52
ProAgri ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer September 2015 No / Nr 187 ISSN 1042 - 1558 Gratis / Free www.proagri.co.za Meganisasie | Gewasproduksie | Hulpbronbestuur | Vee en Wild Gewasproduksie: • Eerste nasionale opbrengswedstryd • Wenwerktuie vir plant, spuit en besproei Kubota Sakpas vir jou plaas

ProAgri 187 September 2015

  • Upload
    proagri

  • View
    289

  • Download
    0

Embed Size (px)

DESCRIPTION

ProAgri 187 September 2015

Citation preview

Page 1: ProAgri 187 September 2015

ProAgriProAgritegnologie vir die boertechnology for the farmer

September 2015No / Nr 187

ISSN 1042 - 1558

Gratis / Free

www.proagri.co.za

Meganisasie | Gewasproduksie | Hulpbronbestuur | Vee en Wild

Gewasproduksie:• Eerste nasionale opbrengswedstryd• Wenwerktuie vir plant, spuit en besproei

KubotaSakpas vir jou plaas

Page 2: ProAgri 187 September 2015
Page 3: ProAgri 187 September 2015

www.proagri.co.za ProAgri 187 – September 2015 1

Meganisasie2 Kubota lewer maksimum werk vir minimum diesel in wingerd5 John Deere: Suid-Afrika gaan groter7 Vitamech se proaktiewe MacDon vou oor die heuwels8 Equalizer plant sy pad oop11 Kanna: Sprankelwerktuie spesiaal vir die boer

Gewasproduksie12 Dow Agro: Strongarm werk en bespaar geld14 Maak planttyd maklik met Pro Gas Solutions17 Valtrac se Parruda Stronger bereik groot hoogtes19 Pioneer Opbrengskompetisie: Weeg en wen!21 Waterbestuur: Kry gehalte en diens by Elsumo23 Besproeiing: Wie weet beter as die boer?

Hulpbronbestuur25 Shell: Gee jou trekker lekker MOOV!

Vee en wild27 Simposium Jakaranda-skou

Gereeld31 Veilings34 GeneGids36 AgriGrids

Redakteursbrief Voorblad

Inhoudsopgawe / Contents ProAgri

Gracelaan 31C, Murrayfield, PretoriaTel: 012-803-0667www.proagri.co.za

Business-to-business: Agriculture ABC

January – March 2015 39,763

Copyright © 2013. All rights reserved. No material, text or photo graphs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.

2

14

19

25

5

Gebruik die regte trekker vir die regte werk. Dit is die boodskap wat Kubota graag by Suid-Afri-kaanse boere wil tuisbring. ProAgri het hierdie maand op Pieter Beukes se plaas by De Doorns gekuier waar die regte Kubota vir die regte werk ook regte besparing teweeg bring. Lees meer op bl 2.

Redakteur tydskrif en aanlynAnnemarie Bremner > [email protected]

VerslaggewerDu Preez de Villiers > [email protected]

Hoofbemarker:Stefan van Wyk > [email protected]

Bemarkers:Adele van Tonder > [email protected]

Xander Pieterse > [email protected]

Remi Friebus > [email protected]

Uitleg & ontwerpEsta van Niekerk

NavraeEngela Botha > [email protected]

Rekeninge Ronel Keet > 0861-777-225 [email protected]

Verspreiding en intekeningDu Preez de Villiers > [email protected]

SakebestuurderGeorge Grobler

Dit gons in landboukringe oor Charl Senekal, leierboer in die suikerriet-

wêreld, se besluit om nie voort te gaan met die oprigting van ’n R1-miljard kragsentrale nie as gevolg van ’n grondeis op die gedeelte van sy eiendom. As ’n mens maar net kon weet of dit darem ook in regeringskringe gons, sou dit al help, maar geen reaksie kom daardie kant af nie. ’n Mens hoef sekerlik nie verder te soek na ’n bewys oor wat die ekonomiese gevolg is van die heropening van die grondeis-proses nie. Wie wil in ’n land belê as jy geen sekerheid het oor eiendomsreg nie? Dit is ook interessant dat mnr Senekal toe sommer dadelik deur Zambië se minister van Landbou uitgenooi is om in daardie land na geleenthede te gaan kyk. Dit is geen wonder dat Zambië so aanlok-lik geraak het vir ontwikkelaars nie. ProAgri se eerste Zambië-uitgawe sien ook eers- daags die lig. Dit sal hoofsaaklik in Zam-bië versprei word, maar Suid-Afrikaanse boere wat ook belange daar het en graag die tydskrif wil bekom, is welkom om in te teken. Ons vra net die posgeld. Stuur gerus ’n e-pos na [email protected] om dit te reël. Dit geld natuurlik vir ProAgri self ook. In hierdie uitgawe val die klem op gewasproduksie en ProAgri is opgewonde daaroor om deel te wees van die land se eerste nasionale opbrengskompetisie wat deur Pioneer gereël word met John Deere as medehoofborg. Lees op bl 19 meer daaroor en as jy glo jou doepa gaan werk om die twee hektaar met die hoogste opbrengs te lewer, skryf in! Soos Pioneer sê: Weeg en wen!

En soos ProAgri sê:

Boer slim!

Annemarie Bremner > [email protected]

ProAgriProAgri

27

Page 4: ProAgri 187 September 2015

2 ProAgri 187 – September 2015 wwww.proagri.co.za

Brandstofverbruik is een van die min insetkostes waarop ’n tafeldruif-

boer kan bespaar en dit is waarom die Beukes-broers van De Doorns op die uitkyk was vir kleiner trekkers wat in die wingerde dieselfde werk kan doen as groter trekkers, maar minder brandstof gebruik. Pieter Beukes het by al die trekkermanne in die omge-wing aangeklop en gesê hulle moet kom wys wat hulle het. Pieter sê hy het gedink Kubota se mense bring vir sy kinders ’n speel-ding vir die sandput toe hulle met die B2420 op sy plaas aankom, maar die trekkertjie se werkskrag het hom gou verstom. Hy sê: “Ek klim toe sommer self agter die stuur, haak die grootste drui-wewa en laai daardie wa boggelrug, want ek wil vir hulle wys die trekker is ’n lekker speelding vir my kinders en nie ’n werksding nie.” Pieter sê hy het die vrag druiwe sonder enige probleme van onder op sy plaas by die rivier tot bo by sy skuur gesleep, en het net op die laaste bult voor die skuur nodig gehad om na ’n laer rat oor te skakel, ook om stadiger om die skuur te ry. Die B2420 het toe op die plaas agtergebly om verder getoets te word. Pieter het ’n swaelbalk gehaak en sy werker wat die swael toegedien het was vol lof want “hy sit lekker regop, hy raak nie aan ’n tros druiwe nie en hy hoef nooit te mik as hy indraai by ’n ry nie”. Pieter sê as jou trekkerdrywer van die trekker hou is jy al halfpad daar, dan moet die trekker net die werk kan doen. Die volgende toets was die drui-weblok vol sagte sand met ’n vol vrag

druiwe. Halfpad het die dapper Kubota vasgesteek, maar die operateur het oorgeskakel na vierwieldryf en woerts-warts was hulle uit die moeilikheid. Pieter sê dit is toe dat hy sy broer bel en sê: “Hier is ’n trekker teen ’n ‘kwadfiets’ se prys wat ongelooflik lek-ker werk.” Die B2420 is toe deur na De Modderdrift waar hy ook sy staal in die modder gewys het. Twee dae later was die Beukes-broers ses klein Kubotas ryker en die dieselrekening, met besparings van derduisende rand per maand, vertel die res van die storie. Dit was nie Pieter se eerste erva-ring van Kubota nie. Hy het vroeër ook van die groter modelle in die reeks, die M70-40, aangeskaf spesifiek vir spuit-werk in die wingerde en ook na deeg-like vergelykings met ander fabrikate

in dieselfde klas. Die dieselverbruik het gewissel van 10,2 tot 6,8 liter per uur met die ander fabrikate, teenoor Kubota se 4,4 liter per uur. Pieter het uitgewerk dat hy per trekker R154 000 oor tien jaar sou spaar met brandstofverbruik, maar die trekkers se prys was bietjie hoog. Deon en Leonard Engelke van Kubota SA kon egter vir hom ’n goeie ooreen-koms voorstel om die aankoop die moeite werd te maak.

’n Kubota vir elke doelPieter se plaasbestuurder, Jaco Lötter, vertel dat hulle nou ’n Kubota vir elke doel op die plaas het. Die groter trek-kers word gebruik om groter vragte aan te ry en ook om in die wingerde wat hoog op teen die berg geleë is te werk.

Op Pieter Beukes se plaas by De Doorns is daar ’n Kubota vir elke taak.

Die manne van Kubota, Leonard en Deon Engelke, en Phillip Hanekom van KH Trekkerdienste by Jaco Lötter, plaasbestuurder.

Meg

anis

asie Kubota lewer maksimum werk

vir minimum diesel in wingerd

Page 5: ProAgri 187 September 2015

www.proagri.co.za ProAgri 187 – September 2015 3

sê die trekkers gaan voorwaar tot hulle volle kapasiteit beproef word, maar hy is vol vertroue dat hulle die werk sal kan doen. Benewens die brandstofbesparing, gaan dit ook oor die bekamping van skade. In druiwetyd hang die trosse laer en met die groter trekkers begin die agterwiele teen die trosse slaan. Met die klein trekkers is daar geen meganiese skade nie.

SA boere kry spesiale Kubota-aandagDeon Engelke van Kubota SA vertel dat ’n span ingenieurs van die Japan-nese maatskappy tans die land besoek om spesifiek met Suid-Afrikaanse boere oor hulle ervarings en voorstelle vir verbeterings te gesels. Hy sê noudat genoeg boere in die land begin het om Kubota te onder-steun, is die maatskappy besig om terug te ploeg. Waar plaaslike boere tans die Europese reeks van Kubota te koop kry, kan daar dalk in die toekoms modelle spesifiek vir Suid-Afrikaanse omstandighede ontwikkel word. Dit gebeur net as daar meer as honderd eenhede van elke model in ’n land verkoop word. Deon sê Suid-Afrikaanse boere moes net eers gewoond raak daaraan dat ’n mens die regte trekker vir die regte werk moet gebruik en dat ’n kleiner trekker op die voorpunt van tegnologie kan beweeg met moderne ontwikkelings soos hidrostatiese aan-drywing. Die beteken dat ratwisseling outomaties en glad geskied sodat die enjinomwentelinge deurgaans presies reg is vir die werk wat gedoen moet word. Dit, tesame met Kubota se vin-dingryke driedwarrel-ontbrandings-kamers, is die groot geheim van

Dan is daar die L39-TLB (laai- en slootgraaf-trekkerkombinasie) wat sommer blitsig grond uithaal en oplaai vir enige opvullingswerk of optelwerk, en ’n RTV (rowweterreinvoertuig) vir kleiner take. Die kleiner Kubota-trekkers word vir al die werk in die ander wingerde gebruik omdat hulle gerieflik onder en tussen die druiwe deur kan beweeg, skerp kan krink om van een ry na die volgende te beweeg en, soos oor en oor bewys, hard kan werk in ruil vir die minimum diesel.

Nóú gaan ons spuit!Die volgende uitdaging was om die B2420 in te span om ook spuitwerk te doen, maar dit beteken daar moes ’n spuit gevind word wat doeltreffend deur ’n 17,9 kW-trekker gesleep en aangedryf kan word. Na maande se huiswerk het Pieter-hulle op ’n spuit in die Martignani-reeks afgekom wat kon werk, maar daar moes ’n paar aanpassings ge-maak word om die trekker en die spuit wat 17,7 kW benodig, doeltreffend saam te laat werk. Met die ondersteuning van die plaaslike Kubota-span en mnr Martig-nani wat saam met sy hoofingenieur uit Italië kom kuier het, is die nodige aanpassings gedoen en die toetse het goed verloop. Jaco sê: “Dit gaan oor tegnologie en krag wat op die regte plek aangewend word. Die spuitmaatskappy het gekyk na katrolwielgroottes om dieselfde windspoed uit die blasers agter die spuit te kry, maar teen laer trekker-krag.” Vanjaar gaan die klein Kubota-trekkers en twee van die nuwe spuite die spuitwerk op die plaas doen. Pieter

Met soveel kopvryhoogte kan die operateur gemaklik regop sit en die B2420 sleep die 1 000-literkar sommer lag-lag.

Die druppels is netjies deur die ka-mera se flits vasgevang sodat ’n mens presies kan sien hoe lyk die spuitpatroon van die wingerdspuit wat deur die klein B2420 Kubota gesleep word. (Foto: Pieter Beukes)

Kubota se brandstofbesparing. Soos Pieter sê: “Ek kan regtig nie verstaan hoekom alle tafeldruifboere nie al minstens een of twee van die klein trekkers gekoop het nie. As hulle maar net weet hoeveel meganiese skade hulle kan uitskakel, om nie eers van die dieselverbruik te praat nie, dan betaal hulle daardie trekker met ’n glimlag.”

Kontak Leonard Engelke in die Wes-Kaap by 083-461-8725 of 021-854-5239 of besoek www.kubotasa.co.za vir volledige in-ligting oor die reeks en om uit te vind wie jou naaste handelaar is.

Kubota lewer maksimum werk vir minimum diesel in wingerd

Die oranje span is slaggereed vir die somer

Page 6: ProAgri 187 September 2015
Page 7: ProAgri 187 September 2015

www.proagri.co.za ProAgri 187 – September 2015 5

John Deere Sub Sahara Afrika, het 5 jaar gelede al begin met die beplan-

ning en ontwerp van die nuwe 15FX grootraamplanter wat deur en deur vir Suid-Afrikaanse toestande geskik is. John Deere het die behoeftes van Suid-Afrikaanse boere bepaal deur regstreeks met hulle en die handelaars te skakel en ’n vraelys deur te werk. Die inligting wat so ingeoes is, is ontleed en verwerk om seker te maak dat daar vir elke moontlike behoefte voorsiening gemaak word. Die feit dat boere se plantvenster al korter word, was een van die grootste beweegredes om ’n planter te bou wat so wyd as moontlik is en so min as moontlik volgemaak hoef te word. Verder wil boere hulle kunsmis- en saadplasing optimaal bestuur. Maar groter is nie noodwendig beter nie, want ’n planter wat sukkel om by die wenakker om te draai of te tru kan planttyd eerder langer as korter maak en daarom is daar ernstig koppe bymekaargesit. Hulle breinkind was toe ’n grootraamplanter wat maklik en kort kan krink omdat sy brug knak en die stutwiele hidroulies vorentoe bring sodra dit by die driepunt opgetel word. Die plantereenhede lig dan hoog en droog en veilig uit die grond en lig selfs op die ente nog hoër op om ’n sweepslagaksie te verhoed. Die hoër oplig aan die ente help ook, saam met die knakraam, wanneer daar steeds sekuur teen lastige hellings geplant moet word. Vir ernstige volmaakgemak kan ’n boer ook John Deere se CCS™ (Central Commodity System) as ’n opsie vir sy planter kies. Dit bestaan uit ’n sen-trale saadtenk van 2 466 liter vir 12-ry planters of 3 523 liter vir die 16 en 24-ry planters. Vir goeie balans is die saadtenk so na as moontlik bo-op die driepunt van die trekker geplaas en hy

hou deurlopend die planteenhede se saadbakke met ’n positiewe blaasaksie vol. Nou kan jy die planter in ’n japtrap met ’n massasak by een sentrale punt vol-maak sonder dat die massa saad se gewig op plan-tereenhede rus en so die plant-diepte beïnvloed. ’n Lugdrukge-drewe afdrukstel-sel waarmee alle 15FX-grootraam-planters toegerus is, verseker dat boere deurlopend

Meg

anis

asie

Om volgende seisoen met ’n eg Suid-Afrikaanse wyeraamplanter op jou plaas te woeker, kontak vir Carel Theron by 082-802-2209 of [email protected].

...en tweedens lig die opgevoude balk met die buitenste agt plantereenhede hoog op sodat die planter klein en bondig oor die plaas getrek kan word terwyl elke saad-bak deurlopend regop bly.

Amerikaners gaan groot; Suid-Afrikaners gaan groter

Die 15FX-grootraamplanter sonder die CCS-stelsel word steeds met ’n lugdrukgedrewe afdrukstelsel toegerus om beheer oor plantdiepte te behou.

Die reuse 24-ry 15FX is in Augustus tydens die AFGRI-Boeredag Spogtog buite Frankfort aan boere bekendgestel. Eerstens vou die gedeelte van die balk met die buitenste vier plantereenhede 180° vorentoe...

beheer oor hulle plantdiepte het. ’n Reuse kunsmistenk van 6 000 kg is heel agter geplaas waar dit maklik bygekom kan word om vol te maak. Die planter loop op twee groot hoëflot-tasiestutwiele om ’n “treintjie-effek” uit te skakel. ’n Positiewe blaasstelsel verseker ook dat elke saadjie getrou sy kwota kunsmis kry. Talle Suid-Afrikaanse boere plant nog ernstig met korrelkunsmis, daarom word korrelkunsmistoediening as ’n opsie aangebied benewens plan-ters wat vloeibare kunsmis toedien en planters wat glad nie kunsmis toedien nie. John Deere verseker ook dat elke saadjie en sy kunsmiskorrels deurlo-pend ewe ver van mekaar af is deurdat die kunsmistoediener aan die planter-

eenheid gemonteer is en nie aan die raam nie. Die gedugte planter is met John Deere se staat-maker MaxEmerge 5-plantereenhede toegerus en elke plantereenheid kan afsonderlik uitgeskakel word waar nodig.

deur Du Preez de Villiers

Page 8: ProAgri 187 September 2015
Page 9: ProAgri 187 September 2015

www.proagri.co.za ProAgri 187 – September 2015 7

Die gewildheid van soja groei vinnig op die Hoëveld namate al hoe meer

boere hierdie gewas in wisselbou benut om die uitputtende invloed van mielies teë te werk, mieliesiektes te bestry en broodnodige stikstof weer terug in die grond te sit. Maar ’n nuwe gewas beteken nuwe uitdagings; nuwe inligting, nuwe oplei-ding en... ’n nuwe stropertafel. Soja kan ook ’n boer lelik onkant be-trap, want terwyl die plant nog groen is, kan die kurkdroë sade al uit die peule bars en op die grond val, soos wat on-langs amper in Standerton gebeur het. Vitamech het gaan kyk watter so-jastropertafel die beste in Suid-Afrika sal werk en toe die MacDon knaktafel, die Rolls Royce van stropertafels, begin invoer om vir ernstige sojaboere soete stroopgenot oor hulle lande te laat ervaar. Ritchie Farm Equipment in Stander-ton is een van Vitamech se agente wat slegs duursame produkte op hulle vloer uitstal. Die onderneming is in 1947 deur oupa Winston Ritchie begin en twee jaar gelede het Winston junior die eerste MacDon-knaktafel in die distrik verkoop. “Ons het kliënte wat 100 hektaar hoë-opbrengssoja per dag kan stroop met ’n klas nege stroper en ’n 40-voet MacDon-knaktafel vooraan,” sê Francois Mellett, bestuurder van Ritchie Farm Equipment. Maar om met ’n 40-voet stropertafel vooraan jou stroper die gewasse mooi eweredig teen die grond af te sny, is nie kinderspeletjies nie, veral nie waar die kontoere in die land jou strooproete uitdagender maak nie. Daarom is MacDon se knaktafel inderwaarheid twee drywende vleuels wat in die middel kan knak sonder enige sensors op die punte. Sodra een van die vleuelpunte net effens aan die grond raak, tel dié helfte effens op om die kontoere te volg. Dit maak die reaksie-tyd soveel vinniger omdat daar nie vir die terugkomende seine vanaf sensors gewag hoef te word nie. Die groot faktor wat die MacDon-knaktafel van gewone tafels onder-skei, is dat vervoerbande in plaas van awegaars gebruik word om die kosbare

en sensitiewe materiaal sagkens en sorgsaam tot veilig in die pens van die stroper te vervoer voordat daaraan getorring word. Die vervoerbande verseker ook dat daar ’n egaliger voer na die stroper se pens is, wat volume-bepaling baie makliker maak. Die stamme van ’n boer buite Standerton se soja was onlangs nog grasgroen, maar die peule het al gedreig om oop te bars. Nat plante of te nie, hy moes die stroper in die land jaag. Die MacDon se vervoerbande skrik egter nie vir nat materiaal nie en die boer kon sy oes veilig, vinnig en maklik stroop. “As jy volumehantering, spoed en uitskakeling van vermorsing in ag neem, is die MacDon maklik 50% meer doeltreffend as ’n ander stropertafel,”

Meg

anis

asie

Sodra die MacDon stropertafel se tolhark die materiaal tot bo-op die bande gehark het, rol die bepaalde ry tande terug sodat die materiaal nie daaraan kan vashaak om weer bo-oor gegooi te word nie.

Met die hulp van die hark val die afgesnyde sorghum sagkens op die MacDon-stropertafel se vervoerband wat dit na die stroper se pens vervoer.

sê Winston jnr. “Ek het self gesien hoe stropers met ’n MacDon vooraan ’n derde vinniger as ander stropers draf.” Die voorste tolhark (reel) is ’n ander vernuftige MacDon-wonder om te bewonder. Die ses tandrye wentel elk om sy eie as terwyl dit die mate-riaal ophark, maar sodra die materiaal bokant die vervoerbande is, rol die be-paalde ry tande terug om te verseker dat daar geen materiaal bo-oor gegooi word vir ’n tweede optel nie. Die hark het ook vier verstelbare posisies vir verskillende optelbehoeftes en elke knakbare vleuel het sy eie hark wat aan die vleuel en nie aan die raam vas is nie, wat verseker dat die hark teen hellings steeds sy werk doen soos verwag word. Die tafel het sy eie hidrouliese stelsel en pomp, en benodig slegs krag van die stroper se aftakker.

Vitamech se MacDon-knaktafel sien kans vir soja, sorghum, koring en enige grassade, selfs waar die oes so swak en lig is dat konvensionele tafels dit nie kan optel nie.

Vitamech se proaktiewe MacDon vou oor die heuwels

Vir meer inligting, skakel vir Jurie Swart by 083-375-8840 of 021-907-8000 of Louis van der Merwe by 072-626-840 of stuur ’n e-pos na [email protected].

Page 10: ProAgri 187 September 2015

Meg

anis

asie

Equalizer plant sy pad oop

Van ’n idee en ’n prototipe op ’n plaas tot ’n bekende en gerespekteerde rolspeler in Suid-Afrikaanse landbou... Equalizer het dié lang pad in ’n kort tydjie oopgeplant. ProAgri volg die verhaal van Gideon Schreuder en sy span by Theebo Tech van die begin af en het pas weer besoek gaan aflê by die uitgebreide fabriek in die Kaap waar die nuutste tegnologie ingespan word om hoëgehalte planters te lewer. As gevolg van die hoë aanvraag moes die fabriek so aangepas word dat daar ’n planter per dag gelewer kan word.

In die poeierbestrykingsaanleg word Equalizer se unieke blou kleur so aangewend dat dit lyk of dit die metaal se eie kleur is. Dennis Cronjé, wat die aanleg bestuur, verduidelik dat elke onderdeel eers deur ’n proses gaan om alle olie af te haal en die metaal met ’n fyn grein te laat waaraan die poeier kan vassit. Die poeier word vir 35 minute lank teen 210ºC vas-gebak in die lang oond, maar as dit daar uitkom moet dit net afkoel en dan is dit dadelik gereed om gebruik te word. Die onderdele hang aan ’n spoor en beweeg rustig verby die verskillende stasies waar dit afge-haal word soos nodig.

8 ProAgri 187 – September 2015 wwww.proagri.co.za

Page 11: ProAgri 187 September 2015

www.proagri.co.za ProAgri 187 – September 2015 9

Die ontwikkelingswerk by Equalizer hou nooit op nie. Dié prototipe wyeraamplanter met sy sentrale saad- en kunsmisbak gaan somer-graanplantwerk na ’n volgende vlak neem. Gideon Schreuder (inlas) sê die planter word eersdaags in die veld getoets en sal in 20- en 24-ry eenhede beskikbaar wees. Slim hidroulika en ’n unieke raamontwerp sal sorg dat die planter so opvou dat dit gerieflik gesleep kan word. Die balke pas knus langs die tenks in vir goeie gewigsverspreiding.

Vind meer uit oor Equalizer se reeks planters by Ruan Jonas by 079-522-8639, Gideon Schreuder by 021-981-4542 of Frikkie Senekal by 082-828-8426, of besoek www.equalizer.co.za.

NUUT!

Page 12: ProAgri 187 September 2015
Page 13: ProAgri 187 September 2015

www.proagri.co.za ProAgri 187 – September 2015 11

Nuttige landbouwerktuie van die hoogste gehalte teen bekostigbare

pryse. Dit is wat Kanna Industries op Worcester vervaardig om boere oor die hele land se lewe makliker te maak. Die perfekte kombinasie van kundigheid, ervaring en gesindheid om werklik tegnologie-oplossings vir die boer te bied, is saamgevat in die stigter en eienaar van Kanna Indus-tries, Willa Nolte. As kind op die plaas naby Loxton het hy nie net vir boerdery lief geword nie, maar was hy ook die een wat die enjins herstel het, al die staal- en sweiswerk gedoen het en plannetjies gemaak het om die wolmerinoboerdery beter en makliker te laat vlot. Later, as goed gekwalifiseerde onderwyser in Meganiese Tegnologie, het hy knaend tegnologie ingespan om sy boerevriende se werk makliker te maak. So gesog en suksesvol was hierdie dienste dat hy vandag sy eie fabriek met die mees gevorderde ontwerpvermoë, vervaardigings-toerusting en bekwame personeel het. Die fabriek is op Rumax se perseel in Worcester en Willa vertel dat Jaco Pieters van Rumax hom met waarde-volle raad en daad bygestaan het in sy oorgang van onderwyser na fabrikant. Oor hierdie oorgang is baie boere reeds baie bly. Hulle verwelkom Kanna Industries se beleid om werktuie te ontwikkel op grond van werklike be-hoeftes wat hulle by boere raaksien en hulle strewe om goeie werktuie, spesiaal ontwerp en vervaardig vir Suid-Afrikaanse toestande, teen be-kostigbare pryse aan ons boere beskikbaar te stel. Kanna Industries het die vermoë en die wil om op aanvraag werktuie wat die boer se behoeftes presies pas te ontwerp en te vervaardig. Elke produk in hulle reeks is gemaak om die boer ’n plaaslike, bekostigbare, betroubare, doeltreffende oplossing te bied.

Boonop is Kanna-werktuie se slyt-onderdele oor enige koöperasietoon-bank te koop sodat niks ooit hoef te staan en wag vir duur onderdele om van oorsee ingevoer te word nie.

Baalsleepwa’n Ware arbeid- en kostebespaarder is Kanna Industries se baalwa wat ronde bale met net een trekker en operateur op die land laai en werf toe aanry. Daar is ’n model wat ses bale vervoer en een wat nege op ’n slag laai. Die Kanna-baalwa is slank genoeg om gladweg deur enige hek te glip en met die aflaaislag kan jy kies of die bale op hulle sye moet lê of op hulle koppe moet staan.

LaaigraafWanneer die Kanna-baalwa sy vrag in of voor die skuur aflaai, begin die Kanna-laaigraaf met sy baalhanteerder om die bale netjies weg te ry en te stapel. Hy laai ook bale in die voer-menger of op ’n vragmotor van tot drie meter hoog.

Meganisasie

Vir meer inligting, praat met Willa Nolte by 072-333-1051 of [email protected]. Besoek ook www.kannaindustries.co.za.

Sprankelwerktuie spesiaal vir die boer:

Kanna Industries se baalwa werk maklik met ’n trekker van 60 tot 65 kW. Hy tel bale self op sonder die nodigheid om agteruit te stoot. Net een trek-ker en operateur is nou nodig om bale uit die lande te ry.

Kanna Industries se unieke ge-lykskraper loop op sleë en het twee lemme om paaie, wingerdrye, brandbane en ander grond gelyk te skraap sonder om ’n sloot te vorm en ’n wal grond eenkant te gooi.

Die nuttige ministortbakstel van Kanna Industries kan gebruik word om enigiets van vullis tot produkte soos pekanneute met ’n bakkie aan te ry en te stort. Die stortbak word met ’n elektriese wenas op die sleepwa gelaai en gekantel.

Hierdie bekostigbare staatmaker kos veel minder as sy ingevoerde boeties, maar as dit by die werk kom, staan hy geensins terug nie. Verskil-lende werktuie soos ’n baalgryper, baalpenne of laaiskop word kliks-klaks gemonteer of verwyder. Kanna Industries monteer die laai-graaf voor aan enige trekker sodat die boer maar net kan opklim en laai.

Skraper’n Unieke werktuig van Kanna Indus-tries is die skraper wat gebruik kan word om paaie, wingerd- en boordrye, brandpaaie en spilpuntlande gelyk te skraap. Waar ’n gewone skraper bogrond verwyder en eenkant toe gooi om die oppervlak gelyk te maak sodat jy uiteindelik met ’n sloot sit waar jy geskraap het en ’n wal waar die grond gegooi is, maak die Kanna-skraper perfek gelyk sonder om grond eenkant toe te skuif. Die Kanna-skraper werk 1,8 meter wyd en waar hy geloop het kan jou voertuie met spuite, druiweplukkers of sleepwaens vol delikate produkte gladweg loop sonder dat enigiets uit-mekaarskud of papstamp.

Ministortbakstel (skip)’n Vindingryke produk wat Kanna Industries eintlik vir ’n ander mark ontwerp het en vervaardig is ’n onderneming op sy eie: ’n stel stort-bakke met ’n sleepwa wat agter ’n bakkie gesleep kan word om vullis, maar ook enigiets anders, maklik en gou te vervoer en te stort. Die bak word met ’n elektriese wen-as op- en afgelaai en gekantel om te stort. Elke bak hou 1,7 kubieke meter, maar dit kan na 2,2 kubieke meter vergroot word. Die beste nuus van Kanna Indus-tries is dat jy op jou rug sal val as jy sien hoe gunstig hulle pryse is.

Kanna ken nie kannie

Page 14: ProAgri 187 September 2015

“Dié onkruiddoder werk beslis. Ons landerye bewys dit. Ons sal dit

weer en weer gebruik. Die afwesigheid van onkruid in ons gewasse bewys dat dit werk. Dit bespaar ook geld, want dit skakel handearbeid en opvolgbe-spuitings uit. Wie wil dan meer hê?” Só praat boere wat grondbone en sojabone plant en landbounavorsers oor Strongarm – en wie kan beter oor-deel of onkruiddoder waarde vir geld bied? Hulle praat van Strongarm 840 WG (L8667 Wet 36 van 1947), Dow Agro-Sciences se bewese onkruiddoder vir gebruik saam met grasdoders in tenk-mengsels vir die vooropkomsbeheer van eenjarige grasse, breëblaaronkruid en, in sekere omstandighede, ook uintjies in soja- en grondboonlande. Thomas Meyer van Elandskuil, Bothaville, spuit reg agter die planter. Die werktuie loop amper in tandem, sê hy. “Dit werk om vars te ploeg, vars te plant en vars te spuit, al waai die wind daarna. As jy die eerste keer reg werk, doen jy dit nooit weer anders nie. Ons kry hier soms baie wind soos vanjaar. Strongarm werk nogtans.” Strongarm se uintjiebeheer het hom ook beïndruk. “Daar is boere wat sê hulle weet nie of dit werk nie, tot jy ʼn strook sien waar die spuit mis gespuit het. Dan sien jy baie onkruid en hoe doeltreffend Strongarm is. By my is hier en daar enkele uintjiestoele, maar waar mis gespuit is, staan die uintjies ʼn voet hoog.” “As ʼn boer dit die eerste keer reg

doen, doen jy dit nooit weer anders nie. Jy wil nie weer met onkruid suk-kel nie. Ek plant nie ’n boontjie as ek nie Strongarm kan spuit nie.” Thomas plant so 150 ha grondbone en sy swakste opbrengs was 2 ton/ha. “Ek was tevrede daarmee en met Strong-arm se lang nawerking bespaar ek baie op arbeidskoste.” Jaco Viljoen van Kruisfontein, Bothaville, het die afgelope seisoen so 90 ha sojabone geplant, die helfte op ’n oorlêland. “Dan plant jy soja as eerste gewas. Dit sit ’n klomp stikstof terug in die grond. Reën dit daarna

Jorrie Jordaan van Technichem, self ʼn boer en ook verteenwoordiger (links), en Thomas Meyer, boer van Elandskuil, Bothaville, in ʼn baie skoon grondboneland.

normaal, dan dra jy vog en stikstof oor vir die volgende mielieseisoen.’’ Jaco het ook so 200 ha grondbone geplant. “Ek sal nie soja of grondbone plant sonder Strongarm nie. Ek het net een keer voor opkoms gespuit. Vir my beheer dit verder alle onkruid. Ek is tevrede daarmee. Die resultaat op my grondbone en sojabone is ʼn pluimpie vir Strongarm; hy help ons oor die bult na beter oeste,” sê Jaco.

Wetenskaplikes stem saam oorStrongarm“Ek het nog nooit so ’n rustige seisoen gehad nie,” sê Lorraine Solomon, grondboonkundige van die LNR op Potchefstroom. “Ek het by die meeste van die proewe waar ons self plant Strongarm gebruik en ek gaan nie terug na ’n ander onkruiddoder nie. Skoffel is nie nodig nie. Ons beleef eerlikwaar ’n baie kalm seisoen.” Tevore moes Lorraine gewoonlik weer na opkoms met ʼn ander middel spuit om breëblaaronkruid te beheer en dan was dit ook nog nodig om te skoffel. “Ons het Strongarm op Potchef-stroom en Brits gebruik; ook by boere op Vaalharts, Hoopstad en Bultfontein. Net boere van Naboomspuit het nie. Hulle besproei en daar is dit nag. Hulle sukkel hulle dood en spuit hulle simpel om onkruid in bedwang te hou. Ons het ook geen probleem met blaarvlek nie, behalwe op Naboomspuit waar die onkruid gedy. “Ek kan eerlik sê jy kan nie grond-bone plant sonder Strongarm nie. Daar is geen ander manier nie. Wat meer

Stoffies Parsons, verteenwoordiger van Nulandis (links), en Jaco Viljoen ondersoek die peulvorming van ʼn gesonde stand sojabone op Kruisfontein, Bothaville. Jaco het in ʼn baie droë seisoen op die regte tyd reën gekry.

Gew

aspr

oduk

sie Boere, navorsers vol lof vir Strongarm se uitklophou:

“Dit werk en spaar geld”deur Dries Sonnekus, vryskutjoernalis

12 ProAgri 187 – September 2015 wwww.proagri.co.za

Page 15: ProAgri 187 September 2015

www.proagri.co.za ProAgri 187 – September 2015

plekke. Daar is geen onkruid tussen die rye nie; die blokke is silwerskoon. Sarel Haefele boer op Fairfield, Edenville, en is betrokke by ’n maat-skappy wat saad van nie-GM-sojabone vermeerder. ’n Demonstrasieproef is op sy plaas met Strongarm gespuit. Al die boere aan wie die maatskappy saad verskaf, het ook Strongarm gespuit. Hulle is baie tevrede met die onkruiddoder. Sarel self het 650 ha onder soja. “Ons sien Strongarm werk. Die bewys is in onkruidvrye lande. Ek kan sê Strongarm werk; die vet weet hy werk,” sê Sarel. Vivian Leeb en sy seun, Wiehan, boer op De Hoop, Koppies. Wiehan is die saaiboer. Vivian sê in die afgelope 30 jaar het hy die droogtetoestand nog net een keer soos vanjaar gesien. Hy het swaar turfgrond en hy plant sowat 650 ha soja. Die afgelope vyf jaar het sy opbrengs tussen 1,6 en 1,8 ton/

ha gewissel. Die vorige seisoen was ’n goeie een; toe het hy tussen 2,5 en 2,8 ton/ha geoes. “Ek is beïndruk met Strongarm; die onkruid-beheer is baie goed,” sê Wiehan. Evans Boerderye van Viljoenskroon is feitlik ’n huishoudelike naam in SA landbou. Arno Cronjé is hoofbestuurder. “Ons bewerk sowat 4 000 ha met 75% mie-lies en 15% sonneblom. Die res is grondbone. Ons begin nou maar met soja en het net so 50 ha geplant,” sê Arno. “Dow AgroSciences het in 2007 hier ʼn proef gespuit. Strongarm was toe al ’n goeie onkruid-doder, lank voor markvrystelling. As ʼn vooropkoms-onkruid-doder is dit die beste

wil ’n mens dan hê?” Lorraine se twee kollegas, Annelie de Beer en Lizette Badenhorst, stem saam. Annelie is sojaboonnavorser; Lizette sojaboontegnikus. Hulle be-hartig proewe met dieselfde kultivars by 10 plekke – Kinross, Middelburg, Stofberg, Groblersdal, Hoopstad, Mig-dol, Clocolan, Glen by Bloemfontein, Kroonstad en Potchefstroom. Annelie sê onkruidbeheer is hulle grootste kopseer by proewe. Vanjaar is dit dramaties anders – hulle het net hier en daar nodig gehad om ʼn proef te besoek of te skoffel. “Strongarm het die werk gedoen. Dit bespaar ons geld en reistyd. Ons sal Strongarm weer gebruik, vir seker!” Nog ’n navorser op Potchefstroom, Gawie de Beer, doen as kontrakteur kultivarproewe op sojabone vir die Proteïennavorsingstigting. Hy is baie beïndruk met Strongarm se onkruidbe-heer op sy proefpersele op verskillende

Sarel Haefele (links) van Fairfield, Edenville, en Johan Bothma van Dow AgroSciences in ’n kontroleblok in Sarel se sojaboonland waar die onge-spuite onkruid welig tier ten spyte van die droë seisoen, wat die soja merk-baar beïnvloed het.

Johan Bothma van Dow Agro-Sciences (regs) en Gawie de Beer, navorser en kontrakteur van die Proteïennavorsingstigting (PNS), staan laatmiddag in een van Gawie se proefblokke sojabone by die LNR op Potchefstroom.

wat ons nog gehad het. Ek sal niks anders as Strongarm oorweeg nie. Dit hou ’n land heeltemal skoon, veral as die reën reg val en ook onder be-sproeiing. Dit het ’n lang nawerking. Die produk is duur, maar wanneer die seisoen verby is, het dit geld bespaar,” sê Arno. Op die Hoërskool Kroonstad se landbouplaas het verskeie maatskap-pye hulle onkruiddoders op proef-blokke sojabone gespuit terwyl ʼn gedeelte as kontrole nie gespuit is nie. Besoekers aan die skool se jaarlikse “Groendag” (op 19 Maart) besluit self oor die onkruiddoders se doeltreffend-heid. NT Schultz, die plaasbestuurder, is baie tevrede met Strongarm. Hy sê hy sal dit volgende jaar ook op die plaas se amper 100 ha sojaboonlande spuit. “Vanjaar se proefpersele het duidelik gewys dat dit werk,” sê hy.

Vir tegniese navrae oor Strongarm, kontak Johan Bothma van Dow AgroSciences by 082-321-6551.

NT Schultz, plaasbestuurder van die landbouskool by Kroonstad, en Daan Grabe van Nulandis in ʼn stand sojabone tydens die skool se jaarlikse “Groendag”.

ʼn Onkruidvrye grondboonland kan só lyk na net een bespuiting met Strongarm.

Page 16: ProAgri 187 September 2015

“Nou kan ek rustig op die regte tyd plant,” sê Christo Cronjé van

Cronjé Boerdery naby Vrede. Wanneer daar werklik wyd geplant word op ’n plaas in die Vrystaat, help dit baie as die proses vereenvoudig kan word met stikstoftoediening lank voor die tyd. Christo hanteer die saaikomponent van die boerdery saam met sy pa, JC. Hulle het nou vir die derde seisoen ge-bruik gemaak van die kundige en flink diens van VS Agri se Pro Gas Solutions om voor planttyd stikstof in die vorm van ammoniakgas toe te dien. “Ons wil nie in planttyd met ’n klomp kunsmis en logistiek sukkel nie,” vertel Christo. Die ammoniak kan van net na strooptyd af toegedien word, mits die grondvog reg is. Die gas bind met die kleideeltjies in die grond en lê dan rustig en wag vir die volgende aanplanting se wortels om hulle kos te kom haal. Christo-hulle dien ook vloeibare kunsmis saam met die ammoniak toe om spoor-verkeer in die lande te verminder en om die plantproses verder te ver-eenvoudig. Hy sê nog ’n voordeel is dat die chemie klaar ’n kans kry om te werk en om te skakel voor die plante dit nodig kry. Dit is belangrik dat jou grondstatus moet reg wees sodat die kunsmis nie vasgelê word deur die grond nie. Christo-hulle doen ’n ligte stoppelbewei-ding met die beeste sodat hulle nie die grond te veel kan vastrap nie en daar nog genoeg plantmateriaal beskikbaar is vir vogbe-houd en om deur strook-bewerking onder die grond geplaas te word.

Die ammoniak en kunsmis word tussen 200 en 250 mm diep in die stroke geplaas waarin daar dan later geplant word. Alles is deel van ’n pre-sisiestelsel en die toediening van die gas word ook vanuit die kajuit gemoni-teer. Die toedieningsvolume word per land gestel na aanleiding van die spesifieke land se opbrengskaart en wissel gewoonlik tussen 80 en 90 kg/ha. Die toediening bly konstant ongeag trekkerspoed.

Hoe dit werkAmmoniakgas is ’n byproduk van Sasol se brandstofvervaardigingsproses en is plaaslik beskikbaar. Wanneer die gas onder druk verkeer, is dit in ’n vloei-stofvorm en dit bly in vloeistofvorm totdat dit in die grond geplaas word. ’n Tandwerktuig soos ’n skeurploeg of beitelploeg, wat aangepas word om

Meg

anis

asie

By die Cronjé Boerdery naby Vrede word ammoniakgas as deel van ’n strookbewerkingspraktyk in die plantstrook toegedien.

die drukhouers te dra, word gebruik om die ammoniak onder die grond te plaas. Die ammoniak reageer met grond-vog en word direk na ammonium (NH4

+) omgeskakel, wat aan klei en or-ganiese materiaal vassit. Ammoniak is die hoogste gekonsentreerde bron van stikstof – 82%N. Die stikstof is dan beskikbaar sodra die plant begin groei. Dit is geskik vir ’n wye reeks gewasse soos mielies, soja, koring, graansorghum, sonne-blom, aartappels en groentegewasse soos pampoen en kool. Die meeste grondsoorte is geskik vir ammoniak toediening, behalwe klipperige gronde. Hoe veilig en hanteerbaar is dit?Die ammoniak word in spesiale druk-houers gehou wat aan streng veilig-heidsmaatreëls onderworpe is en on-afhanklik getoets word. Hein Barnard

deur Du Preez de Villiers

Die druktenks op die Orthman-strookbewerkers kan vinnig en veilig langs die land hervul word.

Maak planttyd maklik:

Gee nóú gas met Pro Gas Solutions

14 ProAgri 187 – September 2015 wwww.proagri.co.za

Page 17: ProAgri 187 September 2015

www.proagri.co.za ProAgri 187 – September 2015 15

Hein Barnard van VS Agri kan al jou vrae oor hulle oplossings vir gastoediening beantwoord. Kontak hom by [email protected], 016-970-8902 of 082-577-6123.

Hein Barnard en Tiaan Potgieter van VS Agri se Pro Gas Solutions in die nuwe kunsmisaanleg wat op Vrede gebou word om ’n eenstopdiens aan boere te lewer.

Die toediening geskied wetenskaplik en word deur-gaans vanuit die kajuit gemoniteer.

van Pro Gas Solutions, ’n been van VS Agri, sê boere is lankal bekend met die voordele van ammoniakgas, maar die beskikbaarheid en praktiese hantering daarvan was nog altyd ’n probleem. “Ons is self boere en ons verstaan dat ’n boer nie kan bekostig om te sukkel as hy moet werk nie. Dit is waarom ons ’n proses ontwikkel het om dit so maklik as moontlik te maak met goed beplande aflewering, die oprigting van ’n veilige depot op die plaas as daar so ’n behoefte is en

bykomende druktenks om langs die land gereed te staan,” vertel Hein. Daar kan ook hulp verleen word met die aanpassing van toerusting vir die toedieningsproses en werkers word opgelei om die oorplasing van ammo-niak tussen tenks veilig te hanteer.

Maklike hantering is die een kant van die saak, maar werk dit?Christo sê daar is baie faktore wat ’n invloed het op ’n goeie oes, maar selfs in die moeilike landbouseisoen wat verby is, het hulle op droëland gemid-

deld 6 ton per hektaar gestroop en hy glo dit is omdat die plante sterk was met ’n beter kans op oorlewing. Onder besproeiing het hulle op een land ’n rekordoes van 16 t/ha behaal. “Die stikstof was daar toe dit nodig was,” sê hy.

Page 18: ProAgri 187 September 2015
Page 19: ProAgri 187 September 2015

www.proagri.co.za ProAgri 187 – September 2015 17

Gew

asproduksie

Verlede jaar was j-jaar vir die bekende Franse Kuhn-groep wat wêreldge-

halte landbouwerktuie vervaardig en reeds ’n stewige voetspoor in Suid-Afrika het. Hulle het Montana Indústria de Máquinas, wat uitstekende spuittoerus-ting op Brasiliaanse bodem vervaardig, oorgekoop. Met hierdie transaksie het Kuhn hulle reeds wêreldklasgehalte spuitreeks verder uitgebrei. Die nuwegenerasie Montana-spuit se naam is nie verniet ‘Stronger’ nie. Hy is ’n trotse Kuhn-vernuwing en het die Parruda weer tot die voorpunt van spuit-tegnologie gebring. Op plaaslike bodem is dit Valtrac wat verseker dat elkeen van ons boere sy hande op so ’n Kuhn-produk kan lê. Een so ’n boer is Henk Conradie van Ogies wat ses jaar gelede sy eerste Parruda-spuit gekoop het. Sedertdien kon hy sonder enige moeite of sukkel sy sojabone en mielies op die regte tye op sy geen- en strookbe-werkinglande bespuit om onkruid en peste doeltreffend te bestry. “Ons gebruik Roundup reg-deur op die onkruid van voordat ons begin plant en spuit ge-durende die seisoen Roundup op die soja en op die mielies kort na opkoms,’ sê Henk. “In vergelyking met my vorige spuite het die Parruda ’n uit-stekende kalibrasiemeganisme om baie spesifieke hoeveelhede gif neer te sit sonder om homself gedurig uit te stel. Daarmee saam is sy gerigte toediening ook baie akkuraat,” sê hy. Soos enige goeie boer wat met die uitdagings van landbou

Die nuwe Parruda Stronger by Valtrac se uitstalling op Nampo het voorwaar die oog gevang. Die spuit is toegerus met geïntegreerde GPS- en Autosteer-tegnologie.

moet tred hou, is dit weer tyd vir Henk om die jongste tegnologie te omarm. Sonder om veel na te dink, het hy op die Perruda Stronger besluit. “Die ou spuit het my geen rede gegee om nie weer een van dieselfde soort te koop nie. Ek ken die spuit ook nou so goed en is nou so gemaklik en vertroud daarmee dat ek nie anders kan as om die volgende weergawe te koop nie,” sê hy. “Ek het die nuwe Parruda by die Valtrac-stalletjie op Nampo gesien. Die manne van Montana uit Brasilië was ook daar en het vir my al die verbeterings wat aan die bestaande spuit aangebring is gewys,” sê hy.

Valtrac se Parruda Stronger bereik groot hoogtes

Henk het baie fyn opgelet terwyl die Brasiliane hom die fyner dingetjies wat verbeter het uitgewys het. “Die Stronger het nou ’n allemintige 1,8 m grond-vryhoogte. Daar is nou geen 90-grade buigstukke in sy hidrouliese stelsel nie – die skerpste buigings is 45 grade, wat beteken dat die olie makliker, vinniger en beter vloei en nie warm word nie. Die nuwe spuit se balk agter is ook versterk en die Stronger word as standaard met die geïntegreerde GPS- en Autosteer-tegnologie uitgerus. Die onkruiddoder-houer kan ook laat sak word om die ingooi te vergemaklik en vermorsing uit te skakel,” sê Henk. Die gifpomp is nou heeltemal uit

vrekvry staal vervaardig. Verder kan nege afsonderlike seksies aan- of afgeskakel word terwyl die spuit enige vloeistof teen so liggies as 10 liter/minuut tot 'n deeglike 310 liter/minuut kan plaas presies waar dit nodig is. Die spuit gebruik ook baie minder brandstof omdat dit met drukbuisin-spuiting (common rail) toegerus is. “Ek is baie tevrede met die uit-stekende diens wat ek tot dusver van Valtrac gekry het en ek sien daarna uit om hierdie seisoen met hulle hulp my onkruid heeltemal baas te raak,” sê Henk.

Vir meer inligting, skakel vir Attie de Villiers by 083-261-9863 of 056-817-8006 of stuur vir hom ’n e-pos na [email protected]. Daar is ook ’n magdom nuttige inligting op die webwerf, www.valtrac.co.za.

Valtrac se nuwe selfloop Parruda Stronger het ’n grondvryhoogte van 1,8 meter en ’n spuithoogte van tussen 0,5 m en 2,9 m en kan dus met ge-mak van jou jongste sojabone tot jou hoogste mielies deeglik bespuit.

foto: www.eaeagricola.com.br

Page 20: ProAgri 187 September 2015
Page 21: ProAgri 187 September 2015

www.proagri.co.za ProAgri 187 – September 2015 19

Gew

asproduksie

Elke kriesel vindingrykheid en slim boereplan gaan hierdie seisoen

toegepas word in die wedloop om te kyk wie Suid-Afrika se Kip Cullers is. Dié Amerikaanse boer het plaas-like boere se verbeelding aangegryp toe hy verlede jaar by boeredae voor volgepakte sale vertel het hoe hy dit reggekry het om ’n soja-oes van 10,8 ton per hektaar te behaal. Hy was ’n wenner van die opbrengs-kompetisie wat deur die National Corn Growers Association in Amerika aange-bied word en plaaslike boere het by die boeredae die wens uitgespreek om ook aan so ’n wedstryd deel te neem. Du Pont Pioneer het die uitdaging aanvaar en die eerste jaarlikse Weeg & Wen™ nasionale opbrengskompetisie vir mielie- en sojaboere in Suid-Afrika is pas bekendgestel. Die wedstryd is oop vir alle graanboere in Suid-Afrika en word in samewerking met John Deere, FNB en Senter360 gehou. Die Proteïennavorsingstigting is ook as vennoot betrek ter wille van hulle kun-digheid met betrekking tot sojabone. “By DuPont Pioneer was ons doel nog altyd om wetenskap en teg-nologie op maniere wat die meeste saakmaak na die wêreldmarkte te bring. Die opbrengskompetisie is nóg ’n voorbeeld hiervan en bied boere ’n geleentheid om genot daaruit te put om nuwe produksiepraktyke te toets terwyl hulle opbrengste maksimaliseer en idees uitruil,” sê Rikus Schoeman, DuPont Pioneer se bemarkingsbestuur-der in Suid-Afrika. “Boere sal ’n unieke geleentheid hê om mee te ding, te netwerk en om van mekaar te leer.” Deelnemende boere sal in vier mieliekategorieë meeding: Besproeiing Nasionaal, Droëland-Wes, Droëland-Watertafelgronde en Droëland-Oos. Sojaprodusente wat deelneem, kan inskryf vir Besproeiing Nasionaal, Droëland Oostelike Hoëveld (insluitend die Oos-Vrystaat), Droëland KwaZulu-Natal en Droëland-Wes. Daar word verwag dat die besproeiingskategorie vir mielies die felste mededinging gaan lok. In hierdie kategorie sal die eerste vyf plekke toekennings ontvang, met drie plekke in al die ander kategorieë. Daar gaan altesaam 14 mielie- en 12 sojatoekennings wees. Die inligting wat DuPont Pioneer ge-

durende hierdie kompetisie insamel, is nog ’n manier waarop die maatskappy met boere saamwerk om vooruitgang aan te vuur en om die opbrengs per hektaar op die plaas te verbeter deur die regte produk op die regte lande aan te plant. Dit help ook om die skep-pendste bestuurspraktyke te identifi-seer wat gebruik word om die hoogste mielie-opbrengste moontlik te behaal. Rikus het tydens die bekendstel-lingsgeleentheid aan die media gesê dit maak nie saak watter maatskappy se saad die boere plant nie, dit moet net geregistreerde saad wees en al die praktyke moet wettig wees in gevolge van geregistreerde oesbeskermings-middels en bemesting. Hy sê Du Pont Pioneer is die beste geposisioneer om die nasionale kompetisie aan te bied, want hulle verteenwoordigers is reg-deur die hele land, “tot op die kleinste dorpies”. Carel Theron, bemarkingsbe-stuurder van John Deere, die mede-hoofborg van die kompetisie, het by die geleentheid gesê hulle neem graag deel, want boere vereenselwig hulle met wenners. Hy sê dit bly John Deere se fokus om voortdurend nuwe kom-mersiële boere te wen vir John Deere. Pryse ter waarde van R100 000 of R50 000 per kategorie is in die spel en natuurlik die eer om as een van Suid-

Suid-Afrika se eerste nasionale oesopbrengskompetisie word deur hierdie span vennote ondersteun. Hulle is Tony Esmeraldo (hoofbestuurder, DuPont Pioneer Suid-Afrika); dr Jos de Kock (PNS); dr Jan Dreyer (PNS); Prabdeep Bajwa (Afrika-direkteur, DuPont Pioneer); Carel Theron (bemarkings-bestuurder, John Deere); Ed Baiden (Afrika-bemarkingsdirekteur, DuPont Pioneer); Rikus Schoeman (bemarkingsbestuurder, DuPont Pioneer Suid-Afrika); Gert Bezuidenhout (Sanlam); Conell Eichbauer (FNB).

Opbrengskompetisie:

Nóú gaan ons boere (se oeste) geweeg word

Afrika se oeskonings gekroon te word. Daar sal van wenners verwag word om hulle kundigheid met medeboere te deel. Inskrywings is beperk tot 200 boere; dit wissel tussen 50 en 20 per kategorie. Die wenners sal tydens die toekenningsgeleentheid in Augustus 2016 aangewys word. Inskrywings het op 1 September 2015 geopen en sluit op 30 April 2016 of wanneer die maksimum aantal inskrywings behaal is. Dit kos R1 000 per inskrywing. Om te wen, moet produsente die mielie- of soja-oes met die hoogste opbrengs oor ’n minimum van twee hektaar stroop. Die opbrengs sal onafhanklik geweeg en bevestig word.

Om meer oor die wedstryd uit te vind, besoek WeegenWen of stuur ’n e-pos aan [email protected]. Skakel gerus ook vir Rikus Schoeman by 082-805-4588 om meer uit te vind.

Page 22: ProAgri 187 September 2015

Hul

pbro

nbes

tuur

"As ons ons naam agter ’n produk sit, dan beteken dit daardie

produk voldoen aan ons streng ver-eistes en ons sal dit ondersteun met kennis en diens,” sê Björn Geiger van Elsumo in hulle splinternuwe pragaan-leg net buite die Paarl. Die Geigers is al 103 jaar lank in die watervoorsieningsbedryf. Siegfried Geiger het die onderneming in 1913 in Windhoek begin. Elke volgende geslag het nuwe idees en energie ingebring en in die 1990’s het hulle van Namibië af uitgebrei Suid-Afrika toe. Elsumo se produkte is tans beskik-baar in al die lande in Suidelike Afrika, soos Suid-Afrika, Namibië, Botswana, Zambië, Zimbabwe en meer. Elsumo staan vir “Electric Submers-ible Motor” wat ’n kernproduk van die onderneming is. Elsumo is bekend vir al hulle toerusting wat met water-oordrag te doen het en hulle lewer ’n omvattende diens om oplossings vir enige watervloei-uitdaging te bied. Björn sê hulle identifiseer hulself met net die hoogste Duitse standaarde van vakmanskap en werksetiek. Ge-halte en diens is die filosofie waarop Elsumo gebou is. Hulle slagspreuk is: “Your reliable water and effluent trans-fer brand.” “Ons produkte word volgens Duitse standaarde getoets en met betrekking tot die verhouding tussen kwaliteit en prys is ons een van die beste in die mark.” Wanneer ’n boer baie geld uitlê om ’n besproeiingstelsel aan te lê sodat hy kan geld maak en hy laat sak toerus-

ting tot 150 of 200 meter in die grond af, moet hy die gemoedsrus hê dat daardie toerusting betroubaar is.

So lewer Elsumo diensIn Suid-Afrika het Elsumo ’n 2 000 m² depot en handelspunt by die aanleg in die Kaap en daar is ook ’n depot in Johannesburg wat een van die dae vergroot gaan word om voorsiening te maak vir al die voorraad. Vanuit Johannesburg word nie net die noorde-like dele van die land bedien nie, maar ook die buurlande. Elsumo het die kundigheid en personeel om installasies te doen vir landbou, stadsrade en nywerhede, maar hulle glo daarin om plaaslike ver-spreiders, installeerders en herverko-pers te ondersteun. Hulle het ’n hele aantal gekeurde installeerders in die meeste streke, maar sal ook nuwe verspreiders, wat bereid is om hulle filosofie met betrekking tot dienslewe-ring te aanvaar, bystaan met produkte, kundigheid en ondersteuning. Die filosofie gaan onder meer daaroor dat jy doen wat jy sê jy gaan doen: “As ons vir iemand sê ons is Vrydag daar om die installasie te doen, dan maak hy homself reg daarvoor, en dan moet ons daar wees. Ons verstaan dit.” Elsumo help ’n kliënt om die regte oplossing te vind en sal nie net vir hom gee wat hy wil hê nie. “Ons het al byvoorbeeld vir mense gesê hulle hoef nie ’n pomp vir ’n bepaalde doel aan te koop nie, omdat hulle met ’n paar veranderinge genoeg gravitasievloei sal hê. Dit gaan nie net oor produkte verkoop nie, ons wil ’n oplossing kry vir die situasie en verhoudings bou vir die toekoms.”

Produkte en tegniese ondersteuningElsumo het vier hoofreekse produkte,

Die netjiese nuwe groot aanleg en handelsverkooppunt net buite die Paarl spel dit uit: Elsumo is hier om te bly!

’n Gevorderde toets- en herstelstasie is deel van die aanleg.

Vir meer inligting of om ’n kwo-tasie vir ’n projek te kry, skakel Elsumo by 021-875-5781 of stuur ’n e-pos na [email protected]. Besoek gerus ook www.elsumo.co

Björn Geiger is die derde geslag in die familiebedryf wat al meer as ’n eeu gelede in Namibië begin het.

Waterbestuur: Kry gehalte en diens by Elsumo

Die span by Elsumo is slaggereed om vinnige en vriendelike diens te lewer.

20 ProAgri 187 – September 2015 wwww.proagri.co.za

wat te doen het met die hoofvertak-kings van dienslewering, naamlik watervoorsiening (boorgatpompe), watervloeiverbetering (drukpompe), verwerking en dreinering van water (dreineringspompe) en die bestuur en afvoer van afvalwater (rioolpompe). Elsumo vervaardig self beheer-toerusting, installasietoerusting en het hulle eie reeks skroefrotorpompe (heli-cal rotor pumps), genaamd die HRP-reeks. Die rotor word van vlekvrystaal vervaardig en die pompe word verder opgebou met kernkomponente wat van Duitsland af kom. Vir die landboumark, en veral die wynbedryf, is die pompe die oplossing wanneer enigiets met ’n dieselenjin aangedryf moet word. By al Elsumo se verspreidingslokale is daar ook ’n volledige toets- en her-stelstasie met ’n diep waterput. As jy wil uitvind of jou pomp se lewe gered kan word, is dit die plek om heen te gaan!

Page 23: ProAgri 187 September 2015
Page 24: ProAgri 187 September 2015
Page 25: ProAgri 187 September 2015

www.proagri.co.za ProAgri 187 – September 2015 23

Gew

aspr

oduk

sie

Boere regoor die land praat met groot geesdrif van Irrigation Unli-

mited se produkte, diens en kundig-heid, wat die boer help om elke drup-pel waarde uit water te put. Vir pype, koppelstukke, sproeikoppe en kanonspuite is Irrigation Unlimited die boer se regterhand, maar dit is hulle Rotrix- en Ocmis-kruipspuite wat die meeste bewondering ontlok, soos: André Brummer, boerderybe-stuurder van Ncome Gevangenis by Vryheid: “Die Ocmis se watertoe-diening is perfek en hy lok nie diewe soos goukoppelpype en spilpunte met koperkabels nie.” Christiaan Pistorius van Redrock

Broilers, Magaliesburg: “Ek is veral beïndruk met die Ocmis se egalige watertoediening en prys. Ek kan drie kruipspuite koop vir een spilpunt se prys en dit dan makliker op verskil-lende plekke aanwend.” Willem Scholtz van Brits geniet die arbeidsbesparing en beweegbaar-heid van Ocmis. Hy sê Ocmis is ’n belegging in besparing: “Ek bespaar ’n derde op water, benewens die bespa-rings op elektrisiteit en arbeid.” Jan-Hendrik Jacobs sê Ocmis is die enigste spuit wat hy gesien het wat miswater uit sy melkery tussen Warm-bad en Nylstroom op sy aangeplante weiding kan toedien.

Wil jy ook ’n tevrede besproei-ingsboer en winsmakerwateraan-wender wees? Praat met Tobie van den Heever by 082-658-6054, 012-736-2121/2103/2526 of [email protected]. Besoek ook www.iunlimited.co.za vir meer inligting.

Chris Robbertse van Rustenburg is ingenome met die volkome water-beheer wat die Ocmis bied en met die tyd en arbeid wat dit bespaar. Die Ocmis is ook nuttiger op sy reghoekige lande as wat ’n spilpunt sou wees. Irri-gation Unlimited se diens aan die boer kan nie geklop word nie, sê hy.

Besproeiing: Wie weet beter as die boer?

Page 26: ProAgri 187 September 2015

24 ProAgri 186 – Augustus / August 2015 wwww.proagri.co.za

Page 27: ProAgri 187 September 2015

Hulpbronbestuur

Die rustige Overbergse dorpie, Caledon, gaan nooit weer dieselfde

wees nie. Nóú gaan die wiele draai! Vroeër het MOOV Petroleum se depot op Caledon net uit ’n bedie-ningspunt langs die pad bestaan. Met Shell se ondersteuning is die depot pas opgegradeer tot ’n moderne en veilige werf wat aan al die nuwe wetlike ver-eistes voldoen. “Vir Shell is dit ’n baie belangrike gebied hierdie, dis hoekom ons hierdie depot opgegradeer het,” vertel Lucas Schoeman, streekverteenwoordiger van Shell SA. Hy sê veral wat landbou betref glo Shell dat die gebied rondom Caledon baie potensiaal het en dat die boere daar baie baat kan vind by Shell Diesel Extra se voordele. Boere se winsmar-ges is maar klein en enige besparing beteken geld in die sak wanneer die boeke afgesluit word. Onafhanklike toetse het bewys: Met Shell Diesel Extra in die tenk bespaar jy tot 3% in brandstofverbruik. Drie persent van die derduisende liter die-sel wat gedurende plant- en strooptyd gebruik word, maak ’n groot verskil. Daarby is die chemiese samestelling van Shell se diesel van so ’n aard dat dit aanpaksels in die enjin voorkom

en werklik skoon brand. Dit beteken beter werkverrigting en ook enjins wat langer hou. Lucas sê boere moet versigtig wees by wie hulle diesel aankoop, want daar is mense wat kanse waag met subge-halte brandstof wat enjins beskadig en dan raak daardie goedkoop koop ’n baie duur koop. Shell het landwyd uitgesoekte ver-spreiders wat produkte regstreeks aan boere kan voorsien en ook op die plaas kan aflewer, afhangende van die vo-lume. Die Shell Topverspreiders is ook opgelei om saam met ’n boer te sit en ’n hele bestuur- en beparingsplan uit te werk met betrekking tot sy diesel- en smeermiddelsverbruik. MOOV Petroleum is een van Shell se Topverspreiders in die Wes-Kaap. Boere sal hulle beter ken as die manne met die MOOV-trokke wat van die vrugteboere van Ceres tot die visser-manne van Hermanus aan die beweeg hou. Lucas sê: “Omdat Pierre en Tinus-hulle Shell se waardes deel en so ’n hegte familiesaak is het ons gevoel ons wil graag met hulle ’n vennoot-skap sluit in hierdie gebied en uit die aard van die saak moes ons die depot opgradeer om aan al die standaarde te

voldoen.” Met die opgradering is die volmaak-toerusting gemoderni-seer sodat die MOOV-tenk-trokke nou teen 700 liter per minuut ge-vul kan word. Natuurlik help dit ook dat Shell Diesel Extra so ontwikkel is dat dit nie skuim wanneer dit ingegooi word nie. Vir alle gebruikers hou

dit die voordeel in dat daar vinniger volgemaak kan word sonder vermors-ing met skuim wat uitborrel en natu-urlik word die tenk gevul met diesel en nie skuim nie. Al die veiligheidsmaatreëls is opgeskerp met ’n verdelingstenk vir enige afloop om en in bedieningswerf. Water en diesel wat daar inloop word opgevang tot dit veilig verwyder kan word. Pierre Erasmus sê: “Dit beperk ons risiko vir aanspreeklikheid deur omgewingsake en ook waterwese, want ons het ’n rivier wat net hier naby verbyloop en dis maar altyd ’n gevaar as jy met brandstof werk. Die aflooptenk is ’n maatreël om te verseker dat ons nie die omgewing benadeel nie.” Hy sê die grootste voordeel vir boere in ’n straal van 150 km om Caledon is dat hulle nou nog beter en vinniger diens van MOOV Petroleum kan verwag. Daarby is daar ook ’n nuwe kleinhandelspunt waar enigeen sy voertuig kan kom volmaak. Die kleinhandelspunt behoort aan Ikamva-trust, die maatskappy se bemagtigingsbeen wat aan werkers die geleentheid bied om hulle eie onderne-ming te bestuur. By MOOV is dinge voorwaar altyd aan die beweeg en dit is alles te danke aan Shell se finansiële, tegniese en morele ondersteuning. “MOOV sal nooit stop nie, dit is wat sy naam sê, ons is altyd aan beweeg. Ons brei uit na die Suidkaap toe in hierdie stadium; ons probeer onsself daar vestig en ons probeer heeltyd om ’n groter markaandeel te verwerf waar ons reeds gevestig is,” sê Pierre.

Skakel Pierre Erasmus by 082-551-8305 om uit te vind hoe MOOV jou boerdery kan help of as jy in ’n ander streek boer, kontak Réomè van der Westhuizen by 082-463-4344 of [email protected] om uit te vind wie jou naaste betroubare Topverspreider is.Pierre Erasmus van MOOV Petroleum en Lucas

Schoeman van Shell bekyk die nuwe depot op Caledon.

Gee jou trekker lekker MOOV!

By die nuwe kleinhandelspunt kan enigeen kom volmaak met lekker Shell Diesel Extra.

www.proagri.co.za ProAgri 187 – September 2015 25

Page 28: ProAgri 187 September 2015

26 ProAgri 187 – September 2015 wwww.proagri.co.za

Page 29: ProAgri 187 September 2015

www.proagri.co.za ProAgri 187 – September 2015 27

Sterk groei is ’n kenmerk van Suid-Afrika se wildbedryf. Dit het weer

aan die lig gekom tydens Wildbedryf Suid-Afrika (WRSA) se onlangse wildboerdery-kongres in die hartjie van Pretoria tydens die nuut-afgestofte jaarlikse Jakaranda Landbouskou, wat wildboerdery een van die hooftemas van die skou gemaak het. Die belangrikste besprekingspunte was die opwindende, sterk groei in die wildbedryf, die goeie vordering met die wildsvleisskema en ’n nuttige gids wat elke wildboer in sy bakkie se paneel-kissie moet saamry.

Regs: Dr Peter Oberem, president van WRSA, het gesê die wildbedryf dra tans meer as R20-miljard by tot die fiskus, wat meer is as die suiker- of die melkbedryf. “Meer as 140 000 werkgeleenthede is reeds in die wildbedryf geskep. Wanneer jy ’n gewone veeplaas in ’n wildplaas omskep, word drie keer meer werk geskep, asook ook meer gespesi-aliseerde werk wat veel groter salarisse betaal. Die rede is die vlak van geskoold-heid wat benodig word in die gasvry-heidsbedryf, spoorsny en slag.” Verder sê hy dat wildboere meer as 150 000 ton vleis produseer, wat meer as 20% van die totale beesvleis is wat in Suid-Afrika geproduseer word. “Daar is vandag meer as 20-miljoen wildeenhede teenoor 14-milljoen beeste, waarvan ongeveer 9-miljoen beeste in kommersiële boerderye is.”

Dr Maretha van der Merwe, verbonde aan die Fakulteit Weten-skap aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie asook die Departement van Omgewingsgesondheid, het die mobiele slagpale bekendgestel wat van plaas tot plaas getrek kan word om met die oesverwerking te help.

Links: Wiaan van der Linde van Wintershoek Safari's buite Kimberley en onder-president van WRSA is baie seker dat die ontploffing in die wilds-vleisbedryf nie sal veroorsaak dat bees- en skaapvleis buitensporig duur en skaars sal word soos verbruikers vrees nie. "Daar is ’n plafonprys vir bees- en skaapvleis wat ook maklik ingevoer kan word. Ons kan egter nie wildsvleis invoer nie," sê hy.

Die insiggewende kongres is afgesluit met die bekendstelling van die boek: Game Ranch profitability in South Africa, se 2015-uitgawe. Dr Gert Dry, voormalige president van WRSA, bedank Ernst Janovsky, hoof van Absa Agribesigheid, Francois Smit, bestuurder Landbou-operasies en -bemarking by Absa Agribesigheid en dr Flippie Cloete van NWU, wat een van die medewerkers van die boek was. Daar is R800 000 en 18 maande bestee om hierdie nuttige handboek die lig te laat sien.

Regs: Die mobiele slagpale wat deur Mobile Abattoirs gebou is om oesver-werking vir wildboere in ’n kits af te handel. Foto verskaf deur Dr Tertius Bergh van Mobile Abattoirs (Pty.) Ltd.

Wildboere slaan hulle ankers in die ekonomiedeur Du Preez de Villiers

Page 30: ProAgri 187 September 2015

28 ProAgri 187 – September 2015 wwww.proagri.co.za

AGRILAGdeur Dom Boer

Heeltemal reg

Onnie: "Noem ses dinge wat koring bevat."Dawie: "Brood, koek en vier plase in die Swartland."

So is dit vandag

Gas in eetplek aan kelner: Ek sal biefstuk en aartappelskyfies verkies, en bring asseblief vir my 'n glas water."

Sy tafelgenoot: "Dieselfde vir my asseblief, en maak asseblief seker my glas is skoon."

Later kom die kelner met die kos en sê: "Hier is julle bestelling. Watter een van julle wou die skoon glas gehad het?"

Kille logika

Juffrou: "Wat veroorsaak dat die bome se blare in die winter afval?"Dawie: "Swaartekrag."

Heeltemal prakties

Personeelbestuurder se toespraak by ’n aftree-onthaal: “Vandag neem ons afskeid van ’n man wat nie die betekenis van die woord, “moed-opgee”, ken nie; wat nie die betekenis van die woord, “vrees” ken nie; wat nie die betekenis van die woord, “lyfwegsteek” ken nie.

Daarom het ons almal bygedra om vir hom as afskeidsgeskenk ’n woordeboek te koop.”

Hogere kultuur

Kelner: "Hou u van tagliatelle Meneer?"

Bombastiese gas: "Ek het hiernatoe gekom om te eet - nie om oor operas te klets nie."

Dis geen grap nie

Dawie: "Dokter, wat is die verskil tussen rumatiek en jig?"

Dokter: "As jy jou vinger in ’n bankskroef sou vasdraai totdat jy die pyn glad nie meer kan verduur nie, dan voel dit soos rumatiek voel. As jy wil weet hoe jig voel, draai jy nou die skroef drie draaie vaster."

Metamorfose

Dawie loop 'n ou op straat by: "Bluksers, maar jy het verander! Jy het dik, swart hare gehad en nou is jy bles, jy was donker van gelaat en nou is jy bleek, jy was stewig gebou en nou is jy maer. Magtig Vannermerwe, ek het jou byna nie herken nie."

Ander ou: "Maar ek is nie Vannermerwe nie..."

Dawie: "Genugtig! Bedoel jy jy het tot jou naam ook verander?"

Regstelling:In die artikel, Boer slim met jou data, op bl 29 in ProAgri 186, is RFID Experts Africa se telefoonnommer verkeerd aangedui. Skakel hulle asb by 021-556-0003 om meer uit te vind oor hulle geïnte-greerde oplossings vir veebestuur.

Page 31: ProAgri 187 September 2015

TAIGA

COLUMBUS

Z SPORT

X-8 EXTRA

XTRAIL SILVER

77 Auret Street, Jeppe, Johannesburg PO Box 33346, Jeppestown, 2043Cell: 082-568-0219 (Jeff Smale)Email: [email protected]

DEALER ENQUIRIES WELCOME. Contact us for your nearest dealer.

R16 500vat included

OUT OF STOCK

Coming soon!

Page 32: ProAgri 187 September 2015

30 ProAgri 187 – September 2015 www.proagri.co.za

Vee

en W

ild

* Livestock Procurement

* Quarantine Station

* Export / Transit Permits

* Transport / Clearing

* Livestock Remedies

* A.I Equipment / Training

* Semen / Embryos

* Handling / Dairy Equipment

PROFESSIONAL EXPORT SERVICES

ZIMBABWE - ZAMBIA - MALAWI - BOTSWANA - MOZAMBIQUE - ANGOLA

Page 33: ProAgri 187 September 2015

30 ProAgri 187 – September 2015 www.proagri.co.za www.proagri.co.za ProAgri 187 – September 2015 31

Veilings

2de PRODUKSIEVEILINGVAN EIRA TULI STOET

DONDERDAG 8 OKTOBER 2015 OM 11:30TE HARMSFONTEIN, BURGERSDORP

• 20 BULLE • 20 KOEIE

AANBOD:

[email protected] 071-658-2832

LIGGING

Aliwal-Noord

VEILING

Bethulie

64 km 7 km

Burgersdorp

5 km

Page 34: ProAgri 187 September 2015

32 ProAgri 187 – September 2015 www.proagri.co.za

Veili

ngs

Page 35: ProAgri 187 September 2015

32 ProAgri 187 – September 2015 www.proagri.co.za www.proagri.co.za ProAgri 187 – September 2015 33

T: 051-446-4619 /3452F: 051-446-3148

E: [email protected]: www.brahman.co.za

Die Brahman Beestelersgenootskap van SA

Veilings

Die Hoopstad LandbougrondeWoensdag, 14 Oktober 2015 om 11:00

Aanbod: 20 Geregistreerde Bulle 50 Geregistreerde en Graadverse

Piet Ferreira 082-776-1516 / Martin Ras 082- [email protected]

24 September 2015, 11vm - Glen Heath Middelburg

3de Jaarlikse Produksieveiling-

GLEN HEATH Tuli STUD

25 Bulle 40 Vroulike diere

www.hobsonandco.co.za

Gordon Gilfillan 083-545-8653 Dave Mullins 082-299-7953 Paul Hobson 082-652-4724

2015 Wenner van die Landbou Weekblad Platinum Elite Tuli Koei - ADM 05-422015 ICP 376 dae - 3de in die ras

Braford-veiling8 oktober 2015

Van Aardt GreylingPlaas Arrarat

Dordrecht

087 550 1043082 782 7674

Aanbod:8 Braford-bulle 20 Bonsmara-bulle

Page 36: ProAgri 187 September 2015

34 ProAgri 187 – September 2015 www.proagri.co.za

Gen

eGid

s

Page 37: ProAgri 187 September 2015

34 ProAgri 187 – September 2015 www.proagri.co.za www.proagri.co.za ProAgri 187 – September 2015 35

Tel: 051-444-5082Faks/Fax: 051-444-5085

Epos/Email:[email protected]

Posbus 12560, Brandhof, 9324

www.limousinsa.co.za

GeneG

ids

Page 38: ProAgri 187 September 2015

36 ProAgri 187 – September 2015 www.proagri.co.za

Agr

iGid

s

Die gids bevat inligting soos:• 22 trekkerklasse van 30 tot meer as 400 kW• Werktempo en brandstofverbruik• Koste per uur of per hektaar• Koste van selfaangedrewe stropers, spuite, kuilvoerkerwers• Koste van plaasbakkies

MEGANISASIEGIDS 2015

Kontak Koos le Roux082-828-9531

[email protected]

R270

Gebruik die son en die U-connec-

tor om jou eie waterverhitting-stelsel te bou.-

Johan: 082-825-7573 of [email protected]

BOERE!DIY warmaterpanele vir

huise sowel as plaaswerkershuise

Kontak ons vir die koop en verkoop van

AGRI EIENDOMME vanaf

Malmesbury tot VredendalTE KOOP:DARLINGVeeplaas met 36 kampe en wingerd

GOUDAKleinhoewe met 3,4 ha waterregte

MALMESBURYWingerd/veeplaas met 2 prag woonhuise

PIKETBERG171 Ha plaas met 40 ha wyndruiwe128 Ha plaas geskik vir tafeldruiwe

- Kontak Aggie 082-048-3400

Page 39: ProAgri 187 September 2015

36 ProAgri 187 – September 2015 www.proagri.co.za www.proagri.co.za ProAgri 187 – September 2015 37

AgriG

ids

- We supply seeds and guarantee to buy back all seeds harvested at agreed price- Multi-year contracts available- Less management costs compared to other crops- 3 crops per annum possible in most SA regions- Much higher profit compared to other commercial crops- Average yield of 2 to 2,5 tons of seeds per HA on irrigated fields.- Fibers can be used for Nitrogen fixation/Green manure/Cattle feeds- Ideal crop for field rotation purpose

If interested or any query, please contact us at:

Global Tropical seeds ccE-Mails: [email protected]

[email protected]@billionseller.com

Website:www.globaltropicalseed.co.zaMobile:082-376-9626

James TK Kim

SUNHEMP PLANTATION CONTRACT AVAILABLE!

Page 40: ProAgri 187 September 2015

Agr

iGid

s

38 ProAgri 187 – September 2015 www.proagri.co.za

Het jou selfoon in ’n skelfoon verander?

Vloek jy meer vir jou selfoon as wat jy op hom praat omdat daar nie sein is nie? Linkworld se selfoonseinversterkers sal jou in staat stel om in kontak te bly met die wêreld en jou besigheid dag en nag. Met installeerders regoor Suid-Afrika en volle herstel en naverkope-diens kan jy jou stem dik maak en seker wees almal sal jou hoor, maak nie saak waar jy is nie.

+27 (0) 12 663 5515/71 (direk)+27 (0) 12 663 4331 (skakelbord)www.linkworld.co.za

Met regte Bonnox kan ons almal rustig slaap.

Die goeies bly binne en die slegtes bly buite!

Bonnox se gewilde Porta-Pen is terug. Vir meer inligting kontak: 012-666-8717

[email protected] www.bonnox.co.za

Page 41: ProAgri 187 September 2015

AgriG

ids

38 ProAgri 187 – September 2015 www.proagri.co.za www.proagri.co.za ProAgri 187 – September 2015 39

Met regte Bonnox kan ons almal rustig slaap.

Die goeies bly binne en die slegtes bly buite!

PaalslanerR 35 000 + btwHeg aan trekkervurkhyser.Slaan ‘n 80 mmstaal as in diegrond in, trek homuit en slaan tot ‘n 150 mmteerpaal in dieloodsgat.Hammer weeg300 kg.Kan 6 tot 10 paleper uur inslaan.

Jannie Myburgh www.mtoer.co.za

082-417-0175 [email protected]

Page 42: ProAgri 187 September 2015

Agr

iGid

s

40 ProAgri 187 – September 2015 www.proagri.co.za

STAALBOER

KWALITEIT PRODUKTE TEEN BILLIKE PRYSE

Kantoor: [email protected]

TENKSTAANDERS• 1,5m tot 12 m hoog vir 5 KI of 10 KI tenks• Ingenieurssertifikaat op struktuur• Geboute konstruksie vir maklike vervoer en oprigting

STAALPANEELDAMME• 15KI tot 1 500 KI kapasiteit• Hoogtes van 1,3 m, 1,9 m, 2,5 m en hoër• Maklike vervoer en oprigting• 30 jaar lewensverwagting

TRIPRODVerskaffer van verskeidenheid

vee- en landbouprodukte

Ons bied ’n wye reeks weidings-gewassaad van Agricol, Capstone en Hygrotech.

Ander produkte sluit in: • Winter-lek en lekblokke • Lek-konsentrate vir self meng • Saad: mielies, weidinggewasse soos lusern, rog, grasse, ens. asook kunsmis • Vee merktoerusting • Surrogaat melkprodukte • Voer: bees, skaap, vark, hoenders, volstruis, perde, khoi, forel en wild • Voer- en drinkbakke/krippe • Troeteldiere: Kos en versorgingsprodukte

Kontak ons gerus of besoek ons: Tel: 051-447 2930 Harveyweg 86,

Oranjesig, Bloemfontein

Page 43: ProAgri 187 September 2015

AgriG

ids

www.proagri.co.za ProAgri 187 – September 2015 41

40 ProAgri 187 – September 2015 www.proagri.co.za

Page 44: ProAgri 187 September 2015

Agr

iGid

s

42 ProAgri 187 – September 2015 www.proagri.co.za

DIAMOND IMPLEMENTS

8 Bag Filler

Diamond Stationary UnitFeed Mixer Diamond 14 Feed Mixer Feeder Wagon 20

Ribbon Blender Electric Drive

Diamond 9 Feed Mixer

Trots Suid-Afrikaans vervaardig

Twin Auger 18 - 30m3 Diamond 5

Kerwer, Menger Voerder

Vir meer inligting skakel Diamond Implements Tel: 013-665-1032 • Faks: 013-665-1436 • www.diamondimplements.co.za • E-pos: [email protected]

Agente: Mogol Motors, Ellisras 014-763-1391; Foton Tractors, Polokwane 015-293-2355; Tractorland, Port Elizabeth 041-372-1136; Havco Standerton 017-712-5355; Hockland Tractor, Windhoek +26 46-122-9655; Hoffmans Farm, Otjiwarongo +26 46-730-2738

Geen invoer-pryslas

All Feed MixersFitted with

Stainless Steel(3CR12) Liners

Stainless SteelRod on

Auger Edge40% Increase

Tub and Auger Life

Page 45: ProAgri 187 September 2015

AgriG

ids

www.proagri.co.za ProAgri 187 – September 2015 43

42 ProAgri 187 – September 2015 www.proagri.co.za

Page 46: ProAgri 187 September 2015

Agr

iGid

s

44 ProAgri 187 – September 2015 www.proagri.co.za

Van hand- tot elektriesepompe (12 & 24 VDC & 230 VAC) en gerekenariseerd. (Net vir eie gebruik.)

DIESELSISTEME EN NOG BAIE MEER!

HANDPOMPE DIESEL-, OLIE- & PETROLPOMPE

MINI-DIESELSISTEEM SONDER KONTROLE

Telefoon: (011) 472-6710 / 21E-pos: [email protected] / Web: www.fluidcontrols.co.za

GK-7 DIESELSISTEEM

Welvaart vir die boer deur innoverende mikro- en nanotegnologie / Wealth creation through innovative micro and nano technology

Welcome to the world of World Focus 1596 Ltd, where we use tech-nology and natural solutions to overcome the challenges of optimal crop production and thereby ensuring wealth creation by sustainable practices. The base of this process is Integrated Plant Energy Manage-ment where the difference is apparent in the results achieved. We use natural products enhanced with mineral nutrients utilizing the best qualities of both worlds.

Complex RangeA unique micronised Ca and Ca/Mg source in carbonate or sulphate form. Average size between 5 - 15 μm (100 X smaller than 80% of agricultural lime). Measured particle sizes are: 5% < 1μ 15% ≤ 10μ - 1μ 75% ≤ 15μ -10μ Complex Calsus – Ca 400g/kg Mg 30g/kg Complex Calsul Ca 230g/kg S 140g/kg CCM Ca 190g/kg Mg 110g/kg Soil application: 5 – 12 kg/ha suspended in a min of 200 liter water. (Do not exceed a 10% suspension) All products can be used in growth programs or on its own depending on the growth stage. Different growth programs for specific crops are available on request. The small particle size ensures a complete reactive surface area in the soil. One kg of conventional lime has a reactive surface of ± 365 m². 2,5 kg micro fine Calcium salt (5-15 μm) has a reactive surface of ± 60 000m².

Please contact: At van Schalkwyk / Marketing / 082-452-8983 / [email protected] van der Merwe / Operational / 083-542-3106 / [email protected] Greeff / Technical / 082-554-1809 /[email protected]

Benefits1. The increased reactive surface area ensures accelerated reaction time and creates a higher electrostatic charge for element/ energy transfer. Immediate positive change of the Ca:Mg and Acid Saturation and CEC (Cation Exchange Capacity). 2. With the chemical and biological reduction of Calcium Carbonate, the plant nutrient Ca++ becomes available. 3. Improved uptake of plant nutrition (Base Saturation). 4. Improved soil structure. 5. Increased moisture penetration and moisture retention.

Page 47: ProAgri 187 September 2015

44 ProAgri 187 – September 2015 www.proagri.co.za www.proagri.co.za ProAgri 187 – September 2015 45

AgriG

ids

Page 48: ProAgri 187 September 2015

46 ProAgri 187 – September 2015 www.proagri.co.za

Agr

iGid

s

Standard pallet fork attachment with 1100mm forks

Phoenix Attachments

Pallet Fork

Trencher

Pallet ForkStandard pallet fork attachment with hydraulic side shift

Trencher chain from 150 mm 300 mm.900 mm deep to 1 500 mm

Page 49: ProAgri 187 September 2015

46 ProAgri 187 – September 2015 www.proagri.co.za

Phoenix Attachments

DanieC: 076-318-6361 F: [email protected]

Auger

Skid steer

Auger mounted on a SEM616BAuger bits from 120 mm - 650 mm

www.proagri.co.za ProAgri 187 – September 2015 47

Page 50: ProAgri 187 September 2015

48 ProAgri 187 – September 2015 www.proagri.co.za

Page 51: ProAgri 187 September 2015

48 ProAgri 187 – September 2015 www.proagri.co.za

Page 52: ProAgri 187 September 2015