22
LES 8: STAP 3 (verv) – Die Internet en die Wêreldwye Web (WWW) Stap 3 (verv) – Die Internet en die Wêreldwye Web (WWW) 55 Doelwitte Nadat die leerders deur hierdie les gewerk het, behoort hulle te kan verduidelik wat die Internet is tussen die Internet en die Wêreldwye Web te kan onderskei ‘n e-posboodskap te kan stuur bewus te wees van netiketreëls bewus te wees van riglyne vir aanlynveiligheid ‘n inligtingsoektog op die WWW te kan beplan te kan onderskei tussen soekprogramme, onderwerplêergidse en metasoekprogramme Assessering Die vrae en aktiwiteite in die les moet deurlopend geassesseer word. Daar moet kommunikasie tussen die onderwyser en die leerders wees en die leerders moet altyd terugvoering kry. Laat die leerders hul werk self assesseer, en waar toepaslik, ook die werk van hul klasmaats. Hierna kan u dit opvolg deur hulle werk te evalueer. Hulpbronne en fasiliteite Hierdie les kan in die skool se mediasentrum aangebied word OF in die plaaslike gemeenskapbiblioteek aangebied word as u skool nie ‘n mediasentrum het nie, en u ‘n besoek daarheen kan reël OF in ‘n gewone klaskamer aangebied word as u skool nie ‘n mediasentrum het nie en u kan ‘n niefiksieboek uit elkeen van die tien hoofklasse van die Dewey-stelsel gebruik om hierdie indeling te verduidelik Die leerder kan deur die eerste deel van hierdie les in ‘n gewone klaskamer VIR DIE ONDERWYSER

LESSON 8: Step 3 (cont) - Find the right information … · Web viewBesef jy dat jy ‘n tekening gemaak het van hoe ‘n klein deeltjie van die Internet lyk! Aktiwiteit Kom ons kyk

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: LESSON 8: Step 3 (cont) - Find the right information … · Web viewBesef jy dat jy ‘n tekening gemaak het van hoe ‘n klein deeltjie van die Internet lyk! Aktiwiteit Kom ons kyk

LES 8: STAP 3 (verv) – Die Internet en die Wêreldwye Web (WWW)

Stap 3 (verv) – Die Internet en die Wêreldwye Web (WWW)

55

DoelwitteNadat die leerders deur hierdie les gewerk het, behoort hulle te kan verduidelik wat die Internet is tussen die Internet en die Wêreldwye Web te kan onderskei ‘n e-posboodskap te kan stuur bewus te wees van netiketreëls bewus te wees van riglyne vir aanlynveiligheid ‘n inligtingsoektog op die WWW te kan beplan te kan onderskei tussen soekprogramme, onderwerplêergidse en

metasoekprogramme

AssesseringDie vrae en aktiwiteite in die les moet deurlopend geassesseer word. Daar moet kommunikasie tussen die onderwyser en die leerders wees en die leerders moet altyd terugvoering kry.

Laat die leerders hul werk self assesseer, en waar toepaslik, ook die werk van hul klasmaats. Hierna kan u dit opvolg deur hulle werk te evalueer.

Hulpbronne en fasiliteiteHierdie les kan in die skool se mediasentrum aangebied word

OF in die plaaslike gemeenskapbiblioteek aangebied word as u skool nie ‘n

mediasentrum het nie, en u ‘n besoek daarheen kan reëlOF

in ‘n gewone klaskamer aangebied word as u skool nie ‘n mediasentrum het nie en u kan ‘n niefiksieboek uit elkeen van die tien hoofklasse van die Dewey-stelsel gebruik om hierdie indeling te verduidelik

Die leerder kan deur die eerste deel van hierdie les in ‘n gewone klaskamer werk het vir die res van die les toegang tot die Internet nodig

As u skool nie toegang tot die Internet het nie, kan u moontlik reël om die les by die plaaslike gemeenskapsbiblioteek aan te bied (as hulle toegang tot die Internet het) of u kan alternatiewe reëlings tref, soos om bladsye van die betrokke webbladsye te druk en hulle in die klas te gebruik om die aktiwiteite te doen.

VIR DIE ONDERWYSER

Page 2: LESSON 8: Step 3 (cont) - Find the right information … · Web viewBesef jy dat jy ‘n tekening gemaak het van hoe ‘n klein deeltjie van die Internet lyk! Aktiwiteit Kom ons kyk

LES 8: STAP 3 (verv) – Die Internet en die Wêreldwye Web (WWW)

In hierdie les gaan jy leer

van die Internet en die Wêreldwye Web hoe om na inligting op die WWW te

soek en dit te kry

Jy is nou hier:

56

Wat moet ek uitvind?Hoe evalueer ek my werk?

Watter inligtingsbronne kan ek gebruik?

Hoe kry ek die regte inligting in die bronne?

Hoe gebruik ek die 3 leestegnieke?

Hoe verwerk ek al die inligting?

Inligtings-aksieplan

WenkeU sal die wenke in die teks hieronder vind.

Bykomende aktiwiteiteLet daarop dat die bykomende aktiwiteite opsioneel is en afhang van die beskikbare hulpbronne en tyd, asook die vlak van die leerders en hul vermoë.

Aan die einde van hierdie les vind u die volgende bykomende aktiwiteite ‘n Woordelys met Internetterme Riglyne oor netiket Riglyne oor aanlynveiligheid

Page 3: LESSON 8: Step 3 (cont) - Find the right information … · Web viewBesef jy dat jy ‘n tekening gemaak het van hoe ‘n klein deeltjie van die Internet lyk! Aktiwiteit Kom ons kyk

LES 8: STAP 3 (verv) – Die Internet en die Wêreldwye Web (WWW)

In hierdie les gaan jy van die Internet en die Wêreldwye Web (WWW) leer. Jy gaan ook leer hoe om jou soektog te beplan en hoe om ‘n kaart te teken sodat jy die inligting makliker op die WWW kan kry.

Wat is die Internet?

Jy het al seker baie van die Internet en die Wêreldwye Web gehoor. Wat weet jy daarvan of wat het jy al daarvan gehoor?

WENK: Laat die klas ‘n dinkskrum hou en hulle antwoorde bespreek.

Moenie bekommerd raak as jy ‘n bietjie gesukkel het om hierdie vraag te beantwoord nie, of as jy dalk deurmekaar geraak het met die Internet en die WWW, want in hierdie les gaan jy meer daarvan leer.

Die Internet is ‘n versameling van duisende rekenaars wat aan mekaar gekoppel is of met mekaar verbind is sodat hulle kan saamwerk. Ons noem hierdie duisende rekenaars wat aan mekaar gekoppel of met mekaar verbind is, ‘n “netwerk”. Hierdie rekenaars wat met mekaar verbind is, stel jou in staat om inligting te ruil of om programme te gebruik wat op rekenaars gebêre word wat met ander netwerke verbind is. Om dit te kan doen, moet die rekenaarnetwerke sekere reëls volg, net soos jy moet doen as jy sokker, netbal of enige ander sport speel. Hierdie reëls help ook al die rekenaars in die verskillende netwerke om te verstaan wat hulle vir mekaar sê.

Kan jy vir ons wys hoe jy dink die Internet lyk? Teken ‘n prent van die Internet en volg die verskillende stappe hieronder om jou .te help.

MY TEKENING VAN DIE INTERNET

Fase 1

Begin eers met net een rekenaar. Teken dan nog ‘n rekenaar wat aan die eerste een gekoppel is. Teken nou nog drie rekenaars. Verbind nou hierdie vyf rekenaars met mekaar deur lyne van die een na die ander te trek. Jy het nou ‘n rekenaarnetwerk geteken wat uit vyf rekenaars bestaan.

Gee hierdie netwerk ‘n spesiale naam (Voorbeeld: Hobbits of Atlantis 1):

My netwerk se spesiale naam:________________________________________

57

Page 4: LESSON 8: Step 3 (cont) - Find the right information … · Web viewBesef jy dat jy ‘n tekening gemaak het van hoe ‘n klein deeltjie van die Internet lyk! Aktiwiteit Kom ons kyk

LES 8: STAP 3 (verv) – Die Internet en die Wêreldwye Web (WWW)

Fase 2

Teken nog vier netwerke net soos die eerste een wat jy geteken het. Teken elke netwerk sodat dit uit vyf (of ses, of sewe, net soveel soos jy wil) bestaan, en as jy wil, kan jy vir elkeen ‘n ander naam gee.

Naam:______________________________________________________________

___________________________________________________________________

Fase 3

In die volgende fase gaan jy elke netwerk aan al die ander netwerke verbind wat jy geteken het.

Dit was baie slim van jou! Besef jy dat jy ‘n tekening gemaak het van hoe ‘n klein deeltjie van die Internet lyk!

Aktiwiteit

Kom ons kyk wat jy al tot dusver geleer het.

A Jy weet nou dat ‘n paar rekenaars wat met mekaar verbind is, ‘n netwerk genoem word.

A ‘n Groot klomp rekenaarnetwerke wat met mekaar verbind is, word die Internet genoem.

As ons die Internet gebruik, kan ons met ander mense in verbinding tree, ons kan rekenaarprogramme of sagteware gebruik en ons kan inligting en grafika kry.

Die Wêreldwye Web (of die Web or die WWW) is een van die takke van die Internet. Die WWW bestaan uit bladsye en bladsye met inligting wat ons “webwerwe” of “webblaaie” noem. Voor jy op die Wêreldwye Web kan inkom, moet jy ‘n spesiale program op jou rekenaar installeer wat ‘n “deurblaaier” (browser) genoem word. Hierdie deurblaaiers maak dit vir jou moontlik om op die Internet na inligting te gaan soek, want dit sluit die Wêreldwye Web vir jou oop. Die twee deurblaaiers of sagtewareprogramme wat die meeste mense gebruik, is Netscape en Internet Explorer.

58

Page 5: LESSON 8: Step 3 (cont) - Find the right information … · Web viewBesef jy dat jy ‘n tekening gemaak het van hoe ‘n klein deeltjie van die Internet lyk! Aktiwiteit Kom ons kyk

LES 8: STAP 3 (verv) – Die Internet en die Wêreldwye Web (WWW)

V Onderstreep die regte antwoord. Ons gebruik die Internet hoofsaaklik om

A kontak te maak met ander mense (via e-pos) /om navorsing te

doen speletjies te speel/om inligting op die Wêreldwye Web te soek

Ons gebruik die Internet om e-pos te stuur en te ontvang, maar ons kan dit ook gebruik om inligting te soek (op die WWW) lêers van een rekenaar na ‘n ander rekenaar te stuur by ‘n groep op die Internet aan te sluit om oor ‘n spesifieke onderwerp te gesels

waarin ons belangstel (bv ‘n stokperdjie) toegang te kry tot (get access to) of om op ‘n ander rekenaar aan te meld (log on

to) op die Internet (jy kan jou bv aanmeld by ‘n biblioteekkatalogus in Washington, VSA of enige plek in die wêreld)

Die Internet word meesal gebruik om by die WWW uit te kom. Die aktiwiteit wat al hoe meer mense op die Internet gebruik en wat die populêrste is, is om inligting op die die WWW te soek.

Aktiwiteit

Kom ons hou ‘n mini-vasvra:

V1 Het jy al die Internet gebruik om e-pos te stuur?

WENK: Laat die klas hul antwoorde bespreek.

V2 As jou antwoord nee was, sou jy graag vir iemand e-pos wou stuur?

59

Page 6: LESSON 8: Step 3 (cont) - Find the right information … · Web viewBesef jy dat jy ‘n tekening gemaak het van hoe ‘n klein deeltjie van die Internet lyk! Aktiwiteit Kom ons kyk

LES 8: STAP 3 (verv) – Die Internet en die Wêreldwye Web (WWW)

WENK: U kan dit in die klas bespreek en miskien vir die klas wys hoe om ‘n e-posboodskap aan ‘n klas in dieselfde graad by ‘n ander skool in u provinsie te stuur, indien moontlik.

Dit is ook ‘n goeie idee om in hierdie stadium netiket met die klas te bespreek. Sien “Riglyne vir netiket” aan die einde van hierdie les.

(Jou onderwyseres kan dalk julle dalk leer hoe om e-pos te stuur, en as jy nie ‘n maat met ‘n e-posadres het nie, kan die onderwyser/-es dalk ‘n paar mense se name voorstel aan wie julle dalk e-pos kan stuur.)

V3 Gebruik jy ooit die WWW om inligting te soek?

WENK: Laat die klas hul antwoorde bespreek.

V4 As jy nee geantwoord het, sou jy graag wou probeer as jy die kans kry?

V5Kan jy aan twee ander name dink wat ons gebruik as ons van die Wêreldwye Web praat? (LEIDRAAD: Altwee woorde is korter as Wêreldwye Web, maar dieselfde woorde of party van die woorde kom daarin voor.)

A(a) Die Web

A(b) Die WWW

V6 Kom ons raai hoeveel webwerwe daar op die oomlik op die Wêreldwye Web is. Dink jy daar is

A

600 000 (seshonderd duisend)?20 000 (twintig duisend)?3 000 (drie duisend)?1, 2 biljoen?24 million (vier en twintig miljoen)?

Die onderwyser/es het die regte antwoord – het jy reg geraai? Die volgende vraag is natuurlik hoe op aarde gaan ons die inligting kry waarna ons soek as ons deur al hierdie miljoene webwerwe op die WWW met soek? Moenie bekommerd wees nie, want net soos jy gereedskap (soos ‘n graaf en pik) gebruik om jou te help om ‘n

60

Page 7: LESSON 8: Step 3 (cont) - Find the right information … · Web viewBesef jy dat jy ‘n tekening gemaak het van hoe ‘n klein deeltjie van die Internet lyk! Aktiwiteit Kom ons kyk

LES 8: STAP 3 (verv) – Die Internet en die Wêreldwye Web (WWW)

sloot te grawe, gebruik mens “soekgereedskap” wat jou help om inligting makliker op die WWW te kry.

Waar begin ek soek na inligting op die WWW?

Ons het hierbo gesê dat daar verskillende soorte gereedskap is om ons te help om inligting makliker op die WWW te kry. Daar is drie gereedskapfamilies wat jy hiervoor kan gebruik:

FAMILIE NOMMER EEN: soekprogramme (search engines)

FAMILIE NOMMER TWEE: onderwerplêergidse (subject directories)

FAMILIE NOMMER DRIE: metasoekprogramme (meta search engines)

Kom ons bekyk hulle elkeen van nader.

SOEKPROGRAMME

Voorbeelde

www.google.com

www.alltheweb.com

1 Dit is die beste om ‘n soekprogram te gebruik as jy op soek is na ‘n spesifieke brokkie inligting, soos die naam van ‘n plaaslike dierewinkel eerder as na inligting oor ‘n algemene onderwerp soos honde.

2 Jy begin jou soektog deur ‘n sleutelwoord te tik in die soekblokkie of spasie daarvoor op die soekprogram. ‘n Sleutelwoord is ‘n woord wat die onderwerp waarna jy soek die heel beste beskryf.

3 Die soekprogram gaan soek dan na al die die WWW-dokumente in sy databasis waarin hierdie sleutelwoord voorkom. ‘n Databasis is ‘n versameling van inligting wat in ‘n rekenaar gestoor word en wat maklik aangevul en gebruik kan word.

4 Die soekprogram “lees” deur miljoene webwerwe op soek na daardie webwerwe wat die sleutelwoord bevat wat jy ingetik het.

61

Page 8: LESSON 8: Step 3 (cont) - Find the right information … · Web viewBesef jy dat jy ‘n tekening gemaak het van hoe ‘n klein deeltjie van die Internet lyk! Aktiwiteit Kom ons kyk

LES 8: STAP 3 (verv) – Die Internet en die Wêreldwye Web (WWW)

Soekprogramme word deur babarobotjies bestuur wat ook “spinnekoppe” (spiders) of “kruipers” (crawlers) genoem word. Hierdie klein robotjies soek heeldag en heelnag deur al die hope inligting in webwerwe en stel lyste van al die webblaaie op.

Teken ‘n prent waarin jy wys hoe jy dink so ‘n babarobotjie of spinnekoppie lyk.

MY PRENT VAN ‘N BABAROBOT OF SPINNEKOP

WENK: Vra ‘n paar leerders om hul prente vir die res van die kinders te wys.

5 ‘n Soekprogram kry gewoonlik hope inligting in die databasisse. Dit is dalk nie altyd goed nie, want van die inligting wat die soekprogram vir jou opspoor, is dalk nie presies die inligting waarna jy soek nie.

Aktiwiteit

WENK: Gaan na die Internet en laat een van die leerders die URL van een van bogenoemde soekprogramme intik en bespreek dan hierdie resultate met die klas.

ONDERWERPSOEKLÊERS

Voorbeelde

www.lii.org (librarians’ index)

www.yahoo.com

www.about.com

1 Dit is die beste om ‘n onderwerpsoeklêer te gebruik as jy soek na inligting oor ‘n algemene onderwerp soos honde, eerder as na ‘n spesifieke brokkie inligting, soos die naam van ‘n spesifieke soort hondekos of ‘n sekere troeteldierwinkel.

62

Page 9: LESSON 8: Step 3 (cont) - Find the right information … · Web viewBesef jy dat jy ‘n tekening gemaak het van hoe ‘n klein deeltjie van die Internet lyk! Aktiwiteit Kom ons kyk

LES 8: STAP 3 (verv) – Die Internet en die Wêreldwye Web (WWW)

2 Onderwerpsoeklêers spoor gewoonlik minder webwerwe as soekprogramme op.

3 Hulle laat jou toe om rustig deur lyste met webwerwe te lees (browse) totdat jy hopelik die inligting kry waarna jy soek.

4 In onderwerpsoeklêers word webwerwe deur mense georganiseer volgens onderwerpe. Met ander woorde, webwerwe wat oor dieselfde soort inligting handel, word saamgegroepeer of word onder dieselfde opskrif of kategorie gerangskik. As jy byvoorbeeld “honde” intik, sal jy inligting oor verskillende soorte honde, die versorging van honde en dalk ook die geskiedenis van honde kry.

Aktiwiteit

WENK: Gaan na die Internet en laat een van die leerders die URL van een van bogenoemde onderwerpsoeklêers intik en bespreek dan hierdie resultate met die klas.

METASOEKPROGRAMME

Voorbeelde

www.ixquick.com

www.dogpile.com

www.askjeeves.com

www.ajkids.com (AksJeeves for kids)

‘n Metasoekprogram is ‘n verskriklike groot soekprogram wat ‘n hele klomp soekprogramme opdrag gee of beveel om gelyktydig na die inligting te soek wat jy nodig het.

Metasoekprogramme spoor die beste webwerwe op wat hulle kan kry en dit kan jou sommer baie tyd spaar.

Aktiwiteit

63

Page 10: LESSON 8: Step 3 (cont) - Find the right information … · Web viewBesef jy dat jy ‘n tekening gemaak het van hoe ‘n klein deeltjie van die Internet lyk! Aktiwiteit Kom ons kyk

LES 8: STAP 3 (verv) – Die Internet en die Wêreldwye Web (WWW)

WENK: Gaan na die Internet en laat een van die leerders die URL van een van bogenoemde onderwerpsoeklêers intik en bespreek dan hierdie resultate met die klas.

Dalk is jy nou ‘n bietjie deurmekaar van al die inligting oor die verskillende soorte soekgereedskap wat jy kan gebruik. Ons stel voor dat jy vir eers net die volgende drie soektuie gebruik wat spesiaal vir jong mense ontwerp is. Jy kan later ‘n paar

van die ander gebruik sodra jy meer selfvertroue het. Onthou, moenie bang wees om te eksperimenteer nie, want dit is die beste manier om nuwe dinge te leer en dit kan baie pret wees.

Die drie beste soektuie vir jong leerders

http://www.yahooligans.com

http://www.ajkids.com

http://www.kidsclick.org

Aktiwiteit

Ons gaan jou later presies wys hoe om jou soektog te beplan en sleutelwoorde uit te dink wat ‘n soektuig vir jou moet opspoor. Maar kom ons kyk gou wat jy sal uitvind as jy die volgende webwerwe gebruik:

http://www.yahooligans.com

http://www.ajkids.com

http://www.kidsclick.org

Aktiwiteit

64

Page 11: LESSON 8: Step 3 (cont) - Find the right information … · Web viewBesef jy dat jy ‘n tekening gemaak het van hoe ‘n klein deeltjie van die Internet lyk! Aktiwiteit Kom ons kyk

LES 8: STAP 3 (verv) – Die Internet en die Wêreldwye Web (WWW)

Kom ons kyk hoeveel jy al van die verskillende soektuie weet.

V Die volgende is voorbeelde van onderwerpsoeklêers:

Awww.lii.org (librarians’ index)

www.yahoo.com

www.about.com

V Daar is drie verskillende soorte soektuie wat ek kan gebruik om inligting op die WWW te kry:

A1 Soekprogramme2 Onderwerpsoeklêers3 Metasoekprogramme

V Wat is die grootste verskil tussen soekprogramme en onderwerpsoeklêers?

ASoekprogramme word deur spinnekoppe (spiders) en kruipers (crawlers) saamgestel en onderwerpsoekleêrs word deur mense saamgestel.

AEk sal ‘n soekprogram gebruik as ek op soek is na ‘n spesifieke brokkie inligting soos die naam van ‘n plaaslike dierewinkel eerder as na inligting oor ‘n algemene onderwerp soos honde.

V Die volgende is voorbeelde van soekprogramme:

A www.alltheweb.comwww.google.com

A Ek sal ‘n onderwerpsoeklêer gebruik as ek soek na algemene inligting eerder as na ‘n spesifieke brokkie inligting.

V Watter soektuig het jy al voorheen gebruik?

WENK: Laat die klas hul antwoorde bespreek.

A‘n Metasoekprogram is ‘n verskriklike groot soekprogram en dit gee ‘n hele klomp soekprogramme opdrag of beveel hulle om gelyktydig na die inligting te soek wat jy nodig het.

65

Page 12: LESSON 8: Step 3 (cont) - Find the right information … · Web viewBesef jy dat jy ‘n tekening gemaak het van hoe ‘n klein deeltjie van die Internet lyk! Aktiwiteit Kom ons kyk

LES 8: STAP 3 (verv) – Die Internet en die Wêreldwye Web (WWW)

Jy weet nou meer van die verskillende soektuie wat jy kan gebruik om inligting op die WWW te soek. Maar hoe en wanneer gebruik mens hierdie soektuie en wat moet mens doen om hierdie soektuie te vra om die inligting vir jou op te spoor?

In die volgende gedeelte vertel ons jou hoe jy jou eie inligtingsoektog kan beplan en wat jy daarna moet doen.

HOE BEGIN EK OP DIE WÊRELDWYE WEB SOEK?

Voor jy na inligting op die WWW begin soek, moet jy eers jou soektog beplan. Jy kan aan jou inligtingsoektog as ‘n soort skattejag dink. Sonder ‘n kaart (jou soekstrategie) sal dit baie moeilik wees om die versteekte skat (die regte webwerf met die inligting waarna jy soek) te kry. Jy kan baie tyd spaar deur eers ‘n soekstrategie uit te dink sodat jy nie by die verkeerde webwerwe uitkom nie.

Aktiwiteit

SOEKSTRATEGIE OF KAART

Ons gaan jou nou wys hoe om ‘n soekstrategie te gebruik om jou te help om die regte inligting op die WWW te kry. As jy hierdie aktiwiteit wil doen, het jy toegang tot die Internet nodig. As jy volgende keer weer na inligting op die Internet soek, kan jy gerus weer die volgende vyf fases gebruik.

Fase 1

Maak seker wat die onderwerp is waaroor jy navorsing moet doen of watter vraag jy moet beantwoord.

LW: Ons gee vir jou die Engelse woorde, want die meeste van die inligting wat mens op die WWW kry, is in Engels geskryf. Die beste plan is dus om die Engelse woorde in te tik.

Die onderwerp: Antieke Egipitese geboue (Ancient Egyptian buildings)

Die vraag: Vir watter tipe geboue is die Egiptenare beroemd? (What type of buildings are die Egyptians famous for?)

Fase 2

Kies ‘n sleutelwoord of soekterm wat jy in jou soektog gaan gebruik:

Pyramid

66

Page 13: LESSON 8: Step 3 (cont) - Find the right information … · Web viewBesef jy dat jy ‘n tekening gemaak het van hoe ‘n klein deeltjie van die Internet lyk! Aktiwiteit Kom ons kyk

LES 8: STAP 3 (verv) – Die Internet en die Wêreldwye Web (WWW)

Fase 3

Maak seker dat jy die sleutelwoord reg gespel het.

Voorbeeld: “pyramid” (√) in plaas van “piramid” (x)

(Nog ‘n voorbeeld: “gift baskets” (√) in plaas van "giftbaskets” (x))

Fase 4

Kies die soektuig wat jy gaan gebruik. Kom ons span eers ‘n soekprogram, byvoorbeeld GOOGLE in om te sien watter inligting dit oor piramides sal opspoor.

Maak GOOGLE oop. Tik jou sleutelwoord in die soekblokkie. Lees nou die eerste bladsy om te sien watter webwerwe GOOGLE vir jou gekry het en of hierdie werwe die soort inligting het waarna jy soek. Skryf die webwerwe neer wat volgens jou die beste inligting bevat.

1 ________________________________________

2 ________________________________________

WENK: Besluit op twee webwerwe uit die resultate wat die klas gekry het.

Kom ons probeer nou die tweede soort soektuig, ‘n onderwerpsoeklêer soos YAHOO om inligting oor piramides te soek:

Maak YAHOO oop. Tik jou sleutelwoord in die soekblokkie. Lees nou die eerste bladsy en besluit watter webwerwe volgens jou die beste inligting vir jou doel het. Skryf die name van hierdie webwerwe hieronder neer.

_______________________________________________________

_______________________________________________________

WENK: Besluit op twee webwerwe uit die resultate wat die klas gekry het.

Kom ons kyk nou watter inligting YAHOOLIGANS vir ons oor dieselfde onderwerp kan kry. Skryf die name van twee webwerwe neer wat YAHOOLIGANS gekry het en wat volgens jou die beste inligting vir jou doel het.

67

Page 14: LESSON 8: Step 3 (cont) - Find the right information … · Web viewBesef jy dat jy ‘n tekening gemaak het van hoe ‘n klein deeltjie van die Internet lyk! Aktiwiteit Kom ons kyk

LES 8: STAP 3 (verv) – Die Internet en die Wêreldwye Web (WWW)

1 _____________________________________________________

2 _____________________________________________________

WENK: Besluit op twee webwerwe uit die resultate wat die klas gekry het.

Fase 5

Besluit nou watter van hierdie webwerwe die heel beste inligting bevat.

Ek het besluit die volgende webwerwe oor piramides bevat die beste inligting vir my doel:

________________________________________________________________

________________________________________________________________

________________________________________________________________

WENK: Bespreek die redes waarom hierdie webwerwe waarskynlik die beste inligting vir hierdie bepaalde bevat met die klas.

Ons hoop hierdie aktiwiteit het jou ‘n goeie idee gegee hoe ‘n mens na inligting op die Wêreldwye Web soek.

Onthou: Dit kan gebeur dat jy nie altyd die regte inligting kry nadat jy jou sleutelwoord ingetik het nie. In die volgende les gaan ons jou ‘n paar slim maniere leer wat jy kan gebruik om jou inligtingsoektog te verbeter en te verfyn sodat jy elke keer die regte inligting sal kry wat jy vir jou spesifieke doel nodig het.

BYKOMENDE AKTIWITEITE

Bespreek hierdie woordelys, riglyne vir netiket en aanlynveiligheid met die klas as u dink dat dit gepas is vir die ouderdom en vlak van die betrokke leerders.

68

Page 15: LESSON 8: Step 3 (cont) - Find the right information … · Web viewBesef jy dat jy ‘n tekening gemaak het van hoe ‘n klein deeltjie van die Internet lyk! Aktiwiteit Kom ons kyk

LES 8: STAP 3 (verv) – Die Internet en die Wêreldwye Web (WWW)

BOOKMARK (Netscape) /FAVORITES (Internet Explorer): Dit is ‘n metode om direkte skakels na webwerwe te stoor wat jy alreeds besoek het en in jou rekenaar wil bêre sodat jy hulle weer kan lees. Jy hoef dan nie weer die webwerf se hele adres in te tik of enige van die soektuie te gebruik wat ons hierbo bespreek het nie.

Ek het hierdie metode _____________________gebruik om die volgende webwerf

__________________________________op my rekenaar te bêre sodat ek dit later weer kan besoek.

DEURBLAAIERS: ‘n Deurblaaier is ‘n program op jou rekenaar waarmee jy webblaaie of webwerwe op die WWW kan lees (bv Netscape Navigator of Internet Explorer). Die deurblaaier wat ek op my rekenaar gebruik, word _________________________ genoem.

E-POS (Elektroniese pos) word gebruik om briewe en ander dokumente van een rekenaar na ‘n ander een te stuur.

WEBWERF: ‘n Ander woord wat ook dikwels hiervoor gebruik word, is “webblad”.

SPINNEKOPPE (ENG: SPIDERS): Hulle is klein rekenaarrobotjies wat soms ook “kruipers” (crawlers) genoem word. Hierdie spinnekoppies soek heeldag en heelnag deur die hele Wêreldwye Web en besoek webwerwe en databasisse. en voeg nuwe webblaaie by die soekprogramme se databasis om hulle op datum te hou.

URL (Uniform Resource Locator): Die URL het presies dieselfde funksie op die Internet as jou posadres op ‘n brief. Mens tik dit in as jy na ‘n spesifieke webwerf op die Internet soek.

NETIKETRIGLYNE

69

Page 16: LESSON 8: Step 3 (cont) - Find the right information … · Web viewBesef jy dat jy ‘n tekening gemaak het van hoe ‘n klein deeltjie van die Internet lyk! Aktiwiteit Kom ons kyk

LES 8: STAP 3 (verv) – Die Internet en die Wêreldwye Web (WWW)

Die woord Netiket bestaan uit twee woorde, Net en Etiket. As mens hulle saamvoeg, kry jy die woord Netiket. Netiket sê vir mens hoe jy mag optree as jy aanlyn met ander mense gesels of kommunikeer.

Die volgende is ‘n lys van dinge wat jy aanlyn mag doen en nie mag doen nie:

Mens moet so beleefd wees as wat jy gewoonlik is. Moenie lelike taal gebruik nie.

Gebruik net jou e-posadres wanneer jy aanlyn gesels of e-pos stuur. Moet nooit persoonlike inligting soos jou naam, adres, telefoonnommer of wagwoord vir iemand gee nie.

Vee onbekende e-posaanhangsels uit voor jy hulle oopmaak. Hulle kan moontlik viruses bevat wat jou rekenaar se hardeskyf kan vernietig.

Moenie gemorspos stuur of aanstuur nie (Eng: spam).

Wees kort en bondig. E-pos is baie doeltreffender as jou boodskappe kort is.

Moenie nuttelose boodskappe (Eng: flames). stuur wat net ander mense se gevoelens sal seermaak nie.

Moenie e-posboodskappe stuur of gesels en alles in HOOFLETTERS tik nie, omdat dit op die Internet beteken dat jy SKREEU en dit word as baie ongeskik beskou. As jy iets in jou boodskap wil beklemtoon, kan jy onderstreping gebruik voor en na die gedeelte wat jy wil beklemtoon _soos hier_.

Kyk of jy alles reg gespel het!

Onthou dat niks wat jy op die Internet skryf privaat is nie. Enigiets wat op die Internet geskryf word, kan deur enigiemand aanlyn gelees word.

Wees versigitg as jy sarkasme of humor wil gebruik – nie alle mense verstaan dit ewe goed nie. Probeer liewer tekens (Eng: smileys) te gebruik as jy snaaks wil wees of grappies wil maak.

TEKENS (SMILEYS)

70

Page 17: LESSON 8: Step 3 (cont) - Find the right information … · Web viewBesef jy dat jy ‘n tekening gemaak het van hoe ‘n klein deeltjie van die Internet lyk! Aktiwiteit Kom ons kyk

LES 8: STAP 3 (verv) – Die Internet en die Wêreldwye Web (WWW)

Jy kan die volgende tekens (Eng: smileys) gebruik wat soos gesigsuitdrukkings lyk sodat dit duideliker is wat jy met jou boodskap wil sê. Hulle gee emosies weer soos en sê vir jou leser hoe jy op daardie oomblik voel.

:-) Glimlag

;-) Knipoog

:-( Frons

^^^ Giggel

Daar is ook baie afkortings of kortpaadjies (in Engels) wat jy vir doodgewone woorde en frases kan gebruik:

BBFN bye bye for now

BTW by the way

FAQs frequently asked question

FWIW for what it’s worth

FYI for your information

IMHO in my humble opinion

IOW in other words

OTOH on the other hand

ROFL rolling on the floor laughing

<G> grinning

<J> joking

<L> laughing

<S> smiling

<Y> yawning

RIGLYNE VIR AANLYNVEILIGHEID

71

Page 18: LESSON 8: Step 3 (cont) - Find the right information … · Web viewBesef jy dat jy ‘n tekening gemaak het van hoe ‘n klein deeltjie van die Internet lyk! Aktiwiteit Kom ons kyk

LES 8: STAP 3 (verv) – Die Internet en die Wêreldwye Web (WWW)

1 Ek sal nie persoonlike inligting soos my adres, telefoonnommer, my ouers of voogde se werkadres/telefoonnommer of die naam en adres van my skool vir iemand gee sonder my ouers of voogde se toestemming nie.

2 Ek sal my ouers of voogde dadelik sê as ek inligting teëkom wat my ongemaklik laat voel.

3 Ek sal nooit instem om iemand te ontmoet wat ek aanlyn “ontmoet” het nie onder dat ek eers met my ouers of voogde daaroor gepraat het nie. As my uers of voogde instem tot die ontmoeting, sal ek sorg dat dit in ‘n openbare lek is en ek sal een van my ouers of voogde saamneem.

4 Ek sal nooit my foto of enigiets anders vir iemand stuur voor ek nie eers met my ouers of voogde daaroor gepraat het nie.

5 Ek sal nie op enige boodskap reageer wat laag en gemeen is nie of wat my enigsins ongemaklik laat voel nie. Dit is nie my skuld as ek so ‘n boodskap kry nie, As ek so ‘n boodskap kry, sal ek my ouers of voogde dadelik daarvan vertel sodat hulle met die diensverskaffer in aanraking kan tree.

6 Ek sal met my ouers of voogde praat sodat ons aanlynreëls kan opstel. Ons sal besluit oor die tyd waarop ek aanlyn mag wees, hoe lank ek aanlyn mag wees en watter tipe webwerwe of areas ek mag besoek. Ek sal nie enige ander tipe webwerwe of areas opsoek of hierdie reëls verbreek sonder hulle toestemming nie

7 Ek sal nie my Internetwagwoord vir enigiemand (nie eenrs vir my beste maats) gee nie – net vir my ouers of voogde.

8 Ek sal ‘n verantwoordelike Internetgebruiker wees en niks doen wat ander mense kan seermaak of wat verkeerd of teen die wet is nie.

72