View
246
Download
4
Category
Tags:
Preview:
DESCRIPTION
Â
Citation preview
2 “The glory ofthis latter temple shall be greater than the former...”
Haggar 2:9
Inhoud…
Say what? 9
Geskiedenis vanBelhar Belydenis 6
Devotional 12
24Advertensies
19Gemeente aktiwiteite
Liefde blom 14
Broodbreuk 17
Rubriek
Jeug blad 10
3
Did you know? 15
Resepte 16
Geagte leser:
2014 is uiteindelik hier en dit mag dalk ‘n jaar wees vir ‘n nuwe begin en nuwe dinge. As Christene het ons die unieke voorreg om weer te begin met God: ‘n Nuwe blad, lewe en ‘n nuwe mens. Die oue is verby, maar dit eindig nie hier nie, want ons doel is om altyd te strewe na beter. Paulus skryf in Filipense 3:14 “…ek vergeetdie dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus”. Ons moet strewe om met God ‘n pad te loop, asook in ons loopbane, verhoudings en alle areas van ons lewens. Mag hierdie jaar ‘n jaar van beter dinge wees vir almal en laat dit regtig “20 for me” wees.
Redaktrisse: Nicole Peterson
3“Then He who sat on the thronesaid, “Behold, I make all things new…”
Revelations 21:5
Rubriek
" die toekomstige is beter as die vorige " (Haggai 2v9)
Dis Lydentystyd, ‘n tyd waar die Kerk spreekwoordelik stilstaan en
reflekteer. Met die oploop na Goeie Vrydag, word daar gedink oor wat dit
moes gekos het vir God om Sy enigebore Seun op te offer as losprys. Dus,
was sommige lidmate se opoffering gewees om voedsel soorte op te gee.
Alles om te lei ter wille van die Evangelie. Aan die anderkant behels
lydenstyd ook hertoewyding aan die Here. En dis waaroor ons oordenking
teks handel. Haggai wat die Israeliete in hulle toewyding moes aanspoor.
Vir sommige lyk die vas gedurende lydenstyd betekenisloos. Vir die
Israeliete was die herbou van die Tempel waarskynlik swaar en
betekenisloos. Tog is daar geestelike lesse uit beide te leer.
Terwyl ons min oor die persoon van Haggai weet, spog die boek met die
suksesvolle voltooiing van die tempel. Die volk, Israel is moedeloos,
apaties, en ‘n onverskillige gemeenskap, daarom moet hulle effektief
bemoedig word om die werk op die vervalle tempel (Haggai 1:12) te begin.
Die Profeet Haggai moet inspirasie bied in reaksie op die onvermydelike
vertraging in entoesiasme. Die bouwerk het dis al vir twee dekades
stilgestaan. Haggai bied meer as net ‘n "peptalk" aan mede volksgenote.
Dis nie ‘n goed voel toespraak met geen ewigdurende waarde nie. Maar
Haggai as profeet is meer as net 'n ”cheerleader”.
4 “...if Anyoneis in Christ, he is a
new creation; old things Have passed away…”2 Corinthians 5:17
Rubriek
Die herbou van die Tempel het ‘n geestelike betekenis wat van kardinale belang
is vir Israel se vooruitgang
Vers 9, ons oordenking teks lê 'n verband tussen die tempel, voorspoed en
vrede, maar wat ook maklik verkeerdelik verstaan kan word. Haggai moes die
volk leer, dat die nuwe tempel nie materiële voorspoed en vrede inhou nie.
Inteendeel, dis geestelike voorspoed en vrede. Die tempel se funksie gaan oor
die aanbiddingsplek waar aan God eer gebring word. In lydenstyd gaan dit oor
die herondenking wie God is en geloofswaarhede soos: skuldbelydenis,
vergifnis, versoening en vrede. Dis hiérdie dinge wat ons voorspoed gee, om in
‘n verbetere verhouding met God, ons naaste en die natuur te staan.
Ja, ons het materiële voorspoed nodig. Dit spreek ons behoeftes aan, maar
definieër ons nie. Die toekomstige dinge is beter, geestelik of wêrelds,
afhangend van die interpretassie. Hier val die interpretasie op geestelike
voortuitgang. Lydenstyd nooi ons uit om stil te word te bid en vas, ten einde
ons verhouding te restoreer. Hoekom?
Ten Slotte, die kerkgemeenskap is besig om te verander. Huidiglik is daar drie
groepe of selfs meer binne gemeentes. Party lidmate beskou hul dankoffers as ‘n
winkelrekening en woon eredienste gereeld by vir doop en nagmaal. Dan is
diegene wat nie wil deelvorm van die
gemeente of verenigings werksaamhede nie. Die laaste groep, is tog vir my
interessant. Diegene leef hulle uit in die eredienste en is offervaardig. Maar
deelvorm, van ‘n organisasie of ondersteuningsgroep is buite die kwessie. Kan die
Tempel herbou word as mense hulle uitsluit? Kan daar uitgesien word na ‘n beter
toekoms as ons individualisties lewe?
Vir Haggai, is die herstel van die tempel netso belangrik as aanbidding en getroue
gehoorsaamheid as bid of sing of lof aan God. Aanbidding is in wese intimiteit met
God. Ek het so 'n intimiteit dikwels in tye van oordenking, binne die ruimtes van my
bewussyn, binne die heilige saal van my siel, in die heilige ruimtes van my gees,
binne in die heiligdom gange van my persoonlike lewe, in die binneste kamers van
my bestaan. Maar daar bly 'n uitnodiging om God ook binne die tempel van
aanbidding waar ons saam met God se mense in die gemeenskap en aanbidding
ontmoet. Hierdie gemeenskap kan die vonk van passie en geloofslig in ons lewe
wees.
Mag ons leer uit die verlede sodat die toekomstige beter kan wees as die vorige. Ons
hertoewyding en dissipelskap is onlosmaaklik verbind aanmekaar binne die
gemeente, gemeenskap en ons stad Port-Elizabeth.
5“…I will give
you a new heartand put a new spirit within you…”
Ezekiel 36:26
Rubriek
Ds H.R Davids
6 “…put on The new man, which after God is created in righteousness and true
holiness.” Eph 4:24
Belhar Belydenis
Die Belharbelydenis is in 1982 opgestel deur 'n kommissie van die Sinode van die (destydse)
NG Sendingkerk. Lede van die kommissie was o.a. dr. Allan Boesak, prof. Dirkie Smit, prof.
Jaap Durand en prof. Gustav Bam. Die konsep-belydenis wat aan die sinode voorgelê is, is
deur prof. Smit op skrif gestel, vandaar die wanopvatting dat hy die outeur van die belydenis
is.
By die sinodesitting van 1986 aanvaar. In tussen tyd vanaf 1982-1986 was die belydenis aan
gemeentes bekend gemaak en verduidelik.
Toe die NGSK, die NGKA en die EGKA in 1994, die Verenigende Gereformeerde Kerk van
Suidelike Afrika (VGKSA) vorm, het die nuut gevormde kerkverband die Belharbelydenis as
een van haar amptelike geloofsdokumente aangeneem. Interessant, die nuwe kerkorde van
nuutverkose kerkverband was gebou op die drie kern artikels van Belhar.
Die Belharbelydenis bestaan uit vyf artikels, waarvan artikels 2-4 die kern vorm. Dit handel oor eenheid, versoening en geregtigheid. Die belydenis bevat die geloofskreet van gelowiges uit 'n tyd van groot krisis en beproewing in die Suider-Afrikaanse samelewing. Die belydenis is saam met 'n begeleidende brief versprei, en die twee behoort eintlik sáám gelees word, hoewel die belydenis dikwels op sy eie versprei word.
Historiese Verloop
In 1982 het die Wêreld Alliansie van Gereformeerde Kerke (WARK) in Ottawa, Kanada hulle
Algemene Vergadering gehou. WARK het in 1982 die twee Gereformeerde kerke naamlik,
Die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NGK) en die Nederduitse Hervormde Kerk (NHK)
geskors. Die Belydenis van Belhar was opgestel in 1982 en na ratifikasie deur die
meerderheid van gemeentes, was dit formeel aanvaar by die sinode.
7“But they that wait upon the LORDshall renew [their]
strength…” Isaiah 40:31
Belhar Belydenis
Prof. Russel Botman,tans Visie kanselier en Rektor van die Universiteit van Stellenbosch, vertel hoe hy as student en die res van die klas van professor Jaap Durand in 1978, uitgedaag was om apartheid teologies te evalueer. Die gevolgtrekking was dat apartheids ideologie vertrek, uit die onversoenbaarheid van die mensdom. Hierdie teologiese bevinding was gekommunikeer tot die Sinode van die Nederduitse Gereformeerde Sending Kerk in Oktober 1978. Die Sinode het die idéé aanvaar en het dit geopen vir verdere bespreking in plaaslike gemeenskappe. Hierdie teologiese ontdekking lei na ʼn "status confessionis".
Derdens, beteken dit dat die Christene wat die aankondiging geoordeel het, dat daar 'n situasie
ontstaan waarin die Evangelie op die spel is. Die klem val op die Evangelie. Die evangelie
herroep die diepste intensie van enige verklaring van ‘n "status confessionis" en verduidelik die
gees of disposisie waarmee dit veronderstel is om te gebeur. Die intensie is altyd die suiwering
of hereniging van die “ware kerk”, as t’ware die verdediging van en die getuienis van die
“waardigheid van die evangelie.” Maar waar het dit alles begin?
Die belydenis van Belhar het as agtergrond die rasse-, rassistiese, segregasie en apartheid
geskiedenis en teologie in Suid-Afrika. Die skeiding op grond van ras gaan so ver terug as 1829.
Die ring van Kaapstad van die NG Kerk het op 29 April 1829 ontmoet om navraag van die
Somerset-Wes gemeente met betrekking tot die bediening van die nagmaal wat hulle genoem
het aan die "persone van 'n kleur.” Die vraag, of 'persone van kleur’, wat bevestig en gedoop
is, moet toegelaat word om saam met "wedergebore Christene"(wit mense), die nagmaal te
neem en of hierdie mense die Heilige Nagmaal afsonderlik moet neem?
Status Confessionis
Drie moontlike redes ontstaan vir 'n "status confessionis" oomblik: eerstens dat Christene van mening is dat ʼn situasie ontwikkel het, 'n oomblik van waarheid het aangebreek dat die evangelie self op die spel is. Dit beteken dat wat geag was as normale omstandighede: “adiophora” is verander op grond van die rekening van die erns van die situasie in 'n noodlottige kritiese kwessie.
8 “ …that just as Christ was raised
from the dead by theGlory of the father even so we should walk in
newness of life.” Rom 6:4 Belhar Belydenis
Ten slotte
Die belydenis van Belhar wil nie die NG Kerk veroordeel nie. Dit spreek die krisis aan wat
veroorsaak is deur die boodskap van verdeeldheid, 'n skending van versoening en geregtigheid.
Die Belhar Belydenis, soos enige ander belydenis skrif, het binne ‘n bepaalde konteks onstaan.
Tog leer ons noodsaaklike lesse vir die hede en toekoms. In die volgende rubriek word daar na
die teologiese aspekte gekyk. Sowel as die relevansie van Belhar vir die hedendaagse Kerk en
gelowige.
Ds. H.R Davids
Drie Artikels van Belhar
Die Belhar Belydenis is teen die kettery van apartheid in die kerk en toon in drie artikels waarom
dit kettery is. In die eerste plek, dit veroorsaak verdeeldheid in die kerk op grond van ras en
kleur. In die tweede plek, is dit in stryd met die evangeliese boodskap van versoening tussen
mens en mens, en die ervaring van versoening wat skynbaar onmoontlik in die alledaagse lewe
is. Ten slotte, is dit in teenstelling met die Bybelse boodskap van Goddelike geregtigheid, dit
maak die deur oop vir uitbuiting van die magteloos deur die magtiges.
Dit het verder duidelik geword toe die kerkbode, die amptelike koerant van die NGK , in
September 1948 na die Nasionale Party aan bewind gekom het op 'n beleid van apartheid
platform, na ' Apartheid is 'n Kerk beleid ' verwys. Die gevolg was die onderdrukking van nie- wit
mense van Suid Afrika en die bevoorregte posisie van wit mense. Die staat het morele en
teologiese steun ontvang vir sy onregverdige apartheid beleid vanaf die destydse NG Kerk se
kant.
Hierna word vir swartmense die NG Kerk in Afrika ( NGKA ) en vir Indiese mense, genoem die
Gereformeerde Kerk in Afrika ( RCA ) gestig .
Die goedkeuring deur die NGK Sinode van 1857 van aparte Nagmaal lei na kerk skeiding en
rassisme in die praktyk. In latere jare lei dit na die vestiging van die eerste ras geskeide kerk in
1881, die Nederduits
9But be doers
Of the word, and Not hearers only,
Deceiving yourselves.James 1:22
Say what?
A little girl and a boy were at daycare one day. The girl approaches the boy and says, “Hey Tommy, want to play house?”He says, “Sure! What do you want me to do?”The girl replies, “I want you to communicate your feelings”.“Communicate my feelings?” said a bewildered Tommy. “I have no idea what that means”.The little girl smirks and says, “perfect! You… can be the husband.”
Polisie: Waar bly jy?Seun: By my ouers.Polisie: Waar bly jou ouers?Seun: By my.Polisie: Waar bly julle almal?Seun: Saam.Polisie: waar is jou huis?Seun: Langs ons bure se huis.Polisie: Waar is jou bure se huis?Seun: As ek oom sê, sal oom my nie glo nie.Polisie: Sê my.Seun: Langs my huis.
Domineë lei vir bobbejaan op om te bid en vat hom saam kerk toe om by die gemeente te spog dat bobbejaan kan bid. Aanhoudend sê Domineë kom broers en sisters maak toe julle oë want bobbejaan gaan nou bid. Bobbejaan sê nie ‘n woord nie en Domineë bid toe maar self. Oppad huis toe vraDomineë ontsteld vir bobbejaan hoekom het jy my so voor die gemeente verneder. Ek spog al lankal dat jy kan bid en toe sê jy nie ‘n woord nie. Bobbejaan antwoord “Domineë, jy kan my mos nie voor die gemeente bobbejaan noem nie,jy kon mos vir my broer Bobby genoem het dan sou ek gebid het”.
Emile Wesso
Jeug blad
10 “…the presentsuffering is nothing
compared to the coming glory that is going to
revealed to us”2 Cor 4:17
As a youth we face tremendous stress and difficulties. Problems arise and decision making seems more vital than ever before… Where do we receive guidance? We know the Bible says living according to God’s word will keep us on the right path (psalm 119:9). We are also told in Proverbs 3:5 that if we make God a part of everything that we do then He shall straighten the way before us. How do we do this? How can a young person apply God’s word in such challenging times?
Sometimes we do not know how to pray or how to say what is in our hearts. Not praying gives the enemy a
foothold to preach to us. However, confessing God’s word helps in times like these. Hearing God’s word is
hearing His voice… What better way to cast out the enemy’s voice by listening to God’s voice.
Here’s a few verses to hold onto and to pray over your life;
Isaiah 26:3 (NIV) Psalm 16:8 (NIV)
You will keep in perfect peace I will keep my eyes always on the Lord.
those whose minds are steadfast, With Him at my right hand, I will not be
because they trust in you. Shaken.
Pray with us… Pray with us…
Father I pray that you will give me Lord, help me keep my eyes on you for if I
A mind that is steadfast and that make you the centre of it all I shall not
I will have perfect peace because be shaken. If I put my trust in you and
I choose to place my trust in You alone. With my hand in Yours, I know I can face
In Jesus name. Amen! Any storm. Thank You Jesus. Amen!
11“I, even I, am He who blots out
your transgressions for My own sake; And I willnot remember your sins.
Isaiah 43:25
Isaiah 40:29 (NIV)
He gives strength to the weary
and increases the power of the weak.
Pray with us…
Lord, thank you that You can be
my strength when I’m weary.
Your word says I should come to
You if I’m weary. Give me strength
And power to face whatever may
Come my way in Jesus’ name.
Amen!
Sometimes, although we pray, it feels like God is far away or we’ve disappointed Him too
many times to ask for any favours. No, God did not leave because He got fed up with you.
(Hebrews 13:5) He is still there even though we aren’t always able to sense His presence. We
can never disappoint God, because He chose us while He knew where we would fail Him
sometimes. (John 15:16)
I also found that when it is hard to keep my mind from wandering or to commit myself in
prayer, other things normally help. Testifying about what God has done for me or to share what
I am grateful for is one way to get into the flow of the Spirit again. If you can’t think of
anything to say to God then go and speak about Him to a friend. Remember God’s word says
that where 2 or 3 gather in His name, there He will be. (Matthew 18:20)
Jeug blad
Nicole Peterson
Psalm 37:23-24 (NIV)
The LORD makes firm the
steps of the one who delights in him;
though he may stumble, he will not fall,
for the LORD upholds him with his hand.
Pray with us…
Jesus, I thank You that You will make my
steps sure. In You I know I am secure and
even if I make mistakes and fail You
sometimes, You help me because I am Yours.
You will help me get right back up and carry
on. Thank You for not giving up on me.
Amen!
12 “ But thanksbe to God, who gives
Us the victory throughour Lord Jesus Christ.”
1 Corinthians15:57
Grace upon Grace
John 1 verse 16
“Out of the fullness of His grace, He has blessed us all, giving us one blessing after another”
As another year is moving on and if we all take a trip down the
“2014 First Quarter memory lane”, we can once again say that it was
just GRACE. Many of us will regard the achievements of this quarter
of 2014 as “self-reliant” or “self-attained”, but John 1 verse 16 is a
testimony of God’s promise to us all.
13“Andhath raised [us] up
together, and made [us] sit together in heavenly [places] in Christ Jesus.
Ephesians 2:6
Grace upon Grace
The bountiful supply of the Spirit of reality is the unsearchable
riches of Christ. It is already in all of us. When we receive them
in full, His riches become the bountiful supply in our Spirit. The
riches of Christ are to be enjoyed by us and to supply our needs
that we may become His fullness.
William Arthur Ward quotes, “Remember the wonderful blessings that come to you each day from the hands of a generous God, and forget the irritations that would detract from your happiness”.
No matter what challenges we all face, ultimately all of our
obstacles and distress have worked out for our good, though it
has not always been comfortable, but once again, grace upon
grace. Through all that we faced, God has been with us and has
been more than gracious to us. He has given us grace to see us
through our trials. We are given grace to repent, to believe, to
be saved, and to endure suffering, disappointment and pain.
God has bestowed upon us His salvation and sustaining
strength, a daily continual grace that enables us to stand
confidently before Him. We are sufficient and complete in Him,
regardless of our circumstances.
Kaashifah Voetpad
14 “Great is His faithfulness; His
mercies begin afresh each morning.”
Lamentations 3:22-23
Liefde blom
Hier is ‘n paar vrae wat ons aan die paartjie voor gehou het…..Wat is die beste huweliksraad/advies wat u ontvang het?Om mooi na mekaar te kyk is die resep vir geluk.
Wat in u opinie maak u huwelik werk?GEBED!
Wat is die beste herinneringe wat vir u uitstsaan van die huwelik?Ons het baie uitgegaan en sodoende baie tyd saam spandeer. Mnr.Williams het die kitaar vir my gespeel. (Hmmm Romanties…)
Is daar enige iets wat u anders sou doen na meer as 60-jaar van huwelik?Nee niks nie. Ons is tevrede met die tyd wat ons saam gestap het.
Watter raad Sal u gee aan jong paartjies wat wil trou/alreeds gertroud is?Om uit hul ouer huise te leer. Dis wat ons nou toe pas want ons het die volgende gesien by ons ouers; respek vir mekaar en kommunikasie is belangrik. God moet altyd die middelpunt wees.
Hierdie paartjie
wat ons aandag aangegryp het
is al 60-jaar lank saam. Hulle het
mekaar op ‘n vroeë ouderdom ontmoet oppad
kerk toe! Vir vier jaar het hul mekaar leer ken
voordat hulle binne die huwelik in getree het.
Hulle sê dis hul persoonlikhede en agtergrond
wat hul na mekaar aangelok het. Hulle
beweer ook dis hoe hul geweet het dat
hulle die res van hul lewens saam
wil spandeer. Hulle het die
Here in alles betrek
en is geseën met
10 kinders.
Sjoe!
James Williams
15“…I will
work a work in yourdays, which you will not believe, though it be
told you.” Habakuk 1:5
Did you know?
Hoekom gee mense sjokolade op valentynsdag?
Elke valentynsdag word sjokolade deel van ‘n romantiese dag. Hoekom? Is dit as gevolg van gesonheids doeleindes of net oor sjokolade? Is dit omdat dit bevredigheid is of net oor die tradisie agter valentynsdag…
Valentynsdag is ‘n dag wat gevier word op 14 Februarie, ‘n dag wanneer mense hul liefde toon teenoor mekaar deur kaartjies, blomme en sjokolade te gee. Sjokolade vlieg gedurende hierdie tydperk van die winkelrakke af as gevolg van hoe dit mense laat voel. Valentynsdag is dus ‘n verskoning om so veel moontlik sjokolade te eet as ander kere.
Daar is verskeie redes hoekom geliefdes mekaar bederf met sjokolade op valentynsdag. Valentynsdag het ‘n groot geskiedenis en baie romanties, die dag is vernoem na Saint Valentine, ‘n priester wat in die 3de eeu in Rome gewoon het.
So kom ons bederf ons geliefdes met iets spesiaal, nie net valentynsdag nie maar elke dag.
Porsché Meyer
16 “…one thing I do, forgetting those
things which are behindand reaching forward tothose things which are
ahead.” Rom 3:13
Resepte
Ingredients100g butter⅔ cups castor sugar1 tsp vanilla essence2 eggs, lightly beaten1 cup self raising flour⅓ Cadbury bournville cocoa½ tsp bicarbonate of soda½ cup milk
Method
◦ Preheat oven to 180⁰C.
◦ Cream butter, sugar and vanilla until light and creamy.Gradually add eggs and mix until just combined.
◦ Sift flour, cocoa and bicarbonate of soda. Add tocreamed mixture with milk. Stir until just combined.
◦ Spoon ⅓ cup into greased muffin pan and bake for 15-20 minutes. Spread top of cakes with chocolate butter cream.
Chocolate cup cakes
Porsché Meyer
Volgens Dr. James Eijl(skrywer van Die nagmaal en Genesing)
het Jesus die nagmal ingestel terwyl Hy en sy dissipels pasga
gehou het (Lukas 22:7)- “En die dag van die ongesuurde brode
het gekom waarop die pasga geslag moes word”
Die pasga het ontstaan uit die gebeurtenis van Exodus 12 toe
God Israel beveel het, deur Moses om ‘n lam, wat sonder
gebrek was, te slag. Die gesin het dan hierdie lam geeët. Die
bloed van hierdie lam was dan aan die deur poste en bo-
drumpel van die huise gestryk. Dit was die nag wat die
eersgeborenes van Egipte gesterf het maar nie die Israeliete
nie, omdat hul die bloed van die lam as beskerming gehad het.
Duidelik kan ons sien dat hierdie dinge simboliek was van Jesus
wat ook geoffer moes word sodat ons nie mag sterwe nie…
(Johannes 13:16). In vers
14 het Israel opdrag gekry om hierdie dag elke jaar te
herdenk.
Het jy geweet?Gedurende liturgieseaanbidding kyk die priester óf na die
mense / gemeente ófna die altar. Dit
simboliseer sy rol omGod aan die mense teverteenwoordig en in die tweede geval omdie mense aan God teverteenwoordig . Die vader het dus ook ‘n
rol om God aan sykinders bekend te maak deur leering,
aanbidding en ook syleierskap.
17All Scriptureis breathed out by God
and profitable for teaching, for reproof, for correction
and for training inrighteousness,”
2 Tim 3:16 Brood breek
Breek gesinne nog brood saam? Hoe belangrik is dit om nagmaal saam te
neem as gesin? Vaders as u in diens staan as hoëpriester van ‘n gesin, is
hierdie artikel vir u.
Onthou ons paaslam, Jesus, was ook geslag en ons moet dit ookgereeld herdenk sodat ons gesondheid en genesing kan verkry.
18 “… put off, concerning your former conduct, the
old man....”Ephesians 4:22
Brood breek
Daardie nag het die vaders vir die eerste keer as hoëpriester opgetree deur die lam te slag
en sy familie te bedien. ‘n Hoëpriester se rol is om offerhandes na God te bring.
Net so vandag moet vaders op tree as die hoëpriester deur sy gesin te bedien met hierdie
heilige nagmaal. Dis ook waar kinders moet leer waaroor die paasfees en die nagmal gaan.
(Exodus 12:14,24,26,27).
“En hierdie dag moet vir julle ‘n gedenkdag wees, en julle moet dit as ‘n fees tot eer van
die Here vier.”
“Julle moet dit in julle geslagte as ‘n ewige insetting vier.”
“Onderhou dan hierdie saak as ‘n insetting vir jou en jou kinders tot in ewigheid.”
“En as julle kinders julle vra : wat beteken die diens daar? Dan moet julle sê: dit is ‘n
paasoffer aan die Here.”
Wanneer moet vaders hierdie nagmal bedien?
“Hiedie beker is die nuwe testament in my bloed; doen dit, so dikwels as julle daaruit drink,
tot my gedagtenis” (1 Kor 11:25)
In vers 28 lees ons dat ons, onself moet ondersoek voordat ons aan die nagmaal kan
deelneem. Ons moet met mekaar “reg maak” asook met God want, saam met vergifnis
kom genesing. In vers 29 lees ons wie die nagmaal neem op ‘n onwaardelike manier, eet en
drink ‘n oordeel oor homself. Vers 30 sê dis hoekom daar so baie siekes en dooies onder ons
is! Saam met sonde kom siektes
Dink net wat sou moontlik wees as gesinne soveel as moontlik brood saam breek of die
nagmal neem. Daar sal beslis min siektes wees en vergifnes sou moes plaas vaind voordat
die gesin aan tafel kan sit. Daar sou ook waarskynlik dan minder huislike en verhoudings
probleme wees!
Vaders, u het ‘n taak as hoëpriesters!
Nicole Peterson
19“and be renewed in the spirit of your
mind.”Ephesians 4:23
Gemeente aktiwiteite
Vroue Opedag 8 Februarie 2014
Ons het die erns van die dag besef toe die voorsitster‘n uitnodiging in ons handpalms plaas, met die volgende woorde;
Spreuke 3:5-6 “Vertrou op die Here met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelyk maak.”
Hierdie kaartjies moes ons aan vroue gee wie nog nie aktief by die vrouebediening betrokke is nie. Met ander woorde, vroue wie die Here op ons hart geplaas het.
By hierdie geleentheid het ds. Davids vir ons die betekenis van die vroue se reglement oorgedra, deur ‘n voortreflike praktiese voorbeeld . Die voorbeeld het vroue bevat wat ‘n lyn om al die vroue vashou.
Nietemin, die voorsitster het die betekenis en die doel van die drag van die kleed op ‘n dinamiese manier aan ons vroue aangebied.
Belinda Jacobs
20 “… Kyk, Ek gaan iets nuuts maak;nou sal dit uitspruit;sal julle dit nie merk nie?...”
Jesaja 43:19
Werkswinkel
Now this is an eye-opener, a sound education about healthy ways on how to handle your finances.
As u nie hierdie werkswinkel bygewoon het nie, het u groot gemis. Ek moet beslis sê dat die spreker goed ingelig is oor finansies. Mnr Apollis Janauary of “Poolie” soos baie hom ken, kassier van VGK- Gelvandale en ook skoolhoof van Sanctor Hoërskool, het eers in ‘n bank gewerk en later in die onderwys industrie beland.
Dus kon hy ons leer hoe om te beplan vir jou aftrede, ‘n begroting saam te stel, krediet te hanteer, jou weeklikse/maandlikse salaris te hanteer asook hoe om binne jou inkomste te leef. Hiermee kan jy bepaal wat ‘n begeerte en ‘n behoefte is, hoe om die “loansharks” of skoppers te vermy, en ja ons is versoek om die soort “money lenders” te vermy. Die werkswinkel is bygewoon deur 15 lidmate, mense wat raad nodig het oor gesonde finansiële bestuur.
Net ‘n paar wenke:· Besluit wie gaan met die geld werk.· Koop kontant, dis laer pryse geen rente.· Bly weg van te veel rekeninge.· Vergelyk pryse.· Om te spaar is belangrik.· Versekering (lewens, dood, aftrede, ens.)· Stel ‘n testament op (sodat niemand stry oor wat hom/haar toekom nie.)· Wees tevrede met wat jy het.· Hanteer finansies verantwoordelik.· Geniet jou inkomste en besittings.· Ken God in jou finansies.
Emile Wesso
Aan God al die eer vir 31-jaar en ook vir Sy genade gawe, seëninge en
voorsiening.
23 Maart, wat ‘n geseënde diens en boodskap vir ons kerk en vir die pad
vorentoe. Die diens was waargeneem deur dominieë Ngqozela die boodskap het
uit Psalm 133 gekom waar daar gepraat was van eenheid.
Die woorde weerklank tot vandag toe nog by my… Eenheid! Eenheid in die sin
dat ons broers en susters lede is van een ligaam en dat ons doel is om God
bekend te maak aan alle mense. Ons is ‘n familie en ons moet mekaar lief hê, om
te gee vir mekaar en om een die ander te aanvaar, eenheid. Jesus het gebid dat
ons een moet word soos Hy en die Vader een is. Laat ons die verskil wees in
hierdie wêreld. Kom ons betoon die eenheid wat God van ons verwag sodat Hy
in ons gesien kan word. So dan sal Hy daardeur verheerlik word. God se
seëninge is daar waar daar eenheid is.
21“… In His great mercy he has given us a new birth into a living hope…”
2 Peter 1:3Gemeente aktiwiteite
James Williams
Week van Gebed 2014:
“Geseënd is die vredemakers”
In die vallei in Hinnom, aan die agterkant van die muur van
Jerusalem, waar in Bybelse tye die ashoop van die stad was, waar
die vure onophoudelik gebrand het, waar honde geraas het en die
liggame van misdadigers wat so skuldig was dat hulle ná hul
teregstelling nie ’n begrafnis verdien het nie, gegooi is, staan daar
vandag ’n monument. In die vallei van Hinnom wat so ’n
skrikwekkende plek was dat die naam en die begrip “hel” daarvan
afgelei is, het die bloed gedurende die 1948-oorlog weer ’n keer
gevloei. Die Israeliete en die Jordaniërs het tot die dood toe geveg. Hul
lyke het verstrooid oor die swartgebrande veld gelê. Toe die oorlog
verby was, het die Israeli-owerheid die monument opgerig as teken
daarvan dat hulle graag hul wapens wil neerlê, dat hulle in vrede met
hul bure wil lewe.
Die Week van Gebed het gehandel oor: Geseënd is die
Vredemakers. Ons sukkel in ons geestelike lewens met vrede,
selfs in ons gewone verhoudinge. Daarom lyk ons lewe soos die vallei
in Hinnom. Die week van gebed, het ons gekonfronteer om vanuit
ashoop omstandighede monumente van vrede te bou. Die tekste wat
behandel was:
22 “Do notremember the former things, Nor considerthe things of old...”
Isaiah 43:18
Gemeente aktiwiteite
Ds H.R Davids
Maandagaand: ’n Monument in die hartjie van die hel (Miga
4:3-5)
Dinsdagaand: God het die vrede herstel (Kol. 1:15-20)
Woensdagaand: Bedienaars van versoening (2 Kor. 5)
Donderdagaand: Die waarheid maak seer ... en gesond (Joh.
8:13 ens.)
Vrydagaand: Vrede en geregtigheid, volgens God se resep
(Ps. 85)
Saterdagaand: Hoe wonderlik die voetstappe van die wat die
goeie boodskap bring (Rom. 10:9-15)
Sondagaand: Die gemeenskap van die heiliges – God se
proeftuin (Joh. 13:12-17, 31-34; 17:20-23)
By die Sondagaand afsluiting het lidmate getuig van die
Wonderwerkende genade van God. Ek kry nog
hoendervleis van dié getuienisse. Die week was gekroon
met die koor se afsluitingslied: “In the valley He
restoreth my soul.”
23“…but be ye transformed bythe renewing of your mind…”Romans12:2
Gemeente aktiwiteite
24 “If ye then be risen with Christ, seek those things which are
above, where Christ sitteth on the right hand
of God.” Col 3:1
Advertensies
Media Team
We would like to request your contribution in the Lord’s work. We need a laptop in order for us to continue in the work that we do. If the Lord has placed it on your heart to bless us then reach out to us.
Contact Jerome at 072 755 7555
Dear readers
Recommended