View
233
Download
12
Tags:
Embed Size (px)
DESCRIPTION
Boshoff Visser Geoktrooieerde Rekenmeesters en Finansiële Dienste / Chartered Accountants and Financial Services Annual Newsletter 2013
Citation preview
2013
BOSHOFFBOSHOFF VISSER VISSER PLUSPLUS
Geagte Kliënt / Dear Client
Baie welkom by die 2013 uitgawe van Boshoff Visser Plus.
Please take note that the articles in this publication were
written by our own staff members. As always, we try our best
to make sure about the factual correctness of the contents.
However, please don’t take any action based on any
information in this newsletter without getting proper advice
from any of our directors.
Boshoff Visser Plus word die laaste paar jaar hoofsaaklik in
elektroniese formaat versprei. Indien u egter ‘n gedrukte
kopie daarvan verlang, is u welkom om u naaste Boshoff
Visser kantoor te skakel.
Boshoff Visser is involved in a number of community events
and sponsorships. Throughout this newsletter you will see
photos of some of these events.
We want to make use of the opportunity to thank all our staff
members and clients for their support. Thank you for your
input without which we cannot expand our business and
improve our service levels to customers.
Groete / Regards
Pieter Wessels
INHOUD / CONTENTSWelkom / Welcome 01Welkom / Welcome 01
Beleggingswyshede vir 2013 02Beleggingswyshede vir 2013 02
Oudit teenoor ‘n Onafhanklike Oorsig 03Oudit teenoor ‘n Onafhanklike Oorsig 03
Avoiding failure of VAT audits 03Avoiding failure of VAT audits 03
Belangrikheid van ’n finansiële plan 04Belangrikheid van ’n finansiële plan 04
SASRIA: Versekering vir spesiale risiko’s 05SASRIA: Versekering vir spesiale risiko’s 05
Pay now argue later 06Pay now argue later 06
Why a Company Pension Fund orWhy a Company Pension Fund or
Group Risk Scheme? 07Group Risk Scheme? 07
Kwytskelding van skuld met afsterwe en KWB 08 Kwytskelding van skuld met afsterwe en KWB 08
Withholding tax on interest paidWithholding tax on interest paid
to foreign persons 08to foreign persons 08
2013 Begrotingshoogtepunte / 2013 Begrotingshoogtepunte /
Budget Higlights 09Budget Higlights 09
Guaranteed Investment Guaranteed Investment
vs Managed Investment 11vs Managed Investment 11
Hoe werk my Mediese Fonds? 13Hoe werk my Mediese Fonds? 13
Uitbreiding van Belastingvoordeel Uitbreiding van Belastingvoordeel
rakende Mediese Fondsbydraes 13rakende Mediese Fondsbydraes 13
Documents required to zero-rate direct exports 14Documents required to zero-rate direct exports 14
Verjaring van Aanslae 14Verjaring van Aanslae 14
Nuwe Minimum Loon: Hoe raak dit die Nuwe Minimum Loon: Hoe raak dit die
landbou en wat kan produsente doen? 15landbou en wat kan produsente doen? 15
Variable Remuneration 16Variable Remuneration 16
Kommersiële Korttermynversekering 17Kommersiële Korttermynversekering 17
Sosiale Bladsye / Social Pages 18Sosiale Bladsye / Social Pages 18
BOSHOFF VISSER PLUS 2013
CHARTERED ACCOUNTANTS AND FINANCIAL SERVICES / GEOKTROOIEERDE REKENMEESTERS EN FINANSIËLE DIENSTE01
WELKOM / WELCOME
BOSHOFF VISSER PLUS 2013
CHARTERED ACCOUNTANTS AND FINANCIAL SERVICES / GEOKTROOIEERDE REKENMEESTERS EN FINANSIËLE DIENSTE 02
1. Belê vir inkomste, die kapitaalgroei sal
vanself kom:
Enige bateklas se waarde oor die langtermyn word bepaal
deur die inkomste of potensiële inkomste wat die bateklas
kan genereer. Slegs indien ’n bate sy vermoë om ’n hoë
inkomste te genereer verbeter behoort die kapitaalwaarde
te vermeerder.
2. Moenie te veel betaal vir ’n bate nie:
Makliker gesê as gedaan. Die feit is dat baie beleggers
geneig is om te veel vir aandele of eiendom te betaal weens
sentiment wat die oorhand kry wanneer belê word.
3. Maak seker jou belegging is teen inflasie bestand:
Die maklikste manier om te verarm is om oor beleggings te
beskik wat nie inflasie oor die langtermyn klop nie. ’n
Geldmarkfonds- of vaste deposito-belegging is wel ’n
veilige of risiko averse belegging, maar is nie bestand teen
inflasie oor die langtermyn nie.
4. Handhaaf jou finansiële- of besparingsplan:
Indien jy volgens ’n uitgewerkte finansiële plan belê, hou
daarby. Wees vooraf ingelig aangaande watter risiko’s
langs die pad mag opduik, soos byvoorbeeld ‘n daling in die
kapitaalwaarde van ’n belegging.
5. Maak seker jy het ’n finansiële- of besparingsplan:
Navorsing het bewys dat mense wat oor ’n finansiële plan
beskik en daarvolgens spaar beter daaran toe is as mense
sonder ’n finansiële plan.
6. Beleggings dra risiko:
Neem berekende risiko’s by die keuse van ’n belegging in
samewerking met ’n bekwame finansiële adviseur. Enige
sodanige finansiële adviseur sal bewus daarvan wees dat
die belangrikste diens wat hy/sy aan ’n kliënt kan bied is om
te verhoed dat die kliënt permanente finansiële skade ly.
7. Moet nooit in iets belê wat jy nie verstaan nie:
Hierdie is een van Warren Buffet (suksesvolste belegger
van alle tye) se voorgeskrewe reëls. Dink maar aan
ingewikkelde beleggings die afgelope tyd soos Herman
Pretorius se sogenoemde verskansingsfonds. Niemand het
dit verstaan nie en die ontnugtering was groot.
8. Kostes, Kostes en nogmaals Kostes:
Byna soos met die aankoop van ’n eiendom waar ligging,
ligging en ligging ’n rol speel is kostes net so belangrik by
’n belegging. Enige belegging sal kostes dra. Maak seker
die advies wat jy ontvang regverdig die kostes. Verseker
ook dat die korrekte kostes ge-openbaar is.
9. Advies en nie produkte nie bied waarde:
Indien ’n finansiële adviseur slegs vergoeding ontvang as
hy/sy ’n produk van ’n spesifieke versekeringsmaatskappy
verkoop moet die “waarskuwingsligte” begin brand. Wees
eerder bereid om ’n finansiële adviseur vir sy onafhanklike
advies te vergoed en maak sodoende seker jy word nie ’n
gat in die kop gepraat om een of ander produk wat tog so
sag op die oor val te koop nie.
10. Begin net:
Sekerlik die belangrikste beleggingswysheid vir 2013 en
elke jaar daarna is om te begin belê, ongeag die skaal
daarvan.
Artikel deur Kobus Lourens
BELEGGINGS-WYSHEDE VIR 2013
BOSHOFF VISSER PLUS 2013
CHARTERED ACCOUNTANTS AND FINANCIAL SERVICES / GEOKTROOIEERDE REKENMEESTERS EN FINANSIËLE DIENSTE03
Op 1 Junie 2012 het die kantoor van Christo Klindt & Kie op Upington
‘n volwaardige Boshoff Visser kantoor geword. Christo Klindt het die
praktyk 30 jaar gelede begin en moes dink aan opvolging in sy
besigheid. Hoewel Chisto steeds betrokke is by die praktyk, word hy
vanaf 1 Februarie 2013 bygestaan deur Rudy Denil, ook ‘n
geoktrooieerde rekenmeester. Die besigheid sal voortgaan om uit die
bestaande kantore in Schröder straat die gemeenskap van Upington
te bedien. Op die foto bo verskyn van die Upington personeel.
Oudit teenoor ’n Onafhanklike Oorsig
A reason for the possible delay of a VAT refund could be
attributed to the claiming of input tax when fixed property is
acquired and employed for the purpose of generating
taxable supplies. In terms of the VAT Act claims for input tax
in such circumstances can only be processed if the
claimant of the input tax deduction is also the owner of the
fixed property. Therefore, in order to bring about a
successful claim for input tax in this regard, the claimant
must at the outset ensure that the property has already
been transferred to the name of the claimant as well as the
availability of evidence that the property will be used in
making taxable supplies.
In addition, VAT registered taxpayers (vendors) could avoid
failure of VAT audits conducted by SARS in the following
manner:
- Vendors as employers should pay over VAT on company
car fringe benefits;
- Vendors must account for output tax on the short-term
insurance compensation received, especially if the
vendors have claimed input tax on the premiums paid
for the cost of the short-term insurance;
- Vendors should refrain from claiming input tax for
non-qualifying items such as motor cars and
entertainment (which include meals and refreshments)
where such items were not used, consumed or
on-supplied for the purpose of making taxable supplies.
The above-mentioned issues represent the major reasons
for unsuccessful VAT audits, however it should not be
viewed as being exhaustive with respect to reasons for
failing VAT audits.
Article by Erick Marx
Avoiding failure of VAT audits
Die nuwe onafhanklike oorsigproses wat ten aansien van
‘n maatskappy se finansiële state toegepas kan word is
uit hoofde van die nuwe Maatskappyewet in werking
gestel om onder meer entrepreneurskap te bevorder.
Hierdie proses is minder streng en veronderstel om
goedkoper as die ouditproses vir kleiner maatskappye te
wees. Ondervinding in die buiteland het egter getoon dat
die koste van ‘n onafhanklike oorsigproses ten minste
75% van ‘n normale oudit kan beloop.
Die hoofoogmerk van ‘n ouditproses is om enige
bestuursbedrog en onreëlmatighede te identifiseer.
Daarteenoor is dit minder waarskynlik dat ‘n onafhanklike
oorsigproses bedrieglike optrede sal blootlê en daar is
ook geen vereiste ingevolge hierdie proses om verslag te
doen oor ontdekte onreëlmatighede nie.
Voorts is die omvang van ‘n onafhanklike oorsig minder in
vergelyking met dié van ‘n oudit. Evaluering van ‘n
maatskappy se interne kontrole vind byvoorbeeld nie plaas
nie en die inwin van onafhanklike ondersteunende
dokumentasie word ook nie vereis nie. Derhalwe is die vlak
van toepaslike versekering (gerusstelling) wat deur ‘n
onafhanklike oorsig gebied word minder teenoor wat ‘n
oudit in hierdie verband verskaf. Hierdie toedrag van sake
dui daarop dat ‘n onafhanklike oorsig slegs beperkte
relevante versekering (gerusstelling) kan verskaf en nie
redelike versekering soos in die geval ‘n oudit nie.
Die omstandighede hierbo uiteengesit behoort dus onder
meer in ag geneem te word by ‘n besluit of ‘n maatskappy
aan ‘n onafhanklike oorsig of andersins aan ‘n oudit
onderhewig gestel moet word.
Artikel deur Erick Marx
BOSHOFF VISSER PLUS 2013
CHARTERED ACCOUNTANTS AND FINANCIAL SERVICES / GEOKTROOIEERDE REKENMEESTERS EN FINANSIËLE DIENSTE 04
Met die skrywe van hierdie artikel is die eerste 2 maande
van 2013 alreeds verstreke. Die wêreld het toe nie vergaan
in 2012 soos wyd en syd verkondig is nie. Diegene wat dus
hul beplanning vir aftrede uitgestel of afgestel het moet
besef dat hul toekoms in hul eie hande is en behoort iets
daadwerkliks daaraan te doen.
UBS Bank, ’n Switserse Private Bank, het 'n studie gemaak
onder hul kliënte om die waarde van ’n finansiële plan te
kwantifiseer. Kliënte is in 4 kategorieë verdeel:
1. Kliënte met geen plan;
2. Kliënte met ’n basiese plan;
3. Kliënte met ’n ernstige plan; en
4. Kliënte met ’n suksesvolle plan.
Die slotsom van die studie was dat enige plan, selfs ’n
eenvoudige een, ’n beduidende impak het op die uiteindelike
waarde van jou welvaart. Navorsing het gewys dat kliënte
hul uiteindelike finansiële posisie meer as verdubbel het deur ’n
eenvoudige finansiële plan op te stel in plaas daarvan om
sonder ’n plan te probeer spaar of belê.
Elke kliënt se finansiële plan sal verskil. Algemene vrae wat
gevra moet word, is:
- Vir watter termyn wil ek belê?
- Wat is my houding teenoor risiko en potensiële opbrengs?
- Watter bateklas of kombinasie van bateklasse moet in
belê word?
- Neem ek faktore soos inkomste- en kapitaalwinsbelasting
in ag?
- Wil ek kapitaalgroei of inkomste of dalk beide hê?
Kliënte is oor die algemeen skugter vir ’n finansiële plan.
Meeste is bang vir die resultaat. Dat dit dalk te veel van
hulle mag vereis. Die feit is, indien ’n kliënt dalk R10,000-00
per maand moet spaar om onafhanklik te kan aftree of
R1,000-00 per maand om voldoende voorsiening vir sy kind
se studies te maak, dit nie ’n eksakte antwoord is nie en bly
dit beter om te begin spaar/belê (al is dit met ’n kleiner
bedrag) eerder as om niks aan die situasie te doen nie. Wat
wel belangrik is, is dat jy ’n doel voor oë en ’n padkaart moet
hê om by daardie doel uit te kom. ’n Finansiële plan kan
waarde bied sonder om ingewikkeld te wees. Raadpleeg ’n
finansiële adviseur wat vir jou van advies kan voorsien en
nie ’n produk met al die “bells and whistles” aan jou wil
verkoop nie. Iemand wat saam met jou die pad kan stap en
kortpaaie, ompaaie, snelweë en slaggate kan uitwys.
Begin vandag nog met jou finansiële plan en hou daarby!
Bron: Galileo Capital Nuusbrief.
Artikel deur Kobus Lourens
Belangrikheid van ’n finansiële plan
Boshoff Visser is vir baie jare betrokke as borg by Die Vlakte
marathon. Verlede jaar se wedloop het op 24 November 2012
plaasgevind en ten spyte van reën en sterk wind later in die dag was
dit ’n reuse-sukses met ‘n totaal van 390 inskrywings oor die drie
wedlope. Hier maak Wessel, Ferdi , Eben, Ilze, Yolandi, Anneke en
Wayne gereed vir die 10km wedloop.
BOSHOFF VISSER PLUS 2013
CHARTERED ACCOUNTANTS AND FINANCIAL SERVICES / GEOKTROOIEERDE REKENMEESTERS EN FINANSIËLE DIENSTE05
SASRIA het in 1979 tot stand gekom vir die versekering
teen politiek-gemotiveerde oproer na die oproere van
1976 toe versekeraars groot verliese gelei het. Weens
die onbekombaarheid van herversekering hierna, het die
regering van die dag ingestem om as herversekeraar op te
tree en die oproer-risiko te dra. Gevolglik het Sasria as ‘n
Artikel 21 Maatskappy ontstaan. Oor die jare is Sasria se
mandaat egter uitgebrei om ook nie-politieke, publieke /
openbare, burgerlike oproere en arbeids- en burgerlike
onluste in te sluit.
In 1998 het Sasria ‘n onafhanklike maatskappy geword
met die staat as enigste aandeelhouer en derhalwe die
enigste versekeraar van hierdie risiko’s. Dus bevat
Korttermynversekeraars se poliskontrakte uitdruklike
uitsluitings wat bepaal dat skade voortspruitend uit
gemelde oproere nie gedek is nie. Ten einde hierdie
dekking te geniet, moet dit onder ‘n Sasria-polis verseker
word. Alhoewel Sasria-dekking opsioneel is, bly dit dus van
essensiële belang om jou bates, by die aangaan van ‘n
onderliggende korttermynpolis, ook onder Sasria te
verseker. ‘n Onderliggende korttermynpolis, uitgereik deur
‘n versekeraar (Sasria-agent), is noodsaaklik vir die reël
van Sasria-dekking.
Hoe werk dit:
- Sasria funksioneer deur ‘n netwerk van
korttermynversekeraars wie as agente vir Sasria optree.
Die betrokke versekeraars doen die onderskrywing
namens Sasria ooreenkomstig die Sasria Regulasies en
vorder ook die premies namens Sasria in.
- Die Sasria-kontrak word in ‘n koepon-formaat saam met
die onderliggende korttermynpolis deur die versekeraar
uitgereik.
- Sasria-premies word bereken deur die toepassing van
‘n klein tariefpersentasie op die versekerde bedrae,
behalwe in die geval van voertuie waar dit ‘n vaste
premiebedrag per voertuig is.
- Sasria doen geen direkte besigheid met kliënte nie,
maar slegs deur hul agente en makelaars wie vir hulle ‘n
onontbeerlike funksie in die administering van hul
besigheid verrig. Alle onderhandelings /
korrespondensie moet dus met die agent gevoer word.
- Eise wat voorval word by die versekeraar (agent) wie
die koepon uitgereik het, aangemeld en in oorleg met
Sasria hanteer.
- Dit is ‘n voorwaarde van die Sasria koepon-polis dat die
versekeraars se onderliggende polis van krag / in
werking moet wees en premies tot op datum betaal is by
die plaasvind van ‘n gebeurtenis wat tot ‘n eis
aanleiding gee.
- Al die terme, voorwaardes, uitsluitings en waarborge
soos van toepassing op die versekeraar se polis,
behalwe die uitsluitings in verband met oproer, sal geld.
- Uitbreiding sonder die onderliggende polis word nie ook
outomaties by die Sasria koepon ingesluit nie, maar
moet pertinent in die koepon deur middel van die
betrokke versekerde bedrae en premieberekenings
gereflekteer word.
- Enige bybetaling van toepassing op die versekeraar se
onderliggende polis sal geld.
- Die voorwaarde van awery (onderversekering) is van
toepassing op alle bates verseker onder die
Brandversekerings-koepon. Die formule vir die
berekening van onderversekering, sal dus in geval van
verlies of skade toegepas word, waaronder versekering
sou voorkom.
- Voertuie word teen hul “retail” (herverkoopwaarde),
verseker.
Teen ‘n minimale premie geniet die kliënt dus dekking teen
verlies of skade voortspruitend uit oproere en onluste.
Alhoewel dit soms as ‘n onnodige uitgawe ondervind
mag word, kan dit ten tye van oproerige optredes deur
georganiseerde groepe van onskatbare waarde wees.
Artikel deur Bert Kleynhans
SASRIA: Versekering vir spesiale risiko’s
BOSHOFF VISSER PLUS 2013
CHARTERED ACCOUNTANTS AND FINANCIAL SERVICES / GEOKTROOIEERDE REKENMEESTERS EN FINANSIËLE DIENSTE 06
the possible postponement of payment. Should SARS
decide that the payment may not be suspended, SARS may
in any event not recover the tax during the following 10
business days. This state of affairs will allow the taxpayer
to consider further its rights.
The taxpayer must continuously follow up on the progress
of the application until the date the suspension has been
confirmed or declined by SARS.
It follows that if the assessment is disputed by the taxpayer,
such dispute must be filed timely and according to the
dispute resolution rules.
Hence, it is of paramount importance that a taxpayer should
first consult with a tax practitioner before deciding to
dispute an assessment. With the assistance and guidance
of a tax practitioner, adhering to the right procedures and
any further requirements will be ensured.
Article by Erick Marx
The new Tax Administration Act (TAA) was introduced with
effect from 1 October 2012. While there is agreement that
the TAA has extended taxpayer rights, it also reinforced and
bolstered the powers of SARS.
Tax evaders and non-compliant taxpayers can expect
stricter enforcement measures as SARS is tightening the
grip on non-compliance.
The principle of “Pay Now, Argue Later” has always been
followed by SARS. It means that once returns are filed and
assessments raised, taxpayers should pay taxes arising
from it. The TAA reinforces this principle and SARS is set to
follow the process as laid down in terms of the TAA.
Therefore, taxpayers who are unsatisfied with an assessment
raised by SARS should file a formal request to suspend the
collection of taxes raised and also enter into a dispute
resolution process with SARS.
Of essence is the acceptance by SARS of any request for
Boshoff Visser het in 2012 weer ‘n aandelespel vir Hoërskole
aangebied. Hoërskool Swellendam se Fast 5 span (almal matriek
leerders) het uiteindelik as wenners uit die stryd getree met Ashton
Sekondêr se CFC span (op die foto) in die tweede plek en Hoërskool
Swellendam se Volhoubare Korttermyn Beleggings span derde.
Boshoff Visser het weer die jaar die Steakhouse by die jaarlikse
Megaweek geborg. Die Steakhouse word jaarliks deur Rûens Kollege,
‘n klein privaat skool met die leuse: “Size tel nie, net guts” gehou as
fondsinsamelingsgeleentheid. Ons firma is trots om verbonde te
wees aan die skool wat duisende steaks van hoogstaande gehalte
oor vier dae onder moeilike omstandighede gaarmaak en bedien.
PAY NOW ARGUE LATER
BOSHOFF VISSER PLUS 2013
CHARTERED ACCOUNTANTS AND FINANCIAL SERVICES / GEOKTROOIEERDE REKENMEESTERS EN FINANSIËLE DIENSTE07
Smaller businesses have always struggled to compete with
the employee benefits that bigger companies are able to
offer to their employees and also the sense of security that
comes with it.
By means of having a Retirement Fund in place, a company/
employer creates a sense of security and peace of mind to
both the employer and its employees. This may decrease
employee turnover and also attract new employees, merely
for the fact that the employer provides additional benefits to
their employees.
The current monthly old age pension is R1 260 per month,
or R1 280 for pensioners over the age of 75. This could be
enough for some people, but if you earned an amount
higher than that prior to retirement and did not belong to a
retirement fund, this would not be enough to maintain your
standard of living.
For this reason National Treasury keeps putting emphasis on a
compulsory retirement fund of some sort. According to
discussion papers released since 2007, this will most
probably involve the private retirement fund industry.
Although there are still many uncertainties regarding this
issue, the question is:
Should a company wait until retirement funds become
compulsory or should there be pro-active action? The
answer to this question is a most definite YES to pro-active
planning and implementing such a fund in a company.
Boshoff Visser Employee Benefits seeks to provide a
cost/tax effective retirement solution to a wide variety of
companies, no matter how big or small. We provide
services on a comprehensive range of retirement funds and
group schemes. This includes well structured products that
enable employers to offer their employees a packaged
retirement solution with benefits at the lowest possible cost.
Designed products could be anyone of the following:
- Pension fund
- Provident fund
- Group retirement annuity scheme
- Group risk insurance scheme
- Group funeral scheme.
The question could also be asked
- Why should the company be involved?
- Why not offering an employee a cash only remuneration
in order for each individual employee to seek his/her
own advice and products?
The answer to the above is plain and simple. The economy
of scale could be achieved in a group product, while
individual needs could still be addressed in your modern
Umbrella Retirement Fund products. This includes the
following:
- Cheaper group rates
- Cheaper Fund manager fees
- Medical proof free insurance
- Additional tax saving options
- Trustee protection
- No Tax on Interest, Capital Gains Tax or Dividend
Withholding Tax within a retirement fund.
During retirement a pensioner should be able to live
comfortably with their Pension fund money. The reality is
that too many South Africans reach retirement age without
sufficient (if any) retirement capital available to provide
them with sufficient income during retirement.
Article by Ferdi Jacobs
Why a Company Pension Fund orGroup Risk Scheme?
BOSHOFF VISSER PLUS 2013
CHARTERED ACCOUNTANTS AND FINANCIAL SERVICES / GEOKTROOIEERDE REKENMEESTERS EN FINANSIËLE DIENSTE 08
Kwytskelding van skuld met afsterwe en KWB
Tot op hede sal die kwytskelding by afsterwe deur ‘n ouer
van ‘n skuld wat deur ‘n kind aan hom verskuldig mag
wees daartoe aanleiding gee dat die betrokke kind ‘n
belastingaanspreeklikheid rakende die betrokke voordeel
mag opdoen. Die ouer sal gewoonlik by wyse van sy
testament bepaal dat die kind by die ouer se afsterwe
kwytgeskel word om die skuld aan die bestorwe boedel
terug te betaal.
Die belastingaanspreeklikheid wat die kind in hierdie
verband by die ouer se afsterwe mag oploop het
betrekking op ‘n geagte kapitale wins wat dan in die
hande van die kind sal ontstaan.
Met ingang van belastingjare wat op of na 1 Januarie
2013 ‘n aanvang neem sal die bemaking van ‘n skuld wat
‘n boedelbate van die krediteur (ouer) uitmaak nie meer
by die krediteur (ouer) se afsterwe aanleiding tot ‘n
geagte kapi ta le wins in d ie hande van d ie debi teur
(kind) gee nie. Die kapitaalwinsbelasting (KWB) –
aanspreeklikheid wat tot op hede in die hande van die
debiteur (kind) mag ontstaan het sal gevolglik vanaf
belastingjare wat op of na 1 Januarie 2013 ‘n aanvang
neem nie meer ‘n realiteit vir sodanige debiteur (kind)
wees nie.
Artikel deur Erick Marx
Withholding tax on interest paid to foreign personsCurrently, interest paid to foreign residents (natural
persons) on loans advanced to South African residents
are exempt from income tax on condition that the
physical presence in South Africa of the relevant foreign
creditor is limited to 183 days (6 months) or less during a
tax year or such creditor does not carry on a business
through a permanent establishment in South Africa.
However, with effect from 1 July 2013 withholding tax on
interest at a rate of 15% will apply to all interest paid by
South African residents to foreign residents (natural
persons) in respect of loans advanced to South African
residents, except of course where the foreign residents
are subject to normal tax in South Africa.
A foreign person (natural person) will be subject to
normal tax in South Africa if such person was physically
present in South Africa for a period exceeding 183 days
(6 months) during the twelve-month period preceding the
date of interest payment or carried on a business through
a permanent establishment during the twelve-month
period preceding the date of interest payment.
To conclude, these changes that wil l be made to the
withholding tax arena, demand consideration of the
following administrative consequences:
- The liability to withhold tax on interest will remain with
the South African resident making payment of the
interest for the benefit of the foreign resident;
- Withholding of taxes will take place on the date that
the interest is paid or becomes due and payable;
- Payment of withholding tax to SARS must be made at
the end of the month following the month in which the
interest was paid; and
- Any claim for a refund, in the case of an overpayment
to SARS, must be made solely to SARS within 3 years
after the payment of interest.
Article by Erick Marx
Die Bredasdorp tak en sy kliënte en vriende het weer met Kersfees
saam met Kindersorg betrokke geraak in die gemeenskap. Elke
pleegsorgkind in die omgewing het ‘n geskenkpakkie gekry om hulle
Kerstyd op te helder. Op elke dorp in die area is ‘n Kerspartytjie
gehou waar die kinders iets te ete kon geniet en die geskenke
uitgedeel is.
BOSHOFF VISSER PLUS 2013
CHARTERED ACCOUNTANTS AND FINANCIAL SERVICES / GEOKTROOIEERDE REKENMEESTERS EN FINANSIËLE DIENSTE09
2013 BEGROTINGSHOOGTEPUNTE / BUDGET HIGLIGHTS
PERSONAL INCOME TAX RATE AND BRACKET STRUCTURE
2013
Taxable Income (R) Rates of Tax (R)
R0 - R160 000 18% of each R1
R160 001 - R250 000 R28 800 + 25% of the
amount above R160 000
R250 001 - R346 000 R51 300 + 30% of the
amount above R250 000
R346 001 - R484 000 R80 100 + 35% of the
amount above R346 000
R484 001 - R617 000 R128 400 + 38% of the
amount above R484 000
R617 001 and above R178 940 + 40% of the
amount above R617 000
2013 Rebates
Primêre korting R11 440
Sekondêre korting R6 390
Tersiêre korting R2 130
2013 Tax Thresholds
Onder 65 jaar R63 556
65 jaar en ouer R99 056
75 jaar en ouer R110 889
2013 Interest Exemption
Onder 65 jaar R22 800
65 jaar en ouer R33 000
2014
Taxable Income (R) Rates of Tax (R)
R0 - R165 600 18% of each R1
R165 601 - R258 750 R29 808 + 25% of the
amount above R165 600
R258 751 - R358 110 R53 096 + 30% of the
amount above R258 750
R358 111 - R500 940 R82 904 + 35% of the
amount above R358 110
R500 941 - R638 600 R132 894 + 38% of the
amount above R500 940
R638 601 and above R185 205 + 40% of the
amount above R638 600
2014 Rebates
Primary R12 080
Secondary R6 750
Tertiary R2 250
2014 Tax Thresholds
Primary R67 111
Age 65 and over R104 611
Age 75 and over R117 111
2014 Interest Exemption
Under 65 years R23 800
Age 65 and over R34 500
INDIVIDUALS
REISTOELAES
Waarde van voertuig (R) Vaste koste (R p.j.) Brandstof (c/km) Onderhoud (c/km)
0 - 60 000 19 310 81.40 26.20
60 001 - 120 000 38 333 86.10 29.50
120 001 - 180 000 52 033 90.80 32.80
180 001 - 240 000 65 667 98.70 39.40
240 001 - 300 000 78 192 113.60 46.30
300 001 - 360 000 90 668 130.30 54.40
360 001 - 420 000 104 374 134.70 67.70
420 001 - 480 000 118 078 147.70 70.50
Over 480 000 118 078 147.70 70.50
Alternatiewe geagte koste per km (onderhewig 2012/2013 2013/2014
aan sekere voorwaardes) 316 c/km 324 c/km
Geen aftrekking mag geëis word indien daar nie ‘n logboek bygehou word nie. 80% van die belastingpligtige se reistoelaag
moet by die belasbare inkomste ingesluit word om maandeliks die LBS te bereken.
USE OF COMPANY CAR
The % included in an employee’s taxable income remains at 3.5% of the determined value of the vehicle. Where the vehicle is subject
to a maintenance plan, at the time the employer acquired the vehicle, the taxable value is 3.25% of the determined value.
BOSHOFF VISSER PLUS 2013
CHARTERED ACCOUNTANTS AND FINANCIAL SERVICES / GEOKTROOIEERDE REKENMEESTERS EN FINANSIËLE DIENSTE 10
COMPANIES
DISCLAIMER
Boshoff Visser accepts no liability whatsoever for any losses, damage
or cost incurred which may arise from information published in this
document. Please contact anyone of the directors of Boshoff Visser before
any decisions are made regarding information published.
MEDICAL EXPENSES
Taxpayers 65 and older may claim all qualifying expenditure.
Taxpayers under 65, where the taxpayer or the taxpayer’s
spouse or child is a person with a disability may in determining
tax payable deduct monthly contributions to medical schemes
(a tax rebate to be known as a medical scheme tax credit) up to
R 242 for each of the taxpayer and the first dependant on the
medical scheme and R 162 for each additional dependant. When
determining taxable income they can also claim a deduction for
medical scheme contributions exceeding 4 times the amount of
medical scheme fees tax credits and claim all qualifying medical
expenses (which excludes medical scheme contributions).
Other taxpayers under 65 may in determining tax payable deduct
monthly contributions to medical schemes (a tax rebate to be
known as a medical scheme fees tax credit) up to R 242 for each
of the taxpayer and the first dependant on the medical scheme
and R 162 for each additional dependant. When determining
taxable income they can also claim a deduction for medical
scheme contributions exceeding 4 times the amount of the
medical schemes fees tax credits and any other medical expenses
limited to the amount which exceeds 7.5% of taxable income
(excluding retirement fund lump sums).
RETIREMENT LUMP SUM BENEFITS / SEVERANCE BENEFITS
2014
0 – 315 000 0% of taxable income
315 000 – 630 000 18% of each R above R 315 000
630 000 – 945 000 56 700 + 27% of each R above R 630 000
945 001 and more 141 750 + 36% of each R above R 945 000
CORPORATE INCOME TAX
Company tax rates 2012/2013 2013/2014
Normal income tax 28% 28%
Employment company 28% 28%
Foreign resident companies
earning SA source income 28% 28%
Dividends tax 15% 15%
KLEINSAKE KORPORASIES
Die 2013/2014 belastingkoerse is as volg:
0 – R 67 111 0%
R 67 112 – R 365 000 7%
R 365 001 – R 550 000 21%
R 550 001 en meer 28%
MICRO BUSINESSES
2014 Turnover 2014 Tax liability
0 – 150 000 0%
150 001 – 300 000 1% of each R above R150 000
300 001 – 500 000 1 500 + 2% of each R above R 300 000
500 001 – 750 000 5 500 + 4% of each R above R 500 000
750 001 and above 15 500 + 6% of each R above R 750 000
BTW
Die jaarlikse omsetkerf vir verpligte BTW - registrasie bly op
R1 miljoen. Die jaarlikse omsetkerf vir boerderye wat elke ses
of elke vier maande BTW - opgawes inhandig bly op
R1.5 miljoen.
SKENKINGSBELASTING
Die jaarlikse skenkingsbelasting-vrystelling vir natuurlike
persone is onveranderd op R100 000 en die koers bly 20%.
CAPITAL GAINS TAX
Maximum effective rate of tax:
Individuals and special trusts 13.3%
Companies 18.6%
Other Trusts 26.6%
The exclusion threshold for capital gains and losses for individuals
and special trusts remains at R 30 000. The annual exclusion
for individuals in the year of death remains at R300 000. The
primary residence exclusion for individuals is R 2 million. The
capital gains exclusion on disposal of a small business when a
person is over 55 years old will remain at R1 800 000 when the
market value of the active business assets does not exceed R
10 000 000.
TRANSFER DUTY
Transfer duty rates remain unchanged for the 2014 tax year at
the following rates:
Property value Rate
0 – 600 000 0%
600,001 – 1,000,000 3% of each R above R600,000
1,000,001 – 1,500,000 12,000 + 5% of each R
above R1,000,000
1,500,001 and above 37,000 + 8% of each R above
R1,500,000
ESTATE DUTY
Estate duty is levied at a flat rate of 20% on property of residents
and South African property of non-residents. A basic deduction
of R 35 million is allowed in determination of an estate’s liability
for estate duty as well as deductions for liabilities, bequests to
public benefit organizations and property accruing to surviving
spouses.
FUEL LEVIES
The fuel levies on petrol and diesel will be increased by 23c
per litre from 3 April 2013.
BOSHOFF VISSER PLUS 2013
CHARTERED ACCOUNTANTS AND FINANCIAL SERVICES / GEOKTROOIEERDE REKENMEESTERS EN FINANSIËLE DIENSTE11
Due uncertainty and volatility in the economy, many
investors are requesting guarantees on their investments.
Advisors would sometimes recommend it and although it
makes sense to do so, it could over the long term be
detrimental to the client.
Guaranteed investments usually have a five year term. All
capital is fixed for five years and only the income is
available for use. The quoted return on the investment is
usually after all taxes and costs have been taken into
account.
A recent guarantee plan was quoted as follows.
A capital sum of R1 million can be invested at a guaranteed
rate of 6,25%. The term is 5 years and the capital is not
available during this period. The advisor could earn up to a
maximum of 3% of the capital value. In this case the advisor
will be earning R 22 000-00 (2.2%) (VAT excluded). No
management of this investment is required.
The investor is exposed to the following disadvantages:
1. Capital is fixed for the full duration.
A significant problem with the above guarantee plan is that
the investor's money is now fixed for 5 years at a low
interest rate. Inflation is currently 5,7% and real growth (i.e.
after inflation) almost zero. If the interest rate in the
investment period increases, the investor will not share in
it. In the current low interest rate environment, there is
"risk" within the guarantee plan.
Guaranteed Investment VS
Managed Investment
BOSHOFF VISSER PLUS 2013
CHARTERED ACCOUNTANTS AND FINANCIAL SERVICES / GEOKTROOIEERDE REKENMEESTERS EN FINANSIËLE DIENSTE 12
2. The cost of a guarantee plan.
There is no such thing as a free lunch. With a guaranteed
plan an investor’s costs would be considerably more than a
managed investment due to upfront advisor commissions,
product fees and underwriting expenses for the security the
guaranteed investor receives. All of these costs decreases
the guaranteed rate.
3. Who provides the guarantee.
To quantify the word guarantee is not always so easy. In the
past three years several investors have sustained severe
losses due to companies that could not maintain and honor
their guarantee. Do names such as Sharemax, PIC
Syndications, Lehman Brothers and Bear Sterns ring a bell?
In contrast to this, an investor can invest in a managed
investment portfolio.
There is no guaranteed return. Rather investments is
managed to deliver the highest return given the level of risk
that the investor is willing to take. Capital gains tax is
payable when investments is withdrawn and all interest
remaining after the interest exemption is taxable in the
hands of the investor.
Investors is free to change the asset allocation, fund
selection and risk exposure within the investment at any
given time. The investment is transparent with respect to
assets invested in and the costs incurred. Contributions
and withdrawals from the investment can be made.
The table below shows returns (after management costs)
by Coronation unit trust funds over the past five and ten
years (until 31 May, 2012).
Fund 5 Years 10 Years
Money Market 8.42% 8.57%
Fixed Interest 9.26% 10.93%
Balanced 8.29% 15.35%
Property 11.30% 21.41%
Equity 8.34% 18.69%
Source: https://secure.fc.oldmutual.co.za/Tools/FundGraphing
From the above it is clear that a well managed portfolio
over the long term (despite recessions) should beat a
guaranteed plan by only investing in a fixed interest fund.
The reason for this is that the interest rate cycle usually last
for less than 5 years.
With any investment there are various options and
scenarios to take into consideration. Make sure that
specialists advise you when it comes to your hard earned
money. Boshoff Visser Financial Services (Pty) Ltd is proud
to have 7 CFP® qualified financial advisers. Please feel
free to contact them for advice or visit our website at
www.boshoffvisser.co.za.
Article by Guillaume Oberholzer
Vir die 9de jaar agtereenvolgens was Boshoff Visser die borg van
die Buurskole Sportdag by Laerskool Swellendam. Hierdie dag bied
aan verskeie laerskole in die onmiddellike omgewing van
Swellendam naamlik Ashton, Montagu, Robertson, Heidelberg en
Bredasdorp die geleentheid om teen mekaar mee te ding. Ongeveer
1200 kinders van alle ouderdomme het deelgeneem aan netbal en
rugby terwyl ’n feestelike atmosfeer om die veld geheers het danksy
al die ouers se ondersteuning.
Johann Sadie Rekenmeesters vier vanjaar sy 50ste bestaansjaar
en is ‘n bekende naam in Malmesbury en die res van die Swartland.
Johann se pa Bill het die praktyk in 1963 begin, met Johann wat in
latere jare by hom oorgeneem het. Wilhelm is die derde geslag
Sadie wat by die besigheid betrokke raak en het in Januarie vanjaar
by die kantoor aangesluit. Boshoff Visser het op 1 November 2012
‘n 50% belang in die praktyk bekom met Johann wat aanbly as
aandeelhouer en besturende direkteur.
Dit is vir Boshoff Visser se Mediese Fonds-afdeling
belangrik om die volgende inligting in verband met mediese
fondse met u te deel, aangesien daar by baie mense
onsekerheid is oor die werking van hierdie fondse:
- Kontakbesonderhede:
Op u lidmaatskapkaart verskyn die telefoonnommer van die
kliëntediens-afdeling. Hierdie nommer moet u te alle tye
gebruik vir enige navrae, hospitaal-magtigings en dies
meer.
- Chroniese Medikasie:
Afhangende van u fonds moet of ’n aansoekvorm deur u
huisdokter voltooi word, of u huisdokter of apteker moet
inskakel na u mediese fonds en u medikasie registreer. Alle
mediese fondse, selfs ’n Hospitaalplan, is verplig om 25
chroniese toestande te dek.
- Eise:
Indien die verskaffer nie self die eis elektronies indien nie
kan u die eis faks of epos na u mediese fonds. Indien u die
eis betaal het, moet die kwitansie tesame met die eis
ingedien word. Indien u die eis pos, hou altyd ’n afskrif. Eise
moet binne 4 maande die fonds bereik.
- Voorafmagtiging vir Hospitaalopnames,
Skanderings, Endoskopieë ensovoorts:
Wanneer u vir ’n operasie / prosedure gaan, vra vooraf wat
die tarief is. Indien ’n spesialis uitgekontrakteer is, vra die
spesialis meer as wat u fonds betaal. Indien u nie “Gap”
dekking het nie, gaan u die verskil uit u eie sak moet betaal.
- Dag-tot-Dag (Buite Hospitaal) Dekking:
Indien u ’n spaarkomponent het (met ander woorde ’n Nuwe
Generasie Fonds) sal enige positiewe spaarsaldo tot 31
Desember, oorgedra word na die volgende nuwe jaar.
Indien u ’n Tradisionele Fonds het, met ander woorde
limiete vir tande, medikasie en doktersbesoeke, is die
limiete nie oordraagbaar na die volgende nuwe jaar nie.
- Registrasie van Afhanklike / Baba:
Pasgebore babas moet binne 30 dae geregistreer word op
u fonds. ‘n Versuim om die baba op hierdie wyse te
registreer sal meebring dat die baba onderskryf word (met
ander woorde wagperiodes kan toegepas word). Vir die
byvoeging van afhanklikes moet die nodige vorm voltooi
word.
Ons hoop dat hierdie inligting vir u van waarde sal wees.
Artikel deur Karin Theron en Anel Heyns
Hoe werk my Mediese Fonds?
BOSHOFF VISSER PLUS 2013
CHARTERED ACCOUNTANTS AND FINANCIAL SERVICES / GEOKTROOIEERDE REKENMEESTERS EN FINANSIËLE DIENSTE13
Uitbreiding van Belastingvoordeel rakende Mediese Fondsbydraes
Die definisie van ‘n “afhanklike” (“dependent”) rakende
die bepaling van die belastingvoordeel met betrekking tot
mediese fondsbydraes is uitgebrei deur die insluiting by
sodanige definisie van enige persoon wat ingevolge die
reëls van ‘n mediese skema as ‘n afhanklike erken word.
Individuele belastingpligtiges wat familielede bystaan om
hulle mediese fondsbydraes te betaal sal nou vir ‘n
belastingvoordeel ten aansien van sulke bydraes in
aanmerking kom.
Afhanklikes van ‘n belastingpligtige sluit dus nou ‘n gade,
kinders en enige ander persone, soos byvoorbeeld
niggies, neefs, ouers en grootouers in wat as afhanklikes
ingevolge die reëls van ‘n mediese skema of fonds erken
word.
‘n Relevante belastingaftrekking sal egter nie toegelaat
word waar die toepaslike mediese fondsbydraes bloot
deur d ie be last ingpl ig t ige betaal is , omrede d ie
belastingpligtige dit wou betaal het nie.
Belastingaftrekbaarheid sal egter verseker word indien
d ie be las t ingp l ig t ige kan beves t ig da t hy / sy
aanspreeklik vir die lid van die betrokke mediese fonds
se onderhoud en versorging is.
‘n Getroude vrou wat lid van haar gade se mediese fonds
i s b e h o o r t d u s d a a r o p g e r e g t i g t e w e e s o m ‘ n
belastingaftrekking te eis ten opsigte van die betaling
deur haar van haar ouers se bydraes tot ‘n mediese
fonds wat verskil van haar gade se mediese fonds.
Artikel deur Erick Marx
BOSHOFF VISSER PLUS 2013
CHARTERED ACCOUNTANTS AND FINANCIAL SERVICES / GEOKTROOIEERDE REKENMEESTERS EN FINANSIËLE DIENSTE 14
Verjaring van Aanslae
Die algemene reël dat SARS verbied word om ‘n
bykomende belasting-aanslag ten aansien van ‘n
belastingpl igt ige uit te reik meer as 3 jaar nadat die
oorspronklike belasting-aanslag uitgereik is, is lank
reeds bekend. Die oogmerk met hierdie reël soos
aangevoer deur die Appèlhof in C:SARS v Brummeria
Renaissance Proprietary Limited 69 SATC 205, is om
finaliteit rakende ‘n belastingdispuut te bereik. Bereiking
van finaliteit in hierdie verband kan dus beskou word as
om in die openbare belang te wees.
Hierdie reël word nou spesifiek vervat in artikel 99(1)(a)
van die Belastingadministrasie-wet (TAA). Ingevolge
hierdie wetsbepaling is SARS nie by magte om ‘n verdere
belasting-aanslag uit te reik nadat 3 jaar reeds verloop
het sedert die oorspronklike aanslag uitgereik is nie.
Verjaring van ‘n belasting-aanslag (3 jaar nadat sodanige
aanslag uitgereik is) sal egter ingevolge artikel 99(2)(a)
van die TAA gestuit word in die mate dat die volle hefbare
belasting-bedrag nie aangeslaan is weens bedrog,
wanvoorstelling of nie-openbaarmaking van wesenlike
feite nie.
Artikel deur Erick Marx
Documents required to zero-rate direct exports
A registered vendor for Value-Added Tax (VAT) purposes
is required to levy output VAT at a rate of 14% on every
supply made by such vendor. However, the direct
exportation of movable goods by a vendor will entitle the
vendor in question to levy VAT at a rate of 0%.
Direct exports qualifying for zero-rate treatment refer to
the supply of moveable goods. Furthermore, the South
African vendor must be responsible for the delivery of the
goods to a location situated in an export country. The
vendor may instruct another person to deliver the goods
to a location situated abroad on condition that the vendor
is responsible for the shipping fees.
The necessary documentation in support of the direct
export must be acquired and kept by the vendor to enable
the concerning vendor to levy output VAT at a rate of 0%.
This documentation will be the following:
- A contract between the vendor and the client in
respect of the order placed by the client;
- Proof of payment made by the recipient of the goods;
- A delivery note or any other documentary proof
confirming receipt of goods by the client;
- A copy of the tax invoice issued by the South African
vendor indicating that output VAT of 0% was levied on
the supply;
- A DA74 form (application for release of goods)
containing SARS customs date stamp in
circumstances where customs previously rejected the
exportation of the goods; and
- Export or removal documentation, custom release
notification or a computer generated release
notification.
Should the vendor be in possession of the required
documentation, SARS will allow output VAT at a rate of
0%. Since the direct export of movable goods constitute
a taxable supply at 0%, the vendor will be allowed to
claim input VAT credits on expenses relating to the direct
export of movable goods.
Hence, the vendor will be placed in the privileged
position to gain a refund from SARS if the expenses are
subject to the standard VAT rate at 14%.
Article by Erick Marx
Vanaf Maandag 25 Junie tot Vrydag 29 Junie is ‘n Winterskool vir
Graad 12’s by Hoërskool Swellendam aangebied met Boshoff
Visser as hoofborg. Die Winterskool is bygewoon deur 180 leerders
van hoofsaaklik Swellendam Hoërskool, Kairos Sekondêr, Heidelberg
en Swellendam Sekondêr. Die aanbieders (tutors) was hoofsaaklik
van Swellendam, maar is bygestaan deur tutors van Heidelberg en
Kaapstad. Hierdie groep leerders het werklik gewys dat hul die
ekstra myl wil stap om uitslae te verbeter en as gekyk word na die
verbeterde slaagsyfer en die styging in A simbole was die
Winterskool van 2012 ‘n groot sukses.
BOSHOFF VISSER PLUS 2013
CHARTERED ACCOUNTANTS AND FINANCIAL SERVICES / GEOKTROOIEERDE REKENMEESTERS EN FINANSIËLE DIENSTE15
Nuwe minimum loon: Hoe raak dit die landbou en wat kan
produsente doen?
Na vier maande van stakings, optogte, vandalisme en oor-
en-weer beskuldigings in die media tussen georganiseerde
landbou en die vakbonde is daar nou uiteindelik sekerheid
oor die nuwe minimum loon, naamlik ‘n styging van 51%
wat in werking tree op 1 Maart 2013, en ‘n verdere styging
gebaseer op VPI plus 1,5% vir die daaropvolgende twee
jare. Dit is wel minder as die 115% wat die vakbonde
aanvanklik gevra het, maar sal nog steeds ‘n reuse invloed
op sommige sektore van die landbou hê. Die vraag is hoe
dit die verskillende landboubedrywe gaan raak en wat
produsente kan doen om die impak op hul boerderye te
versag?
Die effek van die loonverhoging op die verski l lende
landboubedrywe verskil wesenlik van mekaar.
Saaibedryf en veebedryf:
Die saai en veebedrywe maak van baie min arbeid gebruik,
aangesien dit grootliks gemeganiseerd is en arbeid maak
dus ‘n relatiewe klein komponent van hul kostestruktuur uit,
so die verhoging behoort hulle nie wesenlik te beïnvloed
nie.
Wynbedryf:
Die wynbedryf kan al grootliks gemeganiseer word met
parsmasjiene, voorsnoeiers, topmasjiene, blarebrekers
ensovoorts, maar daar is steeds baie wingerdpraktyke wat
met die hand gedoen moet word. Die effek van die
verhoging kan dus tot ‘n mate versag word deur groter
meganisasie, maar gaan nogtans ‘n groot invloed op
winsmarges hê.
Tafeldruiwebedryf en vrugtebedryf:
Die tafeldruiwe en vrugtebedrywe word natuurlik die
swaarste geraak deur die nuwe minimum loon, aangesien
arbeid ‘n baie groot deel van hul kostestruktuur uitmaak en
hulle nie werklik kan meganiseer nie. Daar is darem
heelwat wat produsente kan doen om die impak van die
minimum loon op hul boerdery te verl ig, naamlik aan-
soek om vrystel l ing, uitskakel ing van byvoordele,
verhoging van produktiwiteit en personeelvermindering.
Aansoek om vrystelling:
Daar was kans tot 28 Februarie 2013 om aansoek te doen
vir vrystelling van die nuwe minimum loon. Of daar wel
enige vrystellings verleen gaan word is ‘n ope vraag. Verder
moet daar opgelet word dat die vrystelling slegs tydelik is
en dat die produsente wat aansoek gedoen het vir die
NUWE MINIMUM LOON:
Hoe raak dit die landbou en wat kan produsente doen?
BOSHOFF VISSER PLUS 2013
CHARTERED ACCOUNTANTS AND FINANCIAL SERVICES / GEOKTROOIEERDE REKENMEESTERS EN FINANSIËLE DIENSTE 16
vrystelling moes aandui hoe hulle binne die volgende drie
jaar of korter wel by die minimum loon wat dan sal geld
gaan uitkom.
Uitskakeling van byvoordele:
Daar is baie byvoordele wat tans deur produsente gratis
verskaf word wat uitgeskakel kan word of verhaal kan word
van die basiese loon. Daar kan 10% van die basiese loon
vir behuising afgetrek word, mits die behuising aan die
gestelde standaarde voldoen, koopkrag kan installeer
word, mediese subsidies kan uitgeskakel word, lenings aan
werkers waarop geen rente gehef mag word nie kan
uitgeskakel word, grat is vervoer na die dorp kan
uitgeskakel word en bonusse kan heroorweeg word.
Oorpakke en waterskoene is ook net ‘n vereiste vir werkers
wat met gifstowwe werk en hoef nie gratis aan alle werkers
voorsien te word nie. ‘n Ander instelling wat produsente kan
heroorweeg is die beloning van hul werkers met ‘n braai
of ‘n uitstappie see toe na die oes. Produsente moet
ne t on thou da t en ige verander ing aan hu id ige
diensvoorwaardes nie eensydig gedoen kan word nie, maar
eers met die werkers bespreek moet word.
Verhoging van produktiwiteit:
Een van die grootste kwelpunte wat betref produktiwiteit
van plaaswerkers is werk op reëndae. Huidiglik hou
produsente hul permanente werkers besig met los werkies
soos store regpak, houtsaag ensovoorts op reëndae en
betaal dan vir die volle werksweek. Volgens wet kan
werkers tydelik afgelê word wanneer gure weer effektiewe
werk verhoed, mits dit so in hulle dienskontrakte aangedui
word en hulle ‘n halwe dag voor die aflegging in kennis
gestel word. Verder kan dissipline opgeskerp word wat
betref laatkommery, afwesigheid, dronkenskap ensovoorts.
Opleiding en motivering is die ander belangrike aspekte
wat produktiwiteit wesenlik kan verhoog. Deur die gebruik
van lugdrukskêre kan produktiwiteit gedurende snoeityd
ook drasties verbeter word.
Personeelvermindering:
Laastens kan personeelvermindering gedoen word indien
daar groter meganisasie kan plaasvind of indien die
boerdery-aktiwiteite ingekort word, mits die regte
prosedures gevolg word. Dit is ‘n moeilike proses en
produsente moet kundige advies bekom voordat dit
aangepak word.
‘n Probleem waaraan elke werkgewer sal moet dink is of die
nuwe minimum loon nou ook die maksimum loon word.
Daar is gewoonl ik op elke plaas werkers soos
trekkerdrywers en voormanne wat meer verdien as die
algemene plaaswerkers. Deur almal nou tot by die
minimum loon te verhoog word die effek darem verminder
van 51% na ‘n laer koers. Die vraag is of die beter
gekwalifiseerde werkers tevrede gaan wees om nou
dieselfde te verdien as die ander en of die produsent nie
dalk sy beter werkers gaan verloor nie?
Die belangrikste is dat elke produsent sy eie arbeidsituasie
krities sal moet evalueer om vas te stel waar hy
veranderinge kan aanbring om die effek van die styging te
versag en uiteindelik met ‘n meer produktiewe arbeidsmag
te eindig.
Artikel deur Arnand Stofberg
VARIABLE REMUNERATION
Variable remuneration is essentially overtime pay, bonuses,
commission, travel allowances and leave pay that an employer
is liable to pay for leave not taken by an employee.
From 1 March 2013 a cash basis of taxation will apply to
variable remuneration paid to an employee from the
perspective of both the employer and employee.
Should an employee be entitled to any variable remuneration
during the tax year, such remuneration will be deemed to
accrue to the employee and be regarded as expenditure
incurred by the relevant employer during the tax year in
which the remuneration in question is actually paid by the
employer. Therefore, in actual effect a cash basis of
taxation is effectively applied to both parties with respect
to the concerning amounts.
Furthermore, the employer must deduct PAYE on variable
remuneration on the date on which it is paid to the
employee by the employer, even though the amount
might be payable earlier, but has not actually been paid.
Consequently, PAYE must be deducted only when the
variable remuneration is actually paid, notwithstanding
the usual rule that requires employers to deduct PAYE
from remuneration paid or payable to an employee.
Article by Erick Marx
BOSHOFF VISSER PLUS 2013
CHARTERED ACCOUNTANTS AND FINANCIAL SERVICES / GEOKTROOIEERDE REKENMEESTERS EN FINANSIËLE DIENSTE17
Die belangrikheid en die waarde van die kommersiële
versekeringsbedryf in die sakewêreld kan nie genoeg
beklemtoon word nie en is in baie gevalle die spil waarom
die besigheid draai. Dit vorm ‘n uiters belangrike aspek
van risikobestuur binne ‘n besigheid. Beide die werkgewer
en werknemer word deur korttermynversekering beskerm
en dit vorm ‘n noodsaaklike deel van die besigheid se
beplanning. Kyk maar net na die afgelope jaar se rampe
soos brande, vloede, oproere en arbeidsonluste wat ons
land getref het en daarby kan die hoë frekwensie van
motorongelukke gevoeg word. Versekering het in baie van
hierdie gevalle tot die instansie se redding gewees.
Hierdie stortvloed van eise wat groot uitbetalings tot
gevolg gehad het tesame met stygende herstel- en
vervangingskoste, die koste vir die nakoming van
regulatoriese vereistes asook die druk van die steeds
heersende ekonomiese afswaai, voorspel dat hoër
premies en strenger onderskrywing-maatreëls in die
nabye toekoms ‘n al hoe groter moontlikheid word. Ten
einde verhoogde premies en beperkende voorwaardes te
minimaliseer is dit vir elke versekerde van groot belang
om sy risiko’s so ver moontlik te bestuur deur die
toepassing van alle redelike voorsorg ter voorkoming
en vermindering van verliese en skade. Versekerings-
maatskappye doen baie navorsing rakende die oorsake
van eise, waarvan baie aan nalatigheid toegeskryf kan
word en wentel dan die voorsorgmaatreëls ter voorkoming
van eise, aan hul kliënte af. Dit word dikwels as vereistes
vir aanvaarding van ‘n risiko gestel.
Wanneer ekonomiese omstandighede vir die verbruiker
moeilik raak, is versekeringspremies dikwels die eerste
u i tgawe om besnoe i te word. D i t i s ju is h ierd ie tyd
wanneer korttermynversekering, veral vir katastrofiese
gebeure, onontbeerl ik is. Die korttermynversekering-
industrie se relevante kommersiële produkte is baie
pryssensitief en premies is soms die enigste maatstaf wat
die kliënt toepas in plaas van om die produk en dekking in
perspektief te plaas.
Versekering vir die besigheid bly egter van kardinale belang.
Dit ruim onsekerhede in die besigheid uit die weg, veral in
moeilike ekonomiese tye. Dit verskaf die nodige gemoedsrus
en sekuriteit om indien ‘n ramp of krisis jou tref, jy dit kan
oorleef. Sonder versekering sou dit waarskynlik nie moontlik
wees nie. Deur groot risiko’s na die versekeraar te verskuif,
help dit organisasies om hul kapitaal na goeddunke in die
uitbouing van hul besigheid aan te wend.
Ondersteuning deur professionele makelaars of tussen-
gangers wat ‘n uitstaande diens lewer is vir die kliënt
van onskatbare waarde. Die samestelling van ‘n
versekeringsportefeulje volgens elke instansie se eie
behoeftes, verg ‘n deeglike kennis van die
versekeringsmark en die talle produkte wat beskikbaar is.
In dié opsig speel die makelaar ‘n deurslaggewende rol.
Hy verskaf kliënte ‘n omvattende ontleding van
alternatiewe versekeringsopsies beskikbaar en kwotasies
volgens elke kliënt se behoeftes ten einde die kliënt in
staat te stel om ‘n ingeligte besluit te neem oor welke
produk nommerpas sal wees.
Rakende die produkte, draai die mees algemene tipe
kommersiële versekering rondom eiendom, bates, geld,
algemene aanspreeklikhede en inkomsteverliese weens
besigheid-onderbrekings. Hierdie tipe polisse word
deurlopend aangepas om meer verbruikersvriendelik te
wees en aan veranderde wetgewing te voldoen. Tans word
die onderskeie kommersiële polistipes in ‘n polispakket
verpak om sodoende verskeie risiko’s in een poliskontrak
saam te voeg volgens die tersaaklike besighede,
industrieë en beroepe se unieke behoeftes.
Sekere korttermynversekering-risiko’s verg spesialisasie
en vere is spes i f ieke produkte en spesia l is
versekeringskundigheid. Sodanige versekering vorm nie
deel van pakketpolisse nie en sluit onder andere die
volgende in, naamlik ingenieursversekering, marine-
verseker ing , lugvaar tverseker ing , regsaanspreek-
l ikheidsverseker ing ensovoor ts . Hierd ie t ipe
verseker ing word grotendeels deur onderskrywing-
bes tuurders namens versekeraars hanteer. By
kommersiële versekering, bly die gebruik van ‘n
aansoekvorm nog steeds van belang en vorm dit die basis
van die poliskontrak. Versekeraars het in baie gevalle nie
onmiddellik die geleentheid om die risiko wat hulle
verseker te ondersoek nie en vertrou op die aansoeker
om alle wesenlike feite wat op die risiko betrekking het
aan hulle te openbaar. Baie van hierdie inligting word deur
vrae in die aansoekvorm bekom. Gevolglik rus die
regsbeginsel van “uiterste goeie trou” op die aansoeker en
die verswyging van wesenlike feite sal die polis deur die
versekeraar vernietigbaar maak.
Artikel deur Bert Kleynhans
KOMMERSIËLE KORTTERMYNVERSEKERING
Bredasdorp
Heidelberg
InvestmentSeminar
SwellendamPaarl
George
Riversdal
Bellville
Paintball
Grabouw
Grabouw
SOSIALE BLADSYE / SOCIAL PAGES
KONTAK / CONTACTFINANSIËLE DIENSTE /
FINANCIAL SERVICES
Eiendomsbestuur / Property Management
Dawie van Rensburg (George)
044-873 2801 | [email protected]
Mediese Fondse / Medical aids
Karin Theron (Swellendam)
028-514 1102 | [email protected]
Risiko versekering, Boedelbeplanning
en Testamente / Risk insurance,
Estate planning and Wills
Francois Snyman (Riversdal)
028-713 1814 | [email protected]
Boedelbereddering / Estates
Andre Lourens (Heidelberg)
028-537 1539 | [email protected]
Beleggings en Finansiële Beplanning /
Investments and Financial Planning
Guillaume Oberholzer (Swellendam)
028-514 1102 | [email protected]
Spesiale dienste (Eiendom en Beleggings) /
Specialist services (Property and Investments)
Kobus Lourens (Swellendam)
028-514 1102 | [email protected]
Finansiering / Financing
Kobus Wolmarans (George)
044-871 4519 | [email protected]
Korttermynversekering / Short term insurance
Marco Jordaan (Swellendam)
028-514 1102 | [email protected]
Belinda Mostert (Stilbaai)
028-754 2009 | [email protected]
Flip Groenewald (Heidelberg)
028-722 1192 | [email protected]
Anton Stroebel (Riversdal en Strand)
021-853 8653 / 028-713 1814
Hermien Burger (Upington)
054-332 1912 | [email protected]
Werknemersvoordele / Employee Benefits
Eben Jacobs (Bellville)
021-914 9604 | [email protected]
REKENMEESTERS /
ACCOUNTANTS
Bellville
021-914 9604 | [email protected]
Bredasdorp
028-424 2840 | [email protected]
Caledon
028-212 1159 | [email protected]
George
044-802 5700 | [email protected]
Grabouw
021-859 2834 | [email protected]
Heidelberg
028-722 1192 | [email protected]
Malmesbury
022-482 3838 | [email protected]
Mosselbaai / Mossel Bay
044-601 8600 | [email protected]
Paarl
021-871 1837 | [email protected]
Riversdal/e
028-713 1072 | [email protected]
Stilbaai / Still Bay
028-754 2009 |
Strand
021-853 2585 | [email protected]
Swellendam
028-514 1102 | [email protected]
Upington
054-332 3047 | [email protected]
Worcester
023-342 2374 | [email protected]