4
R500 R60 R60 R50 R180 R250 R200 R200 R240 R240 R190 R180 R180 R180 R180 Mans baadjie Mans hemde (kort mou) Dames hemp Trui (lang mou) Mans fleecy top (pull over) Mans trui (pull over) Dames fleecy top Mans hemp Kiddies hats DESEMBER 2012 Sekretaresse: Liezel Grobler 051 410 0958 [email protected] Faks 086 218 8246 D ie Dormer Genootskap wil graag aan elkeen van sy lede ‘n Geseënde Kersfees toewens, asook alle Voorspoed vir 2013! BAIE WELKOM AAN ONS NUWE LEDE: PROMOSIE ARTIKELS Vir enige aankoop van promosie artikels, kontak die Dormer kantoor by 051 410 0958. Promosie artikels sal ook beskikbaar wees tydens die Nasionale Veiling in September. MA Marks - Vredefort AS du Toit - Hekpoort Daeraad Dormers - Memel Umpukane Dormers - Clocolan Mafika Farming - Clocolan Sarjac - Bloemhof FC Cloete - Cradock Namakwari - Grootorink Benedetto Stoet - Bloemfontein Vrede Stoet - Bloemfontein Rata Dinku - Odendaalsrus Lindiwe Selinah - Hammanskraal Dr JD van Niekerk - Nababeep Oppi-Kloof Dormers - Petrusville Eerbeek Dormers - Somerset Oos Charis Trust - Luckhoff Jalico Dormers - Bloemfontein Riccor Boedery - Ermelo Pette BELANGRIKE INLIGTING : - Geen diere se geboorte- en speendata sal na 200 dae ouderdom aanvaar word vir verwerking of herverwerking nie. - Geboortes en gewigte kan op Logix ingedien word. Indien nie toegang het tot Logix nie kontak mev Ina Bouwer (051 410 0909) vir formaat vorm. KURSUSSE 2013 - 12 & 13 Februarie 2013 te Amersfoort (junior en senior keurderskursus) - Oktober 2013 te Elsenburg Landbou Kollege (datum sal later deurgegee word) VEILINGS - Die Genootskap sal nie meer 0.5% kommissie in die toekoms hef op alle veilings onder die beskerming van die Genootskap nie - uitgesluit die Nasionale veiling. - Reklame sal slegs vir veilings onder die beskerming uitgestuur word vanuit die Dormer kantoor. - Diere moet vir veilingswaardigheid gekeur word voor ‘n veiling. - Bring top ramme na Nasionale veiling. - Reserwe inskrywings vir Nasionale veiling val weg, dus ‘n maksimum van 15 ooie en 8 ramme kan ingeskryf word. KEURING - lede en keurders word versoek om die puntestelsel by keuring toe te pas. - maak seker van minimum toelaatbare speenindekse voordat diere vir keuring aangebied word. SP DORMER - Dormer SP of SP Dormer is ‘n Dormer wat geregistreer is by SA Stamboek, produksie aantekening doen en gekeur is deur ‘n Dormer keurder. - Dis ‘n Dormer wat ‘n stamboom met verwantes het waarvolgens die dier geoordeel kan word (of die verwantes (pa, ma, oupa, ouma, half-broers, -susters, ens) goed of sleg is en of hulle is wat ‘n teler nodig het vir sy plaas omstandighede.) - geregistreerde Dormers word adverteer as SP Dormers & telers gebruik hul lid nommer as bewys.

DESEMBER 2012 - Dormer SA · 2018. 3. 29. · DESEMBER 2012 Sekretaresse: Liezel Grobler 051 410 0958 • [email protected] • Faks 086 218 8246 S D ie Dormer Genootskap wil

  • Upload
    others

  • View
    5

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: DESEMBER 2012 - Dormer SA · 2018. 3. 29. · DESEMBER 2012 Sekretaresse: Liezel Grobler 051 410 0958 • dormer@studbook.co.za • Faks 086 218 8246 S D ie Dormer Genootskap wil

R500 R60 R60R50 R180

R250 R200 R200 R240 R240

R190 R180 R180 R180 R180

Mans baadjie Mans hemde (kort mou)

Dames hemp

Trui (lang mou)

Mans fleecy top (pull over)

Mans trui (pull over)

Dames fleecy top

Mans hemp

Kiddies hats

D E S E M B E R 2 0 1 2

Sekretaresse: Liezel Grobler 051 410 0958 • [email protected] • Faks 086 218 8246

NUUS

Die Dormer

Genootskap wil

graag aan elkeen van

sy lede ‘n Geseënde

Kersfees toewens,

asook alle Voorspoed vir 2013!

B a i e w e l k o m a a n o n s n u w e l e d e :

P R o m o s i e a R t i k e l sVir enige aankoop van promosie artikels, kontak die Dormer kantoor by 051 410 0958. Promosie artikels sal ook beskikbaar wees tydens die Nasionale Veiling in September.

MA Marks - VredefortAS du Toit - HekpoortDaeraad Dormers - MemelUmpukane Dormers - ClocolanMafika Farming - ClocolanSarjac - BloemhofFC Cloete - CradockNamakwari - GrootorinkBenedetto Stoet - Bloemfontein

Vrede Stoet - BloemfonteinRata Dinku - OdendaalsrusLindiwe Selinah - HammanskraalDr JD van Niekerk - Nababeep Oppi-Kloof Dormers - PetrusvilleEerbeek Dormers - Somerset OosCharis Trust - LuckhoffJalico Dormers - BloemfonteinRiccor Boedery - Ermelo

Pette

B e langr i k e i n l igt i ng :- Geen diere se geboorte- en speendata sal na 200 dae ouderdom

aanvaar word vir verwerking of herverwerking nie.- Geboortes en gewigte kan op Logix ingedien word. Indien nie

toegang het tot Logix nie kontak mev Ina Bouwer (051 410 0909) vir formaat vorm.

kursus s e 2 0 1 3- 12 & 13 Februarie 2013 te Amersfoort (junior en senior

keurderskursus)- Oktober 2013 te Elsenburg Landbou Kollege (datum sal later

deurgegee word)

Ve i l i ngs- Die Genootskap sal nie meer 0.5% kommissie in die toekoms

hef op alle veilings onder die beskerming van die Genootskap nie - uitgesluit die Nasionale veiling.

- Reklame sal slegs vir veilings onder die beskerming uitgestuur word vanuit die Dormer kantoor.

- Diere moet vir veilingswaardigheid gekeur word voor ‘n veiling.- Bring top ramme na Nasionale veiling.- Reserwe inskrywings vir Nasionale veiling val weg, dus ‘n

maksimum van 15 ooie en 8 ramme kan ingeskryf word.

keur i ng- lede en keurders word versoek om die puntestelsel by keuring

toe te pas. - maak seker van minimum toelaatbare speenindekse voordat

diere vir keuring aangebied word.

s P Dormer- Dormer SP of SP Dormer is ‘n Dormer wat geregistreer is by

SA Stamboek, produksie aantekening doen en gekeur is deur ‘n Dormer keurder.

- Dis ‘n Dormer wat ‘n stamboom met verwantes het waarvolgens die dier geoordeel kan word (of die verwantes (pa, ma, oupa, ouma, half-broers, -susters, ens) goed of sleg is en of hulle is wat ‘n teler nodig het vir sy plaas omstandighede.)

- geregistreerde Dormers word adverteer as SP Dormers & telers gebruik hul lid nommer as bewys.

Page 2: DESEMBER 2012 - Dormer SA · 2018. 3. 29. · DESEMBER 2012 Sekretaresse: Liezel Grobler 051 410 0958 • dormer@studbook.co.za • Faks 086 218 8246 S D ie Dormer Genootskap wil

HoedanigHeid naam kontakBesondeRHede PoRtefeulje

PRESIDENT Christo GroenewaldPosbus 156, Riviersonderend, 7250

028–2611 812 • 082 453 [email protected]

Mega Week, Nuwe lede & Kantoor

VISE-PRESIDENT Dolf BamPosbus 289, Amersfoort, 2490

017-753 1867 • 084 491 [email protected]

Produksie aantekening, Tegniese komitee & Nampo

RAADSLID Kobus BeyersPosbus 133, Makwassie, 2650

018 597 4036 • 083 284 [email protected]

Finansies, Veeplaas, Webblad & Raspromosie

RAADSLID Abel JordaanPosbus 30, Cradock, 5880

048-881 3525 • 084 745 [email protected]

Veilings & Afgevaardigde na SA Federasie: Kleinvee Telersgenootskappe

RAADSLID Cobus ChurchPosbus 40, Zastron, 9950

05572 vra 1513 Rouxville082 499 [email protected]

Keurings & Kursusse

RAADSLID Dr Chris NelPosbus 479, Harrismith, 9880

058-622 3173 • 083 654 [email protected]

Joernaal, Bylae in Landbouweekblad & alle Media

LEWENS ERELID VISE PRESIDENT

WT ElliottPO Box 135, Steynsburg, 5920

048 887 [email protected]

LEWENS ERELID VISE PRESIDENT

Charl van RooyenPosbus 12051, Brandhof, 9324

082 575 [email protected]

PRO & Nuusbrief

B l u P e n g e n e t i e s e ko P P e l i n g - D o l f B a m

Een van die belangrikste kenmerke van BLUP is dat dit onsydig is. Hierdie onsydigheid is egter onderworpe aan die voorwaarde dat daar voldoende genetiese koppelings in die ras is. Dit beteken dat een ram uit elke kudde nageslag in twee kuddes moet lewer. Slegs dan kan daar aanspraak gemaak word op akkurate tussen-kudde teelwaardes asook teelwaardes wat tussen jare vergelykbaar is. Kuddes wat nie geneties gekoppel is aan ander kuddes nie kan as ‘n “genetiese eiland” in die ras beskou word, hierdie kuddes se teelwaardes is nie meer onsydig nie en is ook nie vergelykbaar met die teelwaardes van ander kuddes nie.

Akkurate onsydige teelwaardes het tot gevolg dat telers die volgende stel reëls moet nakom:

1. Ten minste een ram (teelvaar) moet nageslag lewer in twee opvolgende lamseisoene binne elke kudde. Sover moontlik minstens 20 nageslag in elke lamseisoen.

2. Binne elke kudde moet daar sorg gedra word dat elke tydgenote groep voldoende nageslag van meer as een teelram bevat.

3. Om kuddes gekoppel te hou aan die huidige Dormer generasie, word aanbeveel dat elke kudde minstens een keer elke vyf jaar ‘n beproefde vaar (met minstens 20 nageslag) uit ‘n ander kudde aankoop. Dan moet jy sorg dra dat die aangekope vaar minstens 20 nageslag in jou eie kudde lewer. Een koppeling per vyf jaar is die minimum vereiste, meer koppelings sal die akkuraatheid van die vergelykbaarheid van teelwaardes verhoog.

4. ‘n Koppeling is ook geldig wanneer ‘n teler ‘n beproefde vaar met minstens 20 nageslag aan ‘n ander teler verkoop en die vaar minstens 20 nageslag in daardie kudde lewer.

5. Koppelings kan ook bewerkstelig word deur die gebruik van semen van beproefde vaars uit ander kuddes. Waag egter teen inteling!

Veil ingsreëls Vir ProDuksie Veil ings• Geen geregistreerde Dormer skaap mag verkoop word wat nie vooraf deur ‘n

Dormer keurder gekeur is nie.• Daar moet duidelik in advertensies aangedui word, hoeveel diere geregistreerde

diere is en hoeveel diere kommersiële diere is.• Neem asseblief kennis dat Dormer ramme eers “vol geregistreer” is as beide die

vaar en die moer vol geregistreer is. Ramme wat nie aan hierdie vereiste voldoen nie, moet dus as kudde ramme verkoop word, maar moet verkieslik ook vooraf gekeur word.

• Ooie mag as kommersiële diere, aanhangsel diere en/of geregistreerde diere verkoop word, maar aanhangsel ooie en geregistreerde ooie moet vooraf gekeur word.

• Ons vereis dat u ons kantoor voortaan in kennis sal stel as u veilings aanbied waar Dormers te koop aangebied word.

• Alle veilings waarop geregistreerde Dormers deur lede van die Dormergenootskap verkoop word moet ‘n offisiële Stamboek katalogus in die vasgestelde Stamboek formaat hê, ongeag of die veiling onder die beskerming van die Genootskap gehou word of nie.

• Enige Dormers wat verkoop word deur ‘n persoon of instansie wat nie ‘n lid van die Dormer Telersgenootskap is nie sal as Kommersiële Dormers of Kudde Dormers geadverteer en verkoop word.

Portefeuljes en nuwe raaD 2012/2013

namPo – dolf BamNampo was weereens ‘n groot sukses. Daar heers tans ongekende belangstelling in die Dormer ras.Ons beplan reeds aan die uitstalling vir Nampo 2013. Daar word versoek dat u met die kantoor sal skakel indien u betrokke wil raak by die uitstalling en moontlik diere wil beskikbaar stel (voor einde Februarie 2013). Alle diere wat uitgestal word sal egter onderwerp word aan ‘n keuring deur ‘n keurder van die Dormer ras.

Page 3: DESEMBER 2012 - Dormer SA · 2018. 3. 29. · DESEMBER 2012 Sekretaresse: Liezel Grobler 051 410 0958 • dormer@studbook.co.za • Faks 086 218 8246 S D ie Dormer Genootskap wil

0 5

10 15 20 25 30 35 40 45

EC FS GP KZN MP NW NC WC Nam Aantal lede 23 45 3 1 12 6 5 15 1

0

2000

4000

6000

8000

10000

12000

14000

16000

Alle ouderdomme 12 maande > 24 maande> Manlik 5093 2333 1021 Vroulik 15335 11746 8283

24 maande>

l e D e g e ta lDie Dormer Genootskap bestaan tans uit 111 lede.(soos op 13 November 2012)

D i e r e g e ta l (soos op 13 November 2012)

j o e R n a a l 2 0 1 3 :Alle advertensiemateriaal (insluitend fotos) moet voor of op 28 Februarie 2013 gestuur word aan [email protected] – kontak die kantoor vir enige navrae by 051 410 0958.

w e B B l a dIndien lede ‘n webblad het kan die “link” na die kantoor gestuur word om met die Dormer webblad “gelink” te word.

Die Dormer Nasionale veiling was weer in Bloemfontein aangebied op 6 September 2012 deur CMW-Elite met Koos Visagie as afslaer. Top diere het onder die hamer gekom met

‘n totale omset van R1,316 400-00. Ooie aangebied 80; verkoop 76. Ramme aangebied 69, verkoop 66.

duuRste Ram: R66 000-00Verkoper: JA Barnard, Johanri van Lindley

Kopers: JOR Dormers en Top 3, beide van Cradock

duuRste ooi: R13 000-00Verkoper: Me. M.F. Hanekom van Malmesbury

Koper: Jalico Dormers van Bloemfontein

gemiddelde PRys Ramme: R14 884-00gemiddelde PRys ooie: R4 492-00

t R o f e e w e n n e R s Beste string ramme – Rooihek Dormers – Scheepers Lamprecht

Beste string ooie – Remkuil Boerdery (EDMS) BPK – Johannes du Toit

Charl van Rooyen Wisseltrofee – Christo Groenewald vir die positiewe

bydrae tot die Genootskap en sy puik bestuur van die finansies.

nasionale v e i l i n g

D i n e e e n a j VDie AJV is gehou op 5 September 2012 te Sand du Plessis skool en bygewoon deur 52 lede, kommersiële lede en belangstellendes. Die lede het direk na afloop van die suksesvolle AJV by die dinee aangesluit wat by die Sand du Plessis lapa gehou was. Die dinee is ook bygewoon deur CMW Elite se bestuurder, mnr Chris Troskie en mnr Johan Norval van Landbouweekblad.

Betaal Van rekeninge:

Huidiglik is ons finansies in goeie orde en ons beplan om meer gereelde

promosie advertensies in landbou tydskrifte te plaas. Daar is egter nog

agterstallige rekeninge en ons vra asseblief dat u dit so spoedig moontlik

sal betaal. Baie dankie vir die van u wat die rekeninge gereeld betaal. Die ledegeld vir die volgende jaar is R480-00, en die per kapita per dier ouer as 12 maande is R25-00

- Die jaarlikse ledegelde is vooruitbetaalbaar op 1 Julie van elke jaar en sal as agterstallig beskou word as dit nog nie op 30 Oktober van dieselfde jaar betaal is nie.

- Waar ledegeld op 30 Oktober van enige finansiële jaar nog nie betaal is nie, kan hy as lid van die Genootskap geskrap word en sy rekening kan aan ‘n prokureur oorhandig word vir insameling van sy skulde.

mega week – j o H a n s w a R t

Die Mega Week was weer gehou op 11-15 September 2012. Graag bedank die Genootskap die volgende lede wat gehelp het met die uitstalruimte: Divan Louw, Johannes du Toit, Christo Groenewald, Claas Smith en oom Charl van Rooyen. Baie dankie ook vir Christiaan Swart van Stanford vir die blomme by stalletjie.

Page 4: DESEMBER 2012 - Dormer SA · 2018. 3. 29. · DESEMBER 2012 Sekretaresse: Liezel Grobler 051 410 0958 • dormer@studbook.co.za • Faks 086 218 8246 S D ie Dormer Genootskap wil

Wat is dit? ‘n Praktiese metode om vir ‘n teler te kan bepaal hoe elke stoetram in sy kudde presteer ten opsigte

van bouvorm. Dit dien dus as ‘n belangrike seleksiehulpmiddel

Wat oor tyd en in werklikheid gebeur het, is dat meeste Keurders en Telers nie die hele reeks van punte van 1-9 gebruik nie, maar wel meestal punte van 4-8 en met uitsondering 9. Verder gebruik meeste mense soos bo genoem eerder die punt as ‘n “bouvorm punt” wat nie meer ‘n vinnige indrukspunt is nie, maar wel die hele bouvorm met sterk en swak punte in ag neem.

Die algemene gevoel is dat die punt in die vervolg eerder as ‘n algemene “bouvorm punt” gesien word – wat dan vir Telers ‘n aanduiding kan gee hoe en waar die betrokke dier tov bouvorm geplaas word.

Die volgende kan nou as riglyn dien om ‘n dier te punt. Die hele dier word eers mooi deurgekyk van voor, van beide kante af en van agter af – dan word ‘n punt toegeken.

8-9 punt: hierdie dier het baie goeie bouvorm en balans. Manlikheid en bespiering by ramme en vroulikheid by ooie is duidelik sigbaar. Grensgeval foute kan nog steeds soos in die verlede tussen hakies aangeteken word in die opmerkings kolom. Relatief min diere sal ‘n 9 uit 9 kry, want soos ons weet is daar min perfekte diere. Diere wat hierdie punt (8 of 9) kry is na die keurder se mening uit en uit ‘n “Stoet gehalte” dier – en dus ‘n dier wat die eienaar (en selfs die keurder) met trots in sy kudde sal terughou om mee verder te teel of net so ook met dankbaarheid kan aanbied in die mark vir teeldoeleindes. Diere met ‘n 8 punt kan wel afgekeur word op verskeie redes soos bv. te klein skrotum, beenfoute ens.

7 punt: hierdie is ‘n goeie dier. Hy of sy het wel nie ‘n “perfekte” bouvorm/balans nie, maar dit is ‘n dier wat ‘n toekoms in die Teler se kudde het. Veral vroulike diere met hierdie punt kan top teeldiere uitdraai en baie goeie ooie word. Gewoonlik sal die Teler hierdie ooie korrektief paar met die verwagting

dat die nageslag dieselfde of beter bouvorm as die ooi het.

Ramme met ‘n 7 bouvorm punt is ook goeie ramme. Hulle kan in sekere gevalle in die Stoet gebruik word, maar die 7 punt is eintlik ‘n aanduiding dat dit ‘n baie sterk ram vir ‘n kommersiële kudde is. Dit is ramme wat die Teler en Genootskap se naam sal hoog hou en wat die teler met vertroue kan aanbied in die mark.

In die praktyk sien ons dat, veral waar die kondisie van die diere nie baie goed is nie, ‘n redelike persentasie diere wel later, as hulle kondisie beter is – ‘n 8 punt kan kry. Ons erken dus hiermee dat diere wat in ‘n swak kondisie is, moeilik gepunt word. Daarom ook die opmerking van vroeër dat 7 punt diere goeie diere is – alle telers behoort tevrede te wees met hierdie diere – hulle is die “hart” en getalle in ons kuddes. 7 punt diere kan ook afgekeur word vir redes wat na die mening van die keurder te erg is.

6 punt: hierdie is diere wat wel die afsnypunt vir goedkeuring maak, maar wat wel ‘n opmerking oor bespiering/balans/vroulikheid/manlikheid ens moet kry (in hakkies), en die keurder behoort dit duidelik vir die Teler uit te wys. Dit is vroulike diere waarmee die teler kan aangaan in sy kudde indien hy nog getalle wil hê en nog weidings kapasiteit oor het. Hierdie vroulike diere kan wel beter bouvorms lammers as hulle self produseer – indien hulle korrektief met die regte ram gepaar word. Hierdie is ook diere waarna die teler eerste behoort te kyk as hy ‘n behoefte het om diere uit te sit.

6 punt ramme is soos bo genoem ook diere wat goedgekeur kan word (indien daar nie ‘n ernstige afkeur of ‘n paar minder ernstige afkeur redes is nie) en wat die teler bereid en gemagtig is om te verkoop onder die Beskerming van die Genootskap. Die kopers van hierdie diere kan baie maal kommersiële boere wees wat slaglammers teel. Vroulike diere uit hierdie ramme (met ‘n sterk basis van metings, prestasie toetsing, stamboom inligting en hierdie visuele keuring) kan in meeste kommersiële kuddes ‘n positiewe bydrae lewer. Hulle dogters kan die kern vorm van baie kommersiële kuddes. Hierdie ramme is in meeste gevalle beter as “bosramme” – waarvan die koper geen inligting het nie.

5 punt: indien diere in ‘n goeie kondisie is, is hierdie diere, om een of ander afkeur rede nie aanvaarbaar vir die Genootskap nie. Hierdie ramme moet soos alle ander afgekeurde ramme, in die gees van die Dormer beleid en om die Ras te beskerm, geslag word. Vroulike diere hoef nie geslag te word nie en kan na ‘n kommersiële kudde geskuif word.

Hierdie riglyne word gegee uit die oog van ‘n praktiese keurder wat partymaal by telers kom wat sekere jare onder baie moeilike omstandighede en weidings toestande boer. Soos bo genoem speel kondisie verseker ook ‘n rol by die punte toekenning van diere.

5 punt diere (veral vroulike diere) kan ook goed gekeur word in die geval waar die keurder nie seker is, of dit wat hy sien, meer toegeskryf kan word aan kondisie nie. As daar geen strukturele en funksionele foute is nie en die dier is net in ‘n swak kondisie (soos al die ander diere in die groep), kan ‘n dier op ‘n 5 punt goedgekeur word. ‘n 5 punt goedgekeurde dier dra die boodskap oor van: oor hierdie dier is ek (as keurder) nie seker nie – kom ons gee haar ‘n kans – sy word in elk geval deur die jouself en die “Stelsel” elke jaar geëvalueer (deur haar lam), en probeer om jou diere volgende jaar in ‘n beter kondisie aan te bied vir keuring.

Onthou – Keurders is ambassadeurs vir die Ras en baie maal die enigste skakel tussen die Genootskap en die Teler – tree dus positief op en probeer so veel moontlik diere goed te keur SONDER om die Genootskap of die Teler en mede Telers te benadeel. Diere met ooglopende foute MOET afgekeur word – onafhanklik van die bouvorm punt. Om ‘n swak dier goed te keur benadeel die Keurder die Teler – maar netso kan ‘n Keurder wat goeie gemiddelde diere summier afkeur, net soveel skade aanrig itv verlore teelmateriaal, finansiële verliese en ook swak mense verhoudinge.

4 punt en minder: Hierdie diere word afgekeur – met al die afkeur redes duidelik aangeteken, net soos in die ander punte kategorieë.

v i s u e l e B e o o R d e l i n g

VeilingsDaTuMs 2013• Kinko Dormers 7de Produksieveiling - 31 Januarie 2013 • AS Jordaan -7 Februarie 2013• Daeraad Dormers – Produksieveiling - 7 Februarie 2013• V5 produksieveiling -20 Februarie 2013 • Dorwald produksieveiling - 27 Februarie 2013• Beyers en Beyers Trust - 23 Julie 2013• Kinko Dormers 8ste Produksieveiling - 31 Julie 2013• Suidkaap Promosie veiling - 1 Augustus 2013• PA Jansen van Rensburg - 8 Augustus 2013• Aan-De-Vallei & BB Agri Dormers - 14 Augustus 2013• Johanri Dormers Produksieveiling - 21 Augustus 2013• Wes-Kaap Dormer veiling - 23 Augustus 2013• Dormer Nasionale veiling - 5 September 2013 – aangebied deur BKB Lewende Hawe• Dorwald – Humansdorp - 10 September 2013

• Eversar Produksieveiling - 10 September 2013

stoetteleR van die jaaRBaie geluk aan mev Erika Hanekom wat die toekenning vir die “Stoetteler van die jaar in die afdeling: Kleinvee” gewen het. Hierdie toekenning is aan haar oorhandig tydens SA Stamboek se Jaareindfunksie op 25 Oktober 2012.

- CP van Rooyen