21
PAUL ROOS GIMNASIUM VAKKEUSES 2014/2015

PAUL ROOS · PDF fileTaal 1. Afrikaans First Additional Language ... Tweede Taal Natuur- en ... Hierdie vraestel verval want al die werk vorm nou deel van Vraestel 1 en Vraestel 2

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: PAUL ROOS · PDF fileTaal 1. Afrikaans First Additional Language ... Tweede Taal Natuur- en ... Hierdie vraestel verval want al die werk vorm nou deel van Vraestel 1 en Vraestel 2

PAUL ROOS

GIMNASIUM VAKKEUSES 2014/2015

Page 2: PAUL ROOS · PDF fileTaal 1. Afrikaans First Additional Language ... Tweede Taal Natuur- en ... Hierdie vraestel verval want al die werk vorm nou deel van Vraestel 1 en Vraestel 2

2

PAUL ROOS GIMNASIUM/GYMNASIUM

VAKKEUSE/SUBJECT CHOICE NAAM VAN LEERDER/NAME OF LEARNER:........................................... GR : ............

VAKKEUSE GR 10 - 12 SUBJECT CHOICE GR 10 -12 A. Oefen ‘n keuse uit tussen Huistaal

of Addisionele Taal. Beide tale kan as Huistaal geneem word. (Merk met 'n X)

A. Choose either Home or Additional Language. Both Languages may be taken as Home Languages. (Mark with a X)

1. Afrikaans Huistaal 1. Afrikaans Home Language

1. Afrikaans Eerste Addisionele Taal

1. Afrikaans First Additional Language

2. Engels Huistaal 2. English Home Language

2. Engels Addisionele Taal 2. English First Additional Language

B. VERPLIGTE VAKKE B. COMPULSORY SUBJECTS

3. Wiskunde OF 3. Mathematics OR 3. Wiskundige Geletterdheid 3. Mathematical Literacy 4. Lewensoriëntering 4. Life Orientation C. KIES SLEGS EEN VAK UIT ELKE

GROEP: C. CHOOSE ONLY ONE SUBJECT FROM

EACH GROUP:

5. Fisiese Wetenskap 5. Physical Sciences

Geskiedenis History

Lewenswetenskappe Life Sciences

6. Rekeningkunde 6. Accounting

Rekenaartoepassings-tegnologie

Computer Applications Technology

Aardrykskunde Geography

Tegnologie Meganies Mechanical Technology

Fisiese Wetenskap Physical Sciences

7. Lewenswetenskappe 7. Life Sciences

Ekonomie Economics

Besigheidstudies Business Studies

Ingenieursgrafika en -ontwerp Engineering Graphics and Design

Duits German

Italiaans (Buitemuurs) Italian (Extra-mural)

Frans French

Xhosa Xhosa

Ander vakke wat by enige van groepe 5, 6 of 7 ingesluit kan word: Musiek Kunsvakke Inligtingstegnologie

Other subjects which may be included in any of groups 5, 6 of 7 Music Art subjects Information Technology

Page 3: PAUL ROOS · PDF fileTaal 1. Afrikaans First Additional Language ... Tweede Taal Natuur- en ... Hierdie vraestel verval want al die werk vorm nou deel van Vraestel 1 en Vraestel 2

3

NUWE NAAM Huistaal Eerste Addisionele Taal Fisiese Wetenskappe Lewenswetenskappe Rekenaartoepassings-tegnologie Inligtingstegnologie (Slegs na skool) Tegnologie Meganies Ingenieursgrafika en -ontwerp

OU NAAM Eerste Taal Tweede Taal Natuur- en Skeikunde Biologie Rekenaarstudie SG Rekenaarstudie HG Metaalwerk Tegniese Tekene

Minstens een van Afrikaans of Engels moet as Huistaal geneem word. Wiskunde OF Wiskundige Geletterdheid moet geneem word. Die klassifikasie van vakke as Hoër Graad of Standaard Graad verval. ‘n Leerder moet een vak uit elk van groepe 1, 2, 3, 5, 6, en 7 neem. Groep 4 is verpligtend.

Page 4: PAUL ROOS · PDF fileTaal 1. Afrikaans First Additional Language ... Tweede Taal Natuur- en ... Hierdie vraestel verval want al die werk vorm nou deel van Vraestel 1 en Vraestel 2

4

OMSENDBRIEF 0046/2008 VAN DIE WKOD BEPAAL DIE VOLGENDE OOR VAKVERANDERINGS:

2. Vakverandering in graad 10 en 11

'n Leerder mag 'n maksimum van twee vakke in graad 10 verander, onderworpe aan die goedkeuring van die prinsipaal van die skool waar die leerder geregistreer is.

2.2.2 'n Leerder mag een vak in graad 11 verander, onderworpe aan die goedkeuring van die prinsipaal van die skool waar die leerder geregistreer is.

2.6 Die sluitingsdatum vir vakveranderinge in graad 10 is 31 Julie van elke jaar. Die sluitingsdatum vir vakveranderinge in graad 11 is 28 Februarie van elke jaar

3. Vakverandering in graad 12

3.1 'n Leerder kan SLEGS EEN vak in graad 12 verander en dit sal slegs in uitsonderlike gevalle toegelaat word voor 31 Januarie.

4. Minimum requirements for admission to the Higher Certificate, Diploma and Bachelor’s Degree Higher Certificate The minimum admission requirement is a National Senior Certificate (NSC) as certified by the Council for General and Further Education and Training (Umalusi). Institutional and programme needs may require appropriate combinations of recognised NSC subjects and levels of achievement. For example, an institution may determine that a Higher Certificate in Architectural Design requires in addition to the NSC a specified level of

attainment in Design and an associated recognised subject.1

Diploma The minimum admission requirement is a National Senior Certificate (NSC) as certified by Umalusi with an achievement rating of 3 (Moderate Achievement, 40-49%) or better in four recognised NSC 20-credit subjects. Institutional and programme needs may require appropriate combinations of recognised FETC subjects and levels of achievement. For example, a Diploma in Datametrics might require a pass at a prescribed level in Mathematics or Information Technology. Bachelor's Degree The minimum admission requirement is a National Senior Certificate (NSC) as certified by Umalusi with an achievement rating of 4 (Adequate Achievement, 50-59%) or better in four subjects chosen from recognised 20-credit NSC subjects (which will be known as the designated subject list):

Page 5: PAUL ROOS · PDF fileTaal 1. Afrikaans First Additional Language ... Tweede Taal Natuur- en ... Hierdie vraestel verval want al die werk vorm nou deel van Vraestel 1 en Vraestel 2

5

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL WAT BEHELS AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL? Leerders dink hoofsaaklik in hulle huistaal en vertaal dan hul gedagtes om idees uit te druk. Die aanleer van ’n Eerste Addisionele Taal bevorder veeltaligheid en interkulturele kommunikasie. Die taalvaardighede, naamlik Luister, Praat, Lees/Kyk en Skryf/Aanbied, kry ewe veel aandag sodat addisioneletaal-leerders kan leer om in Afrikaans te dink en te redeneer en te kommunikeer. Die leerplan maak voorsiening vir leerderdeelname en selfontdekking en leerders word aktief by al die klasaktiwiteite betrek WAT IS DIE VERSKIL TUSSEN HUISTAAL EN EERSTE ADDISIONELE TAAL? By Huistaal (die taal van Onderrig en Leer), word Luister- en Taalvaardighede verder ontwikkel en verfyn en die groot klem word gelê op die ontwikkeling van die leerder se lees/kyk- en skryfvaardighede; terwyl by die Eerste Addisionele Taal die taalvaardighede soos Luister, Praat, Lees / Kyk en Skryf / Aanbied ewe veel aandag kry. Die werk wat in die Afrikaaans Addisionele klas gedoen word, is prakties en bruikbaar. Dit is uiters belangrik dat die addisionele taalleerders ’n goeie woordeskat moet hê om goeie kommunikasie -vaardighede te ontwikkel en in die Addisionele Taal word veral aandag gegee aan die uitbouing van die woordeskat van elke leerder. ENGLISH DEPARTMENT MISSION STATEMENT Since the advent of the internet, and improved international communication, the necessity for the use of a global language is rapidly becoming a reality, and it is manifestly clear that the world is choosing English as the favoured language of communication. At PRG it is our aim not only to teach the learners English, but also to raise their knowledge and use of the language to extraordinary levels, thus giving them an advantage in almost everything that they do at school, as well as in their future lives and careers. Furthermore, with excellent English skills, pupils may truly become ‘global citizens’ and compete with confidence for world-wide career opportunities. COURSE OUTLINE: 1. Language includes comprehension, grammar and language techniques. There is an emphasis on recognition of appropriate tone and register in different types of writing in order to teach better communication skills. 2 Literature includes plays, novels and poetry, both international, African and South African. 3 Original writing includes various types of transactional/functional writing as well as essays. 4 Oral work includes presentations, prepared and unprepared speeches, reading, conversational skills and listening comprehensions.

Page 6: PAUL ROOS · PDF fileTaal 1. Afrikaans First Additional Language ... Tweede Taal Natuur- en ... Hierdie vraestel verval want al die werk vorm nou deel van Vraestel 1 en Vraestel 2

6

5. Visual literacy includes the study of a variety of films to enable learners to become discerning viewers, and to understand film technology and techniques. A critical approach to films is a skill for life. In First Additional Language the focus is purely content whereas Home Language learners must study the technical aspects of film-making as well. ENGLISH HOME AND FIRST ADDITIONAL LANGUAGE In both English Home and First Additional language the specific aims are:

• The improvement of the learner’s ability to speak English fluently, correctly and confidently.

• The improvement of the learner’s understanding of the written word and thus his ability to read with keen enjoyment and profit.

• The improvement of the learner’s writing skills.

• The improvement of the learner’s ability to analyse literary texts to increase appreciation.

• The improvement of the learner’s ability to think creatively, critically and analytically. Thus, to broaden a learner’s horizons. Although the aims are more or less the same, the focus in First Additonal Language is predominantly content- based whereas in Home Language learners have to deal with a wider range of texts (Shakespeare) critically and analytically. The amount of work completed in Home language will exceed that of First Additional Language. In order to continue with Home Language in grade 10, a learner should achieve an average of 65% in grade 9. WISKUNDE EN WISKUNDIGE GELETTERDHEID 1. Om Wiskunde te slaag moet ’n leerder aan die volgende voldoen: - stilbly en oplet in die klas - elke dag huiswerk doen - ekstra werk op sy eie en in sy eie tyd doen, selfs oor naweke - deeglik voorberei vir toetse en eksamens deur baie ekstra oefeninge te doen - vra as hy nie verstaan nie - byhou met die werk, want elke dag se werk bou op die vorige dag se werk - bereid wees om te sukkel en te probeer totdat hy die probleem kan oplos 2. Opsomming van die inhoud van die kurrikulum van Wiskundige Geletterdheid: (let wel die inhoud is glad nie volledig gegee nie) Module 1: Getal en getalbewerkings in konteks: - persentasies bv. persentasie vermeerdering en vermindering - om wiskundekennis te gebruik om persoonlike finansies te bestuur en ‘n persoonlike

begroting op te stel - aanpassing van ‘n persoonlike begroting as die petrolprys bv. verhoog word of huislenings paaiemente verhoog of verlaag word - enkelvoudige en saamgestelde rente

Page 7: PAUL ROOS · PDF fileTaal 1. Afrikaans First Additional Language ... Tweede Taal Natuur- en ... Hierdie vraestel verval want al die werk vorm nou deel van Vraestel 1 en Vraestel 2

7

Module 2: Funksionele verwantskappe: - veranderlikes en veranderingskoers - direkte en omgekeerde eweredigheid - die teken van grafieke vir ‘n aantal situasies in die werklike lewe. - die interpretasie van grafieke en tabelle van data in die werklike lewe Module 3: Ruimte, vorm en meting: - omtrek en volume - omskakelings van een eenheid na ‘n ander bv. sentimeter na meter, vierkante sentimeter na vierkante meter ens. - skaaltekeninge Module 4: Datahantering (Statistiek) 3. Opsomming van die inhoud van die kurrikulum van die vak Wiskunde: (let wel dat die inhoud nie volledig gegee is nie). 3.1 Funksies:

*grafieke: reguitlyngrafieke, hiperbole, parabole, eksponensiële grafieke, trigonometriese grafieke (alle grafieke word ook vertikaal en horisontaal getransleer) *Die grafieke is baie meer en moeiliker as in die ou HG/SG kurrikulum.

3.2 Getalpatrone 3.3 Finansiële Wiskunde:

*saamgestelde en enkelvoudige rente, inflasie, huurkoop *‘n begrip vir die gevolge van flukturerende wisselkoerse van buitelandse geldeenhede 3.4 Algebra: *manipulasies van algebraïese uitdrukkings

*oplossing van lineêre, kwadratiese, eksponensiële en gelyktydige vergelykings *die gebruik van Wiskundige modelle om probleme in die praktyk op te los 3.5 Waarskynlikheidsleer 3.6 Euklidiese meetkunde en meting: *driehoeke en vierhoeke van die ou HG/SG kurrikulum

*die begrip van die invloed op die oppervlakte of volume van ‘n prisma as afmeting(s) met ‘n bepaalde faktor vermenigvuldig word

3.7 Trigonometrie 3.8 Analitiese meetkunde 3.9 Statistiek

Page 8: PAUL ROOS · PDF fileTaal 1. Afrikaans First Additional Language ... Tweede Taal Natuur- en ... Hierdie vraestel verval want al die werk vorm nou deel van Vraestel 1 en Vraestel 2

8

Algemene advies: Dit is essensieël dat u en u seun van die begin af die regte keuse maak. Ons beveel die volgende aan: As die gemiddeld van u seun se Wiskunde punte van die Junie-eksamen: - groter of gelyk aan 60% is, kan hy Wiskunde neem - tussen 50% en 60% is, moet u baie goed nadink of hy regtig Wiskunde vir sy toekomstige beroep benodig - minder as 50% is, moet hy beslis Wiskundige Geletterdheid neem. Nadat die nuwe kursus van Wiskundige Geletterdheid in 2006 geïmplementeer is, kom ’n mens tot die volgende gevolgtrekkings ten opsigte van Wiskunde versus Wiskundige Geletterdheid: As ’n leerder ‘n beroep wil volg in byvoorbeeld suiwer Wiskunde, Ingenieurswese of in enige ander wetenskaplike rigting, behoort hy Wiskunde as vak te kies. As hy egter enige beroep wat geesteswetenskaplik van aard is, wil volg, behoort u uit te vind of Wiskunde ’n vereiste is vir daardie kursus en dan dienooreenkomstig ’n keuse uitoefen. U moet ook in ag neem dat Wiskunde en Wiskundige Geletterdheid twee heeltemaal verskillende vakke is met verskillende inhoude. In die verlede kon ‘n leerder maklik oorskakel van Hoërgraad Wiskunde na Standaardgraad Wiskunde, want Standaardgraad Wiskunde was slegs ‘n makliker weergawe van Hoërgraad Wiskunde. Die vakinhoude het nie wesenlik verskil nie. As ‘n leerder egter nou wil oorskakel van Wiskunde na Wiskundige Geletterdheid, sal hy alles van Wiskundige Geletterdheid, wat hy intussen gemis het, moet inhaal omdat hy dan ‘n heeltemal ander vak neem. Wiskunde Opsionele Vraestel 3: Hierdie vraestel verval want al die werk vorm nou deel van Vraestel 1 en Vraestel 2 van die Wiskunde kurrikulum.

Gevorderde Program Wiskunde (voorheen bekend as Addisionele Wiskunde): Hierdie vak word geneem as ‘n ekstra vak en slegs eenmaal per week na skool aangebied. Die inhoud van die sillabus is baie meer gevorderd as die van die gewone Wiskundesillabus en bied ’n basis vir gedeeltes van enige eerstejaar kursus in Wiskunde op universiteit. Die vak word aan die einde van graad 12 deur die IEB ( Onafhanklike Eksamenraad) ge-eksamineer en die sillabus wat gevolg word is die van die IEB. Om hierdie vak te neem moet ’n leerder aan die volgende vereistes voldoen:

- ’n gemiddelde van 80% of meer in altwee sy Wiskunde eksamens in graad 9 behaal - genoeg dissipline hê om vir baie ure op sy eie te kan werk en studeer - teen ’n vinnige tempo kan werk - homself kan verbind om eenmaal per week die klasse by te woon ten koste van sy

ander buitemuurse program soos sportoefening en wedstryde. Enige leerling wat belangstel om die vak Gevorderde Program Wiskunde te neem , moet registreer deur die AdMaths Sentrum. Dit kan aanlyn gedoen word by www.admaths.co.za

Page 9: PAUL ROOS · PDF fileTaal 1. Afrikaans First Additional Language ... Tweede Taal Natuur- en ... Hierdie vraestel verval want al die werk vorm nou deel van Vraestel 1 en Vraestel 2

9

LEWENSORIëNTERING Lewensoriëntering is ‘n verpligte vak in die Verdere Onderwys en Opleiding (VOO) fase. Lewensoriëntering is ‘n unieke en kern vak, in die sin dat dit ‘n holistiese benadering volg tot persoonlike, sosiale/maatskaplike, intelektuele, emosionele, geestelike, mentor en fisiese groei en ontwikkeling van leerders. Hiérdie benadering ontwikkel ‘n gebalanseerde leerder wat beskik oor nodige selfvertroue., om by te dra tot ‘n regverdige en gebalanseerde demokratiese samelewing, produktiewe ekonomie en ‘n verbeterde kwaliteit van lewe vir almal. Lewensoriëntering in graad 10 tot 12 bestaan uit ses areas nl. Ontwikkeling van die self in die samelewing, Maatskaplike en omgewings-verantwoordelikheid, Demokrasie en menseregte, Loopbane en loopbaan-keuses, Studievaardighede en Liggaamsopvoeding Lewensoriëntering gee ‘n basiese agtergrond vir studies in o.a. die Regte, Sportwetenskap, Sielkunde, Bedryfsielkunde, Filosofie en Religieuse Studies. Daar word van leerders verwag om deurentyd by te bly met teorie wat in die klasse behandel word (formele assessering tydens Junie en November eksamen), om aan alle fisiese aktiwiteite deel te neem tydens Rekreasie en Fisiese Welsyn periodes en selfstandig navorsing te doen vir projekte. FISIESE WETENSKAPPE Die volgende faktore moet in ag geneem word indien ‘n leerling Fisiese Wetenskappe as vak in Gr 10 oorweeg :

• Moet goeie punte in gr. 9 in Wiskunde behaal het. Die punt wat die leerling in gr 9, in sy Wiskunde-vraestel (November) behaal het, sal die beste aanduiding van sy vermoë wees om Fisiese Wetenskappe te neem Die moeilikheidsgraad van Natuurwetenskap gr 9 en Fisiese Wetenskappe gr 10 verskil drasties en is onvergelykbaar. Die sillabus is omvangryk en daar moet teen ‘n stywe pas gewerk word. Die vak behels baie insig/begrip en leerwerk. Probleemoplossing en interpretasie van grafieke vorm ‘n integrale deel van die sillabus. Leerlinge wat Wiskunde geletterdheid neem moet nie Fisiese Wetenskappe as vak neem nie.

• Om suksesvol in Fisiese Wetenskappe te wees moet elke dag se werk bemeester en geleer word.

• Hy moet ‘n liefde vir vir die vak hê.

• Fisiese Wetenskappe is verpligtend in o.a. die volgende tersiêre kursusse/ velde: Ingenieurswese, Gesondheidswetenskappe, meeste Natuurwetenskappe, BSc Sportwetenskap, Argitektuur asook Lugvaartskursusse.

• Fisiese Wetenskappe is ‘n sterk aanbeveling vir die Agriwetenskappe.

Page 10: PAUL ROOS · PDF fileTaal 1. Afrikaans First Additional Language ... Tweede Taal Natuur- en ... Hierdie vraestel verval want al die werk vorm nou deel van Vraestel 1 en Vraestel 2

10

GESKIEDENIS Wat die studie van Geskiedenis behels: Die nuwe kurrikulum behels die in diepte vergelykende en interpreterende studie van breë temas wat oor beide Suid-Afrikaanse en Buitelandse Geskiedenis handel. Minimum toelatingsvereistes: Daar word verwag dat leerders wat graag Geskiedenis as vak in Graad 10 wil neem ten minste 50% moet behaal in Graad 9. Hierdie vereiste word gestel aangesien die senior grade ‘n groter mate van gevorderdheid en interpretasie vereis. Die verskille tussen die Junior en Senior vlakke van studie: Terwyl die Junior vlakke (Grade 8 en 9) hoogstens verkennende studie behels, word daar op Senior vlak (Grade 10, 11 en 12) veel meer in diepte in elke tema gedelf, afleidings gemaak, vergelykings getref en interpretasies vertolk om groter begrip en meer meer gesaghebbenheid aan sulke uitkomste te kan heg. Die kaliber leerder wat verlang word: Van die leerder wat Geskiedenis as vak wil neem word verwag om welbelese te wees en te beskik oor ‘n goeie oordeelsvermoë sodat die feitekennis wat gehanteer word, sinvol geïnterpreteer kan word. Die kandidate wat afgeraai word om Geskiedenis as vak te neem: Leerders wat nie van leeswerk hou nie en nie goed vaar daarmee nie en ook probleme het om goeie stelwerk te lewer. Die belangrikste vaardighede wat die Geskiedenis-leerder benodig: Goeie analitiese begripsvermoë en sterk stelvermoë. Vakke wat goed aansluit by Geskiedenis: Tale en sosiaal-wetenskaplike vakke. Geskiedenis lei tot die volgende studierigtings: Enige sosiaal-wetenskaplike rigtings, soos bv. die Regte, die Onderwys ens.

Page 11: PAUL ROOS · PDF fileTaal 1. Afrikaans First Additional Language ... Tweede Taal Natuur- en ... Hierdie vraestel verval want al die werk vorm nou deel van Vraestel 1 en Vraestel 2

11

LEWENSWETENSKAP “Lewenswetenskap het te doen met die beginsels van lewe en die balans wat daar voorkom. Dit skakel met ander velde soos fisiologie, aardrykskunde, aardwetenskappe, fisika, gemeenskapsgesondheid en bevolkingstudie.” (Bowie et. al 2008) In Lewenswetenskap word die biologiese wêreld, die omgewing waarin ons woon en watter invloed ons op die wêreld het, ondersoek. Die vak fokus op die prosesse van lewe en die interafhanklikheid van lewe met die omgewing. Dit verskil van Natuurwetenskap deurdat geen anorganiese chemie en fisika in die kurrikulum aangetref word nie. Enige leerder wat ’n gemiddeld van 45% of hoër vir Natuurwetenskap in Gr.9 behaal, behoort die Gr. 10 sillabus suksesvol te kan voltooi. Leerders wat beoog om Lewenswetenskap te neem moet die volgende karaktereienskappe besit: - Moet ’n belangstelling toon in die biologiese wêreld. - Moet insig kan toon om die komplekse biologiese prosesse en die verwantskap tussen die prosesse te verstaan. - Moet nuwe biologiese terme in hul eie woorde kan verduidelik. - Moet bereid wees om te leer en te studeer. Leerders wat nie belangstel in die intrinsieke werking van die lewe nie, sal nie die vak geniet nie. Meeste vakke komplementeer Lewenswetenskap o.a. Wiskunde, Wiskundige geletterdheid, Fisiese wetenskap en Informasie Tegnologie. Lewenswetenskap is verpligtend vir Gesondheidswetenskap en word sterk aanbeveel vir die Agriwetenskappe, Sportwetenskap en alle Biologiese Wetenskappe. REKENINGKUNDE “See yourself as a factory – the purpose of time management skills is to enable you to increase the quality and the quantity of your production” Brian Tracey Selfs al sou u seun nie eendag ‘n rekenmeester of ouditeur word nie, sal Rekeningkunde hom help om die vaardigheid van tydsbestuur aan te leer. Die vak vereis daaglikse huiswerkoefening en kweek daarom ook selfdissipline, akkuraatheid en ‘n verantwoordelikheidsin. Die Finansiële geletterdheid wat leerders in Rekeningkunde leer is belangrik in alle aspekte van die lewe. Watter minimum punt in Gr9 Junie word aanbeveel vir ‘n leerder wat wil voortgaan met Rekeninkunde in Gr10 – 12? Ons kan niemand afraai om aan te gaan met Rekeningkunde in Gr 10 nie, maar >65% sou ‘n goeie riglyn wees Wat is die grootste verskille tussen EBW in Graad 8 en 9 in vergelyking met Rekeningkunde in Gr 10 – 12. Daar vind ‘n klemverskuiwing plaas vanaf Finansiële Rekeningkunde (basiese boekhouding) tot Bestuursrekeningkunde.

Page 12: PAUL ROOS · PDF fileTaal 1. Afrikaans First Additional Language ... Tweede Taal Natuur- en ... Hierdie vraestel verval want al die werk vorm nou deel van Vraestel 1 en Vraestel 2

12

Watter ander vakke kan aanvullend wees tot Rekeningkunde? Ekonomie help dikwels met die interpretasie van Bestuursrekenkundige probleme. Is Rekeningkunde ‘n vereiste vir Tersiêre studies? Hoewel Rekeningkunde nie ‘n voorvereiste vir ‘n B Comm of B Rek graad is nie is die werklik aan te beveel. Die huidige terugvoer vanaf die eerstejaars is dat hul werklik kan bou op hul skool rekeningkunde en dat die basiese kennis die aanpassing op universiteit baie vergemaklik. Praatjies dat leerlinge op skool “verkeerd” geleer word is absolute bog. Debiete en Krediete het van Lucas Pacioli (die vader van Rekeningkunde) se tyd af nog nooit verander nie. REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE Wat behels die vak? Die vak laat toe dat leerders basiese tot gevorderde rekenaar eindgebruiker vaardighede kan ontwikkel (Word, Excel, Access, Powerpoint). Dit verseker dat leerders verskillende loopbaanrigtings in verskeie velde kan betree of dat hulle hierdie vaardighede kan toepas om werk te skep vir hulself of vir ander. Teorie ■ hardeware en sagteware; ■ netwerkomgewings; ■ inligting en kommunikasie tegnologie in verskillende omgewings; ■ rekenaaretiek, sekuriteit en virussecomputer ethics, security and viruses; ■ ergonomiese, gesondheid en veiligheidskwessies; sosiale en omgewingskwessies; ■ die gebruik van ‘n bedryfstelsel insluitende lêerhantering en algemene foutopsporing. Applikasies (Word, Excel, Powerpoint and Access) ■ bevoegdheid in die invoer en manipilulasie van data; ■ effektiewe gebruik van die verskillende applikasie programme; ■ integrasie van die verskillende programme; ■ effektiewe kommunikasie. Inligtingsbestuur ■ vind, versamel, analiseer en kritiese evaluering van data; ■ organiseer en prosessering van inligting in verskillende formate; ■ aanbieding en kommunikasie van inligting. Watter vaardighede vereis die vak? Leerders moet die vermoë ontwikkel om ‘n begrip te kan verstaan en ‘n toepassing daarvan te kan doen. ‘n Goeie lees-en begripsvermoë is dus belangrik. Die volume van die werk is ook baie. Baie praktiese take word gedurende die jaar gedoen. Teorie is gewoonlik die problem, veral waar leerders kennis moet toepas op sekere scenario's. Basiese syfervaardighede is ook belangrik, veral as daar met Excel gewerk word

Page 13: PAUL ROOS · PDF fileTaal 1. Afrikaans First Additional Language ... Tweede Taal Natuur- en ... Hierdie vraestel verval want al die werk vorm nou deel van Vraestel 1 en Vraestel 2

13

Vir watter tersiêre studierigtings is rekenaartoepassingstegnologie ‘n voorvereiste? Rekenaartoepassingstegnologie is vir geen studierigting ‘n voorvereiste nie, maar dit is ‘n handige vak omdat rekenaarvaardighede deesdae ‘n vereiste is vir alle studierigtings. AARDRYKSKUNDE behels kennis van * die aarde met al sy ondersteuningstelsels aan sy bewoners, * die wisselwerking / verwantskappe tussen mens en sy omgewing * benutting op so `n manier om te bewaar vir die nageslag / toekomstige bewoners Minimum punt is `n belangstelling in die vak en die wil om te werk. Grootste verskille is die werkslading en assesseringskriteria. Leerders wat belangstelling toon en hulle naskools in die verwante rigtings wil bekwaam. Alle vakke: Lewens-,natuur-,ekonmiese- en tegnologiese wetenskappe is verwant aan Geografie Studierigtings: Verskeie BSc, BA & BEcon rigtings Bv Lugvaartkunde, Oseanologie, Geologie, Alle Omgewingsstudierigtings, Stads- en Streeksbeplanning, Geografiese Inligtingstelsels ens TEGNOLOGIE MEGANIES Suid-Afrika en baie lande in die wêreld beleef tans groot vaardigheidstekorte, en het ‘n dringende tekort aan vaardige ingenieurstegnoloë, tegnici en ambagslui. Meganiese tegnologie poog om leerders te bemagtig deur blootstelling aan kennis, vaardighede, gesindheid en waardes wat hulle sal toerus vir verdere studies in Meganiese Ingenieurswese en verwante arbeidsektore. Die leerders wat Meganiese Tegnologie wil neem moet verkieslik Ingenieursgrafika, Wiskunde, en Fisiese Wetenskap as vak neem. Die vak het baie berekeninge wat baie nouliks verband hou met Fisiese Wetenskap. Die inhoud van die vak behels: Veiligheid in die werksplek, instrumentgebruik, Onderdele, Terminologie, Hegtingsmetodes, Kragte, Sisteme, Kontrole en Binnebrandmasjiene. ‘n Kwart van die werk bestaan uit ‘n praktiese komponent. Dit is een van die min vakke wat jou basiese handvaardighede leer. Die leerder kry die geleentheid om sy eie vaardighede en kreatiwiteit uit te leef. Leerders wat in die ingenieurs, agitektuur en verwante rigtings wil studeer, sal geweldig baat vind by die vak.

Page 14: PAUL ROOS · PDF fileTaal 1. Afrikaans First Additional Language ... Tweede Taal Natuur- en ... Hierdie vraestel verval want al die werk vorm nou deel van Vraestel 1 en Vraestel 2

14

EKONOMIE Wat behels die vak? Ekonomiese begrippe en kwessies word behandel wat insluit ekonomiese groei, inflasie, monetêre en fiskale aangeleenthede, prysvorming, markte, sakesiklusse, die openbare sektor, ens. Die doel van die vak Ekonomie is om leerders algemeen ekonomies geletterd te maak. Dit verskaf aan leerders ‘n goeie agtergrondkennis van ekonomiese strewes en ekonomiese beginsels. Daar is wel berekeninge in die vak, maar dit is nie primêr ‘n syferkundige vak nie. Die vak Ekonomie vind sterk aansluiting by die meeste ander vakke wat ‘n leerder kan neem. Watter vaardighede vereis die vak? Leerders moet die vermoë ontwikkel om ‘n begrip te kan verstaan, en dan in hulle eie woorde te kan verduidelik en ‘n toepassing daarvan kan doen. ‘n Goeie lees-en begripsvermoë is dus belangrik. Die volume van die werk is ook baie. ‘n Goeie studiemetode is dus ook ‘n noodsaaklikheid. Basiese syfervaardigheid is ook ‘n sterk voorvereiste. Vir watter tersiêre studierigtings is Ekonomie ‘n voorvereiste? Ekonomie is vir geen studierigting ‘n voorvereiste nie. Die vak is wel ‘n sterk aanbeveling vir enige finansiële studierigting aangesien die inhoude grootliks ooreenstem. Daar is net minder druk op eerstejaarstudente in die finansiële studierigtings indien hulle Ekonomie op skoolvak gehad het omdat hulle dan reeds die basiese begrippe bemeester het en die konteks van die vak verstaan. Watter tipe leerder word aanbeveel om die vak te neem? Leerders met ‘n lewendige belangstelling in die wêreld waarin hulle leef, met ‘n goeie lees-en begripsvermoë en gesonde nuuskierigheid in die finansiële sake van die dag, geniet gewoonlik Ekonomie as vak.

Page 15: PAUL ROOS · PDF fileTaal 1. Afrikaans First Additional Language ... Tweede Taal Natuur- en ... Hierdie vraestel verval want al die werk vorm nou deel van Vraestel 1 en Vraestel 2

15

BESIGHEIDSTUDIES Wat is Besigheidstudies? Die vak Besigheidstudies handel oor kennis, vaardighede, houdings en waardes wat kritiek is vir ingeligte, produktiewe, etiese en verantwoordelike deelname aan formele en informele ekonomiese sektore. Die vak omsluit besigheidsbeginsels, teorieë en praktyke wat die ontwikkeling van entrepeneursinisiatiewe, volhoubare besighede en ekonomiese groei ondersteun. Besigheidstudies, as deel van ‘n kandidaat se vakkeuse bied steeds die moontlikheid tot matriekulasievrystelling. Die tabel hieronder dui die vier vernaamste onderwerpe in die Besigheidstudies-kurrikulum aan

Besigheidsomgewing Mikro-, mark- en makro-omgewings

Besigheidsektore

Kontemporêre sosio-ekonomiese kwessies

Besigheidsgeleenthede Entrepreneurskap

Besigheidsgeleenthede en verwante faktore

Besigheidsplan

Bestuur en Leierskap

Ondernemingsvorme

Stigting van 'n besigheid

Kontrakte

Besigheidsligging

Belegging: sekuriteite en versekering

Aanbieding van besigheidsinligting

Besigheidsrolle Kreatiewe denke en probleemoplossing

Selfbestuur, professionalisme en etiek

Menseregte, inklusiwiteit en omgewingskwessies

Maatskaplike verantwoordelikheid

Stres, krisis, bestuur van verandering en konflikbestuur

Verhoudings en spanwerk

Besigheidsbedrywighede Besigheidsfunksies

Kwaliteit van prestasie

Page 16: PAUL ROOS · PDF fileTaal 1. Afrikaans First Additional Language ... Tweede Taal Natuur- en ... Hierdie vraestel verval want al die werk vorm nou deel van Vraestel 1 en Vraestel 2

16

INGENIEURSGRAFIKA EN ONTWERP Dit word aanbeveel dat ‘n leerling ten minste ‘n 70% gemiddeld in gr. 9 behaal om suksesvol te wees in gr. 10 – 12. Die gr. 10 – 12 sillabus bestaan uit 4 uitkomste: 1. Meganies: Die kursus bestaan hoofsaaklik uit tekeninge van masjienonderdele, snitaansigte, nokke en lokusse. 2. Siviele tekeninge: Hier maak die leerling kennis met perspektieftekeninge, isometries asook die teken en lees van huisplanne. 3. Elektriese Tegnologie: Dit sluit aan by siviel met die bedrading op‘n huisplan, asook die kennis en teken van stroombane. 4. Rekenaar: Twee en drie dimensionele tekeninge word op die rekenaar geteken. Ons gebruik AllyCAD. By bogenoemde uitkomstes, speel die ontwerpproses ‘n groot rol Die tipe leerling wat ‘n sukses van IGO sal maak is die leerling wat entosiasties is oor die vak, die aanleg en insig het, en wat bereid is om hard te werk.. Wiskunde (nie geletterdheid) word sterk aanbeveel. 2ND ADDITIONAL LANGUAGES (GRADES 10 – 12) French (tuition at Rhenish) German (classes at Paul Roos) Italian (extra-curricular) Latin (extra-curricular) Xhosa (tuition at Rhenish) Waarom vreemde tale aanleer? Oral op die wêreld word Engels gepraat en aangeleer. Waarom sou ons as Suid-Afrikaners nog die moeite doen om ’n verdere vreemde taal te leer? Would speaking English really not be sufficient? A few important thoughts…

• Globalisation – in the global village knowledge of foreign languages gives us compatability

• Internasionalisering – vreemde taal kennis verbreed horisonne en maak samewerking op internasionale vlak makliker

• Academic exchanges – both on school and at university level provide unique networking opportunities

• Toerisme – veral in die Wes-Kaap, dien as ‘n groot bron van werksmoontlikhede

• Business – foreign languages give you the edge in the international business world

Page 17: PAUL ROOS · PDF fileTaal 1. Afrikaans First Additional Language ... Tweede Taal Natuur- en ... Hierdie vraestel verval want al die werk vorm nou deel van Vraestel 1 en Vraestel 2

17

• Universiteitstudies – voor- en nagraadse moontlikhede, veral na Europa, daar is talle beurse beskikbaar. (In Duitsland is kursusse feitlik gratis, maar ‘n goeie taalkennis is ‘n voorvereiste)

• Travelling – English is not spoken everywhere, the most widely spoken language on the European continent is said to be German!

• Beroep – vreemdetaal kennis is ‘n aanwins op elke CV, dit sorg vir beter beroepsmoontlikhede

• Technology and Research – through foreign language knowledge access to academic resources in original text is secured

FAQ’s: (Half-)Moedertaalsprekers: Kan in graad 10 begin, maar geen moedertaalonderrig word aangebied nie, slegs Duits/Frans as Tweede Addisionele Taal. Newcomers in grade 10: It is possible, but not recommended to start German/French in grade 10. Pupils with no prior knowledge of the language would need intensive private tutoring. Each case is treated individually. Kommunikatiewe metode: Tot einde graad elf 50% van rapportpunt mondelinge deurlopende assessering. Kommunikasie as uitkoms staan sentraal in die onderrig. Grade 12: Portfolio 25%, oral 25%, written examination 50% IEB: alle vreemde tale word nasionaal getoets en deur die IEB (Independent Examinations Board) hanteer. Modern text books: are imported from Europe, in compliance with latest developments in foreign language teaching. Uitruilskemas: verskillende moontlikhede is beskikbaar (4 weke tot 3 maande), ook individuele vaktoere deur leerkragte. Profile of the foreign language learner: Any pupil with an inquisitive mind, wanting to broaden his horizons, having enough courage to take up the challenge of learning a new language. Mini-kampus Rhenish Girls’ High: Vanaf graad 10 vind onderrig soos volg plaas: Duits (by PRG); Frans, Xhosa (by Rhenish), Italiaans en Latyn buitemuurs. DUITS INTERNASIONAAL: PRG is sedert 2008 een van ‘n handjievol skole in SA wat deel vorm van die Duitse regering se internasionale akademiese PASCH-netwerk oftewel Partnerschulprojekt. Daar is slegs VIER van hierdie nie-Duitssprekende skole wat direk deur die Goethe Instituut ondersteun word, en ons is bevoorreg om een daarvan te wees. Two grade 10 learners have just returned after having completed a 3-week language course in Germany (Schlitz, near Frankfurt) with fully paid Goethe bursaries. Our classroom has 20 laptops, with the Goethe Institute as our main sponsor. Every second year pupils have the opportunity to go on a study trip to Germany – putting into practice what has been learnt in class under the watchful eye of their teacher! Matric pupils can do an internationally acknowledged German examination (Zertifikat Deutsch als Fremdsprache) at the US. Laastens het die Duitse leerders van grade 10 tot 12 die buitengewone voorreg om Duits digitaal in tandem met ‘n Poolse klas te leer deur middel van ‘n Moodle internet-leerplatform.

Page 18: PAUL ROOS · PDF fileTaal 1. Afrikaans First Additional Language ... Tweede Taal Natuur- en ... Hierdie vraestel verval want al die werk vorm nou deel van Vraestel 1 en Vraestel 2

18

MUSIEK Voorvereistes vir Musiek as vak in Graad 10: Leerders mag Musiek as volle skoolvak in Graad 10 doen, selfs al het hulle nie musiek as vak geneem in Graad 8 en 9 nie. ’n Leerder wat van voor af begin met musiek in Graad 10, sal begin met graad 3 teorie en praktiese werk, en moet deur Gr 1 en 2 op sy eie, of met hulp, in die paar maande voor die jaar begin, werk (die rede hiervoor is dat graad 1en 2 werk baie basies is en graad 3 in Graad 10 gedoen moet word, sodat die leerling graad 5 is in Graad 12. In Graad 11 sal die leerder konsentreer op graad 4 teorie en praktiese werk en die aanvaarde standaard in Graad 12 is graad 5 teorie en praktiese werk. Hy mag egter werk van ’n hoër standaard aanbied in Graad 12. Enige leerder wat musikaal is, mag musiek as vak neem. Indien daar onsekerheid is oor die vlak van ’n leerder se musikaliteit, mag ’n Graad 9 leerder ’n afspraak maak met me Ronella van Rensburg (Vakhoof: Musiek) wat hom dan sal toets om te sien of hy musikaal is, of nie. Inhoud van die vak: Musiek as skoolvak het, deur die jare, ontwikkel in iets baie meer relevant vir jonger mense. ’n Basiese studie van Barok, Klassieke en Romantiese musiekgeskiedenis, asook simfoniese instrumente, word steeds gemaak, maar die klem is deesdae op ligter en meer relevante musiek. Musiek uit die Suid-Afrikaanse kultuur (Afrika jazz, moppies en goema liedjies, kwaito, tradisionele Sotho en Xhosa musiek en selfs Afrikaanse pop!) word bestudeer, asook die meer kommersiële Amerikaanse en Britse musiek (bv pop, jazz, heavy metal, blues, hip-hop) en ook musiek-blyspele soos West Side Story en Lion King. Algemene musiekkennis is omvattend en ’n wye verskeidenheid van ligte musiek tot kunsmusiek, asook die studie van musiek-notasie (teorie) word bestudeer. Kunstenaars wat bestudeer word, is oa Elvis Presley, ABBA, Bob Dylan, Jimi Hendrix, Michael Jackson, Metallica, Bach, Ladysmith Black Mambazo, Mango Groove, David Bowie, Johnny Clegg en Juluka / Savuka, Lucky Dube en Beethoven. Musiek-teorie handel oor die studie van musiek-notasie (maw hoe om musiek te skryf of te komponeer en hoe om note te leer lees). Leerders moet ook ’n baie basiese ritme of melodie improviseer vir hulle eksamens. Die vak bestaan uit ’n praktiese komponent (maw die bespeling van ’n instrument) en ’n studie van teorie en algemene musiekkennis. Enige instrument mag bestudeer word, van enige simfoniese orkes-instrument, tot elektriese kitaar, dromme en klawerbord (“keyboard.”) Indien ’n leerder ’n instrument wil bespeel wat nie aangebied kan word deur die PRG musiekpersoneel nie, mag hy sy opleiding ontvang van ’n eksterne onderwyser, slegs vir daardie praktiese komponent, en hy sal dan prakties ge-eksamineer word by die skool in die Junie en Desember eksamens. Musiekteorie en musiekgeskiedenis-klasse moet steeds gedoen word by die skool. Kontakdetails van aanvaarde eksterne onderwysers is verkrygbaar by die PRG musiekpersoneel – daar is persone beskikbaar vir bykans alle instrumente, en ook vir ekstra teorie-lesse.

Page 19: PAUL ROOS · PDF fileTaal 1. Afrikaans First Additional Language ... Tweede Taal Natuur- en ... Hierdie vraestel verval want al die werk vorm nou deel van Vraestel 1 en Vraestel 2

19

Universiteits-moontlikhede Leerders wat musiek as vak neem kan na skool Musiek Tegnologie studeer, waar musiek en rekenaars gekombineer word, as deel van ’n B Mus graad. In hierdie graad-kursus word hulle oa geleer om werke te komponeer, soos liedjies vir advertensies, en film-musiek. Hulle kan ook ’n B Mus in voordrag, jazz, Afrika-musiek of opvoeding doen, en in ’n simfoniese orkes of ’n jazz orkes speel. Instrument-studies kan ook gedoen word as deel van ’n BA graad. KUNS Die Kunssentrum PJ Olivier bied die volgende vakke en dissiplines vir grade 10 - 12 aan.

Slegs EEN van die twee vakke (a) VISUELE KUNS OF (b) ONTWERP kan deur ’n leerder

gekies word as deel van hulle vakkeuse.

VISUELE KUNS

Leerders kan EEN van die volgende praktiese dissiplines kies wanneer hulle hierdie vak

aanbied:

• BEELDHOUKUNS

• DRUKKUNS

• FOTOGRAFIE

• SKILDERKUNS

• TEKENKUNS

ONTWERPKUNS

Leerders kan EEN van die volgende praktiese dissiplines kies wanneer hulle hierdie vak

aanbied:

• ILLUSTRASIE

• KERAMIEKONTWERP

• TEKSTIELONTWERP

Page 20: PAUL ROOS · PDF fileTaal 1. Afrikaans First Additional Language ... Tweede Taal Natuur- en ... Hierdie vraestel verval want al die werk vorm nou deel van Vraestel 1 en Vraestel 2

20

ALGEMENE INLIGTING OMTRENT DIE VAKKEUSE VAN VISUELE KUNS OF ONTWERP

IN GRADE 10 -12:

• Leerders moet die Kunssentrum se keuringsproses voltooi om toelating tot een van die

volgende dissiplines te kry. Informasie in die verband is verkrygbaar van Mev Hopley,

sekretaresse van die Kunssentrum.

• Alle vakke het ’n praktiese en teoretiese komponent.

• Leerders se klasbywoning by die Kunssentrum is op twee middae van die week.

• Die klasse begin om 14:45 en duur to 17:00. Daar is ’n spesifieke rooster wat gevolg

word en leerders word aan die begin van elke jaar in kennis gestel op watter twee

middae hulle klasse moet bywoon.

Vir verdere navrae en inligting kan u die Kunssentrum by 021 886 4854 kontak. Faks no.: 021

883 8470

Epos: [email protected]

WEBTUISTE: www.pjolivier.co.za

Page 21: PAUL ROOS · PDF fileTaal 1. Afrikaans First Additional Language ... Tweede Taal Natuur- en ... Hierdie vraestel verval want al die werk vorm nou deel van Vraestel 1 en Vraestel 2

21

INLIGTINGSTEGNOLOGIE In Inligtingstegnologie word die meeste van die tyd spandeer aan die skryf van rekenaarprogramme om probleme mee op te los. Hiervoor word die programmeringstaal Java gebruik. Teorie in verband met rekenaarfunksionering en rekenaargebruik, asook die gebruik van die toepassingsprogramme, Word, Excel, Access en Powerpoint, vorm ook deel van die kursus. DOEL Die vak Inligtingstegnologie sal die leerder in staat stel om die beginsels van rekenaarprogrammering, deur die gebruikmaking van ‘n hedendaagse programmeertaal en die kennis van hardeware en sagteware, te leer ken. STUDIERIGTINGS Inligtingstegnologie lê die fondament vir verdere studie in die onderstaande studierigtings. ■ Bio-informatika; ■ Besigheids inligtingstelsels; ■ Rekenaarontwerp; ■ Rekenaarwetenskap; ■ Ingeneurswese (alle vorme daarvan) ■ Finansiële inligtingstelsels; ■ Geografiese inligtingstelsels; ■ Informatika; ■ Inligtingstelsels; and ■ Inligtingstegnologie. VOORVEREISTES Wiskunde is ‘n voorvereiste vir die neem van Inligtingstegnologie. ‘n Goeie punt in tale word ook sterk aanbeveel. PERSOONLIKHEIDS EIENSKAPPE BENODIG � Motivering � Deursettingsvermoë in die uitvoer van take � Vermoë om 'n ekstra (8ste) vak te hanteer � Bewese belangstelling in rekenaars � Afhanklike / onafhanklike leergewoontes � Gee aandag aan detail � Selfdissipline � Taalvaardigheid

ONS BEVEEL http://www.pacecareers.com/careercentre/index.htm EN http://www.gostudy.mobi AAN VIR LEERDERS VIR BEROEPSLEIDING EN SELFVERKENNING