12
You may contact us on: Tel: 082 8100 808 E-mail: [email protected] / [email protected] Fax: 0866 160 979 Physical Address: Shop no 7, Senekal Centre, Martin Street, Pongola, 3170 18 January 2013 GRATIS / FREE Shop 19, Plaza Centre, Pongola Tel: 034 413 2153 GOLELA COMBINED SCHOOL BARS VAN TROTS !!! Andile Dumisa, 9 jaar oud, is ‘n Graad 2 leerder van Golela Combined School. Sy het deelgeneem aan die Mondi Eisteddfod, wat gedurende Augustus 2012 in Empangeni aangebied is. Daar is Andile aangewys as ‘n kategorie wenner. Sy wen die Engels Solo met klavierbegeleiding, nie net in haar ouderdomsgroep nie, maar word as ALGEHELE WENNER vir laerskole aangewys. ‘n Merkwaardige prestasie, aangesien daar 32 skole was wat deelgeneem het. Verder word Andile uitgenooi om vanaf 6 tot 14 April 2013 in Rustenburg te gaan deelneem aan die Suid- Afrikaanse kampioenskappe. Indien sy in die span ingesluit sou word, vlieg hierdie leerder na Los Angeles in Amerika. Haar ouers is werknemers by TSB Suikermeule. Mev. Elbie Roux (afrigter), het ‘n afspraak gemaak met die top bestuur van TSB waar hulle genader is vir ‘n borgskap. Daarom dan ook ons dank aan hierdie instansie, aangesien hulle ingestem het om al die kostes vir die kompetisie in Rustenburg te borg. Ons as skool is baie dankbaar om hierdie talentvolle dogtertjie ‘n geleentheid te gee om ‘n droom te laat waar word. Bykans ondenkbaar dat ‘n skool soos Golela op Nasionale vlak gaan deelneem. Andile ons is baie trots op jou ! Sterkte met die voorbereiding. Ons hou styf duim vas.

PONGOLA NEWS

Embed Size (px)

DESCRIPTION

NEWS FROM PONGOLA AREA

Citation preview

Page 1: PONGOLA NEWS

You may contact us on: Tel: 082 8100 808

E-mail: [email protected] / [email protected]

Fax: 0866 160 979 Physical Address: Shop no 7, Senekal Centre, Martin Street, Pongola, 3170

18 January 2013

GRATIS / FREE

Shop 19, Plaza Centre, Pongola

Tel: 034 413 2153

GOLELA COMBINED SCHOOL BARS VAN TROTS !!!

Andile Dumisa, 9 jaar oud, is ‘n Graad 2 leerder van Golela Combined School.

Sy het deelgeneem aan die Mondi Eisteddfod, wat gedurende Augustus 2012 in Empangeni aangebied is. Daar is Andile aangewys as ‘n kategorie wenner.

Sy wen die Engels Solo met klavierbegeleiding, nie net in haar

ouderdomsgroep nie, maar word as ALGEHELE WENNER vir laerskole aangewys. ‘n Merkwaardige prestasie, aangesien daar 32 skole was wat

deelgeneem het.

Verder word Andile uitgenooi om vanaf 6 tot 14 April 2013 in Rustenburg te gaan deelneem aan die Suid-

Afrikaanse kampioenskappe. Indien sy in die span ingesluit sou

word, vlieg hierdie leerder na Los Angeles in Amerika.

Haar ouers is werknemers by TSB

Suikermeule. Mev. Elbie Roux

(afrigter), het ‘n afspraak gemaak met die top bestuur van TSB waar

hulle genader is vir ‘n borgskap. Daarom dan ook ons dank aan

hierdie instansie, aangesien hulle ingestem het om al die kostes vir

die kompetisie in Rustenburg te

borg. Ons as skool is baie dankbaar om hierdie talentvolle

dogtertjie ‘n geleentheid te gee om ‘n droom te laat waar word.

Bykans ondenkbaar dat ‘n skool

soos Golela op Nasionale vlak gaan deelneem.

Andile ons is baie trots op jou !

Sterkte met die voorbereiding. Ons hou styf duim vas.

Page 2: PONGOLA NEWS

KONTAK SANTA

BY 082 324 0244

OF STEFAN

BY 083 625 8908

Dienstye

NG Kerk

Pongola:

09:00 Elke Sondag Pongola:

15:00 Elke Donderdag—Zulu Erediens

Jeug Kinderkerk:

Sondae 09:00 in die Kerksaal Kategese:

Sondae 10:00

Volg voete (Graad 4-7): Woensdae. Sien Kalender vir datums

Taksie (Tienier AKSIE - Graad 8-12):

Donderdae 18:30 in die Kerksaal

Nederduits Hervormde Kerk Pongola:

10:30 1ste en indien 5de Sondag Geen: 2de Sondag

08:00 3de en 4de Sondag

Gereformeerde Kerk

Pongola: Winter & somer: 09:00

AGS Kerk

Pongola: Sondagoggend: 09:00

Sondagaand: 18:00

Pongola Christian Centre Pongola

Tuesday: Ladies Prayer Meeting: 14:00 Wednesday: Home Cells: 19:00

Friday: Youth Meeting: 19:00

151 Gezina Kruger Street

Celebration Service: Sunday 09:00

Children’s Church 09:00

Contact Details: Pastors Schalk & June van der Merwe

Home: 034 413 1764 Cell: 082 923 5844 ( Pastor Schalk)

Cell: 082 923 5844 (June)

Totsiens Pongola

In Pongola het ek en Gerhard aangekom. Dit was in 2003 en

ons was nog so dom!

Hier het ons, ons lewe saam begin bou, en soms moes Pa Chris en Ma Ina nog ons hande vashou!

Drie kindertjies het ons in Pongola ryker geword, al is die

spasies tussen die laaste twee so kort!

Ons het dit blameer op kragonderbreukings en verveling, en daar sit ons nou met ‘n amper tweeling!

Pongola en sy mense is ‘n wonderlike plek, glo my dit is baie swaar om hier weg te trek!

Hier het ons ware vriende ryker geword, dit is wat maak dat ‘n mens trane stort!

Ons het ook vriende, ‘n broer en ‘n pa verloor in hierdie tyd, maar sonder die Pongoliete se bystand sou dit baie swaarder gewees het. Dit is ‘n voldonge feit!

Hier het ons geleer van ‘n gemeenskap wat kan saamstaan, so by so dat jy soms jou hande in verwondering

saamslaan!

Ons los vir Ouma Lalla en klein Chris in julle sorg, hulle wil nog nie van Pongola afskeid neem, en julle moet hulle nie vergeet nie asseblief tog !

Dit het tyd geword vir ons om aan te beweeg, weet net dat ons Pongola nooit sal afskud of vergeet!

Baie liefde

Die Maritz-gesin

V ergeet van die ou holrug geryde onderwerp oor wat die gewildste nuwejaarsvoorneme is of wat bekende mense gaan doen. 2013 lê soos ’n onontdekte skat voor ons uitgestrek en daar is soveel wat ek en jy kan doen.

Die belangrikste is seker om goed te wees vir jou liggaam. My goeie vriendin het besluit ek moet my gim-tekkies afstof en ja ons het begin oefen by Judith. Al is elke beweging wat ek vandag maak pynlik, voel ek goed !!

Ek wil ook probeer om elke dag iets te doen wat my gelukkig maak. Dit is seker ook waar dat as ek gesonder wil eet, ek nie geluk in ’n stuk sjokoladekoek gaan vind nie…

Hierdie jaar gaan ek leer om my tyd beter te bestuur. Ek gaan meer tyd maak vir die mense en dinge wat my gelukkig maak en minder tyd vir dit wat my geluk steel. Hoekom nie dieselfde doen nie ?

Miskien is 2013 die jaar om jou uithouvermoë en selfdissipline tot die uiterste te toets. Hardloop ’n wedloop (al is dit net 10 km) of skryf in vir ’n kursus. Wie weet – dalk ontdek jy ‘n nuwe dimensie van jouself.

Verder gaan ek dankbaar wees vir wat ek het. Ek ontvang ‘n boekmerk as geskenk van ‘n goeie vriendin en het dit langs my rekenaarskerm vasgesit. Dit lees soos volg :

“ENJOY the little things in life, because one day you will look back and realise they were the BIG things”

Voorspoed vir 2013! - Roléne van der Merwe

Page 3: PONGOLA NEWS

SODWANA – NIE MEER DIESELFDE

Humeure het die afgelope Desembervakansie by Sodwana in die St. Lucia wêrelderfenisgebied opgevlam oor die toekenning van parkeerplek op die strand. Vakansiegangers is ontstoke oor die

stelsel waarvolgens net mense met permitte op die strand mag parkeer.

Die iSimangaliso-parkowerheid, wat die wêrelderfenisgebied administreer, verklaar dat ingevolge regulasies mag net 200 voertuie op die strand toegelaat word. Die strandpermitte is bedoel as

aanvulling van die parkeerterrein weg van die strand af.

Baie besoekers wil juis nie die parkeerterrein gebruik nie omdat heelwat dronk mense daar partytjie hou. Van die mense wat in die park vakansies bespreek het, wou hul geld terughê weens die nuwe

reëlings.

Vakansiegangers het gekla oor lang toue in die oggend (soms vanaf 04h00) by die hek en dat sommige onverrigtersake moes omdraai omdat hulle nie op die strand kon parkeer nie.

Inwoners van Sodwana sê die probleem gaan in wese oor ’n styging in verblyf buite die park wat meer

mense na die gebied lok as wat die park kan hanteer.

Page 4: PONGOLA NEWS

J H Smit & Genote Ingelyf

Vakante Betrekking Litigasie Tikster

Ons het ‘n voldag posisie oop vir ‘n dame, ten volle tweetalig met ‘n goeie tikspoed en moontlike diktafoon ondervinding.

Begindatum: 1 Februarie 2013 alternatiewelik 1 Maart 2013 Salaris: Onderhandelbaar

Aansoeke kan gestuur word na 034 4132317, [email protected] of by ons Ontvangs ingegee word.

ROLBAL NUUS

Ons Jaareindfunksie was ‘n groot sukses en baie mooi. Ons het almal heerlik saam gekuier en die wenners is almal beloon vir hulle goeie spel van 2012.

Die BESIGHEIDSLIGA begin weer die 14de Maart 2013!! Die eerste prys is R16 000-00 werd!! Baie belangrik: die spanne bestaan uit EEN Rolbalspeler en TWEE nie-spelers. Die spelers (spanne) moet so gou as moontlik by Cules inskryf om te verseker dat hulle plek kry.

Ons sien uit na ‘n opwindende nuwe jaar en baie nuwe spelers. Asseblief, kom kyk gerus en sien vir julself. Ons is die Here innig dankbaar vir 2012 dat Hy ons behoed en bewaar het, daarom is dit met groot hartseer dat ons van ons dierbare Oom Eckie moes afskeid neem. Ons almal gaan jou baie mis.

Rolbal groete Bella Gouws

WWF South Africa invites uPhongolo municipality to participate in the well-

known global Earth Hour campaign on Saturday, 23 March 2013, 8:30 – 9:30pm.

For Earth Hour 2013, the World Wide Fund for Nature (WWF) aims to inspire as many

people as possible to switch off their lights for an hour at 8:30pm local time on 23 March 2013. This is a symbolic act of global unity to contemplate our impact on the planet and

celebrate our commitment to protecting it.

Over the years South Africans have embraced the spirit of Earth Hour to unite and celebrate with global citizens of the Earth, and WWF will continue to spread a message

of engagement and active citizenship. We are calling on cities, towns, businesses, schools, universities, community groups and other organisations to get involved by

hosting their own events and switching off during Earth Hour.

Inspiring active citizenship

We would like your support to help authorise the switch-off of municipal buildings and non-essential street lights, and any other landmarks or iconic buildings, on Saturday, 23

March 2013 as a demonstration of your city’s commitment to protecting our planet.

We also encourage you to host a local event for the people in your municipality, and to help spread the message through any channels you can, to encourage individuals and

businesses to get on board with Earth Hour. Our individual efforts make a collective

difference!

Enabling impact beyond the hour

Municipalities are in a great position to take action against climate change and

encourage efforts beyond the hour through leading by example and offering services and

implementing practices that enable citizens and municipal staff to make ongoing changes to reduce their impact on the planet.

This will be the seventh year of Earth Hour across the world since it started in Sydney,

Australia in 2007. In 2012, hundreds of millions of people in over 7,000 cities and 152 countries took part in the world’s largest voluntary mass participation environmental

initiative.

Vuurwerke bly onwettig

TYDENS Desembermaand skiet mense graag vuurwerke om die feesseisoen te vier,

maar dit is nie net gevaarlik vir troeteldiere en dikwels ook mense nie, dit is boonop

onwettig.

Tydens die oujaarsaand vieringe by die Pongola Rugbyklub is ‘n bekende inwoner van

Pongola beseer toe ‘n vuurpyl wat tydens die aand afgevuur is haar teen die bors getref

het. As dit haar effens hoër getref het, het dit in haar gesig getref.

Die publiek moet kennis neem dat die skiet

van vuurwerke in stedelike of dorpsgebiede

word volgens wet verbied en oortreders kan beboet word. Slegs persone wat

gelisensieer is om vuurwerke te mag skiet, kan dit afvuur. Die beseerde

persoon was ontsteld aangesien die skiet

van vuurpyle die betrokke aand sonder enige beheer plaasgevind het. Die

onwettige afvuur van vuurwerke moet onmiddellik by die polisie aangemeld word.

NIE MEER SAP NIE - NOU MP EN PP

Ek het onlangs ‘n ondervinding beleef wat ek met u wil deel sodat u gewaarsku kan

wees, as u nie alreeds is nie. Ek en Petro was onlangs deur 5 jong swart mans met

kapmesse aangeval. Hulle het die elektriese heining geknip en die huis bestorm. Gelukkig was die huis gesluit en het Petro hulle deur die venster gewaar en my betyds

gewaasku, wat my tyd gegee het om by die vuurwapens uit te kom.

Hulle het probeer om die deur oop te stamp waarna hulle die een venster se ”louvers” met ‘n kapmes stukkend geslaan het. Op daardie stadium het hulle my wapen gewaar

en die hasepad gekies … na ’n paar skote.

Petro het in die tussentyd die Magudu Polisie (MP) geskakel en kon geen antwoord kry nie, waarna sy die Pongola Polisie (PP) gekry het en aan hulle gerapporteer het dat ons

deur 5 mans aangeval word. “Nee”, was die antwoord, hulle mag nie optree en MP se terrein oortree nie, tenspyte dat sy aan hulle genoem het dat MP nie die telefoon

atwoord nie.

Ons neem dus vanselfsprekend aan dat die aanranders hulle sport met ons kon gehad

het, ons kon vermoor het en kon loskom daarmee. As PP dadelik gekom het, kon hulle dalk gevang gewees het. Die SAP sou net toekyk. Wat is die rede vir die

onbevoegdheid van die SAP en ‘n stasie wat nie beman is nie? Wie sal toekyk dat nog ’n plaasmoord plaasvind? Ek ken die antwoord en glo u ook.

Joseph Reynolds

Volgende uitgawe van Pongola Nuus is

1 Februarie 2013. Kyk uit vir al die foto’s van

die Kleuterskole en jou 2013 Snelbel!

Page 5: PONGOLA NEWS
Page 6: PONGOLA NEWS

PLANT HIRE

*EXCAVATORS *TIP TRUCKS *LOW BED

*CONCRETE MIXER

NEW ITEMS AVAILABLE:

* CLAY PLASTER BRICKS *SEMI-FACE BRICKS

SUPPLIERS OF:

*BRICKS & BLOCKS *LINTELS *SAND *CHRUSHER

STONE *STEPPING STONES

*GRAVE SLABS *PAVING BRICKS *WINDOW SILLS

SCHEDULE OF MEETINGS FOR uPHONGOLO MUNICIPALITY FOR 2013

FULL COUNCIL EXECUTIVE COMMITTEE

25 JANUARY 2013 AT 14H00 21 JANUARY 2013 AT 14H00

(ADJUSTMENT BUDGET, ANNUAL REPORT)

25 FEBRUARY 2013 AT 14H00 18 FEBRUARY 2013 AT 14H00 (IDP)

25 MARCH 2013 AT 14H00

(DRAFT IDP, DRAFT BUDGET, SDBIP, ANNUAL REPORT)

18 MARCH 2013 AT 14H00

(DRAFT IDP, DRAFT BUDGET, SDBIP, ANNUAL REPORT)

27 MAY 2013 AT 14H00

(IDP, FINAL BUDGET, SDBIP, TARIFFS)

29 APRIL 2013 AT 14H00

24 JUNE 2013 AT 14H00 20 MAY 2013 AT 14H00

(IDP, BUDGET, SDBIP, TARIFFS)

26 AUGUST 2013 AT 14H00 18 JUNE 2013 AT 14H00

25 NOVEMBER 2013 AT 14H00 29 JULY 2013 AT 14H00

19 AUGUST 2013 AT 14H00

30 SEPTEMBER 2013 AT 14H00

28 OCTOBER 2013 AT 14H00

18 NOVEMBER 2013 AT 14H00

Page 7: PONGOLA NEWS

KOERANT DATUMS 2013

1 & 15 Februarie 2013

1, 15 & 29 Maart 2013

12 & 26 April 2013

10 & 24 Mei 2013

7 & 21 Junie 2013

5 & 19 Julie 2013

2, 16 & 30 Augustus 2013

13 & 27 September 2013

11 & 25 Oktober 2013

8 & 22 November 2013

6 Desember 2013

Page 8: PONGOLA NEWS

Call TODAY to book your appointment ...

Martelie: 082 945 7314

SPECIAL

COLOUR, CUT AND BLOW WAVE ONLY

R300

NOW ALSO AVAILABLE AT SHADES OF GLORY

MASSAGES FIR SAUNA (WEIGHT LOSS) WRAPS REFLEXOLOGY

Kinders mág soen Wetgewing wat ’n wye reeks instemmende fisieke dade tussen kinders – van soen op die mond tot seksuele penetrasie – ’n misdaad maak, is deur die hooggeregshof in Pretoria

ongeldig verklaar.

Regter Pierre Rabie het op 14 Januarie 2013 bevind twee artikels van die Strafregwysigingswet (seksuele misdade en verwante sake) en die definisie van “seksuele penetrasie” in dié

wet is onversoenbaar met die Grondwet.

Dit is omdat art. 15 en 56(2)(b) ’n kind (tussen 12 en 16 jaar) kriminaliseer wat ’n daad van instemmende seksuele penetrasie met ’n ander kind (ook tussen 12 en 16) uitvoer.

Dit kriminaliseer ook ’n kind (tussen 16 en 18) wat so ’n daad uitvoer met ’n kind jonger as 16 en wat tot twee jaar jonger as die ouer kind is.

Rabie het bevind art. 16 en 56(2)(b) en die definisie van “seksuele ontering” (sexual violation) in die wet is ongeldig omdat dit ’n kind (tussen 12 en 16) kriminaliseer wat ’n daad van

instemmende seksuele ontering met ’n ander kind (tussen 12 en 16) uitvoer en waar daar meer as ’n twee jaar ouderdomsverskil is.

Rabie het in sy uitspraak gesê baie van die gedrag wat volgens die wet misdadig is, word “gepleeg” deur groot getalle normale adolessente, dit benadeel niemand nie en is

ontwikkelingsgewys gesond.

Die gebruik van skadelike en drakoniese strafregoortredings om adolessente te oorreed om hulself verantwoordelik te gedra, is ’n disproporsionele metode, het Rabie gesê.

Die heilsame mikpunt om adolessente aan te moedig om gesonde en verantwoordelike sekslewens te lei, kan deur ander metodes aandag kry wat nie instemmende seksuele gedrag

tussen adolessente ’n misdaad maak nie, het hy gesê.

Dié uitspraak was in ’n hofaansoek van die Teddy Bear Clinic for Abused Children en die Resources Aimed at the Prevention of Child Abuse and Neglect.

Die minister van justisie en grondwetlike ontwikkeling en die nasionale direkteur van openbare vervolging, teen wie die aansoek ingedien is, moet die applikante se regskoste betaal.

Rabie het gesê seksuele ontering se definisie sluit onder meer direkte of indirekte kontak tussen twee mense se monde in. Dus word alle vorme van soen op die mond daarby ingesluit.

Dit sluit ook direkte of indirekte kontak tussen een persoon se mond en enige ander liggaamsdeel van ’n ander persoon in wat seksuele opwekking of stimulasie kan veroorsaak.

Dit sluit dus dis meeste vorme van streel (petting) in. Dit sluit ook direkte of indirekte kontak tussen een persoon se geslagsdele en enige liggaamsdeel van iemand anders in.

Dit sluit dus omhelsing tussen ten volle geklede mense in.

Rabie het gesê talle vorme van instemmende seksuele spel en verkenning, wat nie swangerskap kan veroorsaak of siektes kan oordra nie, word by seksuele penetrasie se definisie

ingesluit.

Die konstitusionele hof sal nou oor Rabie se bevindings besin. – www.beeld.co.za

Page 9: PONGOLA NEWS

uPHONGOLO LOCAL MUNICIPALITY

TENDER NOTICE: 269/04/11

RECONSTRUCTION OF THE MOTOR CYCLE TRACK TESTING GROUNDS OF

uPHONGOLO TRAFFIC DEPARTMENT and can be collected from: Mrs Alta Maree, Supply Chain Management Officer, uPhongolo Local Municipality Financial Services Department Pongola Tel: 034 413 1223 x 220 A R 150.00 NON-REFUNDABLE deposit is required for each Tender Document, from the prospec-tive tenderer on issue of the Tender document. Only cash or bank guaranteed cheques made out to uPhongolo Local Municipality will be accepted. Tender Documents will be available from 18 January 2013. Duly completed Tender Documents, sealed in an envelope, marked with the relevant contract num-ber, contract details and date of closing and returnable address on the back of envelope are to be deposited into the Tender Box at the uPhongolo Local Municipality, 61 Martins Street, Pongola, 3170, not later than 12h00 on the closing date, where they will be opened in public. No late, telegraphic, telefax or posted tenders are acceptable. A Compulsory Site Meeting will be held on the 12th February 2013 at 09h00 in the Main Board-room, Municipal Offices, uPhongolo Local Municipality, 61 Martins Street, Pongola. Tenders must be in sealed envelopes marked:

“MUNICIPAL MANAGER” RECONSTRUCTION OF THE MOTOR CYCLE TRACK TESTING GROUNDS OF uPHONGOLO

TRAFFIC DEPARTMENT TENDER NO. 269/04/11 Closing Date: Tuesday 12 February 2013 Tenders should be placed in the Tender Box at the uPhongolo Local Municipality, at Pongola NOT later than Tuesday 12th February 2013, at 12h00. Tender documents will be immediately thereafter opened in public. Interested Service Providers to meet at Tender Box. The evaluation of the tender will be conducted in two stages: Firstly, the assessment of functionality will be done in terms of the evaluation criteria and the minimum threshold, thereafter the qualifying tender will be evaluated in terms of the 80/20 preference point system, where the 80 points will be used for price and the 20 points are used for HDI ownership and/or for achieving the prescribed RDP. All extra documentation must be attached with the Original Tender. The uPhongolo Local Municipality reserves the right to accept any TENDER or part of any TENDER and is not bound to accept the lowest TENDER or any other TENDER. NO LATE, E-MAILED, POSTED, COURIERED OR FAXED TENDERS WILL BE ACCEPTED

MRS A VAN EEDEN ACTING MUNICIPAL MANAGER

Willem Johannes Ackhurst

EckieIn Memorium

08 Julie 1931 tot 09 Januarie 2013

Page 10: PONGOLA NEWS

PONGOLA RUGBYKLUB ALGEMENE JAARVERGADERING

30/01/2013

18:30 - 19:00

BY DIE RUGBYKLUB

Die spelers en komitee van Pongola Rugbyklub wil van hierdie geleentheid gebruik maak om vir Johnny en Susan Labuschagne te bedank vir hul onbaatsugtige diens die afgelope klompie jare ! Sonder julle ondersteuning en harde werk sou Pongola Rugbyklub nooit die hoogtes bereik het soos wat dit die afgelope paar jare het nie. Julle liefde vir die spel en spelers sal gemis word ! Baie, baie dankie !

Page 11: PONGOLA NEWS

ERRIE-KLAS VAN 2012 PRESTEER PUIK! Die EHS Matrikulante van 2012 het hul skoolloopbaan met welslae afgsluit! 143 Matrikulante het ingeskryf die NSS-Eksamen en die skool het 'n slaagpersentasie van 98.6%. Die eksamen het sonder enige problem afgeloop - ons is dankbaar daarvoor. Die Pongoliete het as volg presteer :

NJ Robbertse: 7 onderskeidings 87% Mignonette Rouilliard: 7 onderskeidings 84% Dick Barnard: 3 Onderskeidings Rene Delport: 2 Onderskeidings Daniel Erlank: 4 Onderskeidings FC Labuschagne: 1 Onderskeiding

PIONIER HOËRSKOOL PRESTEER

Die matriekuitslae van 2012 het weereens bewys dat Pionier se akademiese standaarde met die bestes vergelyk kan word. Pongola Nuus het hulle geskakel vir verdere uitslae maar met ons ter perse gaan het ons dit nog nie ontvang nie.

Anel van Heerden (links) 6 A’s en 1 C Paula Germishuys (regs) 6A’s, 1 B en 1 C

PONGOLA AKADEMIE—WEEREENS 100% SLAAGSYFER H J Swanepoel

Die 100% slaagkultuur duur voort vir 15 jaar vanaf die hoërskool se bestaan. Welgedaan!

Geluk aan die volgende leerders: Johan Botha: 3 A’s Melissa Appleby: 3 A’s Mandy Appleby: 2 A’s Bianca Swart: 2 A’s

50% van die leerders behaal vrystelling en 75% behaal ‘n gemiddel bo 60%. Inteendeel, 23 van die 24 het ‘n gemiddeld van bo 50%. Van ‘n moontlike 168 vak uitslae is 107 bo 60% en 141 bo 50%.

Welgedaan aan ons leerders en opvoeders. www.saamstaan.com

VLNR: Johan Botha, Melissa Appleby, Mandy

Appleby en Bianca Swart

PONGOLA AKADEMIE GRAAD 1 KLAS

Pongola Akademie spog met ‘n pragtige Graad 1 klas vir 2013 !! VLNR: BO: NJ Robbertse, Mignonet Rouilliard & Dick Barnard.

VLNR: ONDER: René Delport, Daniel Erlank & FC Labuschagne.

Page 12: PONGOLA NEWS

CLEANING SERVICES / SKOONMAAK DIENSTE

Sparkly Cleaning Services. Skoonmaak van matte, meubels en valet

van karre. Kontak Judith Fick 0828620406

TOILET FRIEND

TOILET FRIEND 2 Jaar waarborg. R500 afslag. Kontak Carl Reynolds

0845802911

Vir alle blindersbenodighede of nuwe blinders, kontak Tiaan by

083 230 2839

For all your needs for blinds and new blinds. Contact Tiaan at

083 230 2839

BLINDERS / BLINDS

TE HUUR / TO RENT

Huis te huur by Sitilo. Dadelik beskikbaar. Kontak Mike Lombard @

082 944 9185

VACANCY / VAKANTE BETREKKING

Vakante pos in "counter sales" beskikbaar by van der Berg Elektries

kontak Magda by 083 652 5241.

BUYING AND SELLING THE PONGOLA WAY

Place your ad here

and start selling !

GARDEN ACCESORIES

083 625 8908

BULLDOZER RIPPER

083 625 8908

TRAILER

083 625 8908 DISS

083 625 8908

SPECIALS

For bookings contact : 083 320 0358

Tshepo & Jouline

E-mail : [email protected]

Our brilliant therapists are Jouline & Tsepo, they will make your time with us enjoyable and relaxing! We also

cater for birthday parties, kitchen tea’s and stork tea’s.

HOTSTONE BACK & NECK

MASSAGE (30MIN)

&

BASIC MANICURE

FOR

R300

SWEDISH MASSAGE

(FULL BODY 1H)

&

BODY SCRUB (30MIN)

FOR

R350

KONTAK MARLIZE 083 588 6477

KONTAK MARLIZE

083 588 6477

ELEPHANT COAST PROPERTIES TE KOOP

KONTAK MARLIZE 083 588 6477

ELEPHANT COAST PROPERTIES TE KOOP

KONTAK MARLIZE 083 588 6477

ELEPHANT COAST PROPERTIES TE KOOP ELEPHANT COAST PROPERTIES TE KOOP