12
EKURHULENI NORTH September 2016 Graad 05 Afrikaans EAT ALGEMENE ASSESSERINGSTAAK AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAK SEPTEMBER 2016 GRAAD 5 Naam: _______________________________________________ Graad : 5____ INSTRUKSIES EN INSTRUKSIE Die vraestel bestaan uit twee afdelings. AFDELING A: LEESBEGRIP (30) AFDELING B: TAALLEER (20) TYD: 1 UUR Lees die vrae mooi en aandagtig deur. Dink voordat jy die vraestel beantwoord. Skryf netjies en leesbaar. 1

INTERMEDIATEPHASE | EDUCATION · Web view2016/09/21  · Hoenders, eende, kalkoene en ganse word pluimvee genoem. 2.2.1Gee die manlike vorm van ‘n hoender. _____ [1] 2.2.2Wat noem

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

EKURHULENI NORTH

September 2016

Graad 05

Afrikaans EAT

ALGEMENE ASSESSERINGSTAAK

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAK

SEPTEMBER 2016

GRAAD 5

Naam: _______________________________________________ Graad : 5____

INSTRUKSIES EN INSTRUKSIE

Die vraestel bestaan uit twee afdelings.

AFDELING A: LEESBEGRIP (30)

AFDELING B:TAALLEER(20)

TYD:1 UUR

Lees die vrae mooi en aandagtig deur.

Dink voordat jy die vraestel beantwoord.

Skryf netjies en leesbaar.

Sterkte!

AFDELING A: LEESBEGRIP

Lees die volgende storie en beantwoord die vrae wat volg:

1.“Jan!” roep sy ma. “Jy moet vir Hen-Pen gaan soek.

Sy is al lank weg!” Jan is sommer smoorkwaad

vir Hen-Pen. Hen-Pen is net spoorloos

weg! Jan is nie lus om vir Hen-Pen te gaan

soek nie. Hy loop en brom en kla, maar hy

gaan trek sy bruin broek en stewels aan.

Hy sit sy bril op en begin vir

Hen-Pen soek.

2.Buks, die hond, loop saam met Jan. Hy soek ook vir Hen-Pen. Jan soek agter die skuur. Hy gaan soek onder die groot boom in die tuin, maar hy kry vir Hen-Pen nêrens nie.

3.Hy loop oor die brug wat pappa oor die stroompie gebou het. Jan soek en soek. Buks soek en snuffel agter elke bos. Buks begin skielik opgewonde blaf. “Jippie!” skree Jan. “Buks, jy is baie oulik! Jy het vir Hen-Pen gekry!” prys Jan vir Buks.

4.Buks waai sy stert en is baie bly. Jan probeer vir Hen-Pen optel om haar huis toe te neem, maar Hen-Pen raas en kloek benoud. Sy klap haar vlerke en maak ‘n verskriklike lawaai. Jan staan weg en wonder wat vandag met Hen-Pen aan die gang is. Toe sien Jan die klein kuikentjies, in ‘n nes, onder die bos. Hy tel een, twee, drie, vier, vyf, ses, sewe, agt klein kuikentjies.

5.Hen-Pen is baie trots op haar kleingoed!

Storie geeskryf deur Anna Emm.

Verwerk uit Lekkerbekkie e-tydskrif.

Woorde: 220

smoorkwaad = very angry spoorloos = disappear without a trace

1.1Sinonieme is woorde wat dieselfde betekenis het byvoorbeeld:

benoud (in paragraaf 4) beteken bang.

Gee ‘n sinoniem vir die woorde:

1.1.1weg (paragraaf 1)______________________________________ [1]

1.1.2snuffel (paragraaf 3) _____________________________________ [1]

1.2Dink jy Jan wou vir Hen-Pen gaan soek het? (paragraaf 1) Hoekom dink jy so?

_______________________________________________________________

_______________________________________________________________

_______________________________________________________________ [2]

1.3Watter woorde in die storie vertel ons hoe Jan gevoel het omdat hy vir Hen-Pen moes gaan soek? (paragraaf 1)

_______________________________________________________________

_______________________________________________________________

_______________________________________________________________ [3]

1.4Hoeveel kuikentjies was daar in die nes? (paragraaf 4)

_______________________________________________________________ [1]

1.5Wat het Ben aangetrek om vir Hen-Pen te gaan soek? (paragraaf 1)

_______________________________________________________________

_______________________________________________________________ [3]

1.6Wie het saamgegaan om Hen-Pen te soek? (paragraaf 2)

_______________________________________________________________

_______________________________________________________________ [2]

1.7Waar het Jan orals vir Hen-Pen gaan soek? (paragraaf 2 en 3)

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________ [3]

1.8Is die volgende sinne waar of onwaar?

1.8.1Buks het Hen-Pen op die ou end gekry. (paragraaf 3)

_________________________________________________________ [1]

1.8.2Daar was ses klein kuikentjies gewees. (paragraaf 4)

_________________________________________________________ [1]

1.8.3Hen-Pen was onder ‘n bos gewees. (paragraaf 4)

_________________________________________________________ [1]

1.9Skryf ‘n nommer langs elke sin sodat die sinne in die regte volgorde is:- [6]

1.9.1Buks kry vir Hen-Pen onder ‘n bos.

1.9.2Hen-Pen is weg.

1.9.3Jan sien dat Hen-Pen kuikens het.

1.9.4Jan se ma sê dat Jan vir Hen-Pen moet gaan soek.

1.9.5Jan en Buks soek orals na Hen-Pen.

1.9.6Jan gaan vertel vir sy ma die goeie nuus van Hen-Pen se kuikentjies.

1.10Wat, dink jy, het Jan gedoen nadat hy die klein kuikentjies getel het?

(paragraaf 4)

_______________________________________________________________

_______________________________________________________________

_______________________________________________________________[2]

1.11Die titel van die storie is Hen-Pen raak weg. Kyk na die prentjie hieronder en dink aan ‘n ander titel vir die storie.

_______________________________________________________________ [1]

1.12Dink jy ‘n hen kan werklik agt kuikentjies op een slag hê?

_______________________________________________________________ [1]

1.13Dink jy Jan het sy bes probeer om Hen-Pen op te spoor? (paragraaf 1,2,3)

_______________________________________________________________ [1]

AFDELING B: TAALLEER

Beantwoord die volgende vrae.

2.1Gebruik die woorde in die blok om die volgende sinne te voltooi:

kekkel

kraai

skrop

werf

piep

2.1.1Die hoenders ________________oral op die _______________ vir kos. [2]

2.1.2‘n Haan ___________________ en ‘n hen ___________________. [2]

2.1.3Kuikens ________________________. [1]

2.2Die vroulike vorm van ‘n hoender is ‘n hen.

Hoenders, eende, kalkoene en ganse word pluimvee genoem.

2.2.1Gee die manlike vorm van ‘n hoender. __________________________ [1]

2.2.2Wat noem ons die kleintjies van ‘n hoender? ___________________ [1]

2.3Jan het ‘n hond gehad. Die meervoud van hond is honde en die verkleinwoord

van hond is hondjie.

2.3.1Wat is die meervoud van die volgende woorde:-

2.3.1.1hoender: ___________________________[1]

2.3.1.2kuiken: ___________________________[1]

2.3.2Wat is die verkleining van die volgende woorde:

2.3.2.1hoender: ___________________________[1]

2.3.2.2kuiken: ___________________________ [1]

2.4‘n Sin begin altyd met ‘n hoofletter.

Ons eindig ‘n stelsin met ‘n punt.

‘n Vraagsin (vra ‘n vraag) eindig met ‘n vraagteken.

Alle name word ook met ‘n hoofletter geskryf.

Skryf die volgende sinne korrek oor met die nodige hoofletters en leestekens.

2.4.1jan het sy hond saamgeneem

__________________________________________________________[2]

2.4.2het hulle vir hen-pen gevind

__________________________________________________________[3]

2.5Jan is nie lus om vir Hen-Pen te gaan soek nie. Ons noem dit ontkenning.

Hy kry vir Hen-Pen nêrens nie. Skryf die volgende sin oor in die ontkenning:

2.5.1Jy het vir Hen-Pen gekry.

[2]

2.6As ons wil sê dis verby, gebruik ons verlede tyd. Buks het vir Hen-Pen gekry.

Skryf die volgende sin oor in die verlede tyd:

2.6.1Jan loop oor die brug.

[2]

TOTAAL AFDELING B : 20

GROOT TOTAAL : 50

Lekker vakansie hou!!!

8