28
Jaargang 22 Nr. 6 022-913 1796 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... www.piketberg.com R5,00 Julie 2015 AUTO ELECTRICAL SPECIALIST ONE STOP MOTOR PART SHOP PIKETBERG 022 913 1939 022 913 2404 Alle korrespondensie aan [email protected] Collect your Rewards card in store Koorlede terug na VSA Margaret Julius, Karin Boshoff, Retha van Deventer, Elizabeth Paulsen, Alison Müller en agter, Sherlock Fortuin. Foto: Piet Boshoff Die Bergrivierkoor is baie trots op lede van die koor se sopraanensemble Margaret Julius, Karin Boshoff, Retha van Deventer en Elizabeth Paulsen sowel die koorafrigters Alison Müller en Sherlock Fortuin, asook die Stellenbosse orrelis en gasbegeleier Arno Jones, wat uitgenooi is om in September vanjaar terug te keer na die VSA vir ’n reeks konserte. Wie kon ooit raai dat die koor se suksesvolle konsertreekse in Desember 2014 sò ’n blywende impak op die Amerikaanse gehore sou laat, dat hulle na nog meer luistergenot van musiek uit Suid-Afrikaanse bodem sou smag en versoek. Die immerbeminde lied, “Sweef soos ’n Arend”, is maar net een uittreksel uit die vervolg op p3... Hendriena Haal 100...p3 Skaapkop Ete...p5 Jacques Wiggins...p5 Hannes en Nadine...p6 VLV-Nuus...p10 Bergrivier Kano Marathon...pp16,17 Pa en Dogter Dans...p19 SAP by Trippe Trappe...p23 Drie van PHS na Duitsland...p24 Jeugorkes wen...p25 Janke Kapteine...p25

Piketberger Jul 2015

Embed Size (px)

DESCRIPTION

 

Citation preview

Page 1: Piketberger Jul 2015

1

Jaargang 22 Nr. 6 022-913 1796

Piketberg se koerant vir Piketberg se

mense...

www.piketberg.com

R5,00 Julie 2015

AUTO ELECTRICAL SPECIALIST

ONE STOP MOTOR PART SHOP

PIKETBERG

022 913 1939 022 913 2404

Alle korrespondensie aan [email protected]

Collect your Rewards card in store

Koorlede terug na VSA

Margaret Julius, Karin Boshoff, Retha van Deventer, Elizabeth Paulsen, Alison Müller en agter, Sherlock Fortuin. Foto: Piet Boshoff

Die Bergrivierkoor is baie trots op lede van die koor se sopraanensemble Margaret Julius, Karin Boshoff, Retha van Deventer en Elizabeth Paulsen sowel die koorafrigters Alison Müller en Sherlock Fortuin, asook die Stellenbosse orrelis en gasbegeleier Arno Jones, wat uitgenooi is om in September vanjaar terug te keer na die VSA vir ’n reeks konserte. Wie kon ooit

raai dat die koor se suksesvolle konsertreekse in Desember 2014 sò ’n blywende impak op die Amerikaanse gehore sou laat, dat hulle na nog meer luistergenot van musiek uit Suid-Afrikaanse bodem sou smag en versoek. Die immerbeminde lied, “Sweef soos ’n Arend”, is maar net een uittreksel uit die vervolg op p3...

Hendriena Haal 100...p3 Skaapkop Ete...p5 Jacques Wiggins...p5 Hannes en Nadine...p6 VLV-Nuus...p10 Bergrivier Kano Marathon...pp16,17 Pa en Dogter Dans...p19 SAP by Trippe Trappe...p23 Drie van PHS na Duitsland...p24 Jeugorkes wen...p25 Janke Kapteine...p25

Page 2: Piketberger Jul 2015

2

Redaksioneel

Teken in op Die Piketberger teen R110 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Redaksie ([email protected])

Berigte en foto’s: Marietha Goosen 022-913 1796

Advertensies:

[email protected]

of sms 079 496 2719

Uitleg: Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u

Redaksioneel geborg deur Dr. Herold Truter

Volblad: R460 Halfblad: R315 Kwartblad: R210 Agsteblad: R145

Ander groottes op aanvraag.

Barbie Breunissen Marietha Goosen

Liefde Marietha

Klavierstemmer Stem en Herstel van Klaviere

Professioneel 50jr Ondervinding

Alle Areas

Skakel Wessel de Beer 0232 320422 of 082 704 3276

Vroue met Vreemde Vanne Ek het 'n ding met name. Dis vir my belangrik om mense se name te onthou en reg te spel. Ek luister vir Joshua na die Reën op RSG en niemand hou met hom 'n onder-houd sonder om hom uit te vra oor sy naam nie. Op Albertinia het grootmense, veral tannies, in my kleintyd nogal

vreemde vanne gehad. "Anna Jan" maak klere, "Annie Willie" bak brood, "Hanna Nic" bak pasteie, "Helmien Samp" bak vrugtekoeke.......en so is daar Martie Badie, Emmie Karel, Souf Dries, Bettie Gert, Ina Tok, Ina Gert, Annie Frank, Maggie Jôn, Anna Hans, Hannie Ockert en Martha Piet. Eintlik was dit niks vreemd nie, almal het geweet van wie jy praat - miskien was dit 'n manier om al die Annas, An-nies, Hannas en Hannies te onderskei.....of om al die Cronje's, Oosthuizens en Van Zyls uit mekaar te hou. Ek wonder hoe sal dit vandag klink? Marina Gawie, Vanessa Lucien, Alda Gideon, Nadine Arend, Zelda Dirk, Adene Riaan, Coreen Cecil wil net nie werk nie....en tog val Lena Paul, Corene Wolfie en Annatjie Pierre goed op die oor. Hoe werk dit vir jou?

Verweer Ek kan nie by die Karasburg-afdraai in die suide van Na-mibië verby ry sonder om aan my pa te dink nie. Hy was versot op die Groot Karasberge, met ‘n heimwee om sy mond waaroor ek vandag steeds wonder. En ek weet nie waarom ek hom nooit gevra het wat dié berge vir hom mooier maak as al die ander bergreekse in Namibië nie. Om die eerste kampvuur in Etosha in April lig ek my glas Pinotage Merlot op my pa se liefde vir die Karasberge en veral op die dag in my onthoue toe hy my verweer was. Ek was twaalf en juffrou Taljaard het voor al die kinders in die studiesaal my tot die ongedissiplineerdste kind in die destydse Suidwes-Afrika verklaar. Ek kan nie onthou wat ek gedoen het nie, seker gelag of gepraat of ‘n gefokusde kind langs my uit haar studies gehou. Haar frustrasie met my het waarskynlik meriete gedra, maar haar oë het die middag vir my na warm as laat voel. Haar woorde het nog in die lug gehang toe Mara met haar twee ongelooflike dik vlegsels vir my en my suster kom roep vir telefoon. Dit was my pa. Sy stem het my damwalle laat breek. Ek kon nie ‘n woord uitkry nie. “Gee die telefoon vir Christa,” het hy gesê. Ek het op die grys teëls met my arms om my knieë gaan sit en deur die trane geluister hoe sy hom vertel van my en die juffrou. En toe het ek my gesig gaan was. Ek het later die middag ‘n granaat in oom Ziggi Weich se erf langs die sportveld gepluk toe ons netbal-natgesweet terugstap koshuis toe en die rooi-rooi pitte op die muurtjie agter die waskamer gaan eet. Toe het ek beter gevoel maar steeds erg na ons huis en die veiligheid van my ma se oë verlang. Die son het net-net oor die kameeldorings en wag-‘n-bietjies na die onderdorp begin trek toe my pa se blou David Kramer-volksiebus voor die koshuis stilgehou het. 169 kilometer grondpad uit Damaraland. Vir my en namens my en in my verweer. Ek sal hom altyd daarvoor liefhê. En ek sal bly verlang. My jongste kom met die wind ingewaai en kom lê op die mat voor die kaggel wat ek pas teen die koue aangesteek het. Haar wange verklap die winter en haar onskuld. “Gaan haal vir Huppelkind en Stories van Rivierplaas,” sê ek. “Huppel se oupa is slim,” sê sy en kruip onder my arm in. “Jou oupa Harry was ook slim. En jou oupa sou tog te mal gewees het oor jou.” Sy lag. Buite val die eerste Swartlandreën. En Huppel en sy maats word op hierdie Dinsdagaand ons twee se verweer teen die lewe wat skielik, op sewe, propvol kompetisie en verwagting en woordsomme geword het. Berenice Scheepers

Briewe van ons lesers...op Sannie van Schalkwyk skryf… Dankie!! Soveel gelukkige jare in Piket-berg deurgebring...ook “ingeteken” op Die Piketberger toe ons in Meyerton ge-woon het. Nou in die pensioendae moet ek drasties minder maak. Ek kry maar swaar om my Piketberger koerantjies weg te gooi. Maar kyk hoe geseënd is ek nou om weer op hierdie metode my koerantjie te kan lees. (Sannie lees Die Piketberger op die internet).

Page 3: Piketberger Jul 2015

3

Vervolg van p1... repertoire wat spesiaal aangevra is deur gehoorlede in Boston en New Hampshire. Die groep gaan onder meer tyd in New York en Cape Cod Bay deurbring en met hul terugkoms Parys in Frankryk besoek. In ’n volgende uitgawe van Die Piketberger sal meer breedvoerige inligting volg oor die projek vir September. Ons vra die publiek se heelhartige ondersteuning met die fondsinsamelingspogings van hierdie lede. Namens ons dorp en streek wens ons hierdie groep talentvolle en passievolle musikale ambassadeurs alle sterkte toe met die veeleisende voorbereidingswerk en instudering van musiek en tekste vir September.

Augusta nog 'n trappie hoër

Augusta de Wee Foto: Marietha Goosen

Hendriena Haal Honderd

'n Feestelikheid is gereël deur die Nuwe Apostoliese Ge-meente op Piketberg, toe hulle oudste lidmaat op 12 Junie 100 jaar geword het. Hendriena Claasen is vir die afgelope drie maande 'n inwoner van Huis AJ Liebenberg en het tot so onlangs as verlede jaar, op 99, haar eie konfyt gekook. Haar familie skryf haar goeie kondisie toe aan genoeg oefening, harde werk, skoon lug, gesonde eetgewoontes en 'n gesonde leefstyl. Hendriena, saam met haar wewenaarman, Paul Claasen en hulle nege kinders - sy het twee dogters gehad en hy twee seuns en vyf dogters, toe hulle getroud is - het gewoon by die drupkelders bokant Piketberg dorp, waar eens huise was. Daar het hulle hulle eie groentetuin gehad, hulle eie slaggoed aangehou en vandaar ver gestap elke dag om by die werk te kom. Hendriena het saam met haar man by Gert Burger se winkel gewerk - hy as slagter en sy as bakker. Later was sy 'n skoonmaker by Anderson Proku-reur. Voor haar aftrede was sy 'n werknemer by Huis AJ Liebenberg se was- en strykkamer. Paul is in 1971 oorlede. Namens al die Piketbergers wens ons vir tannie Hen-driena 'n mooi lewensjaar toe -Red.

Hendriena Claasen vier haar 100ste verjaarsdag.

Hendriena Claasen op haar 100ste

verjaarsdag saam met Distriks

Evangelis Cedric Sassman en

Priester August Schaffer van die

Nuwe Apostoliese Gemeente.

Foto's:

Dave Ferguson

Juffrou Augusta de Wee van Trippe Trappe Kleuter-skool op Piketberg, het pas haar Vlak 5 in Vroeë Kind Ontwikkeling geslaag. Nadat sy haar kursus vir drie en 'n half jaar aan die Citrusdalse Kollege geloop het, is sy nou gekwalifiseer as 'n volwaardige Graad R-juffrou. Augusta, oud-leerder van Steynville Sekondêre Skool, het planne om die trappies verder te klim na B Ed. (Hierdie meer volledige berig is vir die web-weergawe aangepas.)

Page 4: Piketberger Jul 2015

4

Page 5: Piketberger Jul 2015

5

Winkel 022-913 2418

022-942 1787

Riana Smit 022-942 1787

082 921 1977

Nuwe Winterklere beskikbaar Asook Froggie,

Tsonga en Green Cross skoene

Kwagga Jag en Avontuur hou Skaapkop Ete Berig deur André Kennedy

Na ‘n paar jaar wat hierdie gesogte tradisie van skaapkop ete erg afgeskeep is in Piketberg, het Kwagga Jag en Avontuur weer lewe daarin geblaas. ‘n Ete is aangebied op 10 Junie by Pot Belly, ‘n plaaslike familie restaurant. Met die vergunning en bereidwilligheid van die eienaars, Pierre en Anzel Coetzer is die skaapkop ete deur hulle voorberei en heerlik gedoen. Vyf en twintig kaartjies is verkoop en die manne het dit baie geniet. In ag genome dat dit nie maklik is om soveel skaapkoppe gelyktydig reg gaar te maak en warm aan te bied nie, was dit ‘n uitdaging met hulle eerste keer. Ten spyte van beurtkrag gedurende die aand het alles glad verloop en was dit uit die boonste rakke. ’n Volgende ete word be-plan vir Augustus 2015. Hierdie keer sal die dames ook toegang geniet en word dit beplan ten bate van Huis AJ Liebenberg. Spesiale dank aan Nellis Louw vir sy harde werk agter die skerms en die eienaars van Pot Belly. Ons maak weer so!

Die manne besig met hul skaapkoppe. Foto verskaf

Wiggins Stalle se Jacques ESSASA afrigter

Jacques Wiggins, oud PHS’er, is tydens ‘n gala geleentheid einde April 2015 te Bloemfontein, gekies as die afrigter van ESSASA (Eques-trian Saddle Seat Association of South Africa) Protea Ruiter-kunsspan wat in Julie in Orlando, VSA gaan deelneem. Hy was ook vroeër afrigter van ‘n Wêreld uitnodigingspan wat deelgeneem het in Suid-Afrika en het ook al verskeie Protea ruiters opgelewer en afgerig. Hy het al self verskeie SA Kampioen Saal-perde afgerig en vertoon by die Nasionale Kam-pioenskap wat jaarliks in Bloemfontein gehou word. Jacques is eienaar van die Wiggins Stalle op Porterville.

Jacques Wiggins gaan na die VSA as ESSASA afrigter.

Foto verskaf

In verlede maand se

Piketberger is berig dat

Speurder Adjudant

Offisier Piet Becker

bevorder is tot Luitenant

in die SAPD en vanaf 1

Junie sy nuwe pos

beklee op Ceres. Dit is

na 10 jaar as Tak Bev-

elvoerder op Eendekuil. Intussen het die pos as hoof van

die speurtak op Piketberg vakant geraak en is Becker

deur die Provinsiale Kommissaris van Polisie verplaas na

Piketberg. Luitenant Piet Becker begin dan op 22 Junie as

Hoof van die Speurtak op Piketberg.

Welkom op Piketberg, Luitenant -Red.

Hoof van Speurtak

Die Piketberger se Datums vir 2015

Berigte/Advertensie IN 21 Julie

18 Augustus 22 September

20 Oktober 17 November

VERSKYN 30 Julie

27 Augustus 1 Oktober 29 Oktober

26 November

Page 6: Piketberger Jul 2015

6

Hoofstraat 21, Piketberg Posbus 64, Piketberg 7320

Tel. 022 913 1600 022 913 2075

Maak seker jy bly een stap voor die winter verkoues!

Gee jou immuniteit die hupstoot wat dit

nodig het met Biobalance

Immunova +

MEDIESE PRAKTISYNS

Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG

7320

022-913 1172 alle ure / all hours

022 913 1907

Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri

Sat 08:00 - 13:00

Oud-Piketberger se digbundel gepubliseer

Elza Coetzee-Johnson is ‘n oud-Piketberger wat op Piket-Bo-Berg grootgeword het. El-za is ‘n oud-leerder van Hoër-skool Piketberg en woon tans in die Delmas distrik, Mpuma-langa. Sy het onlangs vir vyf maande by haar broer, Hugo Coetzee op Piket-Bo-Berg deurgebring terwyl haar man met ‘n kon-trak in Malmesbury besig was. Terwyl sy daar was, het Pub-lishing World SA ‘n digbundel van haar gepubliseer. Luister gerus op www.radiokc.org na ‘n onderhoud met Elza op 16 Junie oor haar digbundel, “Neem my Terug”.

Elza Coetzee-Johnson Foto verskaf

Hannes en Nadine Trou

Hannes van Wyk, seun van Cecil en Coreen van Wyk trou met Nadine Conradie, dogter van Koos en Den-

ise Conradie op 14 Maart te Laatson, Porterville. Foto: Abri Kruger

Die volgende Piketberger verskyn op 30 Julie 2015.

Berigte en advertensies moet

ons bereik teen 21 Julie.

Stuur na: [email protected]

Page 7: Piketberger Jul 2015

7

Page 8: Piketberger Jul 2015

8

Uit die kantoor van die Munisipale Bestuurder...

Hanlie Linde

Vrouediens by Eensgezind

Hierdie vroue van die NG Kerk Piketberg het die vier-jaarlikse Sinodale byeenkoms van die Vrouediens op

3 Junie bygewoon by Eensgezind, Durbanville. Agter is Suzette Fouché, Alida Meyer, Maatje

Coetzee, Antoinette Joubert, Lenie Otto, Ezette Mouton met net voor hulle, Marietha Goosen en Christa Vorster en heel voor Marina Grobbelaar,

Marieta Nel en Lynette de Witt. Foto verskaf deur Marietha Goosen

Piketberg is aan die BRAND! Nee niemand hoef die Brandweer te bel nie. Dit is nie ‘n brand van rook en as nie, maar ‘n nuwe geldeenheid in ons dorp. En daarmee maak Piketberg geskiedenis as die eerste dorp in Suid-Afrika wat hierdie inisiatief neem. Julle het seker gewonder wat die rooi tente maak op die oop stuk grond wat in die volksmond as “Kentucky” bekendstaan? Op 30 Mei 2015 is die BRAND (Bergrivier Rand) in Piket-berg geloods deur die Bergrivier Brand netwerk en die FLOW Program. FLOW staan vir “Fostering Local Well-being” en dit is ‘n baie suksesvolle plaaslike ekonomiese ontwikkelings projek wat Bergrivier Munisipaliteit sedert

September 2014 geïmple-menteer het. Die BRAND geldeenheid kan slegs binne Bergrivier Munisipale Gebied bestee word en word gerugsteun deur die produkte en dienste van die besighede wat by die Bergrivier Brand Netwerk aansluit. Daar is reeds meer as 70 besig-hede op Piketberg en Goedverwacht deel van hierdie netwerk en dit is oop vir nog baie meer. Dit is maklik om te registreer en

alle besighede (groot of klein) word aangemoedig om dit te doen. Ons wil graag meer as 400 besighede deel maak van die netwerk sodat ons plaaslike ekonomie kan blom en van krag tot krag gaan. Die Munisipaliteit is reeds besig om gesprekke te voer met groter besighede in ons gebied om deel te word van die projek en om BRAND te aanvaar om sodoende die plaaslike vervaar-diging van produkte en dienste te bevorder. Die Muni-sipaliteit self kyk tans na maniere om ook hiervan deel te wees as besteder en ontvanger van BRAND. Die BRAND geldeenheid bestaan uit vier pragtige note met ons mooi Piketberg op elke noot. Elke noot het ook ‘n tema wat wissel van water, energie, voedsel en gemeenskap. Daar is ‘n slagspreuk op elke noot wat ons plaaslike omgewing bewoord naamlik: “Local is lekker”, “Water is lewe”, “Van krag tot krag” en “Kos vir die Toekoms”. Die note beskik oor al die veiligheidsvereistes van spesiale papier, ‘n watermerk, die tema, unieke reeks-nommers en die holografiese merk van die BRAND sim-bool. Elke lid van die netwerk word geadverteer in die BRAND gids wat eersdaags uitgegee sal word. (Die Piketberger sal ook ‘n afskrif van die gids kry om dit te adverteer). Indien jy ‘n besigheid het, hoe klein ookal, en graag wil deel word van die Bergrivier Brand Netwerk, kontak asseblief vir Ian Schaffer by 060 528 1230. Hy is die FLOW Koördineerder in ons gebied. My grootste uitda-ging nou is om ook so gou as moontlik ‘n klein be-sigheidjie te begin, sodat ek ook aan die BRAND kan raak. Hierdie is ‘n geskiedkundige gebeurtenis en ons almal kan met reg trots wees op Piketberg as die eerste dorp in Suid-Afrika om ‘n alternatiewe geldeenheid te be-dryf! Mooi Piketberg mooi! Moenie net daar staan nie, kom BRAND saam!

BADISA ontvang wintervoorraad

Hannie Visser van BADISA-Piketberg ontvang gevriesde sop, gebreide mussies en

wol-serpe van die VLV-lede in Piketberg. Foto verskaf

Bastillefees op Franschhoek 11 - 12 Julie

www.franschhoekbastille.co.za

Page 9: Piketberger Jul 2015

9

PIKETBERG

Kom loer in vir vele meer. Regoor Kaap Agri Drankwinkel in die Carel van Niekerk Besigheidspark.

Besigheidsure: Maandae tot Vrydae 08h00 tot 17h00

Saterdae 09h00 tot 12h00

Vir enige navrae kontak Gustav Bonthuys by 084 487 4840 of [email protected]

Julie

Specials Groot BMX Specials

Titan Freestyler 1 was R2 299 nou slegs R1 750 en Titan Freestiler 2 was R2 850 en is nou slegs R2 200

Uitverkoping op ou voorraad Met 29er Fietse wat Begin by R3 000

Vir die Maand van Julie is ‘n ''Wash and Lube'' net R50. Bring julle fietse vir ‘n lekker skoonmaak.

Vir die Maand van Julie is ‘n Standaard Diens slegs R220, gewone prys R270

Bike Setups R550

KS Dropzone Dropper Seatposts op Uitverkoping vir slegs R2 500

Page 10: Piketberger Jul 2015

10

VLV Nuus

Nicoline Brown, Riana Richter, Selomie Roelofse, Christa Burger en Petro Vercuiel kuier gesellig saam, tydens die VLV-byeenkoms waar ook afskeid geneem

is van Selomie. Foto’s: Dinette Lochner

VLV het afskeid geneem van Selomie Roelofse wat saam met haar man, James na die Paarl verhuis. Sy was ‘n jarelange, toegewyde, aktiewe en begaafde VLV-lid. Sy het graag deur deelname geleer en veral haar breiwerk, preservering en artikels in gebak was van uitstaande gehalte en het dikwels op VLV-sirkelvlak presteer. VLV-lede wens vir haar en James ‘n baie geseënde toekoms toe.

Voorsitter Nicoline Brown, Joey Koen van Porterville, wat lapverf demonstreer het en Mareza Smit,

sameroeper van Kunste en Handvlyt.

Biddy Langenhoven, Janè Eksteen

en Mareza Smit. Janè het die dames met

haar ballet danspassies

betower. Biddy is die

ballet juffrou.

Page 11: Piketberger Jul 2015

11

Page 12: Piketberger Jul 2015

12

Wat sê die Woord?

Deur Pastoor Tjaart Olivier

Die paar sjokolades op die rakke van die winkel loer só die ander dag vir my, dat ek by myself gedink het: “Sekerlik kan niemand sonder sjokolade klaar-kom nie.” Elkeen van ons het iets wat ons baie van hou en wat ons iets voor

sal opgee om dit te kan kry. As jy vandag by die winkel instap, kies jy ’n paar items wat vir jou van belang is en betaal daarvoor in die vorm van geld. As jy mooi daaroor nadink, vind daar ’n ruiltransaksie plaas. Jy ruil iets vir iets. Het jy geweet dat Jesus ook iets vir iets geruil het? As jy vir die algemene persoon op straat vra: “Wat het Jesus vir ons kom doen?” sal hul antwoord wees: “Hy het vir ons sondes kom sterf.” So waar soos wat dit is, is dit nie die volledige antwoord nie. Wat sou jou antwoord op hierdie vraag wees? In Romeine 4:25 lees ons: “wat oorgelewer is ter wille van ons misdade en opgewek is ter wille van ons regver-digmaking.” In konteks praat dit hier van Jesus wat oorgelewer is ter wille van ons sondes en weer opgewek is ter wille van ons regverdigmaking. Dit is my en jou sondes wat Jesus kruis toe gestuur het, maar dit is God se liefde wat vir ons Sy regverdigmaking gegee het. Wat beteken regverdigmaking? Dit beteken eenvoudig: om reg te wees voor God. Ons is nie reg voor God deur wat ons doen nie, maar deur wat Jesus vir ons gedoen het (Galasiërs 2:16). Ons is reg voor God deur geloof in Je-sus alleenlik (Efesiërs 2:8-9; Romeine 10:9-10). 2 Korinthiërs 5:21: “Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.” Watter ruiling het hier plaasgevind? Jesus het ons sonde op Hom geneem en vir ons Sy geregtigheid gegee. Jesus het dit geword wat Hy nie verdien het nie - ons sonde - sodat ons dit kan word wat ons nie verdien nie - Sy geregtigheid. Ek noem dit die “great exchange” wat plaasgevind het. Jesus het nie net vir jou sonde kom sterf nie, maar Hy het ook Sy geregtigheid vir jou as ‘n geskenk kom gee. Vriend, wanneer jy foute maak vandag, kan jy die vry-moedigheid hê om voor God te staan en dankie te sê vir Sy offer vir sonde en dankie dat jy Sy geregtigheid kan wees. Ons as Christene is nie sondaars wat gered is deur genade nie. Ons was sondaars wat gered is deur genade en nou die geregtigheid van God is (Kolossense 1:21-22; 1 Korinthiërs 1:30). Wat ’n wonderlike waarheid! God is so lief vir ons dat Hy ons Sy geregtigheid kom gee het, omdat Hy weet dat ons dit nooit uit onsself sou kon doen nie. Onthou, God se hele hart van die begin af was om in verhouding met ons te kan wees. Wat God deur Jesus vir ons gedoen het, bewys vir ons die grootheid van Sy liefde. Die dag wat jy weergebore raak, is wanneer jy die “great exchange,” wat Jesus al lankal voor betaal het, ontvang. Wat gaan jy kies? Gaan jy ‘n verhouding met God kies? Gaan jy Sy geregtigheid kies, al verdien jy dit nie? Vriend, weet dat God jou onvoorwaardelik liefhet en dat Hy ’n verhouding met jou wil hê. Jy is kosbaar vir Hom. Moenie probeer om jouself reg en skoon te maak vir God nie - kom na Hom toe en laat Hy jou reg en skoon maak. As jou antwoord “Ja” op die vrae hierbo is, gaan lees Ro-meine 10:9-10 wat jou sal lei om Sy geregtigheid te ontvang en in ‘n verhouding met Hom te kan wees. (Vir verdere studie: Lukas 18:9-14; Romeine 1:16-17; Romeine 3:21-24; Romeine 5:1; Efesiërs 4:24; Galasiërs 2:21) Alle skrif-aanhalings is uit die 1933/53 vertaling geneem.

Huis te Huur Stap-afstand van Piketberg Hoërskool

(oorkant NG Kerk) 3 Slaapkamers, 1 badkamer, kombuis,

sitkamer, agtertuin, onderdak parkering, pragtige uitsig, karakter- volle atmosfeer. Kan gedeel word tussen dagmammas

wat op die Dorp wil wees weens skoolgaande kinders, of as 4 kantore gebruik word (het besigheidsregte), of ideaal vir klein gesin.

Semi-gemeubileerd onderhandelbaar R4 400/maand (water ingesluit)

Ook: 1-slaapkamer woonstel teen R3 300/maand beskikbaar (water en dienste ingesluit). Ekstra kamer onderhandelbaar. Semi-gemeubileerd indien verkies.

Skakel Clare 083 225 0059

Page 13: Piketberger Jul 2015

13

1915 tot 2015

E-Pos: [email protected]

Kom bederf jouself met Bio Sculpture Gel op jou hande en toonnaels na

ure ook.

Nou tot einde Julie 40% afslag op baie van die Honey Juwele. Kom loer gerus deur die

boeke of gaan kyk aanlyn by www.honey.co.za en bestel by my.

Bestel sommer nou al vir die matriekafskeid en onthou om sommer ook ‘n nael afspraak

te bespreek - 20% afslag vir matrieks

Bestel jul kilogrampakke

Flippen Lekka Spice

by my.

Esna Brand, Piet Retiefstraat 17, Piketberg

022 913 1020 of 082 830 6110

Straatwerk Uitreik

PHS'ers en oud-leerders het op Vrydag 19 Junie Straatwerk in die Kaap besoek en ook die geleent-heid gekry om evangelisasiewerk te doen. Hulle is

begelei deur Driaan Pretorius, jeugwerker by die NG Kerk Piketberg en Jackie Thirion, onderwyseres by PHS. Agter is CP Nelson, Driaan Pretorius, Carina

Carstens, Jackie Thirion en Henco Bindeman. In die middel is Ferdi Jonker, Daniel Goosen, Adam Barnard, Elzaan Trautman, Nicola Coetzee en

Angelique de Villiers. Voor is Mattheus Vorster, E'lmarco Visagie, Jac Goosen, Nina Cillié, Ané

Nelson en Anke Schreuder. Foto: Marietha Goosen

MC HANEKOM Geoktrooieerde Rekenmeesters

en Ouditeure

DIE TREK 34, PIKETBERG Tel. 022 913 2800

[email protected]

Administrasie van boedels Maatskappy finansiële state Individue finansiële state Beslote Korporasie finansiële

state Belastingbeplanning en opgawes sowel as besware en appèl Oudit van finansiële state Oprigting van trusts BTW invoere en BTW opgawes Hantering van oudits op BTW

opgawes by SAID Opstel van testamente

Page 14: Piketberger Jul 2015

14

Slaggate in jou Familietrust

Page 15: Piketberger Jul 2015

15

2 Acre Hardware & Fox Bouers

Ook nuut op ons installasielys is

(SON KRAG) Victron

Kom sien ons gerus vir ‘n sakpas kwotasie op

inverters, batterye, sonpanele en

warmwater silinders.

Vir alle hardeware, verf, bou, elektries, plumbing en nog meer

022 913 3940

Page 16: Piketberger Jul 2015

16

Bergrivier Winterkarnaval Op 18 Julie 2015 eindig die 54ste Bergrivier Kanomarathon in Velddrif en gaan die dorp, soos oudergewoonte die geleentheid aangryp om fees te hou. ‘n Skeppie Weskus sal weer vanjaar sorg vir tradisionele Weskus- en Sandveld disse, soos voorberei deur die voorgeslagte. Dié span plaaslike vroue gaan kerrie afval, pampoenkoekies, mosselsop en gebraaide harders voorsit. Sorg dat jy reeds vroeg jou afval kry aangesien dit eerste uitverkoop. En as jy nie daar regkom nie sal die talle ander kosstalletjies jou kan help om die winterkoue te beveg. Dit sluit in: pannekoek, koeksisters, lewer-koekies, hoenderburgers, roti, samoesas, gebraaide snoek, melkkos, soetkoekies, biltong en droëwors. Kom kuier saam in die Karnavaltent by die Bergrivier Gholfklub se ‘Natgat’ terwyl plaaslike kunstenaars sorg vir die vermaak. Die Velddrif Blaasorkes sal verrigtinge amptelik om 09:00 open. Daarna kom ‘n groepie ‘opkomende’ kunstenaars aan die beurt met hulle weergawe van Michael Jackson en ‘n gumboot uitvoering. Vanaf 12:00 verskuif alle fokus na die Carinusbrug waar die wenners van die 2015 Bergrivier Kanomarathon sal arriveer. Vanjaar se wedvaart spog met internasionale deelnemers. Ander kunstenaars sluit in Vigeniea, Michelle en ons gaskunstenaars vanjaar, Amoré en Burger le Roux sal tussen 13:45 en 15:45 aan die beurt kom. Die kinders kan ook nader staan vir die gewilde kulkunstenaarvertoning om 10:00. Ander kinderaktiwiteite sluit in die gewilde meganiese bul, gyroscope en skietaktiwiteite. Kyk ook uit vir die swerwende tuimelkunstenaar. ‘n Pret kanovaart vind om 09:00 plaas vanaf Bokkomlaan tot by Riviera Hotel en heerlike pryse is op die spel. En die Weskus Veteraan motor- en motorfietsklub kom weer spog met hulle speelgoed. Plaaslike restaurante sal ook deur die loop van die dag en aand heerlike etes en gratis vermaak aanbied. Aktiwiteite wat by satelliet terreine plaasvind sluit in: gebraaide harders en vars gebakte brood, koffie, koek, kaas en potjie in Bokkomlaan; potjiekos, sushi en gebraaide snoek in Port Owen; en pandisse by Pelikaanhawe. Die volledige karnavalprogram is beskikbaar by

Bergrivier Winter Karnaval Velddrif Velddrif Tourism

Vir verdere navrae skakel Velddrif Toerisme 022 7831821

54ste Bergrivier Kanomarathon 15 -18 JULIE 2015

Op 15 Julie vanjaar trek sowat 200 roeiers weg in die Paarl op die 54ste Bergrivier Kanomarathon wat oor 240km strek en drie dae later in Velddrif eindig. Die ‘Berg’ is al ‘n jaarlikse instelling en lok altyd baie belangstelling by die publiek. Bergrivier Toerisme het vanjaar weer ‘n aantal brugsaamtrekke georganiseer om plaaslike gemeenskappe die geleentheid te bied om ook voordeel te trek uit dié bekende sportgebeurtenis. Onder leiding van Piketberg Toerisme, sal kinders van die Piketberg-, Wittewater- en Goedverwacht gemeen-skappe, twee brûe beman en sorg dat die roeiers en hulle ondersteuners met styl in die streek verwelkom word op Vrydag, 17 Julie. Die twee brûe is onderskeidelik – Die Brug (Ou Brug) in Piketberg en Moraviabrug naby Wittewater. In Piketberg gaan die Rema Superkidz sorg vir sang en vermaak as die roeiers vanaf 09:30 daar begin arriveer. Die roeiers sal met hul aankoms by Piketberg reeds 130km afgelệ het. Org de Rac bied ook aan alle ondersteuners ‘n gratis glasie port en lekker warm sop sal te koop wees. By Moraviabrug sal ‘n groep trompoppies van Wittewater en ‘n sanggroep van Goedverwacht die eerste roeiers teen ongeveer 10:30 verwelkom. Worsrolletjies sal te koop aangebied word om die kouwe te beveg. Dan is daar nog ‘n rede om die brûe naby Piketberg te besoek. Piketberg Toerisme bied twee kontantpryse van R500 elk vir die beste amateurfoto van onderskeidelik Die Brug en Moraviabrug saamtrek. Raadpleeg www.piketbergtourism.co.za vir kompetisie besonderhede. Die Carinusbrug in Velddrif, is soos oudergewoonte, die eindpunt van die Berg op Saterdag 18 Julie en die wenners word vanaf 12:30 daar verwag. Die Bergrivier Winter Karnaval begin reeds om 08:30 die oggend en beloof om vanjaar iets vir die hele gesin te bied. Van tradisionele Weskus- en Sandveld kos tot ‘n lang lys kinderaktwiteite. Kom kuier saam by die Bergrivier Gholfklub se ‘Natgat’ en geniet die gratis vermaak wat heeldag aangebied word. Brugsaamtrekke en uitkykpunte in Bergrivierstreek: 17 Julie 2015 Die Brug (9:50) 32°59'47.64"S 18°46'42.39"E; Moravia (10:45) 32°56'26.91"S 18°41'26.08"E; Laagwaterbrug (11:05) 32°55'27.84"S 18°40'38.35"E; Klipheuwel (12:20) 32°55'1.73"S 18°33'20.80"E; Zoutkloof (13:55) 32°56'39.18"S 18°24'41.23"E 18 Julie 2015 Zoutkloof(08:00) 32°56'39.18"S 18°24'41.23"E; Bergrivier Stasie (1uur) 32°56'43.37"S 18°20'27.57"E; Kersefontein (1uur 30min) 32°54'23.39"S 18°20'4.76"E; Cloeteskraal (3uur 05min); Kliphoek (3 uur 30min) Velddrif bridge (4hrs 40min) 32°47'7.01"S 18°10'42.52"E Belangstellendes word gevra om asseblief slegs op die aangeduide areas te parkeer en veral by Piketberg, nie op die N7 te parkeer nie.

piketberg mediese sentrum

Dr Pieter Bruwer (Spesialis Huisarts)

Dr Sam Scheepers (Algemene Praktisyn)

Dr Bibi Werle (Sonar)

Ilse Bruwer (Spraakterapeut)

Merina de Waal (Dieetkundige)

Tel: 022 913 1146 Praktyk kontaknr tydens beurtkrag: 063 085 9017

Ma - Vry: 08h00 - 17h30

Sat: 08h00 - 13h00

Piket-Bo-Berg Farmers Market

Saturday 27 June

Page 17: Piketberger Jul 2015

17

Page 18: Piketberger Jul 2015

18

Datum: 24 Julie 2015

Plek: NG Kerk Piketberg

Tyd: 19:00 (Vrydagaand)

Kaartjies beskikbaar teen

R35-00 p/p

by deure vanaf 18:30

Page 19: Piketberger Jul 2015

19

Kerkstraat 33, Eenheid 4, Piketberg

Pa en Dogter Dans

Hoërskool Piketberg se Grondslagfase het ‘n splinter-nuwe geleentheid geskep vir Pa's en dogters, en hoop om dit ‘n jaarlikse tradisie te maak. Sonder borge en won-derlike ouers sou die geleentheid nie so ‘n spesiale aand kon wees nie, en daarom ‘n groot dankie aan die ouers en die volgende borge: Org de Rac, Kochelmanders, Cor-nerstone Café, Skoonheidsalon Sanet, Keyah en Piket-berg Drukkers. Dit was ‘n heerlike kuieraand en die dans-baan was vol! Dankie ook aan al die Pa's wat braaf genoeg was om die geselligheid by te woon, die dogters het dit baie geniet en vreeslik spesiaal gevoel.

Foto’s: Vanessa de Villiers

Page 20: Piketberger Jul 2015

20

Op die rakke van die Biblioteek

Bespreking deur Sandra van Wyk

Stippellyn deur Erika Murray-Theron

Wanneer Ribar Nicolic in ‘n aftreeoord sterf, word Lana van Breda, ‘n verpleegster wat na hom omgesien het, se bestaan geheel en al in ‘n ander rigting gestuur as wat sy kon voorsien. Sy het gedink ‘n hoofstuk van haar lewe wat ver agter haar lê, is vir goed afgesluit, maar nóú, 20 jaar later, word haar lot verweef met dié van die weduwee, Therese Nicolic

en haar twee kinders, Konrad en Hadwig. Die spanning wat van die begin af heers, loop op wan-neer Lana, ná die begrafnis van Ribar, saam met Therese op reis gaan. Dit is in hierdie tyd, wat hulle die klein ruimte van ‘n motor en oornagplekke deel, dat albei vrouens se meesleurende lewensverhale aan die leser bekend word. Therese, wat die Tweede Wêreldoorlog meegemaak het, dra steeds die letsels van onmenslikhede wat teenoor haar en haar gesin begaan is. Ek haal graag ‘n aanhaling uit die boek, deur die re-sensent Maryke Roberts gebruik, aan, om te illustreer hoe diep die gevolge van sodanige gebeure insny in mense se lewens – baie jare daarná: “ … om ouers te hê met ‘n geskiedenis en geheime wat jy nooit sal ken of wat jy nie verstaan nie, al het jy dit ook geken. Jy het ouers met skade wat jóú weer beskadig, maar jy mag hulle nie daarvoor kwalik neem nie.” Lana vir wie die verlede dikwels voel soos ‘n “bodemlose kuil”, kom te staan voor die onvermydelikheid daarvan dat hierdie geheime wat sy diep weggebêre het, na die oppervlak gebring word. Sy leer ook – tydens haar en Therese se reis - dat die enigste uitweg is, om die verlede te hanteer, sodat sy die toekoms as ‘n bevryde mens kan tegemoetgaan. (Ook die voorblad van die boek, ‘n vrou wat onder die water induik, sluit aan by die gedagte aan die “bodemlose kuil.” Dit is as’t ware ‘n manier hoe sy haar afsny van die werklikheid wat daar buite die water wag.) Die karakters is lewensgetrou - mense soos diegene wat dikwels ons pad kruis. Die boek is deurspek met diep lewenswaarhede, wat jou telkens na ‘n pen laat gryp, om iets daarvan neer te skryf vir “weer lees.” Stippellyn is ‘n fassinerende verhaal, wat vars afwisseling bied van die oppervlakkige manier waarop mense soms na mekaar kyk. Dit is ‘n boek wat jy weer sal lees … en wéér. En dit is ‘n boek wat ‘n mens wil besit – nie net wil lees nie. Moenie mislei voel deur die oënskynlik ernstige tema nie. Een van die interessante karakters in die boek is Nettie Februarie, wat met haar grappige uitlatings, sorg vir ligter oomblikke. Stippellyn is leesgenot wat aan die leser ‘n wyer uitkyk as die alledaagse bied en ten sterkste aanbeveel kan word.

20 Jaar Gelede — Julie 1995

VOORBLAD: Oud–Piketberger speel vir Kanada. Anelia Basson (Burger) oud-leerling van Hoërskool Piketberg is gekies vir die Kanada Netbalspan wat by die Wêreldspele in Birmingham, Engeland sal deelneem. Sy is tans woonagtig in Hope, British Columbia, Kanada waar haar eggenoot, Dr Paul Basson werksaam is by die Murakami kliniek. Anel-ia, plaasdogter van Kolsvlei verwerf Boland-kleure vir netbal en atletiek. Sy speel in die Universiteit Stellenbosch netbalspan en later vir Boland A. Ge-durende 1991 word sy gekies vir die SA Springbok-span, maar verkies om met haar eggenoot na Kana-da te verhuis. PHS wen Porterville in netbal en rugby. Die eerste net-balspan het 23-22 gewen. Al die laerskool rugbyspanne het gewen en die eerste rugbyspan het 24-3 gewen. 1970 se Matriekklas hou reünie. Van die groep van 48 het 31 dit bygewoon. SAP-Nuus - B-aflossing het onder leiding van AO C Coetzer vir twee agtereenvolgende kwartale die skild vir die beste aflossing ingepalm. Nico Viljoen, tesourier by Piketberg Munisipaliteit verlaat Piketberg. Hy word opgevolg deur mnr Van Niekerk. Frikkie Bester, vleishandelaar en oud-leerling van PHS is onlangs tot voorsitter van die Vleisraad verkies. GRAPPIE - “Watter les het jy by die Sondagskool geleer, Koos? Die een van die parmantige Samaritaan.”

022-913 2646

Halfdag pos beskikbaar

Kom kyk!!!!! 46 nuwe Playstation

Speletjies

Page 21: Piketberger Jul 2015

21

Cash for Scrap Steeds vinnige, vriendelike en eerlike diens

vir kontant in die sak

Culemborgstraat, Piketberg Ind. Oor die treinbrug, oorkant stasie

Nou ook oop in

Porterville Jakkalskloofstraat

Kom besoek ons of skakel

Johan Louw - 076 538 2909 (vir nog beter pryse nou!)

en by ons is dit steeds

Beste prys oor en oor bewys!

Page 22: Piketberger Jul 2015

22

Voor links Gert Thys (Kaap Agri Pakmark), agter Beryl-Ann du Plessis, (Piketberg Ani-

mal Welfare), Helena Kotze (KaapAgri Pakmark) en Joanie Cloete

(Gemeenskapswerker).

Danksy die welwillendheid van die Bestuur en Personeel van

Kaap Agri Pakmark, Piketberg is kospakkies op Maandag 15

Junie uitgedeel aan behoeftige honde en katte.

Foto’s: Zulika Kellerman

Helena Kotze (Kaap Agri Pakmark, Piketberg) oorhandig

‘n kospakkie by die Trajekte-behuisingsprojek.

Gert Thys (Kaap Agri Pakmark, Piketberg) deel kospakkies uit.

Honde- en Katkospakkies geskenk deur Kaap Agri Pakmark, Piketberg,

word met graagte ontvang deur inwoners van Petuniastraat,

Piketberg.

PAW en Pakmark Uitreik

Thanks to a generous donation of dog and cat food by management and staff of Kaap Agri Pakmark, Piketberg food parcels were handed out on Monday 15 June to animals

in need. This was also the perfect opportuni-ty to tell young people more about animal

care, as these youngsters are eager to learn more. Businesses and individuals who would like to become involved in a similar food out-

reach, can contact Minette Cronje, PAW chairperson at 079 249 1535. Help us make a difference!

PHS

Matriekafskeid Vrydag

28 Augustus

Haarsalonne en

Skoonheidsalonne adverteer jou

spesiale aanbiedinge aan die matrieks vir

hul spesiale aand.

Stuur jou advertensies voor

21 Julie aan

[email protected]

Page 23: Piketberger Jul 2015

23

Kinderbeskermingsweek saam met Trippe Trappe Trippe Trappe Kleuterskool het weer hierdie jaar aan ons Kinderbeskermingsweek deelgeneem, onder die slag-spreuk: Kinders is die Sade wat die Toekoms laat Blom. Ons kindertjies het weer opnuut geleer oor veiligheid tuis en by die skool sowel as self-beveiliging teen mishande-ling. Baie dankie aan Speurder Sersant Davids en Vroue Kon-stabel Muller vir die verskeie aktiwiteite en leersame in-ligting en lessies wat ons by julle kon leer sowel as die glimbande en heerlike eetgoedjies.

Ons het ook gedink aan al die kindertjies wat nie so bevoorreg soos ons is nie en het “een dag sonder skoene” by die skool deurgebring om te probeer besef hoe dit voel om nie skoentjies te besit nie. Kleuters het elk ‘n paar ou skoentjies geskenk, om aan die ACVV te oorhandig vir verspreiding waar benodig word. Ons het altesaam 87 pare skoentjies ontvang. Dankie aan al die ouers vir julle ruim bydrae van skoentjies sowel as kleertjies.

Foto’s verskaf

Page 24: Piketberger Jul 2015

24

Zim ABC wat die Woord gee

Ons werk vir Kategese materiaal vir Zimbabwe in Sjona

Gr 3(dV) sê: God seen julle!

Gr 5B dogters bo en Gr 5 seuns onder.

Mivuyo Xakeka, Amber Tobias en Faith Blancken-berg, al drie leerders by PHS, gaan van einde Julie tot begin Augustus 'n 10 dae jeugleierskamp in Blanken-

burg, Duitsland bywoon. Foto: Marietha Goosen

Drie van PHS na Duitsland

PHS se leerders skitter in Voordrag

PHS se Intermediêre groep presteerders by die Olifantsvallei Eisteddfod is hier saam met Jackie

Thirion afgeneem: Henco Kruger (Cum Laude), An-nette Bruwer (Cum Laude), Marlize Crous (Cum

Laude), Helouise van Sittert (Goud), Nicole Steyn (Cum Laude), Ilanri van Rossum (Cum Laude), Anika

Jordaan (Goud) en Hagan Ludick (Cum Laude). Hagan het ook Goud behaal vir Prosa.

Foto: Marietha Goosen

Beesbiltong R180,00 per kg Koedoe droëwors R200,00 per kg

Maalvleis R55,00 per kg

Skakel Nellis 083 441 4032

Te Koop

Gr R

Page 25: Piketberger Jul 2015

25

Jeugorkes Presteer

Die Weskus Jeugorkes het vir die tweede agtereenvolgende jaar die Alet de Vos Trofee

verower vir die Beste Jeugorkes. Hulle het ook ‘n spesiale toekenning ontvang vir een van die mees

uitstaande items by vanjaar se kunswedstryd. Johan du Toit (viool) van PHS is lid van die Jeugorkes.

Volgens Johan se juffrou is hy ‘n baie toegewyde student en orkesspeler. Hy is nou in die 1e viole - ‘n

prestasie vir iemand van sy ouderdom. Foto verskaf

Wes Kaap Netbal Kapteine

Janke van Schalkwyk,

Gr 8-leerder van PHS is na die

afgelope Wes Kaap netbalkamp

aangewys as die Wes Kaap O/14 Netbalkapteine.

Foto:

Marietha Goosen

Saterdag 15 Augustus 2015 om 10:00

by NG Kerksaal, Piketberg

R60 pp Kaartjies en meer inligting 022 913 1525

Karen Smit na ACVV Vrouedag Karen Smit, wat op 3-jarige ouderdom gediagnoseer is met rumatoïede artritis, is die spreker by die ACVV Vrouedag op Saterdag 15 Augustus. Kom luister en word geïnspireer deur hierdie vrou wat nie stuit vir die lewe met al sy uitdagings nie. Sy is hoof van produk ontwikkeling vir bejaardes en gestremdes by ‘n multinasionale selfoonmaatskappy. Verskeie artikels oor haar het al in glanstydskrifte verskyn en sy was ‘n gas op die gesins-program, Kwela.

40 dae Jesus stuur ons! Maak ‘n groepie van 6 - 8 mense, skaf ‘n boekie @R60 aan, lees elke dag ‘n skrifgedeelte, kom een maal per week as groep bymekaar, woon die eredienste by en …..groei! Dit alles in Augustus en September. Raadpleeg die NG Kerk kalender, kry ‘n boekmerkie en kontak ds Johan by 022 913 1244 of ds Martin by 022 913 1206 betyds.

Geniet die winter skoolvakansie met jou kinders.

Skole sluit 26 Junie en

heropen 20 Julie.

Page 26: Piketberger Jul 2015

26

Piketberg Netbal Pronk van Trots

Piketberg se netbalklub bedank vir Org de Rac verteenwoordiger Nelda Van Zyl wat die span se klere

geborg het. PPC Sement het ook die klub geborg met ‘n kontant bedrag en word ook hartlik

bedank. Drie van die klublede is gekies vir die Wes-kus Netbalontwikkelingspan, Nadine Isaacs, Emeline Davids en Maryke Visser. Die A-span kaptein is Jani De Viliers, B-span kaptein Charné Young, Voorsitter

Petra Isaacs en afrigter Elserine Schutte. Foto’s: Izandro Claasen

Boland Superspar verteen-woordiger Monique Coet- zee oorhandig geskenk-

pakkies vir die A-span, B-span asook die mansspan

aan Charné Young.

MTN verteenwoordiger Cherman Cloete oorhan-

dig waterbottels aan Charné Young vir die

klub.

Piketberg Netbalklub wil van die geleentheid gebruik maak om al ons borge hartlik te dank, ons waardeer

elkeen se bydrae.

Boland Rugbyspelers

Tydens die Aalwynfees op Albertinia op 13 Junie, het drie Piketbergers deelgeneem aan die Aloe Giant

MTB Challenge, Dean en Tanya Jankielsohn en Jac Goosen. Op die foto links is Dean Jankielsohn

en Nadine Bos wat die 70km gedoen het, in die mid-del Jac Goosen wat die 40km gedoen het en op die

foto regs Tanya Jankielsohn, regs en Carla Lidstone wat die 20km gedoen het. Foto’s: Marietha Goosen

Piketbergers by Aloe Giant MTB Challenge

Lyle Booyse, gr 7-leerder aan PHS, is gekies vir die

Boland O/13-Nashua XV-tal rugbyspan, wat van 3-8

Julie deelneem aan 'n toer-nooi in Sasolburg. Lyle

was verlede jaar die enigste seun in die Ber-grivierstreek wat gekies was vir Boland O/12 se

Rugby A-span en hierdie jaar het dit hom weer te beurt geval. Dit is voor-

waar 'n prestasie. Foto: Marietha Goosen

Benna van der Westhuizen, gr 12-

leerder aan PHS, is ge-kies vir die Boland Hoër-skole O/18-Cravenweek Span, wat van 13 - 18

Julie deelneem aan die SARU/Coco Cola Craven-

week te Stellenbosch. Foto verskaf

Betrekking Aangebied

Halfdag huishulp benodig. Maandae tot Vrydae. Geen rook en drink.

Kontak asseblief 082 780 8698

Page 27: Piketberger Jul 2015

27

Piketberg

Netbalklub het op 22 Mei ’n

wedstryd teen Wesbank en

Broodkraal

gespeel. Boland Superspar het

hulle ondersteun deur vir al die

spanne ’n pakkie op te maak.

Derde en Vierde wenners van WIN-A-CAR

Bekendes besoek SPAR

Piketberg Netbalklub

Baie geluk aan Wilfred Calitz, van Piketberg,

wat ons vierde wenner van die Win-A-Car kompetisie is. Hy het ‘n koopbewys ter

waarde van R553.25 gewen. Marlene Visagie oorhandig sy prys aan hom en sy vrou,

Retha Calitz.

Moenie vergeet om in te skryf nie! Dit gaan ’n dag propvol pret vir die hele gesin wees.

Elisna Andrew van Redelinghuys is die derde

Win-A-Car wenner, sy het ’n koopbewys ter waarde van R1 113.50 teruggewen.

Hester Hagen oorhandig haar prys.

Johan en Lida Botha is raakgesien in ons eie Boland Superspar. Lida Botha is bekend vir haar rol as Barta van Rooyen in die

fleik “Fiela se Kind”. Corrie Windell, een van ons eerste werknemers, staan by vir ‘n foto.

Piket-Bo-Berg Cycle challenge

Page 28: Piketberger Jul 2015

28

HS Aurora hou Winter karnaval

Carl Schreve Morawia Primêr hou Taalbonanza

Talle skole in die omgewing was uitgenooi om deel te neem aan die Taalbonanza gehou by Carl Schreve Morawia Primêr op 21 Mei 2015. Dit was ‘n spog geleentheid waar die kinders hul taalvernuf gewys het. Boland Superspar het die geleentheid onder-steun deur die kinders met NikNaks en ‘n Chomp te bederf. Hester Hagen oorhandig die lekkergoed aan Nicky Solomon (Opsigter).

Piketberg Gemeenskaps Polisie Forum het op 20 Mei ‘n Gedenkdag gehou vir mense wat geliefdes verloor het aan HIV/Vigs. Boland Superspar het die geleen-theid ondersteun deur muffins te skenk. Santie van

den Berg oorhandig die muffins aan Sgt Rodney M Davids.

HIV/Vigs Gedenkdag

Hoërskool Aurora het op 29 Mei 2015 ‘n winter karnaval gehou om fondse in te samel vir die

funksionering van die skool. Tydens die geleentheid is ’n modeparade gehou. Boland Superspar het die 1ste, 2de en 3de pryse, asook die troospryse ge-

borg. Marlene Visagie oorhandig die pryse aan Da-nine Loff.

Op 25 Mei 2015 het die Piketberg Gemeenskaps Polisie Forum ’n praatjie by Trippe Trappe Kleuter-

skool gelewer. Die praatjie het gehandel oor verkeer, dissipline, respek en liggaamsopvoeding. Boland

Superspar het die geleentheid ondersteun. Hester Hagen oorhandig stokkielekkers en koekies

aan Sgt Rodney M Davids.

Praatjie by Trippe Trappe