6
Nuusbrief / Newsletter 1/2019 Borgliggaam/Sponsoring Body: BADISA NG Kerk in SA/ Dutch Reformed Church in SA Geregistreerde Welsynsorganisasie Fondsinsamelingsnommer 002-970 NPO Registered Welfare Organisation Posbus/P.O. Box 140 Privaatsak/Private Bag X09 Roglandstraat/Street, BRACENFELL, 7561 Tel: 021 981 5555/6 Faks/Fax: 021 981 7833 Epos/Email: [email protected] Datum / Date: 2019-03-13 The childs first and most influential teacher is the parent- Anoniem Toe ek nog voltyds skool gehou het, het ouers my baie gevra hoe hulle hul kinders kan help om beter te presteer. Ek deel graag my standaard antwoord. Wees betrokke Kinders wil graag sien hoe hulle ouers hulle dophou as hulle iets doen. Wees so gereeld moontlik net daar as jou kind opkyk – dit laat hulle veilig voel. Insidentele leer Die Opvoedkunde leer onderwysers dat kinders op drie maniere leer, naamlik op n insidentele, informele of gestruktureerde manier. Die laaste twee maniere vind hoofsaaklik by die skool plaas. Die eerste manier, insidentele leer, móét hoofsaaklik by die huis plaasvind. Dit is onbeplande en toevallige gebeurtenisse wat ouers kan benut om kennis, waardes en ingesteldhede aan die kind oor te dra. Bv. wanneer n kind sy/haar pa help om Mamma se motor se battery te vervang en Pappa leer hom van n no 13 spanner”, die rooi pole en die swart pole – negatief en positief. Hier kan beide seuns en dogters baie inligting bekom wat dalk later in die Tegnologie of Wetenskapklas handig te pas kom. Soos u hier lees, kan u aan honderde voorbeelde dink hoe u kind per ongelukleer: Carpe diem – gryp die oomblik! Lees, lees, lees Vir kinders wat hou van lees en wat goed kan lees, kan ouers net meer en meer geleenthede skep, boeke uitneem, tydskrifte en koerante koop, ensovoorts. Die uitdaging is om kinders wat nie kan of wil lees nie te ondersteun. Hoe kan ons dit doen? Gepaarde leesis een tegniek waar n familielid/volwassene saam met n kind hardop lees. n Kultuur van lees moet tuis geskep word en skool toe gebring word. Tye en omstandighede het verander, maar ouers kan nog steeds tuis saammet hulle kinders lees. Twee aspekte is baie belangrik: Die regte vlak van die leesstof (nie té maklik of nie té moeilik nie). Belangstellingsveld van die kind. Lees oor onderwerpe waarvan u kind hou. Om te luister na die geskrewe woord is vir baie kinders net so goed soos lees. Prys, prys, prys! Selfs vir die klein mates van sukses in die lewe, kan dit goeie vrugte voortbring as ouers erkenning aan positiewe aspekte gee. Michele Macias, n professor in pediatrie, aan die Mediese Universiteit van Suid-Carolina in die VSA, is n voorstander dat n ouer tien positiewe opmerkings vir elke een negatiewe opmerking maak. Wetenskaplik is bewys dat kinders wat van kleins af geprys word n meer positiewe uitkyk op die lewe sal hê en dit sal oorspoel na die skool toe. Dit lei tot suksesbelewing by die kind. Professor Macias se vernaamste raad is Catch em being good.(Klink soos die skool se Pêrelklubslagspreuk!) Ons as opvoeders (onderwysers / terapeute / klashulpe / fasiliteerders / alle ander personeel) is u vennote in die opvoedingsproses en sal u help om net die beste vir u kind te gee. Onthou – It takes a village to raise a child.Geniet die vakansie saam met u kind! Stoffel Kruger SKOOLHOOF

Nuusbrief / Newsletter 1/2019 Datum / Date: 2019 03 13 · Tatyana Zimri, Anda Hlobo, Talita Myburgh, Marli Blom, Liam Isaacs, Kaylynn Scholtz, Margot Conradie, Gift Gxilishe (Nkosinathi),

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Nuusbrief / Newsletter 1/2019 Datum / Date: 2019 03 13 · Tatyana Zimri, Anda Hlobo, Talita Myburgh, Marli Blom, Liam Isaacs, Kaylynn Scholtz, Margot Conradie, Gift Gxilishe (Nkosinathi),

Nuusbrief / Newsletter 1/2019

Borgliggaam/Sponsoring Body: BADISA

NG Kerk in SA/ Dutch Reformed Church in SA

Geregistreerde Welsynsorganisasie

Fondsinsamelingsnommer 002-970 NPO

Registered Welfare Organisation

Posbus/P.O. Box 140

Privaatsak/Private Bag X09

Roglandstraat/Street, BRACENFELL, 7561

Tel: 021 981 5555/6

Faks/Fax: 021 981 7833

Epos/Email: [email protected]

Datum / Date: 2019-03-13

“The child’s first and most influential teacher is the parent” - Anoniem Toe ek nog voltyds skool gehou het, het ouers my baie gevra hoe hulle hul kinders kan help om beter te presteer. Ek deel graag my standaard antwoord.

Wees betrokke Kinders wil graag sien hoe hulle ouers hulle dophou as hulle iets doen. Wees so gereeld moontlik net daar as jou kind opkyk – dit laat hulle veilig voel. Insidentele leer Die Opvoedkunde leer onderwysers dat kinders op drie maniere leer, naamlik op ‘n insidentele, informele of gestruktureerde manier. Die laaste twee maniere vind hoofsaaklik by die skool plaas. Die eerste manier, insidentele leer, móét hoofsaaklik by die huis plaasvind. Dit is onbeplande en toevallige gebeurtenisse wat ouers kan benut om kennis, waardes en ingesteldhede aan die kind oor te dra. Bv. wanneer ’n kind sy/haar pa help om Mamma se motor se battery te vervang en Pappa leer hom van ‘n no 13 “spanner”, die rooi pole en die swart pole – negatief en positief. Hier kan beide seuns en dogters baie inligting bekom wat dalk later in die Tegnologie of Wetenskapklas handig te pas kom. Soos u hier lees, kan u aan honderde voorbeelde dink hoe u kind “per ongeluk” leer: Carpe diem – gryp die oomblik! Lees, lees, lees Vir kinders wat hou van lees en wat goed kan lees, kan ouers net meer en meer geleenthede skep, boeke uitneem, tydskrifte en koerante koop, ensovoorts. Die uitdaging is om kinders wat nie kan of wil lees nie te ondersteun. Hoe kan ons dit doen? “Gepaarde lees” is een tegniek waar ‘n familielid/volwassene saam met ‘n kind hardop lees. ‘n Kultuur van lees moet tuis geskep word en skool toe gebring word. Tye en omstandighede het verander, maar ouers kan nog steeds tuis “saam” met hulle kinders lees. Twee aspekte is baie belangrik: Die regte vlak van die leesstof (nie té maklik of nie té moeilik nie). Belangstellingsveld van die kind. Lees oor onderwerpe waarvan u kind hou. Om te luister na die geskrewe woord is vir baie kinders net so goed soos lees. Prys, prys, prys! Selfs vir die klein mates van sukses in die lewe, kan dit goeie vrugte voortbring as ouers erkenning aan positiewe aspekte gee. Michele Macias, ‘n professor in pediatrie, aan die Mediese Universiteit van Suid-Carolina in die VSA, is ‘n voorstander dat ‘n ouer tien positiewe opmerkings vir elke een negatiewe opmerking maak. Wetenskaplik is bewys dat kinders wat van kleins af geprys word ‘n meer positiewe uitkyk op die lewe sal hê en dit sal oorspoel na die skool toe. Dit lei tot suksesbelewing by die kind. Professor Macias se vernaamste raad is “Catch ‘em being good.” (Klink soos die skool se Pêrelklubslagspreuk!) Ons as opvoeders (onderwysers / terapeute / klashulpe / fasiliteerders / alle ander personeel) is u vennote in die opvoedingsproses en sal u help om net die beste vir u kind te gee. Onthou – “It takes a village to raise a child.” Geniet die vakansie saam met u kind! Stoffel Kruger SKOOLHOOF

Page 2: Nuusbrief / Newsletter 1/2019 Datum / Date: 2019 03 13 · Tatyana Zimri, Anda Hlobo, Talita Myburgh, Marli Blom, Liam Isaacs, Kaylynn Scholtz, Margot Conradie, Gift Gxilishe (Nkosinathi),

NUWE PERSONEEL Baie welkom aan die volgende personeel wat in die eerste kwartaal 2019 by Paarl-skool aangesluit het, vinnig aangepas en elke dag so getrou hulle dagtaak verrig: Mev. Yvette Punt - sielkundige Mej. Sinéad Comninos - intern sielkundige Mev. Gwen Terblanche - ontvangsdame Mev. Lente Cloete - opvoeder Gr. 3E Mev. Chantelle Carstens - opvoeder Gr. 7E Mev. Heilet Ollsson - Leerondersteuner Me. Dána van Niekerk, Charnine Mentoor, Grace Chikuhwa, Sindiswa Va - privaat fasiliteerders Me. Patricia August - Intermediêre Fase fasiliteerder Me. Felicia Johnson - aflos fasiliteerder in die Senior Fase

PRESTASIES Esmé Tucker (Spraak- en Taalterapeut) se seun, Liam het ’n pos aanvaar om in Bangalore (Indië) die “Gary Kirsten

Academy” te begin. Hannelie Crous (Voorskoolse Fase opvoeder) se seun, Christo (‘n wingerdboukundige) het vir die 2de keer in 4 jaar die

1ste plek (en R62 000 vir die plaas, Uva Mira) gewen vir ‘n blok wingerd in die Stellenbosch/ Durbanville distrik. Shearley Miles (Praktiese Fase opvoeder), se seun, Deveraux, het op Stellenbosch ’n aanlyn koerant (“Campus Culture”)

begin wat gebaseer is op alles rondom studentwees – “For students by students”. Hein van der Merwe (Senior Fase opvoeder en afdelingshoof) is verkies om op die SAOU se dagbestuur te dien. Ronel van Dijk is as die topbestuurder van die WP en Weskaap LSOB span aangewys en Tiaan Koch as spanbestuurder

van die Seuns O/19 vir WP LSOB. Sumarie Jordaan (oudleerder van Paarl-skool en sr. Jordaan se dogter) het haar eerste enkelsnit liedjie “Verander jou

siening” vrygestel. Haar doel is om mense se siening oor “differently abled” persone (soos syself) te verander. Anthea Norman (Fisioterapeut) is as Internasionale Klassifiseerder aangewys. Elanza Jordaan (personeellid by Paarl-skool en sr. Jordaan se dogter) is deur Boccia Suid-Afrika gekies om einde

September aan die “America’s tournament in Sao Paolo, Brazil” te gaan deelneem. Dis ‘n “BISFed International Competition”.

Paarl-skool is baie trots op julle!

BAIE GELUK AAN: Mevv. Corné Swart en Anke Ingram wie se pragtige dogtertjies, Lindie en Lienke, onderskeidelik hierdie kwartaal en aan

die einde van 2018 gebore is. Amanda Engelbrecht en Kevin Marais los vir hulle af. Mag die kleingoed vir julle baie vreugde bring.

Mev. Lekarin Matthews (voorheen Olivier) en Mev. Yolanda Barnardo (voorheen Britz) wat onderskeidelik einde 2018 en tydens die eerste kwartaal 2019 getroud is.

KWALIFIKASIES Baie geluk aan Mev. Yvette Punt wat haar HPCSA Raadseksamen vir opvoedkundige sielkundiges geslaag het! Jy is

Paarl-skool tot eer!

NUWE PERSONEEL VOLGENDE KWARTAAL ‘n Ingeskrewe verpleegkundige, Erika Geldenhuys, sal vanaf 1 April 2019 by Paarl-skool aansluit.

ONS GROET Me. Carlen Faroa (toiletteringshulp vir dogters) maak einde Maart by Paarl-skool klaar. Me. Tammy-Ann Galeshewe het gedurende die eerste kwartaal as privaat fasiliteerder bedank.

MATRIKULANTE Baie sterkte en voorspoed aan die volgende personeellede wie se kinders in 2019 in matriek is: Mnr. en Mev. Stoffel en Elsabé Kruger se seun, Armand Me. Karen Visser se seun, Sidny Scheepers Me. Reinet Barnard se dogter, Madeleine Me. Elize Frans se dogter, Elizna

GRAAD 1 Baie sterkte en voorspoed aan Heilet Ollsson (Leerondersteuner) wie se dogter, Heiletje hierdie jaar in Gr. 1 is.

VERLIES Die volgende persone is onlangs oorlede: Nireshia van der Vent se oupa Andriette de la Port (Arbeidsterapeut) se suster Ons innige simpatie met julle groot verliese.

Page 3: Nuusbrief / Newsletter 1/2019 Datum / Date: 2019 03 13 · Tatyana Zimri, Anda Hlobo, Talita Myburgh, Marli Blom, Liam Isaacs, Kaylynn Scholtz, Margot Conradie, Gift Gxilishe (Nkosinathi),

Baie geluk aan die volgende leerders wat gekies is as koshuisprefekte vir 2019: Keanu Oosthuizen, Cara-Li Groenewald, Tyrese Fortuin en Shaneeze

November.

Prefekte Die prefekte het die naweek van 18-20 Januarie weer Langebaan toe gegaan vir die jaarlikse leierskapkamp. Die naweek was gevul met ‘n verskeidenheid aktiwiteite wat spesifiek geselekteer is om elke leerder se leierskap identiteit te ontwikkel. Dit was 'n verrykende ervaring vir elke leerder en ons glo en vertrou dat 2019 se prefekte hul leierskap na 'n volgende hoogte sal neem. Ons wil graag ons borge bedank Paul & Madelie Burger (akkomodasie), Aksie-Omgee DF Malan Skool (kos), Rona Roelofse & Gerda van der Mescht (“goody bags”), Elsa Fourie & ons ouers. Elkeen van julle het bygedra tot 'n suksesvolle naweek en ons sê vir julle opreg dankie daarvoor.

Prefekte: Shaneeze November, Talitha Counter, Ané Groenewald, Cara-Li Groenewald, Arno Kruger, Jarred Maarman, Lavica Adams, Bradley Waarts en Stacey Booysen. Onderwysers verantwoordelik vir die prefekte: mev. Hester Faure en mnr. Hein van der Merwe.

Baie geluk aan Cara-Li Groenewald en Shaneeze November wat as hoofleiers vir die eerste kwartaal aangewys is. Ons wens hulle elkeen sterkte toe om met goeie motivering en ondersteuning die groep na optimale ontwikkeling te lei.

Page 4: Nuusbrief / Newsletter 1/2019 Datum / Date: 2019 03 13 · Tatyana Zimri, Anda Hlobo, Talita Myburgh, Marli Blom, Liam Isaacs, Kaylynn Scholtz, Margot Conradie, Gift Gxilishe (Nkosinathi),

Die Westelike Provinsie LSOB proewe het op Dinsdag 19 Februarie 2019 by Dal Josafat in die Paarl plaasgevind. Geluk aan Storm van Heerden (Diskus), Quanika van der Walt (Hoogspring, 100m, 200m) en Xandré van den Berg (Hoogspring, Verspring, 100m) wat by die WP Span ingesluit is en op 9 Maart 2019 in die Paarl teen Boland en SWD deelgeneem het aan die Weskaap Kampioenskappe vir Hoërskole. By hierdie kampioenskappe het Xandré van den Berg gekwalifiseer om die Weskaap te verteenwoordig by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe in Port Elizabeth vanaf 19-23 Maart 2019. Ronel van Dijk was ook aangewys as die top bestuurder van die Weskaap LSOB span. Baie geluk aan almal! Paarl-skool is trots op julle!

Donderdag 24 en Vrydag 25 Januarie 2019 was ons jaarlikse kleuresport. Die pawiljoene was in rooi en blou versier en oral was opgewonde kinders wat nie kon wag om vir hulle onderskeie spanne punte aan te teken nie. Die kompetisie was groot en almal het hulle bes probeer. Die Blou-span was die algehele wenners. Die eerste keer in ses jaar! Baie geluk! By parasport is Molemo Mphomela aangewys as Victor Ludorum en Thalita Myburgh as Victrix Ludorum. By LSOB was die Junior Victor Ludorum – Dominic Windvogel, Junior Victrix Ludorum – Ndiba Faku, Senior Victor Ludorum – Xandré van den Berg en die Senior Victrix Ludorum – Quanika van der Walt. Baie geluk aan al die atlete wat deelgeneem het. Ons is trots op julle.

Dinsdag 12 Februarie 2019 was ons jaarlikse Uurbyeenkoms. Atlete vanaf O/11 tot O/16 kry die geleentheid om hul talente ten toon te stel. Dankie aan Jan Krielskool, Westcliff, Alta du Toit, Vista Nova, Hebron Christenskool, Eros en Laerskool Slot van die Paarl wat hulle atlete gebring het. Voorwaar 'n heerlike tradisie!

Ons tweede Driehoek Atletiek- en Swembyeenkoms het op Vrydag 21 en Saterdag 22 Februarie 2019 plaasgevind. Atlete van Vista Nova, Tafelberg en Paarl-skool het deelgeneem aan hierdie reeks. Geluk aan Tafelberg wat die wenners van die Driehoek reeks was. Ons is trots op Xandré van den Berg wat aangewys is as die beste O/15 seun en Quanika van der Walt - Junior Victrix Ludorum.

Page 5: Nuusbrief / Newsletter 1/2019 Datum / Date: 2019 03 13 · Tatyana Zimri, Anda Hlobo, Talita Myburgh, Marli Blom, Liam Isaacs, Kaylynn Scholtz, Margot Conradie, Gift Gxilishe (Nkosinathi),

Donderdag, 31 Januarie 2019 was weer ‘n hoogtepunt op

ons sportkalender toe baie leerders aan ons jaarlikse

swemgala deelgeneem het. Baie dankie aan elke leerder

wat met groot ywer en goeie sportmangees van hierdie geleentheid ‘n groot sukses gemaak het. Ons is veral trots op

Matthew Sadoukas (Junior Victor Ludorum), Taylor Jay Crofts (Junior Victrix Ludorum), Aiden Clayton (Senior Victor Ludorum),

Morgan Wewers (Senior Victrix Ludorum), Joalet Viljoen (Parasport Victrix Ludorum) en Molemo Mphomela (Parasport Victor

Ludorum). Baie geluk ook aan ons bekerwenners: Dylan de Jager (seuns O/11), Ethan Fischer (seuns O/12), Matthew Sadoukas

(seuns O/13), Joshua Meyer (seuns O/14), Storm van Heerden (seuns O/15) en Aiden Clayton (seuns OPE). Die Rooispan was die

wenspan met 254 punte. Baie dankie ook aan elke personeellid en ouer wat ons so entoesiasties ondersteun het!

Die volgende leerders is ingesluit by die Weskaap Para-atletiekspan wat vanaf 15-21 Maart 2019 in Stellenbosch gaan deelneem aan die Toyota Nasionale Kampioenskappe vir Fisies Gestremdes: Joalet Viljoen, Amile Sogodashe, Tatyana Zimri, Anda Hlobo, Talita Myburgh, Marli Blom, Liam Isaacs, Kaylynn Scholtz, Margot Conradie, Gift Gxilishe (Nkosinathi), Duayne James, Tyler Buis, Cassidy Hoffman en Siyambonga Ketelo. Elanza Jordaan wat werksaam is by Paarl-skool is ook by die span ingesluit.

Die volgende personeellede vergesel die leerders en/of is betrokke by die kampioenskappe in verskillende hoedanighede: Reinet Barnard - Boccia Plaaslike Organiseringskomitee verteenwoordiger, Anthea Norman - Nasionale Sokker klassifiseerder, Sandrè Jordaan - Boccia assistent, Bulelani Gomba - Boccia assistent en Mark Borchards - Spanbestuurder vir Weskaap Parasport.

Ons wens hulle sterkte toe!

Page 6: Nuusbrief / Newsletter 1/2019 Datum / Date: 2019 03 13 · Tatyana Zimri, Anda Hlobo, Talita Myburgh, Marli Blom, Liam Isaacs, Kaylynn Scholtz, Margot Conradie, Gift Gxilishe (Nkosinathi),

Dit was groot pret en plesier by die Grondslagfase se pretgala! ‘n Ware meermin het haar verskyning gemaak en die kinders verras deur op te tree as die afsitter van die dag. Balstoot, hoepelspring en bottelduik was deel van die opwinding! Die kinders het hulself gate uit geniet en glimlaggende gesiggies was genoeg bewys dat hulle die water geniet het. Dankie aan almal wat gehelp het om die dag genotvol vir almal te maak.

Op 6 Februarie het ‘n opgewonde groep leerders en personeel van die Voorskoolse Fase die Bugz Speelpark by Cape Garden Centre in Joostenbergvlakte besoek. Hierdie is ‘n jaarlikse instelling en elke jaar lyk die speelarea meer opwindend. Die kinders het soveel pret gehad om op die kinder-vriendelike speelapparaat te speel. Die treinritte was soos altyd, ‘n wenner! Die kinders was ook bevoorreg om elkeen ‘n kans te kry om die eende, bokkies, hasies en ander diere te streel. Die bekwame en vriendelike personeel het weer hul uiterste bes gedoen om ons te bederf en hulp te verleen. Ons is baie dank verskuldig teenoor Thea en almal wat meegehelp het om dit ‘n onvergeetlike ervaring vir almal te maak. Ons is trots op ons kinders wat hulle so mooi gedra het!