nuusbriewe wat die hoogtepunt is in

elke maand. Die pitkos daarin, is sielevoedsel. Onlangs was ek by my suster op Queenstown gewees. Ek het van u bande saamgeneem en vir haar gespeel. Sy het weer getuig dat sy tot bekering gekom het nadat sy in Stanger by u was met die kanker in haar neus. Sy kon nie genoeg getuig hoe haar lewe sedertdien verander het nie! Van my eie lewe is dit net so waar. Ons Loof God! Bessie Viviers Fraserburg

* * * Ek skryf net vir u om te vertel van verhoorde gebed. Waar ek vir ʼn

vriendin en haar man met huweliksprobleme gebed aangevra het, omdat hulle reeds vir maande bymekaar verby geleef het onder dieselfde dak, is alles nou weer reg en kan ek nie ophou om dankie te sê nie. Loof die Here!

Met myself gaan dit baie goed. Vandat ek begin het om Bybeltekste te leer en daagliks te herhaal word ek ook daagliks versterk in my Christelike lewe. Mej. J de Wet Worcester

* * * My moeder wat aan u geskryf het om voorbidding vir haar oë het my

van u vertel. Sy het wonderbaarlik herstel en dit was nie nodig vir haar om vir ʼn oogoperasie te gaan nie, en sy loop waar sy wil. Prys die Here. Mev R Foss Louis Trichardt

* * * My man Alf Booth was al by u, en u het vir hom gebid vir die kanker

op sy oor, en na 2 maande het dit afgeval. Só ʼn groot dankie aan Jesus Christus en só baie dankie aan u dat die Here u gekies het om vir ons sondaars te bid. Mev H Booth Kroonstad

* * * My little niece, Ninette, who suffered bad bouts of sinusitis,

billiousness and dizziness, for whom I asked for you to pray, is healed. When on holiday at Mossel Bay from Kempton Park her mother took her to the ear, nose and throat specialist, who took x-Rays and found no trace of that trouble. His diagnosis was that the headaches were caused by underdeveloped molars! Isn’t is wonderful?

28

Geloof in die Woord

Miss J Swart Caledon

* * * Ek wil u hartlik bedank vir u Christelike leesstof, die Oorwinnaars Taal,

en die kasset wat ek die 9de April ontvang het. Dit is so versterkend in my geestelike lewe, ander luister ook daarna. Ek kan net getuig hoe dankbaar ek is, dat God my verlos het van die gordelroos-pyn, dit het sommer net verdwyn en ek het aan die slaap geraak, waar ek dae en nagte geen slaap kon kry nie en die vreeslike gekrap in my oog, my voorkop en kop wat so gepyn het. Ek het geglo die Here sal u gebed vir my verhoor, want die gebed van die regverdige het groot krag. Die 12de April moes die oogkundige my weer sien in Bloemfontein, hy kon nie glo dat daar so ʼn groot beterskap aan my oog en gesig is nie. Ook die plaaslike dokter wou my sien en hy was net so verbaas. Die lyding van 3 maande is verby en ek sê net dankie Here dat u my genees het. Mev F Stassen Colesberg

* * * Graag wil ek getuig wat die Hemelse Vader vir my gedoen het. Vir jare

het ek aan ʼn vreeslike hoofpyn gely, die pille wat ek gebruik het, het naderhand my maag aangetas. My huisdokter het my na ʼn neuroloog gestuur na hy my deeglik ondersoek het, het hy vir my gesê hy kan niks vir my doen nie en het toe pille voorgeskryf wat geweldig duur was. Die pille het gehelp (tydelik altans), toe die pille klaar was toe sê my vroutjie ons moet weer pille gaan koop, ek het geweier. Intussen het my moeder vir u geskryf en gevra dat u vir my moet bid waarvan ek totaal niks geweet het nie. Toe ons eendag by my ouers gaan kuier toe vra sy my hoe dit gaan met die hoofpyn. Ek vertel haar toe dat ek nog nie weer ʼn hoofpyn gehad het nie. Vir die eerste keer vertel sy ons toe dat sy vir u geskryf het. Mnr J White Kemptonpark

* * * Baie dankie vir u nuusblaadjie en gebede. Jesus het my verlos van die

gebruik van snuif. O, ek dank God vir Sy genade en vir u wat vir my ingetree het. Mev M v Vuuren Pretoria Noord

* * * My hart borrel oor van vreugde en ek moet hierdie blye nuus aan u

meedeel. My seun 19 jaar oud, en ʼn mediese student aan die plaaslike Universiteit, het verlede Vrydag ʼn operasie aan sy linkerpols gehad. Hy het geweldig baie pyn verduur, het elke vier uur pynstillers gedrink wat vir hom voorgeskryf was deur die arts. Die arm is in gips. Hy was baie ongemaklik, pruttelrig, humeurig en sommer kwaad vir die wêreld.

Omdat ons diep gelowige mense is het ek die vrymoedigheid geneem en vanoggend u kantoor op Stanger geskakel en gevra vir voorbidding, nie net

29

Getuienisse—Volume 1

voorbidding nie, maar om saam met my te bid vir die herstel van my seun se arm. Die dame by u telefoon was baie tegemoetkomend en het my verseker van u gebede vir ons. Toe ek om 13h00 by die huis kom, wag my seun my in met ʼn glimlag en sê: “Ma, raai, my arm het opgehou met pyn, en ek voel sommer heelwat beter.” Sal u kan verstaan hoekom ek sommer daar en dan na my kamer gegaan het, op my knieë geval en God geloof en geprys en gedank het. Wie anders sou die pyn só gou kon wegneem? Ek kan nou ook met ʼn ware hart getuig van die groot genesingswonder wat hier in ons huis plaasgevind het. Baie, baie dankie vir die aandeel wat u daarin het. Ek glo nou meer as ooit tevore dat God my ander verlangens ook sal aanhoor, en gemoedsrus gee. Mev J Pelser Bloemfontein

* * *

Ek het u gevra om weer vir my te bid dat ons liewe Heer my man na my sal terugbring. U het daardie aand regtig diep met my gepraat toe u sê ons moet tog nie vir u vra om aan te hou bid nie. Ek het alreeds voor omgedraai toe u dit sê, maar u het soos die Heilige Gees u gelei het gebid en gesê: “Dankie Jesus dat ons weet U het U engele gestuur om die man te gaan terug haal en dat U hulle ʼn liefde sal gee wat alle verstand te bowe sal gaan.” Dr James, die Here het net mooi dit gedoen. Wat ʼn wonderwerk! Ek het altyd gedink ons liefde is pragtig, maar nou is dit só mooi, só onuitspreeklik mooi en nuut en wat meer is, my man, wie eens die Here geken en met Hom gewandel het, het soos die verlore Seun teruggekom na die Here en getuig nou meer as ooit voorheen vir ons Meester. O, ek juig en loof ons Heer! Dankie vir u gebede en voorbeeld dr James. M.O. Krugersdorp

* * *

U het in Aug. verlede jaar vir my gebid, ek was verlam vanaf my middel en kon nie loop nie. Onse Vader het my aangeraak en gesond gemaak sodat ek kan loop. Waarvoor ek baie dankbaar is teenoor Hom. Mev A Grobbelaar. Welkom

* * * In Des ’79 is daar gevind dat beenkanker ver gevorderd was in my

bobeen. Dit was ook al versprei na my limfkliere. Ek het in my nood aan u geskryf om vir my te bid. ʼn Paar weke later en nog terwyl ek in groot pyn sit en bid, het ek die wonderlikste gevoel oor my voel kom, en die duidelike versekering van die Here gekry dat ek gesond gaan word. Ek was vir maande nog baie siek, die dokters het geen hoop vir my herstel gehad nie, maar ek was vol geloof dat ek gaan herstel, want die Here het dan die Heilige Gees oor my gestuur en my die versekering gegee. My dokters en selfs my predikante het baie skepties gestaan teenoor my sterk geloof, want ek het aan hulle vertel dat die Here my gaan genees. Wel, na 4 operasies en 3 maande in die hospitaal, waartydens daar ook ʼn staal plaat en penne in die been gesit is om dit te versterk is ek tuis, gesond en geen teken van enige kanker nie. Prys die