24
Kollig Julie 2016 1 K L L I G Vanderbijlparkse Fotografiese Vereniging Posbus 2108 Sasolburg 1947 E-pos:[email protected] Webwerf: http://www.vdbp-photo.org/ Facebook: https://www.facebook.com/VdbpPhotoClub Julie 2016 Rensia Fourie Engel a G PSSA Silver Medal Winner Photo Journalism (Monochrome) 2 nd Rustenburg Digital Salon 2016

Rensia Fourie G - VDBP Photo › downloads › KOLLIG-201607.pdf · Lief en Leed Oom Willie en Tannie Betsie Roux ons mis julle by ons klubaande. Dit is egter te verstane dat julle

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Rensia Fourie G - VDBP Photo › downloads › KOLLIG-201607.pdf · Lief en Leed Oom Willie en Tannie Betsie Roux ons mis julle by ons klubaande. Dit is egter te verstane dat julle

Kollig – Julie 2016 1

K

L

L

I

G

Vanderbijlparkse Fotografiese Vereniging

Posbus 2108

Sasolburg

1947

E-pos:[email protected]

Webwerf: http://www.vdbp-photo.org/

Facebook: https://www.facebook.com/VdbpPhotoClub

Julie 2016

2016

Rensia Fourie

Engel a G PSSA Silver Medal Winner

Photo Journalism (Monochrome)

2nd

Rustenburg Digital Salon 2016

Page 2: Rensia Fourie G - VDBP Photo › downloads › KOLLIG-201607.pdf · Lief en Leed Oom Willie en Tannie Betsie Roux ons mis julle by ons klubaande. Dit is egter te verstane dat julle

Kollig – Julie 2016 2

Inhoudsopgawe:

Redaksie aan die woord ............................................................................................................. 2 Boodskap vanaf die Voorsitter................................................................................................... 3 Komiteelede ............................................................................................................................... 4 Klub Facebook ........................................................................................................................... 4

Lief en Leed ............................................................................................................................... 4 Verjaarsdae ................................................................................................................................ 5 LCD Skerms............................................................................................................................... 5 Klub ledegeld – Elsa Brits ......................................................................................................... 5 Fotografie wenke – Koos Fourie................................................................................................ 6

Klub Dagboek ............................................................................................................................ 7 Foto Inskrywings ....................................................................................................................... 8 Wenners - Vanderbijlparkse Fotografiese Vereniging ............................................................. 9 Humorhoekie.............................................................................................................................. 9 Kategorie wenners en uitslae – Junie 2016 Klubaand ............................................................. 10

COM – Sertifikate van Meriete – Junie 2016 .......................................................................... 14 Food for thought ...................................................................................................................... 17

Ysbeerrun – 30 Julie 2016 ....................................................................................................... 18 Fotografie geleenthede ............................................................................................................. 18

Too good to be true .................................................................................................................. 19 Kollig snuffel rond ................................................................................................................... 20

PSSA ........................................................................................................................................ 21 PSSA Kongresse ...................................................................................................................... 21 Randburg Ensemble ................................................................................................................. 22

PSSA Salonne – Fotografiejaar 2016-2017 ............................................................................. 22 Salon uitslae ............................................................................................................................. 23

Vorderingstaat - Johan Enslin en Deon Ferreira ...................................................................... 23

Redaksie aan die woord

Terwyl die winter se koue hier aan ons hakskene byt, raak foto’s neem ʼn

bietjie van ʼn uitdaging. Wat mens soms uit die oog verloor is dat hierdie tyd

van die jaar juis die beste sagte lig daarstel tydens die sogenaamde “golden

hour”.

Maak gebruik van die geleenthede wat geskep word. Afrika is mos nie vir sissies nie of hoe?

Destin Sparks het gesê:” Photography is the story I fail to put into words.” Dit laat mens

nogal diep nadink en as mens na die foto’s in hierdie uitgawe van Kollig kyk dan besef mens

watter wonderlike stories vertel word. Van Rensia se medalje foto tot Mietsie se reeks met

die luiperd. Uitstekend. Laat waai met julle stories. Ons sien uit na nog baie.

Kollerige groete,

Henk & Louisa

Page 3: Rensia Fourie G - VDBP Photo › downloads › KOLLIG-201607.pdf · Lief en Leed Oom Willie en Tannie Betsie Roux ons mis julle by ons klubaande. Dit is egter te verstane dat julle

Kollig – Julie 2016 3

Boodskap vanaf die Voorsitter

Uitdagings: dit is baie keer ‘n goeie ding dat mens nie weet presies waarvoor jy jouself inlaat voordat jy iets aanpak nie. So was dit dan nou ook met ‘n jare lange droom van my, om die Otter te gaan stap. Sekerlik een van die mooiste dele van ons land, die Tsitsikama kus. Die staproete is beslis nie jou gewone Sondagmiddag stappie nie, maar ek is verheug en dankbaar dat ek dit uiteindelik gedoen het. Ek kon dit uiteindelik afmerk as gedoen. Sal ek dit weer doen? mmmmmm. Hier is ‘n foto van die uitsig wat jou verwelkom aan die einde van die roete: Natures Valley

se strand. Doen jou uitdaging; moenie te lank uitstel nie, en stel gereeld vir jouself ‘n nuwe een, dit is wat ons inspireer in die lewe. Het baie in fotografie verander vanaf die begin daarvan tot vandag? Miskien ja, maar miskien ook nie. Interessant wat Antonie Francois Claudet (French: 1797 – 1867) te sê gehad het (onthou dat fotografie volgens meeste bronne amptelik in 1839 begin het, hy was toe 42): “When the present state of photography was considered, and the vast strides it had made during the last four years, it would seem that a more perfect process could scarcely be wished (hier verwys hy na die wonderlike vordering wat gemaak is met die gehalte van die glasplaat negatiewe en chemikalieë). Photography was (is?) an art in which only genius and talent could rise to a high position. In the immerse number of photographs exhibited during the past five years, how small was the number meriting the designation of really fine photographic pictures! There was neither pleasure nor merit in doing that which did not cost trouble or talent.” Hy en ander se behoefte was reeds vroeg daar om foto’s te manipuleer. Hier is ʼn foto wat Claudet in 1855 gedoen het (16 jaar na die begin van fotografie), met die hand ingekleur! (ons moet onthou dat

fotografie in sy tyd swart en wit was). Manipulasie van foto’s gee beslis ʼn nuwe dimensie daaraan. Belangrik net dat alles in jou prentjie wat jy aanbied jou eie werk moet wees. Hier word hoofsaaklik op elke fotograaf se integriteit staatgemaak. Claudet sê egter ook: “Photography was (is?) the imitator of nature - the drawing was perfect, and the perspective correct”. So daar is beslis plek vir die realistiese werk.

Fotografie bly ʼn baie interessante en uitdagende stokperdjie. Ons afgelope klubaand het weer ons lede se passie en veelsydigheid gewys. ʼn Groot verskeidenheid foto’s is ingeskryf, van natuur tot baie kreatiewe werk. Wonderlik om dit te kon sien. Doen so voort. Geniet jou fotografie! Francois

Page 4: Rensia Fourie G - VDBP Photo › downloads › KOLLIG-201607.pdf · Lief en Leed Oom Willie en Tannie Betsie Roux ons mis julle by ons klubaande. Dit is egter te verstane dat julle

Kollig – Julie 2016 4

Komiteelede

Voorsitter:

Francois Roux MPSSA; Hon

FPSSA; EPSSA; AFIAP

0825723560 (s)

016 421 1034 (w)

[email protected]

Vise-voorsitter/ Nuwe lede:

Koos Fourie APSSA

016 889 4090 (w)

083 468 1173 (s)

[email protected]

Tesourier:

Elsa Brits

0832877446(s)

[email protected]

Skakelbeampte:

Johan Brits FPSSA

016 970 1717 (w)

082 7188394 (s)

[email protected]

Webwerf/Klanksisteem:

Etienne Burger LPSSA

083 742 0336 (s)

[email protected]

Spyder & Facebook:

Frank dos Santos

082 978 8381 (s)

[email protected]

Photovault/Vordering:

Deon Ferreira LPSSA

083 655 3405 (s)

[email protected]

Sekretaris:

Renee Storme

082 452 2539

[email protected]

Ander:

Westelike Gauteng

Streeks Direkteur:

Francois van

Jaarsveld

LPSSA 0836599657

francoisvanjaarsveld@

gmail.com

President van PSSA:

Francois Rousseau

APSSA

0725387555

[email protected]

Redaksie:

Henk Scheepers

APSSA

016 931 1755 (w)

072 260 0513

henks@hsattorneys.

co.za

Redaksie:

Louisa Scheepers

APSSA

016 971 9052 (w)

082 376 0352

louisa.scheepers@

me.com

Klub Facebook

We are a local photographic club where

amateurs and enthusiast can meet and share

images of various genres.

http://www.picturecorrect.com/…/shooting-raw-

settings-in-p…/

Lief en Leed

Oom Willie en Tannie Betsie Roux ons mis julle by ons klubaande. Dit

is egter te verstane dat julle versigtig is om in die aande uit te gaan.

Word nou eers heeltemal gesond.

Jan Jacobs het sowaar weer in

die teater gaan kuier. Daardie

verlore blindederm het sommer

groot marakas gemaak daar binne. Ons is dankbaar

dat dit nou weer baie beter gaan.

Page 5: Rensia Fourie G - VDBP Photo › downloads › KOLLIG-201607.pdf · Lief en Leed Oom Willie en Tannie Betsie Roux ons mis julle by ons klubaande. Dit is egter te verstane dat julle

Kollig – Julie 2016 5

Verjaarsdae

Die volgende lede verjaar in Julie en Augustus:

Is jou naam nie op die verjaardaglys nie? Laat weet asseblief

sodat dit reggestel kan word op die ledelys

[email protected]

LCD Skerms

LCD skerms moet ongeveer een keer per maand gekalibreer word. Die klub se Spyder is dus

beskikbaar vir die persone wat dit sou wou gebruik. Frank dos Santos hanteer die uitleen van

die Spyder. Maak gerus enige tyd kontak met hom om te hoor wanneer jy die Spyder sal kan

leen. [email protected]

ʼn Ander opsie is om van die splinternuwe metode op

PSSA se webtuiste gebruik te maak. Die volledig artikel,

sowel as enige van die foto’s wat jy sal benodig, is ook

daar beskikbaar. Indien jy bo-oor die ikoon links beweeg

sal jy ʼn direkte toegang tot die webbladsy kry (indien jou

rekenaar dit toelaat).

Klub ledegeld – Elsa Brits

Dit is tyd dat jy weer jou

spaarvarkie beetkry.

Die klub se boekjaar strek van

1 Julie – 30 Junie.

Klub ledegeld kan of by Elsa of direk in

die bank inbetaal word. Onthou dan net om

’n bewys van betaling aan Elsa te stuur:

[email protected]

Vir boekjaar wat eindig 30 Junie 2017:

i. PSSA lede: R110 per gesin

ii. Nie-PSSA lede: R150 per gesin

iii. Pensioenarisse: R50 per gesin.

Bank besonderhede:

Vanderbiljparkse Fotografiese

Vereniging

ABSA Spaarrekening 92 450 707 16

Julie

1 Alwena Hendrikz

5 Johan Enslin

7 Christa Ferreira

7 Gerald Gower

7 Jaco van Basten

15 Hennie Karsten

17 Johan Brits

18 Dorothy Zijlstra

20 Danie Bosman

28 Barbara Matthyser

Augustus 1 Christiaan Steyn

1 Henk Scheepers

6 Lane Steyn

7 Astrid Berge

14 Deon Ferreira

24 Illse Nortier

29 Etienne Burger

Page 6: Rensia Fourie G - VDBP Photo › downloads › KOLLIG-201607.pdf · Lief en Leed Oom Willie en Tannie Betsie Roux ons mis julle by ons klubaande. Dit is egter te verstane dat julle

Kollig – Junie 2016 6

Fotografie wenke – Koos Fourie

Framing in Photography

“Framing” your subject with something in the environment. The frame is a part of the scene, so it tells a bigger story and places your subject in context. It also suggests things about the image.

Simple framing elements are doorways or windows. These create a portal that takes the viewer into the world beyond, a suggestion of something being possible.

By being dark, a frame adds drama–possibly danger or suspense–to your image. If the frame is bright beyond your subject, it lends a heavenly, divine sense to the subject.

The lighter the frame, the more delicate and happy the image will feel. It creates a desire in the viewer to go through the frame and join them to be part of the joy. You create the emotional trick of the viewer joining the joy by the desire to go through the frame.

The frame can be in front of or behind your subject, and it does not even need to be complete for it to work as a frame. The mind completes things when it sees the suggestion of the shape. So a subject can be seen through a gap in a row of surfboards or snow skis.

Framing Tricks for Photographers

Don’t skimp. Pull back so you can see what the frame is.

Keep it square. Frames usually have a geometric shape, so you have to be careful that the lines are level.

Compose carefully. Your subject can fill the frame or be small in the frame. Make the choice with purpose; each approach gives a different message to the viewer.

Expose properly. In most cases, the frame should not be so dark as to have no detail or so bright it is washed out.

Be creative. To create a frame, you just need some space around the subject on the sides. You could frame a child by having her positioned between adults but with some space so she is a little isolated and the adults are cropped out.

Consider the focus. The frame does not need to be in focus, conversely the subject does not need to be in focus (in this case the frame should be, though).

The frame can be artificial. For example, you could hold up a fuzzy heart and shoot an embracing couple through it.

Once you get the hang of framing your subjects, you will be well on your way to creating powerful storytelling images.

Page 7: Rensia Fourie G - VDBP Photo › downloads › KOLLIG-201607.pdf · Lief en Leed Oom Willie en Tannie Betsie Roux ons mis julle by ons klubaande. Dit is egter te verstane dat julle

Kollig – Julie 2016 7

Klub Dagboek

2016/07 Geen Aanlynkompetisie

2016/07 Klub inskrywings het reeds gesluit = 2016/06/18

2016/07/15

NWU –Vaalrivier kampus

Samancorgebou 6-G02

18h30

Jaarkompetisie Toekenings:

Wenner per stergradering; Algehele wenner;

Senior wenner; Junior wenner.

Onthou sluitingsdatum was: 2016/06/18

Voorsitterstroffee – Sluitingsdatum 2016/06/30

Jaarvergadering + Verkiesing

2016/07/30

Vaalpark

se

Ekopark

Hekke maak reeds

6am oop

Ysbeerrun

2016/08/19 Blou – Henk Scheepers

Die oorwegende kleur en fokus van die foto moet die kleur blou

wees. Die tema is wyd oop vir kreatiewe denke en toepassing.

Verras die beoordelaars.

+ AV-aanbiedings (Max 2 AV’s per fotograaf)

2016/09/16 Nagfotografie – Jan Jacobs

2016/10/21 Kos – Annelize Coetzee

2016/11/18 Veelsydigheid

Scapes; Nature; PJ/Sport; Visual Arts/Altered Reality; Macro;

Portrait (Humans only); Table Tops/Still Life; Architecture.

Page 8: Rensia Fourie G - VDBP Photo › downloads › KOLLIG-201607.pdf · Lief en Leed Oom Willie en Tannie Betsie Roux ons mis julle by ons klubaande. Dit is egter te verstane dat julle

Kollig – Julie 2016 8

Foto Inskrywings

Tydens die meeste van ons klubaande is teenwoordigheid verpligtend om te mag deelneem. WEES DAAR

en moenie vergeet om aan te teken nie

Onthou dat ʼn foto of soortgelyke foto nie twee keer ingeskryf mag word nie – Slegs tydens

ons jaarkompetisie in Julie is dit toelaatbaar dat dieselfde foto wat al tydens klubaande

vertoon is, weer die lig mag sien.

Hoeveelheid foto’s per maand

Alle maande –

uitgesluit Julie;

November en

Desember

Aanlyn deelname 1 foto

Hierdie word voor die klubaand

beoordeel.

Teenwoordigheid nie verpligtend.

Maandonderwerp 1 of 2 foto’s Maksimum van 3 foto’s in die eerste

twee afdelings + 1 foto in Monochrome

afdeling

Teenwoordigheid verpligtend.

Ope afdeling 1 of 2 foto’s

Monochrome 1 foto

Maart en

Augustus AV inskrywings

Kriteria verskyn in die

Kollig Teenwoordigheid verpligtend.

Julie

10 foto’s (ingeskryf vanaf Augustus vorige jaar

tot Junie huidige jaar)

Onthou die foto’s mag reggemaak word

voor inskrywing, soos deur

beoordelaars aanbeveel.

Teenwoordigheid nie verpligtend.

Voorsitterstrofee

November –

Veelsydigheid 5 foto’s volgens spesifieke kriteria

Teenwoordigheid nie verpligtend,

maar vir die wat nie teenwoordig is nie,

tel hulle foto’s se punte nie vir

bevordering nie en kan hulle ook nie in

aanmerking kom as wenners nie.

Desember Geen klubaand

Die oplaai van foto’s geskied via http://www.photovaultonline.com. Indien jy onseker is hoe om dit te

gebruik, gaan kuier gerus op ons webwerf http://www.vdbp-photo.org vir meer inligting.

PSSA lede moet asseblief hulle ‘M’ nommers op photovaultonline gebruik. Dit verskyn op julle

lidmaatskapkaartjies. As julle onseker is, kontak gerus vir Ria Katzke van PSSA of Elsa

[email protected].

’n Foto wat volgens kommentaar deur die beoordelaars ‘reggemaak’ is, kan by die volgende klubaand

saam met die oorspronklike foto vertoon word. Hierdie foto’s moet vooraf aan Francois per e-pos

gestuur word waarna hy 2 of 3 voorbeelde, wat gewerk het of nie, sal kies om tydens die

daaropvolgende klubaand te bespreek.

Lede word daarop gewys dat die gebruik van dieselfde of soortgelyke foto in twee verskillende

mediums byvoorbeeld in digitaal kleur en digitaal monochroom nie aanvaarbaar is nie. Dit word

geheel en al ontmoedig.

Beoordelaars 2015/2016

Datum Onderwerp A* B C

2016/07 Jaar kompetisie Midrand Fotografie Klub

2016/08 Blou Henk Scheepers Werner Nell Johan Enslin

2016/09 Nagfotografie Buitebeoordelaars

*A-beoordelaars het die reg om ’n toekenning wat gemaak is te wysig indien hy/sy dink dat

die toekenning foutief is. A-beoordelaars moet asseblief hierdie reël toepas. Na die

beoordeling moet die A-beoordelaar die aand se beoordeling kortliks met die ander

beoordelaars bespreek.

Page 9: Rensia Fourie G - VDBP Photo › downloads › KOLLIG-201607.pdf · Lief en Leed Oom Willie en Tannie Betsie Roux ons mis julle by ons klubaande. Dit is egter te verstane dat julle

Kollig – Julie 2016 9

Wenners - Vanderbijlparkse Fotografiese Vereniging

Datum Junior

(1– 3 ster)

Senior

(vanaf 4ster)

Maandonderwerp Monochrome

Mini-reeks Wenner Morné Potgieter Naaswenner Henry Swanepoel

2015/07/17 Gerrie

Labuschagne Gerald Gower Voorsitterstrofee Kers/e

Sobrina Janse

van Rensburg

2015/08/21 Gerrie

Labuschagne Mietsie Visser Weer Pine Pienaar Mietsie Visser

2015/09/18 Elsje

Vermeulen Koos Fourie

Landskappe-

Wolke Francois Roux Danie du Plessis

2015/10/16 Elsje

Vermeulen Johan Enslin Natuur Mietsie Visser Jan Jacobs

2015/11/15 Lourens Swart Danie du Plessis Veelsydigheid Haig Fourie

2016/01/15 Gerrie

Labuschagne Deon Oosthuizen Reis Malinda de Jager Henk Scheepers

2016/02/19 Elsje

Vermeulen Johan Brits

My favourite

shoes Danie du Plessis Francois Roux

2016/03/11 Gerrie

Labuschagne Mietsie Visser Sport Morne Potgieter Mietsie Visser

2016/04/18 Nicolaas Louw Hennie Karsten Makro Elsje Vermeulen Rensia Fourie

2016/05/20 Susan Jacobs Hennie Karsten Wildlife Louisa Scheepers Henk Scheepers

2016/06/10 Elsje

Vermeulen Haig Fourie Mense Hennie Karsten Elsje Vermeulen

Die wen foto’s word in die plaaslike koerant geplaas, saam met ʼn beriggie oor die klub.

Indien daar lede is wat nie hulle foto’s geplaas wil hê nie, laat weet asseblief vir Elsa Brits.

Geen antwoord sal aanvaar word as instemming dat dit gepubliseer mag word.

Indien jy die gelukkige wenner is van die Junior en Senior afdelings, kan jy aan PSSA se

klubkompetisie deelneem. Foto’s moet voor die 25ste van elke maand ingeskryf word op

Photovaultonline; My entries; PSSA Specific; PSSA monthly club winner competition. Vir

meer inligting, gesels gerus met Johan Enslin (083 456 6751) daaroor.

Humorhoekie

Stabiliteit tydens fotografie

is van die uiterste belang. .

Page 10: Rensia Fourie G - VDBP Photo › downloads › KOLLIG-201607.pdf · Lief en Leed Oom Willie en Tannie Betsie Roux ons mis julle by ons klubaande. Dit is egter te verstane dat julle

Kollig – Julie 2016 10

Kategorie wenners en uitslae – Junie 2016 Klubaand

Wenner – Monochrome Afdeling

Elsje Vermeulen 2*

Safely at moms side – 12

Ek het my Canon (ISO 400

teen 1/ 1 600 sec) met F4

lens gebruik om dié foto te

neem. Die klein

kalkoenkuiken wou egter

nie lekker saamwerk nie en

het heeltyd onder sy vet

mamma ingekruip. Na ʼn

lang wag het ek dié foto

gekry. Ek het besluit om dit monochroom te gebruik omdat die ma se swart-en-grys-vere vir

baie mooi “detail” gesorg het.

Wenner – Maandonderwerp afdeling

Hennie Karsten MB

Guess Who is Boring – 13

Foto is geneem op die Marine

Parade te Durban.

Canon 550D

Aperture Priority Mode

ISO 100

Canon 100-400 L Series Lens

Page 11: Rensia Fourie G - VDBP Photo › downloads › KOLLIG-201607.pdf · Lief en Leed Oom Willie en Tannie Betsie Roux ons mis julle by ons klubaande. Dit is egter te verstane dat julle

Kollig – Julie 2016 11

Wenner - Ope afdeling – Junior

Elsje Vermeulen 2*

Inflatable Racing – 12

Ek het dié foto op

die Vaalrivier

tydens die Ice

Block Inflatable

Racing-kompetisie

geneem. Hoewel dit

reeds winter was,

was dit die moeite werd om in die koue langs die rivier te wees. Die wedrenne was baie

opwindend en ek het dié foto gekry. Ek het my Nikon D70 gebruik, ISO 200, f.5.6 teen

1/2000 sec.

Wenner – Ope afdeling – Senior

Haig Fourie 5*

Sondagrokkie op sonneblom – 13

Kamera: Canon 7D

Lens: Canon EF

180mm f3.5L Macro

USM

Focal Length: 252

ISO: 160

Beligting: 1/320 sek

F-stop: F 11

Het na een van die

sonneblomlande net

buite Sasolburg op ‘n

Saterdagoggend gegaan en gekyk wat se goggas ons kan afneem.

Page 12: Rensia Fourie G - VDBP Photo › downloads › KOLLIG-201607.pdf · Lief en Leed Oom Willie en Tannie Betsie Roux ons mis julle by ons klubaande. Dit is egter te verstane dat julle

Kollig – Julie 2016 12

Wenner – Minireeks

Mietsie Visser 5*

13

Ek het die mini-reeks in 2015 die Kruger NP afgeneem. Ons was uiters

gelukkig en bevoorreg om dit te kon beleef en boonop te kon afneem.

Die twee rooibokramme was testosteroonbelaai en so besig om teen

mekaar te skrum, dat hulle salig onbewus was dat die luiperd die

geleentheid aangryp en op hul afpeil.

Die redaksie het dit goed gedink om die foto’s nie te veel te verklein nie. Knap gedaan

Mietsie. Red.

Aantog

Take two

Page 13: Rensia Fourie G - VDBP Photo › downloads › KOLLIG-201607.pdf · Lief en Leed Oom Willie en Tannie Betsie Roux ons mis julle by ons klubaande. Dit is egter te verstane dat julle

Kollig – Julie 2016 13

Los my maat

One down

Suffocation

Page 14: Rensia Fourie G - VDBP Photo › downloads › KOLLIG-201607.pdf · Lief en Leed Oom Willie en Tannie Betsie Roux ons mis julle by ons klubaande. Dit is egter te verstane dat julle

Kollig – Julie 2016 14

COM – Sertifikate van Meriete – Junie 2016

Aanlyn Afdeling

Elsje Vermeulen 2*

Klaar geswem – 12

Minireeks 13

Mietsie Visser 5*

Page 15: Rensia Fourie G - VDBP Photo › downloads › KOLLIG-201607.pdf · Lief en Leed Oom Willie en Tannie Betsie Roux ons mis julle by ons klubaande. Dit is egter te verstane dat julle

Kollig – Julie 2016 15

Monochroom Afdeling

Elsje Vermeulen 2*

Safely at moms side – 12

Maandonderwerp

Afdeling

Louisa Scheepers MB

Dalk daai een – 13

Maandonderwerp Afdeling

Hennie Karsten MB

Guess Who is Boring – 13

Page 16: Rensia Fourie G - VDBP Photo › downloads › KOLLIG-201607.pdf · Lief en Leed Oom Willie en Tannie Betsie Roux ons mis julle by ons klubaande. Dit is egter te verstane dat julle

Kollig – Julie 2016 16

Maandonderwerp Afdeling

Elsje Vermeulen 2*

Luister nou na my – 12

Ope Afdeling

Hennie Karsten MB

Keuses – 13

Ope Afdeling

Johan Enslin MK

Hummingbird moth – 13

Page 17: Rensia Fourie G - VDBP Photo › downloads › KOLLIG-201607.pdf · Lief en Leed Oom Willie en Tannie Betsie Roux ons mis julle by ons klubaande. Dit is egter te verstane dat julle

Kollig – Julie 2016 17

Ope Afdeling

Elsje Vermeulen 2*

Inflatable Racing – 12

Ope Afdeling

Haig Fourie 5*

Sondagrokkie op

sonneblom – 13

Food for thought

'Being an actor is the loneliest thing in the world. You are all alone with your

concentration and imagination, and that's all you have.'

Okay...now I really want to be a photographer

Page 18: Rensia Fourie G - VDBP Photo › downloads › KOLLIG-201607.pdf · Lief en Leed Oom Willie en Tannie Betsie Roux ons mis julle by ons klubaande. Dit is egter te verstane dat julle

Kollig – Julie 2016 18

Ysbeerrun – 30 Julie 2016

30 Julie 2016 - Brrrrrrrrrr !!!

Onthou dat die hekke van Vaalpark se Ekopark reeds 06h00 oop is. ‘n Uittreksel van wat

Johan Brits oor verlede jaar sy Ysbeer uitstappie te sê gehad het: “Sekerlik het die YSBEER

sy naam gestand gedoen en was die vroegoggend temperatuur -7°C. Vingers het gevries en

die ys het onder die voete gekraak.” Onthou dus maar om die warm goedjies in te pak. Dit

gaan beslis goed te pas kom.

Fotografie geleenthede

Rondebult bied goeie geleentheid vir voël-fotografie. Indien jy jou PSSA

lidmaatskapkaart wys, laat hulle jou nou net na 5vm binne.

http://birdsanctuarydairy.blogspot.com/

Austen Roberts Memorial Bird Sanctuary (Coordinates ‘S25 46 182 E028 13 661)

http://www.gauteng.net/attractions/entry/austen_roberts_bird_sanctuary/

The 11.8 hectare bird sanctuary is within the Walkerspruit Open Space System in which

two streams feed water into wetlands that attract a large number of bird species. There

have been over 170 birds species recorded, including the grey crowned crane, rock

doves, speckled pigeons and the Egyptian goose.

Free access area limited to the bird hide in the sanctuary which is open from 06:00 to

18:00 in summer and 07:00 to 17:00 during winter months. The bird sanctuary also has

guided walks that can be arranged at R55 per person and groups of up to twelve people.

Elke laaste Sondag van die maand op Walkerville skougronde is motorfietse.

SAMX Nationals Onthou jou glimbaadjie! http://www.samxnationals.co.za/

Padwedrenne – Cycle Lab webtuiste http://www.cycleevents.co.za/category/road-events/

Bergfietswedrenne – Cycle Lab webtuiste http://www.cycleevents.co.za/category/mtb-events/

http://www.sandstone-estates.com/ The dates for 2016 coincide with public holidays and long

weekends in South Africa.

Women’s Day Weekend Saturday August 6

Page 19: Rensia Fourie G - VDBP Photo › downloads › KOLLIG-201607.pdf · Lief en Leed Oom Willie en Tannie Betsie Roux ons mis julle by ons klubaande. Dit is egter te verstane dat julle

Kollig – Julie 2016 19

Youth Day Weekend: Saturday June 18

Heritage Day Saturday September 24th

The Cherry Express Thursday- Saturday 17-19th November

'Reefsteamers Photoshoots' <[email protected]> 23 July RS winter photo shoot

As you are no doubt aware, Reefsteamers runs an annual winter shoot and this year’s event is

scheduled for the 23rd

July 2016.

The winter shoot is arranged specifically for steam loco enthusiasts / photographers to access

the Reefsteamers depot in Germiston to photograph locos in steam doing repeated run pasts.

As well as two or more running locos in steam there are many other photographic

opportunities - several parked locos including a Garrett, derelict wagons, coaches, sheds and

large workshops with equipment under repair.

We assemble at the depot just before dawn - the freezing weather makes for fantastic steam

photography at a cost of R750 per photographer.

If you have any queries, or would like to make a booking, please contact me by email

at [email protected] - Ian Morison 0829039463

Too good to be true

.

Page 20: Rensia Fourie G - VDBP Photo › downloads › KOLLIG-201607.pdf · Lief en Leed Oom Willie en Tannie Betsie Roux ons mis julle by ons klubaande. Dit is egter te verstane dat julle

Kollig – Julie 2016 20

Kollig snuffel rond

Francois Roux skryf: Ek is in 2010 deur ‘n kliënt, wat ‘n deel van sy Lodge in Vilancoulos, Mosambiek, moes herbou na sikloon skade, gevra om daar te gaan fotos neem van die skuite wat daar visvang. Dit was ‘n heerlike langnaweek vir my en Maretha, met genoeg fotos waaruit gekies kon word om die kamers te versier. Die fotos was op canvas geprint. ‘n Heerlike gevoel dat van jou fotos erkenning op publieke vlak kry. Vroeg in Mei vanjaar bel die kliënt my en sê hy voltooi Sasol se nuwe kantore buite Vilancoulos (waar ‘n nuwe gasaanleg opgerig is) en hy wil graag weer van my fotos hê om in die kantore te gebruik as “skilderye”. Tyd was min want die inwyding was einde Mei. Ons soek toe vier fotos uit en ek moes vinnig ‘n drukker kry wat groot canvas prints (die grootste een is 2.2m x 1.2m - ongeraam) kan print. Die printwerk en raamwerk kon gelukkig betyds gedoen word en die besending is 26 Mei op ‘n trok Mosambiek toe. Ek moet sê dit is baie bevredigend (en vleiend) om te weet jou fotos versier iewers ‘n kantoor se mure. (Ek het sommer met die selfoon die foto van die geraamde foto geneem.)

Page 21: Rensia Fourie G - VDBP Photo › downloads › KOLLIG-201607.pdf · Lief en Leed Oom Willie en Tannie Betsie Roux ons mis julle by ons klubaande. Dit is egter te verstane dat julle

Kollig – Julie 2016 21

PSSA

Kontak asb. [email protected] as enige van jou persoonlike inligting in die afgelope 3

jaar verander het.

Indien ons lede by PSSA aangesluit het, laat weet asseblief - [email protected]

Vir meer inligting oor PSSA, gaan besoek gerus die webtuiste. http://www.pssa.co.za/

Dit is die moeite werd om PSSA se webtuiste op ʼn gereelde basis te besoek. Daar is

konstant nuwe inligting en oulike kompetisies.

PSSA Kongresse

2017 PSSA Kongres- Johannesburg

Turfontein se kongresfasiliteit

Einde September

Tema: Straatfotografie

Page 22: Rensia Fourie G - VDBP Photo › downloads › KOLLIG-201607.pdf · Lief en Leed Oom Willie en Tannie Betsie Roux ons mis julle by ons klubaande. Dit is egter te verstane dat julle

Kollig – Julie 2016 22

Randburg Ensemble

Sluitingsdatum: 21 Oktober 2016 Onthou julle die Randburg Ensemble wat in 2015 deur die Randburg Photo Club

aangebied was? Wel, dit was so ‘n reuse sukses dat hulle beplan om dit vir 2016 te

herhaal. Vanderbijlparkse Fotografiese Vereniging gaan beslis weer deelneem. Die

bestuur sal teen middel September 2016 ons klub se drie deelnemers aanwys. Begin dus

solank julle idees in foto’s (3 – 5) verwerk en hou die spasie dop vir meer inligting.

PSSA Salonne – Fotografiejaar 2016-2017

2016.07.09 - PECC 125th Anniversary Salon

2016.07.23 - MFFC Salon

2016.08.06 - Bluff 50th Anniversary Salon

2016.09.17 - Nelspruit Salon

Onthou om julle salon uitslae vir Danie Du Plessis te stuur om in aanmerking te

kom vir die Werker en Fotograaf van die jaar. [email protected]

Johan Enslin herinner die lede: “ Lede moet oplet dat die fotoklub korrek geselekteer word

wanneer hulle inskryf vir Salonne. Indien nie word dit gelys as “Independent” inskrywing.

Page 23: Rensia Fourie G - VDBP Photo › downloads › KOLLIG-201607.pdf · Lief en Leed Oom Willie en Tannie Betsie Roux ons mis julle by ons klubaande. Dit is egter te verstane dat julle

Kollig – Julie 2016 23

Salon uitslae

Indien jy nie seker is hoe Salonne werk nie, of hoe jy kan

inskryf ... vra gerus een van ons komiteelede. Hulle is

almal kundig op die vlak van Salonne.

2de Rustenburg Digitale Salon 2016/05/14

Fotograaf Honours Medalje COM's Aannames Totaal Haig Fourie LPSSA 1 4 5

Johan Brits FPSSA 5 5

Hennie Karsten LPSSA 5 5

Rensia Fourie 1 1 2

Mietsie Visser 2 2

Totaal vir VDB 1 1 17 19

Rensia Fourie, baie geluk met jou PSSA Silwer medalje vir jou

foto Engel a G in die Phto Journalism (Monochrome) afdeling.

7th Tafelberg Digital Salon 2016/05/21

Fotograaf Honours Medalje COM's Aannames Totaal Haig Fourie LPSSA 2 6 8

Henk Scheepers APSSA 1 7 8

Hennie Karsten LPSSA 8 8

Mietsie Visser 4 4

Brenda Karsten 3 3

Rensia Fourie 2 2

Sobrina Janse van Rensburg 2 2

Totaal vir VDB 3 32 35

Vorderingstaat - Johan Enslin en Deon Ferreira

1.) Salon aannames:

Salon aannames na Deon Ferreira – Alle aannames wat hy tot en met die klubaand van

daardie maand ontvang het, sal op vorderingstaat van die Kollig van die volgende maand

[email protected] Salon resultate, aannames of nie, moet na Deon

Ferreira gestuur word, binne een maand na die uitslae verskyn het. Onthou dat slegs twee aannames per foto vir bevordering in die klub aanvaar word. Dui aan

waar ʼn foto ʼn derde aanname of meer het. Internasionale aanvaardings tel slegs vir PSSA

Diamond Graderings en nie vir klub bevordering of PSSA Impala trofee nie.

2.) Klubpunte:

Dit is belangrik dat elkeen sy vorderingstatus op Photovault Online moet gaan opdateer

met die Simbole wat in hakkies op die vorderingstaat is.

Page 24: Rensia Fourie G - VDBP Photo › downloads › KOLLIG-201607.pdf · Lief en Leed Oom Willie en Tannie Betsie Roux ons mis julle by ons klubaande. Dit is egter te verstane dat julle

Kollig – Julie 2016 24

3.) Punte Toekenning:

Vir meer inligting oor hoe die vorderingstelsel werk, gaan kyk gerus na www.PSSA.co.za –

Onder die CLUBS skakel – CLUB ADVANCEMENT GUIDELINES.

Digitale Vorderingstaat soos op 2016/06/12

Ongelukkig het daar ʼn probleem met Photovaultonline se klubadministrasie-deel gekom.

Johan van der Walt (‘administrator’) het vir Johan Enslin laat weet. Hy is eers weer teen 4

Julie terug in Suid-Afrika en sal dan aandag daaraan kan gee. Die vorderingstaat sal dus moet

oorstaan tot die volgende Kollig.

Die kuns van ʼn ‘glitch’ is dat dit die verrassing net groter maak en aangesien geen foto’s vir

die jaarkompetisie vorderingspunte kan verwerf nie, sal dit dus heerlik wees om die

opgedateerde vorderingstaat in die volgende Kollig te laat verskyn, terwyl ons sommer die

wenners van die Jaarkompetisie kan aankondig.

Dankie vir die verstaan.