12
LITURGIE 3/3/2013 Luk 22 Lydenstyd: Wat leer ons van onsself, as Helde val? Votum: Dink bietjie wat was van die seerste seer wat jy al gekry het? Wat het jy gedoen? Na wie geroep?/hulp? As ons seer kry... waarheen hardloop ons? Na jou pa/ma of iemand wat kan help! Vonkk 104 “ Wat ‘n vriend het ons in Jesus”... Hardloop na jou Jesus jou Vriend! Seëngroet: Mag daar vir julle ryke genade, diep vrede en omvattende troos wees deur julle kennis van God die Vader, Jesus Christus en die Heilige Gees! AMEN Lof: LB 450 (Vader Seun HG) v1, ENG: V1 (Lord of Lords), & V 2 (Lamb of God), Afr V 2 (Woord uit Woord) DOOP: (Nooi Craig en Leandra Pike na vore, Doop Courtney Pike) Formulier: Sing by die inbring van baba: LB 294:1 (Jesus roep die kindertjies), by uitneem V2 Skriflesing: Luk 22:24-27, 31-34, 39-46, 56-62 GEBED Voor die preek: FLAM 58 : “Kom O skepper Gees” (2x) PREEK

Ouers word na vore geroep: Craig en Leandra Pike (en ... - …api.ning.com/.../Lynnwood20130303_WatleeronsasHelde…  · Web viewGod het in die Ou Testament al ’n. ooreenkoms

  • Upload
    dokhue

  • View
    235

  • Download
    10

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Ouers word na vore geroep: Craig en Leandra Pike (en ... - …api.ning.com/.../Lynnwood20130303_WatleeronsasHelde…  · Web viewGod het in die Ou Testament al ’n. ooreenkoms

LITURGIE 3/3/2013 Luk 22 Lydenstyd: Wat leer ons van onsself, as Helde val?

Votum:

Dink bietjie wat was van die seerste seer wat jy al gekry het? Wat het jy gedoen? Na wie geroep?/hulp? As ons seer kry... waarheen hardloop ons? Na jou pa/ma of iemand wat kan help!

Vonkk 104 “ Wat ‘n vriend het ons in Jesus”... Hardloop na jou Jesus jou Vriend!

Seëngroet:

Mag daar vir julle ryke genade, diep vrede en omvattende troos wees deur julle kennis van God die Vader, Jesus Christus en die Heilige Gees! AMEN

Lof:

LB 450 (Vader Seun HG) v1, ENG: V1 (Lord of Lords), & V 2 (Lamb of God), Afr V 2 (Woord uit Woord)

DOOP: (Nooi Craig en Leandra Pike na vore, Doop Courtney Pike)

Formulier:

Sing by die inbring van baba: LB 294:1 (Jesus roep die kindertjies), by uitneem V2

Skriflesing: Luk 22:24-27, 31-34, 39-46, 56-62

GEBED

Voor die preek: FLAM 58 : “Kom O skepper Gees” (2x)

PREEK

Page 2: Ouers word na vore geroep: Craig en Leandra Pike (en ... - …api.ning.com/.../Lynnwood20130303_WatleeronsasHelde…  · Web viewGod het in die Ou Testament al ’n. ooreenkoms

Formulier vir die bediening van die doop aan die kinders van gelowiges

Ouers word na vore geroep: Craig en Leandra Pike (en Laerskool kinders)

Die betekenis van die doopGod het in die Ou Testament al ’n ooreenkoms met Abraham aangegaan. Ons noem dit ’n verbond. Die verbond kan vergelyk word met ’n testament waarin God al sy gawes tot sy kinders se beskikking stel. By die doop bevestig God dat ons en ons kinders in hierdie testament ingesluit is. Ons en ons kinders word verseker dat God ook ons God is. Dit beteken: dat Hy ons Vader is wat ons liefhet en vir ons sorg; dat Jesus Christus ons Verlosser is; dat die Heilige Gees in ons woon, van ons nuwe mense maak en ons lei.Geen mens kan hierdie gawes van God verdien nie, want ons sonde veroorsaak dat daar afstand is tussen ons en God. Jesus het egter die straf vir die sonde op Hom geneem en aan die kruis in ons plek gesterf. Daarom het ons nou vrye toegang tot God die Vader! Ons kinders is ook hierby ingesluit, al verstaan hulle nog niks hiervan nie.Die betekenis van die doop kan maklik verkeerd verstaan word: Dit is nie net ’n mooi gewoonte wat ons ter wille van ander mense onderhou nie. Dit is ook nie ’n bygelowige handeling waardeur ons teen gevaar en ongeluk beskerm word nie. Dit is ook nie die geleentheid waar kinders hulle name kry nie Dit gaan by die doop oor God wat Hom met sy liefde aan mense verbind.

Courtney inbring (en familie saam na voor)

VerbintenisOns het nou gehoor wat die doop beteken. Daarom vra ons dat julle as ouers/voogde opreg die volgende vrae antwoord: Bely julle dat ons kinders in Christus aan God behoort en as lidmate van sy gemeente gedoop moet word? Aanvaar julle die Bybel as die Woord van God en dat ons daarin die ware en volkome leer van die verlossing leer? Beloof julle om hierdie kind in dié leer na die beste van die julle vermoë te onderrig en ook te laat onderrig?

Die doopouers antwoord hardop: Ja.

Bediening

Courtney PIKE , ek doop jou in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees.

Gebed

Page 3: Ouers word na vore geroep: Craig en Leandra Pike (en ... - …api.ning.com/.../Lynnwood20130303_WatleeronsasHelde…  · Web viewGod het in die Ou Testament al ’n. ooreenkoms

PREEK

Wie van julle hou van tandarts toe gaan? Hoekom hou julle nie daarvan nie?

Hoekom gaan julle nog steeds tandarts toe? Nodig anders versprei die slegte en kan jou baie sieker maak.

Soms moet mens iets doen wat pynvol is om groter langer pyn te vermy:- Bv Abses kan ontwikkel, swel jou mond, kan verder versprei.. baie siek

Natuurlik hou mens nie van pyn nie! Pyn is nie lekker nie! Maar sommige pyn is nodig en goed.

Soms moet jy deur pyn gaan al is dit nie lekker nie, want dit is goed vir jou..- Blindederm bars... moet jy operasie kry! Anders versprei die gif in jou lyf, kan sterf.- Sommige Kanker kan jy uitsny dat dit nie versprei nie- Oefening help jou om jou liggaam te ontwikkel om beter te kan presteer - Getroue huiswerk bv wiskunde is pynvol maar lewer resultaat- ‘n Fisioterapeut se pyn wat sy veroorsaak maak jou meer soepel en beweeglik- Die inspuiting van die dokter is seer maar nodig dat die medisyne sy werk kan doen.

(Maar steeds is inspuitings nie lekker nie!)

GEVAAR is dat jou VREES vir pyn en probleme jou baie duur te staan kan kom: AS JY nie tandarts toe gaan nie, omdat jy bang is vir pyn, gaan jy baie seerder en sieker word.Of nie dokter toe gaan nie omdat jy pyn of probleme ontwyk, kry jy net groter probleme.Of as jy nie betyds jou probleem met die bankbestuurder bespreek nie, kan jy dalk alles verloor...Of met jou vrou gesels oor julle probleme nie, kan jou huwelik in die slag bly!Of nie huiswerk doen nie, dalk nie na volgende graad gaan of keuring kry nie.... Ons is egter almal in minder- of meerdere mate bang vir pyn en probeer om pyn en probleme te vermy. Dis normaal, maar dit kan jou Pootjie!

SCOTT PECK sê dat hy dink die grootste probleem van mense vandag is die vrees vir pyn en die ontwyking van probleme. “The tendancy to avoid problems and emotional suffering inherent in them is the primary basis of all human mental illness. Carl Jung said: Neurosis is always a substitute for legitamate suffering. The substitute itself ultimately becomes more painful than the legititmate suffering it was designed to avoid. The nerosis becomes the biggest problem.”

Mense se vrees vir pyn in hulle binnekant is soms so erg dat hulle iets anders probeer om dit nie te voel nie soos alkohol... Dan voel hulle nie meer die pyn nie, en vergeet vir rukkie van probleme, maar dan word alkohol probleem. So is daar baie ongesonde dinge wat mense doen om hulle pyn soos ‘n pilletjie te verdoof, maar dan word daai “pilletjie” die probleem.

Ek het nogal oor dit nagedink en besef baie van my probleme is van ontwyking van pyn! Ek moes erken ek is bang vir pyn. Ek ontwyk soms pyn, ontken dit. Die gevolge daarvan is ongesond vir my liggaam, verhoudings en siel. Ek het jare gelede juis ‘n sielkundige gaan sien, en al wat hy gedoen het was om my tyd en spasie te gee om my eie pyn te voel en erken... Daarin was al genesing!

Ek wil jou vandag nooi om so bietjie te dink oor hoe jy pyn en probleme hanteer. In Lydenstyd het ons besondere geleentheid om na binne te kyk en te sien wat ons met ons pyn en probleme maak.

Page 4: Ouers word na vore geroep: Craig en Leandra Pike (en ... - …api.ning.com/.../Lynnwood20130303_WatleeronsasHelde…  · Web viewGod het in die Ou Testament al ’n. ooreenkoms

Die afgelope jare het ons bewus geraak van helde wat val: Joost, Mike Tyson, Hansie Cronje, Tiger Woods, Lance Armstrong, OJ Simpson, Marian Johnes en Oscar Pistorius. Die verhale is verwoestend en hartverskeurend... Ons sal ook nie maklik weet wat die redes vir die optrede van soveel van die helde was nie, maar hulle gee wel vir ons geleentheid om te leer uit hulle lewens.

As enige van ons lewens ook so in die kalklig was, sou die krake ook maar duidelik word. Iemand het op ‘n dag gesê: "A saint is someone whose life has not been sufficiently researched."

Gustav Gous skryf oor die val van helde dat ons kan ons publieke beeld wat mense sien baie poleer en ‘n masker voorhou, maar ons moet aandag gee aan die donker kant agter die masker! Een of ander tyd sal dit jou inhaal en jou eie en ander se lewens verwoes.

- Daar is soms diep gewortelde aggressie wat jou woedend laat optree; maak werk daarvan!- As jy swakheid het om pyn te ontwyk deur alkohol, ongesonde seksualiteit, onnatuurlike vrese,

bitterheid, smagting na beheer of mag, jaloesie, gebeure uit die verlede wat jou breek ... gaan deur die pyn om daaraan aandag te skenk!

- Oor jou hantering van emosies: as jy dit nie leer hanteer nie, sal hulle jou in beheer!

Om aandag te skenk aan ons donker en vrese sal veroorsaak dat ons meer eg en geïntegreerd is. Ons sal met meer integriteit kan lewe sonder die spanning tussen van ‘n “fakebook” lewe.

“In becoming aware of our failures and incompleteness, we become aware also of our need for God, the running water at the bottom of our well, and we begin to stretch out and reach down towards this bubbling source of life within us.”

In hierdie teks skok dit mens om te dink Judas en Petrus, twee van Jesus se dissipels wat drie jaar saam met Jesus geleef het soos hedendaagse helde val! Judas verraai Jesus sy vriend. Petrus het Jesus drie maal verloën...

Judas het heel moontlik gehoop dat Jesus gekom het om met geweld die Romeinse staat se beheer oor Israel te kom afgooi. Hy het politieke en magsideale gehad wat hy gehoop het Jesus sal laat realiseer. Toe dit nie gebeur nie, was die pyn en begeertes na mag en geld net te veel! Hy gaan na die leiers van die volk en verraai sy vriend!

Petrus het was gereeld deel van gesprekke oor wie die belangrikste onder die dissipels was. Dit was vir hom belangrik om altyd goed te lyk en regte beeld in die groep voor te hou. Toe sy reputasie op die spel kom om die vuur, was hy so bang vir die pyn vir verwerping of selfs dat hulle hom ook sal vang... dat hy Jesus 3x verloën het, al is hy daaroor gewaarsku!

Albei ontwyk hulle probleme en pyn! Hulle gee nie aandag aan die diep donkerte in hulle nie. Met tyd het dit hulle oorgeneem sodat hulle optrede nie strook met wat wie hulle werklik is nie.

Die gevolge is ingrypend: Judas besef dat sy donker smag na mag en geld hom sy eie lewe gekos het! Hy het daardeur eintlik homself verraai! Hy kon nie meer daarmee saamleef nie en het sy eie lewe geneem.

Petrus wat met groot bravade 3x gesê het hy sal Jesus nie verlaat nie en sal selfs sterf vir Jesus, het hom 3x verloën! Die teks vertel hoe hy daarna bitterlik gehuil en gehuil het!!

Page 5: Ouers word na vore geroep: Craig en Leandra Pike (en ... - …api.ning.com/.../Lynnwood20130303_WatleeronsasHelde…  · Web viewGod het in die Ou Testament al ’n. ooreenkoms

Jesus het ook groot uitdagende pyn voorlê! Maar hy hanteer die pyn en vernedering anders:

Olyfberg tyd met God. Jesus het goeie gewoonte gehad. Mens sou dink dat Jesus dit nie nodig het nie!

GESONDE Moderne Olygberg Dissiplines: “Exercise Eat a balanced dieto Time management…leave extra time in your schedule to get things done or get to

places   …reduce the number of things on your ”to-do” list …schedule in relaxation and fun

Take a walk Practice assertiveness skills Practice saying ‘no’ to requests you don’t have time to do, can’t do, or don’t want

to do Practice saying ‘yes’ to offers of help Have at least 1 positive activity each day Spend time with family Plant something Spend time with friends Schedule time just for yourself Do something for others regularly Practice deep breathing or meditation regularly Repeat positive phrases to yourself, like “things will work out all right” Write in a journal Spend time on a hobby – gardening, reading – whatever you enjoy Laugh at something each day Have a favorite place to go, either physically or in your mind”

Hy erken en verwoord sy angs! Jesus smag nie na die lyding nie maar erken dit. DEUR ons lyding te erken raak ons bewus van ons beperkings, swakhede en onvolmaaktheid en ook BEWUS HOE NODIG ONS GOD HET!!! Raak bewus van die diep Fontein van GOD self wat in jou is om jou te voed met gawes.

Bid en vra dat dit by hom sal verbygaan.

Vra vriende om te help. Dit bly ook vir my interessant hoe Jesus gevra het dat sy vriende by hom bly.

Deernis met ons eie pyn en swakheid skep deernis vir ander se swakhede: as Jesus terugkom en hulle slaap. Selfs ook met Petrus hom verloëning... ook deernis vir dié om en langs hom aan die kruis!

Kyk hoe hanteer Jesus mense se broosheid oor - Ma se kind wat sterf: Jesus huil saam,> deernis vir Broosheid- oor nood in mense se lewens: reik Hy uit, > deernis vir Broosheid- vrou by die put wat 5de huwelik is: nie Hy veroordeel , > deernis vir Broosheid - oor vrou wat met owerspel betrap is: nie veroordeel nie, > deernis vir Broosheid- vrou wat lei aan bloedvloeiing: jammer en genees, > deernis vir Broosheid- mense wat honger is: gevoed > deernis vir Broosheidselfs Petrus se verloëning: vergewe en nog ‘n kans!!.... > deernis vir Broosheidelke keer is daar Deernis vir Broosheid!!!

Page 6: Ouers word na vore geroep: Craig en Leandra Pike (en ... - …api.ning.com/.../Lynnwood20130303_WatleeronsasHelde…  · Web viewGod het in die Ou Testament al ’n. ooreenkoms

Jesus beweeg dan moedig die pyn tegemoet: “Move towards the pain. See if you can soften around any resistance you may feel towards it. This is counter-intuitive but if you try to ignore it or push it away, it will just scream louder. Use the breath to help with this.” Met Jesus wat verstaan jou pyn tegemoet.

Hy laat ons opstaan uit ons pyn as ons geval het!Hier is die EVANGELIE op sy blinkste waar Jesus se genade vooraf en na die tyd vir Petrus omring. Dat Jesus sê dat Petrus ‘n lydende rol in sy kerk sal speel! Vergewe en bevry!

Vrystaatse beeldhouer, Laura Rautenbach, het ‘n borsbeeld van Christus wat spreek van sagtheid, dog ook intense pyn. Die doringkroon wat op Sy kop vasgedruk is, het die identiteit van die sagte pyn-oë weggee en die seer op Sy gesig was skielik vir my verstaanbaar.

Die titel van Laura se beeldhouwerk is “Die haan het gekraai.” My rustigheid is versteur want die pyn wat voor my was, was ’n ander pyn – die pyn van verraad! Soos die intense pynlied van roubeklaers wat eers sag en rustig begin en dan al hoe harder en intenser word, het die gesig van Jesus skielik tot my geskreeu. Die doringkroon was nie meer Sy pyn nie, ék het nou Sy pyn geword! Dit was asof die pyn op Sy gesig skielik vir my begin toeneem het. Die knopperige oogbankies onder die oë en die effense verhewe voorkop waar die doringkroon begin, was vir my skerper en duideliker as te vore.

Dit is seker ook hoe Petrus moes gevoel het toe hy in die verraad-seergemaakte gesig van Jesus gekyk het. Hy moes baie alleen gewees het, bang en spyt. Hy was die voorloper en die die dissipelkring. Dit is ook hy wat die moed gehad het om Malgus se oor af te kap (Joh. 18:10). Nou is dit alles weg in net drie ontkenningswoorde. Op daardie oomblik het hy waarskynlik begeer dat die vuur waarmee hy homself warmgemaak het, tog maar net ook die hart wat buite en koud staan, weer kan warm maak (Luk. 22:55); dat die horlosie tog net weer teruggedraai kan word en alles weer reggemaak kan word.

Ons het ook ons ontkenningswoorde. Dit klink dalk nie soos Petrus s’n nie. Dit is baie meer verskuild en gekamoefleer, maar die nasmaak van ek-is-alleen en spyt bly dieselfde. Die woord wat ek dalk nie moes gespreek het nie, die omgee wat ek dalk nie betoon het nie, die agterdog waarmee ek iemand toegekyk het en die daad wat ek nooit moes gepleeg het nie – alles handelinge van verraad. Uiteindelik strek my verraad dalk dieper as blote “sondetjies” wat ek gedoen het. Dalk lê my diepste verraad in die lukrake omgaan met Sy mense, die lewe wat nie meer vir my sprankel het nie, die veld en die blou lug met sy figuurtjies-wolke wat gewoon geword het, of my eie bestaan wat nie meer vir my belangrik en mooi is nie.

Die haan het gekraai, Laura Rautenbach, Privaatbesit

Ons almal verloën Hom elke dag.Hy verdra ons verraad.Hy ly sonder verwyt namens ons.Laura Rautenbach

Page 7: Ouers word na vore geroep: Craig en Leandra Pike (en ... - …api.ning.com/.../Lynnwood20130303_WatleeronsasHelde…  · Web viewGod het in die Ou Testament al ’n. ooreenkoms

Voordat die skuld van my verraad my heeltemal verswelg, is daar tog nog iets wat my nadertrek na hierdie Jesus-blik. Die rowwe afwerking van die voue in die kleed asook in die doringkroon, laat die aksent op die gladde gesig en baard val. Dit is beslis nie die gesig van verwyt nie, maar die gladde voorkoms van genade wat al die plooie van sonde en verraad kan uitstryk. Die mond is effens oop, amper asof dit gereed is om te praat. Tog praat dit nie, want die blik van genade sê alles. Petrus en ek kan saam met hom maar weet dat, al sink hy in sy twyfel in die water weg, sy Verlosser hom aan die hand sal gryp en Hom weer sal optrek (Mat. 14:22-31). Hy sal weer die belydenis van Christus, wat die Seun van die Lewende God is, op sy lippe neem (Mat. 16:16) en hierdie woorde sal weer die Rots wees waarop God Sy Kerk sal bou (Mat. 16:18).

In die blik van Christus sien ons die wonder van God en dit is dat Hy Sy Seun aan die dood oorgegee het, sodat hierdie seun vanuit gebrokenheid en swakheid Sy vingers na ons toe kan uitsteek om ons in ons aan te raak. En juis dít is so geweldig kragtig. Hy is Here oor ons swakheid, juis omdat Hy self in swakheid gedompel was. Hy was onderworpe aan lyding en daarom kan ons opstaan uit ons lyding. Hy het opgestaan en daarom kan ons ook weer leef en werklik die asem van Sy genade intrek, na die versugting oor die ellende van ons eie bestaan. Daarom gebruik Lukas ook die heersers term van Christus, nl. “Here” as hy vir ons sê dat Jesus na Petrus gekyk het (Luk. 22:61). Hy kyk as Here na sy verraaiers en het mag om hulle uit te wis, maar Hy verkies om Sy mag in liefde te gebruik, wat alle verraad tot niet kan maak.

Miskien moet jy dit ter harte neem dat Hy enige oomblik na jou kan omkyk. Jou eie pyn van skuld oor verraad teen God sal jou dan ook in die oë kyk, maar as jy lank genoeg kyk, sal jy ook die blik van genade en deernis raaksien. Hy verstaan jou vrees vir pyn, jou te kort aan moed, woede, jou verslawings, ontwykings, sondes... Hy het gely, deur die pyn gegaan om jou daarin by te staan... (Eben Smith)

Hier op die Olyfberg van Jesus se teenwoordigheid, laat hy jou nou optel as jy die volgende lied hoor:

BEGELEIDNGSGROEP: “YOU LIFT ME UP”

"You Raise Me Up"

When I am down and, oh my soul, so weary;When troubles come and my heart burdened be;Then, I am still and wait here in the silence,Until You come and sit awhile with me.

You raise me up, so I can stand on mountains;You raise me up, to walk on stormy seas;I am strong, when I am on your shoulders;You raise me up... To more than I can be.

You raise me up, so I can stand on mountains;You raise me up, to walk on stormy seas;I am strong, when I am on your shoulders;You raise me up... To more than I can be.

There is no life - no life without its hunger;Each restless heart beats so imperfectly;But when You come and I am filled with wonder,Sometimes, I think I glimpse eternity.

You raise me up, so I can stand on mountains;You raise me up, to walk on stormy seas;I am strong, when I am on your shoulders;You raise me up... To more than I can be.

You raise me up, so I can stand on mountains;You raise me up, to walk on stormy seas;I am strong, when I am on your shoulders;You raise me up... To more than I can be.

You raise me up... To more than I can be.

Page 8: Ouers word na vore geroep: Craig en Leandra Pike (en ... - …api.ning.com/.../Lynnwood20130303_WatleeronsasHelde…  · Web viewGod het in die Ou Testament al ’n. ooreenkoms

STILTE PROSES van NA BINNE KYK:

Wat voel jy nou? Waaroor het die Here met jou gepraat? Wat keer jou? Maak jou bang? Watter pyn het jy nie voor moed nie? Praat met die Here daaroor Sien die resultaat en Verbind jou hart daaraan

Sang gebed: LB 266 “Onse Vader”

DANKOFFERS

SLOTLIED:

LIED 245: 1,2,3 Ek wat vergifnis Heer ontvang het!!!

Seën

Die Here is voor julle om die pad vir julle gelyk te maak

Die Here is langs julle om julle in sy arms toe te vou

Die Here is agter julle om die aanvalle van die vyand af te slaan

Die Here is onder julle om julle te dra as julle mag val

Die Here is rondom julle om julle te beskerm

Die Here is bokant julle om julle te seën;

Die Here is binne julle om julle te lei na sy wil;

So seën die drie-enige God julle, van nou af tot in ewigheid!

Sê AMEN..nie Amen sing nie!!!!!

Sing: AMEN