15
It’s is cool to be kind Afrikaans FAL 29 Junie – 10 Julie Dear Parents and learners if you are unsure about any of the work you can email me and I will help you. [email protected] The following link include the lesson plan with the work that is set out underneath.Parents can use this link or email adress if there is any uncertainties about the work. https://sites.google.com/wced.info/cwed-learnerresources/ > Primary Schools > InterSen Phase (Gr 4-7) > Afrikaans Eerste Additionele Taal > Graad 5 > Aktiwiteit Maandag 29 Junie (Boek 1) Opskrif (Please write the heading in your” Boek 1”) Luister en Praat Leesbegrip Lees die storie “die tuin” en beantwoord die vrae In ‘n klein dorpie woon ‘n dogtertjie. Haar naam is Susan. Sy hou baie daarvan om buite te wees en om in die tuin te werk. Sy is 10 jaar oud. Dit is uiteindelik lente. Sy wag al die hele winter hiervoor! Nou kan sy begin om in die tuin te werk. Sy vat haar grafie en spitvurk en begin om die bedding om te spit. Eers woel sy die grond om. Sy gaan haal toe die kompos en meng dit in die grond in. Nou wonder sy watter saadjies om te plant? Sy kan nie besluit of sy groente of blomme wil plant nie. Sy besluit om in die tuin rond te stap om te kyk wat daar is. Die winter was so lank sy wonder watter plante het alles oorleef. Rose, vetplante en clivias. Die clivias blom te pragtig. “Susan!” roep haar ma. “Ja, ma?” antwoord sy.

It’s is cool to be kind Afrikaans FAL 29 Junie – 10 Julie...It’s is cool to be kind Afrikaans FAL 29 Junie – 10 Julie Dear Parents and learners if you are unsure about any

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: It’s is cool to be kind Afrikaans FAL 29 Junie – 10 Julie...It’s is cool to be kind Afrikaans FAL 29 Junie – 10 Julie Dear Parents and learners if you are unsure about any

It’s is cool to be kind

Afrikaans FAL

29 Junie – 10 Julie

Dear Parents and learners if you are unsure about any of the work you can email me and I willhelp you.

[email protected]

The following link include the lesson plan with the work that is set out underneath.Parents canuse this link or email adress if there is any uncertainties about the work.

https://sites.google.com/wced.info/cwed-learnerresources/ > Primary Schools > InterSen Phase (Gr 4-7) > Afrikaans Eerste Additionele Taal > Graad 5 > Aktiwiteit

Maandag29 Junie (Boek 1)

Opskrif (Please write the heading in your” Boek 1”)

Luister en Praat

Leesbegrip

Lees die storie “die tuin” en beantwoord die vrae

In ‘n klein dorpie woon ‘n dogtertjie. Haar naam is Susan. Sy hou baie daarvan om buite te wees en om in die tuin te werk. Sy is 10 jaar oud. Dit is uiteindelik lente. Sy wag al die hele winter hiervoor! Nou kan sy begin om in die tuin te werk. Sy vat haar grafie en spitvurk en begin om die bedding om te spit.

Eers woel sy die grond om. Sy gaan haal toe die kompos en meng dit in die grond in. Nou wonder sy watter saadjies om te plant? Sy kan nie besluit of sy groente of blomme wil plant nie. Sy besluit om in die tuin rond te stap om te kyk wat daar is.

Die winter was so lank sy wonder watter plante het alles oorleef. Rose, vetplante enclivias. Die clivias blom te pragtig.“Susan!” roep haar ma.“Ja, ma?” antwoord sy.

Page 2: It’s is cool to be kind Afrikaans FAL 29 Junie – 10 Julie...It’s is cool to be kind Afrikaans FAL 29 Junie – 10 Julie Dear Parents and learners if you are unsure about any

“Kom help my gou met die kos asseblief.”Die plantery sal moet wag want haar ma roep haar om te help. Nou kan sy rustig vannaand besluit wat sy wil plant. Môre is nog ‘n dag.

Susan het daardie aand besluit om komkommer, blaarslaai en spinasie te plant. Die volgende dag na skool is sy toe dadelik na haar tuintjie om die groente te plant.

1.Wat is die dogtertjie se naam? 2.Hoe oud is sy? 3.Wat hou sy van om te doen?4.Watter seisoen is dit? 5.Watter tuingereedskap neem sy saam haar na buite? Noem twee.6.Wat doen sy met die tuingereedskap?7.Watter drie plante het die koue winter oorleef?8.Wat blom al te mooi?9.Hoekom het Susan se ma haar geroep?10.Wat gaan Susan vanaand doen?11.Watter groente het sy besluit om te plant?12.Wanneer het sy die groente gaan plant?

Page 3: It’s is cool to be kind Afrikaans FAL 29 Junie – 10 Julie...It’s is cool to be kind Afrikaans FAL 29 Junie – 10 Julie Dear Parents and learners if you are unsure about any

Dinsdag

30 Junie (mondelings)

Luister en Praat

Lees

Lees die storie van “die tuin” vir ‘n familielid.Maak seker dat jy die woorde korrek uitspreek.

Woensdag

1 Julie (Algemene boek)

Opskrif (Please write this heading in your “Algemene boek”)

Skryf en Aanbied

My eie tuin

Instruksies

Jy gaan nou jou eie tuin maak.Verduidelik stap vir stap in twee paragrawe hoe jy te werke sal gaan om jou blomme tuin te begin.

Onthou jou tuin bestaan nog glad nie,jy moet jou tuin van die begin af maak.

Wenke:

*Wat gaan jy plant (groente,blomme)

*Hoe groot gaan jou tuin wees

*Watter toerusting gaan jy als nodig hê om jou tuin te maak.

*Watter stappe het jy gevolg om jou tuin te maak.

Onthou om skryf en leesteken te gebruik in jou paragrawe.

Page 4: It’s is cool to be kind Afrikaans FAL 29 Junie – 10 Julie...It’s is cool to be kind Afrikaans FAL 29 Junie – 10 Julie Dear Parents and learners if you are unsure about any

Nadat jy jou paragrawe geskryf het moet jy ‘n blok trek van 10 cm by 10 cm.In die blok moet jy ‘n eenvoudige prentjie teken van jou tuin wat jy beskryf het in jou paragrawe.

Donderdag

2 Julie (Boek 1)

Opskrif (Please write the heading in your “Boek 1”)

Taalstruktuur en Konvensie (please write all the notes in you “boek 1”)

Byvoeglike naamwoorde

Wat is ‘n byvoeglike naamwoord?

‘n Byvoeglike naamwoord vertel jou meer van die selfstandige naamwoord

bv.

Die nuwe kar is groen.

Die stadige skilpad is oud

Die geel son skyn helder

Die klein dogtertjie dra ‘n rooi hoed

Aktiwiteit

Vul enige byvoeglike naamwoord in die oop spasies in.

1.Die ___________seun het ‘n ___________bal.

Page 5: It’s is cool to be kind Afrikaans FAL 29 Junie – 10 Julie...It’s is cool to be kind Afrikaans FAL 29 Junie – 10 Julie Dear Parents and learners if you are unsure about any

2.Die____________kar maak ‘n____________geluid.

3.Die___________bok het _________oor die draad gespring.

4.My____________maat dra altyd ‘n ____________rekkie in

haar____________hare.

1.Bevelsinne

Wat is ‘n bevelsin ?

Die sin word gebruik om ‘n opdrag te gee. (!)

bv Loop nou!

Hou op!

Bly stil!

Kom hier!

Wat is ‘n Stelsin?

Om iets vir iemand te sê.Dit is die sin wat die meeste gebruik word.

Bv. Ek hou van verf.

Ek hou van eet.

Ek slaap in die aand.

Ek gesels met my maat.

Wat is ‘n uitroepsin?

Page 6: It’s is cool to be kind Afrikaans FAL 29 Junie – 10 Julie...It’s is cool to be kind Afrikaans FAL 29 Junie – 10 Julie Dear Parents and learners if you are unsure about any

Om gevoelens uit te druk.

Bv wow,die koeldrank is so lekker!

Sjoe,ek is moeg!

O aarde ek hou van sing!

Wat is ‘n vraagsin?

Om ‘n vraag te vra.Dit het gewoonlik ‘n vraagteken aan die einde.

Bv Wanneer kom die bus?

Hoekom is jou hart seer?

Kan ek asseblief ‘n slukkie kry?

Mag ek asseblief ‘n koekie eet?

Aktiwiteit

Benoem die sinne.

bv Vandag is dit Maandag. (__Stelsin__)

1.Hoekom is jy alweer laat vir skool? (_______________________)

2.Ag nee, ek het my boek by die huis vergeet. (_______________________)

3.Ons stap elke dag skool toe. (_______________________)

4.Waar was julle op vakansie? (_______________________)

5.Julle moet nou stil staan! (_______________________)

6.Kom hier! Beveel mnr Jansen. (_______________________)

Page 7: It’s is cool to be kind Afrikaans FAL 29 Junie – 10 Julie...It’s is cool to be kind Afrikaans FAL 29 Junie – 10 Julie Dear Parents and learners if you are unsure about any

Vrydag

3 Julie (Boek 1)

Opskrif (Write this in your “boek 1”)

Taalstruktuur n konvensie

Verlede en toekomende tyd

Verlede tyd:

Verlede tyd word aangedui deur ge- en het te gebruik

bv. Teenwoordige tyd: Ma bel die winkel.

Verlede tyd: Ma het die winkel gebel

Stappe

Stap 1: Skuif die werkwoord na die einde van die sin.

Stap 2:Skryf “het in die plek van die werkwoord

Stap 3:Skryf “ge” voor die werkwoord

Voorbeelde

Pa slaap in sy kar.

Pa het in sy kar geslaap

Ma drink ‘n koeldrank

Ma het ‘n koeldrank gedrink.

Charlie sing ‘n liedjie

Charlie het ‘n liedjie gesing.

Page 8: It’s is cool to be kind Afrikaans FAL 29 Junie – 10 Julie...It’s is cool to be kind Afrikaans FAL 29 Junie – 10 Julie Dear Parents and learners if you are unsure about any

Toekomende tyd: Dit gaan nog gebeur (more,volgende week,dinsdag,oor ‘n jaar,oor ‘n uur)

Stappe

Stap 1: Omkring die werkwoord

Stap 2: Sit sal in die werkwoord se plek

Stap 3: Sit die werkwoord aan die einde van die sin.

Bv

Die seun skop die bal

Die seun sal die bal skop

My ma en pa kyk graag TV.

My ma en pa sal graag TV kyk.

My sussie sing en dans vir ons.

My sussie sal vir ons sing en dans.

Aktiwiteit

Skryf die sinne oor in jou boek 1 en Verander die sinne na die verlede tyd toe.

1. Ek praat baie met my maats.

2. Sarie speel met haar bal

3. Johan gooi die bal vir my.

Page 9: It’s is cool to be kind Afrikaans FAL 29 Junie – 10 Julie...It’s is cool to be kind Afrikaans FAL 29 Junie – 10 Julie Dear Parents and learners if you are unsure about any

Skryf die sinne oor in jou boek 1 en verander die sinne na die toekomende tyd toe.

1. My sussie gooi die bal.

2. Jannie eet sy groente.

3. Sarah doen haar huiswerk.

Page 10: It’s is cool to be kind Afrikaans FAL 29 Junie – 10 Julie...It’s is cool to be kind Afrikaans FAL 29 Junie – 10 Julie Dear Parents and learners if you are unsure about any

Maandag

6 Julie (Boek 1)

Opskrif (Please write the heading in your “ Boek 1”)

Lees en kyk

Lees die storie en beantwoord die vrae.

Ystervarke se lywe is met dik, harde, skerp penne bedek. Party is kort en ander is lank. Hulle gebruik die penne om hulleself te beskerm. Wanneer ’n mens in die bergevan die Kaap rondstap, sien jy dikwels ystervarkpenne op die grond rondlê. Ystervarke is taamlike groot diere.

Hulle weeg tussen 10 en 30 kg en is ongeveer 90 cm lank. Die wyfie is ongeveer 3 maande lank dragtig en skenk geboorte aan tot vier kleintjies. Hulle kan tot 20 jaarlank leef. Ystervarke is die grootste knaagdiere in suidelike Afrika. Hulle eet knolle, bolle, wortels, bas, groente, klein soogdiere en ander knaagdiere. Soms dra hulle diere se bene na die plekke waar hulle bedags rus. Daar knaag hulle aan die bene om hul tande skerp te hou.

Bedags slaap hulle in gate tussen klippe of in dik pantegroei. Hulle verlaat hierdie plekke net na sonsondergang en keer net voor sonsopkoms terug. Alhoewel hulle soms ’n skuiling met ander ystervarke deel, soek hulle gewoonlik op hul eie kos. ’n Ystervark kan nie sy penne gooi nie, maar wanneer hy dink daar is gevaar, lig hy die penne op sy rug en stert op en skud hulle.

Dit maak ’n geluid wat ander diere verjaag. Indien die geluid egter nie die jagter afskrik nie, beweeg die ystervark agteruit of sywaarts in die rigting van die aanvaller om sy penne in hom in te druk. Later groei nuwe penne vinnig terug. Die ystervarke van Afrika is dapper vegters wat nie maklik opgee nie.

In die Krugerwildtuin het ’n ystervark byna ’n luiperd doodgemaak! As jy dus ooit ’nystervark in die bos teekom, moenie te naby aan hom gaan nie!

Page 11: It’s is cool to be kind Afrikaans FAL 29 Junie – 10 Julie...It’s is cool to be kind Afrikaans FAL 29 Junie – 10 Julie Dear Parents and learners if you are unsure about any

Vrae (Write the answers in your “boek 1”)

1.Waarvoor gebruik ystervarke hul penne?

2.Wat eet ystervarke?

Kies die korrekte antwoord:

3 Wanneer ’n ystervark bedreig word

A skiet hy sy penne na sy aanvaller B skud hy sy penne C krul hy hom in ’n bal op D stamp hy sy stert op die grond

4.Ystervarke beweeg agteruit of sywaarts omdat

A hulle bang is vir mense B dit hul aanvallers afskrik C hulle hul penne in hul aanvaller wil indruk D hulle eers dans voordat hulle aanval

5.Waarom het die outeur hierdie artikel geskryf?

A Om te verduidelik hoe ystervarke eet, leef en speel B Om te sê hoe ystervarke hulleself versorg C Om ons te waarsku om nie met ystervarke te speel nie D Om ’n storie oor ystervarke te vertel

6.Watter sin oor ystervarke is nie waar nie?

A Wanneer ’n ystervark se penne regop staan, kom hulle los. B Wanneer ’n ystervark sy stert skud, maak sy penne ’n geluid. C Nuwe penne groei taamlik vinnig weer. D Ystervarkpenne is lank en skerp.

Page 12: It’s is cool to be kind Afrikaans FAL 29 Junie – 10 Julie...It’s is cool to be kind Afrikaans FAL 29 Junie – 10 Julie Dear Parents and learners if you are unsure about any

Dinsdag

7 Julie

Lees en kyk

Lees die storie vir enige familielid,laat jou familielid jou help met die uitspraak van die woorde.

Page 13: It’s is cool to be kind Afrikaans FAL 29 Junie – 10 Julie...It’s is cool to be kind Afrikaans FAL 29 Junie – 10 Julie Dear Parents and learners if you are unsure about any

Woensdag

8 Julie (“Algemene boek”)

Opskrif (Please write the heading in your “Algemene boek”)

Skryf en Aanbied

Ystervarktoebroodjies

Gebruik die inligting wat jy in die resep gelees het en herskryf die resep deur die volgenderaamwerk te gebruik.

Page 14: It’s is cool to be kind Afrikaans FAL 29 Junie – 10 Julie...It’s is cool to be kind Afrikaans FAL 29 Junie – 10 Julie Dear Parents and learners if you are unsure about any

Onthou

Jy gaan eers jou resep beplan volgens die raamwerk.Vra ‘n familielid om jou skryfstuk te redigeer.

Maak verbeterige op jou beplanning. As alle foute reg gemaak is kan jy jou finale skryfstuk skryf in jou algemene

boek. Lees en skryftekens moet voorkom in jou resep.

Donderdag

9 Julie (Boek 1)

Opskrif (Write the heading in your “Boek 1”)

Taalstrukture en konvensie

Die kappie en die deelteken

1. Watter twee woorde ken jy met ‘n kappie (b.v. skêr) en ‘n deelteken (b.v. reën)? Skryf hulle neer.

2. Skryf die volgende woorde oor in jou boek en sit die kappie (ê) of deelteken (ë) op die regte vokaal in die woorde hieronder.

geeet klient seel nerens strategiee

beinvloed goeiemore kerel wereld primere

Page 15: It’s is cool to be kind Afrikaans FAL 29 Junie – 10 Julie...It’s is cool to be kind Afrikaans FAL 29 Junie – 10 Julie Dear Parents and learners if you are unsure about any

Vrydag

10 Julie (Boek 1)

Opskrif (Write the heading in your “Boek 1”)

Taalstrukture en konvensie

Skryf die paragraaf oor in jou boek en maak die foute reg.

endag lank lank gelede was daar ‘n dogterjie.die dogtertjie se naam was jana.jana het darvan gehou om met haar baba hondjie te speel.Haar baba hondjie se aam was basjan.Basjan het ‘n geel halsband.Basjan se pels is bryn met wit en swart kolle