Upload
others
View
0
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
2 Februarie 2014Jaargang 3 #4
09:30 OggenddiensDs Willem Steyn
Tema: Bid en werk, want ons leef in die koninkryk van God
Dr Raymond PotgieterTheme: Weakness is no excuse
Scripture reading: Revelation 3:7-13 Focus verses: Revelation 3:8a
11:30 International Service
Ds Fanie CoetzeeTema: Evangelie in hoftaal – Vrygespreek om te lewe
Lofpr�ing
18:00 Aanddiens
V innige nuus • Die Diakens vergader vanaand na die diens in die konsistorie.• Volgende Sondagoggend vier ons die Heilige Nagmaal.• Die Ouderlinge vergader volgende Sondagaand na die diens.
Tema: Loof die Here wat heilig isLied 159:1,2 God is hier teenwoordig
Lied 169:1,2 Heilig, heilig, heiligLied 175:1 Majesteit
Sing: Sb.12-3:1, 2Sing: Ps.33-2: 1,5, Ps 33-1:11
Sing: Ps.89-2:5 (Kinderbegeleiding)Sing: Ps.89-1:6
Skriflesing: Nehemia 4 Teks: Nehemia 4: 9Sing: Sb.15-1: 1-4Sing: Lied 525:1, 3
Amen: Sb.13-3
Sing: Ps.96-1:1,7,8Sing: Ps.68-1:1,3Skriflesing: Romeine 1:8-17, 3:21-26Teks: Romeine 1:17,18Sing: Sb.5-4:1,2Sing: Sb.18-6:1,2,3,4,5Amen: Sb.13:3
Teeskinkbeurte
Baie dankie!
2 FebruarieKG 5 (Lizelle le Roux) & Wyk 5 (Christa Smith)
9 FebruarieKG 6 (Hanlie Steyn) & Wyk 6 (Lowisa Smit)
16 FebruarieKG 7 (Ina van der Walt) &
Wyk 7 (Paulina van der Walt)
2
Tydens ons aanddienste maak ons gebruik van musikante en voorsangers sodat ons ek-stra lekker kan sing! Die musiekgroep oefen slegs op Donderdae en Sondae om 17:00-18:00 vir die komende Sondag. Ons wissel graag die instrumente af om die begeleiding kleurvol te hou, dus hoef jy jou nie te verbind om elke week te speel nie. Indien jy die gawe ontvang het om goed te sing of klavier, ‘n blaas-of strykinstrument te bespeel en graag wil inskakel by die musiekgroep kontak vir Hanlie Steyn (083 654 8652, [email protected]).
Word deel van ons musiekbediening!
hulp gevra: kinderoppasser(s)
Kleingroep 6 het ‘n student(e) nodig om elke tweede Dinsdag van 18:00-19:30 met ons kinders te speel. Vergoeding is onderhandel-baar – en is gewoonlik ietsie soet of ietsie mooi of ietsie uit die druiwestok… As jy belangstel kontak vir Hanlie Steyn (083 654 8652).
Hulp gevra: Laerskool erediensbegeleiding
Tydens ons oggenderedienste kry ons laer-skool kinders ‘n erediensaktiwiteit, wat hulle help om die preektema te verstaan. Ons nooi enige iemand, in besonder ons laerskool ouers, wat kan help om deel te word van hierdie bediening aan ons kinders. As jy kan help beteken dit, dat jy Maandag die Skrif-gedeelte en preektema vir die volgende Son-dag gaan ontvang, en dan in gesprek met die dominee wat preek ‘n werkkaart gaan saam-stel, wat Vrydagoggend gedruk moet word. As jy belangstel kontak vir ds. Willem.
Saterdag 8 Maart 2014“Al wat van belang is, is geloof wat deur die liefde tot dade oorgaan.” Gal 5:6(b)
Hiermee word die susters van u gemeente hartlik uitgenooi om die dag saam met ons te kom geniet.
Koste: R100 per persoon. Tema: “Vrou wat genade ontvang het, bedien hoopvol liefde in die Suid-Afrika van vandag”Spreker: Prof. Gert BreedTyd: Registrasie 08:00 – 08:45, Konferensie vanaf 9:00. Nb. Slegs plek vir 200 persone (Bespreek vroegtydig)Groete, Gereformeerde Kerk Ventersdorp Skryf asseblief jou naam op die lys in die portaal voor Sondag 9 Februarie as jy wil gaan.
Sustersaamtrek OUDERLINGE EN DIAKENSDie gemeente het die afgelope jaar met ongeveer 40 lidmate gegroei (tans is daar nog so 14 belangstellendes wat nie formeel ingeskakel het nie). Ons is die Here diep dankbaar daarvoor.Die groeiende bediening bring egter ook bedieningsbehoeftes na vore. Op die Kerk-raad se vergadering op 9 Februarie moet daar 8 nuwe ouderlinge en ongeveer 15 nuwe diakens beroep word om in die hui-dige bedieningsbehoeftes te voorsien. Hiermee word lidmate gevra om name van lidmate wat u meen die gawes het om as ouderlinge en diakens te dien aan die kerk-raad deur te gee.
3
Dienste in Groen WilgersDaar is verlede Sondag begin om in same-werking met die NG- en Hervormde kerk, op Sondagmiddae om 15:30 dienste in die eet-saal van Groen Wilgers te hou. Lidmate uit die omgewing is sekerlik ook welkom om dit by te woon.
Almal word hartlik uitgenooi na ‘n heerlike piekniek by die rivier in die koepel by Cecil en Nicolene Rutherford se plekkie. Dit is so 30km uit die dorp uit en die susters sal al die kos voorsien. Van jou word net verwag om dadelik jou naam op die lys in die portaal te skryf en stoele, drinkgoed en eetgerei saam te bring. (Onthou die fles koffie as dit jou afsluiting van ‘n ete is.) Ons beplan hoender- en biefbur-gers, wat elkeen self bou met al die bykom-stighede en ‘n koel soetigheid daarna. Daar is ‘n swembad en speelparkie vir kinders, so bring asb. die hele gesin en kom kuier lekker saam. Almal kom half 2 vir 2uur by die saal bymekaar die middag en ons ry saam uit na die plasie. Ons benodig net nog so 6 gasbraaiers, ver-kieslik met hul eienaars om vir ons die vleis te help gaar kry, asb. Enigeen wat kan help, kan dit asb. sommer op die lys by jou naam byskryf.
PiekniekGemeente
Saterdag 15 Februarie
nomnom
nom
nom
nom
nom
nom nom
nomVerjaarsdae
13
Vandag, 2 FebruarieChristina Kruger 018-297-3747 Helena Robinson 083-273-5587
Maandag, 3 FebruarieKirsten Potgieter 083-983-0948
Dinsdag, 4 FebruarieSu-Marie Erasmus 083-639-1181 Doefie Kruger 072-741-3403
Woensdag, 5 FebruarieJetty van Rensburg 083-439-7379Marko Werkman 083-233-4941 Daan Wissing 083-657-0480
Donderdag, 6 FebruarieMartiens Venter 082-532-3118
Saterdag, 8 FebruarieBertie Smit 072-189-3646Louis van der Walt 078-803-1578
83
9
Wil jy ook by ons gemeente inskakel? Kontak die kerkkantoor vir meer inligting.
Welkom hier!Mariona Swanepoel
073-323-3478Wilhelm en Marianne Nagel
082-465-0951Chris en Elmarie Reinecke
083-630-0309Lientjie Venter074-959-4493Dané Botha
076-993-5339
Top tien lande waar Christene vervolg word
1. Noord Korea2. Somalië3. Sirië4. Irak5. Afghanistan
6. Saoedi-Arabië7. Maldives8. Pakistan9. Iran10. Jemen
Bid asseblief vir hierdie lande en die Christene wat daar werksaam is. Vir meer inligting hieroor kan die
kerkkantoor gekontak word.
4
http://www.facebook.com../gkpotchbult../gkpotchbultG5../VenterskroonBediening../GKBultProjekte../BultInternationalChurch
http://www.facebook.com
@gkpotchBult #gkbult #potchG5
Onthou vanaand se Studente- verrassing in die Koffiekamer!
Tema: #oppi-SPOT Plek: Thabela ThabengKoste: R100 + ’n braaivleisie vir Vrydagaand
Wie is G5? Almal wat jonk van
gees is en graag betrokke wil wees by die bediening
op die Bult.
G5 Kamp 28 Februarie tot 2 Maart
Dankie vir almal
Hoe antwoord jy as iemand jou #oppi-SPOT sit?
se hulp met G5 by JOOL!
5
Ekumenisiteit (GK Londen) – Om die Gere-formeerde jeug wat in Londen verkeer met Woordbediening en pastorale hulp by te staan. Riglyn van die Admin Buro: R5 per belydende lidmaat. (Daar is slegs een kollekte hier voor per jaar.)
Liefdegawesby die deure2 Februarie
Oggend: Ekumenisiteit (GK Londen)Aand: Meelewingsfonds9 FebruarieOggend: DankbaarheidsfondsAand: Meelewingsfonds16 FebruarieOggend: Teologiese StudentekasAand: Meelewingsfonds
Waarvoor word vandag se Liefdegawes gebruik?
Ek wil graag ‘n lidmaat wordEk wil graag huisbesoek hê
Gooi in kollektesakkie / Gee in by kerkkantoor
Naam: ..................................................................Telefoonnommer: ...........................................
MeelewingOom Daan Taljaard (082-705-1295) het Don-derdag ʼn rugope rasie in Krugersdorp onder-gaan. Ons bid dat dit vir hom verligting van pyn sal bring.Willemien van Heyningen (083-560-6730) se knievervangingsoperasie het goed verloop. Ons bid vir spoedige herstel.Oom August Venter (083-417-4157) was die afgelope tyd ongesteld maar dit gaan beter. Hy het sy huis verkoop en woon tans in ʼn woon-stel in Bailliepark. Ons dink aan hom met al die veranderings in sy lewe.Ons is dankbaar saam met Christie Rhoode vir die mooi herstel na haar operasie.
Tydens 2013 het Bet-Ezer hulp aan 7 gesinne met kinders verleen. Behalwe vir een gesin was die gesinshoof ʼn enkel ouer en was die hulp slegs aanvullend tot wat verdien word. Hulp wat verleen is, het gewissel van gesin tot gesin en het die volgende ingesluit.• ʼn Gedeelte van huishuur en/of sleutel-de-posito• Water- en kragrekenings• Kosaankope• Kleuterskoolfooie, sodat die ouers kan werk.• Skooltoebehore.• Hulp met verkryging van bestuurderslisen-sies waar vervoer ʼn probleem is.• Skakeling met predikante van gemeentes om hulpverlening te koördineer.• Verskuiwing van ʼn gesin waar daar molester-ing plaasgevind het.• Reëling vir sielkundige assessering van kinders waar traumatiese gebeure plaasgevind het.
Daar is goeie samewerking met die NG-wel-syn en Huis Hebron. By Hebron word mees-tal gesinne sonder kinders en alleenlopendes versorg. Die Bet-Ezerprojek word gefinansier deur maandelikse bydraes van die volgende Gereformeerde gemeentes in Potchefstroom: Die Potchefstroom gemeente, Die Bultge-meente, Potchefstroom-Oos en die Mooi-riviergemeente. Die gemiddelde maandelikse bydrae is ongeveer R4600.Die bestuur van die projek vergader maande-liks en bestaan uit Dirk Venter van Oos (082-454-5984), Chrissie en Cobus van der Walt van Mooirivier (076-853-0278), Tom en Cornelia Chambers van die Potchefstroom-gemeente (071-644-4423), Jurg en Blanje van der Walt van die Bultgemeente (082-851-9176). Lor-rein van Dijk van die Bultgemeente help met kosaankope.Daar kan met groot dankbaarheid getuig word dat die Here die harte van mense in Potchef-stroom oopmaak om te help waar daar nood is.
Bet-EzerverslagJanuarie 2014
6
Skribas: Ig Vorster: 082-788-5902 Jaap Verhoef: 018-294-6502Orrelistes: Jetty van Rensburg: 083-439-7379 Annatjie Verhoef: 072-391-2552Kosters (Molenstraat): Piet van Maarleveld: 084-776-6113 Koster (Gerrit Dekker): Wilma Herbst: 082-965-7525Kassier: Paul Delicado: 082-574-2204Internasionale diens: Ray Everson: 018-290-6782Diakonie: Elsa Els: 082-460-0939Katkisasie: Braam Pieterse: 082-923-4881Kleuterbediening: Marida Coetzee: 084-678-3863Dataprojeksie: Adelle Lotter: 083-286-3811Tolkdienste: Kerkkantoor: 018-297-4843
Skakel gerus met Fransa by die kerkkantoor (Weeksdae van 08:00 - 13:00) vir:
Algemene navrae, Lantern (saktyd Donderdae om 10:00), Preekopnames, Webbladnavrae, ens.
Kerkkantoor 018-297-4843 (tel) 086-750-5339 (faks) e-pos: [email protected]: www.gkpotchbult.co.za
Kontakons
Ds Fanie Coetzee: [email protected] Willem Steyn: [email protected]
Sopkombuis: Elsa Els: 082-460-0939Susters: Judie Coetzee: 082-619-4620Onthaalkomitee: Retha van Wyk: 083-967-1511G5 Bediening: Ds Willem Steyn: 082-854-3587Musiekbediening: Hanlie Steyn: 083 654 8652 Bedieningskommissie: Jan Geertsema: 083-271-6570Finansiële kommissie: Carools Reinecke: 082-568-5652Eiendomskommissie: Johan van Dijk: 076-383-9150Liturgiese Werkgroep: Lou van Wyk: 084-520-1086Saalverhurings: Molenstraat: Kerkkantoor: 018-297-4843Gerrit Dekkerstraat: Wilma Herbst: 082-965-7525Breekware: Molenstraat: Elma de Kock: 083-302-5282Gerrit Dekkerstraat: Wilma Herbst: 082-965-7525
Gereformeerde Kerk Potchefstroom Die BultABSA Tomstraattak 670-264-661 (Tjekrekening)
Verwysing: Van, voorletters, Wyk / KG
Bankbesonderhede
Die eerste aand van die Woordkafee-viering van TT Cloete se “loflewe” was ’n heerlike ervaring! Op kenmerkende wyse het hierdie jong 90-jarige die gehoor met sy vertellings en illustrasies bekoor en in ernstige sowel as ligte luim rondom die Psalm-omdigtings gekuier. Daarna was daar nog lekker geselstyd met hom. Een van die interessante beperkings waarmee hy gestoei het (dit is spesi-fiek op Afrikaans van toepassing), is dat die woord “liefde” wat soveel keer in die psalms voorkom, geen bruikbare woord het wat daarmee rym nie.Op 4, 11, 18, 25 Februarie om 17:30 lees TT Cloete DV self van sy geliefde omdigtings voor (verskil-lendes by elke geleentheid) en gaan hy verduide-lik waarom hulle vir hom dierbaar is. Dit sal aan-gevul word met koorsang deur lede van die Molen Kórus sodat dit ware feesgeleenthede kan wees. Daar is nog enkele kaartjies teen R25 per sessie hiervoor by Woordkafee beskikbaar.Vir hierdie eerste optrede kon Woordkafee ’n pro-fessionele opname op DVD laat maak, maar om dit vir die res ook te laat doen, het ons ’n borg/borge nodig. As die Here dit op u hart lê om hiermee te help, skakel asseblief 0824035130.
Psalms by Woordkafee
President Kruger Kinderhuise hou op 15 Maart 2014 ‘n groot fondsinsameling, genoem Hartklop Fees. Bekende kunstenaars soos Bobby van Jaarsveld, Riana Nel en Bok van Blerk gaan optree.
Kaartjies wissel tussen R 90 – R180. Die Fees sal plaasvind by NG Moreleta Ouditorium.Kaartjie beskikbaar by www.itickets.co.za - 0861 000 291
SAVF Ons Hulde, is ‘n tehuis vir bejaardes, wat grootliks staatmaak op vrywilligers van die SAVF, om fasiliteit en inwoners te bedien.Tans het hulle te min aktiewe vrywilligers, waarvan sommiges ook reeds bejaard is en is daar dring-end meer hande nodig om die inwoners te help. Hulp is nodig in veral die volgende areas:• Fisiese besoeke – een tot een kontak met inwo-ners op gereelde basis.• Hulp in die ouetehuis self, bv. met Vrydae verkope in die kombuis, persone wat braaiwerk vir verkope en familiedae kan doen.• Bemarking vir Fondsinsamelings.• Media kontakpersoon• Hulp met toesig by voetsorg Maandagmiddae.• Bywoon van dienskomitee vergaderings elke 2de maand.• Die tehuis het ook ‘n groot behoefte aan per-soonlike skoonmaakmiddels soos seep en sjam-poe indien u daarmee kan help.As u die hart, hande en tyd het om ‘n kort tydjie per week af te staan of om te help op een of ander manier, kontak asb vir Elize Prinsloo (018 294 7461 / 082 655 6308).
Hulp aan Ons Hulde